PDA

View Full Version : Dankbaarheid



MercyChild
Apr 6th 2009, 10:13 AM
Ek weet nie of die 'n getuienis is of net 'n gebed nie, maar in my hart is ek onsettend dankbaar vir wat God vir my die afgelope tyd gedoen het.

Soms in ons omstandighede as storms woed, en die reen neerstort, verstaan ons nie altyd die volledige prentjie van wat God besig is om te doen nie. Ek is dankbaar dat selfs wanneer die lewe donker lyk om ons, God in beheer en aan die werk is.

Ek lees maar stadig aan die Woord, maar die lesse wat ek daar leer het 'n groot impak in my lewe, en ek kan byvoeg dat dit wat ek leer ook my handelinge beinvloed.

Ek is dankbaar dat my geheu al hoe beter word en dat ek geleidelik besig is om skrif te onthou, ek is dankbaar dat die Heilige Gees my lei na alle waarheid, al maak dit nie altyd vir ons as mens sin nie. Ek is dankbaar dat God besig is om my verhoudings met familie lede te herstel. Ek is dankbaar dat my pa ook nou kerk toe gaan. Ek is dankbaar vir Vader dat ek nog 'n geleentheid gegun is om die mooi van die lewe te kan raaksien, en dat Hy altyd vir ons hoop skep, afgesien van hoe omstandighede soms lyk. Ek is dankbaar dat ek besig is om in vryheid te beweeg en dat ek inderdaad verlossing gebied was. Ek is dankbaar dat Jesus vir my wat 'n rou sondaar is, aan die kruis gesterf het. Ek is dankbaar dat ek hierdie jaar die kruisiging en die opstanding van Jesus in 'n splinternuwe lig kan ervaar.......


Vader is vir my goed!:pp:hug::pp

CFJ
Apr 6th 2009, 11:34 AM
Ek is dankbaar as ek deur jou plasing en jou getuienis, kan sien dat ons 'n barmhartige Vader het en dat Jesus leef! :cry::pp

Gogga
Apr 6th 2009, 07:24 PM
:agree:JA GOD IS WONDERBAAR!!!!!!! Net soos wat ek gedink het nou is dit taboe met my gryp God in en wys my. Nee Gogga ek nie klaar nie ek het nou eers begin aan jou werk en jou nie verlaat of vergeet nie. Jy My kind en Jesus het duur prys vir jou betaal ek gaan jou nie net sommer so vir die wolwe los of gee nie. En ek is baie Dankbaar dat God my Vader is my abba Vader.:bounce: