PDA

View Full Version : Help asseblief Gebede vir die Mollers



Die Filadelfieer
May 15th 2009, 09:38 AM
Protea het die volgende gebedsversoek :


Jan Moller Karrooboer/sanger en sy vrou Chante Hinds se oudste seuntjie , Daniel, het gistermiddag laat verdrink. Die kleinding was skaars 2 jaar oud. Chante was n dekade of meer gelede , toe SABC nog SAUK was n kontinuiteits aanbieder van Goeie More SA. Ek weet niks detail verder nie en die 'hoe en wanneer en waar' is nie nou ter sake nie Ek vra asb vir gebede vir hierdie platgeslaande familie.:pray::pray::pray:

Mia Ashton
May 18th 2009, 10:13 AM
My verstand staan stil, my vingers huiwer op die sleutelbord want daar is geen woorde wat 'n mens kan se wat nie leeg en sinloos klink wanneer die dood van een van jou kinders jou tref.
Wees verseker ek bid vir hulle. Met elke druppel energie in my pleit ek dat ons Heer hulle baie baie styf sal vashou. As ek dit se is dit met groot nederigheid in my hart dat ek weet hoe hulle moet voel. Ons Vader het drie maal hierdie pad met my geloop en daarom kan ek ook se dat as ons almal vir hulle bid en hulle hul oe op Jesus hou, Hy hulle SAL vertroos en met tyd aan hulle vrede gee. Jeses sal hulle vashou.!!!
Dit is net baie swaar wanneer jy by die graf van jou kind staan en mede Christene se: "Wees sterk, jy is mos 'n Christen." Op daardie oomblik wil en kan jy nie sterk wees nie, maar jy steun op die sterkte en gebede van ander.
Dit was ook vir my 'n geweldige troos om te weet dat my Hemelse Vader WEET hoe ek voel, Hy het sy eie Seun nie gespaar sodat ek getroos kan wees omdat Hy deur Sy wonderbaarlike liefde 'n veilige huis vir my kinders gereed gemaak het. Tog ten spyte van al die Bybelse beloftes dat ons hulle weer eendag sal sien, wil jy as ouer hulle nou by jou he en niks anders nie.
My liefdevolle gebede is met hulle.!!!!

protea
May 19th 2009, 06:48 AM
Dankie vir jou gebede , Mia. Klein DaniŽl is gister op hulle Karrooplaas begrawe. Natuurlik is daar met sulke trauma in mense se lewens BAIE meer vrae as antwoorde . Ek bid vir hulle die vrede van die Here toe sodat hulle sal weet dat die Here hulle styf-styf vashou in hierdie baie donker tyd in hulle lewens. Ek weet ook dat daar NIKS MAAR NIKS in n Christen se lewe sommer maar per ongeluk gebeur nie , en die insig in die hoekoms en waaroms is ons nie nou -al beskore nie. Eendag sal ons nie meer in die 'dowwe spieŽl' van 1 Kor 13 sien nie ,maar soos dit werklik is. Dan sal AL ons vrae beantwoord word.

Melani
Jul 31st 2009, 10:25 AM
Ek bid so baie vir hulle, klein Daniel het 2 maande na my dogertjie Kayla verdrink. My dogtertjie het ook verdrink hierdie jaar 01 Maart. Albei Daniel en Kayla was 18 maande oud. Ek het darem Chante se kontak besondehede alhoewel ek n nul op n kontrak vir haar nou kan beteken want ek is self nog in skok en gaan deur die grootste krisis van my lewe.

Dis waarom ek hier aangesluit het. Daar is so baie verwyte, seer, angs en vrae.
Ek weet ons kleintjies is nou veilig in Jesus se arms en dat ons hulle weer sal sien maar dit is moelik.

Kom ons hou asb aan om vir Chante en haar familie te bid asb.:pray:

Jesus Liefde

Mia Ashton
Jul 31st 2009, 04:55 PM
Liewe Melani
Ek is so baie baie jammer om te hoor van jou dogtertjie. My woorde klink so leeg en wanneer mens se hart nog so bitter seer is, klink alle trooswoorde leeg en sinloos. Jy is so dapper om so uit te reik na die Mollers en in jou eie hartseer ook te vra dat ons moet aanhou bid vir hulle. Wees verseker ek bid vir hulle en vir jou en jou gesin.:pray:

Vir nou kan ek net vir jou se dat jy sommer styf in Jesus se liefdevolle arms moet inkruip en jou hartseer aan Sy bors uitsnik. Genadiglik maak tyd die seer bietjie minder. Die groot leemte in mens se lewe bly altyd, tog weet ek ook dat hoe meer jy na ander uitreik, hoe makliker sal dit word. As dit nodig is kom gesels met ons hier op lighuis. Hierdie is 'n wonderlike warm liefdevolle familie wat al vir my baie beteken het. Moenie onnodig probeer sterk wees nie, soek jou sterkte in ons Hemelse Vader en Hy sal vir julle verseker dra totdat dit stadig maar seker begin beter word.

Verwyte is daar altyd met die dood van 'n kind. Dit breek jou net verder af. Satan geniet dit om jou hartseer uit te buit. Ongelukke gebeur, ons leef in 'n gebroke wereld. Mag jy en jou man egter versterk word met die wete dat ons Hemelse Vader julle baie liefhet en verseker vir julle vrede sal gee en julle sal vertroos.

Protea het 'n draad begin "Trauma berading," waar jy wanneer jy daarna voel kan lees en ook met ons kan deel wanneer die dae te lank word en die hartseer te seer.:hug:

Al my liefde
Mia

protea
Aug 1st 2009, 08:22 AM
Hallo Melani! Baie welkom hier op Lighuis! Ons is SO intens jammer oor jou en jou man se verlies en ons hoop dat die Here julle sal vertroos soos net die Trooster kan. Hier op Lighuis gaan jy verseker nie al die antwoorde op julle vrae kry nie ,maar as julle ons as n 'uitlaatklep' wil gebruik en wil gesels oor julle vrae en verwyte en hartseer, is julle welkom om dit te doen. Ek weet die moderators bewaak hierdie forum met al die 'ammunisie' tot hulle beskikking en so beveilig hulle hierdie heerlike saamkuier forum waar ons baie lag maar ook saam met mense huil oor die trauma in hulle lewens. Nege 'drade' (onderwerpe) hoŽr op hiedie een hoofdeel van die forum (Gebed, Getuienisse en Bediening) is daar n draad 'Die moets en moenies van traumaberading'. Kliek daarop en kom gesels saam. Ek gesels op daardie draad dan verder met jou.:hug: