PDA

View Full Version : BELANGRIK 'n Draad aan en vir Phil



CFJ
May 15th 2009, 06:12 AM
Mense sal sien dat Phil Fourie nie meer 'n Mediater is nie, hy het weens bepaalde omstandighede bedank en hierdie draad is spesifiek om hom te bedank vir die werk wat hy in Lighuis en ook op Bibleforums in die algemeen gedoen het. Hy was hier heel van die begin toe ons met Lighuis begin het en baie van die dinge wat hier in Lighuis is, is deel van sy handewerk.

Dankie Phil en hoop om jou nog hier rond te sien!

Ta-An
May 15th 2009, 08:49 AM
Phil, Dankie vir jou tyd en liefde waarmee jy hier bedien het.
Mag jy wandel in die pad wat die Here vir jou bestem het.
:hug:
Dankie


Mag Die HERE jou seŽn en jou behoed;

Mag die HERE Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;

Mag die HERE Sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.


:hug: :hug: :hug:

protea
May 15th 2009, 09:23 AM
Phil , ons gaan jou mis as moderator. Mag die Here jou seŽn in die opdrag wat Hy jou gee omdat jy n gehoorsame kind van die Lewende God is en omdat jy kies om in Sy wil te wandel:hug:

Philip dT
May 16th 2009, 07:19 AM
Phil, ek sien die harde werk raak wat jy hier in Lighuis verrig het. Baie dankie daarvoor!

Willem
May 16th 2009, 09:22 PM
Dankie vir die werk Phil,

Maar moet asb nie ophou om te pos nie, ons het nodig om die waarheid te hoor, al stem ons nie altyd saam nie, maar dis mos ma hoe mens leer of hoe? Die finale se bly maar die Woord en die Here wat sal oordeel oor ons harte.

Ek glo die Here sal vir jou ander deure oopmaak waar die een se tyd nou verby is ( as ek regverstaan en aanneem dat jy nou iewers anders ingespan sal word deur ons Here. )

Groete