PDA

View Full Version : Die Groot Vraag...



Lanie
Apr 24th 2009, 12:03 PM
Wie is lus om vir ons te vertel hoe hulle man die ja-woord gevra het?

Ta-An
Apr 28th 2009, 01:50 PM
:pp Uhmmmmmm
Dit was Skrikkel Jaar :pp



:lol:

paidforinfull
Apr 30th 2009, 04:42 AM
Wie is lus om vir ons te vertel hoe hulle man die ja-woord gevra het?

Hy het nie - ek het ;) (hy het gelukkig wel 'ja' geantwoord - phew! :pp:pp)

Ek wil net hier byvoeg dat manlief vir jare lank vir die Here gevra het om sy vrou te stuur om hom te vra. Nou ja, geen wonder ek het so gedring gevoel nie. Na die tyd was dit asof 'n grooooot las van my skouers af was. Dit was eers jare later dat ek uitgevind het hy en die Here het so 'n bietjie gekonkel. Hmmmm....

PS: hy het ook gevra dat sy vrou moet kan klavier speel. Nou ja, ek kan speel, maar hy het bietjie vergeet om die woord 'goed' by te voeg :rofl::rofl:

Lanie
May 4th 2009, 01:57 PM
:pp Uhmmmmmm
Dit was Skrikkel Jaar :pp



:lol:

ACCM... dis hoe ek my man ook gevang het..... Skrikkeljaar!!! Maar hy het my darem eerste (en op 'n baie romatiese manier ontvoer...) gevra om te trou. Maar toe was ek nie lus vir die 4 of 5 jaar verlowing wat hy in gedagte gehad het nie. Toe rel ek die troue en s vir hom hoe laat en waar hy moet opdaag...... :lol:

Ta-An
May 4th 2009, 05:19 PM
ACCM... dis hoe ek my man ook gevang het..... Skrikkeljaar!!! Maar hy het my darem eerste (en op 'n baie romatiese manier ontvoer...) gevra om te trou. Maar toe was ek nie lus vir die 4 of 5 jaar verlowing wat hy in gedagte gehad het nie. Toe rel ek die troue en s vir hom hoe laat en waar hy moet opdaag...... :lol::rofl:
Myne het vir my 'n telegram gestuur met die woorde : "Eve proposes in Leap year" en ek het nie 'n cooking clue gehad wat dit beteken nie :blush:
Gelukkig kon ek een van die Eng. major studente vra :D En toe moes ek baie mooi dink wat ek wou doen......

protea
May 5th 2009, 01:46 PM
EN? Wat het jy toe gedoen?

Ta-An
May 5th 2009, 04:13 PM
EN? Wat het jy toe gedoen?:blush:
Ek het hom gebel, (want sien ek was op die PUK en hy was in Bloemfontein) en toe s ek vir hom (onthou dit was op Valentyns dag,,, daardie tyd het dit nog iets vir my beteken :blush: )..." Due to the lack of romantic atmosphere, I can not propose.... take a raincheck " :rofl:
En toe gaan koop hy die ring, maar het my maak hom vra :rolleyes: anders kon ek die ring nie dra ;)

protea
May 6th 2009, 03:07 PM
And they all lived happily ever after! Ek is MAL oor gelukkige eindes..:pp