PDA

View Full Version : Tandarts



marline
Apr 9th 2009, 06:47 PM
Is daar nog iemand wat so siek word van die inspuitings by Tandarste? My hele liggaam gaan in skok, ek bibber en bewe, en voel so goor ek wil sommer in 'n gat inkruip. Soms is ek sommer 3 dae so siek. Die Artse kan nie glo as ek hulle vertel ek word so siek daarvan nie. Meeste van die kere wat ek hierdie "gewilde" dr's besoek sit ek sonder verdowing, maar ek moes nou 'n kroon kry, en dit was bietjie te erg om lewendig te sit. Hopelik voel ek more darem beter. :eek::help:

Willem
Apr 13th 2009, 09:00 PM
Hi Marline,

Jy het moontlik reaksie op die doofmiddels wat hulle gebruik, gaan vra jou huisdokter / mediese fonds daaroor. As jy narkotiseer ken sal dit beste persoon wees om te vra, die tandarts weet moontlik nie.

protea
Apr 15th 2009, 02:48 PM
Ek voel nie sleg nie ,maar is SO vaak as ek by n tandarts was , ek soek net n bed. So die lokale verdowing moet tog n effek he op die res van my liggaam ook.

marline
Apr 15th 2009, 06:58 PM
En daar dog ek niemand voel jammer vir my nie!!! Dit lyk darem nie of ek die eigste is met newe-effekte nie, Ek gaan Maandag weeeer!!!:cry::cry::cry: