PDA

View Full Version : Kompromie



Lanie
May 6th 2009, 06:59 AM
Ons leef in 'n siek wreld waar ons aanmekaar gebombardeer word met sonde en versoeking. Ek sit nou al 'n rukkie en dink aan hoe ons, en veral ons kinders gekondisioneer word om maar by die wreld in te val en gewoond te raak aan dinge wat aanvaarbaar is vir die sondige wreld maar wat onaanvaarbaar is vir God. En aan al die kompromie wat ons daagliks aangaan.... en goeters stilweg goedkeur omdat ons dit nie hard en duidelik afkeur nie en wat eintlik niks bydra tot ons heiligmaking nie... inteendeel dink ek dit verhinder dit....

Kom ek gee voorbeelde....

Hoeveel van ons kyk 7de Laan? Wat gebeur op 7de Laan? Die jongmense kan nie kuier sonder om te drink nie, en dis amper elke aand se storie. Wat doen hulle na werk? Gaan drink 'n dop by O'Malleys.... :rolleyes: Daar is 'n oor en weer gevryery, egbreek, onderduimsheid, leuens, ongehoorsame kinders wat sonder respek met hulle ouers praat, onsedelikheid. Nou wil ek 'n eerlike vraag vra. As ek dit kyk, en ek laat toe dat my kinders dit kyk, keur ek dit dan goed? Ek dink nogals so.... :hmm: Nou die aand verneuk 'n man sy vrou en soen sy skelmpie al te vurig.... my oudste is vreeslik bekommerd dat sy vrou daar gaan inloop.... wat s kleinsus? Maak toe die deur!!! :o Ek is baie ongewild op die oomblik maar die TV is nou af half 7 op 'n weeksaand..... :saint:

En as ek my dominee kan aanhaal, ons luister te lekker na al die mooi christelike kontemporre liedjies.... maar dieselfde persoon wat sing "ons Koning kom" sing kom kielie my in die donker liedjies.... sal iemand wat waarlik heilig wil lewe sulke liedjies sing.... dalk moet ons mooi dink wie ons ondersteun, want ek het 'n vermoede die wreld daarbuite maak lekker geld uit ons onder 'n valse christelike baadjie... ek wonder maar net.....

En so kan ek aangaan.... tydskrifte..... en ek praat nie net van die Huisgenoot se geskinder nie.... ek kan nie eers meer 'n christelike vroue tydskrif koop nie want daar is wraggies waar nou die dag 'n artikel in van 'n rugbyspeler wat glo God het hom deur sy operasie bewaar nadat hy met boegoe water van TB Joshua gesalf is..... :o

Ek vra regtig 'n eerlike vraag.... as ek hierdie goed kyk, luister, lees en ondersteun, keur ek dit tog goed... of is daar iemand wat voel ek ruk die dam onder die eend uit?

Phil Fourie
May 6th 2009, 07:34 AM
Nee as jy dit kyk dan keur jy dit goed. Ons lag saam as mense op TV grappies maak van voorhuwelikse seks, dis sonde, besef jy nie jy lag saam vir goed waar voor Jesus moes sterf nie?

Opvallend, wanneer 'n sanger se loopbaan afplat en hy nie meer so goed verkoop soos voorheen nie, wat is die eerste ding wat hulle doen? Maak 'n gospel CD :rolleyes:

Lanie
May 6th 2009, 07:43 AM
Opvallend, wanneer 'n sanger se loopbaan afplat en hy nie meer so goed verkoop soos voorheen nie, wat is die eerste ding wat hulle doen? Maak 'n gospel CD :rolleyes:

Ja, en wat hoor jy by mense? So en so het tot bekering gekom, hy't 'n gospel CD uitgbring....Ga!!!! Van wanneer af qualify 'n gospel cd jou vir die Ewige Lewe? Mense laat my lag....... as jy gaan kyk sal jy aan baie van die kunstenaars se lewens niks verander sien nie, dit sit nog steeds en drink sy bottel rum terwyl hy optree...:rolleyes: Dit gaan net oor geld, dis al..... maar die mense val daarvoor......:mad:

Die Filadelfieer
May 6th 2009, 09:12 AM
Jitte, lyk my ek moet weer vir 'n slag 7de laan kyk ! :lol:;)
Waar kry die mense tyd vir al daardie manewales binne 'n halfuur ?

Wat my huis betref, moes ek ook maar die lessie leer met ons eersteling, dat dit wat al vir ons grootmense aanvaarbaar is en waarvoor ons al afgestomp geraak het, 'n groot impak op 'n verstandjie het wat alles as nuut ervaar. Ek besef terde ek sal hom nooit kan weghou of totaal kan afskerm van hierdie bose aanslagte nie (want wat is dit andersins ?), maar ek en sy mamma gaan ook nou nie toelaat dat hy alles kyk wat opgedis word op TV nie.....in die woorde van my laaitie, nou twee jaar oud : EEEEUUW !

Lanie
May 6th 2009, 09:21 AM
Maar eerlikwaar nou Fila... Is dit nog enigsens enige iets op televisie wat die moeite werd is om te kyk wat die Here se goedkeuring wegdra? Ek dink baie probleme sal minder ernstig word as ons ons tv's met 'n krieketkolf bykom.....

Phil Fourie
May 6th 2009, 09:25 AM
Lanie

Jy sal niks armer wees as jy nie meer 'n TV het nie, inteendeel, jy en jou hele gesin sal soveel ryker wees. Julle verhoudings sal verbeter, jou kinders se kreatiwiteit sal verbeter, julle geestelike lewens sal verbeter want jy spandeer jou tyd nou op dinge wat saakmaak en die riool van die wreld word nie meer in jou o en ore afgeforseer nie.

Lanie
May 6th 2009, 09:33 AM
Dis nie vir my wat jy moet oortuig nie....:rolleyes:

Die Filadelfieer
May 6th 2009, 09:48 AM
Maar eerlikwaar nou Fila... Is dit nog enigsens enige iets op televisie wat die moeite werd is om te kyk wat die Here se goedkeuring wegdra? Ek dink baie probleme sal minder ernstig word as ons ons tv's met 'n krieketkolf bykom.....

Die vraag is, wat sal ons in die "aanvaarbare" kategorie plaas ? Daar is wel so nou en dan 'n interesante ding op TV, of 'n oulike film wat nie noodwendig 'n Christelike tema hoef te h nie, maar dit is min en ver weg uitmekaar uit.

As ons eerlik is met mekaar, dan gaan ons agterkom dat ons amper verleer het om sonder 'n TV oor die weg te kom, of selfs die kiddies sonder ene groot te maak. My kind het self sy gunsteling flieke, so jonk soos wat hy is, wat hy verseker gaan mis as dit nie meer daar is nie. Dalk moet ons saam aan 'n strategie werk om die TV in ons huise uit te fasseer, of ten minste die impak daarvan te versag ?

Lanie
May 6th 2009, 09:56 AM
In die Bybel staan daar as jou oog jou laat struikel, haal hom uit...... ek dink as mens die stap neem om die tv heeltemal te verwyder gaan dit dalk vir so 2 weke swaar wees en dan sal almal aangepas wees en die ding nie eers mis nie. Die groot vraag is nou net of die manne sonder hulle sport gaan oorleef.....:hmm:

Tonton
May 6th 2009, 10:30 AM
...Ek vra regtig 'n eerlike vraag.... as ek hierdie goed kyk, luister, lees en ondersteun, keur ek dit tog goed... of is daar iemand wat voel ek ruk die dam onder die eend uit?

Ek dink Lanie is in die kol hier.

Satan slaap (ook) nie - hy is gedurig aan die werk met 'n strategie om ons sag te maak vir sonde. Die hulpmiddels (moderne tegnologie) maak dit moontlik vir hom om sy veldtog te eskaleer.

Ek glo werklik dat dit juis deur hierdie kompromie is dat die antichris vastrapplek sal kry.

Die goeie nuus is dat hierdie versnelling in die werk van die bose ook 'n versnelling in die koms van- en oorwinning oor die antichris veronderstel.

Ons moet ons kinders bedag hou op die misleidings van Satan.

Ons moet vir hulle skriftuurlik sensitief maak daarop dat die wreld se gedrag ongoddelik is.

Anton

protea
May 6th 2009, 03:00 PM
Een van my eie dogters kyk so baie TV (terwyl sy sit en werk) dat dit vir ons grens aan verslawing. Dit veroorsaak dat jy so gewoond raak aan die wreld se lawaai dat jy Jesus se 'stem in die aandwind' nie meer KAN hoor nie. Daarom bid ons dat sy so n walging sal ontwikkel vir die wreldse media . Die Illuminatie besit so n ho persentasie van die bestaande wreldse media en daarom bepaal HULLE wat jy kyk en na luister. En so subtiel- subtiel kom die vyand en trek jou weg van Jesus af.:(

Ta-An
May 6th 2009, 03:27 PM
Ek kyk net Noot vi noot op 'n Vrydagaand... :D
Maar daardie Absa advertensie maak my siek !!
"Ek is jammer" :rolleyes:

Lanie
May 7th 2009, 05:31 AM
Hi An, het Brent nie ook iets wat jy wens vannie tafel wil afval nie?.....:P :lol:

Johnny
May 7th 2009, 06:28 AM
Na maande se gesukkel...en gebed is ons verlos van die TV. Ek self het nooit baie gekyk nie. Dit was 'n storie om ontslae te raak van "7de Laan" in ons huis. Uiteindelik het die Here ook daar ingegryp. Laat ek gou 'n kort storie vertel. Ek weet Valentyn's dag is okkulties, maar so 2 jaar gelede dog ek ek sal maar ook soos die wreld romaties wees op daardie aand. Ek maak kos, tafel met kerse ens. Ons sit toe aan en net toe ons begin eet, hoor ons die wysie van 7de Laan in die ander vertrek. Soos mes sit ek toe alleen by die kerslig en my vrou en dogter is soos 'n pyl uit 'n boog "next door".

Gelukkig is dit vandag anders. So by the way, wie stel belang om my sateliet skottel en dekodeerder te koop....! Die goed gaar stof op in die garage.:pp

Lanie
May 7th 2009, 06:34 AM
Soos ek s, ek is baie onpopulr op die oomblik in my eie huis. Selfs pappa wat konsuis nie 7de Laan kyk nie sal mos vir my vra.... "Wat het wie nou alweer op die forum ges oor 7de Laan?" :( So asof ek nie vir myself kan dink nie... :rolleyes:

protea
May 7th 2009, 08:31 AM
Ek kyk net Noot vi noot op 'n Vrydagaand... :D
Maar daardie Absa advertensie maak my siek !!
"Ek is jammer" :rolleyes:

Ann, ek het die ander dag iets gesien by Absa wat Al my antennatjies laat regop staan het. Hulle het n mooi geraamde dokument by navrae wat vir almal te sien is met die opskrif : Islamic Shariah Law Compliance. En toe ek die name van die direksie gaan kyk , toe is feitlik almal Moslems.Ek het dit ge-interpreteer dat by HIERDIE bank geld die Islam finansiele wette. Ek was so ontsteld dat ek gaan 'Sherlock Holmes' speel het by die ander banke ook. FNB het dit ook met nog meer prominensie as ABSA ,maar nie Nedbank, Standard Bank of Capitec nie. Ek ruik nie net een stinkende rot nie....:o

Phil Fourie
May 7th 2009, 09:05 AM
Protea

Ek het noudie dag my rekening by FNB geskuif hieroor. Ek wonder of mense besef wat Shariah Law is?

Lanie
May 7th 2009, 09:12 AM
Wat gaan ons maak as al die banke daarmee saamgaan? Soos ouma die pay onder die matras wegsteek? :idea:

Phil Fourie
May 7th 2009, 09:18 AM
Lanie

Net so 'n tikseltjie pessimise as ek mag, julle wat my ken sal weet ek is nou nie juis 'n pessimis nie, maar 'n realis. Die rentekoers wat die bank jou gee is dikwels laer as die inflasiekoers, dit is altyd beter om jou geldjies daar te sit waar die opbrengs meer is as inflasie. Onder die bed gaan ook nie werk nie, want dit gaan beteken dat jou geld 8% slegter af is volgende jaar weens inflasie en dan kon jy nie eers die 5% of wat verhaal vir 'n netto verlies van 3% nie. Onder die matras is nie 'n goeie belegging nie :lol:

Lanie
May 7th 2009, 09:25 AM
:confused :confused :confused :confused :confused...........:rofl:

Jy mis my punt..... waarheen gaan jy jou fortuin skuif as al die banke besluit om te voldoen aan die Shariah Law?

Phil Fourie
May 7th 2009, 09:34 AM
Dis is wat ek nou s, help nie jy vat dit matras toe nie, jy moet 'n ander geskikte plek kry :lol:

Phil Fourie
May 7th 2009, 09:36 AM
Of ons kan natuurlik die Afrikaner Christen Weerstand Ekwiteits Bank (ACWEB) stig. :hmm:

Die Filadelfieer
May 7th 2009, 09:42 AM
Daar is natuurlik die landboubeleggingsopsie, ek verstaan baie Amerikaners doen dit met groot sukses na hulle bankstelsel so in duie gestort het ,en nog steeds doen.

Hoe dit werk is dat jy, as individu, basies bel in 'n boer se oes. Jy betaal dus 'n deel van die inset, en kry 'n deel van die wins. Kos word al hoe skaarser wreldwyd, wat beteken dat dit duurder gaan raak en die winste groter. Hierdie tipe belegings gaan nog groot raak, veral omdat mense nie meer banke vertrou nie.

Lanie
May 7th 2009, 09:51 AM
Dis nou as jy geld het om te bel, kan jy kies wat jy daarmee doen. Die bank willie ons toelaat om ons skuld te skuif nie....:P

Johnny
May 7th 2009, 10:20 AM
Ek het 'n oplossing. Betaal jou tiende as jy dit nognie doen nie....met LIEFDE en gehoorsaamheid aan die Here, dan sal Hy wat doen? Nie net omdat dit 'n opdrag van God is nie, want Hy ken ook ons harte en motiewe.

Mal 3:10 Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, s die HERE van die lerskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle n oorvloedige sen sal uitstort nie.
Mal 3:11 Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, s die HERE van die lerskare.

Ons geld behoort in elk geval aan die Here. Ons is net Sy bestuurders van 9 tiendes daarvan. Weet julle, petrol verhogings, rentekoerse en al die goeters pla my nie, want ek weet ek dien 'n God wat sal voorsien op Sy tyd en soos Hy goeddink. Ek (ons) is mos Sy kind!

In nederigheid s ek dit.

protea
May 7th 2009, 11:47 AM
Protea

Ek het noudie dag my rekening by FNB geskuif hieroor. Ek wonder of mense besef wat Shariah Law is?

Ek het ook vir my n alternatiewe rekening oopgemaak by een van die banke wat dit NIE het nie. Phil, ek het nie n idee wat Shariah Law behels nie . Al wat ek weet dit het Islam konneksies. Lig ons in asb? Hoe raak dit my rekening en beleggings as lid van so n betrokke bank?

Phil Fourie
May 7th 2009, 12:25 PM
Protea, lees gerus hier

http://www.absa.co.za/absacoza/content.jsp?/Home/Personal/Our-Customers/Islamic-Banking/Shari%27ah-Compliance

Jy sien, die bank betaal hulle nie rente op beleggings nie, maar vra hulle ook nie rente op krediete nie, want hulle mag nie rente betaal of verdien nie, wat die Shariah Law verder behels, dit regeer die manier hoe moslems behoort te leef en baie van dit word vandag reeds in baie van die wreld se regsstelsels gevind.

Later meer inligting oor die duistere kant ;)

Paul Pienaar
May 7th 2009, 01:39 PM
As mens nou die "Sharia Law" terminologie hier uithaal, wie
van julle sal nog 'n probleem met die onderstaande gedeelte he?



What is Shariah Law?

Under Shariah Islamic law, making money from money, such as charging interest, is usury and therefore not permitted. Wealth should be generated only through legitimate trade and investment in assets. But investment in companies involved with alcohol, gambling, tobacco and pornography is strictly off limits.
Shariah Law and Islamic Finance

The overarching principle of Islamic finance is that all forms of interest are forbidden. The Islamic financial model works on the basis of risk sharing. The customer and the bank share the risk of any investment on agreed terms, and divide any profits between them.

protea
May 7th 2009, 04:34 PM
Protea, lees gerus hier

http://www.absa.co.za/absacoza/content.jsp?/Home/Personal/Our-Customers/Islamic-Banking/Shari%27ah-Compliance

Jy sien, die bank betaal hulle nie rente op beleggings nie, maar vra hulle ook nie rente op krediete nie, want hulle mag nie rente betaal of verdien nie, wat die Shariah Law verder behels, dit regeer die manier hoe moslems behoort te leef en baie van dit word vandag reeds in baie van die wreld se regsstelsels gevind.

Later meer inligting oor die duistere kant ;)

Nou vra ek julle : Hoe het so n banksisteem ons eie finansiele instellings so suutjies en onaangekondig 'bekruip' en op n dag toe is hulle maar net daar?:o

Ta-An
May 11th 2009, 04:30 PM
Nou vra ek julle : Hoe het so n banksisteem ons eie finansiele instellings so suutjies en onaangekondig 'bekruip' en op n dag toe is hulle maar net daar?:oHi Mona, ek ken net die Eng. woord : We are being deceived :mad: MAAAR noudat ons weet, is dit ons verantwoordelikheid wat daaromtrent te doen....

Ek was nie bewus van FNB nie :o Al my dollars l daar

Ta-An
May 11th 2009, 04:39 PM
Hi An, het Brent nie ook iets wat jy wens vannie tafel wil afval nie?.....:P :lol:Jy sal my nie glo nie, Lanie maar wanneer daardie advertensie opkom, druk ek my ore en my o toe en sing Soprano op die hoogste toon, en loer op skrefies so tussen my vingers deur om seker te maak die advertensie is verby. Ek wens daar die advertensie val van die trafel af!! :idea:

Lanie
May 11th 2009, 05:25 PM
Jy sal my nie glo nie, Lanie maar wanneer daardie advertensie opkom, druk ek my ore en my o toe en sing Soprano op die hoogste toon, en loer op skrefies so tussen my vingers deur om seker te maak die advertensie is verby. Ek wens daar die advertensie val van die trafel af!! :idea:

:lol: :lol: :lol:

Ta-An
May 12th 2009, 03:04 PM
:lol: :lol: :lol:
Sussie, jy lag :rolleyes:, maar dit is 'n baie ernstige saak :D
Ten minste oefen ek my stembande een maal per week :D

Lanie
May 12th 2009, 03:22 PM
Ek wens al hierdie sms advertensies wil vannie tafel afval....

I'm a gummy bear, yes I'm a gummy bear...... :crazy:

Skorsie42
Apr 27th 2010, 02:10 PM
Hello mense.

Ek is nou maar eens nuut op hierdie forum, of eintlik forums in die geheel. Ja ek is jonk, `n skamele 17 jaar oud. Die ouer generasie het ges dat kinders gesien moet word en nie gehoor word nie. maar daarmee wil ek stry. Als goed en wel dat julle baie ouer is as ek, en dat ek seker vir julle oom en tannie moet noem, maar ek sal graag my eie insette lewer, en hoe ek dinge beleef. Ja ek is `n Christen, en ek behoort (ongelukkig) aan die NG-kerk.

Hierdie TV-programme waarvan julle so kla, dink julle regtig dat dit so `n groot verskil maak aan die jeug? Ek twyfel, maar ek stry nie dat dit mense `n paar ekstra gedagtes gee nie. Julle kla oor al die immorele dinge wat in vandag se gemeenskappe voorkom, en dat ons wreld besig is om te verval, as ek dit so kan stel. Julle het seker al opgemerk dat al hoe minder mense kerk toe gaan? En julle wil nou hierdie negatiewe op die 'TV' en selfs die 'Illuminatie' blameer? Net vir die wat nie geweet het nie, die Illuminatie is `n vreedsame groep mense, as hulle nogsteeds bestaan, maar `n deel van die groep het wel geweldadig geword NADAT die Katolieke kerk hulle begin vervolg het, net omdat wetenskap te vinnig vir die geloof gegroei het.

As julle iemand soek om te blameer, blameer die ouer generasies. Blameer die kerk. Blameer jouself. Julle kla oor alles, maar wat doen julle aan die saak? Die grootste probleem met vandag se mense en veral die jeug is dat hulle nie uitsien na die ewige lewe nie, want hulle glo nie daar kan so iets wees nie want hulle onvang geen verlossing op aarde nie. Die Here wil h ons moet ons tyd op aarde geniet, nie in pyn leef heeltyd nie. Maar die kerke preek nie daarvoor nie, al wat j daar hoor is dat daar vir ons `n lewe wag na die dood. Punt. Ek het `n groot hoeveeleid ates vriende, wie se ouers die grooooootste Christene is wat ek amper ken. Waar het die probleem gekom? Ons jeug word onderdruk en word nie gesien as volwasse genoeg nie. Daar word geglo dat ons lewens gerel kan word.

Ons is `n nuwe generasie. Een wat hierdie wreld wil red.

En ons KAN.

Maar ons kort ondersteuning, leiding en liefde. Nie iemand wat ons om elke hoek en draai afkraak en seermaak nie.

Ons kort aanvaarding.

En dan natuurlik die belangrikste van alz- ons kort `n goeie voorbeeld

Ek probeer julle nie aanval nie, en dit is my eie mening en ook die va my vrinne. Ek probeer julle net patent maak op ons jeug se sienings! en ek het op hierdie forum afgekom terwyl ek besig was om inligting te soek vir my redenaars-stuk hahaha, een van die onderwerpe is kompromie, en nou moet ek `n tema daaruit kry.....sug.....

Son of the South
Apr 27th 2010, 07:25 PM
...ek sal graag my eie insette lewer, en hoe ek dinge beleef. Ja ek is `n Christen, en ek behoort (ongelukkig) aan die NG-kerk. Hi Skorsie42, baie welkom hier by ons. Jy is welkom om so veel te lees as waarvoor jy tyd het en ons sal met graagte hoor hoe jy dinge beleef...net solank jy net nie vir my Oom s nie, hoor! :lol:

Hierdie TV-programme waarvan julle so kla, dink julle regtig dat dit so `n groot verskil maak aan die jeug?Verseker. Partykeer is die invloed so subtiel dat jy dit nie dadelik agterkom nie. Stelselmatig word sekere idees net so effens gewysig of begin jy twyfel of sekere dinge dan nou regtig so erg is. Amper soos die slang wat in die tuin net 'n vragie vra: "Het God regtig ges dat jy sal sterf?" Moenie geflous word nie, boosheid is 'n werklikheid. Dan is daar ook programme en /of musiek wat nie so subtiel is nie, maar wat regtig openlik boos is...

Verder, het jy al die Bybel van voor tot agter deurgelees? Het jy nie tyd daarvoor nie? Wel, hoeveel tyd verkwis jy voor die kassie?

Julle het seker al opgemerk dat al hoe minder mense kerk toe gaan?Daar is verskeie redes daarvoor. Dit kan wees dat die mense meer afvallig raak, maar dit kan ook wees dat die leraars of die kerke meer afvallig raak. Ek kon byvoorbeeld nie die dwalinge in my plaaslike NGK langer sluk nie.
En julle wil nou hierdie negatiewe op die 'TV' en selfs die 'Illuminatie' blameer? Net vir die wat nie geweet het nie, die Illuminatie is `n vreedsame groep mense, as hulle nogsteeds bestaan, maar `n deel van die groep het wel geweldadig geword NADAT die Katolieke kerk hulle begin vervolg het, net omdat wetenskap te vinnig vir die geloof gegroei het.En die maan is van kaas gemaak...moenie naef wees nie...hulle dra nie God se belange op die hart nie.
Die grootste probleem met vandag se mense en veral die jeug is dat hulle nie uitsien na die ewige lewe nie, want hulle glo nie daar kan so iets wees nie want hulle onvang geen verlossing op aarde nie. Die Here wil h ons moet ons tyd op aarde geniet, nie in pyn leef heeltyd nie. Maar die kerke preek nie daarvoor nie, al wat j daar hoor is dat daar vir ons `n lewe wag na die dood. Punt. Ek het `n groot hoeveeleid ates vriende, wie se ouers die grooooootste Christene is wat ek amper ken. Waar het die probleem gekom? Ons jeug word onderdruk en word nie gesien as volwasse genoeg nie. Daar word geglo dat ons lewens gerel kan word.Die evangelie wat die kerke (ons?) vandag uitdra en die evangelie wat Jesus gebring het verskil drasties. Hy het vir mense wat 'n totale mislukking van hulle lewens gemaak het kom vertel dat daar verlossing is. Jy hf nie langer verstrengel in sonde te leef nie, maar jy kn 'n goeie lewe lei. Deesdae word mense vertel dat hulle sonde maar OK is, maar daar is nie meer dieselfde evangelie met VERLOSSINGS KRAG nie.

Ons is `n nuwe generasie. Een wat hierdie wreld wil red.

En ons KAN.

Maar ons kort ondersteuning, leiding en liefde. Nie iemand wat ons om elke hoek en draai afkraak en seermaak nie.

Ons kort aanvaarding.

En dan natuurlik die belangrikste van alz- ons kort `n goeie voorbeeld AMEN! :pp

Willem
Apr 27th 2010, 09:35 PM
Hi Skorsie,

ja jong , jy moet ons ooms verskoon, party van ons ( ek is nou al vier jaar oud ! ) stap nog maar saam waar julle is, maar as ek een ding kan deel...lees die bybel, soveel as wat jy kan ,luister daarna, ( cum het afr in mp3 formaat- dink R150 , kan ook bybel vir selfoon aflaai ens. ) dis waar die regte evangelie is.... baie mense ( ek ingesluit ) gaan baie goed kwytraak en dit goed bedoel, maar ons is net mense en maak droog.. gaan kyk of wat ons se in Bybel ook so staan... ( gaan download e-sword en die bybels en goete wat saam beskikbaar is, dis verniet en as wil kan ek cd sny en vir jou gee - Fourways Randburg areas ) Esword help want jy kan vinnig opsoek op rekenaar en 3 vertalings op een slag langs mekaar lees en sien God se boodskap kom deur --- al vertaal ons sleg.

Bid vir die ou mense , ons harte is harder as julle s'n en verander moeiliker, daar is baie om te verander soos jy sien en weet .... praat met hulle ook, se dat die se en doen nie saam pas nie en a.g.v dit wat julle sien baie ateiste geword het. Dit sal hulle laat wakker skrik!

Dan ook , soek die ouer mense wat praat en doen dieselfde is en wat real is en gaan vra hoe nou ? Daai ooms en tannies ( as hulle vir jou bid is dit awesome! ) SAL help en raad gee.

O een ding, die Here het ons lief en wil die beste vir ons he. MAAR Hy se ook ons sal vervolg word en vir Sy naam ly... MAAR Hy sal ons nooit verlaat nie en ons nooit bo ons vermoeens toets nie. Die slegte rubbish en leuens kom van een plek af....

Weet ek kan nie die wereld verander nie , en daai geval julle ook nie, MAAR jy is op regte pad om Hom wat WEL KANen dit al 2000 + jaar doen te soek en te volg en ons sal sien hoeveel ooms wat by Oom Angus se Mighty Mens was gaan nou uit en die regte ding doen ( wees ook geduldig en bid vir ons, dit het my vier jaar gevat om te kliek wat ek nou weet 8-) ), mense help en dien en voete was en die mense van Jesus vertel en mense help om lewens te red en goed beter te maak. Daar is SO BAIE stukkend en verkeerd om mens dat mens voel dis onmoontlik, MAAR deur Jesus wat ons krag gee IS ons tot alles in staat en nou dat ek verstaan hoe om on geloof te wandel sal ek ook miskien gebruik word om verskil te kan maak tot Sy eer alleen.. hou vas aan daai ons kan wereld verander , hou vas aan Hom en ek glo julle kan en gaan dit doen.

Groete
Willem

Johnny
Apr 28th 2010, 06:29 AM
Hi Skorsie,

Ek was vir baie jare betrokke by ons gemeente se jeug. Ek kan die fristrasie in jou plasing hoor. In baie gevalle moet die ouers die skuld kry. Laai hulle kinders by die kerk af en laai hulle weer op, maar hulle is self NOOIT daar nie. Van hulle sit Sondae oggende in die kerk met 'n "babelas" want gister was dit weer groot rugby en braai. Ouers het nie meer 'n saak met hulle kinders nie. My dogter is hierdie jaar grootskool toe. Sy is in graad 8. Ek het sommer met die intrapslag vir die ouervereniging laat weet dat my kind nie betrokke sal raak by valentysndag en halloween nie. Die ouervereniging het my omtrent gekruisig!!!! Ek sien jy se daar word nie meer bekering in kerke gepreek nie. Jy is heeltemal reg. Mense wil nie meer van die kansel af se dat ons sondaars is en gered moet word nie. Daar word eerder vertel watse goeie mens jy is en watse wonderlike dinge op jou wag as jy net "GLO" en Jesus se naam bely. Ek het 'n gesegde wat ek eendag self opgemaak het: "'n Kruis om die nek vat jou nie deur die hemel se hek". Dit het in elk geval 'n status simbool geword. Hoe duurder en mooier die kruis, hoe beter voel ek.

Jy noem dat al hoe minder mense kerk toe gaan.....en jy is reg. Hulle soek sensasie, hulle soek snaakse dinge wat moet gebeur, hulle soek na tekens en wonders. Daar word HERLEWING verkondig, maar watse herlewing is dit? Die bybel voorspel 'n afval van die ware geloof in die laaste dae, 'n vervolging van die ware kerk. Heeltemal in teestelling wat jy op hierdie massa byeenkomste hoor. Ek kry die jeug innig jammer vandag want daar het MIN ware leraars oorgebly wat die Woord reg sny. Die wat wel oorgebly het word gekritiseer omdat hulle kwansuis "TEEN" die stroom is. Uit die oudedoos. God se Woord het egter nie verander nie, maar die mense het. Die voorbeeld wat vir julle gestel word is walglik. Julle moet opkyk na gay leraars, leraars wat saambly voor die huwelik goedkeur. Leraars wat 'n "doppie" saam met die manne op mannekampe vat.

Die aanslag op die jeug vandag deur satan is OORWELDIGIND! Die aanvalle wat julle moet teenstaan op die musiek gebied, movies, internet, facebook, mixit, ens, ens.

Jy kan my webblad (http://www.oospoort.co.za/) besoek as jy kansie kry. Geen "funny" dinge daar nie, net goeie Woordgebaseerde lering.

Ek los jou met 'n paar Skrifgedeeltes:

Psalm 119:9 Bet. Waarmee sal die jongelingsypad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.
Romeine 6:12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
Romeine 13:14 Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.
Effesiers 4:22 dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet afl wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
2 Timoteus 2:22 Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag n geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.

2 Timoteus 3:13 Maar goddelose mense en bedriers sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.
2 Timoteus 3:14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,
2 Timoteus 3:15 en dat jy van kleins af die heiligeSkrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
2 Timoteus 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
2 Timoteus 3:17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Effesiers 4:14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedriery van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

STERKTE. Ek bid vir die jeug, want ek het ook 'n dogter wat haar man moet staan in 'n krom en 'n verdraaide geslag!

RR van Wyk
Apr 28th 2010, 06:52 AM
Hi Skorsie,

Jy s ons kla net en doen niks nie.... Jinne wens ek nou ek het geweet WAT om te doen!! :) Die probleem is 'n mens kan nie jou opinie en geloof op ander afdwing nie... ongelukkig(of gelukkig) is daar nog so iets soos vrye wil, wat mense natuurlik lief is om te misbruik...

Nie eers my Skepper dwing Homself af op mense nie, so wie is ek om dit te doen? En dan is ons Christenstemme soos 'n fluisterstemmetjie teenoor "Satan se media", wat so alledaags en aanvaarbaar raak dat julle jeug nie eers iets snaaks daarin raaksien nie... Wees eerlik... watse kans staan ek teenoor hierdie moderne dinge? Die Jeug sien hulle ouers as dinousorusse wat nie kan byhou met veranderinge nie... Die probleem is, my Skepper verander nie om Homself aan te pas by die wreld se veranderinge nie, Hy is Gister, Vandag en Mre alteid dieselfde...

Dit is hartseer die rigting waarin die wreld beweeg... As jy dink jy het goeie raad vir ons dilemma, laat ons hoor, enige raad op hierdie stadium wat prakties uitvoerbaar is is beslis welkom!! :)

RR van Wyk
Apr 28th 2010, 06:55 AM
Al wat ek kan dink aan om 'n verskil te maak in hierdie wreld, is om alles wat jy doen en s, dit te doen in liefde en verdraagsaamheid... maar partykeer word selfs dit verwerp...

Ta-An
Apr 30th 2010, 07:35 PM
Ai ou Skorsie.....

Jy s :"Ongelukkig behoort jy aan die NG kerek" maar jy raas met ons omdat ons kla... LOL boetie, vee jou vee, kan ek jou 'n besem in die hand stop ??

Die lewe is nie altyd oor wys my die pad nie, maar oor neem inisiatief hoor by die Here en doen so... Hy is groot Leermeester :)

Skorsie42
May 16th 2010, 09:15 PM
:spin: Ek het dit nou mos gemis! `n Bietjie goeie geselskap is maar skaars deesdae. Dankie dat julle darm my stuk gelees het, waardeur dit. eerstens wil ek ook net s- ek is maar 17, amper 18. so ja ek het nog nie baie ervaring in hierdie lewe nie, maar ek kan nou met trots s dat ek al baie meer dinge in die lewe deurgemaak het as `n normale 18-jarige, en met Sy genade het ek oorleef. en versterk daardeur.

Dit was interessant om julle reaksies te lees. Eerstens wil ek net s, Ta-An, ek is ongelukkig `n lid van die NG kerk ja, maar net omdat ek nie van hul aanbiedings-wyses hou nie. Dis vir my bietjie TE formeel. En oor die algemeen dink ek al hierdie verskillende kerke is sommer `n nonsens storie....glo ons dan nie almal aan die basiese beginsels van God, die 3-Eenheid, ens nie? en dan het ek nooit gevra dat die pad vir my gewys te word nie. Ek s maar net ons kort ondersteuning om hom te vind, want soos julle saam met my stem, die wreld is hard op ons jeug.

Ja ek het E-read gehad, met `n verskeidenheid Boeke, maar my hardeskyf van daardie dae is ook nie meer met my nie, so ek moet dit nog weer aflaai. Wil net met julle deel- het vanaand my pa se bybel gevind wat aan hom gegee is toe hy agt jaar oud was! `n Baie mooi gepresiveerde bybel, met `n egte leer 'omhulsel' wat sy pa nog met die hand vir hom gemaak het. En net vir die wat nou dalk wonder- ja my pa is oorlede.

Son of the South, ek verskil bietjie van jou op die 'Illuminatie' kwessie. Die wat nog daar is, as daar is, kan dalk die wreld nadelig benvloed, maar ek is ongelukkig nie genoeg ingelig om definitief iets daaroor te s nie, maar ek verstaan wat jy bedoel met die media van vandag. Dit is erg, en ek kan dit sien in die skool vandag. Maar daar is wel ordentlike musiek vandag, musiek wat talle mense dink is onvanpas. Ek is `n groot aanhanger van musiek, dit het my deur moeilike tye gehelp, en ek kan seker so ver gaan om te s dit voed jou op `n geestelike vlak, wanneer jou siel moeg is of in pyn ens.

En ja ek praat gedurig met ouer mense oor sulke goed, maar dit verbaas my hoeveel hardkoppige ooms en tannies daar buite is wat nie eers na jou volle argument of redenasie wil luister nie. Selfs ons gemeenskap se Christelike leiers, en die dominees, is verskriklik erg. Daar is absoluut geen kans dat hulle verkeerd is, en dat jy reg is nie.

En ek dink nie die probleem l met die ouers wat nie in die kerk is nie, maar wel daardies wat daar is, en dan maar net die volgende dag/week dieselfde verkeerde dinge doen en nooit verander nie.

Maar ek sal graag nog wil s, maar moet nou eers gaan. Ons eksamen begin. Skryf mre wiskunde, sug. Sal weer Vrydagaand kom praat, gaan koshuis toe.

Lekker aand! of dag!

Willem
May 16th 2010, 09:39 PM
:spin:
Ja ek het E-read gehad, met `n verskeidenheid Boeke, maar my hardeskyf van daardie dae is ook nie meer met my nie, so ek moet dit nog weer aflaai. Wil net met julle deel- het vanaand my pa se bybel gevind wat aan hom gegee is toe hy agt jaar oud was! `n Baie mooi gepresiveerde bybel, met `n egte leer 'omhulsel' wat sy pa nog met die hand vir hom gemaak het. En net vir die wat nou dalk wonder- ja my pa is oorlede.


Laat weet maar as jy nodig het, kan op cd vri jou e-sword met klomp modules ens sit. In Randburg / Fourways area. Sterkte met eksamens en geniet daai bybel.

DanieB
May 17th 2010, 09:44 PM
: En oor die algemeen dink ek al hierdie verskillende kerke is sommer `n nonsens storie....

Ek is `n groot aanhanger van musiek, dit het my deur moeilike tye gehelp, en ek kan seker so ver gaan om te s dit voed jou op `n geestelike vlak, wanneer jou siel moeg is of in pyn ens.

En ja ek praat gedurig met ouer mense oor sulke goed, maar dit verbaas my hoeveel hardkoppige ooms en tannies daar buite is wat nie eers na jou volle argument of redenasie wil luister nie. Selfs ons gemeenskap se Christelike leiers, en die dominees, is verskriklik erg. Daar is absoluut geen kans dat hulle verkeerd is, en dat jy reg is nie.

En ek dink nie die probleem l met die ouers wat nie in die kerk is nie, maar wel daardies wat daar is, en dan maar net die volgende dag/week dieselfde verkeerde dinge doen en nooit verander nie.



Skorsie - jy is 'n jong mens so na my hart. Jy is so reg, al die verskillende Christen denominasies is sommer nonsens. Ek is ook 'n groot aanhanger van musiek, luister vandag baie meer besadigde musiek, maar op skool het almal (groot mense) my laat verstaan my musiek gaan my in die hel laat beland en ek moes LM-radio met 'n oorfoon luister. Ek wil nou nie hierdeur swak musiek goed praat nie, maar wat ek eintlik wil s is mense wat jou veroordeel oor jou musiek keuse of enige iets waarmee hulle 'n probleem het, maak jou gewoonlik meer vasberade om te bewys dat jy reg is (en hou jou soms so op die verkeerde pad).

My jongste dogter is so oud soos jy, so ek is al lank 'n groot mens, maar ek kan dit tot vandag nie verstaan dat groot mense so vinnig is om te veroordeel en vrese uit te spreek. Daagliks moet ek by my werk hoor hoe bang is hulle as dit of dat gaan gebeur. Hoe die blankes uitgemoor gaan word of wat ook al. Min weet hulle dat vrees 'n teken van ongeloof is. Vrese moenie by ons bestaan nie. Rom.8:28 gee ons die versekering dat alles vir ons ten goede mee werk omdat ons Hom liefhet.

Vir my geslag net die volgende raad: as 'n sanger gospel liedjies sing en dit val in jou smaak, luister en geniet dit sonder om eers te gaan uitvind of hy/sy nie dalk 'n geraamte in die kas het nie. Volgens 2Kor.5:16 sien ons niemand meer na die vlees nie, maar na die gees, m.a.w. soos God na hom/haar kyk - skoon gewas deur Jesus se bloed. Dit is my uitgangs punt in die lewe om na elke mens te sien as iemand wat deur Christus gered is.

Skorsie42
May 18th 2010, 02:12 PM
Hahahaha eks bly jy dink so DanieB, dankie, maar jy ken nog net die my slegte kant nie haha! my ma sal soms ook verskil van jou mening! haha, ek weet nie of julle net afrikaanse musiek luister nie, en of julle ook Engels luister nie. Maar daar is hierdie een Gospel Band, Casting Crowns. Hulle is van iewers oor die waters. Maar hulle musiek is baie goed, goeie verse en ook nie oorverdowend nie. Daar is veral een liedjie van hulle wat vir my uitstaan. gaan lees gerus die woorde aanlyn.

Tik net in by Google 'what if His people prayed lyrics'- glo my, dis die moeite werd!

Willem
May 18th 2010, 09:13 PM
Hi skorsie, dankie sal bietjie gaan kyk, persoonlik is nogal lief vir delirious se musiek en dan ook Joe Niemand se goed.

Danie, jy slaan die spyker nogal raak ne? Dankie vir 2 Kor 5:16 sal dit moet begin toepas

Die een kom ook nogal baie by my op..

Mar 9:39 Maar Jesus s: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat n krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie;
Mar 9:40 want wie nie teen ons is nie, is vir ons.

Willem
May 18th 2010, 09:48 PM
Hahahaha eks bly jy dink so DanieB, dankie, maar jy ken nog net die my slegte kant nie haha! my ma sal soms ook verskil van jou mening! haha, ek weet nie of julle net afrikaanse musiek luister nie, en of julle ook Engels luister nie. Maar daar is hierdie een Gospel Band, Casting Crowns. Hulle is van iewers oor die waters. Maar hulle musiek is baie goed, goeie verse en ook nie oorverdowend nie. Daar is veral een liedjie van hulle wat vir my uitstaan. gaan lees gerus die woorde aanlyn.

Tik net in by Google 'what if His people prayed lyrics'- glo my, dis die moeite werd!

NICE! Sal bietjie luister