PDA

View Full Version : Gebede vir die van der Sandt familie.



Die Filadelfieer
May 7th 2009, 06:05 AM
Ek volg die storie van die gru-ongeluk waarin die van der Sandt dogtertjies oorlede is van dat dit gebeur het. Vannoggend is hierdie artikel in die Beeld : (http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2512328,00.html)




Die vierde Van der Sandt-sussie “se lyfie kon nie meer nie”. Sy het ook gesterf.
Estelle van der Sandt (4) was die enigste van vier sussies wat aanvanklik ’n gru-ongeluk op die Hornsnekpad, noordwes van Pretoria, oorleef het.
Haar pa, mnr. Wouter van der Sandt, was by haar toe sy gisteroggend in die Akasia-hospitaal in Pretoria gesterf het.
Volgens haar tannie, me. Marie van Schalkwyk, het Estelle “ ’n moedige stryd gestry, maar was haar beserings van so ’n aard dat haar lyfie nie meer kon nie”.
Net mev. Antoinette van der Sandt (38), die vier se ma, het die ongeluk oorleef.
Estelle se tweelingsussie, Lynette, en haar ousus, Miranda (9), is Maandagoggend op die ongelukstoneel dood. Hul an- der sussie, Marissa (8), het dié middag in die hospitaal beswyk.
Volgens Van Schalkwyk was haar vier “plotvarkies” pragtige kinders.
“Van dag een af was hulle ongelooflik,” het sy gistermiddag gesê op ’n mediakonferensie wat sy namens die familie behartig het.
Die meisies se ma kan volgens Van Schalkwyk nie onthou wat in die ongeluk gebeur het nie. Sy het gesê dít is haar suster se behoud.
Mev. Van der Sandt is sedert die ongeluk op die hoogte gehou van hoe dit met haar dogters gaan en is ook van elkeen se dood ingelig.
Mnr. Kobus van Schalkwyk, die kinders se oupa, het gesê dit gaan goed met sy dogter.
“Sy het gisteraand besef Estelle is op 99,” het hy gister gesê.
Volgens hom is hulle “sterk in geloof, maar ons vat dit dag vir dag”.
Die vier sussies se begrafnisreëlings moet nog gefinaliseer word.
Mev. Van der Sandt, wat vir die volgende ses weke plat op haar rug in die Montana-hospitaal moet lê om van haar veelvuldige beserings te herstel, sal per ambulans na die begrafnis geneem word.
Sy was Maandagoggend omstreeks 07:00 op pad van die Andeon-kleinhoewes, waar hulle woon, om haar dogters by die T-aansluiting van die Hornsnekpad en die R513 af te laai.
Daar sou ’n skoolbus hulle oplaai en na die Laerskool Vissershoek in De Wildt neem, waar Miranda en Marissa leerlinge was. Estelle en Lynette was leerlinge van die Woelwater-kleuterskool.
Op pad daarheen het mev. Van der Sandt teen ’n Volkswagen Golf se bestuurderskant gebots. Die Golf-bestuurder het volgens ooggetuies ’n U-draai gemaak.
Die twee insittendes, mnre. N.G. Mojolane (41) en L.M. Mosete (39), het op die toneel gesterf.
Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), in noue samewerking met die polisie, ondersoek nog die presiese oorsaak van die ongeluk.


Ek weet nie hoe oorleef die ouers hierdie hartseer nie.
Kan ek vra dat ons asb hierdie familie in ons gebede insluit ?

Baie dankie julle.

Phil Fourie
May 7th 2009, 06:21 AM
Ek bid natuurlik saam. Net vir duidelikheid, die pa was nie in die ongeluk nie? Beide ouers lewe nog?

Lanie
May 7th 2009, 06:26 AM
Dis baie tragies en so onnodig as mens dink dis agv mense wat nie verkeersreëls gehoorsaam het nie. Ek bid verseker saam....:pray: :pray: :pray: :pray:

protea
May 7th 2009, 08:41 AM
Die hoekoms en waaroms van die lewe het in die meeste gevalle nie antwoorde nie . Natuurlik sal ons vir die egpaar en familie bid dat die Here God hulle deur hierdie trauma sal lei , want NET Hy kan die troos en vrede bring!:pray:

Melani
Jul 31st 2009, 10:14 AM
Ek was ook ingelig van hierdie vreeslike ongeluk. Die ouers het 4 dogters gehaad en al 4 het gesterf. Ek het 1 dogter gehad en sy het gesterf op die 01 Maart 09.

N maand na my babatjie oorlede is het haar nanny gese: Jesus is nou haar nanny tydelik tot jy haar weer sien.
Dis reg en sy kan nie in beter hande wees nie.

Ek bid saam en vrae dat julle asb nie sal ophou bid vir die Sandt familie nie.

Jesus Liefde