PDA

View Full Version : Job se offers



Lanie
Apr 20th 2009, 01:32 PM
Ek wil weet of enige iemand met my kan gesels oor die offerstelsel wat bestaan het voor die Iraeliete in die woestyn was. Job het brandoffers vir elkeen van sy seuns gebring vir in geval hulle gesondig het. Nou het ek al gehoor dat hierdie praktyk van Job sonde was maar ek is nie seker nie want in Job 2 vers 3 s God vir Satan dat hy Hom teen Job opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak. Was hierdie offers wat Job gebring het sonde of nie?

CFJ
Apr 20th 2009, 02:45 PM
Lanie,

Om die eerlike waarheid te s, was ek glad nie bewus van wat jy in jou plasing skryf nie en sal dit interessant wees om dit te ondersoek. Dit is inteendeel iets wat ek nog nooit oor gedink of gewonder het nie, maar nou dat jy dit noem, maak dit mens nuuskierig.

Lanie
Apr 20th 2009, 03:10 PM
Ai Ferdi, ek sit met soveel goed waaroor ek wonder... as ek vir elke een 'n draad moet oopmaak dink ek gaan daar sports wees. Ek het eintlik Job begin lees omdat ek besig is met 'n studie van die eenmaal gered, altyd gered lering en toe gee Job my nog iets om oor te wonder..... Eina...my kop!!!......:D

Die Filadelfieer
Apr 23rd 2009, 09:39 AM
Kain en Abel het brandoffers gebring, asook Noag en Abraham.
Daar was dus 'n baie duidelike brandofferstelsel in plek gewees ( met God se sen daarop) in Job se tydperk, en laaaaaaaank voor die Israeliete in die woestyn verdwaal het. ;)

Die Bybel s nie vir ons waar God spesifiek vir pre-Abrahamietiese mense soos Kain, Abel en Noag beveel hoe om 'n brandoffer te bring nie, maar hulle het duidelik hierdie kennis gehad. Ek neem aan dit is dus bloot 'n geval dat die spesifieke moment waar hierdie bevel wel oorgedra is nie deel van die oorspronklike oorvertelings en geskrifte wat Genesis uitmaak was nie.