PDA

View Full Version : Help asseblief Gebede asseblief?



Lanie
May 4th 2009, 12:41 PM
Ek is al so moeg vir probleme en party dae voel dit vir my asof mense seker dink al wat by my mond uitkom is klagtes. So, ek probeer maar eerder my mond toehou as dit by mense kom en net al my bekommernisse na die Here toe te vat. Maar ek loop op die oomblik met 'n woede in my rond en ek het regtig nodig om net met iemand te deel en bietjie ander mense se perspektief te kry, en dalk 'n bietjie raad of bemoediging. :)

My man is prakties gesproke werkloos op die oomblik. Sy "vennoot" het langer as 'n jaar aan hom gekarring om deel van sy praktyk te word en allerhande beloftes en planne is gemaak.

Ons het toe alles opgepak, manlief het sy pos by 'n gevestigde maatskappy bedank, en getrek nadat ons (ek) daaroor gebid het en alles in die Here se hande gelaat het.

Toe manlief begin werk het in die praktyk en deur die klientebasis gaan, kom meneer toe met 'n skok agter dat sy praktyk toe nie so groot was as wat hy gedink het nie. Verder dra die huidige ekonomiese situasie ook by dat besigheid regtig stilstaan. Met die gevolg dat ons nou vir 'n tweede maand nie 'n sent inkomste gekry het nie. Gelukkig voorsien die Here so dat ons nog nie een aand met honger magies gaan slaap het nie, en hier en daar voorsien Hy 'n geldjie om sommige goedjies te betaal, maar ons is op die punt om uitgesit te word uit die huis wat ons huur, en die bank het gebel om ons enigste voertuig te kom haal.

En nou vertel meneer die vennoot vir my man dat hy vir hom 'n ander werk moet soek, en asseblief nie verder moet besigheid skryf nie, vir in geval dit verval nadat hy weg is, en dit dan uit sy eie sak moet kom. So maw, indien my man nie onmiddellik 'n ander werk kry nie, gaan ons nog 'n maand, of maande, sonder inkomste sit. (Dit terwyl die ander ou gemiddeld R140 000 'n maand huis toe vat. :B)

My man en ek het albei ons cv's uitgestuur na 'n klomp plekke en wag en bid nou vir uitkoms. Die kans is ook baie groot dat ons weer na 'n ander dorp/stad gaan moet verhuis, en dit maak my ook ongelukkig want ons kinders het so goed aangepas in hulle nuwe skool en ons het 'n gemeenskap van gelowiges gevind waar ek werklik gelukkig is, welkom voel, goeie lering ontvang en geestelik groei, en waar my man ook vir die eerste keer in 'n baie lang ruk 'n mate van geestelike groei toon.

Ek vra asseblief vir julle gebede vir ons, vir my en my man vir werk, blyplek en vervoer. En ook vir die verwyt en woede wat ek op die oomblik in my het. Ek voel so ongelukkig met hierdie man, wie nogals 'n uitgesproke christen is.... Ek weet ek moenie kwaad wees nie en net op die Here bly vertrou maar dit voel op die oomblik of die lewe net een klap na die ander aan ons uitdeel.

Ek weet die Here laat alles te goede meewerk vir diť wat hom liefhet en ek onderwerp my geheel en al aan wat Hy beskik. Ek vra net vir 'n paar ekstra gebede van my boeties en sussies hier........:) :hug:

CFJ
May 4th 2009, 12:55 PM
Lanie,

Die eerste gedagte wat by my opkom toe ek nou hier lees, is dat alles gaan oor 'n man se hart wat verkeerd is. As sy hart genees kan word, is daar klaar meer hoop. My gebed is ook dat die Here hierdie vennoot se hart sag sal maak en sy hart sal rig om julle tot seŽn te wees. As die deur egter toegemaak word, wees verseker 'n ander deur sal oopgemaak word, want Jesus se eie woorde sÍ dit! En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle Ďn ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wÍreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
(Joh 14:16-18 AOV)

Iets anders wat mens voor moet bid is dat daar nie verbittering by julle kom nie, dat julle nie moed verloor nie en dat julle moet vashou aan die hoop wat altyd beskikbaar is. Sterkte vir julle... :hug::pray:

Gene
May 4th 2009, 01:42 PM
Hi Lanie

Ek wil net so bietjie van my eie ondervinding met jou deel, om te illustreer dat ek presies weet waardeur julle gaan (wat bitterheid en woede betref) Ek het 'n goeie pos by 'n baie groot landboumaatskappy gehad, met 'n goeie salaris en byvoordele. My pos in 2004 afgeskaf en ek het was skielik sonder werk, maar met beloftes van 'n heraanstelling sodra 'n geskikte pos oopgaan. As gevolg van een man se selfsugtigheid / inhaligheid (noem dit wat jy wil) is ek toe nooit heraangestel nie en toe ek begin aandring daarop, het hierdie persoon hom vervies omdat ek die wereld vir hom warm gemaak het en my in soveel woorde beloof het dat hy sou toesien dat ek nooit weer vir die maatskappy sou werk nie. Sonder om op detail in te gaan, kan ek net se dat hy wel op 'n baie onetiese wyse daarvoor gesorg het dat ek nie weer aangestel sou kon word nie.

Die gevolg is dat ek lank werkloos was en myself vandag, net bietjie meer as tien jaar voor aftree ouderdom, in 'n baie benarde posisie bevind, met skaars genoeg geld om te oorleef. (Iemand van my ouderdom kry nie werk nie, ongeag uitstekende kwalifikasies, ondervinding en diensrekord) Ons is skielik behoeftige mense wat van tyd tot tyd in ander se oe moet kyk om te oorleef (wat vir my bitter moeilik is...) Ek het byna alles verloor. Daar is geen pensioen of medies nie. Ek ry 'n 12 jaar ou motortjie wat besig is om kennis te gee, dra tweedehandse klere en het drie jaar laas uitgeeet.....

Maar ek kla nie. Die Here is goed vir my. Ek het 'n werk, en 'n dak oor my kop. Ek het nog nooit honger gely of koud gaan slaap nie. En geestelik was ek nog nooit so naby die Here nie. Ek het geleer wat nederigheid, en vertroue beteken. En ek het 'n wonderlike vrou en dogter.

Waarom vertel ek dit vir jou? Net om te se, ek weet waardeur julle gaan. Ek ken die bekommernis oor die dag van more, die vrae in jou gemoed, en veral die magtelose woede en bitterheid. Ek moes leer om te vergewe - en om op die Here te vertrou vir oorlewing. En al verstaan ek steeds nie waarom ek die pad moes loop (en steeds loop) nie, het ek groot vrede in my gemoed. Die Here weet wat Hy doen, en as Hy toegelaat het dat hierdie dinge met my gebeur, dan sal Hy weet hoekom. As dit Sy wil is, kan en sal Hy my omstandighede omkeer, al lyk dit vir my menslik onmoontlik. En as dit nie Sy wil is nie, dan aanvaar ek dit ook blymoedig. Die Here maak nie foute nie.

Lanie, hoor my as ek se dat ek aan julle dink en dat ek verseker vir julle sal bid. Sterkte vir die pad vorentoe!

Die Filadelfieer
May 4th 2009, 02:00 PM
Lansters,
Ek sal verseker vir jou bid. Die huidige ekonomie het werk net nog skaarser gemaak, en die een besigheid na die ander maak toe, selfs die maatskappy waar ek werk wat tradisioneel baie goed doen trek swaar op die oomblik. Ek weet van niemand wat 100% verseker van sy of haar werk op die oomblik is nie. Ek dink daar gaan nog heelwat van ons in dieselfde situasie beland waar julle nou is, en ek kan maar net hoop en bid dat almal so sterk deur dit gaan wees soos wat jy en Gene is.

marline
May 4th 2009, 05:09 PM
Lanie en Gene, Ek is so bitter jammer om te hoor van julle nood. Ek :pray: vir julle, en dat uitkoms spoedig oor julle pad sal kom. :hug::hug: vir julle

Ta-An
May 4th 2009, 06:42 PM
. (Dit terwyl die ander ou gemiddeld R140 000 'n maand huis toe vat. :B)
Maar vennote vat mos dieselfde bedrag huistoe?? :hmm:

As hy jou man 'n werk aangebied het, dan moet hy met 'n salaris bykom...

Lanie
May 5th 2009, 06:31 AM
Maar vennote vat mos dieselfde bedrag huistoe?? :hmm:

As hy jou man 'n werk aangebied het, dan moet hy met 'n salaris bykom...

Exactly, my man is nŪe 'n vennoot in die besigheid nie! Sien An, die saak staan so.... hy het iemand gesoek om sy risiko besigheid oor te vat en die bestaande kliŽntebasis te ontgin omdat hy nie daarby kon uitkom nie, sodat hy net op beleggings kan konsentreer. Die probleem is dat hy nie sy kliŽnte doeltreffend gediens het nie. So die 1500+ kliŽnte waarmee hy gespog het en vir my man op 'n skinkbord aangebied het, is nie naastenby soveel nie omdat baie beter diens gaan soek het. En wanneer my man deur die basis werk sal hy kom en al die groot kliŽnte se risikodekking dan self wil doen omdat hulle konsuis nie met iemand anders sal werk nie. Dit nadat hy gesÍ het my man neem die risikodekking en boedelontledings oor. Daar was ook beloftes van 'n aandeel in die besigheid en hy het selfs beloftes gemaak dat as ons nie na 'n jaar al ons skuld afbetaal het nie, sal hy dit wat oor is afbetaal.

Ons is besig om so 'n weersin in geld te ontwikkel omdat ons nou 'n goeie voorbeeld gesien het van wat rykdom aan 'n mens kan doen.... En 'n salaris sal hy nie betaal nie, An.... as hy met R20 000 'n maand minder moet klaarkom sal hy nie kan slaap nie. Hy vertrou niks en niemand behalwe sy geld nie... dis tragies.:(

Johnny
May 5th 2009, 09:26 AM
Psalm 118:8
Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.

Lanie, sonder om te herhaal wat Gene gesÍ het, was ek, en ook menige boeties en sussies deur die beproewing van die Here. Ons sal sekerlik ook nog voorentoe beproef word.

Pastoor Dries het 'n sÍ ding:
"Maak die Here jou eerste toevlug...en nie jou laaste uitweg"

Ek weet jy is 'n kind van die Here, en juis daarom kan jy die versekering hÍ dat Hy sal voorsien, al is dit net brood op die tafel. Hy verander ook alle slegte dinge in goeie.:pray:

protea
May 5th 2009, 01:29 PM
Lanie , ek het nie woorde nie! Ons bly bid vir jou! n Gedagte wat by my opkom is : Die OOMBLIK wat jy hierdie kis vol 'wurms' vir die Here gee (en ek bedoel GEE en nie weer kom haal nie!) stel dit God se masjienerie in werking en SAL die uitkoms kom. Menslik gesproke het ek nie raad nie ,MAAR my God se planne het nog nie eers BEGIN nie! Hou net vas aan Jesus! Ons Rots en Verlosser! Hy SAL julle NIE in die steek laat nie!:hug:

Ta-An
May 5th 2009, 04:14 PM
So die man het eintlik net 'n goeie sekretaresse gesoek en jou man met 'n slap riem gevang :B

paidforinfull
May 6th 2009, 02:14 AM
Lanie, ek lees nou eers hierdie draad, en ek is sommer saam met jou ontsteld oor die storie. Mens kan nie dink dat Christene hulle boeties en sussies so kan indoen nie!!

Ek bid vir julle vir uitkoms - mag die Here julle genadig wees en spoedig vir julle ander deure oopmaak.

:hug:

miepie
May 6th 2009, 02:18 AM
Ek bid vir julle! :hug: :pray: :hug:

Baie veel liefde,
Mieke :kiss:

Lanie
May 6th 2009, 06:22 AM
Vreeslik baie dankie vir almal wat vir ons bid. Dit is regtig 'n troos om te weet daar is mense wat vir jou omgee en jou nie weggooi as dit moeilik gaan nie.

Ek het die heeltyd nog 'n vermoede dat die Here se plan is om al hierdie dinge te gebruik om my man tot volle oorgawe te bring. En die laaste paar dae kan ek hoor sy brein werk oortyd, hy bevraagteken skielik goed en is regtig eintlik net nie homself nie en gister het hy iets gesÍ wat my eintlik uit my vel wou laat spring.

Hy het probeer reŽl dat die bank ons net moet 2 weke kans gee voor hulle ons bakkie kom haal, maar hulle wou nie byt nie, so ons gaan nou defnitief sonder vervoer sit. My man is verskriklik lief vir 4x4 ry en sy bakkie is sy trots. Hy het ure en ure en baie liefde in die ding ingesit. Ons vrouens verstaan nou nie eintlik nie, maar dalk verstaan die mans hoe 'n man oor sy bakkie voel...:rolleyes:

In elk geval, hy sÍ toe vir my dat hy net die vorige dag vir iemand gesÍ het, hy het niks meer nie, alles waarop hy so trots was en waarop hy geroem het, soos sy goeie naam en sy goeie kredietrekord is daarmee heen. Alles waarvoor hy gewerk het, het hy verloor. Al wat hy nog oorhet waarop hy trots is en waarvoor hy lief is, is sy bakkie. (Ek praat nou van goeters - hy is nog baie lief vir ons, moenie worry nie...;) ) En wraggies waar, dit gaan hy nou ook verloor. Toe sÍ hy gister vir my hy begin besef net dat al hierdie dinge moet gebeur sodat hy moet besef dat mens aan niks in hierdie lewe moet vasklou of op enige iets moet staatmaak of roem behalwe op God nie. En dat hy eintlik wil sien hoe ver hy kan gaan met niks nie, en net met God om aan vas te hou. Die Vader is besig om 'n werk in hom te doen. Ek moet net leer om terug te sit en op Hom te vertrou, want Hy is in beheer en het 'n groter plan met dit waardeur ons nou gaan.

O ja, ons hondjie, Jessie het gisteraand weggeraak toe die mense wat die woontstel agter ons huur, ons hek oop vergeet het. So vanmiddag as my poppe by die huis kom gaan dit 'n tranedal wees. Dink maar aan my......:(

Gene
May 6th 2009, 06:40 AM
In elk geval, hy sÍ toe vir my dat hy net die vorige dag vir iemand gesÍ het, hy het niks meer nie, alles waarop hy so trots was en waarop hy geroem het, soos sy goeie naam en sy goeie kredietrekord is daarmee heen. Alles waarvoor hy gewerk het, het hy verloor. Al wat hy nog oorhet waarop hy trots is en waarvoor hy lief is, is sy bakkie. (Ek praat nou van goeters - hy is nog baie lief vir ons, moenie worry nie...;) ) En wraggies waar, dit gaan hy nou ook verloor. Toe sÍ hy gister vir my hy begin besef net dat al hierdie dinge moet gebeur sodat hy moet besef dat mens aan niks in hierdie lewe moet vasklou of op enige iets moet staatmaak of roem behalwe op God nie. En dat hy eintlik wil sien hoe ver hy kan gaan met niks nie, en net met God om aan vas te hou. Die Vader is besig om 'n werk in hom te doen. Ek moet net leer om terug te sit en op Hom te vertrou, want Hy is in beheer en het 'n groter plan met dit waardeur ons nou gaan.


Amen! Dis nie lekker wanneer die Here met jou besig is nie....... toe Paulus Hom op die Damaskuspad ontmoet, was Sy woorde : "Dis vir jou hard om teen die prikkels te skop..... jy maak net jouself seer. Wanneer gaan jy dit besef?" Hiervan kan ek ook persoonlik getuig. Om alles wat enige aardse waarde het, te verloor, is bitter moeilik om te verwerk - veral as jy die broodwinner is en 'n gesin het om voor te sorg. Maar die Here het 'n manier om 'n mens aarde toe te bring. Hy het my totaal en al losgemaak van aardse besittings, omdat my besittings, en my (valse?) sekuriteit te belangrik geword het. Vandag het ek niks meer om op terug te val nie, behalwe om my oe op die Here gevestig te hou en op Hom te vertrou. En as ek terugkyk, kan ek sien waarom ek die pad moes loop. My denke moes verander, sodat ek kon besef dat hierdie aardse lewe nie belangrik is nie - ek is hier omdat Hy my hier wil gebruik en dis al. Ek moes leer om skatte in die hemel bymekaar te maak, waar niemand dit van my kan wegneem nie. Dis nie 'n maklike pad nie (ek sukkel na vyf jaar steeds....) maar ek loof die Here daarvoor! Ek dank Hom dat Hy my nie maar net gelos het nie, maar dat Hy ingegryp het, al was dit op 'n harde manier, om my tot inkeer te bring.

Lanie, ek bid dat die Here se volmaakte wil in julle lewens tot uiting sal kom. Onthou ook dat wanneer die Here een deur toemaak, Hy altyd 'n ander deur oopmaak.... (dis net nie altyd die deur wat ons graag oop sou wou he nie.)

Sterkte ook met die hondjie.

Lanie
May 6th 2009, 07:16 AM
Dankie oom Gene...:hug: Ek waardeer regtig julle almal se ondersteuning verskriklik baie....

Mia Ashton
May 6th 2009, 08:37 AM
Liewe Lani
Ek is maar net 'n nuweling op hierdie wonderlike webwerfie van Jesus, maar ek het vir my dogter van jou vertel. Sy het deurgemaak wat julle nou deurmaak. Haar man wat heelwat ouer as sy is, het ongeveer 'n jaar gelede 'n beroerte aanval gehad en is nou gladnie meer die man met wie sy 5 jaar gelede getroud is nie. Sy self is 'n diabeet sedert sy een jaar oud was. Sy is nou 42. Haar man het hulle besigheid en geldsake ongelooflik opgemors en haar taak nou is om daardie besigheid reg te ruk, na hom om te sien en vir sy ouers wat diep in die 90 is te versorg. Sy het ook 'n seun van 15 jaar oud. Haar omstandighede was haglik. Ek het aansou hoe dat my kind in hierdie jaar dag na dag veg met elke greintjie krag in haar. Somtyds was die wanhoop so groot dat sy vir my gese het sy weet die Heer gee nie meer vir haar om nie. Ek het geweet (en sy) dit is nie waar nie, maar al wat ek kon doen was bid en bid en pleit en huil by ons Vader. Toe kom die deurbraak. Sy het soos jou man besef dat sy niemand, maar niemand kan vertrou of op staaatmaak, behalwe op ons Heer. Haar woorde vanoggend aan my was om vir jou te se, toe sy heeltemal leeg was en net bitter trane gehad het, sy dit as offer aan God gegee en bely dat sy nou alles, maar alles in Sy Hand oorgee. Sy het weggedraai van die put van verbittering teenoor haar man wat hulle finansies so wanbestuur het, hom vergewe, gevra dat die Heer haar sal vergewe dat Sy meer op mense staatgemaak het as op Hom en begin om Hom te loof vir dit wat nog oorgebly het vir hulle as gesin.
Dit is geen maklike pad nie Lani, maar jy is hierdie wonderlike vrou wat God vir jou man beskik het, en weet ek en my dogter bid elke dag vir julle. Mag Sy Vrede en Liefde jou omvou en mag jy elke aand wanneer jy jou kop op jou kussing neerle weet dat Hy wat jou meer liefhet as die lewe self by jou is. Sterkte vir julle as gesin.

Lanie
May 6th 2009, 08:46 AM
:cry: :cry: :cry: ........... :hug: Dankie Mia. SÍ asseblief vir jou dogter ek sÍ dankie en sterkte ook vir die pad wat sy moet stap....

Lanie
May 6th 2009, 12:42 PM
Okay, ons het ons Woef teruggekry....:pp

Die Filadelfieer
May 6th 2009, 12:56 PM
Okay, ons het ons Woef teruggekry....:pp

Nou kan jy hom gaan omruil vir 'n beter woef ! Jipeeee ! (Net Duitse Herders tel vir beter woefe )

Phil Fourie
May 6th 2009, 12:59 PM
Wat jy waar kry, hoe groeter en hoe swarter, hoe beter :lol:

lukeskywalker
May 12th 2009, 05:15 PM
Lanie, ek hoop dit gaan al klaar beter met julle, maar hier is 'n paar verse van bemoediging uit Psalm 34

Vers 6 tot 11:

6
Diť wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.

7
Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered.

8
Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom diť wat die Here dien, en red hulle.

9
Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.

10
Julle wat aan die Here behoort, dien Hom! Wie Hom dien, het geen gebrek nie.

11Selfs leeus ly gebrek en kry honger, maar wie die Here se hulp vra, kom niks kort van al die goeie dinge nie.

Psalm
May 12th 2009, 07:57 PM
Hi Lanie,

dis nie lekker om te hoor hoe dit met julle gaan nie, en ek het nie rerig bemoedigende woorde nie, ek self was nog nooit in so situasie nie maar ek kan wel vir jou dit sÍ, dat soos Prediker sÍ, alles is 'n gejaag na wind, maar die hoofsaak van alles wat hy sÍ (Lees gerus Prediker deur) is: Vrees God en hou sy gebooie - Ons weet dat in die Liefde word die hele gebod vervat.

Dan ook met Job, sy begin was beter as sy einde, inderdaad, God het dit verdubbel - Nou daardeur probeer ek nie om jou hoop vir besittings en hoŽ verwagtinge te gee nie, maar net die krag van God uit te wys.
Dalk gaan julle fisiese einde nie soos Job se fisiese einde wees nie - nl. beter af finansieel nie, dalk selfs slegter af, maar 'n baie belangrike punt wat Job uit die hele situasie geleer het is dit:
Job 42:5 "Volgens hoorsÍ het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien."

En soos ek jou posts gelees het, blyk dit asof dit al in vervulling in jou man begin.
Hoe het Dawid gesÍ?
Ps 119:67-71

Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord. U is goed en doen goed; leer my u insettinge. Vermeteles het my leuens toegedig; maar ťk bewaar van ganser harte u bevele. Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ťk verlustig my in u wet. Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer.

Ek sal vir julle bid en intree dat Vader se reg en geregtigheid sal geskied in julle lewens!

Hier kom nou die moeilike deel:
Vergeef en spreek vry, bid vir daai man, moenie kwaad vir kwaad vergeld nie - dis die werk van die duiwel, maar oorwin die kwaad deur die goeie. Seen die wat julle vervloek en onthou, die wraak kom God toe.
Sien nie die man raak as die vlees en bloed wat dit teen julle doen nie, maar sien die kleed van sonde raak, en dan sal julle ook beter verstaan dat die stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose geeste in die lug.
Daai man kan tot bekering kom, 'n Ware bekering, so bid vir hom, nie sodat hy julle dalk kan genadig wees en dan finansieel in geregtigheid dan kan help nie, dis wat God sal onder andere kan doen, maar terwille van die Gebod van God om ons naaste lief te hÍ. Dis tog wat Vader vir ons gedoen het, toe ons nog in sonde was het Hy ons eerste liefgehad.
Rom 5:7-8
Want nouliks sal iemand vir Ďn regverdige sterwe vir Ďn goeie mens sal iemand miskien nog die moed hÍ om te sterwe maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Sterkte en hou moed, vertrou op Vader, deur die goeie en slegte tye!

Sien dit ook as 'n beproewing, nie dat God julle beproef nie, dis nie God wat ons beproef nie, maar hoe wonderlik sal dit nie wees as julle die beproewing kan deurmaak in die Gees nie!

Hou ons op hoogte van julle sake asb.

CFJ
May 13th 2009, 08:53 PM
Hier is ietsie moois wat op die man-af, reguit en maklik is om te verstaan. Ons almal soek eintlik maar net sekuriteit!

In die vrees van die HERE lÍ ‘n sterk sekerheid, ook vir die kinders van ‘n sodanige sal daar ‘n toevlug wees. Die vrees van die HERE is ‘n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.
(Spr 14:26-27 AOV)

protea
May 15th 2009, 08:03 AM
Jan Moller Karrooboer/sanger en sy vrou Chante Hinds se oudste seuntjie , Daniel, het gistermiddag laat verdrink. Die kleinding was skaars 2 jaar oud. Chante was n dekade of meer gelede , toe SABC nog SAUK was n kontinuiteits aanbieder van Goeie More SA. Ek weet niks detail verder nie en die 'hoe en wanneer en waar' is nie nou ter sake nie Ek vra asb vir gebede vir hierdie platgeslaande familie.:pray::pray::pray:

Die Filadelfieer
May 15th 2009, 08:17 AM
Hallo Protea,
My gebed is by die Mollers, 'n kind se dood vat aan 'n mens anders as 'n grootmens sinne.
Dalk is dit sinvol om hierdie versoek in 'n nuwe draad te plaas ?

protea
May 15th 2009, 09:16 AM
Fila , ek weet nie hoe om n klaar geplaasde pos na n nuwe draad te skuif nie. Sal jy dit nie vir my doen nie asb?

Lanie
Jun 5th 2009, 07:04 AM
My man gaan vanoggend vir 'n werksonderhoud. Bid asseblief dat die Here se wil sal geskied. Dan wil ek net deel dat die Here regtig vir ons ongelooflik voorsien het deur ander kinders van Hom en kon ons ons huur wat agterstallig was betaal het. Ons het ook uiteindelik 'n ander blyplekkie gekry waarmee ons gelukkig is. Dis baie kleiner maar baie goedkoper en baie veiliger plus ek het 'n groot stuk grond waar ek 'n groentetuin en kruietuin kan begin (waarna ek vreeslik uitsien) Dis loopafstand van ons kerk af so ek gaan nie meer 'n probleem hÍ om ons vroue biduur by te woon omdat ek nie vervoer het nie. En dan het my skoonpa sy bakkie vir ons vir 'n onbepaalde tyd geleen totdat ons weer ander vervoer het.

Dankie vir almal se gebede wat ons dra.......:hug:

protea
Jun 5th 2009, 07:46 AM
Ons Hemelse Vader,
Ons dank U vir U groot ontferming oor Lanie en haar hele gesin. Dankie dat U vir hulle veilig in die holte van U Hand hou en dat niks met hulle sal gebeur wat nie U heilige wil is nie. Dankie ook vir voorsiening in n baie donker tyd in hulle lewens. Dankie dat ons van U mag vra en dat U so wonderbaarlik voorsien in alle lewensmiddele omdat U weet wat ons nodig het nog voordat ons U vra. Ons prys U heilige Naam bo alle name! In die Naam van Jesus vra ons dit. Amen

MercyChild
Jun 5th 2009, 09:39 AM
Hi Lanie

Ek kan saam met jou voel oor die hele episode wat julle deurmaak, en bitterheid neem soms tog so maklik in ons harte toe, maar daar is 'n skriffie wat lees: Bewaar julle hart meer as alles.......dis erens in spreuke dink ek.

Lanie wat my hoop gegee het in my eie omstandighede is Prediker 3 wat se elke ding het 'n bepaalde seisoen, en net so in ons eie lewens gaan ons maar seisoene deur.

Miskien is jy nou in herfs waar die winde julle alle kante rondwaai en jy weet nie werklik in watter rigting jy is nie, of dalk miskien soos ons soms voel met koue in ons hart is ons dalk in die seisoen van winter in ons harte. Dan is daar ook nog die seisoen van reen waar die voel of ons hele wereld op ons "crash". Maar die belangrikste van alles wat ek in sig probeer hou is na al die seisoene kom die seisoen van sonskyn. En dis is waaraan ons moet vashou.

Ek verstaan die omstandighede is genoeg om mens bitter, teleurgesteld en kwaad te laat voel, en dan ook nog die frustrasie. Maar God ken die planne wat Hy aangaande jou en jou gesin koester. Ek bid dat Hy eers sal begin om jou hart te verpleeg en die trane af te vee, maar ons beide weet dat Hy sal deurkom....Seisoene is net 'n kwessie van tyd, maar 'n seisoen het 'n bepaalde tyd en niks wat ons doen of se kan enige iets daaraan verander nie. God sal die son weer laat skyn!:hug:

Mia Ashton
Jun 5th 2009, 03:11 PM
Lanie,

Wil net se vandag het ek heeldag aan jou gedink en as ek dink het ek gebid. Wonderlik is die uitkoms wat die Vader op Sy tyd vir ons gee. Ek bid vir jou en jou gesin die keur van sy seeninge en dat jy wat so 'n wonderlike kind van Hom is, Sy Vrede in jou hart sal ervaar.:pray:

Liefde
Mia

manieverster
Jun 5th 2009, 07:42 PM
Lanie, kyk nou hoe wonderlik werk ons God. Klaar is daar sommer 'n klomp mense wat vir julle bid, Ek bid ook vir julle en ek weet ook wat jy deurgaan. Ons het twee jaar gelede ons huis wat ons nou in bly gekoop en die paaiement is nogal fris. Ek en my vrou werk altwee anders kan ons nie die huis bekostig nie. 6 maande na ons die huis gekoop het verloor sy haar werk. Ek het met die Here geworstel want ek het gedink dat ons ons huis gaan verloor. Ek het menigmaal van die werk af huis toe gery en met Hom baklei. Ek het Hom gesoebat, gesmeek, gedreig (nie ooit gedink dit sal werk nie) en deur alles was die les wat ek moes leer volslae vertroue in God. Ek moes al my besittings, my huis, my kar en my familie in Sy Hande plaas en Hom vertrou daarmee. Ek moes terugstaan en se Here nou laat ek dit in U hande. Dit was moelik en tot vandag weet ek nie of ek dit heeltemal reggekry het nie. My vrou het na nege maande, vele dreigemente van die bank om ons huis op te veil, dreigemente van die stadsraad om ons krag af te sny en ander skuldeisers, weer werk gekry. Weet jy hoe wonderlik het die Here gewerk Lanie. Die bank het bly dreig en ek kon nie meer nie. Ek het vir die Here gese: Vat asb oor want ek het nie meer raad nie. Eendag toe bel iemand van die bank my vrou en sy praat mooi en die persoon se: Moenie worry nie. As julle net 3 maande se paaiement voluit betaal (opgegaan met amper 2000 Rand sedert ons gekoop het) sal ek die agterstallige bedrag (R 55000) terugskryf in jou verband en jou paaiement sal met +- R100 opgaan. Ons se toe asseblief tog ja, laat ons dit doen. Dis gedoen Lanie en hierdie maand is die eerste maand wat ons weer 'n bietjie kan asemhaal. Nog iets, ek, my vrou en haar seun betaal elkeen hulle deel van die verband. Ek wag dat hulle hulle deel inbetaal en dan betaal ek die verskil want ek moet nog die krag betaal en ander goete. Woensdag bel die bank my en voor die man nog iets kan se se ek vir hom: Moenie worrie nie ek het net vergeet ek sal nou my deel inbetaal en hy se vir my Nee meneer, ek wil net se dat jy R99.00 te min betaal het hierdie maand. Ek se onmoontlik ek moet nog ten minste R900 betaal. Hy se nee jou paaiement het afgekom met die rente koers en Lanie, ek kry hoendervleis en ek kan nie help om te huil nie maar my paaiement is terug waar hy was twee jaar gelede. Prys die Here.
Lanie, gaan maak 'n lysie van al jou aardse besittings, die wat vir jou die aller belanrikste is en wat jy definitief nie wil verloor nie. Vat daai lysie en gee dit vir die Here en se vir Hom dat jy geen manier het om dit te spaar nie. Se vir Hom dat Hy wat Almagtig is weet wat om te doen daarmee en laat God toe om hiervan af die besluite oor jou aardse besittings te maak. Ek bid vir jou my liewe sussie met trane in my oe.:pray::pray::pray::cry::cry:
PS. Jammer dat ek so lank gevat het maar het jou pos eers vanaand gesien

Karen1
Jun 6th 2009, 04:12 PM
Helo Lanie,

Wonderlik dat ek net 'n besoeker hier was en moes toe jou storie eerste raaklees. Ek glo daar is altyd redes vir alles omdat God ons lewe reeds vir ons beplan het voor ons nog in moederskoot was. Ek voel dat dinge met mens gebeur omdat God dit so vir jou wou he met rede. Al gebeur iets negatief met jou is dit omdat jy soveel meer raaksien wat God dan vir jou beteken. Dit is wonderlik dat jy soveel mense het wat reeds aan jou dink in gebed. Baie sterkte en ek glo dat God julle al hierdie dinge laat deurgaan met 'n doel.

Groete in Sy naam
Karen1

Karen1
Jun 6th 2009, 04:18 PM
Bly om te hoor die hondjie is terug en die kindergesiggie glimlag...want nou glimlag Pappa en Mamma ook...net soos die hondjie teruggevind is sal redes vir als wat jul moet deurgaan ook gevind word...

Lanie
Jun 6th 2009, 05:26 PM
Dankie Karen. :hug: Welkom by Lighuis. Ek hoop darem jy is meer as 'n besoeker..... gaan stel jouself voor in die Nuwe lede draad sodat ons jou ook beter kan leer ken, toe?

Willem
Jun 6th 2009, 07:39 PM
Hi Lanie,

dink aan jou en familie, dankie vir die heads-up, sal bid elke keer as ek aan julle dink, ( jy weet ons mans het soms 'n HINT nodig :lol: ) sal nou mooi weet dis die Gees wat my help en aampor... soos jy weet leer ek ma nog.

Sal graag hoor wanneer Sy wil wel geskied het en hoe julle daarvan sal getuig.:hug:

Hennie du Buisson
Jun 8th 2009, 01:41 PM
Hi Almal

Ongeveer 'n week voordat ek begin het met die ophou rook, het ek begin om 'n paar positiewe belydenis preke te luister. Ek het besef dat een negatiewe woord, en dan sit ek in sak in as.

Een tema het my getref, 2 Konings 4 vanaf vers 8, ek haal so 'n paar kern gedagtes uit:-

Toe die Sunamietiese vrou se man haar besluit wil bevraagteken, het sy gesÍ "moenie bekommerd wees nie."
Vir Gehasi het sy gesÍ dit gaan goed, alhoewel haar seun pas dood is.
Toe Elisa vir Gehasi stuur om na die kind te gaan, het die Sunamietiese vrou steeds aangedring op die man van God se teenwoordigheid by haar seun.
Wanneer mens in 'n stryd geworstel is,

Wanneer julle beproef word, ag dit loutere vreugde. (Ek is al 10 jr. sonder werk)
Ek het onlangs werk gekry , maar dit gelos, my rede was "Soek die Koningkryk van God eerste, en al hierdie ding sal dan vir julle gegee word", (al vat dit my hele lewe lank.)
Nou het ek opgehou rook, en ek wil die kop wees en nie die stert nie. Ek wil my eie ding doen, nie iemand anders se werk nie. Al Sy beloftes dui op die beste, nie 2de beste nie.
Ek verwag beter, want almal in die Bybel wat fouteer het, het 'n tweede kans gekry, en die tweede was beter as die eerste. Vergelyk gerus:-

Salomo het met sy 2de kans meer Filistyne gedood as in sy hele lewe.
Koning Dawid het 'n 2de kans gekry na moord.
Simon Petrus het 'n 2de kans gekry, nadat hy Jesus verloŽn het. Hy het na die verloŽning weer gaan visvang, dus homself onttrek van dit wat hy gehad het.
Job het 'n 2de kans gekry.
Abraham het ook, met die 2 seuns en die belofte na elkeen.

Vir almal hierbo genoem, het die Here uitkoms gegee. Vir Job moes Hy letterlik sÍ wat om te doen, Dawid het geweet wat om te doen.


So, Lanie, geluk met julle 2de kans, my ou suster, dit lÍ en wag vir jou, jy moet dit net gaan haal. Jy weet, jare lank wou ek platteland toe, en ek bid en vra vir die see, en uiteindelik raak ek desperaat en vra enige plek. 1 Maand later, en nou bly ek lekker in Noord Wes.

Mag die opgewondenheid aan jou vasklou, sien die land van melk en heuning met die oŽ van Kaleb, dink aan jou God saam met wie jy 'n bende storm loop, en met wie jy oor 'n muur spring. En vergeet geeneen van sy weldade nie. 'n Groot en Gedugte God is Hy. Hy wat dinge wat nie bestaan nie, roep asof dit bestaan. En Hy sÍ "daar staan my broers en susters." Tja, ......

Met my ophou rook, het die vers "bid sonder ophou" nuwe betekenis gekry.

Sterkte
Hennie

As jy snags wakker lÍ, hou op skape tel, praat! met die HERDER.
 
 

protea
Jun 9th 2009, 09:14 AM
Hennie, jy is saam met n hele paar ander deel van ons gebede al vir n hele paar weke. En dis kosbare raad waarmee jy jou brief mee afsluit. Ons moet minder OOR Jesus praat en meer MET Hom!:pray: Sterkte. Ons bly bid vir jou ook!

CFJ
Jun 9th 2009, 09:22 AM
Wanneer julle beproef word, ag dit loutere vreugde. (Ek is al 10 jr. sonder werk)
Ek het onlangs werk gekry , maar dit gelos, my rede was "Soek die Koningkryk van God eerste, en al hierdie ding sal dan vir julle gegee word", (al vat dit my hele lewe lank.)
Nou het ek opgehou rook, en ek wil die kop wees en nie die stert nie. Ek wil my eie ding doen, nie iemand anders se werk nie. Al Sy beloftes dui op die beste, nie 2de beste nie.
Ek verwag beter, want almal in die Bybel wat fouteer het, het 'n tweede kans gekry, en die tweede was beter as die eerste. Vergelyk gerus:-

Salomo het met sy 2de kans meer Filistyne gedood as in sy hele lewe.
Koning Dawid het 'n 2de kans gekry na moord.
Simon Petrus het 'n 2de kans gekry, nadat hy Jesus verloŽn het. Hy het na die verloŽning weer gaan visvang, dus homself onttrek van dit wat hy gehad het.
Job het 'n 2de kans gekry.
Abraham het ook, met die 2 seuns en die belofte na elkeen.

Vir almal hierbo genoem, het die Here uitkoms gegee. Vir Job moes Hy letterlik sÍ wat om te doen, Dawid het geweet wat om te doen.






Dankie vir die stukkie Hennie, dit is iets wat ek die heel eerste keer besef, dat die 2de kans so werklikheid in die Bybel is en mens lees dit nie raak nie!

Lanie
Jun 10th 2009, 09:15 PM
Hi vriende.... Dankie vir almal se ondersteuning. Dis werklik oorweldigend. My man het Vrydag vir die eerste onderhoud gegaan en moes vandag teruggaan vir 'n 2de onderhoud met die direkteure. Dit lyk nie of hulle hom gaan aanstel nie. Sy houtvervoer/trokke besigheid wat 2 jaar terug gevou het, het sy kredietrekord baie nadelig beinvloed en dit tel teen hom. Ons sit eintlik met 'n moeilike situasie want baie van die moontlikhede waarop ons hoop vereis dat hy 'n betroubare voertuig het want dis alles werke waar hy bemarking moet doen. Maar ons kan nie nou 'n voertuig bekostig of in elk geval finansiering voor kry nie. So ons sit so bietjie hande in die hare.

Maar ek wil net met die slegte nuus darem iets positiefs met julle deel, want 'n goeie ou mater van my het my vandag net weer herhinner daaraan dat negatiwiteit so maklik 'n gewoonte kan word, selfs in kinders van die Here.... So, al gaan dit so broekskeur is ons regtig gelukkig. Ons huwelik is sterk, ons kids is borrelend en ek is regtig op 'n ongelooflike geestelike "high". Dis moeilik om te beskryf, maar ek voel net besonders gelukkig. Die Here se genade is vir mens genoeg, en nie net is dit genoeg nie, dis al wat mens nodig het.... ek kom dit net al hoe meer agter.

xxx

Johnny
Jun 11th 2009, 06:41 AM
One day a young lady was driving along with her father.
They came upon a storm, and the young lady asked her father, What should I do?"


He said "keep driving". Cars began to pull over to the side, the storm was getting worse.

"What should I do." The young lady asked?
"Keep driving," her father replied.

On up a few feet, she noticed that eighteen wheelers were also pulling over.
She told her dad, "I must pull over, I can barely see ahead.
It is terrible, and everyone is pulling over!"


Her father told her, "Don't give up, just keep driving!"

Now the storm was terrible, but she never stopped driving, and soon she could see a little more clearly. After a couple of miles she was again on dry land, and the sun came out.

Her father said, "Now you can pull over and get out."

She said "But why now?"

He said "When you get out, look back at all the people that gave up and are still in the storm, because you never gave up your storm is now over.

This is a testimony for anyone who is going through "hard times".

Just because everyone else, even the strongest, gives up. You don't have to...if you keep going, soon your storm will be over and the sun will shine upon your face again.:pp

manieverster
Jun 11th 2009, 07:25 AM
One day a young lady was driving along with her father.
They came upon a storm, and the young lady asked her father, What should I do?"


He said "keep driving". Cars began to pull over to the side, the storm was getting worse.

"What should I do." The young lady asked?
"Keep driving," her father replied.

On up a few feet, she noticed that eighteen wheelers were also pulling over.
She told her dad, "I must pull over, I can barely see ahead.
It is terrible, and everyone is pulling over!"


Her father told her, "Don't give up, just keep driving!"

Now the storm was terrible, but she never stopped driving, and soon she could see a little more clearly. After a couple of miles she was again on dry land, and the sun came out.

Her father said, "Now you can pull over and get out."

She said "But why now?"

He said "When you get out, look back at all the people that gave up and are still in the storm, because you never gave up your storm is now over.

This is a testimony for anyone who is going through "hard times".

Just because everyone else, even the strongest, gives up. You don't have to...if you keep going, soon your storm will be over and the sun will shine upon your face again.:pp
Johnny, dit is baie bemoedigend hierdie. In engels is daar 'n liedjie wat se: Don't give up, you're on the brink of a miracle:amen::monkeyd:

Johnny
Jun 11th 2009, 08:33 AM
Ons kan almal daaruit leer, meer nog, die Here se Hy sal ons nooit begewe en nooit verlaat nie. Ek laaaaik jou apie.:spin:

Willem
Jun 14th 2009, 07:44 PM
So, al gaan dit so broekskeur is ons regtig gelukkig. Ons huwelik is sterk, ons kids is borrelend en ek is regtig op 'n ongelooflike geestelike "high". Dis moeilik om te beskryf, maar ek voel net besonders gelukkig. Die Here se genade is vir mens genoeg, en nie net is dit genoeg nie, dis al wat mens nodig het.... ek kom dit net al hoe meer agter.


Hi Lanie :hug: vir die kinners en jou man ook!

Vanoggend iets gehoor toe Angus praat wat ek nooit geweet het nie.

Heb 2:16
(AOV) Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom.
(EMTV) For indeed He does not take hold of angels, but He does take hold of the seed of Abraham.
(ESV) For surely it is not angels that he helps, but he helps the offspring of Abraham.
(KJV) For verily he took not on him the nature of angels; but he took on him the seed of Abraham.
(KJV+) ForG1063 verilyG1222 he took not onG1949 G3756 him the nature of angels;G32 butG235 he took onG1949 him the seedG4690 of Abraham.G11

God het meer vir jou en my gedoen as vir die engele, en Hy help ons ook daadwerklik uit! Byt vas, Hy is besig om te werk....

En ek WEEEET Hy het julle LIEF :pp

Lanie
Jun 14th 2009, 07:48 PM
Dankie Boetie Willem...:hug:

manieverster
Jun 16th 2009, 05:56 AM
Lanie, weet jy, as ek sien hoe mense dinge uit verband uit kan ruk soos daar op die uitverkorenes draad dan word ek kwaad en wil myself onttrek heeltemal van die forum af en dan sien ek hoe mense mekaar onderskraag en ondersteun soos op hierdie draad dan besef ek, ek het teveel vriende hier en kan my nie sommer onttrek nie.
Lanie, hoe gaan dit deesdae en het jou man al werk gekry? Onthou net, ons bid vir julle en sal julle nie vergeet nie!:hug::hug::hug:

Lanie
Jun 16th 2009, 06:54 AM
Hi Manie....

Weet jy, wanneer mens aan so forum deelneem moet jy onthou mens het nogsteeds met mense doen. En al is dit christene waarmee mens te doen het, het elkeen nogsteeds sy eie persoonlikheid, sy eie idees, oortuigings, omstandighede en verwysingsraamwerk. Hou dit maar in gedagte. Ek word ook verskriklik ongelukkig wanneer mense iets waaroor ek baie sterk voel verkleineer en verkrag. Mens kan sÍ dis nie eintlik belangrik nie, maar weet jy, alles wat vir my met God en die Bybel te doen het is vir my verskriklik belangrik. So, dis maar moeilik. Onthou maar net altyd dat die liefde moet alles bedek. So, al gooi ek partykeer my speelgoed, moet ek maar terugkom e n weer aangaan want al die Here gebruik ons in die eerste plek hier om die Waarheid te verkondig, is ons ook hier om mekaar hier bedien.

Wat my man betref.... 'n Vriend in ons kerk het hom genader oor 'n besigheid waar hy grootmaat sement lewer en het vir hom gesÍ hy kan alles net so oorvat en dit uitbrei. Hy verskaf op die oomblik net aan 2 plekke, want hy doen dit net vir 'n ekstra inkomste, maar het gesÍ my man kan vir eers net die inkomste gebruik om ons aan die gang te hou en dan kan hulle oor 6 maande of so oor winsdeling praat. Dis regtig wonderlik. Ons is baie positief daaroor. Hy soek nogsteeds vir iets met 'n vaste salaris maar ons kyk maar wat gebeur. Nou moet ek nog net 'n plekkie vind. My selfbeeld kry nogals 'n knou, want my CV is by 10 personeelagentskappe ingegee, al 'n hele ruk terug... en niks. Niemand wil my hÍ nie.......:(.......:lol:

lukeskywalker
Jun 16th 2009, 07:03 AM
my CV is by 10 personeelagentskappe ingegee, al 'n hele ruk terug... en niks. Niemand wil my hÍ nie.......:(.......:lol:

Lanie, het jy al probeer om op Pnet te soek vir iets? http://www.pnet.co.za/

Ten minste as mens daar kyk, weet jy dis vir 'n pos wat werklik beskikbaar is.

manieverster
Jun 16th 2009, 07:28 AM
Lanie, het jy al probeer om op Pnet te soek vir iets? http://www.pnet.co.za/

Ten minste as mens daar kyk, weet jy dis vir 'n pos wat werklik beskikbaar is.
Ja, Lanie, gaan kyk gerusop Pnet en dan is daar ook bestjobs.co.za (http://www.bestjobs.co.za) en ook careerjunction.co.za (http://www.careerjunction.co.za). Wat jy kan doen ook is soek vir careers op Google. Daar is oneindig baie webwerwe vir werk soek op die internet.

Loof die Here vir die hulp wat jou man nou al gekry het en hy kan dit dalk 'n besigheid maak as hy nie daarvan hou om vir 'n baas te werk nie. Hy moet net sy papierwerk mooi agtermekaar he sodat dieselfde nie weer met hom gebeur nie.:pp:pp:pp En moenie worrie nie jou beurt sal kom!

ame
Aug 2nd 2009, 03:24 PM
Hi Lanie
Ek soek dringend mense vir my besigheid, ek het toevallig op hierdie van jou afgekom en ek is nie seker of ek jou kan help nie maar het jou en jou man se cv's dringend nodig. My vennoot het my met die hele besigheid gelos en ek is vrou alleen besig om myself dood te werk. Mag Jesus dit binne my vemoe stel om julle te mag help. Stuur julle cv's so gou as moontlik.