PDA

View Full Version : Naaldekoker-'bordeel'.



protea
Apr 16th 2009, 05:07 PM
5087

5088

Mens is nooit te oud om nog feite van die lewe by te leer nie. Die bostaande fotos het ons tydens Paasnaweek op die Oranje geneem van die naaldekokers wat besig is om te paar. Die wyfie se geslagsorgane sit blykbaar in haar kop . Die mannetjie kom sit dan op haar kop en bevrug haar en dan le sy haar eiertjies met behulp van die 'slurpie' wat duidelik sigbaar is op n takkie of stokkie om te voorkom dat hulle wegspoel voor hulle uitgebroei is. Ons hele groep het later kom kyk en fotos neem. So van n bietjie privaatheid vir die naaldekokers was daar nou nie juis sprake nie.....;)

paidforinfull
Apr 16th 2009, 10:19 PM
Baie interessant, en goeie foto's. Dankie dat jy dit met ons deel :).
Lekker dag.

CFJ
Apr 17th 2009, 07:53 AM
protea,

Die naaldekokers is verseker interessant, maar jy is my hier 'n paar tree voor, want ek het al in 1993 my eerste kanoe gekoop om spesifiek die Oranje te gaan roei. So het ek daai kanoe verkoop, so paar jaar terug weer een gekoop, weer met dieselfde doel voor oŽ... en ek was nou nog nie daar nie! :blush:

Maar hou dop.... :idea:

protea
Apr 17th 2009, 03:55 PM
Ferdie , mens hoef nie jou eie kajakke te he om te gaan roei nie. Tot die reddingsbaadjies huur jy by hulle. Wat van n Lighuis roei vlgde April/Mei voor dit koud raak? Kan ek maar so teen die end van die jaar so n navraag doen? Ongelukkig moet mens net baie vroeg bespreek . Maar n eerste vir my die jaar was om saam met die kinders en Hubby 'Nappy-runs' te doen waar jy jou reddingsbaadjie soos n nappy aantrek en dan so die stroomversnellings aandurf op die naat van jou rug met voete na voor. Jou agterwereld is dan 'gebuffer' teen die moontlike kontak met klippe onder die water. HEERLIK!!!:pp

CFJ
Apr 19th 2009, 05:08 AM
protea,

Iets pla my nou al 2 dae lank en vanoggend weet ek wat dit is, ek wou reageer op jou plasing en het skoon vergeet daarvan. Miskien moet jy 'n draad oopmaak en die afstand, die kostes en die tyd wat mens kan roei op die Oranje, vir almal deurgee. Ek is oortuig dat dit een van die heel beste dinge ooit kan wees, sou 'n klompie Lighuisers so tydjie saam kan roei en sommer ook pitkos deel en die Here daardeur verheerlik. As mens dit lank vooruit beplan, kan mens selfs fondse ook genereer vir iemand wat dit moontlik nie kan bekostig nie.

protea
Apr 19th 2009, 01:19 PM
Ferdie , moet ek dit op hierdie draad doen of eerder op die Alles en nog wat -draad?

CFJ
Apr 19th 2009, 05:47 PM
Ferdie , moet ek dit op hierdie draad doen of eerder op die Alles en nog wat -draad?

Ek dink in die Alles en nog wat forum gaan dit meer sin maak... :)