PDA

View Full Version : Suid-Amerikaanse Griep



Phil Fourie
Apr 30th 2009, 02:01 PM
Blykbaar is dit nou polities inkorrek om te praat van Vark Griep:rolleyes:

Wat maak ons met hierdie dreigende pandemie, dink julle daar is waarlik 'n groot gevaar in hierdie griep, moet dit ons lewens ontwrig, ek verstaan daar is tog medikasie daarvoor, so as jy siek word moet jy net reg gedeagnoseer (sp?) word en jy behoort ok te wees.

Of het ek die kat aan die stert beet? :hmm:

Paul Pienaar
Apr 30th 2009, 02:37 PM
Phil,

Biologiese oorlogvoering en conspiracy theories ter syde gestel, JA, daar is potensieel groot gevaar hierin.

Sover ek kan verstaan is dit juis die meer gesonde middel 20s tot middel 50s wat die ergste deur die griep aangetas word. En NIE die ouer en jongeres nie. Dit laat party navorsers dink dat dit 'n ontwerpte virus hierdie is. Ek weet nie, maar sal nie verbaas wees as dit wel die geval is nie.

Slegs 'n voorbeeld - Ek onthou met SARS, in 2004, was my vlug vanaf SA na Taiwan slegs 25% vol. En dit nadat my Vrydag vlug, waarvoor ek op 'n waglys was, saam met die Donderdag vlug gekombineer was. So, potensieel het die griep dus ook die potensiaal om 'n "ekonomiese pandemie" te word.

Die wat voordeel trek is die farmaseutiese maatskappye wat die medikasie vir hierdie griep verskaf, en hul aandeel houers. Die een se verlies is die ander se wins tot in 'n mate.


Ai, mens weet die dinge moet kom, maar ons hoop maar almal dat dit ons kan mis.


Paul

Johnny
May 5th 2009, 12:51 PM
Ironie op sy beste:

90 mense kry varkgriep en almal gryp na maskers.



Miljoene het HIV, maar niemand wil kondome gebruik nie!

:hmm:

Die Filadelfieer
May 5th 2009, 01:17 PM
Dit wil voorkom asof die griep (H1N1) in sy huidige vorm toe nie so erg is as wat baie gedink het nie, veral as mens in gedagte hou dat daar soveel as 500 000 mense normaalweg aan griep sterf in 'n jaar. Dat dit hoogs aansteeklik is is gewis, maar dodelik ? Nog nie.

Mens moet ook weet dat viruse soos hierdie ontsettend vinnig muteer, daar is dus wel 'n kans dat dit 'n dodelike pandemie kan raak, veral as gevolg van die H5N1 gene (voŽlgriep) wat saamgevoeg is in die virus. Die manier hoe die Suid Afrikaanse gesondheidsdepartement die saak tot op hede hanteer het (deur NIKS te doen nie*) boesem ook nie eintlik vertroue in nie.



(*) Verskoning, hulle het darem nie "niks" gedoen nie. Ek verstaan daar is termiese kameras by die land se stilste lughawe, Lanseria, geplaas. :D

Die Filadelfieer
May 6th 2009, 07:02 AM
Ironie op sy beste:






90 mense kry varkgriep en almal gryp na maskers.




Miljoene het HIV, maar niemand wil kondome gebruik nie!




:hmm:





Net om 'n idee te kry van hoe 'n belaglik die media met die waarheid omgaan :

- SovÍr is daar 30 mense dood aan Varkgriep (in die hele wÍreld)
- Daar gaan min of meer 1000 000 mense dood aan malaria per jaar, meeste hiervan is kinders onder 5 jaar oud. ( 8 kinders per uur sterf aan malaria )
- Daar is 'n geskatte 300 miljoen tot 500 miljoen malaria gevalle per jaar.
(bron (http://www.netsforlifeafrica.org/malaria/malaria-statistics))

As mens na bogenoemde kyk, moet 'n mens noodgedwonge afvrae hoe ernstig hierdie varkgriep "epedemie" nou eintlik is, en hoekom die wÍreld kies om so opgewonde te raak daaroor ? Hoekom raak "ons" nie so opgewonde oor malaria, vigs of TB nie ? ( As julle wil weet van 'n nagmerrie-siekte, Google bietjie XDR TB )

Is dit omdat hierdie siektes tradisioneel derde-wÍreld probleme is ?

Johnny
May 6th 2009, 10:46 AM
Ek het al gewonder of die "Regering" (Illuminati) agter die regerings nie sit agter al die wÍreld gebeure nie. Daar moet 'n weg gebaan word vir die antchris. Daar moet iemand op die toneel verskyn in die nabye toekoms wat 'n "oplossing" gaan bring vir al die wÍreld se probleme, finansieŽl, hongersnood, siektes ens. Ek dink hulle is besig om paniek onder die mense te saai wat nodig gaan wees vir die aanvaarding vir die antchris.

Willem
May 12th 2009, 06:07 PM
Dis oor mense die stories onthou , onbewustelik, want ons was te klein... van die groot griep epidemie.

Hoekom griep anders as malaria en aids is;

dis vinnig en dis 'n virus... as hy eers muteer soos die een van 1918 ? dink ek ... is dit net jou liggaam se God gegewe immunstelsel wat 'n kans het. ( dis nou uitgesluit gebed ) al ons merrisyne kan niks doen nie...

Almal het dit al gehad en dit kan jou in een of twee dae plat trek... as dit een is wat ons geen weerstand teen het nie , kan die plat trek permanent raak, en as gevolg van wereld wye vervoer en besigheid ens. kan dit in 48-72 uur wereld wyd versprei.

Dis soos spoedgrens... wie van ons ry ALTYD binne wet? ( hier is nou 'n preek oor gehoorsaamheid ) dit is maar een van daai dinge, tot jy die treffiek cop sien en jou hart so beat mis en jy skielik wonder hoe vinnig jy ry... aids ens is so, ons kan dit nie dadelik sien nie , so dis minder rerig in 'n sin vir ons?
Griep ken ons ons het ondervinding en sommer elke jaar vir party van ons.

:hmm:Gister in way of the master die spoed vergelyking gelees oor die wet en wat hy doen, nl sonde regtig maak vir ons en dit voor jou ophou saam met die gevolge daarvan en hoekom dit die "grond" van jou hart voorberei vir die goeie nuus se saad....as jy nie sondebesef het en berou het nie, is die evangelie dwaasheid vir jou... laat mens wonder oor hoe ons evangelisasie doen...