PDA

View Full Version : Lekkerste van winter....



Lanie
May 4th 2009, 02:25 PM
Ek is glad nie 'n wintermens nie...... As ek kon het ek my lyf beertjie gehou en die hele winter gehiberneer....:D

En ai jai jai....... gister was dit koooouuuuuuud en reŽnerig. Regte Kaapse winterweer in die middel van Limpopo. :o En toe kon ons vir die eerste keer ons huis se kaggel gebruik. :pp Dit was nou darem baie lekker. Lekker sop en brood en ons almal saamgebondel onder 'n kombers voor die kaggel aan die gesels.... winter het darem sy lekker ook. My ander winter lekkertes is lekker dik sop en hot tjoklit!!!! (nie saam nie :P)

Wat van die winter is vir julle lekker?

marline
May 4th 2009, 04:56 PM
Ek is glad nie 'n wintermens nie...... As ek kon het ek my lyf beertjie gehou en die hele winter gehiberneer....:D

Ek hiberneer saam, watter grot kruip ons in?:hmm:

protea
May 5th 2009, 01:53 PM
Ek ontwaak in die Winter! As die sneeu op die berge lÍ en die wind loei om die hoeke en die Bolandse reen spat teen die ruite.... En ek sit lekker voor die kaggel of trek my wind-waai-jas aan, sit my keps en serp op en vat die pad berg in... Dan LEEF ek ! En as jy koud kry....loop net n bietjie vinniger...;)

Ta-An
May 12th 2009, 03:26 PM
Lekker Butternut sop en vetkoek.... saam :pp
Ek lief die winter :pp

mari
Jul 14th 2009, 12:41 PM
MELKKOS !! ... njammieee ..... :spin:

Hannelie Pretorius
Jul 15th 2009, 10:16 AM
Ek is 'n somersmens en floreer dan. In die winter wil ek niks doen nie. Gelukkig gaan ons winters nie nog gepaard met reŽnweer nie. Dan het ek dalk weggekwyn