PDA

View Full Version : Bespreking Breingestremdes en hulle behoefte aan Evangelisasie.



Mia Ashton
May 11th 2009, 12:13 PM
Baie dankie aan CFJ wat my genooi het om hier 'n draad te begin. Aan almal wat my so mooi welkom geheet het, ook baie dankie. Ek is so dankbaar vir hierdie webwerfie van Jesus.
My man het ongeveer 'n jaar gelede sy werk as bestuurder van 'n winkel wat aan sy broer behoort, verloor. Sy broer het vyf takke en almal doen goed, maar blykbaar was my man nie meer vir hom van nut nie. Ons het egter 'n verband gehad en ander verpligting en ek het maar begin koekbak om die pot aan die kook te hou. Ons buurvrou wat 'n wonderlike kind van die Here is het geweet van ons penarie en sy was weer 'n vriendien van een van die trustees van Horizon Farm. Hulle het ons vir 'n onderhoud genooi. Blykbaar het hulle al 4 jaar lank gebid vir huishouers. Horizon Farm is 'n plaas en hier bly ongeveer 35 breingestremde volwasse persone. Helfte is weens breinbeserings tydens geboorte, 'n ongeluk of siekte. Die ander is biopolar, skisofrenie, borderline, Kleinfelters Sindrome en selfmutulasie. Die persone met breinskade se se ouderdomme wissel van 20 tot 52. Verstandelik egter niks meers as die van 'n 10 jarige kind. Sommige selfs minder.
Ons het dadelik die werk gekry wat gratis verblyf en etes insluit en die Here het vir ons wonderlike huurders vir ons huisie voorsien.
Alles goed en wel, maar ek was nie so baie gelukkig nie. My man wat 'n baie handige persone is en wat homself heeldag besig kan hou met al die duisende take wat op die plaas te doen was, was in die sewende hemel. Ons projekbestuurder (trustee) en sy vrou bly ook op die plaas en hy is blind.
In die begin moes ek self kook vir almal en daar was nooit tyd vir onsself nie, ek wou net weg van die plek af.
Tot ek begin het om die staf beter te organiseer en ook iemand te kry wat die kookwerk kon doen. Nou het ek meer tyd om aan die 'kinders' te bestee en aan hulle geestelike behoeftes.
Ten spyte van my aanvanklike weerstand om hier te moet bly en nie in my eie gerieflike huisie waar daar stilte is en tyd wat ek my eie kan noem, het ek stadig maar seker besef daar is belangriker dinge vir my om te doen. God het nie gedink ek is te oud om te doen wat ek dink Hy wil he ek moet doen nie. Ek het begin om die eetkamer vir hulle mooi te maak. Reels begin instel dat daar voor elke ete gebid sal word en die TV af en dat almal by die tafels sal eet en nie sitle op die stoele voor die TV nie.
Ek het ook geen formele opleiding in Woordverkondiging nie, behalwe dit wat ek aan Jesus se voete en in Sy Woord met die hulp van die Heilige Gees geleer het. Tog het ek die ervaring van 'n baie besondere pad wat ons Heer met my geloop het. (Meer daaroor later. Die feit dat Hy my deur die smeltkroes laat gaan het deur drie van my kinders en my man deur die dood weg te neem was moontlik om my gereed te maak vir die 35 kinders wat hy nou vir my gegee het. Ek is nou weer getroud.)
Hulle noem my hier mamma Mia. Speel tydig en ontydig vir my die Abba liedjie. Een oggend het een van die mans hier (ons noem hom ons boerseun, hy is een van die Afrikaanssprekendes hier) spesiaal vir my 'n drukkie kom gee en gese hy wil vir my se die Heer is baie lief vir my. Vir my was dit of God self my wou versterk op daardie oomblik.
Dit is nie moeilik om met die 'kinders' oor Jesus te praat nie. Hulle is werklik soos kinders en soos ek dit vir my kinders geleer het, doen ek dit ook met hulle. Ons neem hulle ook saam met ons kerktoe en dit is vir hulle 'n wonderlike ervaring. Die probleem is die ander. Daar het ek hulp en gebede en raad nodig. Een jong meisie wat hier is, sny haarself gereeld en sy is vol letsels. Sy het my baie in haar vertroue geneem en ek probeer haar sover kry om my te roep wanneer die drang om haar te sny, te erg raak. Sy roep my, maar dit is altyd te laat. Ek kry die sms, hardloop na haar kamer en vind haar vol bloed. Eendag het ek vir haar gevra of sy al gebid het en ons Heer gevra het om haar te help. Onmiddellik het haar gesigsuitdrukking verander en die oe wat na my kyk was soos die van iemand anders. Asseblief moenie my misverstaan nie. Ek probeer nie om hierin iets te sien wat daar nie is nie, maar dink een van julle dit kan wees soos iets boos. Ek is bietjie huiwerig oor wat ek hier vir julle vra, maar ek gaan deurdruk. Kort daarna het haar gesig weer verander en het sy in trane gese sy voel haar nie waardig om God se hulp in te roep nie.
Hier was ook die man wat in die middel van die nag aan ons deur kom klop het en vir my gevra het om vir hom te bid want die duiwel wil hom nie laat slaap nie. Hy is skisofrenies (sorry vir spelfoute) en al die stemme in sy kop wil he hy moet iemand doodmaak. Sy grootste vrees was dat hy dit dalk gedoen het. Ek het hom verseker dat hy niks verkeerds gedoen het nie en terwyl my man vir ons gaan teemaak het, het ek gebid en met hom gesels oor sy lewe. Hy het egter 'n verskriklike lewe agter hom. Vrouens het vir hom net een doel. Ek kon net bid, maar die koue gevoel in my kon ek nie eers met warm tee wegkry nie.
Ek vra dat julle sal bid dat ek duidelikheid sal kry oor met wat ek te doen het. Ek wil tog nie melodramaties klink nie - maar kan daar dalk bose magte wees wat wanneer iemand swak is, juis dan hom aanval. Hierdie persoon was nou vir bykans twee maande weg van die plaas, maar kom vandag terug. (Hy was weg vir behandeling).
Ek hoop almal van julle het 'n wonderlike week.
Groetnis en liefde van almal vanaf die Funny Farm:D

Die Filadelfieer
May 11th 2009, 01:06 PM
Hallo Mia,
Baie dankie vir die draad. Jy gaan heel moontlik uiteenlopende antwoorde op jou vrae kry, maar mynsinsiens is jy 100% op die regte spoor met jou gevolgtrekkinge. Ek vermoed jy weet dit reeds, maar ek wil graag vir jou sÍ dat, net soos Christus se kruisdood vir ons komplete en volkome verlossing gebring het, Sy Gees in jou ook komplete en volkome geestelike beskerming verleen. Die gesprek rondom sogenaamde "geestelike oorlogvoering" is kontroversiŽel en daar is baie verskillende menings rondom dit, maar solank as wat jy deur die Gees gelei word sal jy die regte reaksies hÍ op konfrontasies, of dit nou menslik of geestelik is.

Jy skryf die volgende :



Ek het ook geen formele opleiding in Woordverkondiging nie, behalwe dit wat ek aan Jesus se voete en in Sy Woord met die hulp van die Heilige Gees geleer het.


Dit, mamma Mia, is al wat jy nodig het om Sy opdrag uit te voer. Net dit.

protea
May 11th 2009, 03:05 PM
Mamma Mia van 'Funny Farm' se getuienis is so kragtig omdat sy in Jesus se wil wandel. NÍrens sal mens daardie vrede en geluk vind soos wanneer jy weet jy wandel in die Here se wil nie. Soos ek haar getuienis gelees het , het die teks : 'Laat die kindertjies na My toe kom..' by my opgekom, want hierdie volwassenes is eintlik geestelik, emosioneel en verstandelik nog kinders. En watter voorreg om hulle na Jesus toe te lei!
Fila het vir seker jou die regte raad gegee: Jesus het raad vir die fisiese, geestelike en emosionele probleme van hierdie volwassenes en die verkryging hiervan is net n kniebuig vÍr. Al ons liefde en gebede vergesel julle en julle 'gemeinte'.:hug:

Willem
May 12th 2009, 12:05 AM
Hallo Mia,
Dit, mamma Mia, is al wat jy nodig het om Sy opdrag uit te voer. Net dit.

Amen! Dis net so ongelooflik hoe Hy mense oplei en leer wat jy in geen skool sal leer nie en ek weet jy gaan soms terug kyk en sien war die antwoorde vandaan gekom het en hoe Hy jare terug reeds besig was met jou opleiding.

Sterkte.... wat praat ek...
Isa 40:31 maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

RR van Wyk
May 12th 2009, 06:06 AM
Hi Mia,

Dankie dat jy jou storie met ons gedeel het, dit het 'n impak op ons eie lewe en gee ons bemoediging.
Julle het 'n opdrag van God aanvaar en deurgedruk daarmee, ek kan net my hoed afhaal vir julle uit dieppe respek.

Ek wil jou net groot guns vra. Dat jy vriende maak met ander christen mense wat jou fisies kan ondersteun, bemoeddiging gee en jou kan dra deur moeilike tye. Die werk wat jy doen is beslis nie maklik nie en kan jou geestelik en liggaamlik dreineer. Hierdie forum is 'n goeie hulpmiddel, maar kan nie fissiese kontak met mense vervang nie.
Ek hoop regtig julle behoort reeds aan so 'n ondersteuningsgroep, dit kan die wÍreld se verskil maak!!

Mia Ashton
May 12th 2009, 07:55 AM
Liewe RR vWyk, Willem, Protea Die Filadelfieer,
Baie baie dankie vir julle wonderlike ondersteuning en bemoedigende woorde. Ek voel totaal onwaardig vir julle lof. Gister het ek ook die boodskap in my stille tydjie met my Vader gehoor dat Hy vir my se dat sy Genade vir my genoeg is.
Ek behoort aan 'n ondersteuningsgroep. Die probleem is om weg te kom. Ons vergader altyd in die oggend. Dit is ook waar dat ek met tye onder die besembos le en vir my Heer se: "Genoeg is genoeg".
Maar dit was op so 'n oggend dat ek Sy Webwerfie (julle) ontdek het en ek weet Hy weet dat Hy elkeen van julle gaan gebruik om my met raad en gebed te versterk. (Sorry ouens, ek het julle nodig!!!!!) Ek is baie gelukkig getroud, maar my man is nie so naby aan God soos ek nie. Hy weet egter dat net gebed dinge kan verander. Tog kan ek tragies genoeg nie met hom gesels wanneer die juk bietjie swaar raak. Hy raak kwaad as hy sien ek 'stres'. Nou het ek God gevra om my te versterk en met wysheid te voorsien om my man reg te hanteer. Die laaste tyd het dit tog gebeur dat ook hy onder druk is en dan skree op my sodat dat ek bietjie voel of hy my 'verbal abuse'. Maar hy is ook onder stres en ek moet sy veilige hawe wees. Ai toggie, hier gaan ek al weer. Moenie dink ek kla net. Dit is 'n lieflike dag daarbuite hier in Natal. Die son is heerlik warm. Eintlik wou ek net se dankie. Julle ondersteuning beteken vir my die wereld.
'n Aantal jare gelede net voor die dood van ons eerste kind het die Here vir my die volgende vers gegee: Isaiah 45 v.3 I will give you the treasures of darkness, riches stored in secret places. So that you may know that I am the Lord, the God of Israel who summons you by name."
Sorry vir die engels. Ek dink julle kom agter dat ek op die oomblik bietjie baie gebed en ondersteuning nodig het. Ek moes al vir julle gese het dat een van die mans my aangeval en geslaan het. Hy het een van my ribbes gebreek en gekraak en my geskop. Dit was vir my 'n geweldige skok en alhoewel dit al 5 weke gelede gebeur het en die meeste pyn verby is, kan dit dalk die oorsaak wees dat ek nou bietjie depresief en pieperig is.
Dankie nogmaal dat julle lees en reageer.
Liefde in Christus vir julle almal.

Lanie
May 12th 2009, 08:32 AM
Mia, ek kan jou verseker dat jy hier die ondersteuning wat jy nodig het sal vind. Ons is almal boeties en sussies en baie lief vir mekaar. Partykeer raak ons bietjie rof met mekaar as ons nie saamstem oor iets nie, soos dit met alle boeties en sussies gaan, maar dit verander nie aan die feit dat ons baie omgee en mekaar in moeilike tye ondersteun nie.

Ek dink aan julle en sal bid vir die Here se krag en wysheid vir julle. (En hou maar moed met jou man, dit sal ook op die Here se tyd regkom.)

Liefde
Lanie

protea
May 12th 2009, 10:57 AM
Mia, dis net menslik om depressief te voel na so n fisiese aanval en gewoonlik is so n vertraagde reaksie altyd die ergste. Maar KIES om jou oŽ van jou voete af te haal en voortdurend op Jesus te hou. Hy is jou Anker , jou Vertrooser, jou Redder, jou Hoop, jou Raadsman , jou Ewige Vader , jou Sterke God! Jy MAG op sy skoot gaan sit en jou probleme vir Hom uitspel en Hy wil ook hÍ jy moet dit doen. Ons as forum maatjies het min antwoorde, maar die Heilige Gees is nie verniet ons Raadsman nie , met AL die antwoorde en bemoediging wat ons nodig het. Ons bid ook dat die Here jou man sal aanraak sodat hy sal beself dat om so n groot taak op sy eie aan te durf net n resep vir mislukking is en dat Hy jou man deur hierdie 'aanraking' nader aan Hom sal trek! Want elke mens 'keer' die Here 'voor' op Sy unieke en goddelike manier. Hy het ons almal verskillend gemaak en ons reaksies is almal verskillend. En WEET ons Vader dit nie! Moenie twyfel aan ons gebede ook vir fisiese en geestelike beskerming nie , vriendin. Staan sterk in Jesus!:hug:

Mia Ashton
Jun 8th 2009, 03:43 PM
Hierdie skrywe is ' S.O.S... S.O.S.... Mayday, Mayday!!!
Ek het julle raad en gebede weereens nodig. Dit is in dae soos hierdie dat ek heeltemal ontoereikend voel en alle gelowiges wat hier lees se hulp inroep om te help bid vir wysheid, insig en redding.

Hier op Funny Farm is 'n meisie, 27 jaar oud. Pragtig. Slim. Sy ly aan depressie, en sy sny haarself, of sy hou op om te eet. (Borderline personality)

Haar drang om te sny het ongeveer 3 maande gelede begin om handuit te ruk en sy is in die hospitaal opgeneem vir skok-terapie. Na 'n reeks van 6 skokke en vermeerdering van haar medikasie het niks verander nie. Ek en sy het 'n baie goeie verhouding en sy is baie geheg aan my. Wanneer haar ouers vir haar gaan kuier dan skakel sy my altyd op haar selfoon en elke keer vertel sy hoe verlang sy na my en die plaas. Ek het julle al voorheen van haar vertel en die gevoel wat ek het dat ek met iets bonatuurliks te doen het, wil nie van my wyk nie. Sondagaand toe sy my skakel en huil en vir my vertel dat die drang om te sny erger is as ooit, het ek byna wanhopig gevoel. Ek weet daar is net een redding en dit is Jesus Christus se reddende regterhand.

Die drang om te sny is nie meer die gevolg van 'n chemiese wanbalans in haar brein nie, maar is die verslawende gewoonte wat haar beter laat voel in tye van depressie of stres. Sy is so verslaaf aan cutting soos iemand anders aan alkohol.

Ek het nounet met haar ma gepraat en die arme vrou is wanhopig. Ek beplan om vir haar hierdie week in die hospitaal te gaan kuier. Ek bid al lankal vir haar en my bybelstudiegroepie bid saam met my, maar sal julle wat gelei word om hierdie te lees, dit ook asb. doen. Ek het 'n ongelooflike onwilligheid (gevoel) in my om op te gee vir hoop vir hierdie kind. Ek weet onse Heer kan haar red!!! Bid asb. vir wysheid vir my om te weet dat wat ek moet doen nie uit myself is nie, maar van ons Heer afkom en dat ek nie spoke sien waar daar nie is nie.:help:

Ek weetnie wat haar ouers se verhouding met die Here is nie, ek weet net sy haarself voel haar onwaardig om te glo dat die Here haar kan gesond maak. Aan die anderkant is ek ook nie seker of dit net 'n verskoning is om nie wil genees te word. Haar ma se sy doen niks, maar niks in die hospitaal nie. Sy word nie toegelaat om 'n voet te versit sonder dat een of ander verpleegster by haar is nie. Sy het baie gewig aangesit omdat sy byna geen oefening kry nie, en hulle hou haar byna heeltyd onder verdowing om haar teen haarself te beskerm. Indien die realiteit van haar oorgewig tot haar deurdring, kan dit haar weer tot anoreksia toe dryf.

Dankie dat ek hierdie met julle kan deel. Ek voel al klaar of ek versterk word.

Liefde vir almal
Mia

CFJ
Jun 8th 2009, 04:32 PM
Hallo Mia,

Hierdie is seker nie altyd die maklikste kwessies om uit te sorteer nie, maar wat my pla van hierdie hele ding is die feit dat medikasie haar tot haar sinne moet bring. Baie mense redeneer dit is fatalisties om anti-depressante net eenvoudig uit te sny, maar ek het al van verstommende verhale gehoor en ook eerstehands beleef, waar die herstel net gekom het, toe daardie medikasie totaal gestop is en Jesus se krag alleen verligting en genesing gebring het. Tog is dit iets waarvoor iemand reg moet wees en mens kan nie 'n persoon dwing om dit net eenvoudig te los nie.

Die feit dat sy haar lewe wil neem, as ek jou reg verstaan, wys maar net dat satan hier aan die werk is, want hy alleen is 'n mensemoordenaar en soek haar lewe so gou as moontlik. Ons mag glo dat Jesus vir haar ook 'n oorwinning bewerk het by die kruis en daardie oorwinning het satan verpletter. Sy moet dit net eenvoudig weet en almal wat haar ondersteun moet dit besef!

Dankie Vader dat ons in Jesus se soetste naam, kan bid dat hierdie 27-jarige vrou die grootste van alle oorwinnings weens U genade alleen deelagtig is en dat satan geen mag oor haar lewe het nie, dankie dat ons kan weet dit is U wil dat sy hierdie oorwinning kan hÍ en dat sy reeds van U weet en net moet vashou aan haar ENIGSTE hoop! :pray:

Mia Ashton
Jun 8th 2009, 05:56 PM
Dankie CFJ, ek waardeer jou gebed baie.

Op die oomblik wil sy nie selfmoord pleeg nie, maar sy sny haar en daaruit kry sy 'n 'kick' soos uit 'n dwelm. Die drang om te sny is soos iemand wat smag na alkohol of sigarette. Sy is oortrek van snymerke. Uiteindelik sal sy te diep sny, of 'n belangrike aar raaksny en dit is waarvoor ons so bang is.

Ek deel jou gevoel met die medikasie, maar dit sal moeilik gaan om haar daarvan af te kry.

Dankie nogmaals.

protea
Jun 9th 2009, 09:10 AM
Mia . ons bid vir jou WYSHEID toe om te weet wat om vir hierdie jong vrou te se. Ons bid dat die Heilige Gees jou sal toerus om ook teenoor hierdie vrou te getuig van onse Here Jesus wat haar liefhet NET SOOS SY IS. En dat Hy aan die kruis op Golgota ook vir haar gesterf het om ook haar geestelike wonde te heel waarvan die fisiese wonde maar net n manifestasie is. Ons bid jou krag en sterkte toe want JY weet waar jou krag, wysheid en sterkte vandaan kom!:pray: