PDA

View Full Version : BELANGRIK Bid vir die verkiesing.

marline
Apr 21st 2009, 06:41 AM
Ons moet asb. almal saam en dringend tot die Here roep vir die verkiesing more!!!! Ek weet nie veel van politiek af nie, maar ek weet darem ons is op die afdraende pad. (Wie in SA weet dit nie??) :pray::pray:

Tonton
Apr 21st 2009, 11:36 AM
Belangrik, ja. Ons moet pleit vir ons land sy mense. Ons moet ook bid vir vrede en geregtigheid.

Anton

CFJ
Apr 21st 2009, 01:14 PM
Ons moet asb. almal saam en dringend tot die Here roep vir die verkiesing more!!!! Ek weet nie veel van politiek af nie, maar ek weet darem ons is op die afdraende pad. (Wie in SA weet dit nie??) :pray::pray:

In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.
(1Tim 2:1-2 AOV)

protea
Apr 22nd 2009, 11:50 AM
n Vriendin het gisternag gedroom sy staan in n lang ry in n saal waar daar gekom en gegaan word . En in haar droom sing sy uit volle bors Ps 33 vers 11 in die ou Gesangboek. Luister net hoe van pas is die woorde want ek glo ons God toets die temperatuur van ons harte vir Hom ook vandag met die verkiesing.
In God , die God wat ons beveilig,
Voel nou ons hart opnuut verblyd;
en op sy Naam ontsaglik heilig,
vertrou ek tot in ewigheid.
Goedertieren Vader,
hoor ons as ons nader
met n diep ontsag;
slaan ons gunstig gade,
skenk ons U genade
as ons op U wag!:pray:

Ta-An
Apr 25th 2009, 04:37 PM

Amen

Ek het 'n geloftedag ervaring gehad,
Ons Heer en Koning leef :pp

Ta-An
Apr 25th 2009, 04:38 PM
Ons moet asb. almal saam en dringend tot die Here roep vir die verkiesing more!!!! Ek weet nie veel van politiek af nie, maar ek weet darem ons is op die afdraende pad. (Wie in SA weet dit nie??) :pray::pray:Nee sussie, ons is op die wen-pad, want ons gaan staande bly, vir ten minste nog 'n paar jaar :pp

Etienne Marais
Jun 13th 2009, 11:06 PM
Ek se ook ons moet Bid vir ons land. Kyk ek wou eintlik gehad het Helen Zille moet ons nuwe president word en nie Jacob Zuma nie. Ons moet die Here vertrou dat die regte party aan bewind sal bly. Ek het al baie vir Shabir Shaik se bekering gebid en wou nooit gehad het Jacob Zuma moet die nuwe president word nie. Die laaste ding wat ek wil he is dat ons soos Zimbabwe moet word. Ek het al baie gebid vir Robert Mugabe se bekering want ek wil he hy moet sy lewe vir die Here gee. Ek wou gehad het Morgan Tswangirai moes Zimbabwe se nuwe president word want ek kan dit nie vat om te sien hoe honger die mense van Zimbabwe lei nie!!!!!!!!!!!!
Tswangirai het laas jaar die verkiesing in ZImbabwe gewen en hy moes die nuwe president geword het maar toe steel Mugabe die oorwinning. Mugabe hoort in die tronk.