PDA

View Full Version : Help ek verstaan nie



Willem
May 16th 2009, 10:59 PM
Mat 23:23 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

Wat is die reg en barmhartogheid en trou?

Ta-An
May 17th 2009, 06:07 PM
Mat 23:23 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

Wat is die reg en barmhartogheid en trou?geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid.
Die Engels sę :
KJV: judgment, mercy, and faith
BBE: righteousness, and mercy, and faith;
ASV: justice, and mercy, and faith
Hollandse Bybel: oordeel, barmhartigheid, en geloof
Wycliff: doom, and merci, and feith
Youngs Literal Translation: the judgment, and the kindness, and the faith;

Hier word te velde getrek teen huigelary omdat hulle die wet tot sy uiterste wou nakom, deur tiendes te gee op wat nie eers vereis word nie........ maar die liefde tot G_d en naaste verwaardeloos.

Willem
May 17th 2009, 08:13 PM
Ah!

so die letter word gevolg maar die gees nie...

Soos ek soek barmhartigheid nie offers nie..

Dankie

Ta-An
May 17th 2009, 08:15 PM
Dis hoe ek dit verstaan...... nie te roem op werke nie, maar om wel die gebod van die liefde eerste te stel.

Gerhard Ebersoehn
Nov 14th 2013, 08:10 PM
Sou <G_d> veronderstel wees om 'God' te wees?

Hoe werk dit?

Neewat. Dis nie eers om onder die Wet te lewe nie. Dis veel erger.

God beroem Hom daarop dat Hy sy NAAM aan sy Volk bekend maak.

Sy profete "Roep U-- HOM--aan" as hulle "U NAAM aanroep".

God doen sy uiterste bes om Homself aan die mens bekend te stel en aan sy eie Naam geken te word en op sy Naam aangeroep te word.

Die ironie is die Jode probeer hulle bes om klinkers te vermy.

Onbegryplik is dit sekere Christene probeer hulle uiterste bes om klinkers te voorsien.

En geheel en al verwarring is dit dat ander Christene hulle uiterste doen om onwerklike medeklinkers klinkerloos voor te stel.

Gerhard Ebersoehn
Nov 14th 2013, 08:19 PM
Het u geweet dat Genesis drie verhale van die skepping bevat?

Gerhard Ebersoehn
Nov 14th 2013, 08:25 PM
Ah!

so die letter word gevolg maar die gees nie...

Soos ek soek barmhartigheid nie offers nie..

Dankie

Hoe werk dit uit dat <die letter> = <offers> en <offers> = <die letter>?

Gerhard Ebersoehn
Nov 14th 2013, 08:31 PM
Want die <offer(s)> wat God vra, is "barmhartigheid" en "barmhartigheid" is <die letter> wat God vra.

Gerhard Ebersoehn
Nov 17th 2013, 11:28 AM
Dis hoe ek dit verstaan...... nie te roem op werke nie, maar om wel die gebod van die liefde eerste te stel.


Die definisie vir ‘op werke te roem’, is om: Nie die werke van die gebod van die letter nie maar van ‘die liefde’, eerste te stel …

… terwyl dit juis is wat NIEMAND doen, óf, kán doen nie. Dus is dit die kenmerk van ---soos my blikbrein dit uitgegooi het---, jy wee twat.