PDA

View Full Version : Muggie 'torings'



protea
May 3rd 2009, 05:00 PM
Verlede Maandag , die 27 e April het ons tussen Wellington en Stellenbosch gery om ons student kinners weer in die 'paradys' te kry, toe ons die tientalle vaal vertikale strepe op lande en wingerde langs die pad sien. Aanvanklik het ons gedink dis warrelwindjies totdat ons deur een gery het en toe besef het dat dit insekte moet wees. Daar was geen wind nie en sulke tipiese bewolkte afsnylaag-toestande het geheers. Ek dink toe aan n rubriek wat ek oor die radio gehoor het van n een-dag-vliegie wat n bietjie groter is as n muggie waarvan sy hele lewenssiklus binne een dag geskied. Ons kon nie fotos neem nie , want die kamera wil nie op die 'torings' fokus nie. Het van julle manne en vrouens van die suide dit ook gesien ? Gelukkig is parstyd nou verby , maar o.a. word die Barlinka pakdruiwe nou ge-oes en ek hoop nie dat die druiweboere ge-affekteer word nie.