PDA

View Full Version : Homeopatie



Lanie
May 19th 2009, 08:11 AM
Is dit verkeerd om na 'n homeopaat te gaan vir behandeling? Sommige mense voel dat dit 'n oosterse gebruik is en daarom moet kinders van die Here hulle nie daarmee ophou nie. Hoe voel julle?

Die Filadelfieer
May 21st 2009, 06:28 AM
Ek dink mens moet eers bepaal wat dit is wat 'n homeopaat presies doen, en hoe hierdie mense dit doen.
Ek was self nog nooit by een nie, maar soos ek dit verstaan, heeltemal onder korreksie, gebruik hulle eerder organiese medisynes en natuurlike prosesse om jou gesond te maak ? In daardie opsig glo ek nie dit is verkeerd nie, maar weereens, praat ek uit onkunde uit. Kan iemand dalk meer lig op die onderwerp plaas ?

Lanie
May 21st 2009, 06:52 AM
Fila, blykbaar gaan dit baie oor die manier hoe die medisyne gemaak word.... nou Phil het gister vir my probeer verduidelik hoe die goed gemaak word en dit het omtrent so gegaan.....

...dit gaan oor 'n holistiese benadering tot geneeskunde waar jou genesing kom vanuit die gesondheid van die geheel van die Chi en daarom word die medisyne gemaak met 'n holistiese benadering van die geheel, heel tegnies, dit is baie nou verbonde aan feng shue en berus dus op Chi en die energie van die geheel.

(Moenie worry nie, daar was ook vraagtekentjies bokant myse kop...:lol:)

Hulle begin met 'n medisinale middel, wat dit ookal mag wees en gooi 'n druppel daarvan in 'n 2 liter bottel vol water byvoorbeeld. Ok, dan gooi hulle 'n druppel van die 2 lliter bottel in 'n 10 liter drom vol water. Dan gooi hulle 'n druppel van die 10 liter drom in 'n 50 liter drom vol water en dan gooi hulle 'n druppel van die 50 liter drom in 'n 200 liter drom vol water en so gaan hulle aan, want blykbaar hoe meer keer jy dit doen, hoe sterker word dit, want jy sien, die medisinale middel word nou deel van die groter geheel en wanneer jy deel word van die groter geheel, dan kom die ware krag van die Chi deur. Ok, as hulle nou uitgekom het waar hulle wil uitkom, dan bottel hulle die middel, sit dalk 'n bietjie van 'n geursel daarby, gooi dalk 'n bietjie staaldruppels of watookal by om dit darem te laat proe asof dit medisyne is en sie daar, jy het 'n wondermiddel.


So, dit klink vir my maar baie new-age.... wat dink jy?

CFJ
May 21st 2009, 07:11 AM
Lanie,

Hier is iets wat Bennie Mostert daaroor te sÍ het...


Ek wil praat oor 'n volgende terrein, oor geneeswyses.

Een van die dinge waaroor mense heeltemal mal raak is oor gesondheid. Ek het by hoeveel Christene gekom. Hulle het gesÍ ek gee nie om nie. Ek sal selfs dat die duiwel my gesond maak, as ek net gesond kan word. Ek sal selfs die duiwel vra, het 'n vrou eendag vir my gesÍ, om my man te genees, as hy net gesond kan word. Ek sÍ vir u: Hy kan dit doen. En ek wil vir u 'n aantal terreine noem van alternatiewe geneeskunde. Die liggaam werk met drie energiesisteme. Die dokters kom praat met my as julle wil na die tyd. Julle kan die dokters gaan vra. Die liggaam het drie energiesisteme. Hy het 'n bloedvatstelsel. Hy het 'n limfaatstelsel. Hy het 'n senuweestelsel. Maar telkens wanneer jy met okkultiese geneeswyses of met die alternatiewe geneeswyses te doen het, praat hulle van 'n vierde energiesisteem wat nie wetenskaplik, medies wetenskaplik, aanwysbaar is nie. Daar is 'n vierde krag, 'n vierde energiesisteem en in die goed wat ek vir u noem, vir die geneeswyses wat ek vir u noem, is ek een honderd persent oortuig daarvan dat wanneer dit werk en wanneer daar 'n okkultiese krag daarby betrokke is, dan is dit 'n demoniese energie. Ek praat van akupunktuur, drukpunt, massering, homeopatie, iriskopie, magnetisme, chiropraktyk, mense wat na die slamaaiers toe gaan vir medisyne, mense wat hulle auras laat lees, ouens wat na die sangomas toe gaan, hipnose, selfhipnose, naturopatie, refleksologie, een wat die vrouens baie van hou - Yoga, biofeedback, verskillende vorme van droomterapie, mense wat warm hande het, kirlian photography, astrologie, voodoo, psychic surgery waarvan die tydskrifte 'n paar jaar gelede vol was. Dit sal weer terugkom. Die Fillipynse genesers en sekere vorme van geloofsgenesing. Broers en susters, as u by van hierdie goed betrokke was, dan vra ek vir u: Gaan en gaan bid daaroor en vra vir die Here of dit die regte pad is. Nie almal wat hierdie medikasie gebruik het of hulle laat behandel het deur hierdie dokters sal noodwendig okkulties gebind wees nie, maar wanneer ůf die dokter ůf die pasiŽnt mediumistiese vermoŽns het, sal hierdie terapie werk op daardie persoon. Dit sal werk. Ek het met baie mense gewerk. Die spreekkamers sit vol van mense wat in hierdie goed betrokke was en nie kan loskom daaruit nie.

Paul Pienaar
May 21st 2009, 02:40 PM
Watter geneeswyses bly oor na die "okkultiese geneeswyses of die alternatiewe geneeswyses" waarna Bennie Mostert verwys, weggeneem word? Die westerse geneeswyse?

Sal dit OK wees as ek 'n paar fotos hier kan plaas wat wys hoe westerse geneeskunde op diere eksperimenteer?

Die Duitse herdershond wie se kop van die res van sy lyf afgesny is om te sien hoe lank 'n brein kan funksioneer met die hulp van westerse mediese tegnologie sal 'n treffer wees.

Bennie se lys is tekort......of te lank.

Ta-An
May 21st 2009, 04:48 PM
Ek het juis aangeteken om 'n draad oor die onderwerp oop te maak :D

Soos Paul te reg sÍ, wat maak die westerse manier soveel meer reg?? :hmm:

Ek is bewus daarvan dat by die vervaardiging van sekere homeopatiese middele baie weird metodes bestaan.... soos bv. die maan wat in 'n sekere plek moet wees, en die rigting waarin die mengsel gedraai word om te meng ens. MAAR die alles nie.

Ek besef wel dat sekere kruies wat op sekere tye van die jaar gepluk word dit die hoog gety is van beste vitamien/mineraal inhoud... sekere van die goed maak baie sin, maar andere soos reeds vermeld laat my hare regopstaan selfs al loop ek in die apteek net daarby verby.

Ek het homeopatiese middels gebruik om van Yuppy-flu genees te word na algemene praktisyns na 3 jaar nogsteeds met hulle hande in hulle hare gestaan het, dit was bloot net die kombinasie van sekere vitamienes en minerale wat my immuunsisteem weer moes opbou.

Hoe vergelyk dit alles mer Boere rate?? Vir pyn in die ore kan 'n stukkie ou spek ingesteek word. ...:D

protea
May 21st 2009, 05:23 PM
:rofl:of gelyke dele heuning, suurlemoensap en roulynolie vir menslike gebruik as hoesmiddel. Dis so sleg , jy sal nie WAAG om weer te hoes nie...:lol: of jy kry nog....

Ta-An
May 21st 2009, 06:28 PM
:rofl:of gelyke dele heuning, suurlemoensap en roulynolie vir menslike gebruik as hoesmiddel. Dis so sleg , jy sal nie WAAG om weer te hoes nie...:lol: of jy kry nog....My man se ma het die kinders Kasterolie gegee as hulle hoes :rolleyes:

CFJ
May 21st 2009, 07:05 PM
Watter geneeswyses bly oor na die "okkultiese geneeswyses of die alternatiewe geneeswyses" waarna Bennie Mostert verwys, weggeneem word? Die westerse geneeswyse?

Sal dit OK wees as ek 'n paar fotos hier kan plaas wat wys hoe westerse geneeskunde op diere eksperimenteer?

Die Duitse herdershond wie se kop van die res van sy lyf afgesny is om te sien hoe lank 'n brein kan funksioneer met die hulp van westerse mediese tegnologie sal 'n treffer wees.

Bennie se lys is tekort......of te lank.

Ek dink jy maak 'n geldige punt, dankie Paul.

Tonton
May 25th 2009, 11:20 AM
Ek dink ook die vraag is waarvan ons praat - homeopatie was oorspronklik nie 'n new age ding nie, maar was iemand se bevinding dat "like cures like" - daar is bevind dat dat medikasie wat self die simptome van die siekte veroorsaak, ook die siekte help genees. (http://www.emaxhealth.com/60/630.html).

Homeopate kan enige iets wees vanaf afgodsaanbidders tot iemand wat hierdie beginsel van "like cures like" toepas. En wie is ons om te se dat die hoofstroom lyn van medisyne "geldig" is, en hierdie nie?. Wie is ons om te se dat aangesien hierdie medisyne (klaarblyklik) nie "wetenskaplik gefundeer is nie, dat dit duiwels is? En dan is daar nog die morele kwessie van die hoofstroom medisyne soos deur Paul Pienaar uitgelig...

Die bewering dat water wat verdun is nadat dit blootgestel is aan die medikasie dan die "geheue" dra van die medikasie, klink absurd, maar indien dit nie ander (d.w.s. bose) magte gebruik nie, en indien dit wel werk, en indien ond die glorie vir genesing steeds ny God plaas, wat maak hierdie geneeskunde "verkeerd"?

Ek stem saam dat ons moet wegbly waar daar new age gemors is, en waar daar op bose maniere gewerk word, maar ons moenie die baba met die badwater uitgooi nie.

Anton

mari
May 29th 2009, 07:25 PM
( let a.s.b. dat ek NIE 'n aanhanger van "new age" idees is of aan enige "beweging" behoort wat sulke idees voorhou nie - my vertroue is alleen op die Vader en Sy Woord )

...... ok... pragmatiese ekke alweer ( sorrie anton ) ....


Die probleempie met " like cures like" as dan noodwendig boos veroordeel, le by ons eie westerse inentings wat ons ons kinders reeds van geboorte af blootstel en die van ons wat elke jaar vir die griep inspuiting toustaan ....... 'n vlou toediening "leer" die liggaam om die ware aanslag teen te staan.... dis fisiologiese feite ..... maar dis die foefies wat daarrondom gaan wat die rooi ligte laat flits


wat ons as "westers" en dan "reg" en "oosters" en dus verkeerd / boos, klassifiseer, is ongelukkig nie so swart op wit nie.......


.... ek het uit nuuskierigheid van hierdie metodes ( modules ) loop naslaan en tot nogal kinnebak oophang insigte gekom........ baie wat ons goedsmoets aanvaar is nie so aanvaarbaar nie en baie van wat ons afkeur is heelwat meer Bybels as wat ons wil weet.......


'n paar voorbeelde :

dit word deesdae beweer dat van die inentings wat kinders ontvang, ook autisme kan veroorsaak...... !!!!!!!!!!!!!!!!!!

baie van die medikasie wat ons " westerlinge" so hande vol deur mediese fondse "moet" gebruik, kan vervang word met die oorspronklike " aktiewe bestandele" in die oorspronklike, natuurlike vorm wat dan nie die newe effekte van die chemiese nabootsings ( duurder en met patente regte ens...ens.... ) het nie ......
bv gewone, natuurlik geoeste Alwyn gel werk heelwat beter as die dure salwe wat vir ekseem ens voorgeskryf word .... ( en ek weet dit omdat my seunskind alergies is vir al wat chemiese konkoksie is, maar naruurlike eenvoudige salf werk .... kinders met autisme is geneig om erg chemies hipersensitief te wees en mens moet dan die natuurlike paadjie loop saam met die Skepper van daardie genesingsmiddels en die Skepper van jou kind .... maar dis 'n ander storie )

baie van die metodes wat ons afmaak, gebruik ons self..... bl: aromatherepy is uit die bose, maar gooi maar bloekomolie in die bad of suif viks as jou neus toe is...... wanneer hierdie natuurlike metodes egter "verspiritualiseer" raak, trap jy op kraakys ....... net soos jy op dun ys loop met "gekomersialiseerde" westerse medikasie .....


baie van die metodes wat ons verdoem, is verdraaisels van dinge wat werk soos die Vader ons liggame gemaak het, bv acupressure ( NIE DIE NAALDE NIE !!! ...... pressure = druk ) .... 'n metode van diep massering om senuwee te stimuleer wat in "westerse" kringe deesdae weer gebruik word in die behandeling van senuwee beserings....... ek self het die "westerse" metode van naalde in die hand met elektrode op die skouer wat elektriese inpulse deurstuur om die senuwee te stimuleer beleef, en glo my dis hel !!! .... daarteenoor het die acupressure van 'n behoorlike terapeut ( fiseo wat ander metodes "wetenskaplik" toepsas ) wel gewerk .... en in geloof in die Enigste Geneser.......

dit pla my erg dat ons moderne mense soms nie verder dink as wat ons neuse lank is nie - letterlik ..... klink dit logies om 'n pil ( meestal 2 ) met chloorflasiefasolosomthing wat wetenskaplik bewys die slym vliese uitdroog ... ( applous vir moderne wetenskap.... ta.da.... ) ........ te sluk .... , ja, deur die mond, af in die slukderm in jou maag te sluk en te glo dit sal net, slegs en allenlik die loop neus stop en nie die res van jou liggaam ( maag ingesluit ) ook beinvloed nie ? ..... en dan die ou wat 'n sproei in die neus gebruik te wil loop veroordeel .............

.... 20 jaar gelede op verpleegkollege het ek geleer ( uit die handboeke en van geleerde profesore ) dat meer as 80% van die genesingsproses afhang van die pasient se "houding en lewensbeskouing" .... dis hoekom mense met klein beserings of minder erenstigge siektes "opgee" en sterf terwyl ander mediese boeke verkeerd bewys en erge dinge oorleef ...... jou geestesinstelling het meer te doen met jou genesing as die dokter se pille.... dis 'n westerse feit........ as jy werklik die Here vertrou vir genesing, sal enige medikasie beter werk as bv die ou wat slegs glo God straf hom met siekte .....

........... kan nog aangaan en aangaan, maar hou maar eers die pe^re .....

... so, wat ek eintlik wil se in kort is "westers" en "oosters" is amper ewe veel 'n belandmynde doolhof ..... al wat ons kan doen is om werklik die Vader se wil te soek en oop te wees vir die Heilige Gees vir werklikke praktiese leiding ..... as jy kriewelrig voel oor 'n Voltaren voorskrif vir 'n seer knie, wetend dat die goed jou maag omkrap, gaan na die Vader en vind uit........ as Viks werk, prys die Here ! ....

Jou liggaam is die Tempel van die Heilige Gees .... dit is die "voertuig" van jou gees op hierdie aarde ...... deur jou Vader God geskep tot Sy verheerliking ........ dit is jou verantwoordelikheid om dit op te pas en met wysheid daarmee tewerk te gaan ..... en om jou Skepper Vader dag tot dag te vertrou vir wysheid daaromtrent ......


:hug: ..... m

Tonton
Jun 2nd 2009, 11:20 PM
Mari,

Ek stem 100% saam.

Vader is al wie kan genees.

Anton

Willem
Jun 3rd 2009, 02:33 AM
Rom 14:5 Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.
Rom 14:6 Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.
Rom 14:7 Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie.
Rom 14:8 Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
Rom 14:9 Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers.
Rom 14:10 Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.

Dek die nie ook die kwessie oor homeopatie ens. nie?
Die ander vraag is of ons die Here glo as Hy se ons moet bid as een van ons siek is...

Jas 5:14 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.
Jas 5:15 En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

Ek weet uit ondervinding dat my ma en oom beide van homeopatiese middels groot verbetering getoon het, die groot verskil was dat hulle geleer is hoe ons liggame werk en watter verskil diete kan maak tov probleme.... die kombinasie het gemaak dat oom nie nek operasie moes kry nie en ma was sonner pyn eerste keer in 10 jaar na dr gemis het dat sy op skool skouerspiere gekseur het en die as scar tissue weer aangegroei het en inflamasie geneig was... westers was steroid en kortisoon vir simptome, homeopatie ( dink switsers in oorsprong elk geval ) raak ontslae van al die gif van10 jaar se pille an dan tackle ons die inflamasie met dieeet en dit was einde van storie ( :kiss: behalwe as sy vir die tjoklits geswig het )