PDA

View Full Version : Vir wie maak jy die donkie los?



Willem
Apr 5th 2009, 08:27 PM
Die ds vanoggend die preek gehad en dit het my nogal laat dink...

Handel oor Jesus se intog in Jerusalem in en die antwoord wat die dissipels moes gee as iemand hulle vra..

Hy vra ons toe om te dink oor dit wat ons doen "as Christen / gelowige" en of dit vir die Here wat van op donkie ingery kom , of vir wereld en sy koning ( Pilatus . Herodus . mag ens. ) is wat ek die dinge doen.

Bv. as ek bid voor ek eet, doen ek dit om wereld te wys ek is goeie christen of om Here te dank en te onthou dat alles van Hom af kom uit genade?

Snaaks genoeg baie uitgebrei oor die Jode se mindset , geskiedenis , kultuur ens om Pasga en dit toe spesifiek gekontrasteer met wat Jesus toe gedoen het en gese het en dit anders was as wat hulle verwag het of wou gehad het... hulle soek mag en koning en Hy kom as nederige wat saam met uitgeworpenes skaar... nogal my laat dink oor basiese dinge, soos hy ook genoem het "hoe bestuur jy elke dag op die pad?"

Miskien is dit wat die beste deurgedring het dat, die gejaag jou soms..omtrent altyd verblind oor die vrae wat belangrik is in die ou lewe..
dit wat ek nou mee besig is, vir wie doen ek dit? Die res sal bygevoeg word, of hoe dan?

Ta-An
Apr 11th 2009, 11:45 AM
Weet jy Willem dit laat my dink aan toe die FariseŽrs en SadduseŽrs Hom gevra het om 'n teken, ..... 'n mens se lewe moet so getuig van die vrug van die Gees dat dit nie nodig sal wees om jouself te bewys nie.... iets soos CA continious assesment .... as jy deurentyd vrug dra, dat dit nie nodig sal wees om 'toets' te skryf nie ;)
Die Jode het gesien sonder om te Sien

marline
Apr 11th 2009, 06:32 PM
Weet jy Willem dit laat my dink aan toe die FariseŽrs en SadduseŽrs Hom gevra het om 'n teken, ..... 'n mens se lewe moet so getuig van die vrug van die Gees dat dit nie nodig sal wees om jouself te bewys nie.... iets soos CA continious assesment .... as jy deurentyd vrug dra, dat dit nie nodig sal wees om 'toets' te skryf nie ;)
Die Jode het gesien sonder om te Sien

Aaaaaaamen!!!!!

Willem
Apr 13th 2009, 08:50 PM
Ek hoor wat julle se, maar ek het bedoel in sin van self ondersoek...doen ek dit eerlik vor Here of het ek ook maar menslike/vleeslike motivering in terme van die goed wat ek doen?

Maak die gejaag my blind vir die werklike motivering vir my optrede en is ek in werklik arm en naak en blind terwyl ek dink ek is ryk en siende soos Laudicea?

Mia Ashton
May 18th 2009, 06:20 PM
Ai Willem, dat ek nou vanaand op hierdie draad van jou moes afkom. Ek kan maar net in alle eerlikheid se dat ek al by meer as een geleentheid die donkie vir my self los gemaak het. Dan kon ek maar net weer bid dat die Vader my moet vergewe en bewaar van geestelike hoogmoed.
Ek sal jou donkie losmaak draad in my hart bewaar vir al my swak oomblikke.
Dankie!!

Willem
May 18th 2009, 08:09 PM
Hi Mia,

dis tye soos nou wat ek net weer besef hoe ver Sy manier van ons verstaan af is en hoe Hy in totale beheer van alles is. Wie anders kan so subtiel en stunning ( sorry oom ;) vir die ingils ) maar ons Hemelse Vader IS !

Ek is bly dat dit wat ons hier gedeel het vir jou vanaand iets beteken, maar meer dat die Here so met ons almal werk sonder dat ons dit soms besef en altyd besig is om die goeie werk wat Hy begin het klaar te maak.

Daar is maar net een God en Een wat so werk dat mens altyd weet, Hy sit agter dit wat jou nou so laat lekker kry en sommer wil laat huil van hoe Hy dit doen.

manieverster
May 28th 2009, 01:02 PM
Hallo Willem,

Man, dis iets wonderliks wat jy hier beet het. Ek maak ook maar soms vir myself die donkie los. Kyk, ek het Sondag begin om op te hou rook en het soveel ondersteuning van almal op die forum gekry en net vandag ry ek in my kar en ek dink hoe wonderlik dit is dat ek nog kan vasbyt en toe kla die Gees my aan en se is dit jy of is dit God wat jou gehelp het. Toe maak ek die donkie weer vas en maak hom van vooraf los maar die keer vir die Here!
Ek wil net die storie vertel van die twee donkies wat in die veld wei en die een se vir die ander: "Wee' jy, dis snaaks hoe die lewe is ne! Net gister ry ek daar deur Jerusalem met Jesus op my rug en al die mense skree en gooi klere en takke in die pad maar vandag sien niemand my eens raak nie." Die ander donkie sug en se: "Ja, dit wys jou net, sonder Jesus beteken mens niks."

Willem
May 28th 2009, 07:51 PM
Haai ja Manie,

ek dink na die preek van die dominee nogal anders oor paar dinge , maar oor donkies haak ek vas by storie wat ek gehoor het van ou oom wat altyd sy hoed gelig het as hy 'n donkie gesien het. Iemand vra hom toe , nou ma wat is die storie met die donkies en die ge hoed optellery?

To se die oom: daai dier het my Here op sy rug in Jerusalem ingedra...

Laat mens maar net besef sonder Jesus is ons niks en absoluut verlore, maar ook dat daar baie goed is wat ons soms elek dag miskyk wat ons aan Hom herinner..

Ek hoor ook dat die donkies 'n kruis op hulle skof het !? kon die nog nie bevestig nie, want nog nie een weer raakgeloop nie.. hulle nogals kaars in Johannesburg ( dis nou die regte donkies, nie die halstarriges onder ons nie :rofl: )

Ta-An
Jun 1st 2009, 09:02 AM
Willem weet jy.... hierdie draad/onderwerp het in my kop kom vas steek...
wanneer ek iets doen, stop ek en vra: "Vir wie maak ek die donkie los...???"

En deur my hart te toets, het my walk met die Here al so in lyn gekom dat andere dit kan sien..... maar die beste seŽn van alles is, die hemelpoorte van seŽn maak oop wanneer mens die donkie nie vir eie gewin losmaak nie.

".... wat wil ek bereik deur wat ek nou doen...?" en as my antwoord kan wees, om glorie aan God te bring, dan is dit reg, maar wanneer die antwoord is "...omdat ek so oulik is...." dan los ek maar liewer....

Baie Dankie dat jy die draad begin het.

Johnny
Jun 1st 2009, 10:30 AM
Gepraat van 'n donkie. Het julle geweet dat 'n donkie op sy skof en rug die vorm van 'n kruis het? As jy van bo af op sy rug kyk dan sien jy die kruis. Is dit toeval dat Jesus op die rug van 'n donkie Jerusalem binne ry?:hmm:

Willem
Jun 1st 2009, 08:18 PM
Willem weet jy.... hierdie draad/onderwerp het in my kop kom vas steek...
wanneer ek iets doen, stop ek en vra: "Vir wie maak ek die donkie los...???"

En deur my hart te toets, het my walk met die Here al so in lyn gekom dat andere dit kan sien..... maar die beste seŽn van alles is, die hemelpoorte van seŽn maak oop wanneer mens die donkie nie vir eie gewin losmaak nie.

".... wat wil ek bereik deur wat ek nou doen...?" en as my antwoord kan wees, om glorie aan God te bring, dan is dit reg, maar wanneer die antwoord is "...omdat ek so oulik is...." dan los ek maar liewer....

Baie Dankie dat jy die draad begin het.
:cry: :pray: dis nie ek nie Ta An, dis alles Hy en Sy Gees... dis ma iets wat die ds. gese het wat by my ook laat dink het en toe deel ek die maar... mag ek ook so vashaak by die donkie soos julle... maar meer nog by Jesus as die fokus van my lewe en gehoorsaamheid aan Hom