PDA

View Full Version : n Plaasstorie.



protea
Apr 4th 2009, 01:50 PM
Ek het net begin benoud raak dat 'koning Ahasveros' weer sal vra hoekom ons vrouens so stil is ,maar toe sien ek Lanie het n draad begin om ons te 'red'.
Maar Girls, trek die Earl Grey nader en laat ons chat! Ek wil vir julle vertel van Kaptein, die donderweer en die Grippens. Julle sal nou sien hoe HIERdie legkaart inmekaar pas. Kaptein , ons skaaphond het n ewige vrees vir ons tweejaarlikse donderweer en as dit donderweer is , vra hy nie eers toestemming nie en duik vir die eetkamertafel met die lang tafeldoek en daar kry jy hom nie uit nie. Normaalweg kom hy nooit in die huis nie.
Aan Bredasdorp se westekant het ons die Overberg Toetsbaan waar vliegtuie , missiele ens getoets word van instansies reg oor die wereld. Verlede week was hier 2 eskaders tegelyk (Kaptein se ergste nagmerrie) wat toetse gedoen het en vir Kaptein klink dit darem net soos donderweer en met hangore het hy die hele week net 'skuiling' gesoek.
Met die heuningtee se oes was ons verlede week saam met die plukkers teen die berg toe daar 2 'donderbusse' aankom en die twee Grippens raak toe in n 'dog fight' betrokke (gelukkig sonder wapens) waar hulle mekaar probeer uitoorle links of regs om die wolkies. My man het Impalas gevlieg in sy weermagdae en hy wys my toe hoe die agterste Grippen 2 keer in die posisie was om die voorste een te 'pot'. Ek het met oopmond hierdie 'lugskou' staan en bewonder. En Kaptein? By die enigste skuiling beskikbaar: onder die bakkie met sy ore OP die grond!

Die Filadelfieer
Apr 6th 2009, 10:22 AM
Internet reŽl # 1 : Fotos of dit het nie gebeur nie.

protea
Apr 7th 2009, 06:12 AM
:rofl:WEER een van daardie dae wat die fotograaf en haar kamera geskei was....
Een van ons baie goeie vriende was die vorige bevelvoerder van die lugmag hier plaaslik en ons het so n ruk gelede vir hom n 'Oorkonde' (dit klink so spoggerig!) gegee waar ons vir hom die 'Vryheid van die lugruim' bo-kant ons plaas gegee het in n aanskoulike seremonie om n braaivleisvuur...;)