PDA

View Full Version : Help asseblief Gebed vir werksonderhoud



lukeskywalker
May 12th 2009, 03:53 PM
Ek het tans 'n goeie pos waarin ek al die laaste amper 4 jaar is, maar gaan more vir 'n onderhoud vir 'n pos by 'n ander maatskappy, geld sal min of meer dieselfde wees.

Van my vriende se dis nie nou die regte tyd om van werk te verwissel nie, mens moet aan "laaste in, eerste uit" dink en so aan.

Ek wil maar net vra dat julle sal dink aan my in julle gebede, nie om die werk/pos te kry nie, maar dat die Here se wil sal geskied.

Willem
May 12th 2009, 06:10 PM
Hi Luke,

as jy Sy wil soek, is ek oortuig dit sal die regte besluit wees wat Hy jou van oortuig... en wie weet of jou huidige werk oor 6 maande nog besigheid sal doen? Net God weet en as Hy jou oortuig teen alle gesonde verstand in, dink ek dis goeie advies wat Hy gee...

Sal bid dat jy absolute sekerheid oor Sy wil kry en ook bevestiging daarvan van iemand anders of uit ander oord.

Mag Sy vrede jou hart wees as jy die besluit maak.

lukeskywalker
May 24th 2009, 11:49 AM
Dankie vir julle gebede, die onderhoud was maar moeilik en ek het nie die werk gekry nie, maar ek aanvaar en berus dat dit God se wil was wat geskied het.

marline
May 24th 2009, 12:15 PM
Definitief so LSW, Ek is al amper 'n pensioenaris alhoewel ek al lankal nie meer werk nie.Toe my man sy baie goeie werk verloor het, het ek ook weer na werk gesoek. Niemand wou my eers 'n onderhoud toestaan nie, weens my ouderdom. En eendag, toe ek weer so op moed verlore vlaktes sit, omdat my wederhelf sulke verskriklike ure werk, kry ek sommer 'n baie goeie werk. Ons Heer werk op wonderlike wyses.:pp

Louis F Brits
May 24th 2009, 02:42 PM
Ja,Hy sorg vir sy kinders!!!:bounce:

CFJ
May 24th 2009, 05:24 PM
Dankie vir julle gebede, die onderhoud was maar moeilik en ek het nie die werk gekry nie, maar ek aanvaar en berus dat dit God se wil was wat geskied het.

Dankie dat jy laat weet het Lukaslugloper (soos Willem jou noem)! :)

lukeskywalker
May 24th 2009, 06:28 PM
Dankie dat jy laat weet het Lukaslugloper (soos Willem jou noem)! :)

Ek hou nogal van die naam!

Willem
May 24th 2009, 07:46 PM
Hi Luke,

jammer dat jynie die werk gekry het nie, maar ek dink jy kan maar daai spasie dophou. Hy weet watter deure om oop te maak en watter nie.

Ek sit ook maar en werk en werk , soos ek vir swaer vandag se. Dis nie aldag dat ek opspring en werk toe wil gaan nie, maar party dae dan beteken mens weer iets vir iemand of sien jy iets raak waar jy kan help en dan voel jy weer jy het jou deel gebring.

Het jy "broer" by werk? Dit maat dinge soveel makliker vir my om soms met hom te praat oor goed in die bybel en wat hy leer en dan vergeet jy sommer van die goete wat jou netnou so opstropelis getrek het.

Groete
N.S. miskien moet ons jou herdoop na Ligloper ( hy wat wandel in die lig van die waarheid :bounce: )

lukeskywalker
May 25th 2009, 05:00 PM
Ek sal nogal daarvan hou as julle my naam kan verander na lukasligloper...:D

Ek het ongelukkig nie 'n "broer" by die werk nie, en ek kan dink dat dit dinge makliker sou gemaak het om een te he waarmee mens oor Godsdiens kon gesels. Ek werk by 'n baie klein plekkie (5 mense) en is die enigste Christen.

Willem
May 25th 2009, 06:08 PM
Hi Lukas,

Jammer dat jy nie broer by werk het nie,maar die kan dalk ook help?

Miskien paar ouens soos ons sel/vriende groep wat mekaar se "skilddraers "
is (soos wapens van geloof ) en mekaar sms en pos vir ondersteuning in gebed vir besluite en alles.

Daai wete dat jy nie alleen is nie , maar vriende / broers het wat ook saam met jou in gebed instaan, help baie... dis vir die mens in ons...op die einde is dit net God en Sy genade en Gees wat jou deur alles dra.... ons skilddraers is meer soos liggaam/kerk wat vir mekaar begin uitkyk en sorg?
:bounce: dis nou maar paar maande , maar die Here antwoord ons en lei ons self met die gebede wat nog nie beantwoord is nie :pp

lukeskywalker
May 25th 2009, 06:25 PM
Ek word graag deel van so groep, moet ek my e-pos adress vir julle laat kry?