PDA

View Full Version : Grootste geestelike musiekkonsert



Lanie
May 13th 2009, 07:26 AM
Ek en my man lag gisteraand hardop vir die wreld se verwaandheid en die duisende wat dit nie eers gaan raaksien nie.....

Wie van julle sal die "grootste geestelike musiekkonsert nog" bywoon as dit by 'n casino gehou word?

Praat van 'n teenstrydigheid!!!!!!!

Ta-An
May 13th 2009, 08:08 AM
LOL Waarvan praat jy?

Lanie
May 13th 2009, 08:16 AM
:lol: Daar was gisteraand 'n advertensie van "die grootste geestelike musiekkonsert nog" wat hulle by Carnival City gaan hou. Die "who's who" van Suid-Afrika se christen musiekkunstenaars gaan daar wees.... ek sal nou nie name noem nie...:rolleyes:

Is ek verkeerd om my o te rol vir christelike musiek by 'n dobbel-plek?

RR van Wyk
May 13th 2009, 08:36 AM
Ek glo nie dit is verkeerd om jou o te rol en vir die snaaksigheid daarvan te lag nie..... Maar hoekom nie dit daar hou nie?
Die duiwel neem letterlik die hele wreld oor, nie eers ons kerke is veilig nie. So hoekom nie bietjie lig laat skyn waar 'n mens dit die minste sal verwag nie?

Die Here is alomteenwoordig, so hoekom kan sy skapies nie ook so probeer wees, miskien lok ons mense wat bietjie struikel nader :)

Ek glo egter mens moet natuurlik iewwers die streep trek. Hulle s meng jou met die semels en die varke vreet jou op?

Ta-An
May 13th 2009, 08:41 AM
Wel miskien tyd dat ons ons plek in die wreld terugneem, as Steve Hofmeyer in the AGS Auditorium sy konstert kan hou :eek: .....

Tonton
May 13th 2009, 09:47 AM
Interresante dilemma - is dit evangelisasie in Sodom en Gemorra, of is dit die versterking van Sodom en Gemorra se beurse asook 'n legitimisering van hul bestaan vir Christene.

Ek dink dit is OK om te evangeliseer, maar dan moet jy juis jou uitspreek teen die dinge wat daar aangaan, anders gee jy die duiwel vastrapplek.

Ek sal maar die fees "pass". Ek bly in elk gevan in die Kaap!

Anton

Phil Fourie
May 13th 2009, 09:53 AM
Ek hoor wat julle s, kom ons vat die wreld terug vir die kerk, kom ons meng onsself lekker in tussen hulle in, word hulle vriende en betaal hulle vir hulle geriewe sommer ook terwyl ons daar besig is. Ek verseker jou, die casino sien net die dollars, nie die evangelie nie, maar dan moet ek ook s, baie van hierdie who's who in die Christen musiekbedryf laat my ook maar baie wonder, die een oomblik "Lig jou hande na bo", dan "Wil jy nog lepel l" :rolleyes:

Ons is besig om te ver-wrelds, hoe hoog is die prys wat ons bereid is om te betaal?

Groete
Phil

NS! Ek hou hierdie naweek 'n Christen boekverkoping hier in 'n bordeel in my dorp, stuur solank die woord uit dat mense kan kom, ek sal vir die dametjies vra om mooi aan te trek dat hulle nie die mense verlei nie, soos die casino seker ook doeke sal gooi oor die dobbelmasjiene om nie die mense te verlei nie ;)

Sorry, ek weet dit was nou nie 'n mooi vergelyking wat ek hier gemaak het nie, maar dit is presies dieselfde as om 'n Christen konsert in 'n Casino te hou.

Tonton
May 13th 2009, 10:48 AM
H h h...

Glo my, die dobbelmasjiene sal oop staan, en oppas, hulle breek dalk rekords.

Hierdie plekke is die tuiste vir afgode. En mammon is maar een van hulle!

Anton

Phil Fourie
May 13th 2009, 12:00 PM
Ek gaan nou groot gaan, Saterdagaand gaan ek 'n Gospel show hou hier by 'n bekende "club", almal welkom, jy hoef nie te betaal vir toegang nie, daar is 'n kontantkroeg beskikbaar ;)

Tonton
May 13th 2009, 01:27 PM
Ek gaan nou groot gaan, Saterdagaand gaan ek 'n Gospel show hou hier by 'n bekende "club", almal welkom, jy hoef nie te betaal vir toegang nie, daar is 'n kontantkroeg beskikbaar ;)

Het die kroeg 'n rokers-seksie?

Phil Fourie
May 13th 2009, 01:35 PM
Ja, maar dit is ongelukkig waar ons die moederskamer wil inrig :saint:

Ta-An
May 13th 2009, 03:09 PM
Daar sal seker hewige troegangsfooi gehef word.... maar dan kla hulle oor kampgeld by Oom Angus :rolleyes: Sorri ..... daardie vis geslip