PDA

View Full Version : Benodig raad Wat maak ek nou?



marline
May 8th 2009, 04:57 AM
Ek is al 20+ jaar van die kinders se pa geskei. Hy het nooit moeite gedoen om hulle te besoek nie, in hierdie tyd dink ek het hy hulle op die meeste twee keer gesien. Hy het nie eers die moeite gedoen om die oudste se troue by te woon nie. So paar maande terug het hy my gebel om my te se dat hy vel kanker het. Ek het die kinders dit mee gedeel, hulle wou gaan kuier, (hy bly in noord Kaap) maar omstandighede was net so dat hulle nie kon gaan nie. O, ek moet byvoeg dat die jongste seun darem gereeld met sy pa telefonies kontak het as hy in S A is, waar die oudste geen kontak met hom het nie.
My jongste seun is vandag in Engeland waar hy more op die skip klim vir werk. Gister aand bel 'n wildvreemde vrou my, die pa het uitslae gekry dat hy nou lewer kanker ook het, en ek moet asb die jongste seun laat weet. Niks van die eers geborene nie!!!!
Om die eerlike waarheid te se, is ek nie baie lus om my kind te laat weet nie, omdat hy nie nou kan terug kom nie, en wat nou van die oudste seun? Die jongste kom nou eers weer Des huis toe, is dit nodig om hom te ontstel, terwyl daar tog niks aan die situasie gedoen kan word nie? Asb, julle raad!!!!?:o

Phil Fourie
May 8th 2009, 05:34 AM
Marline

Dit is en bly hulle pa en ek glo dit is jou verantwoordelikheid om beide in te lig, anders gaan jy nie met jou gewete kan leef nie en gaan die kinders jou moontlik verwyt later.

Lanie
May 8th 2009, 05:50 AM
Marline, vat dit van iemand wat self 'n pa verloor het met wie sy nie 'n goeie verhouding gehad het nie, en vir wie sy nie totsiens kon s nie - LAAT WEET JOU KINDERS! :hug:

Paul Pienaar
May 8th 2009, 03:12 PM
Marline,

Self het ek nie ervaring van die situasie waarvan jy noem nie. En ook is nog nie eens 'n pa nie, maar tog..........
Ek dink dat jy jou kinders die besluit kan laat neem.
Kontak en noem aan hulle die situasie en se vir hulle dat dit hulle besluit is en dan ondersteun jy wat hulle ookal sou besluit. Selfs al besluit die een so en die ander een anders.

Sterkte!

Psalm
May 8th 2009, 04:58 PM
Hi Marline,

ek gaan saam met die ander saamstem, laat al jou kinders weet.
Ja dit gaan hulle tien teen een seer maak, en ja dit gaan moeite wees, maar moet hulle nie weerhou om liefde te betoon soos Jesus ons leer om te doen nie.

Dalk het die Heilige Gees met hom gepraat en hy wil dalk die laaste tyd regmaak met julle kinders, maar al is dit nie so nie, moenie jou kinders weerhou om Liefde te betoon aan hom nie, al gaan dit moeite kos en geld en tyd en opoffering. Gee hulle die keuse.

Dalk wil hy nie regmaak nie maar net aandag h, dan is dit nogsteeds goed, want Jesus het ons geleer, dat die grootste een, is die een wat aan die tafel sit, maar die een wat aan die tafel gesit het, het tog die ander om die tafel gedien.

Onder andere - Needrigheid, Sagmoedigheid en Lankmoedigheid in Liefde is al wat ek kan voorskryf.
Bid vir sy Siel, en jy self (nie jou kinders nie maar jy), betoon aan hom soos Jesus aan ons Liefde betoon het, toe ons nog sondaars was.

Dis moeilik maar ek kan nou vir jou s, jy sal meer Seen daaruit ervaar as hy!

marline
May 8th 2009, 05:40 PM
Dankie julle vir al die goeie raad. Ek het my seuns gebel, gelukkig kon ek die jongste in Engeland ook bereik.
Hulle het nie veel gese nie.
Dit is nie oor die onkoste wat ek huiwerig was om hulle in kennis te stel nie, maar omdat hy so min vir hulle om gegee het, en hulle al bitter seer gemaak het. Maar, ek het, danksy julle, besef hulle is groot mense en moet nou hulle eie besluite neem. Ek kan hulle nie meer beskerm nie.

marline
May 24th 2009, 12:06 PM
Ek voel net ek wil die nuus met julle deel. Gisteroggend is my kinders se pa oorlede aan pankreas kanker. My jongste kon ek in Engeland kontak, hy het vanoggend hier aangekom. Met Die Genade kon hy daddellik 'n vlug gekry. Ons sal more eers weet wanneer die diens is, dan sal ek reel vir vlieg kaartjies ens. Dankie weereens vir jul wyse raad!!!

Ta-An
May 30th 2009, 06:36 PM
:hug: .