PDA

View Full Version : Gedig: die Uurglas en die Timmerman



Cornelia Russell
Apr 9th 2009, 09:26 PM
As ek my oë toe maak en my gedagtis toe laat om te dwaal

Toe laat om tussen die bome in my kop rond te stap en ou memories uit te gaan haal

Dan onthou ek vrolike gordyne wat op die maat van musiek sweef

‘n kalmte verdwaald tussen die bome met rank plante van tyd toe geweef



Ek onthou lang diep gespreke oor niks, bo op die huis se dak

Sieninge en idees gefile in my brein biblioteek, iewers op ‘n stowerige rak

Ek ruik soms die ogende…dit ruik soos ‘n gee nie om nie blaar

Jammer, ek het die fynste detail gemis, was te besig om my blind in die toekoms te staar



Kinders wil met alle geweld groot word en volwassenes weer kind

Dis net ‘n pitty ek het hierdie nare waarheid te laat uit gevind :B

Ek het my onskuld aan ‘n swendelaar verkoop

Dit veruil vir sy mooi woorde en beloftes, soeter as stroop :(



Ek probeer die sekondes optel soos sout in die wind verwaai

Ek probeer die swendelaar uit sny wat tergend oor my skouer kraai

Ek het probeer weg kruip Maar waar ook al ek gaan hoor ek sy geneul

”Jy het jou verlede aan my verkoop..nou gaan ek jou toekoms ook steel



Maar op ‘n dag…venederd en begrawe in my verderf :cry:

Loop ek ‘n Timmerman raak, besig om ‘n uur glas uit harde houd te kerf

Met wonder het ek besef Hy hou tyd in Sy hande en my vederf verander in hoop :pp

Dadelik wou ek weet of ek die minute by Hom kon koop… :idea:



Sagmoedig vra Hy my “Hoekom wil jy dit koop? Dit is dan al reeds betaal.

Al wat jy moet doen, is om dit by My te kom haal.:pray:

protea
Apr 15th 2009, 02:16 PM
Cornelia , dis pragtig en so waar! Hoeveel mense is daar nie wat hulle saligheid nog probeer 'verdien' nie en al die tyd het Jesus aan die kruis dit al amper 2000 jaar gelede betaal. n Lewe is te kort om ons dankbaarheid te bewys aan ons Saligmaker vir daardie geskenk van LEWE!:pp Maak nie saak hoe jou lewe tot nou toe verloop het nie, Jesus het daardie foute in ons verlede met Sy bloed skoongewas en vir AL ons sonde betaal. Daarom kan ons oorbegin en nuutbegin met n jubel in ons harte en n huppel in ons stap!

Karen1
Jun 9th 2009, 04:21 PM
Net Jesus alleen
reik Sy Hand uit
om ons uit die
modder te haal
As ons...
uit ons eie sou probeer
sou ons elke keer faal.

God se liefde is nie te koop
Sy Seun het dit reeds betaal
met Sy Kruisdood.

Jou gedig is werklik so mooi Cornelia dit laat mens net weereens besef dat daar net Een Almagtige Drie-enige God is. Ek lees jou graag weer raak.