PDA

View Full Version : Die Wapenrusting



Lanie
Apr 13th 2009, 07:18 AM
My vriendin het vir my iets vertel wat ek graag met almal wil deel. Hulle staan as gesinnetjie elke oggend almal saam op, maak gereed vir die dag, en dan voor elkeen sy eie paadjie inslaan gaan staan hulle in 'n kringetjie, bid saam en trek saam die wapenrusting van EfesiŽrs 6 in gebed aan. Is dit nie :cool: nie? :pp

Ta-An
Apr 13th 2009, 10:07 AM
Om EfesiŽrs 6 te verpersoonlik is 'n wonderlike ervaring :pp

Cornelia Russell
Apr 13th 2009, 08:44 PM
Ek het op 'n dag 'n song begin skryf oor iemand wat my baie seer gemaak het...nog so in my selfsugtige vederf ruk die Here my aan my gedagtis en se vir my.."Cornelia Cornelia, waneer gaan jy dit besef!!! ons stryd is nie teen vlees en bloed nie!" ek het net daar en dan die woorde van die song begin verander na..."ons stryd is nie teen vlees en bloed maar teen die bose magte in die lug, en as die vyand voor ons staan kan ons hom weg jaag in Jesus se naam..."laa la la la en so gaan dit aan,maar dit het my die geleentyd gegee om die konsep of sal ek eeder se, die waarheid te besef en dat mens regtig elke dag in 'n oorlog betrokke is, en die vyand is "cunning" en die wapen rusting beskerm mens nie net nie maar dit maak mens ook skerp in die gees, sodat jy actually sien wat aan die gebeur is as daar 'n aanval is. maak dit sin? ek weet dit doen vir my!!!

Die Filadelfieer
Apr 14th 2009, 10:40 AM
Wow. Dit is inderdaad baie :cool: Lanie. Dit is 'n wonderlike voorbeeld vir die kinders !

MercyChild
Apr 24th 2009, 11:35 AM
Ek verstaan nie heeltemal die konsep nie, ek lees gereeld Efesiers 6, maar is nie aldag seker of ek reg is met wat ek doen nie. Ek veronderstel dit maak nie werklik saak nie, God ken mos my hart........Om as familie saam dit te kan, moet seker wonderlik wees!;)