PDA

View Full Version : Iets om aan te dink...



MG Van Wyk
May 8th 2009, 06:08 AM
Die omie kom gebukkend, skuifelend die pad afgestap, sy verkreukelde hoed styf in sy hand vasgeklem. Die plooie trek donker dongas oor sy gesig, en sy o is dof en blou. Sy klere hang soos ʼn meelsak om hom, sy skoene het al beter dae gesien. Sy hare wapper in drie slierte om sy voorkop, sonverbrand.
"Boetie! Boetie!" roep hy na my. Ek gee hom een kyk en kyk dan anderpad. Net nog 'n boemelaar, net nog 'n bedelaar.
"Boetie! Boetie!" roep hy weer.
Ek draai my rug op hom en sluit die motordeur oop.
"Boetie, boetie! Wag, ek wil met jou praat.." Sy stem is skor.
"Seker van al die drank," dink ek, klim in die motor en sluit die deur.
Hy struikel van die sypaadjie af, kom krom, oud en verwaarloos na my aangestap. Ek skakel die motor aan, kry trurat en verlaat hom, eensaam en alleen.
"Kry vir jou werk. Maak soos ek maak, dit bring geld, dan kan jy suip tot jy omval," gaan deur my gedagtes. Ek kry eerste rat, wikkel die petrolpedaal en laat hom in ʼn stofwolk agter. Ek sien in die truspiel hy beduie, hande omhoog.
"Ja, joune ook," s ek hardop, "net soos jou soort is - as jy nie iets kry nie, is ek altyd die skuldige."
By die huis vertel ek vir Vroulief van die voorbarige bedelaar, wat ek gesien het. Vroulief is dadelik Moeder Hen: "Waar slaap die arme man vanaand? Dit lyk asof dit gaan ren."
"Moenie oor hom worrie nie, sy soort het altyd 'n plan, hy wurm hom met 'n sak wyn iewers in 'n kombers toe en verdrink die dag van mre. Plaas dat hy karre oppas, dit sal daai drankgeldjies meer kosbaar maak."
"Swerwer, jy is ʼn harde man. Wat daarvan as hy drink? Hy is ook net ʼn mens, net soos jy," berispe Vroulief.
"Wat, 'n man soos ek? As hy ʼn man was, het hy 'n manier gesoek om 'n geldjie te verdien vir sy lustigheid. Nou wil hy my geld bedel, dit waarvoor ek gewerk het, met my sweet, my arbeid ... Se dinges, vrou! Kom ons vergeet nou die episode, ek is klaar spyt ek het jou vertel."
Vroulief stap kop onderstebo kombuis toe, ek maak my gemaklik op die stoep, bier in die hand. "Kan ook nie jou mond hou nie," mompel ek. My hond kom l onder die stoel en ek voer hom ʼn stukkie biltong. Hy lek my hand dankbaar.
Eensklaps staan vrou in die deur. "Swerwer, ek het vir die man 'n pakkie kos gepak, ons vat dit n vir hom.. Een van die kinders se komberse is ook oor die muur, ons vat dit ook."
Ek ken die stemtoon, onverbiddelik: "Vrou, is jy gek? Die man is seker lankal weg. Gaan skep op, ek is honger," probeer ek walgooi.
"Swerwerrr, as jy nie wil ry nie...... sal ek," druk sy dit uit.
Ek weet tepraat gaan nie help nie, my mooi van mre se dag hang hiervan af. Ek staan op, vat die motorsleutels, en draai half vermakerig na haar: "Nou kom, as jy hom wil kos gee, doen dit self."
Ons ry in stilte, met slegs die geruis van bande. Vroulief klou die pakkie op haar skoot vas.
Voor die koperasie stop ek op dieselfde plek. In die lig van die voertuig sien ek hom op die sypaadjie sit, sy kop op sy knie, hande wat hang tot op die grond.
"Sien jy, wat het ek jou ges? Klaar dronk." Vrou ignoreer my, maak die deur oop en skud die omie aan sy skouers.. Stadig lig hy sy kop; trane stroom oor sy wange.
"Nog dronkverdriet ook", dink ek.
"Omie, ek het ietsie gebring om te eet", praat Vroulief sag en vat sy hande in hare.
Die omie se lyf begin ruk, hy huil nou openlik, trane stroom deur die dongas.
"Nooientjie, dis nie ek nie. Die tannie by die huis het in die bad geval. Sy kan nie opstaan nie. Ons foon werk al twee weke nie meer nie. Ek het asma, ek kon nie verder nie. Ek het ʼn krel probeer stop, maar hy het weggejaag ... sonder om te luister. Al wat ek kon doen, was om te bid. God het vir my 'n engel gestuur. Asseblief, gaan help die tannie ... asseblief, gaan help haar."
Ek sit met ʼn knop in my keel, trane wil oor die walle stroom, die hartseer is diep en skerp. My gemoed is stukkend, my siel in opstand. Waar en wanneer gaan ons besef: "Ek is my broer se herder"?
Swerwer

Die Filadelfieer
May 8th 2009, 06:31 AM
"Ek is my broer, en my suster, se herder" .
Vir die wat graag wil help, maar nie weet waar om te begin nie, kyk gerus hierna (http://www.helpendehand.co.za/). Ek kan persoonlik getuig dat hierdie ouens baie goeie werk doen.

Willem
May 8th 2009, 09:54 PM
Baas van my by werk is so paar weke terug ge-highjack toe hy 'n boemelaar wat hy ken en al gehelp het uit pad gaan optel het in PTA, die ouens wou hom doodmaak en dis werklik wonderwerk dat hy ontkom het.. die ding wat hy vir my gese het en hom nog bybly is dat dit by hom opgekom het asof die Here vir hom vra , as jy hom nie help nie, wie gaan? En hy het gese dat hy amper seker is dat die ou doodgery sou gewees het daai aand...

Die Here laat alles ten goede werk vir die wat Hom liefhet ne'? Selfs hier waar dit vir ons lyk of die goeie daad nie beloon is nie , maar met die traumatiese evaring "beloon" was... maar soos Phillip gese het : die Here het my daardeur gedra.