PDA

View Full Version : Vergewe en vergeet?



Louis F Brits
Apr 23rd 2009, 05:46 PM
Moet ons vergewe en vergeet?Waar in die Woord staan daar dat ons moet vergewe en vergeet of sal julle se dit gaan saam?

Ta-An
Apr 23rd 2009, 07:44 PM
Waarheid, Welkom hier by ons :)

Volgens hierdie skrif word ons vertel om te vergewe, sodat ons ook vergewe sal word.

Mattheus 6:12 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=40&CHAP=6&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=12) en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

Mattheus 6:14 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=40&CHAP=6&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=14) Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

Mattheus 6:15 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=40&CHAP=6&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=15) Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

En wanneer mens vergewe, dan dink jy ook nie meer daaraan nie
Hebrers 10:17 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=58&CHAP=10&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=17) en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.

Die Here het ons sondes vergewe en Hy dink nie meer aan ons sondes nie... en net so moet ons ook maak.

Dit is nie altyd maklik nie, maar dit is hoe dit moet gebeur tot ons eie voordeel.

Phil Fourie
Apr 24th 2009, 05:48 AM
Dit is 'n baie relevante vraag dink ek :hmm:

As ons s God dink nie meer aan ons sonde nie, beteken dit dat Hy dit vergeet het of ons nie meer verantwoordbaar daarvoor sal hou nie? Ek wil dalk ook vra, loop vergifnis en vergeet noodwendig hand aan hand?

Ek gebruik 'n voorbeeld, 'n harde een ek is jammer, maar mens sal 'n verkragter wel deur die genade van God kan vergewe en daardeur vrygemaak word, maar sal mens dit werklik (die daad) ooit kan vergeet? :hmm:

RR van Wyk
Apr 24th 2009, 06:11 AM
Om te vergewe is nie alteid so maklik nie. As die persoon wel om vergifnis vra, jy deur sy siel in kan sien hy bedoel dit en sy skuld aan sy verkeerde daad vreet aan sy gewete, is dit een ding. So 'n persoon kan mens begin jammer kry, en hom vergewe.

Maar hoe vergewe jy iemand wat net verskonings soek vir sy wanhandelings? Wat steeds vere voel? 'n gewete het kouer as die noordpool?

Dis werklik 'n moelike vraag... een waaroor ek seker is baie mense sukkel mee.

mari
Apr 24th 2009, 08:31 AM
Johannes 1:29 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=43&CHAP=1&SEARCH=jesus king lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=29) Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy s: Dr is die Lam van God wat die sonde van die wreld wegneem!


Jer 31:34 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=24&CHAP=31&SEARCH=jesus king lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=34) En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en s: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.


Ps 103 : 11 Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. 12 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.


Ps 130 : 3 As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?

Miga 7 : 18 Wie is 'n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het 'n welbehae in goedertierenheid.
19 Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.




Heb 8 : 12 Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.

Heb 10 : 17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie. 18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.

Eff 4 : 31 Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. 32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.





Filipense 3:14 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=50&CHAP=3&SEARCH=jesus king lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=14) Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die ho roeping van God in Christus Jesus.



.... as jy werklik om vergifnis vra, verwyder God jou sonders / oortredings / ongeregtigheid asof dit nooit bestaan het nie ......... dit kan dan net voortbestaan in 'n wilsbesluit om daaraan vas te hou ..... so maak God ook met die een wat teen jou oortree ........


.... as jy iemand anders sy oortredings teen jou vergewe, is dit 'n wilbesluit om jou "reg tot geregtigheid" in God se hande oor te gee ( to fore give your rights )..... dit is dan God se besluit wat vergeld en wat vergeef sal word ...... as die oortreder voor God sy sonde belei en tot inkeer kom, handel God daarmee volgens Sy Woord ....... so-ook as hy nie belei en verander nie .....

.... onthou ook dat ons stryd nie teen "vlees en bloed" is nie ( Ef 6:12 ) so die skuldige persoon het dalk onder invloed van iets anders opgetree, en as hy sy wandaad voor God belei, is hy vry daarvan voor God ..... ( dis seker 'n bespreking op sy eie :confused )... daarom is dit so uiters belangrik om 'n persoonlike, daaglikse verhouding met die Vader deur die Gees in Christus te he om te kan onderskei : .... as 'n verkragter werklik tot inkeer kom en werklik vergifnis vra, en vryspraak van God ontvang, wie is ons om hom nog te veroordeel ? ...... tog moet die wereld waarin ins leef se wette ook in ag geneem word .... ( 'n ander tammeletjie )


.... iewers is daar 'n balans tussen God se genade en God se geregtigheid ......
..... hierdie balans is in Christus beliggaam....
..... die Lam van God en die Leeu van Juda in een ....
..... die offer en die regter ......



.... net 'n paar gedagtes.....
m

Phil Fourie
Apr 24th 2009, 08:47 AM
Dit blyk tog nie of ons enigsins nog die vergeet deel aangespreek het nie. Deur te s God dink nie meer daaraan nie, beteken dat Hy ons nie meer daarvoor aanspreeklik gaan hou nie, maar dit het nie net in die duister in verdwyn nie, God se eie Seun is daarvoor gestraf.

Ons is maklik om te vergeet dat elke liewe sonde 'n implikasie het, dat daar straf vir dit was of gaan kom, hang natuurlik net af van jou verhouding met God of daardie straf plaasgevind het aan die kruis en of dit vir jou sal plaasvind in die hel

Gene
Apr 24th 2009, 10:05 AM
Geen mens "vergeet" ooit enige iets nie. ALLES wat ons hoor of beleef, word in jou brein gestoor. Sommige dinge gaan le diep in die onderbewussyn en 'n mens kan dit nie so maklik en dadelik oproep nie, maar tegnies vergeet jy dit nooit. Hieroor het 'n mens nie werklik beheer nie. Daarom dink ek nie dat die Bybelse opdrag is om werklik fisies te "vergeet" nie. Maar as 'n mens vergewe het, dan dink jy nie meer daaroor nie, m.a.w. jy tob nie meer daaroor nie, dit het geen invloed meer op jou lewe nie. Dit is 'n gebeurtenis van die verlede en jy het dit agter jou geplaas. Jy beweeg nou vorentoe. Maar vergeet? Ek dink nie so nie! Dit is eenvoudig nie moontlik nie.

In vandeesweek se Huisgenoot is 'n artikel oor 'n vrou wat haar motorkaper in die tronk gaan besoek het en 'n pad met hom begin stap het. Hy het intussen die Here aangeneem en is op parool vrygelaat. Die twee het kontak en daar is ook foto's van hulle saam......het sy vergeet? Beslis nie! Maar sy het vergewe - volkome! Ek dink dit is wat die Here van ons verwag.

Lanie
Apr 24th 2009, 10:26 AM
Haai oom Gene, moenie vir my s jy lees die Huisgenoot nie....:eek:............:rofl:

Phil Fourie
Apr 24th 2009, 10:38 AM
Geen mens "vergeet" ooit enige iets nie. ALLES wat ons hoor of beleef, word in jou brein gestoor. Sommige dinge gaan le diep in die onderbewussyn en 'n mens kan dit nie so maklik en dadelik oproep nie, maar tegnies vergeet jy dit nooit. Hieroor het 'n mens nie werklik beheer nie. Daarom dink ek nie dat die Bybelse opdrag is om werklik fisies te "vergeet" nie. Maar as 'n mens vergewe het, dan dink jy nie meer daaroor nie, m.a.w. jy tob nie meer daaroor nie, dit het geen invloed meer op jou lewe nie. Dit is 'n gebeurtenis van die verlede en jy het dit agter jou geplaas. Jy beweeg nou vorentoe. Maar vergeet? Ek dink nie so nie! Dit is eenvoudig nie moontlik nie.

In vandeesweek se Huisgenoot is 'n artikel oor 'n vrou wat haar motorkaper in die tronk gaan besoek het en 'n pad met hom begin stap het. Hy het intussen die Here aangeneem en is op parool vrygelaat. Die twee het kontak en daar is ook foto's van hulle saam......het sy vergeet? Beslis nie! Maar sy het vergewe - volkome! Ek dink dit is wat die Here van ons verwag.

En daarop kan ek net s AMEN:amen:

mari
Apr 24th 2009, 10:44 AM
Gene.... hier het jy nogal 'n punt beet........

.... as ek elke dag vir jou preek om te vergeet van 'n spesifieke situasie, gaan jy dit nie uit jou kop kry nie .....
** ( hou op om te dink aan pienk zebras.... hou op om te dink aan pienk zebras ... :rolleyes: .... moenie dink aan pienk sebras nie , jy mag nie dink aan pienk sebras nie ..... )

MAAR .... mens kan die seer onthou met met 'n vergewingsgesinde onthou vervang wanneer jy die "goed" wat uit 'n situasie gekom het, uitsoek en daarop konsentreer ........ ** ( onthou die reen wat die pienk verf afgewas en 'n netjies gestreepte Zebra openbaar het ) ....

( net een van onse pastoor van doerijare se voorbeeld storetjies wat nogal onthou word ..... )

:confused:hmm:
m

Gene
Apr 24th 2009, 12:20 PM
Haai oom Gene, moenie vir my s jy lees die Huisgenoot nie....:eek:............:rofl:
Uitgevang! Dit wys jou, dit gebeur in die beste families... (Terloops, ek lees enige iets......maar ek koop nie enige iets nie, en ek lees selektief.)

Mari, as ek vanaand gaan droom oor pienk zebras, gaan dit jou skuld wees!

Ta-An
Apr 24th 2009, 03:35 PM
Om nie te onthou nie, beteken vir my om nie daarop te dwel nie. (As dit nou die regte Afr. woord is?) Om nie heeldag die gebeure in jou kop oor en oor te speel nie. Om dit nie te bly herroep en bitter daaroor te raak en bly nie.

Etienne Marais
Jul 10th 2009, 01:58 PM
Almal van ons sukkel soms om te vergewe maar die Bybel se mens moet vergeet en vergewe. Ek weet nie wie van julle al Nicholis Louw se lied vergeet en vergewe gehoor het nie. Hy sing in daardie lied van 'n Bybelse beginsel naamlik vergeet en vergewe. Moet nooit kwaad word en vir altyd met 'n onvergewingsgesindheid in jou hart loop nie. Toe Jesus aan die Kruis gesterf het het hy ons van sonde bevry. Hy het ons sonde vergewe en hy het ons vry gemaak.

Louis F Brits
Jul 18th 2009, 12:43 PM
Waar se die Bybel jy moet vergeet?Jy moet vergewe ja maar vergeet nee.Jy gaan mos nie dat dieselfde mens jou twee keer benadeel nie.

Ta-An
Jul 19th 2009, 07:42 PM
Waarheid, jy's nogals reg, die Bybel praat oor :Onthou, maar nie om wraak te neem nie, maar om dankbaar te wees vir waar jy nou is, en hoe jy gegroei het, Onthou wat sonde is sodat jy nie weer daarin sal trap nie!!

Gene
Jul 20th 2009, 06:28 AM
Waar se die Bybel jy moet vergeet?Jy moet vergewe ja maar vergeet nee.Jy gaan mos nie dat dieselfde mens jou twee keer benadeel nie.
Die liefde hou nie boek van die kwaad nie.... (1 Kor 13) 'n Mens hoef (en kan) nie fisies vergeet van onregte teen jou nie, maar jy mag nie boekhou daarvan nie, m.a.w. jy moet daardie persoon opreg vergewe en hom/haar nog 'n kans gun (soos die Here jou 'n tweede, en derde, en vierde..... en "duisendsenste" kanse gegun het) Jy mag nie 'n onreg teen iemand hou nie. Die woordie "maar.." vorm nie deel van ware vergifnis nie ("ek het hom vergewe, MAAR ek sal hom nie weer vertrou nie... / MAAR ek sal hom nie weer help nie... / MAAR ek wil nie meer iets met hom te doen he nie..." ens.) Sodra daar 'n "maar" is, dan was die vergifnis nie opreg nie.

Tonton
Jul 20th 2009, 08:49 AM
Waar se die Bybel jy moet vergeet? Jy moet vergewe ja maar vergeet nee. Jy gaan mos nie dat dieselfde mens jou twee keer benadeel nie.


...[/I]En wanneer mens vergewe, dan dink jy ook nie meer daaraan nie Hebrers 10:17 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=58&CHAP=10&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=17) en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.

Die Here het ons sondes vergewe en Hy dink nie meer aan ons sondes nie... en net so moet ons ook maak.

Dit is nie altyd maklik nie, maar dit is hoe dit moet gebeur tot ons eie voordeel.


Hierdie teks s wel vir my ons moet sondes wat teen ons gepleeg is (ook) vergeet.

Anton

protea
Jul 20th 2009, 11:57 AM
Kom ons beweeg na die praktyk toe: Wanneer n vennoot in jou besigheid jou van der duisende rande beroof, gaan jy hom weer n kans gee? Ek sal hom vergewe maar die vertouensverhouding is vir ewig verbreek en ek sal hom verseker nie weer in n besigheidstransaksie vertou nie. Die Bybel waarsku jou dan om geen mens te vertrou nie.

Wanneer n doktor weens nalatigheid jou oneindige ellende veroorsaak , gaan ek hom vergewe ,MAAR ek gaan NOOIT weer terug na hom om van sy mediese kundigheid gebruik te maak nie. Hy het die vertrouensverhouding en ook my vertroue in sy kundigheid geskend en ek sal hom nooit weer vertrou nie.

Wat is die toets vir vergifnis? Die feit dat jy as benadeelde vir so n persoon kan bid sonder n wrok of enige negatiewe gedagtes in jou hart.:pray:

Gene
Jul 20th 2009, 12:31 PM
Protea

ek hoor wat jy se... dis bloot menslik. Maar as daardie vennoot of dokter berou het en jou opreg om vergifnis vra, en jy is seker dat sy berou en verskoning opreg is, kan jy dan nog steeds se "ek hou dit nie teen jou nie, maar...."? Onthou, almal van ons maak foute, en sou jy graag wou he dat God vir jou se, "Ek het jou vergewe vir jou foute, Ek is nie meer kwaad vir jou nie, MAAR......"? Nee, God vergewe onvoorwaardelik, en Hy se dat Hy nooit eers weer dink aan jou foute nie... (al maak jy baie daarvan elke dag van vooraf!)

"Vergewe ons ons skulde, net soos ons ons skuldenaars vergewe...."

Lukas 6:38 " ....want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word"

Tonton
Jul 20th 2009, 03:05 PM
Protea,

Jou vraag is redelik en menslik. Ek reken die teenvraag is WAAROM jy dit nie kan vergeet nie - vertrou jy die persoon nie (once bitten, twice shy) of het jy hom dalk nog nie regtig vergewe nie...

As ek een keer aan 'n warm plaat vat en my brand, en my ma is jammer sy het die plaat aan gelos, sal ek haar vergeef, maar fisies het ek nou bewus geword dat plate kan warm wees, en ek moet nie sondermeer daaraan vat nie. So as ek in die toekoms "versigtig vat", beteken dit sekerlik nie ek het nie my arme ma vergewe nie. Mens leer mos maar soms met vingers brand...

Wat ek probeer s is dat dit gaan oor wat in jou hart aangaan - as jy in jou hart werklik vergewe het, maar die ervaring dra by tot jou wreldkennis en maak jou meer versigtig om iets te doen, is dit sekerlik redelik.

Hoop dit bring dit in perspektief.

Anton

protea
Jul 20th 2009, 05:18 PM
Anton en Gene,
Ek het die insidente nog nie vergeet nie omdat dit nie menslik moontlik is nie. Dis so eenvoudig soos dit . My hart klop egter nie een slag vinniger as ek aan die situasies dink nie , omdat ek laaaankal die persoon vergewe het en met geen wrok of ongelukkigheid aan die situasie dink nie. Om te vergeet en vergifnis is nie sinonieme nie.

Gene
Jul 21st 2009, 06:38 AM
Protea
wat jy se, is baie waar. 'n Mens leer uit ondervinding, en nie eers 'n donkie steek sy kop twee maal in dieselfde bynes nie... Natuurlik gaan 'n mens die tweede keer versigtiger wees, dis bloot menslik, en daar is niks mee verkeerd nie. Al wat ek se, is dat 'n mens nie 'n voorwaarde aan vergifnis moet koppel nie. As 'n mens iemand volkome vergewe, dan verdien daardie persoon 'n tweede kans, net soos die Here vir ons elke keer 'n tweede kans gun. Maar dit beteken nie 'n mens moet oop oe weer in 'n negatiewe situasie inloop nie.

En natuurlik, om te vergeet, is nie menslik moontlik nie. 'n Mens moet net nie daaroor bly tob nie. God se ook nie dat Hy ons oortredinge vergeet nie, maar Hy "dink nie meer daaroor nie..." Hier is 'n uttreksel uit 'n vorige plasing van my oor hierdie onderwerp:



In vandeesweek se Huisgenoot is 'n artikel oor 'n vrou wat haar motorkaper in die tronk gaan besoek het en 'n pad met hom begin stap het. Hy het intussen die Here aangeneem en is op parool vrygelaat. Die twee het kontak en daar is ook foto's van hulle saam......het sy vergeet? Beslis nie! Maar sy het vergewe - volkome! Ek dink dit is wat die Here van ons verwag.

marline
Jul 21st 2009, 05:45 PM
Tit 3:10 Aan n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek n die eerste en tweede vermaning,