PDA

View Full Version : Kom roei saam die Oranje.



protea
Apr 22nd 2009, 12:58 PM
5097

5098

Aan die einde van jou roei trip , kry jy n 'sertifikaat' wat konstatteer dat jy die roeitog suksesvol voltooi het , maar die eintlike rede hoekom ek dit eerste plaas is omdat die sertifikaat n roetekaart van die Oranje van Noordoewer af weswaarts insluit. Dan weet ons waarvan ons praat as ons van plekname en stroomversnellings praat.

Daar is 5 maatskappye wat ek van weet wat hierdie vakansies op die rivier aanbied. Felix Unite, Amanzi en Ubunthu opereer van die noordelike oewer af en hulle basiskampe le so langs mekaar teen die rivier . Wildthing en ek vermoed Ark ook , opereer van die Suid -Afrikaanse kant . Dit is nogal n groot voordeel aangesien jy nie paspoorte hoef te he nie.

Felix Unite en Amanzi het kajakke wat jy huur terwyl die Ark's opblaasbote (crocs) het en Wildthing het nou beide crocs en kajakke. So as jy nou lus het om stroom af te dobber en bons-bons deur die stroomversnellings (agterkant eerste baiekeer!) te toer, is dit die ding vir jou. Maar as jy daarvan hou dat daar n bietjie meer vaardighede van jou vereis word in die stuur en beheer van die boot,is die kajakke jou keuse.

Die gewildste roete is die roete van Noordoewer af(Provinence Camp in Felix Unite se geval) vir 75km stroom-af vir 3 en n half dae wat jou bring by Aussenkehr (die grootste wingerdplaas wat aan n enkel eienaar behoort in die Suidelike Halfrond) Die vakansie oord op die 'uitklimpunt' by Aussenkehr heet Norotchama.Felix Unite (in hierdie geval ) tel jou en jou boot en al jou ander bagasie hier op en neem jou weer terug basiskamp toe waar jou motor veilig wag.

Op hierdie trajek van die rivier kry jy ook 2 ses-dae roetes. Die eerste strek van Noordoewer (Provinence Camp) tot by die sameloop van die Oranje- en die Visrivier en die 2e roete begin jy by Aussenkehr en eindig 6 dae later by Sendelingsdrif. (Die Nama- Vis roete) Ons wou lg doen ,maar kon nie genoeg maatjies kry om die getal van minimum 20 vol te maak nie. As jy n minimum getal van 20 bespreek , hou hulle daardie groep eksklusief net vir daar die groep.

Kostes: Die Felix Unite tariewe is R 3100 per volwassene en bietjie minder vir kinders onder 16. Jy gaan dit beslis goedkoper kan doen by ander maatskappye, maar teen hierdie tyd is ons so verslaaf aan die geweldige hoe standaarde van diens van hulle dat ons moeilik sal verander. Hierdie bedrag sluit in kos en ook die voorbereiding daarvan so jy as roeier neem nie en enkele pot of pan saam nie. Die bote en reddingsbaadjies word verskaf en elke groep word vergesel van 3 opgeleide gidse. Hoe meer kinders , hoe meer gidse gaan saam. Kort gelede het hulle 7 gidse saam met n skoolgroep gestuur. Dan is daar n opvoubare 'Liewe Loo-loo' wat saamtoer. Al die kosmaak geriewe, opvoubare tafel en ook Loo-loo word deur die gidse in hulle kajakke vervoer. So as jy laatmiddag by n kampterrein aankom , gaan stap jy of neem fotos of hou Nagmaal (soos in ons geval op Goeie Vrydag tydens Paasnaweek) en later kom jy net aansit by n ware feesmaal wat die gidse in jou afwesigheid voorberei het. n Ware vakansie vir n huisvrou!

Beste tyd van die jaar : April is net na die amptelike reenseisoen en voor die Winter se koue.

Ons het verlede jaar vroeg November bespreek vir April vanjaar. Maar dink julle dinke en maak julle somme en dan praat ons weer. Ek spaar al weer kliphard!

CFJ
Apr 22nd 2009, 02:22 PM
Ek is verseker in Mona, daar sal regtig iets ernstigs moet voorval dat ek nie sal gaan nie. Weet jy wat van die ander maatskappye vra?

protea
Apr 22nd 2009, 03:01 PM
Ons het mense gevra wat met Ark geroei het. Hulle het self al hulle toerusting net by Ark gehuur met geen kosvoorsiening en dus geen kosvoorbereiding, geen gidse, geen niks verder nie vir n R1000 per persoon. Hulle moes ook self sien hoe om weer by Noordoewer te kom van Aussenkehr af. As jy iemand in jou groep het wat al die trip gedoen het , kan hy seker as gids optree en dit word dan ook toegelaat dat jy as n privaat groep mense op jou eie ook kan gaan. Maar die logistiek sal maar lol.
Die gidse se rol moenie onderskat word nie. Hulle word deeglik opgelei. Met ons 2 keer se 'swem' (een 'swem' per trip!) was hulle die oomblik toe jy omdop by jou . Die een gids sien na die boot om en die ander 2 duik vir die 'drenkelinge'. Dit het mens so UITERS veilig laat voel.
Kan iemand vir ons inligting verskaf oor die trajekte by Douglas en oos van Noordoewer?

protea
Apr 22nd 2009, 03:10 PM
Net n korreksie: Vir Ark en Wildthing moet jy ook paspoorte he want hulle eindig ook by Aussenkehr en moet dus deur die doeane weer suidwaarts kom. Aan die suidekant van die Oranje is daar van dag 2 af nie meer n pad in daardie bergwoestyn nie, so jy moet op die noordelike wal uitklim.

protea
Jan 24th 2011, 02:43 PM
Haaits al julle dierbares!

Jammer ek het so lank laas gesels. Die kragonderbrekings en gebrek aan internetvoorsiening is die skarmunkels maar ek willie nou oor hulle gesels nie.... Eerstens moet ek bieg: Ons het AL WEER die Oranje gaan roei en dit sonder julle . Sal julle my vergewe? Ons dogters wou verlede Aug die 'girly-' ding doen en die Doringrivier gaan roei het ,maar weens n gebrek aan water in die rivier , is die trip toe gekanselleer. Hulle het hulle krediete toe net so oorgedra na die Oranje. Die hele groep het bestaan uit nagraadse en werkende jongmense. Dit klink darem toe altevol lekker en toe vra ons die meisies of ons maar kan saamgaan en belowe plegtig dat ons ons sal gedra.... Bundi skuif toe twee mense wat nie die groep ken nie na n ander groep toe en vir ons in en siedaar, weg is ons!

Die 'groot water' wat ons die hele tyd verwag het , bekruip ons toe die tweede nag op die rivier en toe ons wakker word , le die water so n meter van ons tentopening af, so n meter en n half hoger as die vorige aand. Van die gidse se kajakke het in die nag afgespoel tot amper by Shambok stroomversnelling maar het hulle gelukkig weer betyds gekry. Maar sit die hoger water toe n lekker skop en n hop in die rivier! Soveel so dat jy oor die 'probleme' vaar by die groot stroomversnellings. Maar natuurlik verander die karakter van die rivier totaal en ander 'gevare' ontstaan dan weer soos ons ongeskeduleerde kennismaking met n groot klip . En WHAM daar sink ons skippie! Binne n halfuur het die gidse met glasvesel en hars weer die gat geseel en daar gaan ons weer. Al skade was drie goedkoop sonbrille en n sonhoed. Gelukkig was daar n ekstra sonhoed in die groep.

Twee jong vriendinne (een n donkerkop ingenieurtjie en die ander een n blonde rekenmeester) wat al baie ver getoer het in hulle vakansietye was ook daar en hulle koop toe vir hulle elkeen n bediende oorjas wat net 2 vereistes moes he: Hy moes vinnig droogword en die son van hulle lywe afhou. Vandaar toe hulle byname van 'Die Ousies'! Maar twee mooier ousies kan jy jou kwalik verbeel. Ek plaas n foto van hulle ook as Ta-An my klaar instruksies gegee het.

Natuurlik was dit weereens baie warm maar snaaks genoeg nie op die rivier nie. Jy is so baie binne-in die water of spat jouself nat as jy begin warm kry dat verdamping die wonderlikste 'lugversorger' word . As jy op die wal uitgaan , ja , DAN kook jy! Hubby en ek is met een slaapsak , geen warm tops , geen handdoeke (my sarong moes die ding doen) weg en weereens het ons te veel goed saamgevat!!! Daardie trip leer jou met hoe min jy werklik kan klaarkom! Ek het n roomkleurige langmou bloes pal in die dag aangehad (selfs as ons swem) om my teen die son te beskerm en dit werk soos n bom.

Ons doen toe navraag by Bundi vir hulle 'extended trip' (10 % fooi ekstra) waar jy by dag 3 begin en dan dag 5 en 6 by doen en by die samevloeiing van die Vis en die Oranje uitklim . Lg. twee dae het ons nog nooit gedoen nie. Die lekkerste van Bundi is dat hulle n trip 'vasmaak' vir so min as 4 persone. Ek gaan na die helfte van die jaar vir ons 5 weer bespreek vanaf 28 Des tot weer 1 Jan en dan kan julle aanlas. Ek het al klaar weer begin spaar!

Die 1e Jan toe ons vertrek het , was die water 2 en n half meter hoger as met ons aankoms en hy het konstant gestyg. Ek twyfel of enige maatskappy by sy volle positiewe mense sou toelaat om in waters oor die 8 meter toergroepe sou neem . Dit sou ook uiters onverantwoordelik wees. So ek dink Felix Unite en Bundi se 12 groepe altesaam wat die 1e Jan klaargemaak het, was die laaste vir die maand in elk geval.

My hartjie is noggie terug nie.....

Ek sal gou kyk of ek die fotos kan oplaai.

Groetnis!
Protea

protea
Jan 24th 2011, 05:12 PM
Wonderlike herinneringe wat fotos nie kan bied nie.... Hubby en ek , die 'ousies' wie se boot so lekker hop, ons tente op oggend 3 nadat die water ons bekruip het en n heerlike 'cool tea break'.

Son of the South
Jan 24th 2011, 05:27 PM
Ek is so groen soos d :P

Julle, die Here het darem maar mooi plekke gemaak...en die krag van daai water is niks in vergelyking met Syne nie...

Ta-An
Jan 24th 2011, 07:39 PM
AHhh ek is mal oor die berge Mona mannnnnn, die water lyk leker rof.... wat van 'n foto waar jy in die Oranje in val?? :D

David2
Jan 24th 2011, 08:20 PM
Ek gaan na die helfte van die jaar vir ons 5 weer bespreek vanaf 28 Des tot weer 1 Jan en dan kan julle aanlas.
Ek en Elsa is in. Mag ons maar? Of is ons al te oud?

protea
Jan 25th 2011, 04:41 AM
Ouderdom word nie aan die lyf gemeet nie ,maar in die hart... Natuurlik is almal hier op Lighuis welkom!!! David , my oom het 25 jaar gelede toe hierdie tipe toere net so begin het op 60 vir die eerste keer gegaan en toe daarna nog twee keer. My Hubby is 62 as dit jou sal laat beter voel...

Ta-An , ongelukkig is daar nie n foto van die 'sinking' nie. My selfbeeld is goed genoeg om dit hier te geplaas het as ek net n foto gehad het! Maar die 'duik' was ongeskeduleerd en toe ons weer sien toe swem ons!

Daardie pienk berge..... Ons Vader het voorwaar die Skepping volmaak gemaak met soveel kontraste. Dag 3 van die trip is tot dusver my gunsteling want daar is dan geen voertuigroetes langs die kante meer nie. Net die feitlik regop kranse soos die Oranje deur die nouer opening beur. Eers kort voor Aussenkehr kry jy weer lewe teen jou noorder oewer. Idillies!

protea
Aug 24th 2011, 12:22 PM
Manne en vrouentjies,

Dis nou al GOED na die helfte van die jaar en net gister het ek ons familie se plekke weer op die Oranje bespreek vir die 28e Des tot die 31e Des. Ek het met Bundi onderhandel en toe n HEERLIKE trip beding. Die 'extend trip' wat oorspronklik net van dag 3 tot 6 sou wees , is nou uitgebrei na dag 1 tot 6 se roete in 4 dae ingepas. Ons begin nou by Bundi se basiskamp en eindig dan by die sameloop van die Oranje rivier en Visrivier. Diegene van julle wat belangstel, PM my en ek stuur vir julle al die inligting. Die 'extended trip' se prys is 10 % duurder ( jy kry twee dae se roete ekstra) as die gewone 4 dag roete en beloop R3 300 per persoon, ALLES ingesluit. Jy vat net klere en slaapgoed. Hierdie 'extended trip' se algehele afstand was die basiese roete wat oor 4 dae geroei is toe die tipe van maatskappye hulle begin organiseer het so 25 jaar gelede. Maar toe het van die roeiers begin kla dis te ver en hulle is te moeg en die toermaatskappye het toe die totale afstand verkort van 90 km na 75km . Ons eie indruk is dat ons met groot gerief twee dae se roete in een dag kan doen EN dan nog oorgenoeg tyd het vir swem en kuier en fotos neem. Ons trip se nommer is NYB6 en dan is julle in. Ek mag seker nie Bundi se inligting gee op die oop forum nie ne? Gaan google dit sommer.

Ek kan nie WAG nie!

Groetnis
Protea

Ta-An
Aug 24th 2011, 03:32 PM
Geniet dit!!!

Ek is nie 'n water baba nie, ek leer die kinders van die kant van die wal af hoe om te swem....

Die hele somer seker net 2 keer in die swembad gewees :o :D

protea
Aug 24th 2011, 05:11 PM
Ta-An,
Elke diertjie het sy plesiertjie! Ek dink nie minder van jou omdat jy nie van water hou nie. Ons sal vir jou die 'kiekies' saambring en wys!

Ta-An
Aug 24th 2011, 07:09 PM
Yes!! Maak so .... :)

CFJ
Aug 27th 2011, 07:07 AM
Manne en vrouentjies,

Dis nou al GOED na die helfte van die jaar en net gister het ek ons familie se plekke weer op die Oranje bespreek vir die 28e Des tot die 31e Des. Ek het met Bundi onderhandel en toe n HEERLIKE trip beding. Die 'extend trip' wat oorspronklik net van dag 3 tot 6 sou wees , is nou uitgebrei na dag 1 tot 6 se roete in 4 dae ingepas. Ons begin nou by Bundi se basiskamp en eindig dan by die sameloop van die Oranje rivier en Visrivier. Diegene van julle wat belangstel, PM my en ek stuur vir julle al die inligting. Die 'extended trip' se prys is 10 % duurder ( jy kry twee dae se roete ekstra) as die gewone 4 dag roete en beloop R3 300 per persoon, ALLES ingesluit. Jy vat net klere en slaapgoed. Hierdie 'extended trip' se algehele afstand was die basiese roete wat oor 4 dae geroei is toe die tipe van maatskappye hulle begin organiseer het so 25 jaar gelede. Maar toe het van die roeiers begin kla dis te ver en hulle is te moeg en die toermaatskappye het toe die totale afstand verkort van 90 km na 75km . Ons eie indruk is dat ons met groot gerief twee dae se roete in een dag kan doen EN dan nog oorgenoeg tyd het vir swem en kuier en fotos neem. Ons trip se nommer is NYB6 en dan is julle in. Ek mag seker nie Bundi se inligting gee op die oop forum nie ne? Gaan google dit sommer.

Ek kan nie WAG nie!

Groetnis
Protea

Ek kan nie vir jou s hoe graag ek dit wil doen nie, maar ek sal dit maar alleen moet doen, want dit is nie iets wat almal in belangstel nie en veral nie voor kans sien nie. Dis nou net daar waar myse probleem inkom..., as jy verstaan wat ek bedoel... :D

David2
Aug 28th 2011, 09:20 AM
Wat word van jou kamera as die kano omval? Wat van kontaklense as mens in die water beland? Moet jy maar liewer daarsonder roei? Ons stel belang.

protea
Aug 28th 2011, 12:07 PM
Hallo David,

Die laaste keer was ons kamera in sy sakkie in n Tupperware bakkie binne in die groot toeknip emmers wat hulle voorsien. En toe het hy oorleef. Ons een dogter se groot Canon was in sy drasak binne in n baie dik plastiek sak in die koelhouer wat hulle voorsien en hy het ook n omval oorleef.

Wat die kontaklense betref: Ek sou voorstel dat jy vir jou sulke deurskynende brilletjies kry wat die hele oogholte bedek wat tegnici dra wat o.a. met weed eaters werk of 'disc grind' werk doen. Hy het mos n rekkie agter om die kop. Mens kan miskien net die rekkie versterk met n sterker een. Ons het verlede jaar drie sonbrille (gelukkig goedkoopes!) aan die Oranje moes afstaan. Of jy kan n gewone bril ook n rekkie aansit agter om die kop. n Vriendin van ons wat ook kontaklense dra gaan ook saam. Ek sal haar vra wat mens maak.

PM asb jou epos adres en dan stuur ek die inligting vir jou.

Ta-An
Aug 28th 2011, 12:35 PM
Wat word van jou kamera as die kano omval? Wat van kontaklense as mens in die water beland? Moet jy maar liewer daarsonder roei? Ons stel belang.
David, kom jou kontaklense uit as jy swem :hmm:

protea
Nov 2nd 2011, 05:46 AM
Hallo Geliefdes,

Daar is nog n paar plekke vir ons roeitrip op die Oranje vanaf 28 Des 2011 tot die 1e Januarie 2012. Laai die besprekings vorm af en bespreek . Onthou net om die spesifieke besprekings nommer wat daarop staan saam te stuur. Dis ons groep se no. Ons is twee families wat van Bredasdorp af kom wat gaan en sien SO uit daarna. Hierdie groep is nie n geslote groep nie en enigeen wat wil kan bespreek. Sien julle!