PDA

View Full Version : Getuienis: God is goed



Trudie Myburgh
Apr 2nd 2009, 09:34 AM
God het die vrede gebring
Hy het die donker gat gevul
Hy het aan my Sy liefde getoon
Hy het my krag gegee.

Al die gesoek, die blinde gestaar na niks -alles vergeefs.
Die hand was altyd daar, uitgestrek, gereed om uit te lig.
Die donker het vergaan, Sy lig daarin geblaas.
Die warmte van die lig wat elke pyn en seer wegbrand het ook my hart verlig en 'n sagte warmte daarin geplaas.

Hy is Wonderbaar, Onwankelbaar!
Aan Hom al die eer, aan Hom al die lof
want hy is my God!

Ons God is nie 'n aannemer van persoon nie, as Hy dit vir my kon doen, kan Hy dit ook vir jou doen.

MercyChild
Apr 2nd 2009, 11:50 AM
Trudie, elke woord wat jy geskryf het, begryp ek met deernis......en ja, dit is beslis heerlik om te weet dat God enig iets moontlik kan verrig.......\

Sommer baie dankie dat jy die kort boodskappie gedeel het!:hug:

Etienne Marais
Jun 12th 2009, 01:59 PM
Trudie ek stem met jou saam dat God goed is.