PDA

View Full Version : Vergewe - soos Paulus vir Johannes Markus vergewe?



Nicolaas
Apr 27th 2009, 05:26 PM
Vergewe - soos Paulus vir Johannes Markus vergewe?

In Handelinge 13:13-14 lees ons:
"Paulus en sy reisgenote het met 'n skip van Pafos af vertrek en by Perge in PamfiliŽ aangekom. Daar het Johannes* hulle VERLAAT en na Jerusalem toe TERUGGEGAAN. Maar hulle het die reis van Perge
af voortgesit en in AntiogiŽ in PisidiŽ gekom."

*Dit is natuurlik Johannes wat ook Markus genoem word, en nie die apostel Johannes nie.


Twee hoofstukke later, in Handelinge 15:34-41 word ons vertel:


"Paulus en Barnabas het 'n tyd lank in AntiogiŽ gebly en saam met baie ander onderrig gegee en die woord van die Here verkondig. 'n Tydjie later het Paulus vir Barnabas gesÍ: "Kom ons gaan kyk hoe gaan dit met die gelowiges in al die stede waar ons die woord van die Here verkondig het." Barnabas wou vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamneem. Maar Paulus het gedink dit is nie reg om die man saam te neem wat hulle in PamfiliŽ verlaat het en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen het nie. Hieroor het hulle so skerp verskil dat hulle van mekaar geskei het. Barnabas het toe vir Markus geneem en met 'n skip na Siprus toe vertrek. Paulus het vir Silas gekies en vertrek, nadat hulle deur die gelowiges aan die genade van die Here toevertrou is. Hy het deur SiriŽ en SilisiŽ gereis en die gemeentes geestelik versterk."

Paulus noem homself 'n apostel van Christus Jesus. Die term "apostel" dui aan dat Paulus 'n "gevolmagtigde gestuurde" is van Jesus wat gesÍ het: "En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe." (Mark 11:25)

Is dit moontlik dat Paulus wat 'n apostel van die Here Jesus is Sy opdrag hier verontagsaam en weier om Johannes Markus te vergewe?

Is Paulus regtig ONVERGEWENSGESIND teenoor Johannes Markus, of vergewe hy eenvoudig in diť geval ANDERS as wat Barnabas die man wat hulle in die steek gelaat het vergewe?

Ons wat as lesers vir Paulus deeglik tussen die blaaie van die Bybel leerken het kan met oortuiging sÍ dat hy NIE die Here Jesus se opdrag sou verontagsaam en tťťn die liefde in onvergewensgesind sou wees nie, of hoe? Ons kan aanvaar dat Paulus in diť geval eenvoudig ANDERS vergewe as wat Barnabas vir Johannes Markus vergewe het.


Maar waarom sou Paulus en Barnabas so verskillend optree nadat Johannes Markus hulle beide in die steek gelaat het?

Ek kan maar net raai: Ek veronderstel as jy diť soort onbeurings tegemoetgaan wat Paulus en sy reisgenote destyds op hulle reise teŽgekom het - dan het jy nodig om te WEET jy kan waarlik op jou makkers REKEN, omdat jou lewe in bepaalde situasies daarvan kan afhang. Jy kan nie kanse vat met iemand wat dalk in 'n benoude oomblik gaan knak en jou in die steek gaan laat nie. Dalk voel Paulus dat Johannes Markus eers oor 'n langer tyd moet BEWYS dat hulle nou op hom kan reken, terwyl
Barnabas voel hy het genoeg bewys gesien dat hulle Johannes Markus nou met hulle lewens kan vertrou.

As Paulus en sy nuwe reisgenoot, Silas later saam in die tronk met hulle voete in die pynigende "blok" vasgeklem sit en lofliedere sing in die nag, dan wonder mens of Johannes Markus ook onder diť soort omstandighede so moedig sou bly..

Die vraag is nou: Wat moet ons leer jy uit diť optrede van Paulus teenoor Johannes Markus oor wat vergewe (teenoor 'n medegelowige) beteken en oor wat vergewe NIE beteken nie?

Ek sou sÍ uit diť optrede van Paulus teenoor Johannes Markus leer ek dat vergewe NIE beteken jy gaan die persoon wat jou te na gekom het sonder meer in 'n posisie terugplaas waar hy dit WEER kan doen nie.

As jou boekhouer byvoorbeeld geld verduister het, sal dit dom wees om hom weer met jou finansies te vertrou alvorens hy oor verloop van heelwat tyd sy reputasie herstel het en uit sy tussentydse geskiedenis BEWYS kan lewer dat hy jou vertroue nou waardig is. Dieselfde geld iemand wat jy daarvoor vergewe het dat hy geheime uitlap, jou vriendskap misbruik het en dies meer..

Som ek dit reg op? Hoe verstaan jķlle Paulus se optrede in terme van die Here Jesus se opdrag dat ons moet vergewe?

Groete,
Nicolaas

Lanie
Apr 28th 2009, 07:10 AM
Hi Nicolaas....

Jy het 'n baie interessante redenasie. Ek gaan regtig bietjie hieraan herkou... Mense kan in hulle menslikheid jou so maklik teleurstel of seermaak. Dit is tog so dat mens iemand wat jou baie seergemaak het of teleurstel kan vergewe maar dat mens nie daardie persoon meer sal vertrou so voorheen nie. Dis wat ek in my eie menslikheid doen. Maar dan dink ek nou weer aan hoe God ons vergewe en ek wonder of daar nie saam met Sy vergifnis ook weer 'n volkome herstel van vertroue is nie. Wat my nou weer 'n ander ding laat wonder. Het God ooit in die eerste plek vertroue in ons sondige mense vir enige iets? :hmm: