PDA

View Full Version : Bid asb vir ons MMC



Willem
Apr 23rd 2009, 06:09 PM
Hi julle,

Bid asb vir al die mans by die MMC die jaar , dat die Here sal werk in hulle en dat die hele naweek tot Sy eer alleenlik sal wees en volgens Sy wil en dat ons werklik aanbidding en lof sal bring wat vir Hom aanneemlik sal wees.

Bid asb spesifiek ook vir al die broers en pa's en neefs en seuns en oupas wat sake het wat nie reg is nie , dat die Here in hulle harte kan werk en ware verandering en bekering sal bring. Onthou , dit vat net een gelowige mens om tot God te bid met 'n gebed wat verhoor word om die verskil in iemand se lewe te kan maak.

Dankie vir julle steun en voorbidding.

Groete
Willem

Ta-An
Apr 23rd 2009, 07:40 PM
Willem gaan jy MMC toe? My seun is alreeds daar van Woensdag af al :pray:

CFJ
Apr 23rd 2009, 08:04 PM
Mag God kragtig beweeg onder elkeen wat daar is, maar ook by elkeen wat in die Gees aanwesig is en nie self daar is of kan wees nie. Die Here is in beheer en ons kan en mag dit aan Hom opdra! :pray:

Die Filadelfieer
Apr 24th 2009, 05:36 AM
Ek het self 'n familielid daar die naweek.


O Here van die LeŽrskare !
Laat U Wil geskied. Help ons om U Wil te ken en te doen.
SŽen U kinders by MMC hierdie jaar Here. As dit U Wil is,
laat die oes groot wees en die vrug te veel om te tel.
Amen

Phil Fourie
Apr 24th 2009, 06:02 AM
Laat ons ook nie vergeet om so ywerig te bid vir elke geleentheid waar gelowiges hierdie naweek bymekaar kom nie, hoe klein ookal, dat die Here daar sal werk. :pray:

protea
Apr 24th 2009, 09:52 AM
My man is weer saam en hy sÍ teen Donderdagaand was daar al 217,000 besprekings. Ek wonder hoeveel is daar nou. Ek raak heel bewoŽ as ek dink dat ons Hemelse Vader saam met honderde duisende van sy seuns gaan kuier! Dis n AWESOME gedagte. En al die heling wat gaan plaasvind (fisies ,geestelik en emosioneel). Ons bly hulle aan die Here opdra!:pray:

MercyChild
Apr 24th 2009, 11:33 AM
Bid dat God se boodskap manne se harte sal aanraak op alle gebiede, en dat hulle 'n magtige ontmoeting met Vader sal he!:hug:

Willem
Apr 25th 2009, 09:20 PM
Laat ons ook nie vergeet om so ywerig te bid vir elke geleentheid waar gelowiges hierdie naweek bymekaar kom nie, hoe klein ookal, dat die Here daar sal werk. :pray:

Amen. En vir arbeiders vir die oes! Julle moet opvolg! Daar is baie jong oukies wat mentors gaan nodig kry en vir die Here wil werk...hulle harte is reg.. Sy liefde brand daar,nou moet ons hulle net in liefde en opregtheid leer en nie met dfogma en ongeduld doodgooi nie,dis babas die , gee hulle melk(Woord) en niks anders nien hulle sal gou sterk word en kos begin soek. 8-)