PDA

View Full Version : Bespreking Hierdie vers....



Ta-An
Apr 14th 2009, 01:53 PM
Mattheus 19:12 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=40&CHAP=19&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=12) Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.

Wat beteken die drie gedeeltes van Matt19:12??

:hmm:

Die Filadelfieer
Apr 15th 2009, 06:35 AM
Dit is nogals 'n interesante stukkie hierdie An. Is dit nie presies soos dit werk in ons lewens nie ? Ons ken almal mense wat nie getroud is nie, en mens kan met gemak hierdie persone in een van die kategorieŽ indeel.

Wat vir my opvallend is, is Jesus se reaksie op die dissipels se stelling " As die saak van 'n man met 'n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie. " in vers 10 direk hierna met die kindertjies ( wat 'n uitvloeisel van die huwelik is) werk en hulle sŽen, en op so 'n manier die dissipels wat reken dat trou nie 'n goeie ding is nie antwoord.

RR van Wyk
Apr 15th 2009, 07:47 AM
Uit watter vertaling kom hierdie uit? Dit klink bietjie anders as wat ek dit onthou.

Dit is beslis 'n interresante deel. Ek sou sÍ:

"Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is"- mense wat dalk nie die waarde van 'n huwelik verstaan nie, wat dalk geneig is om onttrou te wees?

"en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is"- Hierdie een is bietjie moeiliker, mens het dalk meer kennis van daardie tyd nodig, soos byvoorbeeld slawe wat gekastreer is sodat hulle kan werk in die kasteel as wagte vir die koning se vrouens?(soos in egipte)

"en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele"- soos Priesters wat nooit trou nie, wat hulle totaal toewy aan hulle geloof.

Ta-An
Apr 15th 2009, 05:11 PM
Kan die vers gedeelte in rooi wel dalk verwys na h o m o ~ s e k s u a l i t ei t :hmm:

RR van Wyk
Apr 16th 2009, 05:49 AM
Ek dink glad nie mens word gebore in homoseksualiteit nie! Dit het baie tedoen met 'n kind se ontwikkeling en blootstelling.
Ek dink dit kan 'n ingewikkelde gesprek raak omdat daar baie faktore 'n rol kan speel.

Wetenskaplikes het lank terug 'n interresante eksperiment gedoen:

Hulle het rotte aangehou in 'n groot hok. Hulle getalle was aanvaarbaar met die grootte van die hok. Toe hulle heelwat meer rotte byvoeg, sodat die hok oorbevolk raak, het hulle gedrag na 'n tyd drasties verander.

Kanibalisme, agrisiwiteit en "homoseksialiteit" onder die rotte het die hoogte ingeskiet. Geboortesterftes was ook hoŽr.

Kan mens hierdie eksperiment op die mens en hedendaagse wÍreldbevolking toepas?

Die Filadelfieer
Apr 16th 2009, 05:57 AM
Kan mens hierdie eksperiment op die mens en hedendaagse wÍreldbevolking toepas?

Net as jy 'n groot genoeg hok kan bou.

RR van Wyk
Apr 17th 2009, 05:42 AM
:) Ons is mos in 'n groot hok.. Planeet aarde! En hy begin baie vinnig te krimp!

Son of the South
Apr 17th 2009, 12:55 PM
:rofl:So ek het my dit nie verbeel nie, daar IS meer moffies in Kaapstad en Gauteng as in die Vrystaat!:rofl:

Ta-An
Apr 17th 2009, 05:04 PM
Kan julle asb bietjie minder giggel en bietjie meer ernstig wees,,,,, wat staan in daardie vers??

Son of the South
Apr 18th 2009, 05:53 AM
:lol: O ja, ekskuus. :blush:

My verklarende Bybel praat ook van die wat ontman gebore is. Jy kry werklike mediese gevalle wat in die kategorie val. Ek dink byvoorbeeld die hermafrodiet waarvan my vrou my een keer vertel het sou kwalifiseer vir die kategorie.

Skuus, ACCM, ek weet ons neem die draad so bietjie op 'n syspoor, maar dit hou tog direk verband. Kan ons bietjie verder ingaan op die oorsaak van homoseksualisme? Ek glo nie homoseksualisme is ingebore nie. Rom 1 sÍ dit is een van die oordele van God oor sonde.

(PS Moet asb. nie my humorsin verwar met ongevoeligheid of veroordeling van mense wat seksueel afwykings het nie.)

Ta-An
Apr 18th 2009, 08:08 AM
So SotS,
hermafrodiet, so gebore : Ja ek het al van sulke gevalle gehoor, dit bestaan werklik.

Homo~S, dan eerder die tweede gedeelte van die vers,,in pers ,,, deur mense onbekwaam gemaak is... sosiale invloede. :hmm: en/of groen gedeelte.... deur jouself onbekwaam te maak.... keuses/invloede... :hmm:
EN
RR. Hofdienaars (eunuch) alhoewel ek nie dink dat hulle HomoS~ is nie, net onbevoeg om die seksuaele daad te verrig as beskerming teenoor die vroue in die haarlem.... en ja, dan ook nie kan trou nie.

Son of the South
Apr 18th 2009, 01:28 PM
So SotS,
Homo~S, dan eerder die tweede gedeelte van die vers,,in pers ,,, deur mense onbekwaam gemaak is... sosiale invloede. :hmm: en/of groen gedeelte.... deur jouself onbekwaam te maak.... keuses/invloede... :hmm:
EN
RR. Hofdienaars (eunuch) alhoewel ek nie dink dat hulle HomoS~ is nie, net onbevoeg om die seksuaele daad te verrig as beskerming teenoor die vroue in die haarlem.... en ja, dan ook nie kan trou nie.ACCM, ek dink ook presies in daardie lyn.

Ek was lank terug in 'die gay pastoor' se gemeente. 'n Wonderlike gawe vir lering, maar heeltemal gekortwiek deur sy seksuele oriŽntasie. 'n Mens kan maar net spekuleer oor hoeveel ondersteuning hy van 'die kerk' gekry het, maar duidelik was hulle berading met hom nie suksesvol nie. Ek onthou hy het by geleentheid sy homoseksualisme aan my ook probeer rasionaliseer. Hy het later ook 'n boek geskryf, maar ek het dit nooit gelees nie. Ek vermoed sy boek sÍ seker maar iets in die lyn van: "EK voel nou baie beter sedert ek uit die kas gekom het..."

Sover ek dit het, het God MAN en VROU geskape. Homoseksualisme is dus in my opinie nie iets wat aanvaar moet word nie, maar mense moet eerder deur berading en gebed daarvan vrygemaak word. Ek veroordeel nie MENSE wat homoseksueel oriŽntasies het nie, maar ek keur beslis homoseksualisme ten sterkste af.

Ek bring Rom 1 se oordeel in verband met:


En in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die GalilťŽrs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het. En Jesus antwoord en sÍ vir hulle: Dink julle dat hierdie GalilťŽrs groter sondaars was as al die GalilťŽrs, omdat hulle sulke dinge gely het? Nee, sÍ Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom. Of daardie agttien op wie die toring van Silůam geval en hulle gedood hetódink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon? Nee, sÍ Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.

(Luk 13:1-5)
Ek vermoed dus dat die toenemende hoeveelheid mense wat hulleself as homoseksueel beskou 'n simptoom is van die sondigheid van ons siek samelewing. Dit behoort te dien as 'n waarskuwing aan ieder en elk om klaar te maak met sonde. Ek as heteroseksuele man besef dus maar net weer dat die enigste verskil tussen my en enige ander mens maar net genade is.

Ta-An
Apr 18th 2009, 03:02 PM
Ek vermoed dus dat die toenemende hoeveelheid mense wat hulleself as homoseksueel beskou 'n simptoom is van die sondigheid van ons siek samelewing. Dit behoort te dien as 'n waarskuwing aan ieder en elk om klaar te maak met sonde. Ek as heteroseksuele man besef dus maar net weer dat die enigste verskil tussen my en enige ander mens maar net genade is.
Amen.
Ek vind die vers net baie 'onverwags' (for lack of a better word :rolleyes:) in die Bybel.
Ek keur die gedrag nie goed nie, ek is besig om die Bybel in die 1933 vertaling te lees, en sien weer ander goeters raak ;)

Louis F Brits
Apr 28th 2009, 05:50 PM
Ek glo jy kan skeef gebore wees en gered word as jy dit nie be-oefen nie.Jy kan jou net skuldig daaraan maak as jy dit be-oefen.Ek dink dit is wat die sin in rooi wil se.

Groete,

Louis.

Gene
Apr 29th 2009, 07:24 AM
Om te beweer dat God 'n mens homoseksueel skape (dat gays so gebore word) en dit (die eienskap wat "Hy in jou geplaas het") dan as 'n gruwel bestempel en dit belet, maak geen sin nie! Natuurlik word geen gay so gebore nie. Die teks onder bespreking dui verseker op iets anders, soos die voorbeelde wat al op hierdie draad genoem is.

Johnny
Apr 29th 2009, 09:38 AM
Gen 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Gen 1:28 En God het hulle geseŽn, en God het vir hulle gesÍ: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voŽls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Die atwoorde lÍ reeds opgeteken in Genesis. Man en man, of vrou en vrou kan NIE vrugbaar wees en vermeerder nie. "As simple as that!"

Phil Fourie
Apr 29th 2009, 09:47 AM
Iets wat ek tog wil byvoeg vir bespreking:

Ons is almal in sonde gebore, die enigste vrye wil wat ek ag waar te wees vir 'n ongeredde mens is sy vrye wil om te kies watse sonde hy gaan of nie gaan doen nie, sy wil is beperk tot die mate waartoe hy sekere sondes wil doen, maar sonde gaan hy doen. So is homoseksualisme 'n gevolg van 'n gevalle mensdom, totaal ongeregtig en in sonde gebore as gevolg van 'n keuse vir 'n sekere sonde.

Daarom ook wanneer die homoseksualis tot bekering kom sal hy daardie sonde aflÍ saam met die ou mens, soos ek my sonde ook moet aflÍ, bekeer en laat staan. So is 'n massamoordenaar ook 'n gevolg van 'n gevalle mensdom, so elkeen se sondes 'n verwydering tussen hom en God.

Laat ons nooit vergeet dat ons die homoseksualis net soos enige ander ongeredde moet hanteer, as 'n sondaar wat nie anders kan as om te sondig nie en dat ons hom presies dieselfde sal benader en hanteer as wat ons 'n ander ongereddene gaan benader, met die suiwer evangelie van Jesus Christus, die reddende genade van God.

Gene
Apr 29th 2009, 10:18 AM
Dis bietjie af van die onderwerp, maar terwyl dit nou ter sprake is...... Ek dink vir geen oomblik dat homoseksualiteit in enige opsig anders as ander sondes hanteer moet word, of dat God homoseksualiteit meer haat as my eie sondes nie. Ek is net so skuldig soos enige gay persoon, (en so was Paulus - Rom 7:19) Dit gaan nie vir my oor homoseksualiteit as sulks nie, ek het baie empatie met sulke mense. Maar wanneer 'n mens weier om dit as sonde te erken en te bely, en dit probeer regverdig, dan flikker die rooi ligte!! Sulke mense ondedruk die waarheid, en daarvoor is daar geen verskoning nie (Sien Romeine 1)

Phil Fourie
Apr 29th 2009, 10:25 AM
Absoluut Eugene, jy som dit 100% op :)

Johnny
Apr 29th 2009, 11:16 AM
Rom 3:23 "...want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,..."

Waar wat julle sÍ, net jammer soos Gene gesÍ het dat mense nie vandag van die kansel af wil hoor dat hulle sondaars is nie. Sonde moet op 'n manier "goed" gepraat word, anders sal Al die kerke leeg loop. Gaan kyk maar na kerke wat vol is. Daar word baie min oor sonde gepraat. Die mens word verhef.