PDA

View Full Version : Benodig raad Wat trek mens aan.....



Ta-An
Apr 18th 2009, 03:11 PM
...na 'n strand troue in September?? :hmm:

protea
Apr 18th 2009, 05:18 PM
Wat van n lekker casual uitrusting (lang broek met n lekker lang tunic ) wat sal inpas as jy die kaalvoet-ding wil doen?

Ta-An
Apr 18th 2009, 06:24 PM
Dankie Mona, ja, die voorskrif is : Kaalvoet!

Die tema: Beach wedding, wat in die middel van JHB afspeel in 'n kerk-saal :pp..... Dit klink :pp

Ons is gevra om koordanse te doen, maar ek voel ons kan nie ons lang wit rokke dra nie.... :hmm:

So nou soek ek iets 'anders'

protea
Apr 19th 2009, 01:34 PM
Ek dog die troue is by die rerige-erige see... So n see-troue in n kerksaal in die middel van Johannesburg benodig seker n kopskuif van die gaste..... Dit gaan voorwaar n troue wees om nie te vergeet nie!

Ta-An
Apr 19th 2009, 03:07 PM
... Dit gaan voorwaar n troue wees om nie te vergeet nie!
Amen ek glo so... :pp
Kaalvoet in Johannesburg se noordelike voorstede :hmm: :pp :pp :pp :pp
Hulle wil seesand in die kerksaal inry.... :o maar ek dink nie dit sal gebeur nie :D

Kan mens swart troue toe dra?? Swart broek met kleurvolle top?? :hmm:

protea
Apr 20th 2009, 05:10 PM
Hoekom nie? n Swart langbroek met n elegante top daarby het al menige modeprobleme opgelos.

marline
Apr 21st 2009, 06:22 AM
Ek het geen mode "sens" nie, maar sal tog baie graag die foto wil sien van wat julle uiteindelik gaan aantrek. Ek wil tog in my gedagtes iets sien wat kan vloei en swaai saam met daardie lieflike danse van julle.
Die inry van die sand gaan seker nie so groot probleem wees nie, maar om dit weer uit te kry!?!?!?!?!:lol:

Ta-An
Apr 21st 2009, 07:21 AM
Die inry van die sand gaan seker nie so groot probleem wees nie, maar om dit weer uit te kry!?!?!?!?!:lol: Wel en jy ken jongmense van vandag,,,, hulle sal dit daar kry...maar die opruiming:rolleyes: 'n ander saak;)

marline
Apr 21st 2009, 06:40 PM
maar die opruiming:rolleyes: 'n ander saak;)

Moeilik, baie moelik!!!! :bounce::bounce::bounce:

MG Van Wyk
Apr 23rd 2009, 11:41 AM
Hey,

Swart en wit is baie mooi vir 'n troue
Ons troue was Formeel swart en wit :)
Dit was baie mooi ek het ook nie die tradisionele wit rok gedra nie maar 'n swart en wit rok :)

Lanie
Apr 24th 2009, 07:57 AM
Wow Mari! Jy's reg, dit lyk baie grÍnd! (Maar ek moet bieg... as my skoonma in swart by ons troue opgedaag het sou ek dalk net gedink het sy is in rou en erg geafronteer gevoel het......:rofl:)

mari
Apr 24th 2009, 09:58 AM
...na 'n strand troue in September?? :hmm:

'n stemmigge bikini ......... ?? :lol:

anner mari

MG Van Wyk
Apr 24th 2009, 11:44 AM
Wow Mari! Jy's reg, dit lyk baie grÍnd! (Maar ek moet bieg... as my skoonma in swart by ons troue opgedaag het sou ek dalk net gedink het sy is in rou en erg geafronteer gevoel het......:rofl:)

:rofl::rofl: ja Lanie dit is nogal weird... maar dit was 'n vereiste van ons dat die hooftafel net in swart, wit en silver geklee mag wees.

Lanie
Apr 24th 2009, 11:58 AM
Ek dink nou, ek is so lief vir foto's, veral troufoto's -go figure :rolleyes:- is jy nie lus om 'n ou albumpie oop te maak op jou profile page en vir my nog van daai mooi troufoto's wys nie. Net as jy kan sien, natuurlik. ;)

MG Van Wyk
Apr 24th 2009, 01:11 PM
Hey Lanie,

Maak so, ongelukkig sal dit eers die eerste week in May op wees. Volgende week is ek nie by die werk nie. Skryf eksamens en goed :) van die foto's wat ek al persoonlik geneem het is op die blaai waar is al die fotograwe en ook op Facebook - Freeze Frame Studio - SA

Sal jou laat weet.

Ta-An
Apr 24th 2009, 03:44 PM
'n stemmigge bikini ......... ?? :lol:

anner mariOK anner mari :rofl:ons sal die biki-niksies bo-oor ons se klere aanrtek :)

protea
Jan 31st 2010, 05:02 PM
Hi Ta-An,
Hoe het die troue 'mettie-seesand-innie-kerksaal-innie-mirrel-vannie-ou-Transvaa'l toe verloop? Die jaar het so vinnig ge-eindig (keboem!) dat ons die hele datum gemis het.

Ta-An
Jan 31st 2010, 07:11 PM
Die kerkraad het besluit die sand gaan die plankvloere beskadig en toe die sand afgekeur....

Maar die troue was amazing!
Toe ek sÍ :Nou gaan ons "Congregational dancing" does, toe spring almal op aandag om saam te dans.... dit was amazing!!