PDA

View Full Version : Sondes van die vaders



Mia Ashton
May 3rd 2009, 10:42 AM
Sondes van die Vaders
As wedergebore kind van die Vader glo ek dat ek gewas en beskerm is deur die Bloed van my Verlosser Jesus Christus.
Kortliks kan ek net verduidelik dat 'n paar maande voor my geboorte my vader in 'n mynongeluk dood is. My broer is op die ouderdom van 21 in 'n motorongeluk dood. My oupa aan moederskant, is 'n paar maande later ook in 'n motorongeluk dood. Vanaf 1983 tot met 1989 is drie van my vier kinders oorlede. My seun (1989) is in 'n motorongeluk dood op die ouderdom van 19. Hoekom ek hierdie vraag vra, is omdat tydig en ontydig mense vir my vertel dat ek moet gaan vir bevryding. Ek self glo dat ek dit nie nodig het nie, dat wat gebeur het slegs die toelatende wil van my Hemelse Vader was en later kan ek meer vertel oor die besondere pad wat Hy met my gestap het. Tog wil ek graag hoor of daar 'n moontlikheid is dat daar enige binding van enige aard kan wees. Ons voorouers was Christene, maar het hulle opgehou met toordery en waarse.
Dankie aan elkeen vir wie die Heer die kennis sal gee om vir my volkome gemoedsrus te kan gee.

Ta-An
May 3rd 2009, 12:01 PM
Sondes van die Vaders
Ons voorouers was Christene, maar het hulle opgehou met toordery en waarse. Mia :hug:

Eina! 3 kinders in ses jaar :o Ek is so jammer om dit te hoor :hug:

Ek glo dat mense eerder die veilige pad moet stap. Wanneer mens gaan om bloedlyn vloeke te breek, kan dit jou net tot voordeel wees, dit kan jou nie benadeel nie.

Met WaarsÍery en toordery gee mens 'n reg aan geeste in jou lewe, dus die reg aan hulle om jou lewe te affekteer en te beiinvloed, en die regte word in die bloedlyn oorgedra :mad:.

Gaan na mense wat weet wat hulle doen.

Jy kan dit self ook doen. Hoe sterk is jou wandel met die Here?

CFJ
May 3rd 2009, 12:43 PM
Hallo Mia,

In hierdie skakel is 'n draad waar ons dit bespreek het op Lighuis (http://bibleforums.org/showthread.php?t=116952&highlight=Bloedlynvloeke), wat jy gerus kan lees, klik net op die ligblou gedeelte. Daar is verskille van menings oor bloedlynvloeke, maar ek is in die groep wat glo dit bestaan nie meer nie. Een van die hoofredes glo ek, is die feit dat Jesus 'n oorwinning by die kruis oor satan behaal het. Satan is die vader van demone en ek glo nie mens hoef demoon vir demoon te bestraf nie, mens bestraf hulle vader, dan wyk hulle almal. In die Ou Testament het mens dit wel gekry, maar kyk gerus hierna...

Jer 31:27-34 AOV
(27) Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die huis van Israel en die huis van Juda sal besaai met saad van mense en van diere.
(28) En soos Ek oor hulle wakker was om uit te ruk en om te gooi en te verwoes en te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle wakker wees om te bou en te plant, spreek die HERE.
(29) In diť dae sal hulle nie meer sÍ nie: Die vaders het groen druiwe geŽet, en die tande van die kinders het stomp geword.
(30) Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word.
(31) Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda Ďn nuwe verbond sal sluit;
(32) nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op diť dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nieómy verbond wat hķlle verbreek het, alhoewel …k gebieder oor hulle was, spreek die HERE.
(33) Maar dit is die verbond wat Ek nŠ diť dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle Ďn God wees, en hulle sal vir My Ďn volk wees.
(34) En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sÍ: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

Lanie
May 3rd 2009, 02:25 PM
Hi Mia...

Ek is verskriklik jammer om te hoor van jou kinders se afsterwe. Ek is self 'n mamma en daar is bitter min dinge wat ek aan kan dink wat vir my erger sal wees as om 'n kind te verloor. :cry: :hug:

Persoonlik glo ek ook soos Ferdi dat wanneer mens weer gebore is, daar nie so ding soos 'n bloedlynvloek is nie. Die Here Jesus het 'n volledige genadewerk kom doen en as ek my gaan bekommer oor al die sondes in my eie voorgeslagte (homoseksualisme, molestering, egskeiding, drankmisbruik) en hoe dit my en my kinders negatief gaan beinvloed, dan ontken ek dat dit wat Jesus vir my aan die kruis gedoen het volledig en genoeg is. Mens kan nie die Here Jesus erken as jou Verlosser maar dan wanneer slegte goed in mens se lewe gebeur wonder of daar iets is wat gebind moet word nie. As wedergeborene is jy 'n nuwe mens en dus kan jou voorouers se sondes nie meer 'n vloek op jou lewe wees nie.

Ta-An
May 3rd 2009, 04:13 PM
Ek is bly dat ek van julle twee mag verskil... :D

Phil Fourie
May 4th 2009, 05:37 AM
Mia

Ons moet altyd onthou, dat die Here Jesus vir ons 'n volledige werk aan die kruis gedoen het, as jy waarlik wedergebore is, was die bloed van die Lam jou skoon en bevry jou totaal.

Groete
Phil

Mia Ashton
May 4th 2009, 09:19 AM
Baie dankie aan almal wat my geantwoord het. Dit wat ek in my hart geweet het, het julle aan my bevestig. Die dag toe my kleinseun gebore is, die enigste kleinkind wat ek ooit sal he, het ek werklik met smeking en gebed gevra dat alle bande, indien enige, nou verbreek sal wees en hierdie kosbare kleinkind en sy moeder bedek sal wees met die kosbare bloed van my Verlosser. Ek glo waarlik niks meer is nodig. Jesus se kruisdood is so volledig en my steun op Hom is so onvoorwaardelik dat ons in Hom nou veilig is. Tog wou ek hoor wat julle mense dink want daar is steeds mense wat my daaraan herinner dat my eie gebed nie genoeg is nie.
Ek is so bly ek het julle 'ontdek'. Dit voel of ek nou 'n
'homegroup' elke dag in my eie huis het.
Ek en my man is huisouers vir 35 volwasse breingestremde persone. Bid asb vir ons. Party dae is dit nogal moeilik, want hulle is soos kinders van 6 jaar oud. Ons plek se saam is Horizon Farm Trust en ek voel nogal soos Job. My Vader het nou vir my 'n klomp 'kinders' gegee (hulle noem my mamma Mia) en hulle speel tydig en ontydig die Abba liedjie vir my. Daar is ook diere op die plaas. So ek het nie net kinders bygekry nie, maar ook die hoenders, skape en perde.
Dankie en Jesusgroete aan almal.

CFJ
May 4th 2009, 09:42 AM
Mia,

Jy kan as jy wil, 'n draad of selfs meer drade oopmaak in die forum, Gebed, Getuienisse en Bediening (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=128), dan gee jy so bietjie meer inligting oor wat julle doen en ook raad aan ander mense. Baie kom lees hier en jy kan vir sulke mense baie beteken wat betref jou eie getuienis. VÍrder kan jy vir ondersteuning in gebed ook vra, soos wat jy gelei word.

Die Filadelfieer
May 4th 2009, 09:50 AM
Mia,
Baie welkom op Lighuis, en baie sterkte met die groot taak wat aan jou opgedra is. Van my kant af gaan daar verseker gebid word vir die hope krag wat jy op 'n daaglikse basis nodig het. Ek het bietjie gaan loer na julle webtuiste (http://www.horizonfarmtrust.org.za/) en dit lyk vir my asof julle baie hard werk om 'n verskil te maak !

protea
May 4th 2009, 12:24 PM
Mia,
Ek het sommer ORDENTLIK gaan loer wat julle op die plaas doen. Julle werk is AWESOME en beantwoord in SO n groot behoefte! Die eerste vraag wat by my opgekom het ,is : Hoe bring jy die Evangelie vir so n gestremde persoon met sy beperkte kennis en insig? :hug:

protea
May 4th 2009, 12:31 PM
Jy kan as jy wil, 'n draad of selfs meer drade oopmaak in die forum, Gebed, Getuienisse en Bediening (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=128), dan gee jy so bietjie meer inligting oor wat julle doen en ook raad aan ander mense. Baie kom lees hier en jy kan vir sulke mense baie beteken wat betref jou eie getuienis. VÍrder kan jy vir ondersteuning in gebed ook vra, soos wat jy gelei word.

Ferdie , ek is seker Mia sal nie omgee as jy die deel oor Horizon Farm Trust skuif as n aparte draad na Gebed , Getuienisse en Bediening nie? Want hieroor gaan nog baie 'gekonfereer' word! Baie dankie solank.

Ta-An
May 4th 2009, 05:24 PM
Baie dankie aan almal wat my geantwoord het. Dit wat ek in my hart geweet het, het julle aan my bevestig. Die dag toe my kleinseun gebore is, die enigste kleinkind wat ek ooit sal he, het ek werklik met smeking en gebed gevra dat alle bande, indien enige, nou verbreek sal wees en hierdie kosbare kleinkind en sy moeder bedek sal wees met die kosbare bloed van my Verlosser.. Nou, dit is al wat ek glo jy nodig het om te doen.... dit is die bloed van Jesus wat ons bevry :)........

Johnny
May 5th 2009, 05:44 AM
Eze 18:20 Die siel wat sondig, diť moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.
Eze 18:21 Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
Eze 18:22 Al sy oortredinge wat hy begaan het, sal hom nie toegereken word nie; deur sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal hy lewe.

Ta-An
May 5th 2009, 11:59 AM
Phil, jy het saam gestem dat Alkoholisme nie 'n siekte is nie, maar wel 'n onderdrukking :hmm:.... dit kan ek vir jou getuig is 'n bloedlyn vloek wat gebreek moet word.... ongelukkig kry mens mense wat 'n duiwel onder elke bos wil uitskop.... en vir hulle moet jy baie lig loop.....