PDA

View Full Version : Die moets en moenies van trauma berading.



protea
May 19th 2009, 05:15 PM
Ek is so diep aangeraak deur o.a. Mia Ashton se getuienis waarin sy vertel hoe sy haar man en 3 van 4 kinders almal in 6 jaar se tyd aan die dood moes afstaan. En dan ook die Mollers wie se 2 jarige seuntjie wat verlede week verdrink het. Dit het die vrae deur my kop laat maal : Wat moet jy s of nie s nie en wat moet jy doen of nie doen nie? Moet jy hoegenaamd iets s of doen?
Mia , by name, en ook ander gewese trauma lyers: Wat het gemaak dat julle weer kon aangaan met julle lewens? Wat het julle weer hoop gegee? Wat het julle van mense verlang om vir julle te doen of te s of nie te doen of te s nie? Gewoonlik is almal so verstar van hartseer en jou diepste wens is om iets vir die lyers te s of te doen sodat hulle kan beter voel. Wat is dit? Deel dit asb met ons. Moeilike situasies het weereens nie maklike antwoorde nie...:cry:

Mia Ashton
May 20th 2009, 07:07 PM
Liewe Protea,
Dankie vir die voorreg om hier met julle te kan deel wat ek ervaar het tydens 'n baie donker tyd in my lewe.
As ek kortweg moet se wat my staande gehou in daardie tyd: Slegs die Genade van my Heer. Maar die krag van Sy genade kan jy in daardie tyd net ervaar deur die mense wat jou ondersteun en vir jou bid.
As agtergrond kan ek net noem dat ek kort voordat Wilna oorlede is, (sy was 15 jaar oud en 'n diabeet) het ek 'n baie sterk begeerte gevoel om nader aan die Here te lewe. Ek het op ouderdom 7 my hart vir Jesus gegee. Tog was hierdie 'n dringende gevoel om Hom waarlik meer persoonlik te leer ken. Ek het saam met 'n goeie vriendin waarlik in diepte gesoek na Sy Wil en my opnuut aan Hom toegewy. Tydens hierdie tyd het ek gebid en Hom gevra dat as daar iets met enigeen van my kinders moet gebeur, Hy nie een sal neem voordat hy of sy nie Jesus as Verlosser en Saligmaker aangeneem het nie.
God het my gebed verhoor. Wilna was siek en in die hospitaal, maar soveel beter dat sy binne 'n dag of wat ontslaan sou word. Die laaste aand wat ek by haar gekuier het, het sy vir my vertel hoe lief sy Jesus het. Sy het die vorige nag nie goed gevoel nie en net gebid en daarna het sy lekker geslaap. Sy is daardie selfde aand oorlede weens 'n onverwagte komplikasie.
Somari was 11 jaar oud. Sy was ook 'n diabeet. Tydens 'n bybelstudie wat ek vir swartvroue van die buurt gehou het en ons oor die Hemel gepraat het, het sy opgewonde gese dat sy Jesus so lief het, dat sy haastig is om Hom te sien. 'n Week later was sy in haar Hemelse tuiste. Sy het skielik siek geword en 'n baie raar komplikasie van diabetes, breinswelling, opgedoen. Ek het haar vasgehou terwyl die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is en Jesus haar by my oorgeneem het.
Johann was 19 jaar oud. Drie dae voor sy dood (hy was 'n polisieman en gestasioneer op destyds Jan Smuts lughawe) het hy vir my gevra wat moet hy doen om waarlik sy hart vir Jesus te gee. Ek het met 'n hart wat oorloop van blydskap die Weg na Saligheid aan hom verduidelik. Sy antwoord was dat hy dit al gedoen het, hy wou net sekermaak van sy saak. Hy is drie dae later dood in ' motorongeluk. Die bestuurder van die motor was dronk en het oor 'n rooi verkeerslig gery en in 'n bus gebots.
So, die Heer het seker gemaak dat ek weet hulle was nou veilig by Hom. Maar dit het nie die smart minder gemaak nie, altans nie dadelik nie.
Veral toe Johann weg is, was ek baie kwaad vir God en het ek baie vrae vir Hom gevra. Ek het ook begin nagmerries kry dat ek nie 'n goeie ma was nie en as ek kan verbeter kan ek my kinders terugkry.
Vandag kan ek terugkyk en vir jou se dat dit al die gebede van my medegelowiges was wat my gedra het. Bid sonder ophou, elke keer wat daardie persoon in jou gedagtes kom. Dit het ook vir my baie beteken dat mense vir my gesin help kosmaak het. Hulle het ook die ander kinders skool toegeneem, vir my uitgeneem vir 'n koppie tee en partykeer net sommer by my kom sit of my selfs begraafplaas toe geneem en saam met my daar gesit en huil.
Ek dink nie daar is te veel moenies nie. Vir my was dit net swaar as mense vir my gese het ek moet sterk wees omdat ek 'n Christen is of ek mag nie vra waarom nie.
Die eerste jaar na 'n kind se dood is die ergste. Elke keer met 'n verjaarsdag of Kersdag dink jy daaraan dat verlede keer was hulle nog by jou. Maar dit is ook moeilik wanneer mense verwag dat jy na 'n paar maande weer 'normaal' moet wees. Hulle voel ongemaklik as jy oor jou kind wil praat en al wat jy wil doen is praat. Dis asof jy seker wil maak niemand vergeet haar nie. Mense begin jou vermy, asof hulle nie weet hoe om jou te hanteer nie. Dit het my baie eensaam laat voel. Ek het een goeie vriend gehad wat my goed geken het en geweet het wanneer ek net moet praat, anders sal ek my verstand verloor. Na 'n kind se dood is die lewe nooit weer dieselfde nie. Jy kom nooit daaroor nie, jy leer om daarmee saam te leef. Hoe iemand wat nie 'n christen is dit doen, gaan my verstand te bowe.
Ek het baie baie lank oor my kinders en later my man getreur. God het egter die behoefte op my hart gele om te begin om positief iets vir ander te doen. Daar het 'n geleentheid gekom om sendingwerk in Mozambiek te gaan doen en hier het ek waarlik my persoonlike ontmoeting met Jesus gehad. Kon ek ook soos Job se: "Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U se, maar nou het ek U self gesien." Hy het my bevry van die gees van droefheid wat soos 'n juk op my gele het, en ek het begin om Hom te loof.
Vandag kan ek terugkyk en se dat ek Hom dank dat Hy my waardig geag het om drie kinders aan my sorg toe te vertrou wat Hy geweet het Hy spoedig weer sou terugneem. Ek het ook geleer dat my kinders is en was my vreugde, maar Jesus IS MY LEWE. Ek kan in hierdie lewe sonder hulle lewe, maar nie sonder Hom nie. Ek gaan hemel toe nie om by hulle te wees (dit ook) maar by my Heiland vir wie ek meer liefhet as enigiemand anders.
My enigste oorlewende dogter, Arina is ook 'n diabeet. Sy was maar een jaar oud toe sy diabetes tipe 1 geword het. Destyds was haar lewensverwagting 15 jaar. Sy word nou 43 en ek het een kleinseun wat 'n wonderwerk is. God is groot en goed en Sy Genade is en was nog altyd so oorweldigend in my lewe. Ps 28 v 6: Aan die Here kom die lof toe, want Hy het my smeekstem gehoor. ............. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.
Hoop nie my skrywe is te lank nie.

Willem
May 20th 2009, 10:43 PM
Dankie Mia,

ek dink jy het heirso vir ons 'n kyk gegee wat mens nie normaalweg ooit sou kry nie en mens werklik sal kan help as mens dit onthou.

Dankie vir die getuienis en al kan ek nie deel wat jy voel nie, selfs na my ma se dood nie, weet ek ten minste ons sal eendag in die hemel weer almal face to face kan ontmoet en dan kan ek en my ma jou en jou kinners ontmoet :hug: sy was juis juffrou haar lewe lank.

protea
May 21st 2009, 02:00 PM
Liewe Mia,
Baie dankie vir jou BAIE insiggewende inset. Ek hoop nie ek het te veel wonde oopgekrap in die proses nie. Dis om ander met hulle einas te help dat ek die 'eina-vrae' stel.
Een van die 'moenies' wat jy ook noem en ek self aan skuldig is , is om die betrokke mense te vermy omdat jy nie weet wat om vir hulle te s nie. Iets wat ook hieruit voortvloei is om nie die onderwerp van hartseer te vermy wanneer jy wel met die mense gesels nie. Al moet jy dan vir die mense 'help huil' soos in die bekende verhaaltjie vertel word. Want hulle WIL oor die persoon praat wat oorlede is. Die praat en vertel maak n baie belangrike deel uit van die rouproses.
Nog n 'moenie' wat ek as belangrik beskou (help my reg as dit nie so is nie) is om nie die rouproses te probeer omseil nie. Ek dink dit was LienQ wat n werkstuk moes ingee waar die 5 stappe in die rouproses so mooi uiteengesit is nl.1 Ontkenning 2.Woede 3 'Bargaining' met God.4.Intense hartseer en no5 Aanvaarding. Natuurlik sal jy daardie kind of vriend of familielid nooit kan vergeet nie ,maar ek glo tog dat die skerpheid van die hartseer tog met die tyd minder raak.
My eie pappie het na my mammie se dood (hulle het ook n wonderlike huwelik gehad) net op n stoel gaan sit en gewag op die dood. Na sy dood het ons AL die anti-depressante wat my broer vir hom voorgeskryf het in sy badkamerkassie gekry. Hy was SO diep in depressie dat hy nie helder kon dink of besluite kon neem nie . Want ons dink hy het so geredeneer: As hy die anti-depressante drink gaan hy beter voel en dan gaan hy nie dood nie, so voel dan eerder sleg , dan is jou kanse om dood te gaan darem beter. Enigiets om net so gou as moontlik by mamma uit te kom.... Ek spot nie nou nie en het lank na Pappa se dood hom vergewe omdat hy nie wou toelaat dat ons hom help nie.
Mia , is jy ook deur al daardie fases van rou?

Mia Ashton
May 21st 2009, 07:41 PM
Liewe Protea
Moenie bekommerd wees nie, jy het nie wonde oopgekrap nie. Inteendeel het dit my tog goed gedoen om daaroor te praat en miskien iemand te help, hoe klein die deel ookal is.
Ek het deur al daai prosesse van rou gegaan, maar dit het my vreeslik lank geneem. Ek was nog nie halfpad nie, dan moes ek weer van vooraf begin. Ag, ek wil tog nie klink of ek kla nie, nee dit was net baie moeilik. My man was ook 'n alkolis en het hom ontrek van my. Hyself het baie swaar gekry. Ons huwelik het geweldig gely. In my proses van rou wou ek somtyds kortpad vat, het enigiets gesoek wat die geweldige pyn te kon verlig. Ek wou ook net doodgaan, tot my dogter Arina vir my gevra het en wat dan van hulle wat nog lewe. Veral my familie wou gehad het ek moet net berus punt. Ek kon nie!!! Ek sal so graag wil hoor wat ander mamma's vir ons kan vertel.
Dankie vir hierdie draad weereens. Wens daar was jare gelede al so webwerfie vir Jesus. Ek weet net dit is baie belangrik om veral na so twee of drie maande na die dood van 'n kind nogsteeds die ouers te besoek en te bemoedig. Dit is bitter swaar om so alleen te rou.
'n Rustige nag vir jou.

protea
May 22nd 2009, 06:14 AM
Mia , jy meld dat jou huwelik ook baie swaar gekry het in daardie trauma tyd. Ek het gister die aaklige statistiek gelees dat 90% van huwelike vou waar n kind onder die ouderdom van 6 n onnatuurlike dood sterf. Maar die ouderdom is amper nie vir my ter sake nie. Feit bly : Jou kind se dood (maak nie saak wat die ouderdom is nie) het n gat in jou hart kom ruk wat nie in weke reggedokter word nie.
Hoekom simpatiseer mense deur te s: Jy as Christen 'moet sterk wees' ? Jou natuurlike reaksie is om op Jesus se skoot jou smart te gaan uitsnik en vir die volgende paar weke nie daar af te klim nie! Dis normaal en dis SO n belangrike deel van die rouproses.
Net soos met my Pappie , kry ek ook die prentjie in my kop van jou wat soos n warm enjin gedreig het om uit te sny a.g.v. net te veel smart. Die verlies is SO erg dat jou hele wese dreig om 'uit te sny'. Ek is seker dit was jou gewaarwording ook .
Maar nou die hulp aan so n persoon. Gaan jy vir hom simpatie gee (gaan sit saam in sy 'gat van ellende') of gaan jy vir hom empatie gee (help hom of haar uit daardie gat van depressie) ?
Mia , ek is nie ongevoelig oor hierdie onderwerp nie en probeer net afstand kry om objektief te bly . Gelukkig is ek nog nie deur so n situasie waar jou kind sterf nie. Maar ek wil so graag mense HELP om weer te LEEF. En mense soos jy kan en het deur jou getuienis glo ek baie mense al gehelp om te besef : Maar my gevoelens tydens my trauma ervaring was nie abnormaal nie en daar IS hoop in Jesus se arms. Ek weet voorwaar nie hoe kom ongelowiges deur SO n trauma in hulle lewens nie.:cry:

Mia Ashton
May 23rd 2009, 07:20 AM
Hi Protea
Hierdie is net 'n vinnige hallo se. Ek sal oor die naweek weer met jou gesels. Wil netnie wat ek wil se aframmel nie en dit gaan nogal 'n bietjie dol hier op Funny Farm.
Baie dankie vir jou. Ek kan net vir jou se jy is vir my 'n groot seen.
Geniet jou dag, sien jou later.
Shalom.

protea
May 25th 2009, 06:42 AM
BAIE goeie vriende van ons het so bietjie meer as 2 jaar gelede hulle gestremde seun van 22 jaar verloor. Hy was n Prader Ville sindroom lyer. Alhoewel hulle geweet het dat sy lewensverwagting uiters 25 jaar sou wees , was sy dood vir hulle net so n trauma omdat hy vir so baie dinge eintlik maar n klein seuntjie gebly het en totaal van hulle afhanklik was. Of jou kind 2 jr of 22 jr is , die gat in jou hart is daar en die trauma by die verlies van so n kind is net so erg. Maar wat ek eintlik wil vertel is hoe die ouers hulle trauma verwerk het.
Eerstens het die ma , Lisa , n droom gehad van haar seun Jan, wat by haar sit en sy vra hom toe : Jan , wil jy nie weer terugkom na ons toe nie? Waarop hy toe antwoord: Nee , Mamma , ek wag vir julle by Jesus en Petro (n ander gestremde maatjie van hom wat n paar jaar tevore oorlede is) en ek speel so lekker by Jesus. Dit was nodeloos om te se vir hulle n wonderlike vertroosting!
Tweedens het Lisa se man vir haar n laptop gekoop( Lisa en ek het nie eers geweet waar skakel mens n rekenaar aan nie!) en dis TOE dat die kommunikasie hier oor die berg van Plaas-sissiekie na Dorp-sissiekie toe begin het. Ek is so spyt dat ek nie al daardie briewe gehou het nie. Want ons het van die ernstigste briewe geskryf en saam gehuil oor Jan se dood tot die lafste-lekker-lag-briewe . En sommer so n paar keer op n dag as jy by die laptop verby loop , kyk jy gou of daar n possie van Lisa is , antwoord gou en daar gaan jy weer.
Maar Lisa se rekenaar vaardigheid het met rasse skrede vooruitgegaan en sy is op n forum waar sy aangesluit het gou tot moderator bevorder. Maar voor sy moderator geword het , is sy geweldig diep kant ingegooi toe sy op n godsdiens draad deur n satanis (vermoedelik!) gekonfronteer is en Lisatjie lelik moes bontstaan met die verdediging van dit waarin sy glo. Op n stadium was daar oor die 2000 'viewers' wat hierdie 'geveg' dopgehou het. Toe Lisatjie se hartjie aan die fladder gegaan het moes manlief en Sussiekie-oorie-berg help met wat jy moet se en wat nie. Maar eintlik was sy (met die Heilige Gees se influisteringe )baie goed bewapen om die geveg self te wen . Maar wat ek eintlik by wil uitkom is dit : Hierdie gedwonge skuif van jou gedagtes na iets anders as jou eie rou op daardie stadium het GEWELDIG gehelp met Lisa en haar man se rouproses. Natuurlik is die eerste Kersfees en eerste verjaardag en die 'groot dae' n probleem om verby te kry aan die begin . Maar die skerpheid van die rou neem tog af met tyd, GENADIGLIK!
Nou wonder ek : Watter ander maniere het julle van ondervinding wat ook hierdie rou proses kan 'vergemaklik' as so -iets moontlik is?

Mia Ashton
May 25th 2009, 05:23 PM
Liewe Protea
Uiteindelik het daar weer bietjie rustigheid hier op Funny Farm ingetree en kan ek weer bietjie gesels.

Ek is so baie bly dat jy vertel het van jou vriendin en hoe sy haar smart verwerk het. Die Here was my ook baie genadig en op 'n tydstip dat ek waarlik hooploos was in my verdriet oor my seun, het hy in 'n droom (visioen) na my gekom. Dit was ongelooflik werklik. In my slaap kon ek sien hoe hy die slaapkamer binnestap en op die bed gaan sit. Sonder enige van die beserings aan sy gesig wat hy in die ongeluk opgedoen het. Sy bekende geliefde glimlag soos altyd en gese hy mag 'n rukkie bly maar ek moet belowe ek sal nie huil nie. Ek kan nie onthou waaroor ons gepraat het nie. Dit was egter duidelik dat hy gelukkig is. Dit het my geweldig getroos omdat ek besef het dit was net deur genade dat God dit vir my toegelaat het om te ondervind.

Ongeveer 10 dae na ons eerste kind se dood is die swartvrou wat by ons vir jare en jare werk, se babadogtertjie oorlede. Sy was verpletter. Terwyl sy by ons gewerk het, het sy Jesus as haar Verlosser aangeneem en wou niks meer weet van voorvadergeeste. Haar grootste begeerte was dat haar kind 'n christenbegrafnis moes kry. In hulle woonbuurt was daar niemand en daar was geen dominee wat kans gesien het om so ver te ry nie. Dis toe wat ek die Gees vir my hoor fluister: "Ek wil he jy moet dit doen." Ek was eers baie onseker, maar toe ek dit vir haar noem, was dit vir haar die perfekte oplossing en het sy aan my bevestig dat ek reg gehoor het. Dit was vir my 'n geweldige ondervinding. Ek en my man het 'n klein wit kissie gaan koop by dieselfde ondernemer wat ons kind se begrafnis behartig het en het my gehelp met al die papierwerk om 'n liggaam te vervoer. Ek moes self die babatjie gaan aantrek en in die kissie plaas.

Oppad na die begrafnis met my bediende (Mabel) en drie van haar vriendinne het ek skielik besef maar ek het nie 'n 'preek' nie. Biddend het ek gevra dat die Heer self moet voorsien waaroor ek moet praat. By haar huis het 'n groot klomp mense reeds gewag. My hart het in my keel geklop. Nadat almal gesit het en gewag het dat ek moet begin het ek biddend my bybel oopgemaak. Dit het oopgeval by Matt 14 en vanaf vers 27 was onderstreep in my bybel: Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gese: "Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie." Toe se Petrus vir Hom: "Here as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom."
"Kom" se HY.
Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: "Here, red my"! Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gese: "Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?"

Ek kon aan almal verduidelik dat Mabel en haar man vandag so uitroep, maar die besef was oorweldigend in my dat ek vir myself 'preek'. Ek het gevoel of ek sink onder diep golwe van verdriet. Die enigste troos en oplossing vir ons almal se smart en probleme is Jesus se reddende hand. Dit was so 'n geseende dag. By die graffie het die ou man wat die tolk was vorentoe gekom en dankie gese dat daar vir hulle almal vandag gewys is hoe lief Jesus almal het. Oppad huistoe was ek alleen en tog ook nie. Daar was op daardie oomblik 'n vrede in my hart wat alle verstand te bowe gegaan het. Dit was of die atmosfees in die motor heilig was. Baie baie dae hierna het ek krag gekry uit hierdie ondervinding.

Ek wil tog net nog een voorval vir julle vertel. 'n Goeie vriendin het vir my 'n afspraak by 'n sielkundige gemaak omdat sy gedink het ek treur te lank. Sy het nie geweet dat die persoon nie 'n Christen is nie. Ek het net 'n kort rukkie met hom geselfs en besef dat hy vir my niks kan doen nie. Hy het nie in die ewige lewe by die Heer geglo nie en het voorgestel dat ek sy vrou moet raadpleeg. Sy was 'n meduim en kon my met my kinders in aanraking bring. Vir een oomblik was die begeerte oorweldigende!! Dank die Here, Hy het my bewaar. Terwyl ek opstaan en my handsak neem om te loop het ek eers bietjie vir hom 'beraad' en die weg na Saligheid en die Ewige Lewe verduidelik. Ek het ook prontuit vir hom gese dat ek my nie met duiwelse dinge sal bemoei nie. Ek is met 'n groot glimlag daaruit en het geweet, niemand op aarde het 'n resep om die pyn en hartseer weg te neem nie, maar by Jesus is daar vertroosting. Nie alles op een slag nie, maar dag na dag het Hy my gehelp om daar deur te kom en soos altyd kom al die lof my Here toe.

Ek wil ook net se dat daar so baie mense voor en na die begrafnis om jou is, maar daarna kom daar al minder en minder mense. Behou kontak met so iemand want dit word bitter eensaam en houaan bid.

Dit is ook baie waar wat jy se dat sodra jy iets begin doen vir iemand anders, dit tog die smart verlig. Daar is altyd iemand anders wie se las swaarder is as jou eie en ek het baie belanggestel in sendingwerk. Om Mozambiek toe te gaan en daar vir die Here te werk was voorwaar vir my genesing.

Hoopnie my skrywe is te lank nie.

Lanie
May 26th 2009, 06:32 AM
Protea en Mia.....

Ek is werklik bendruk met hierdie draad. Ek is seker dit gaan baie mense help wat aan albei kante sit, die wat deur trauma gaan en die wat mense moet ondersteun.

Mia, dankie dat jy jou storie met almal deel. Hierdie storie van jou bediende se kindjie is net weer 'n getuienis dat God ons altyd dra en dat Hy Sy kinders se harte ken en presies weet wat ons nodig het wanneer ons seer het..... en dit wys ook hoe versigtig ons moet wees vir die vyand want hy sal altyd probeer om daar waar ons op ons swakste is, ons aan te val, soos hy ook weer gedoen het toe hy 'n medium oor jou pad wou bring.....

Dankie vir hierdie baie goeie draad, Protea.......:hug: Dis vir dinge soos hierdie waarvoor 'n gemeenskap van gelowiges bedoel is. :kiss:

protea
May 26th 2009, 12:49 PM
Mia , ek het weereens nie woorde nie..... Ek dink aan die seen van vrede wat jy ontvang het toe jy GEHOORSAAM was aan die opdrag van die Here om daardie babatjie te gaan help begrawe. Baie van die begrafnisgangers is huistoe in n ander gedaante as hoe hulle daar aangekom het - kinders van die Allerhoogste!. Mia, jou 'preek' en die heling wat daarmee gepaard gaan, was ook vir jouself bedoel. Die Here ag gehoorsaamheid meer as offerhandes. 'God does'nt call the qualified, He qualifies the called'. Dis maar net n paar gedagtes wat by my opgekom het terwyl ek dit gelees het.
Mia , ek ken min mense wat so dapper sou wees deur hulle harte op die internet so oop te maak sodat ander ook heling daardeur kan bekom. Dis tog die doel van hierdie draad en ek wil vir jou 7 :hug: gee! Baie dankie! Maar ons is nog laaaaank nie klaar gepraat nie...
Mense wat ek vermy het omdat ek nie geweet het wat om vir hulle te se na hulle 2 van hulle 3 seuns binne n jaar verloor het nie ,spook by my :cry: en ek gaan regtig werk maak daarvan. Soos jy tereg opmerk : Die pad van rou kan baie eensaam raak as elkeen na die begrafnis maar weer hulle eie paadjies begin loop.

Mia Ashton
May 28th 2009, 07:08 AM
Is daar enige plek op hierdie forum waar ek 'n vraag kan vra wat te persoonlik is om op die ope forum te bespreek?

Ek sou net graag iets wat baie pla met iemand wou bespreek.

Lekker dag vir almal.

Lanie
May 28th 2009, 07:22 AM
Hi Mia, Jy kan 'n draad oopmaak in Chat to the Moderator en dit rig aan die Lighuis moderators of aan 'n spesifieke moderator as jy verkies om met 'n spesifieke moderator te gesels. Op daardie draad sal slegs jy en die modspan toegang h, so dit gee meer privaatheid.

Mia Ashton
May 28th 2009, 08:50 AM
Liewe Lanie,
Baie dankie vir jou vinnige antwoord. Ek waardeer dit baie.http://bibleforums.org/images/icons/hug.gif

Die Filadelfieer
May 28th 2009, 09:39 AM
Mia , ek ken min mense wat so dapper sou wees deur hulle harte op die internet so oop te maak sodat ander ook heling daardeur kan bekom.

Dit is ook met tye soos hierdie, met drade soos hierdie een, en Protea se kommentaar, wat dit duidelik maak hoekom streng modderering nodig is. Bibleforums en Lighuis is uniek in hierdie verband.
Sonder die beskerming van 'n streng moderatorspan sou hierdie draad, en Mia se getuienis al lankal uitmekaar geskeur gewees het deur mense wat sekere lewenswaarhede en realiteite wil verbloem en goedkoop maak, meestal deur vulgre taal en sarkastiese tussenwerpsels.
In plaas daarvan sit ons nou met 'n draad met een van die mees ongelooflikste getuienisse wat nog op hierdie forum verskyn het, en, soos wat Protea tereg s, oneindig baie vir 'n klomp iemande daar buite kan en sal beteken.

Baie dankie julle ouens. Ek voel ge-erd om deel te wees van hierdie familie.

protea
May 28th 2009, 12:10 PM
Fila, Ferdie, Ta-An, Lanie en die ander mods: BAIE DANKIE vir julle beskerming van hierdie draad en ook die hele forum en vir die voorreg om dit te mag gebruik tot SY eer.

So n hele paar jaar gelede het n bekende sangeres haar man verloor en in haar sesde jaar van rou het n vriendin opgemerk: Nee a Sussa, jy moet darem nou weer begin aangaan met jou lewe, waarop sy toe antwoord : Hoekom moet ek, my man is dood..... So n rukkie daarna hoor ek toe dat n berader die uitspraak maak dat enigiets tot en met 7 jaar van rou na n geliefde se dood nog NORMAAL is. En elke mens sal ook sy eie tyd bepaal want nie twee mense beleef die rouproses op dieselfde manier nie.
Mia , jy het ook opgemerk dat jy nog nie by die finale punt van aanvaarding gekom het in jou rouproses van een kind toe die volgende een oorlede is nie. So die 5 stappe van die rouproses het eintlik by jou deurmekaargeloop (as so iets moontlik is).
Dink julle dat as daar nie berading gegee is aan die familie wat agtergebly nie, dit moontlik is dat so iemand hom kan 'dood treur'? Ek dink my Pappie (wat nie wou gehad het dat ons hom help nie) het hom doodgetreur....

Mia Ashton
Jun 1st 2009, 06:53 PM
Liewe Protea,
Sorry vriendin dat ek so lank stil is. Ek was net van Woensdag alleen aan diens en vandag was die een vergadering na die ander en nou voel ek bietjie moeg. Ek wil nie graag my antwoord aan jou net aframmel nie, so ek gaan nog in die week weer rustig met jou gesels. Ek is so bly dat ek weer hieroor kan praat en miskien iemand help.

Rustige nag vir jou.

protea
Jun 2nd 2009, 05:55 AM
Dis alles reg Mia! Daar is mos nie druk of n 'sak-tyd' soos by n koerant op ons om hierdie gesprek klaar te maak binne n vasgestelde tyd nie. Wees rustig en ons gesels weer wanneer wanneer Funny Farm se juweel weer tyd het.:hug:

Ek het weer met Lisa en James ook gepraat (wie hulle gestremde seun op 22 verloor het) en hulle voeg iets by hierdie bespreking by: Alhoewel hulle geweet het dat hulle seun Jan se einde elke dag nader kom , het hulle net nie geweet WANNEER dit sou gebeur nie . Maar dit het niks van die aanvanklike trauma van die gebeurtenis weggeneem nie. En hulle moes ook deur daardie 'stappe' van die rouproses gaan. Dit stappe in die rouproses het net vir hulle so outomaties en natuurlik gebeur dat hulle nie werklik opgelet het dat hulle nou in hierdie of daardie stadium van rou is nie. Dis asof daar nie duidelike afgebakende lyne was tussen die verskillende stappe nie en dis ook normaal so.

n Bekende predikant wat 2 van sy seuns binne n baie kort tydjie verloor het, skryf dat jy die eerste jaar elke dag huil, die 2e jaar darem so elke 2e dag , die 3e jaar so 2 keer n week en dan natuurlik met verjaarsdae en die 'groot dae'. Ek het die ander dag as n volwasse vrou sit en tissues nader gryp toe ek so na my mammie verlang het wat nou ook al 10 gelede oorlede is. Ek glo dis normaal en getuig van die heerlike band van moeder en vriendin wat tussen ons was. Die storie van n 'Christen wat moet sterk wees' glo ek NIKS. Mens kry net maagsere van opkrop!

Mia Ashton
Jun 2nd 2009, 06:04 PM
Liewe Protea,

Weer 'n bietjie rustigheid hier by ons. Al die 'kinders' is gebad, gevoer en party in die bed, ander kyk nog bietjie TV.

Weet jy liewe vriendin, ek dink ek het byna 18 jaar lank gerou. Ek kannie eers vir jou se of ek deur alles gewerk het nie. Ek kan bevestig dat party dae beter was en ander minder goed, maar soos die tyd aanstap word die gapende wond in jou hart tog minder pynlik.

'n Ander belangrike deel van my rouproses en miskien kan ander ook vir ons daarvan vertel, is wanneer jy begin om van hulle klere, speelgoed en ander persoonlike ou besittinkies weg te maak. Dit is soos 'n tweede begrafnis. 'n Mens moet egter regtig gereed wees hiervoor en dit nie te gou wil doen nie. Baie dae soek jy net iets van daardie persoon om jou daaraan te herinner en te verseker dat hulle deel van die gesin was.

Ek het bevoorbeeld my dogtertjie se pink fiets met 'n mandjie voorop gemonteer, lank gehou. Sy was 11 jaar oud en is na haar sussie oorlede. Sy het ook 'n klein swart brakkie gehad met die naam Snuffels. Hulle was onafskeidbaar. Wanneer ek in die oggend met koffie in my hand in haar kamer kom om haar wakker te maak, het Snuffels vir my geknor. Hy het agter haar rug geslaap. Die hondjie het saam met my getreur en wanneer die verlange te erg raak het ek haar fietsie geneem, die klokkie gelui en Snuffels het soos 'n mal ding aangehardloop gekom, hy het gedink sy is terug.
Ek het hom dan in die mandjie gelaai (sy het altyd so met hom gaan ry) en begin ry. Die trane het geloop, maar ek het getrap en gery en nie omgegee wie my sien, of wat die mense dink nie.

Ongelukkig is ek en my man kort voor ons seun se dood geskei. Tot vandag toe weet ek dit was my fout. Hy het baie gedrink en ek was so alleen en hartseer en selfsugtig. Ek moes gesien het hy weet nie hoe om sy verlies anders as met die bottel te verwerk nie. Sy broer, wat 'n dominee was, kon of wou ons nie help nie. In retrospek vandag weet ek, as ons hulp gekry het, kon dit vermy gewees het.

Hy is oorlede voordat ons weer kon trou. Na ons egskeiding het ek nog kontak met hom behou en hom baie gaan haal om by my en Arina te kom kuier. Hy was 'n baie alleen mens. Sy dood was vir my 'n groot skok en verlies. Ek was nog altyd lief vir hom.

Ek het nog steeds briefies van my kinders en van hom.
Wanneer die tyd reg is, sal ek weet wat om daarmee te doen.

Dit beteken so baie vir my om, al is dit na soveel jaar, te hoor dat ander ook lank getreur het. Dit laat my 'normaal' voel, omdat baie mense en veral van my familie wou gehad het dat ek my moet begin 'regruk'. Die saamstap met 'n familie wat 'n geliefde aan die dood afgestaan het, is baie belangrik.

Die dood is onafwendbaar, maar dit verbyster 'n mens. Dit is so finaal, so sonder waarskuwing. Soos jy dan ook self getuig dat jy nounog hartseer raak oor jou moeder se dood. Is dit nie egter wonderlik om te weet dat ons vinnig oppad is na 'n lewe waar dood en trane geen plek gaan he nie?

Weereens dankie dat ek deel van hierdie draad kan wees.

Liefde en sterkte.
Mia

CFJ
Jun 2nd 2009, 06:54 PM
Dankie vir hierdie draad Mona en Mia, julle getuienisse raak mens diep en ek sit en verwonder my oor hoe die Here werk en dat mens nie vrede sou h oor sulke buitengewone verhale, as God nie geleef het nie. Geen mens wat by die Here gekom het, kan ontken dat Hy nie kragdadig werk in mens nie, as ten spyte van die ergste van erg aan ons bekend, Hy 'n vrede kan gee wat onmoontlik begryp kan word.

Dit, is hoekom ons Hom kan dien met oorgawe! :pray: :pp

protea
Jun 3rd 2009, 05:08 PM
Ai !!!! Die internet (of Bin Laden!) het nou my lekker laaaaang brief net afgevee.Sommer so sonder waarskuwing. Ek sal more weer probeer.....Lekker dux!:hug:

protea
Jun 4th 2009, 02:43 PM
Mia , ek sit nou so en glimlag vir jou 'babas' wat gebad en gebed is ,want eintlik is hulle werklik groot babas wat hulle afhanklikheid van verantwoordelike volwassenes betref... net die ge-'bottel' deel ontbreek in jou geval.;)

Ek sit nou hier en wonder: Hoe voel n mens na 18 jaar van rou? Dis byna n halwe leeftyd .... En die storie van die pienk fietsie..... Leef Snuffels nog? (ons het ook n Snuffels foksterier gehad).

Ek was gister so bevoorreg om n uitnodiging te kry om te gaan trekkerrit ry in Montagu se Langeberge. Op pad vertel n vriendin dat sy jare lank betrokke was by n baie bekende telefoon beradings diens . Hulle het probeer om enigiets van selfmoordpogings tot egskeidings en alles tussenin te ontlont. Maar een van die voorwaardes van hulle berading was dat hulle nooit godsdiens sou gebruik in hulle pogings nie. Die 2 keer dat sy dit wel 'wederregterlik' probeer het , het die persoon net die gesprek be-eindig deur die telefoon in haar oor neer te gooi. Nou is my vraag : Is werklike berading sonder Jesus as die BASIS en ROTS en VERTROOSTER moontlik?

Nog n vraag : Word daar in die herderskap- of pastorale bedieningsgedeelte van predikante of pastore se opleiding aandag gegee aan die opleiding van die studente om wel trauma berading te kan gee as hulle dit in hulle bediening sou teekom? En wie kom nooit daarmee in aanraking nie?!?! Ek dink aan jou man se broer wat nie vir julle berading gegee het nie , en dan wonder ek of hy opgelei is om dit te kon hanteer? Want in so n intense trauma ervaring soos julle ervaar het, ly die hele gesin EN die huwelik daaronder en daar is so n wye spektrum van 'wonde' wat aandag moes kry.

Aan alle lesers van hierdie draad: Hierdie draad is nie net vir Mia en myself gereserveer nie en julle insette is meer as welkom! Kom plak julle 'hemelse pleisters' op hierdie draad.

Mia Ashton
Jun 8th 2009, 06:42 PM
Ai Protea ek wens ook dat meer persone hulle 'hemelse pleistertjies' soos jy dit so mooi noem, op hierdie draad wil kom plak. Dit is die saamgesels wat genesing bring en ons toerus om ander te kan bemoedig.

Ek wonder saam met jou of predikante werklik opgelei word vir trauma berading. Ek weet dat ons as gesin bitterlik gely het as gevolg van of niemand wat omgee, of gebrek aan weet wat om te doen. Traumaberading is 'n l-a-n-g pad wat jy bereid moet wees om saammet iemand te stap, met geen kortpaadjies, baie liefde, vele geduld en baie tissues en teemaak.

Ek dink veral aan die kinders in so 'n gesin. As ek terugdink kan ek nie onthou dat iemand van ons gemeente ons besoek het, of probeer het om met die ander kinders te gesels nie. Glo my, vandag pla dit my dat ek so in my eie smart vasgevang was dat ek nie aan hulle gedink het nie. Ek het eers jare later in my seun se bybel gesien dat hy kort na sy sussies se dood sy saak met Jesus reggemaak het en Arina het aan my bevestig dat hy was bang hy gaan ook dood en dan is hy nie gered nie.

Hierdie is nie 'n beskuldiging teenoor predikante in die algemeen nie, dis net wat met ons gebeur het.

Ek weet werklik nie hoe mense wat nie ons Here ken, iets soos die dood van 'n kind verwerk nie. Daar is mos geen werklike troos behalwe die troos wat jy aan Sy voete vind nie!

Ek het gister met my niggie gepraat wat drie en 'n halfjaar gelede haar seun in 'n motorongeluk verloor het, en sy se dat partydae huil sy nog asof dit gister gebeur het. Maar soos tyd aanstap, raak die ontsettende pyn meer draaglik en begin jy weer om sin in die lewe te sien.

Dankie vir jou saamstap op hierdie hartseerpad. Dit was goed om weer aan alles te dink en nou meer as ooit te sien hoe my Hemelse Vader my gedra het en kan ek Hom opnuut dank.

Snuffels is ookal in hondehemel en die pink fiets het na 'n behoeftige kind gegaan, so ook al die poppe en klere.

Sjoe maar dit is koud vanaand hier in Natal. Voel kompleet of iemand nie vrieskas se deur oopgelos het.

Lekker slaap, gesels weer later.

CFJ
Jun 8th 2009, 08:14 PM
Mia en Mona, dit klink so lekker op die tong ek moes dit weer s. Ek gaan hierdie draad 'n sticky maak, juis omdat dit so prakties en waardevol is.

protea
Jun 9th 2009, 02:36 PM
Mia , ek weet nie hoe jy fisies lyk nie , maar ek het vir jou so lief geword in hierdie kort tydjie wat jy op die forum is omdat jy jou hart aan ons ontbloot het. En ons hou BAIE van wat ons 'sien'!:hug: n Hart wat al baie stampe en trauma beleef het en vir wie die Here deur Sy liefde dring om ook vir ander te help wat ook moontlik deur soortgelyke hartseer gaan.
Moenie jouself kruisig omdat jy a.g.v. jou eie hartseer so diep getraumatiseerd was en net nie die krag gehad het om na jou familie uit te reik nie . Onthou die warm-enjin-scenario? n Enjin wat te warm geword het sodat dit uitgesny het , het nie krag om te ry nie. Dis so eenvoudig soos dit. En net by ons Kragbron kan ons weer 'herlaai' sodat ons weer geleidelik kan aangaan met ons lewens.En hoe het jy dit gedoen? Deur tyd met ons Hemelse Heler deur te bring . Of in gebed maar ook deur n studie van Sy Heilige Woord. So het jou heling begin. Onthou jy? Net en alleenlik by Jesus se voete.:pray:
Piet, n vriend van ons is die CEO van n groot maatskappy en 2 keer het dit gebeur dat met die afsterwe van n kollega die plaaslike predikant net eenvoudig nie kans gesien het om die slegte tyding te gaan oordra nie. Dan moes Piet maar self dit gaan doen het. Mens veronderstel so dat predikante en pastore mos moes geleer het hoe om traumas in hulle bediening te kon hanteer.Maar dit lyk nie so nie.:cry:
Jy praat van die absolute AFWESIGHEID van enigiemand met 2 ore met wie jy jou hartseer kon deel. Jy het nie raad gesoek na jou man of kinders se dood nie ,maar net 2 ore van n vriend of predikant sodat JY kan praat oor hulle.Net iemand wat kom tee drink.... en hier gaan dit min oor die tee , maar daardie teedrinker het 2 ore.....!Yes! Is dit nie so nie?
Ek wens so die man wat n paar weke gelede net 3 reeltjies op die forum kom plaas het oor sy kind se selfmoord wil weer met ons kom praat WANT HY WIL EN MOET PRAAT oor sy verlies. En op hierdie forum is daar nie ore nie maar OGE wat kan sien wat mense skryf oor geliefdes wat hulle aan die dood afgestaan het en dit wat hulle ervaar .En DIS wat so waardevol is. Dis stap 1 in hulle helingsproses. Al dink jy aanvanklik jy gaan nooit by punt 10 uitkom nie. As predikante oor die algemeen min toerusting daarin ontvang het , IS DAAR NOG HULP in die vorm wat diegene wat nie die 'pampiere' het nie ,maar wie hulle beskikbaar stel om werktuie te wees van die Heilige Gees. Ek praat so graag oor om n 'pyp' vir Jesus te wees deur wie Jesus se liefde en belangstelling en onderskraging vloei tot by n mens in nood. The Lord does'nt call the qualified , he qualifies the called....
Wag, dis darem al goed vieruur, laat ek eers vir my Hubby koffie neem teestoor toe ...;) Ons praat later weer. Toedeloe.

protea
Jun 20th 2009, 10:15 AM
My vriendin Alet (skuilnaam) van die Weskus het nou onlangs haar 2 borste verloor toe borskanker by haar gediagnoseer is. Estelle weer , is met kolonkanker gediagnoseer en moes n kolostomie ondergaan wat behels dat sy vir die res van haar lewe n sakkie moet dra. Wat wil hierdie vrouens hoor om hulle te bemoedig? Albei is al tuis en hulle mans en families moet nou saam hierdie trauma-pad stap. Want trauma is dit beslis! Albei van hulle voel 'minder' vrou a.g.v. hulle situasies en sukkel om met hulle lewens aan te gaan. Wat sou u as leser vir hierdie 2 dames wou se?

Om n pa of ma of ander familielid te he wat aan Altzheimers ly , verg darem dat die toesighouers werklik partykeer hare op hulle tande moes he. In die siekeboeg van die aftree -oord waar my mammie haar laaste dae deurgebring het ,was daar 2 dames wat Altzheimer gehad het. Die een vrou was n hoogs intelligente vrou (n gewese konsertpianis en seker so middel 60) en die siekeboeg moes hulle voorste veiligheidshek letterlik sluit om haar binne te hou. Sy was nie ontstuimig nie ,maar het net die pad gevat as sy n oop deur sou kry. Haar man kon haar nie langer versorg nie en was genoodsaak om haar by so n versorgingsoord te laat opneem.Dit het egter geweldige skuldgevoelens by hom ontketen.

Die ander Altzheimer pasient was n lewende getuienis! Sy kon nie meer enige twee-rigting-gesprek voer nie en vandat sy haar ogies soggens oopgemaak het tot sy saans gaan slaap het ,het sy vir jou n vers uit ps 23 aangehaal: Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe en ek sal in die huis van die Here bly tot in lengte van dae.... Oor en oor en oor.... Mag dit jou en my getuienis ook wees aan ons medemens!

Die bg gevalle van trauma is weliswaar nie so hoog in intensiteit as met n skielike sterfgeval nie, maar ek glo die voorkoms van sulke gevalle is meer. Dis dan ook sulke lae-intensiteit trauma gevalle wat ons elke dag teekom en veronderstel is om te bemoedig. Wat se jy vir sulke mense ? Ek glo verseker dat hulle ook 'ore' so saam met n 'samesynlike' tee'tjie nodig het... ;) maar hoe bemoedig mens sulke vriende?

Marinda
Jun 21st 2009, 11:36 AM
Ai, die ou brullende leeu, probeer vir ou laas nog sy ou liggaampie rond gooi, besef nie hy is al 2000 jaar terug al verslaan nie. Jy kan net deur die Woord jou vriende bystaan, want nie ek of jy kan ooit regtig verstaan waardeur hul gaan nie, maar ons Hemelse Pa, Hy weet. Wie kan ooit regtig in die lewe van ons sonder Hom voortgaan, nie ek nie, het Hom 24 uur van my lewe nodig, om my te dra en vir my te kan se "JY KAN" as ek wil tou op gooi..
Jes. 54:14-15, 17
14) Deur Geregtigheid sal jy bevestig word; wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie.
15) As hulle ook die aanval begin - dit is nie uit My nie; wie jou aanval, sal oor jou val.
17) Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerle. Dit is die ERFDEEL VAN DIE KNEGTE VAN DIE HERE en hulle GEREGTIGHEID WAT UIT MY IS, spreek die Here.

Wie jou aanval - armoede, hoe pryse, inflasie, hoe petrol pryse, SIEKTES - dit wat jou aanval, sal oor jou val.

Deut. 28:7
Die Here sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.

Mia Ashton
Jun 21st 2009, 07:08 PM
Hi vir al my nuwe boeties en sussies in Jesus,
Julle het seker al gedink ek het weggeloop van Funny Farm af. Wel ek het nie weggeloop nie, maar 'n bitter lelike 'virus' het my pc 'gehijack'. Ek kon skeeu van frustrasie. My admin.werk is twee weke agter. Die ergste van alles, ek het my kontak met julle tydelik verloor.

Weet jy Protea, dit is so waar, die trauma wat iemand ondervind wat sulke radikale ingrypings in hulle lewe het soos jou twee vriendinne, is geweldig. Ook waar daar 'n persoon in die familie is met een of ander breinafwyking.

Ek het hierdie week 'n pa en ma hier gehad wat 'n plek soek waar hulle seun kan bly. Hy is 27 jaar oud. Pragtige jong man. Het die mooiste oe. Hy en sy ouer broer is deur hierdie mense aangeneem op die ouderdom van drie jaar. Voorheen by hulle vir pleegsorg. Sy broer het ongeveer 'n jaar en 'n half gelede selfmoord gepleeg en hierdie kind wat regtig baie probleme vir sy ouers veroorsaak het, het ook probeer selfmoord pleeg met 'n 'pellet gun'. Hy is nie dood nie, maar het soveel breinskade dat sy regterkant byna verlam is. Hy loop met 'n loopring en kannie sy regterhand gebruik nie. Sy korttermyn geheue is heeltemal vernietig en ek moet hom gedurig herinner om te gaan stort, hare tewas en tande te borsel.

Maar wat my hart gebreek het, was hierdie twee ouers. Hulle is gedaan. Hulle het kom pleit dat hy asb. hier kan bly net vir een maand. Hulle wil so bitter graag bietjie alleen weggaan. Ek kon hulle nie wegstuur nie, en hy is nou hier vir een maand. Maar, sy het my byna elke dag geskakel omdat sy skuldig voel dat sy hom hier kom aflaai het. Sy is 'n lieflike moeder, maar met 'n las wat geweldig swaar is.

Ek kan dit net weereens benadruk. 'n Groot pot warm tee en twee gewillige ore, 'n drukkie en die versekering dat haar kind by my veilig is, het die wereld vir hierdie ouerpaar beteken. :hug:Hulle pyn is in sekere opsigte baie meer as myne. Ek kon dit noual regkry om vir die Here dankie te se dat hy liewers my kinders geneem het, gelukkige kinders en ek kon oor hulle rou. Hierdie mense het egter 'n leeftyd van bekommernis en hoop en wanhoop wat vir hulle voorle.

Ek kan ook onthou toe ek 'n beradingskurses gedoen het, (telefoonberading), geen godsdiens. Dit was vir my onmoontlik. Daar is mos geen troos behalwe die troos wat daar is Jesus Christus ons Verlosser te vind is nie.
Daardie ongelooflike vrede wat alle verstand te bowe gaan is tog net by Hom te vinde.

As 'n mens mooi daaroor gaan nadink, is daar myns insiens in trauma berading die beste wat jy kan doen, om jouself tot diens en beskikking van daardie mense te stel en jou te laat lei deur hulle behoefte.

Ek is so bly ek het nou weer kontak. Hier is so baie wat ek julle wil vertel. Al die nuwe mense en sommer net nuus van ons plaas. Ons het ook nou 5 studente van Birmingham University UK (hoop dis reg gespel) wat vir 6 weke hier kom help. Oulike kinders.

Gesels later weer. Dis so koud hier. Wil gaan inkruip.
Lekker slaap.
Mia

protea
Jun 24th 2009, 05:37 PM
Ja-nee, sou ons lewensbootjies nie heerlik kalm gevaar het sonder die tussentrede van virusse , wurms en ander goggos nie! Elke hond kry letterlik sy dag!

My eerste gedagte toe ek jou pos gelees het was: What would Jesus do? Ek glo Jesus sou soos jy opgetree het deur vir n maand na die seun te kyk. Ek glo nie die ouers het al in hulle lewens so n wonderlike geskenk ontvang nie. Kan jy jou 2 voeltjies voorstel wat na n leeftyd in n kou , vir n maand lank vrygelaat word? Mag die Here jou en jou man seen , Mia, vir hierdie onbaatsugtige geskenk aan 'twee van die geringstes in Sy koninkryk' en dus ook aan Jesus.

Is die studente van Birmingham besig met die praktiese deel van hulle studies? En wat swot hulle? Op so n plaas soos wat julle beman is enige paar ekstra hande seker soenbaar welkom? :pp Vertel ons ook van die nuwe verwikkelinge daar?

Ek het n geel teepot wat ek nog van my ouma ge-erf het . Nie n besonderse teepot nie ,maar een met karakter. Seker oor die baie mooi en hartseer verhale wat hy al moes aanhoor. Net so ontketen n kaggelvuurtjie darem maar die lekkerste gesprekke. Beide die teepot en die kaggelvuurtjie is vir my wonderlike terapie instrumente. Dis asof die warmte van die teepot en vuurtjie die harde 'beskermingslagie' om mense laat smelt en die gedagtes laat vloei en so deur die praat en gesels die genesing laat kom...

In n beradingskursus leer jy nie slim antwoorde nie (was nog nooit by ene nie!). Maar ek glo jy leer om te LUISTER en sensitief te wees vir influisteringe van die Heilige Gees. Want Hy is die volmaakte Berader en Heler en slegs by Hom is daar raad en insig en vrede en oplossings vir probleme.

Mag die Here julle baie ryklik seen.
Tot Vrydag. Ek gaan gou vir Klynsis haal op Wellington en slaap more-aand by Mirrelsis op Stellenbosch.
Ek dink ek moet n matras gaan nadersleep vir my en Hubby en sommer hier voor die kaggel slaap. Dis beslis die lekkerste plek op die aardbol!

protea
Jun 29th 2009, 01:31 PM
Hier in ons huis is daar n groot vrede want moeder se stem is op langverlof. Maar gelukkig is mens se vingers verlengstukke van n mens se stembande , ne? JAAA be-aam almal.;)

Ek het die week van n man gehoor wat die redes vir sy vriend se dood (volgens hom) op die begrafnis gestel het en vir alle teenwoordiges aldaar hoorbaar was. Ek kan nie GLO dat mens sulke ongevoelige mense kry nie en almal het gevoel dat die aarde hulle moes insluk van verleentheid .Ek glo almal is dit eens dat n begrafnis NIE die plek is vir SO n 'toespraak' nie. Niemand hou in elk geval daarvan om gePREEEEEEEEK te word nie. Niks opbouends kan hieruit voortvloei nie . Niemand word bemoedig of getroos deur sulke woorde nie. Inteendeel , dit wat gese is , kan nooit weer ongedaan gemaak word nie. Ek dink aan die verhaaltjie van die sak vol vere (woorde )wat as dit deur die wind weggewaai is , nooit weer in die sak versamel kan word nie. Ek weet werklik nie wat die spreker daardeur wou bereik nie:hmm: As jy nie weet wat om te se nie, bly stil! Wees net daar vir so n persoon. Jou teenwoordigheid is van baie meer waarde as jou woorde. Want net ons Meester het al die antwoorde op die wereld se probleme.

Ek glo dat die Here humor baiekeer gebruik om mense se hartseer tydelik te verlig. So n paar mde gelede by n familielid se begrafnis raak n kleindogter van my skoonsus 'weg' en toe hulle haar soek , vind hulle haar bo-op die kerkmuurtjie (seker so 3 meter hoog). G'n mens weet hoe sy daar gekom het nie en Miss Muffet (n uiterste tomboy van 4 jr) was nie baie geinterresseerd om af te kom nie want sy wil eendag in n sirkus gaan werk..... Dit het werklik omkoop gekos om haar daar af te kry,want dan moes sy haar roete verraai.... Die aanwesiges se hartseer is vir n oomblik verskuif na die dilemma om vir Sis van die muur af te probeer kry en die 'skaal' het weer geballanseer met hartseer aan die een kant en humor aan die ander kant. Het julle geweet dat in die 'buurt van emosies' is hartseer en humor bure? Daarom kan jy letterlik huil die een oomblik en skaterlag die volgende oomblik. Ek is seker baie van julle het ondervinding van soortgelyke ervarings. Ek glo ook dat humor n groot bestanddeel is van die hemelse 'muti' om hartseer te help verwerk. My broer se seuntjie (ook so 4 op daardie stadium ) het toe die lykswa met my mammie se oorskot daarin , verbyry op pad graf toe, uitgeroep: Jissssss Pappa, ek wil ok eendag SO n mooi kar he...;)

Wag , die keteltjie sing al sy koffiedeuntjie. Groetnis vir eers. Julle fluisterende vriendin.

Mia Ashton
Jul 5th 2009, 09:17 PM
Ek het so jaloers gevoel toe ek lees van jou kaggelvuur en die moontlikheid van 'n matras voor die vuur. Ai dit is hemels lekker. Ons het ook in ons ou huisietjie so 'n kaggel gehad en die geringste koue was 'n goeie verskoning vir 'n vuurtjie.

Protea, jy is so reg as jy se dat daar is sekere tye dat 'n mens nie gepreek wil word nie. Nee, jy soek net drukkies en koppies en koppies vol warm soet tee en 'n vriendin wat nie haastig is om van jou af weg te kom nie. Haai weet jy, eintlik besef ek noueers hoe min is dit wat 'n mens vir iemand moet doen in tye van swaarkry en hartseer. Is dit nie maar net om daar te wees, te luister en net jouself tot hulle beskikking te stel en ingestel te wees op daardie persoon se golflengte.

Ek wens so meer mense wil deelneem aan hierdie draad. Dalk is daar iets wat ons miskyk en kan ons beter voorberei wees om mense in moeilike tye by testaan.

Ons Engelse-studente is nog op die plaas en hierdie 6 weke hier by ons is nie deel van hulle opleiding nie. Hulle kom vrywillig en kom doen 'n projek hier op die plaas. Hierdie jaar bou hulle vir ons 'n ordentlike hoenderhok, want die hoenders eet al my groente op wat ek en my man probeer plant. Nou wil ek of almal slag (maar hulle is so mak, en as hulle my stem hoor weet hulle al hulle gaan koskry) of liewers in 'n hok sit waar hulle tenminste nie kan kwaad doen nie en dan kry ons nog 'n paar eiers.

Kom ek vertel eers vir julle van die nuwe ou wat hier by ons is. Dis hy wat net vir 'n maand hier bly sodat sy ouers bietjie kan vakansie hou. Sy niggie wat 'n O.T. is, kom verlede week hier aan en ongelukkig was ek uit om te gaan kruideniersware koop, en skop 'n groot bohaai op omdat sy regterhand wat hy nie kan gebruik nie, potblou is. Sy neem foto's, raas met die 'carer' en vra wat se huismoeder is ek dat ek nie kan sien die kind gaan sy hele hand verloor nie.

Ek was nogal ontsteld, ek het mos nie geweet sy hand word blou nie, niemand het my iets vertel nie. Ek stel almal die dood voor oe as hulle nie daagliks sy hand oefening gee nie. Maar die hand bly blou en so ook nou die ander hand. Om 'n lang storie kort te maak....... sy ma het vir hom 'n nuwe duvet-oortreksel gekoop en nodeloos om te se die kleur daarvan was donkerblou. Sy het dit nie gewas voor sy dit op sy bed gesit het nie en toe ek weersien is ook sy nek blou. Dit was eintlik vreeslik snaaks en ons het heerlik gelag. Gelukkig het die niggie my omverskoning gevra.

Ons is nou 'n jaar hier. Het verlede jaar 7/7 begin. Selfde dag wat my klein dogtertjie se verjaarsdag is (was). Ek wil so graag hierdie jaar met Kersfees iets spesiaal vir hulle reel. Miskien is hierdie nie die regte draad daarvoor nie, maar ek sal graag wil hoor watse idees julle dalk het. Aangesien meeste inwoners weg is gedurende Kersfees, gaan ek dit vroeg in Desember hou. Miskien 'n Kersopvoering? Hulle is tog maar net kinders.

Ek hoor graag van julle.

Jesusgroete en liefde
Mia

protea
Jul 11th 2009, 01:29 PM
Ai Mia ,
Agterna kan mens miskien lag ,maar op daardie oomblik toe beskuldigings heen en weer gevlieg het oor die redes vir die seun se blou hande en nek dink ek nie dit was vir julle snaaks nie....

Enige kind is lief om konsert te hou en julle 'kinders' sal dit net so geniet. Ek weet nie wat hulle vermoe is om woorde te leer nie , so wat daarvan as julle die woorde en Kers musiek vooraf opneem en dat die inwoners net die aksies doen. Dit kos minder oefening en daar word minder aan die 'toeval' oorgelaat..... Kindertuinkonserte het mos die mode om sy eie afdraaipaaie te loop....;)

Ek het begin ontrekkingssimptome kry van n gebrek aan Karroolug en ons gesin het toe gou vir n week ons 'tenkies' vol Karroolug gaan maak en ons 'batterye' gaan laai... so nou is ons weer gerat. Daar in die diep Noord- Kaap praat die mense die mooiste Afrikaans op n pragtige sing-styl sodat mens nie wil he hulle moet ophou praat nie! Ons gasvrou vertel van haar mammie wat vermoedelik sulke ligte beroerte aanvalle kry en na so 4 of 5 dae van stilswye weer begin praat. Sy beskryf dan die situasie so : Hy is nou al 5 dae van praat af! Is dit nie n pragtige en raak beskrywing nie ? Trek dit nou deur na berading : As die trauma-pasient nie praat oor sy ondervinding nie , kan daar nie heling kom nie. Die 'rivier' raak stagnant want daar is nie n uitloop vir opgekropte emosies nie. Die 'seer' moet in die meeste gevalle eers ontbloot word voordat die helingsproses kan begin.

Ons gasvrou het haar man so 8 jr gelede verloor in n ongeluk en sy en haar drie kinders (almal nou al uit die skool uit) het na my mening by die ontkenningsfase van die gebeure vasgehak en het nog n laaaang pad na heling te loop. Gelukkig het Hubby en die 7 jong mense gaan skaap werk op hulle ander plaas en kon ek en Erna (skuilnaam) heerlik vrou tot vrou kuier . Ons stap toe so om n kop tot by n droe rivierlopie met sulke heerlike bree klipplate waaroor daar BAIE water kan loop tydens hulle reenseisoen. Die klippe maak sulke natuurlike banke om lekker op te sit (MET rugleunings!) . Die Dorper ooie bler so nou en dan teen die rant. Bokant ons draai n jakkalsvoel . n Dassie loer by sy klipskeur uit om te kyk wie die indringers is. En ver-ver doer onder le die Boesmanland met sy spierwit wintergras . Voorwaar n 'room with a view'! En by gebrek aan water wat oor die klipbank vloei, begin woorde vloei, eers drupsgewys , dan meer en sterker tot die 'stagnante rivier' weer n uitloop kry . Later was dit nie meer eers nodig om vrae te vra nie. Die woorde loop spontaan.... en heling kan begin!

Het die natuur ook so n helende effek op julle lesers? Ken julle die Engelse spreekwoord: Waiting for your soul to catch up? Die Hel (Gamkaskloof ) en die Baviaanskloof is vir my twee van BAIE sulke plekke in SA waar jy jou 'siel kan gaan soek'. As jy DAAR nie jou 'verlore' siel kan vind nie.... Want daar voel jy SO naby jou Skepper. Jy WEET Hy hoor as jy bid. Jy WEET Hy antwoord - al is die antwoord partykeer nee... Jy WEET Hy is by jou ...IN jou... Sy hulp net n kniebuig ver.

Is dit een van die redes hoekom jeugkampe en 'retreats' so WEG van die wereld as moontlik gehou word ? Want daar is ALTYD mense wat heling nodig het. Of 'batterye' wat moet herlaai. Of net bloot om AF te skakel... Daar sal mense wat van praat af geraak het, weer begin praat sodat die helingsproses kan begin.

Ek dink dis ouderdom ,maar ek kan so n dag lank heerlik in my gedagtes op n plek kuier en die volgende dag weer verder 'toer'. So 'sien' ek die land.. Raai waar's ek gebore...?;)

Plaas'preasures'
Protea

protea
Jul 21st 2009, 05:24 PM
Hallo daar uit n windstil (vir die oomblik!) Suidste Kaap voordat die volgende koue front ons knyp. Wind is so deel van ons bestaan hier en ons kom al so lank met wind aan dat ons dit mis as die wind nie waai nie. Word die wind nie in die Kaap gemaak nie....?;) Niks is so lekker om jou windwaaijas aan te trek en die 'muisvlerre' te laat wegwaai in n stappie teen die berg nie. Want almal het maar 'muisvlerre' waarvan ons van tyd tot tyd ontslae moet raak... Daar teen die berg dink jy jou dinke , bid jou bidde en sorteer jou lewe sodat jy 'muisvlerloos' tuis kom.

Die naweek hoor ek op die radio van n vrou wie se seun wat kanker gehad het na n remissie van 3 jaar oorlede is. Sy vertel hoe kwaad sy vir die Here was en Hom blameer het vir haar kind se dood ,want het SO baie mense dan nie vir die seun gebid nie , dae en weke aanmekaar en toe is hy tog dood.... Sy vertel dat sy so kwaad was vir die Here dat sy nie kon bid nie. Waar was die Here toe sy Hom SO nodig gehad het? Hoekom het Hy nie haar kind genees nie? Sy het dan so GEGLO Hy sou. En al haar vriende en mede-bidders saam met haar. Dit het vir haar gevoel of die Here haar verlaat het en of sy net teen n plafon vasbid. ...en toe raak sy van bid af....:cry: Was jy al SO wanhopig in jou lewe? Het jy soos n voeltjie gevoel wie se vlerke geknip is? Erger nog : Het jy God-verlate gevoel?

Moelike vrae het weereens nie maklike antwoorde nie. En daar is BAAAAIE vrae waarop ons nie in hierdie lewe antwoorde op sal kry nie. Maar ek glo dat ons nie eers ons 'vraelysie' sal hoef in te pak Hemel toe nie, ons sal net daardie kennis ontvang. Hier 'sien ons ten dele' maar daar sal ons ten volle sien en ken.

Talle mense wat deur trauma gegaan het , het getuig hoe die gebede van mede- gelowiges hulle gedra het. Hoe die vriende letterlik NAMENS hulle gebid het toe hulle 'warm enjins' net uitgesny het en nie vir n tyd lank kon funksioneer nie. So belowe ook ons Beste Vriend in Romeine 8 vs 26 : Die Gees staan ons ook in ons swakheid by : ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gese kan word nie. En is ons Beste Vriend se ander naam nie Trooster nie? Hy troos , versterk, lei en bid NAMENS jou as jy nie kan nie!!! Want Hy ken jou droefheid en vreugde en loop die pad saam met jou as jy Hom toelaat.

Mooi loop vir eers tot ons weer gesels.
Lievvde en soeiiiinkies
Protea

protea
Aug 1st 2009, 09:01 AM
Hallo Melani, dis HIER wat jy kan kom saamgesels. Melani is nuut op die forum en sy het juis by Lighuis uitgekom a.g.v. n behoefte om oor al haar vrae, verwyte en hartseer te kom gesels nadat hul 18 mde oue dogterjie twee maande voor die Mollers se seuntjie verdrink het. Gebruik hierdie draad om met ons te gesels want n.a.v. n vorige pos van Mia wat ook deur geweldige trauma is met die afsterwe van haar man en 3 van haar 4 kinders, WIL en MOET mens daaroor praat omdat dit deel van die rouproses is. Nie ek of Mia is gekwalifiseerde beraders nie.(Van die moderators mag dalk wees). Ek dink bloot hard-op en skryf neer wat (ek glo ) die Heilige Gees , ons Trooster in my gedagtes kom neerle. So , ons taak is nie om maklike antwoorde op moeilike vrae te gee nie, maar ons glo dat jy met die deel van al jou hartseer ook die Here se VREDE sal kry sodat daar weer sin julle lewens kan kom.

Weereens wil ek n versoek rig aan almal wat hierdie draad lees: Kom gee julle opinie of eerstehandse raad en inligting sodat ons deur die kuier hier op die forum hulp kan verleen aan mense in nood en so Jesus se liefde en ondersteuning kan uitdeel.

Al my liefde
Protea

Mia Ashton
Aug 1st 2009, 07:01 PM
Dagse vir al die ander ligdraers,
Ek het gister eers weer vir die eerste keer na 'n lang ruk hier op ons webwerfie kom kuier. Ons is nogal deur 'n moeilike tyd en as gevolg van griep, was my rekenaar nie eers aan vir 'n hele week. Dit was tog te lekker om gister net te sit en weer met almal te kuier.

Protea ek het vorige possies so geniet! Jou beskrywing van die klippe met rugleunings, die Dorper ooie, die jakkalsvoel. Dankie ek het dit so geniet. Jou woorde val soos musiek op die oor.

Ek onthou hoedat ek ook na klein Somari se dood besluit het om bietjie weg te gaan want ek kon die huis met al die blomme en die reuk daarvan net nie meer verduur nie. Ek en Arina en Johann is toe na 'n stil vakansieoord waar die natuur pragtig was. Ek het meer as een keer alleen die veld ingestap en waar niemand my kon hoor, my hartseer en vrae hardop aan my Vader kon vertel. Die prag van die natuur, die stilte en bykans voelbare Teenwoordigheid van ons Trooster het my weer kalmte en rustigheid gegee. Ek is seker ons Heer gebuik Sy pragtige natuur om te help met die heling van ons verskeurde harte.

Ek kon myself so goed vereenselwig met die vrou wie se seun ten spyte van al die gebede, tog oorlede is. Veral as jy weet jou hele gemeente en almal wat jou ken, bid. Na die tyd is dit dan ongelooflik moeilik om dit vir jouself uit te werk, waarom? Was ek nie goed genoeg nie, nie genoeg gebid......... en so kan jy aanhou en jouself martel en probeer om antwoorde te kry. Ek was ook baie kwaad vir die Here. Hoe kon Hy toelaat dat dit weer en weer en weer gebeur. Ek het gedink ek het iets baie baie sondig gedoen, miskien as ek 'n beter christen was sou dit nie gebeur het nie. Nagte is deurgebring in wroeging en selfverwyt.
Dan is dit wat jy 'van bid af raak'. God-verlate voel!! Protea, hoe goed het jy dit nie gestel nie! Dankie tog dat daar dan mede-gelowiges is wat aanhou bid.

Dit is dan verseker baie belangrik dat ons sal aanhou om vir hulle wat deur sulke smartlike tye gaan, tydig en ontydig aan ons Hemelse Vader op te dra. My hart huil saam met jou Melani. Weet egter verseker ons Verlosser leef en so ook jou kleinding saam met Hom. Wanneer Hy in die volheid van die tyd sal kom om ons te kom haal, sal ons kinders by Hom wees en ons sal vir altyd en altyd veilig by Hom en in sy Teenwoordigheid leef.

Mag Jesus sy Goddelike balsem oorvloedig uitstort in hierdie nag oor elke hart wat verskeur is deur smart. Mag Sy liefde en vrede elke moeder- en vaderhart wat hooploos voel, vul met Sy Hoop in die Ewige Lewe.

Liefde
Mia

protea
Aug 4th 2009, 05:21 PM
Hallo Almal!
Dit is vir my die kosbare deel van hierdie draad dat Mia wat 3 kinders aan die dood afgestaan het vir Melani wie se kleinding verdrink het so uit eie ervaring kan bemoedig. Want slegs diegene wat self deur so n ervaring is, weet hoe aan flarde jou binneste is. DANKIE Mia!:hug: Mag ons Vader jou nog baie gebruik om Sy liefde en empatie aan ander te bring.

Vandag het ek n gebedsversoek vir u. Ek skets net die buitelyne van die situasie.

n Geskeide egpaar.(alle name fiktief)
Die man, Herman : n professionele man met skitsofreniese neigings wat verslaaf is aan dwelms en n laaste waarskuwing van sy baas gehad het. Hy is n man wat sy vrou aangerand het o.a. en nou by n dame ingetrek het wat erken het dat sy HIV Positiewe status het.
Die vrou, Annie : n dame met n BAIE lae selfbeeld en wat net te veel slae (fissiek en emosioneel ) in haar huwelik verduur het. Sy het soos die warm enjin uitgesny waarvan ons in n vorige pos gepraat het en nou net nie die krag en hoop en moed het om volle sekuriteit vir haar 2 lieflike kinders te bied nie. Herman betaal die minimum onderhoud en dit gaan baie dae boomskraap om liggaam en siel aanmekaar te hou.
Gertjie is 6 jr oud MET N OU-OU MAN SE OGIES. Hy het al hopeloos te veel gesien en gehoor vir so n klein seuntjie. Toe hy nog met n bal en albasters moes gespeel het , moes hy al n te groot kykie in die grootmenswereld sien. En om sy mamma so weerloos te sien teen sy pa ..... my woorde raak op.:cry:
Annelie is net 3 jaar oud en eintlik is sy die beste af van die 4, want sy was nog te klein om hierdie trauma te beleef en haar pa was gelukkig nie meer op die horison van kort na haar geboorte nie. So sy is relatief onbeinvloed deur die drama.

Ek wil vir u vra om hulle asb al 4 aan die Here ons Almagtige Vader op te dra. Vir heling op ALLE terreine, vrede, finansies en alles wat die Here nog op u hart le.

Hoekom is dit so dat ons so baie keer moedeloos en met hangskouers nadat ons nie n probleem self kon oplos nie dit uitSUG: .....nou kan ons nog NET bid daaroor (sug, sug)? Moet ons nie voor God se troon gaan dans en jubel van dankbaarheid vir die geskenk van gebed nie? Want wat is gebed? Gebed = 1 000 000 arsenale van geestelike ammunisie wat God tot ons beskikking stel. Besef ons wat dit beteken? En DIS in die hand van die mens gesit om kontak met ons Vader te maak en lewenslank te behou , in ons vreugde maar ook in ons nood. Retha Mc Pherson het in n onlangse nuusbrief geskryf van haar seun Aldo ,wat tydens sy hemelse ervaring gesien het hoe ons Vader elke keer as daar n gebed in die hemel opdaag , sy engele stuur as hulp. Wanneer ons in ootmoed na ons Vader gaan, sal ons sug-sug gebed:( in n jubelgebed :ppverander WANT by Hom is ALLES moontlik. By Hom is daar rus , in Sy arms is daar vrede en koestering en versorging. Want Hy WIL en SAL help as gelowiges in nood tot Sy troon roep.

Vader, ons kom en le hierdie stukkende gesinnetjie aan U voete. Herstel verhoudinge, heel wonde , voorsien in hulle fissiese behoeftes en bring vrede in hulle gemoed sodat hulle ook sal uitroep: Waarlik, by U is alles moontlik!!! U is liefdevol en genadig en U versorg die 'weduwee en wese', die wat eensaam is en die verstoteling. Ons bid dit in die wonderlike naam van Jesus , ons Verlosser.:pray: Amen.

Mia Ashton
Aug 5th 2009, 07:07 PM
Vader, U die Pottebakker, ons die klei. As ons stukkend en sonder enige waarde voor U voete le en in ons stofmens onvermoe om ons lewe weer op koers te kry, kan ons maar net na U toe kom.

Dankie dat U na elke gebed luister en ons hoor en verhoor. Ons kom le nou hierdie gesin wat kosbaar is, voor U neer en pleit vir genade. Raak U hulle aan en versag die pyn met U vrede. Gee tog dat die man van die huis sal dink aan die smart wat hy sy vrou en sy kinders berokken het en ook dat hy aan U verantwoording sal moet doen vir sy dade. Bewaar die kosbare siele van daardie klein kinders en stuur U engele om hulle te vertroos. Gee aan hul moeder die wysheid om ten spyte van hulle omstandighede die wete dat haar hulp net van U sal kom.

Dankie ook vir my kosbare vriendin Protea. Ek se Amen op alles wat ook sy vir hierdie stukkende gesin bid. Maak ons getroue voorbidders vir almal wat in nood verkeer en wat van 'bid afgeraak' het.

In Jesus naam.
Amen:pray:

Melani
Aug 7th 2009, 11:17 AM
Hello Mia en Protea

Baie dankie vir hierdie draad. :saint:Ek lees dit elke dag maar nes vandag weet ek nie werklik wat om te s nie. Ek huil so dat ek nie eers kan dink nie, ek dink dalk is dit nog te vroeg ir my want ou klein Kayla is dan vandag eers 160 dae dood. :cry::cry::cry:Dit voel of ek 161 dae te lank lewe, ek weet werklik nie wat om te s nie, my hart is so seer.

Ek weet Mia is deur die dood van 3 kinders, maar ek het net een gehaad en nou is sy ook dood, ek is net 28 en nou moet ek die res van my lewe met so n vreeslike seer oop gerukte hart sit, ek dink nie ek sal ooit weer kinders wil h nie, ek wil net vir Kayla h. Ek weet nie eers hoe om vir Mia jammer te s oor haar man en kinders nie, want jammer beteken eintlik maar niks nie.

Ek weet sy is veilig in Jesus se arms en dat ek haar weer sal sien maar ek wil haar by my h.

Die Here is genadig en dit is met Sy genade dat ek nog hier sit. Ek weet dis my trail wat die Here vir my gegee het en James 1 s ek moet deur hierdie trail kom, maar dit is so baie gevra op die oomblik.:giveup:

Ek waardeer regtig al julle gebede en alles wat julle op die draad s. Ek kan nie nou regtig iets s wat gaan sin maak of vir ander sal bystand gee nie, ek moet maar nog eers berading kry want dit is vir my soos hel, ek kan nie dink hel is erger as n kind se dood nie.:help::help:
Dankie tog ek het die Here as my verlosser aanvaar en dat Hy my daagliks troos. Kayla was te klein om te kon praat of verstaan van Jesus maar ek weet sy is by Jesus.:confused

Ek sal weer kom saam praat, soek nou eers n tissue.:cry::cry:
Liefde:kiss:

Melani
Aug 7th 2009, 11:31 AM
Mamma se lelike skoene (Ugly Shoes)
I am wearing a pair of shoes.
They are ugly shoes.
Uncomfortable Shoes.
I hate my shoes.
Each day I wear them, and each day I wish I had another pair.
Some days my shoes hurt so bad that I do not think I can take another step.
Yet, I continue to wear them.
I get funny looks wearing these shoes.
They are looks of sympathy.
I can tell in others eyes that they are glad they are my shoes and not theirs.
They never talk about my shoes.
To learn how awful my shoes are might make them uncomfortable.
To truly understand these shoes you must walk in them.
But, once you put them on, you can never take them off.
I now realize that I am not the other one who wears these shoes.
There are many pairs in the world.
Some women are like me and ache daily as they try and walk in them.
Some have learned how to walk in them so they don't hurt quite as much.
Some have work the shoes so long that days will go by
before they think of how much they hurt.
No woman deserves to wear these shoes.
Yet, because of the shoes I am a stronger women.
These shoes have given me the strength to face anything.
They have made me who I am.
I will forever walk in the shoes of a woman who has lost a child.

Die Filadelfieer
Aug 7th 2009, 01:18 PM
Melani,
Daar is gevalle waar mense se woorde net so vr kan gaan om 'n ander te bemoedig en op te beur, en mens besef dat wat daar ookal ges kan word nie veel aan 'n ding gaan verander nie. Sulke tye moet 'n kind van die Here die vrymoedigheid h om by haar Pappa te gaan huil, om net jou o toe te maak en toe te laat dat God jou in Sy arms hou.
Ek wil graag saam met jou bid dat jy jouself sal toelaat om God se nabyheid so te beleef. Ons het nie altyd al die antwoorde nie, en baie kere klink die antwoorde wat ons wel het so leeg en sinneloos as dit opgeweeg word teenoor ons emosies en probleme. Ja on lewe in 'n gebroke wreld, ja ons word aan ons neuse rondgelei deur ons sondige natuur, maar wat help die wete hiervan om ons te laat beter voel ?

Die waarheid ? : soms, maar net soms, absoluut niks nie. Sulke tye kan slegs die Here se Teenwoordigheid ons deur 'n situasie, wat tereg soos 'n hel kan voel, dra. Die waarheid is egter dat dit nie die regte egte hel kan wees nie, want die regte egte hel is nie net 'n fisiese plek nie, maar ook 'n plek waar God nie is nie. Jy weet, in jou hart, dat Kayla reeds by Hom is, jy WEET dit, en as God nie vir jou hierdie bemoediging gegee het nie, wie het ?

God IS nie net nie, God IS by Kayla, en God IS by jou. Jy weet dit, want God s self : "EK IS ". :hug:

Gene
Aug 8th 2009, 07:16 AM
Hello Mia en Protea

Baie dankie vir hierdie draad. :saint:Ek lees dit elke dag maar nes vandag weet ek nie werklik wat om te s nie. Ek huil so dat ek nie eers kan dink nie, ek dink dalk is dit nog te vroeg ir my want ou klein Kayla is dan vandag eers 160 dae dood. :cry::cry::cry:Dit voel of ek 161 dae te lank lewe, ek weet werklik nie wat om te s nie, my hart is so seer.

Ek weet Mia is deur die dood van 3 kinders, maar ek het net een gehaad en nou is sy ook dood, ek is net 28 en nou moet ek die res van my lewe met so n vreeslike seer oop gerukte hart sit, ek dink nie ek sal ooit weer kinders wil h nie, ek wil net vir Kayla h. Ek weet nie eers hoe om vir Mia jammer te s oor haar man en kinders nie, want jammer beteken eintlik maar niks nie.

Ek weet sy is veilig in Jesus se arms en dat ek haar weer sal sien maar ek wil haar by my h.

Die Here is genadig en dit is met Sy genade dat ek nog hier sit. Ek weet dis my trail wat die Here vir my gegee het en James 1 s ek moet deur hierdie trail kom, maar dit is so baie gevra op die oomblik.:giveup:

Ek waardeer regtig al julle gebede en alles wat julle op die draad s. Ek kan nie nou regtig iets s wat gaan sin maak of vir ander sal bystand gee nie, ek moet maar nog eers berading kry want dit is vir my soos hel, ek kan nie dink hel is erger as n kind se dood nie.:help::help:
Dankie tog ek het die Here as my verlosser aanvaar en dat Hy my daagliks troos. Kayla was te klein om te kon praat of verstaan van Jesus maar ek weet sy is by Jesus.:confused

Ek sal weer kom saam praat, soek nou eers n tissue.:cry::cry:
Liefde:kiss:

Ai Melani, so jammer oor jou kleinding... Niks wat ek of enigiemand vir jou se, gaan dit makliker maak nie, ek weet. Maar die Filadelfieer is reg - hou vas aan ons hemelse Vader - Hy is die Groot Geneesheer, en Hy is die enigste Een wat die seer kan ligter maak. Ek bid ook vir jou, en my hart gaan regtig uit na jou toe. Ek weet nie wat jou omstandighede is nie, maar dis belangrik dat jy nie alleen hierdeur moet probeer werk nie. As jy dit nog nie gedoen het nie, kom assblief by 'n christelike berader uit - iemand wat die Here ken en teenoor wie jy jou hart kan uitpraat, wat jou kan help om deur hierdie swaar tyd te kom...

Ek weet nie of jy daarvan bewus is nie, maar ons het 'n fasiliteit op die forum waar 'n mens gesprekke van hierdie aard kan voer. Ek wil regtig geen druk op jou plaas nie (soos ek se, ek weet nie wat jou omstandighede is nie) maar ek wou dit net aan jou noem. As jy ooit met iemand aanlyn wil gesels oor enigiets persoonliks, is jy welkom om vir my 'n draad oop te maak in die chat to moderators forum op die hoofbord. Gebruik hierdie (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=84) skakel Dit is 'n privaat forum waar niemand anders as die moderators toegang het nie, en waar 'n mens rustig 'n gesprek kan voer. Asseblief, geen druk nie, maar jy is welkom....

Weet intussen dat ek (en ander deelnemers op hierdie forum) aan jou dink en vir jou intree by die Vader. Sterkte!

protea
Aug 8th 2009, 12:07 PM
Hallo Melani,
Gene het vir jou baie goeie raad gegee. Gaan gerus na die draad 'chat to the moderators' as jy die behoefte aan n bietjie objektiewe gesels het met mense wat nie direk by jou situasie betrokke is nie.

Ek wil Fila se raad be-aam en net in ander woorde se: As jy ' van praat en van bid af geraak het' , is daar net een plek vir jou en dit is op ons Vader se skoot waar jy jou hart kan uitsnik. Daar is geen tydsduur verbonde aan jou kuiertyd by ons Vader nie. Die uitnodiging lui: Kuiertyd onbeperk. Weke, maande en selfs jare..... Jou Gasheer is ook so n gentleman , jy hoef nie te praat en te bid as jy nie kan nie, WANT HY WEET HOEKOM JY DAAR IS! Hy is jou Maker en Hy ken jou hartseer en Hy kan identifiseer daarmee , want Hy het ook n Kind aan die dood afgestaan. Jy gaan kuier maar nie noodwendig gesels nie.... Jou gees gaan met die Gees van God kommunikeer en wat is dit anders as GEBED?! Die hoogste vorm van gebed! DAAR begin jou en jou man se heling, digby ons Vader se hart. Niemand jaag jou daar weg nie. Jy bly daar solank jy wil en vir solank julle die behoefte het. Gaan klim sommer NOU op Sy skoot. Hy wag vir julle!!!:hug: Ons bly bid vir julle, die Mollers , die Van der Sandt's en ook die Van der Merwes wat kinders aan die dood afgestaan het.:pray:

Al ons liefde
Plaas'preasures'
Protea

protea
Aug 26th 2009, 05:17 PM
Hallo julle!
.....en toe raak ek al weer uit voorraad van Karoolug.... Watter heerlike verskoning om vir ons vriende wat in die Noord Kaap n plaas gekoop het, te kon help plaas aanry en sommer tegelykertyd ons 'lug' tenke weer te vul. Van kaalarm loop in Uppington tot kapok n skamele 400 km suid.

Baie gelowige vriende van ons het n paar maande gelede hulle geliefde skoonseun (middel 30's) aan die dood afgestaan. Hulle het vir my egter besonder gou (te gou?) by die Aanvaarding fase van die rouproses uitgekom. Hulle siening is: Die Here het dit oor hulle dogter en ook hulle pad gebring en daarom aanvaar hulle dit so as komende van n almagtige en genadige God. Nou wonder ek of dit menslik moontlik is om al die stappe in die rouproses te omseil en om so tot die Aanvaardings -fase te kom. :hmm:

Geen 2 mense rou op presies dieselfde manier nie. Gaan hierdie ouers die nodige ondersteuning vir hulle dogter en hulle kleinkinders kan bied in hulle eie rouproses? Die jong weduwee is miskien nog in die ontkennings- of 'bargaining' fase. Wanneer sy sien hoe haar ouers so vinnig by die 'eindpunt' van aanvaarding uitgekom het, gaan dit nie haar eie rouproses ontspoor nie? Ek weet regtig nie. Maar ek sien hierdie situasie as n buitestaander en wens so ek kan vir hulle help. GELUKKIG kan ons vir hulle bid dat die Here hulle net sal vashou. Dis my gebed as ek nie weet wat om vir mense te bid nie. EN die grootste geskenk en hulp!:pray:

Mooibly vir eers.
Protea

Mia Ashton
Aug 27th 2009, 07:50 AM
Hi almal,
Dit is tog so noodsaaklik in die gejaagdheid van mens se lewe om somtyds tot stilstand te kan kom. Protea, ek en my man was verlede naweek ook vir die eerste keer in 'n baie lang tyd weg van die plaas. Vriende het hulle tyddeel vir ons beskikbaar gestel vir 'n naweek en hoe wonderlik was dit nie. Die weer was koud en winderig, maar ons het gelees, geslaap en net ontspan. Gees en liggaam het weer kans gekry om bymekaar uit te kom.
Dit was egter moeilik om weer terug te kom.

Jy weet Protea, ek kan maar net weer in nederigheid uit eie ondervinding vertel dat ek ook probeer het om sekere stappe van rou te ignoreer en aan te gaan. Dit het by my later 'n baie diep depressie en onsekerheid oor my gevoel met my Heer veroorsaak.

Daar was min tyd tussen die kinders se dood om seker te maak dat ek berading kry en familie (ek neem hulle nie kwalik nie) wou nie eintlik praat oor die kinders nie. Hulle het gevoel ek moet aanvaar en aangaan met my lewe. Veral my ouers kon nie verstaan hoe kwaad ek vir die Here was nie. Ek kan regtig verstaan hoe Melanie voel oor haar dogtertjie. Jy wil daardie kosbare kind by jou he. Nie in die Hemel nie. Hoe kan ons Heer haar (hulle) meer nodig he as ek. Ek soek my kind en klaar........

Kort na my seun se dood (ek en my man is geskei kort na ons tweede kind se dood) het ek 'n vriend gehad wat my gevra het om te trou. My hele wese het gese nee, maar ek het dit gesien as iets wat my kon wegneem van my smart. Enigiets, net solank ek nie hoef te dink aan die groot leemte en seer. Ek het nie gedink aan na die troue nie, maar net aan al die lekker voorbereidings en probeer vergeet van rou.

Nodeloos om te se dat kort na ons wittebrood het die werklikheid my ingehaal. Hierdie man was ongelooflik jaloers. So jaloers dat toe ek eendag met blomme vir al die grafte van die dorp af kom, hy my beskuldig het van ontrou. Hy het gedink my vorige man het die blomme vir my gegee.

Ek het toe gesit met skuldgevoelens. Teenoor my eerste man, met wie ek tog in my hart gewens het om versoen te raak en met die feit dat ek so vinnig kon 'vergeet' van my pragtige seun. Toe het dit vir my gevoel asof ek hom verraai het. Die feit is dat dit my op die ou end byna 15 jaar geneem het om werklik terug te staan en te besef: Nou het ek genoeg gerou. Hartseer en weemoed was vir my soos 'n baie bekende en geliefde jas. Dit het jaar na jaar op my skouers gele en ek het dit styf om my gevou, totdat ek besef het genoeg is genoeg.

Maar soos ek graag wil beklemtoon, hierdie was my ervaring. Dit kan tog wees dat ander gou 'daaroor' kan kom. Ek deel egter jou gevoel dat dit die rouproses van die dogter en die kinders kan bemoeilik. Dankie dat jy dit met ons gedeel het, want nou kan ek ook vir hulle bid.:pray: Ek voel ook dat hoe meer jy daaroor kan praat en saammet iemand sit en huil, iemand wat nie bang is vir jou smart of skaam is dat jy huil asof jou liggaam uitmekaar ruk nie, bietjie tee maak en jou vashou, tog baie werd is. Dit is goed om berading te kry, maar 'n goeie vriendin se 'beradingswaarde' is onbeskryflik groot.

Liefde
Mia :hug:

protea
Aug 27th 2009, 01:14 PM
Mia,
Dankie dat jy jou hart so oopmaak sodat ander wat daarmee stoei ook helderheid kan kry. Dis tog die groot doel van hierdie draad. Die harde lewe het van jou n ervare traumaberader gemaak omdat jy uit eie ervaring kan praat en bemoedig. Sodat, al is dit eers 15 jaar later, jy die bekende 'hartseer-en-pyn-jas' kan uittrek en met geloof vorentoe kan tree met jou hand in Jesus s'n. By Hom alleen is vrede, helderheid, lig en aanvaarding. Maar daardie aanvaarding kom eers na baie dae se kuier op ons Vader se skoot. Die meeste van daardie kuiers kan seker gekenmerk word as redelike ontstuimige kuiers, maar ons Vader verstaan , hoor en vertroos soos net Hy kan. Slegs by ons Groot Geneesheer kan daar heling begin!

Ek is SO dankbaar dat julle n bietjie kon wegbreek. Dit doen n mens so goed. Al skakel n mens net AF! En hoe sukkel die mensdom nie daarmee deesdae nie...

Dankie ook vir jou en die lesers se gebede. Mag ek nog n gebedsversoek rig? Erna (skuilnaam ) van die plaas met die plat klipbanke (met ruglenings!) het gister n senuwee ineenstorting gehad. Dit is sy wat haar man in n ongeluk 8 jr gelede verloor het. Ek bid net dat die Here haar 'vas, vaster, vasste' sal hou omdat haar situasie baie kompleks is. Sy laat my so dink aan die warm-enjin-scenario waaroor ons al gepraat het...... By Jesus alleen is daar HOOP! Hy stel NOOIT teleur nie! Hy antwoord ALTYD ons gebede! By Hom alleen is daar vrede en rus!

Plaas'preasures', lievvvvde en soeiiiinkies.
Protea

PS. Ek het n kansellasie gekry na n kamp van Retha McPherson :pphier naby ons die komende naweek en ek gesels weer Maandag verder.

Mia Ashton
Aug 30th 2009, 06:32 PM
Hi Protea
Ek hoop jy het jou kamp baie geniet en dat jy vir ons daarvan sal vertel. Ek bid ook inniglik vir jou vriendin.

Ja, ek het eintlik skandelik nagelaat om in my vorige pos te meld dat lank nadat selfs beste vriendinne ook moeg geword het vir teedrink en saam huil, besef mens maar net weer daar is net Een wat NOOIT moeg word vir jou hartseer en kla nie. Dit is net by ons Vader wat ons daardie vrede kan kry wat alle verstand tebowe gaan. Wanneer jy voel jy kan nie meer nie, hierdie jas word nou so swaar, dan kom Hy en lig dit van jou skouers af en gee nuwe krag en vrede vir die volgende dag.

Ek het in my verbeelding vir my 'n prentjie gemaak van myself wat met 'n kruis op my skouers strompel en val en my gebed was wanneer die hartseer te groot geword het dat Hy tog net asseblief 'n handdoekie onder die kruis sal inskuif, sodat dit 'n klein bietjie draagliker kan wees. Dan breek die dag ook aan wat Hy die kruis aflig en jou die jas laat uittrek en die miswolke wegvee en jou die son en die blomme weer laat sien. Weer dat jy sing in die Kerk sonder huil en na musiek kan luister sonder dat jou hart breek.

Ek moet dit net benadruk...... niks maar niks kom by die troos wat ons by ons Hemelse Pappa kry nie en stukkie vir stukkie laat Hy jou aanvaar.

Dankie dat jy dit benadruk het.
Ook plaas groete uit KZN
Mia

protea
Sep 1st 2009, 05:25 PM
Hallo daar!
My man kom nou net hier in so terg-terg en vra of ek dan nooit moeg raak om so op die internet te gesels of briewe te skryf nie.....wat vir n vraag is dit.... Nietemin, dit gaan my ook nie soos 'Saartjie-oppie-exchange' laat voel nie... :lol:Daar was nou sulke lang tye dat ek nie by die forum uitgekom het nie dat ek besluit het : VANDAG vat ek af en gesels na hartelus!

Die kamp......was hemels , heilig , helend ..... n Mens kan dit nie n een sin eers opsom nie, nie naastenby nie! Die rede: Retha het verdwyn en sy het die Eregas , Jesus en die Heilige Gees voorgestoot. En hierdie Eregas raak NOOIT moeg van kommunikasie tussen ons en Hom nie. As jou vriendinne en vriende jou later nie meer opsoek en bemoedig nie, is Hy nog steeds daar met Sy sagte stem in die aandwind om te bemoedig , jou op te help, te vertroos en te versterk.

Jou beeld van die kruis is pragtig. En belowe Jesus nie dat Hy ons kruis in die lewe sal dra nie? Sy juk is sag en Sy las is lig. Totdat jy op n dag voel (jare later soos in jou geval, Mia) maar my kruis se gewig is weg! En in die plek daarvan het daar heling gekom!!! Ek kan weer lag . Ek sien weer die mooi in die natuur. Ek giggel weer oor die koddighede van kinders en hulle segoed. Ek het vrede diep-diep in my hart se onnerste punt. Heling het voorwaar plaasgevind!

Lees ook my pos oor n 'spesiale bondeltjie' in die draad families vir Christus.

Laat dit goed gaan met julle.
Protea

protea
Sep 4th 2009, 01:02 PM
Ek glo dat baie van ons al gevoel het: Ek het net nie die KRAG om verder aan te gaan nie. Hetsy dit in n ongelukkige huwelik is , met die heengaan van n kind of familielid of ook deur die selfmoord van n kind of ander bekende. Maak nie saak wat die omstandighede is nie, ons almal weet waarvan ek praat. Maar Jesus belowe Hy sal vir ons die krag gee vir elke dag. Jy gaan nie volgende maand of week se krag al vandag kry nie. Ek glo daar is mense wat hierdie draad lees wat nie eers krag vir die dag vra nie ,maar uurliks. En as jy nie eers vir uurlikse krag kan wag nie , wat van 'krag-inspuitings' elke minuut...? Ons Vader ken elkeen se behoeftes. Ek self het ag jaar gelede 'uit krag uit geraak' voor n hospitaal prosedure . My gebed om die Here se krag was nog skaars oor my lippe , toe kon ek die 'krag-inspuiting' voel. Maar ek het nie die volgende dag se krag n dag voor die tyd gekry nie.....

n Kennis van ons wat n geweldige trauma in sy lewe ervaar het , het besluit om selfmoord te pleeg en het by een van die Kaapse 'gevaarlike' en berugte strande die see ingeloop. Nie een keer nie , maar DRIE KEER! En elke keer suig die stroom hom in en na n wyyyye draai , staan hy toe weer op die strand , n km of wat van waar hy ingegaan het. TOE het hy tot die besef gekom : Maar miskien het die Here n doel met sy lewe anders sou hy mos nie vir hom bewaar het nie al het hy so n moedige poging aangewend om sy lewe te neem. En vandag gebruik die Here hom kragtig in Sy diens!

Gate wat deur trauma in mense se harte geruk is , kan slegs met 'Hemelse Solutions' geheel word. Hoe gebeur dit? In NOUE kontak met my Vader se hart , op Sy skoot ,met Sy arms om my... Ja, jy het reg geraai , in gesprekke waar woorde nie nodig is nie. Tye wanneer jou gees met die Gees van God kommunikeer. Kosbare tye voorwaar. DAAR begin God se vrede en berusting en aanvaarding deur jou vloei OMDAT jy jou hele lewe aan Hom toegewy het. Daar ervaar jy die KRAG van God wat stukkende mense weer kan heelmaak. Probeer dit. DIT WERK!!!:pp

Klynsis kom die naweek huistoe. Sy herstel van klierkoors en het BAIE tender-loving-care bestel vir die naweek.. Hoe kry mens klierkoors?

Baie liefde
Plaassus

Mia Ashton
Sep 8th 2009, 07:55 PM
Ek droom verlede nag dat al my kinders nog op skool is. Ek ry skooltoe om hulle te gaan haal en by die skool se Wilna se juffrou vir my sy dink Wilna is bietjie siekerig. In my droom kan ek sien sy lyk nie so baie gesond nie, maar toe my kind met my praat is dit presies haar stem. Die klank van haar stem is nie deur 26 jaar uit my geheue uitgewis nie. So laai ek die kinders een vir een op. Al 4 van hulle. Hulle praat met my en ons kuier 'n hele nag saam. Dit is more die herdenkingsdag van Wilna se dood. 26 Jaar. Hoe wonderlik het die Here ons nie geskape dat ons geheue so fantasties is om so te kan onthou. Ek kannie wanneer ek wakker is meer onthou hoe hulle stemme geklink het nie, maar wel in my drome.

Ag, ek wou sommer maar net vir julle vertel van my droom. Ek was vandag skoon 'broos' en oorstuur van hartseer. Ek kan nie eintlik vir my man vertel nie, hy raak so ontsteld as ek hartseer is. Ek weet more sal dit weer beter wees. Al wat ek hier wil se is dat jare kan verbygaan en dan op 'n dag gebeur iets, en jou hartseer le weer oop en bloot soos 'n nuwe seer wat bloei. Gelukkig weet en verstaan ek nou dat ek maar vir vandag en miskien more kan huil, maar ek trek nie weer die jas van weemoed permanent aan nie, want Jesus het mos die seer gevul met Sy liefde en genade en met nuwe stiefkinders en kleinkinders en baie ander seeninge.

Hoop dis ok met julle dat ek bietjie op julle se skouertjies kan huil ......:cry::cry:
Liefde vir al my ligvriende
Mia
:hug:

protea
Sep 9th 2009, 01:27 PM
Maar natuurlik kan jy ons skouers gebruik om te huil , Mia!:hug::hug: Ons ore en oe is ALTYD vir almal op hierdie draad beskikbaar EN ook ons harte.:kiss:

Jy noem egter n baie waar ding: Jy gaan nou vir n dag of twee aan jou droom dink met GROOT verlange en trane ,maar daarna gaan jy nie weer jou weemoedsjas aantrek soos wat jy so baie jare gedra het nie.

Lisa, wie se seun Jan oorlede is aan Prader Ville sindroom so 3 jaar gelede, het 2 drome oor hom gehad na sy dood en dit was vir haar n GEWELDIGE bemoediging. Eerstens het sy gedroom hy is weer vir n 'besoek' terug by hulle en sy vra hom :" Jan , wil jy nie weer terugkom na ons toe nie?" Waarop hy toe vir haar antwoord : " Nee, Mamma, ek en my maatjie speel so lekker by Jesus en ek wag vir julle by Hom!"

In haar tweede droom HARDLOOP Jan in hulle gang af. Iets wat hy in sy lewe op aarde nooit kon doen nie. En nadat Lisa haar hande deur sy hare gestreel het so in die verbygaan is Jan weer daar weg , SO haastig om weer by Jesus uit te kom.

Net soos Jan genoem het hy vir sy ouers wag, so wag jou kinders ook by Jesus vir jou . En watter wedersiens gaan dit nie wees wanneer jy binnekort met die Wegraping (glo ek!) met hulle herenig gaan wees nie!!! Geen siekte of gebrek meer nie. Geen hartseer nie.Geen trauma nie. (Geen traumadrade op hemelse wwe nie...;)) Net vrede en geluk en liefde en ons Vader se magtige teenwoordigheid in n plek wat omgewe is met Sy Lig. Ek glo al ons vrae wat ons nog wou vra sal ook daar verdwyn, want dan sal ons nie meer 'ten dele ken' nie, maar 'ten volle'.(1 Kor 13 OV).

Mag ons Vader jou BAIE spesiaal aanraak en weer vertroos sodat jy sal uitsien na jou hereniging met jou kinders binnekort!

Al ons baie lievvvde en soeiiinkies
Protea

Mia Ashton
Sep 9th 2009, 06:05 PM
Dankie liewe Protea vir jou mooi woorde. Ek kan onthou kort nadat Wilna weg is, het 'n goeie vriendin vir my 'n boekie gegee om te lees. Voorin het sy geskryf dat ek "eendag in die Volheid van die Tyd weer my kind in my arms sal hou". Daardie tyd was dit van weinig troos, want die volheid van die tyd was vir my ligjare ver en ek het al klaar my dood verlang. Wonderbaarlik kan ek tog terugkyk en sien hoe my Heiland my dag na dag en jaar na jaar gedra en vertroos en bemoedig het, toe die nagte lank en pikswart was. Nou is die volheid van die tyd al baie naby en ek raak skoon opgewonde.

Die vertroosting wat 'n Christenmens in die arms van Jesus kry is so onbeskryflik wonderlik. Veral in retrospek, kan jy jou verwonder oor die onbeskryflike manier waarop jy deur Hom vertroos is. Op daardie oomblik voel en lyk dit nie so nie, tog wie kan dit deurmaak sonder Goddelikke vertroosting. Ek glo ook dat dit genade is om so van hulle te droom. Die maak die feit van hulle bestaan weer vir jou werklik. Vir 'n dag of wat is die hartseer weer daar, maar dit weeg nie op teen die heerlikheid van die droom nie.

Klein Somari het eendag vir my gevra of daar in die Hemel ook inspuitings gaan wees. (Insuline) Ek kon haar die versekering gee dat daar gaan alles net wonderlik en goed wees en Jesus gaan self daar wees om vir almal in die Hemel te versorg. Sy was so bly daaroor. Ek kan my net indink hoe hulle in die Hemel baljaar ........ag, ek raak sommer vreeslik bly dat my kinders al veilig by Jesus is. Nooit gedink ek sou dit kon se nie!! Daar sal ek ook nie hoef bang te wees dat ek in my motor gehijack gaan word nie!!! Ek is so bang vir bestuur in Durban.:pp

Ek sit nou hier met 'n glimlag en gesels met julle, my man vra ook nou vir my of ek alweer met my pelle sit en gesels. "Wat praat julle so baie?" vra hy.

Dankie aan alle lighuis vriende en vriendinne. Julle het my lewe baie ryker gemaak en kan ek darem ten minste in die aand sit en kuier in Afrikaans. Die heeldag Ingels praat kan my skoon moeg maak.:D
Liefde vir almal vanaf die plaas.
Mia

protea
Sep 10th 2009, 01:42 PM
Mia , ons manne sal dit nie erken nie ,maar hulle is maar ook lekker nuuskierig oor waaroor ons gesels.:lol:

Ek self is ook nie lief vir enige stadsverkeer nie. Ek stel nou al n besigheidsafspraak vir maande uit en verlede week besef ek net : Nou KAN ek dit nie langer uitskuif nie en sit die stuk in Kaap toe. Ek ken die Kaap redelik goed ,maar nou nie die DIEP Kaap waar die meeste van jou industriee is nie. Maar waar verdwaal ek dat ek nie n IDEE het waar ek is nie. Gelukkig is Tafelberg so n heerlike baken .(Dankie tog dit was nie bewolk nie!) Watter bakens het Johannesburg as mens daar sou verdwaal of verdwaal die mense daar nie;)? Met Tafelberg in die een oog ry ek toe weswaarts want die een of ander tyd moes ek die N1 kruis. Wat n blye gesig was die N1 nie en na so n wye Kaapse draai , skeur ek my inkopielysie op (teen daardie tyd is my kooplus buitendien al laaaankal geblus!) en woerts huis toe!:pp

Wat maak mense wat nie vir Jesus as hulle Baken , Rigtinggewer, Kompas , Leidsman, Raadsman , Vertoueling , Vertrooster en Vriend het nie? Alle probleme en vrae se antwoorde lei soos n brandpunt na Jesus toe. Wanneer ons ons fokus van Jesus laat sak na die 'modder' om ons voete is die tyd wanneer ons sukkel om ons skuitjie op koers te hou. Dan het die maalstrome en die stormwinde van die lewe die krag om jou skuitjie heel van koers af te dwing. Maar met Jesus as die Stuurman op ons lewensbootjie, is ons verseker van ons Eindbestemming en ook van Twee Liefdevolle Arms wat ons gaan verwelkom! En wat is vir n koningskind lekkerder en meer vertroostend as om in Jesus se arms in te hardloop! Daar waar jy hoort. Veilig en geborge.TUIS.

Mia, jou 3 kinders en so baie ander mense se kinders is ons hier voor. Hulle HET al in Jesus se arms ingehardloop, hulle SIT al op Sy skoot en luister na Sy liefdesverklaringe aan hulle. Hulle WAG op hulle ouers. Jou opgewondenheid om met hulle verenig te word is aansteeklik en dis te verstane. Ek gaan loer ook op n paar ander Christen forums en dis aangrypend hoe klein kindertjies van tussen 2 en 4 jaar die Wederkoms van Jesus profeteer sonder dat hulle ouers met hulle daaroor gepraat het of vertel het daarvan. Ek wonder of ons Vader nie dink nie: 'As die volwassenes nie wil gehoor gee aan my oproep om hulle tot My te bekeer nie , gaan ek dit deur die kinders doen.'

Hou julle oe op Jesus ,ons Middelaar , Verlosser en Vriend. En watter VRIEND het ons nie in JESUS nie!:pp

Ek gaan more bietjie 'popspeel' by die graad 1 tjies. Daar is n Moslem seuntjie wat by sy Christen tannie bly en daar in aanraking gekom het met die Christen geloof. En met Ousis wat hulle Jesus se liefde ingee , elke dag soos brood en konfyt, het die seuntjie die ander dag vir haar kom se: Teacher, I do not believe in Mohammed any more, I also now believe in Jesus as my Savior! Watter soeter woorde kan enige mens wil hoor as dit!!!

Plaasliefde
Protea

protea
Sep 13th 2009, 04:54 PM
Hallo Geliefdes!
Ek het onlangs die e pos gekry en ek plaas dit vir almal wat dit nodig het. BAAIE lievvvde en soeiiinkies.:hug:

protea
Sep 19th 2009, 12:56 PM
Ag ramp op ramp! Ek het nou n ellelange pos geskryf en toe vee Bin Laden dit weer uit en se ek moet my Windows weer oplaai en ek weetie hoenie:cry: En nou is my heerlike kuierpossie weg waar net Bin Laden weet waar....:cry: En Ferdie het al vir my gese om die pos op Word te skryf dan kan Bin Laden hom nie steel nie , ma ek weet okkie hoenie.:cry:

protea
Sep 19th 2009, 02:01 PM
Kom ons probeer weer. Hallo aan al my 'gesiglose en stemlose' vriende! Gelukkig is vriendskap nie afhanklik van sigbare gesigte en hoorbare stemme nie, ne?:pp

By die Eisteddfod op Hermanus gister het ek die mooiste 2 getuienisse gehoor wat ek graag met julle deel. In die eerste getuienis het n vrou haar man en haar volwasse seun in een jaar aan die dood afgestaan . As gevolg daarvan het sy in n BAIE diep put van depressie beland waar sy NIEMAND naby haar toegelaat het nie. Na n jaar van intense rou het sy een nag n droom gehad van haar man en haar seun wat laggend oor sy pa se skouer loer en vir haar se: " Mamma , ons wens SO jy wil ophou rou oor ons, want waar ons is , is daar net vrede en geluk en Lig. En binnekort sal ons weer bymekaar wees." Die volgende dag het n veranderde vrou aan almal wat wou hoor van haar droom vertel . Maar haar hele veranderde lewensingesteldheid was n getuienis op sig self!

Die 2e getuienis is van n sendelingpaar wat vir baie jare in n afgesonderde bergagtige deel erens in die Verre Ooste sendingwerk gedoen het. Die vroutjie is met kanker gediagnoseer en die meeste van haar gebede was n smeekbede om genesing sodat sy haar opdrag in diens van die Here beter sou kon verrig. A.g.v. hulle afgesonderde bestaan moes hulle die meeste van hulle besoeke per voet afle en so het die vroutjie se hart ook later begin protesteer. Dan het sy maar net weer met hernude ywer gebid vir genesing. Tot op n dag toe die Here met haar praat en vir haar se: " Jou fokus is SO op jou genesing dat jy al die WONDERWERKE en SEENINGE langs die pad mis..."

Ons Vader soek nie jou dienste in n 'uit-die-boks-uit-verpakking' nie ,maar in jou gebrokenheid kan jy Sy instument wees. Want dan steun jy nie op jou eie krag nie ,maar op die almag van God. Is jy 'ingeprop' by die Kragbron of roei jy nog verwoed jou eie bootjie? Streef jy nog na volmaaktheid soos die wereld dit sien of gaan offer jy jou gebrokenheid (hetsy fisies of geestelik) voor die Troon ? Want jou oorgawe aan die Koning stel Sy KRAG in werking. DAN sal jy wees wat God bedoel het jy moet wees al is jy fisies siek of emosioneel of geestelik lam en tam. Ons Vader nooi ons : 'Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en EK sal vir julle rus gee!' Daardie rus vind ons by Hom met Sy arms styf om jou. Hy rig die uitnodiging ,maar die eerste tree hang van jou af.....

Hier stop nou mense voor die deur vir n lekker 'samesynlike-affie-plaas-af-koffietjie'.

Groetnis vir eers.
Protea

louwn
Oct 5th 2009, 09:25 AM
Baie waar!, ek hou van jou 'uit-die-boks-uit-verpakking' beskrywing.

protea
Oct 5th 2009, 01:05 PM
Hallo Louw,
Welkom hier by die Lighuis . Ons glo jy gaan lekker saam kuier en gesels.

Terwyl ons al oor die term 'gebrokenheid' gesels het , wil ek die getuienis van nog n 'gebroke' dienaar van die Allerhoogste byvoeg in die naam van Nic Vuticic. Hy is n Australier van geboorte en een van vyf kinders. Sy groot onderskeiding in die lewe is die feit dat hy sonder arms en bene gebore is . Baiemaal het hy al tot die Here gebid om asseblief ook vir hom arms en bene te gee. Tot eendag wat die Here vir hom antwoord : "As Ek vir jou arms en bene gegee het , sou ek jou nie kon gebruik het waar ek jou wel gebruik nie." En dit is in die hoogste sekuriteitsgevangenisse o.a. in die Ooste. Want ek is seker die owerhede redeneer so : Watter skade kan iemand sonder arms en bene nou eintlik hier aanrig? As die owerhede maar weet dat as jy in die outoriteit van die Here optree, dan vee jy bindinge van satan 'level mettie grevel' sonder arms en bene of te not.... Die gevolg is dat BAIE van die gevangenes (insluitende bewaarders!) tot bekering gekom het.

Soek gerus op Google na hom en sy bediening. As hy n gehoor toespreek , dan dra iemand hom binne en sit hom op n tafel neer en dan begin hy die gehoor toespreek van af sy nuutgevonde 'hoogte'. Die LIEFDE VAN JESUS straal uit daardie man uit. Ons plaaswerkers het sy DVD al OPgekyk. Nou hoekom sit ek vir Nic Vuticic op die trauma draad sou julle wil weet? Ek weet self nie....;)

Ek is seker hy het n lae intensiteit trauma sy hele lewe tot dusver ervaar met sy fisiese gebrek. Ek glo hy het 2 keuses gehad: Of hy kon in sak en as gesit het met sy 'kry-my-jammer-jassie' aan of hy kon sensitief op God se opdrag vir sy lewe gewag het. EN VERVUL NIC NIE SY LEWENSOPDRAG NIE! Nie n sweempie van selfbejammering te bespeur nie! En vir almal wat ore het vertel hy van Jesus se liefde en genade en redding en verlossing so ver soos hy gaan... Wanneer dit groettyd raak , kom almal en gee vir hom drukkies (hy is MAL daaroor al kan hy nie terugdruk nie..!)

So gebruik ons Vader n fisies 'gebroke' mens in Sy diens. Is jy n emosioneel/geestelike/fisiese gebroke mens? Jesus kan jou gebruik in SY diens NET SOOS JY IS! Jesus 'qualifies the called'! Hy vra net jou beskikbaarheid. Weereens rig Jesus die uitnodiging en die antwoord berus by jou ... En daarmee se ek nie jy moet jou regmaak vir n wereldwye bediening nie. Nic se bediening is Nic se bediening! Joune gaan uniek wees. Dalk n agterplaas bediening soos myne waar jy n paar mensies per dag mee in kontak kom? Moenie jou blindstaar teen getalle nie. Die vraag is: Is jy getrou aan die opdrag wat die Here vir jou gee, want as 'jy gehoorsaam is in klein opdragte, sal die Here gaandeweg groter opdragte na jou kant laat kom.' (Vry vertaal) Die antwoord berus by jou....

Soeiiiinkies vir eers .MWHAAAAA :kiss::kiss:
Plaassus

Mia Ashton
Oct 5th 2009, 06:10 PM
Liewe plaassussie,
Jy moes hierdie op die trauma-draad sit sodat ek dit kon lees. Ek het net vanoggend weer vir ons Heer gevra wat soek ek op hierie plaas. Ek willie hier wees nie. Ek kannie volhou nie. Ek is te swak, te moeg en nog baie ander verskonings.

Toe kom Anne vanaand hier by my sit en vertel met trane in haar oe dat haar geliefde hond die naweek dood is en baie huiwerig vra ek hoe dit met die snyery gaan. Haar antwoord was dat sy drie weke laas 'gecut' het, want vir die eerste keer dink sy aan wat haar snyery aan my en haar ouers en aan almal wat vir haar lief is, doen.

Ek kry skaam omdat ek wat arms en bene het, by tye so onwillig is. Tog wys jou getuienis wat ons Here kan doen as ons net gewillig is. Miskien is dit dat ons so dikwels in eie krag dinge wil doen en ek is so geneig daartoe om vooruit te hardloop en nie te wag op die Here nie. Te haastig, jy sien, en raak my krag min, dan kla ek of twyfel ek of ek op die regte plek is. Dit bly nog altyd vir my 'n grootse wonder dat die Skepper van Hemel en Aarde vir my nodig het om 'n klein stukkie werk hier op aarde vir Hom te doen. Ongelooflik!!:pp

Dankie dat jy dit met ons gedeel het. Ek het so lanklaas met almal gesels want dit so dol gegaan hier. Vanaand het ek net gedink ek gaan myself bietjie bederf en by al my vriende kuier.

Funny farm groete
aan almal.:hug:

protea
Oct 6th 2009, 04:29 PM
My liewe Mia!
Is ons nie ALMAL skuldig aan ons ritse verskonings wat ons so maklik uitryg nie? :blush: Ek dink aan Moses wat dieselfde gedoen het en hoe God n teenvoeter gehad het vir elke verskoning van hom. "Ek kan nie praat nie, vra liewers iemand anders.." "In ons swakheid kom ons Vader se krag tot sy volle reg" " Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal vir julle rus gee." Om maar n paar te noem.....

Ek is self nie goed met 'wag' nie... Is dit nie menslik om dinge GISTER al klaar te wou he nie? My bynaam moes WAGTER gewees het, want ons Vader het MALE SONDER TAL op n stadium as ek n SPESIALE BOODSKAP van Hom vra voor n oggendgodsdiens ,stiltetyd of n oggenddiens in die kerk of oor die radio vir my AL die tekste in die Bybel gegee wat se : WAG OP DIE HERE!!! En daar is BAIE van hulle.....:lol: Is dit nie menslik om te wil voortstoomroller op eie krag terwyl Hemelse Krag beskikbaar is.....?

My hartjie hop oor Anne:pp. Kyk net hoe getrou het die Here ons gebede beantwoord en ALLE LOF en EER kom Hom toe!

Baie liefde (ek het al leer spel!) en 'preasures' (die Ingels kom nog nie so lekker nie...)
Protea

protea
Oct 26th 2009, 05:22 PM
Hallo Vrinne, skuus vir die Engelse opskrif. Ek kan dit nie met dieselfde gevoelswaarde vertaal as die Engelse weergawe nie.

Nee, die Sedooste storms het ons nog nie weggewaai nie. Ons het net glad ons 2e donderweer van die jaar gehad (gewoonlik kry ons net 1 so in 2 jaar se tyd!) Die beeste was verlede nag SO onrustig en arme Kaptein ons skaaphond weet nie of hy kom of gaan nie en kruip in die kleinste plekkie in die stoor weg net om van hierdie onbekende gerammel ontslae te raak.

Terug na die onderwerp: n Tiener kleinseun (17) van een van ons werkers het laat verlede week 'veglustig' geraak by die skool . Hy wat eintlik n baie skaam seun is , slaan ewe skielik n ander seun met n plank oor die kop. Heeltemal uit sy aard uit. Die kind het n BAIE lae selfbeeld a.g.v. sy hakkelprobleem en is BAIE beinvloedbaar deur die geweldige sterk groepsdruk in ons skole deesdae. Maar toe die seun Vrydagoggend opstaan en dreig om sy eie lewe te neem en sommer om ook die 2 jarige boetie ook 'saam te vat' , flikker die rooi ligte in my kop!

Ek gaan soek toe raad en hulp by ons plaaslike traumasentrum , maar 'toevallig' was almal of in vergaderings of stad toe en die dag kon niemand my help nie. Die seun se ma en tannie wat by my werk is natuurlik hoogs ontsteld en raadop en om so n situasie te hanteer is HEELTEMAL buite hulle vermoens. En n 'Stem' se hier in my binneste: 'Ek het nie gevra jy moet by die traumasentrum gaan hulp soek nie , ek het JOU gestuur met die opdrag om vir die kind te gaan hulp gee.'

Maar ek en die 2 bruin vrouens vloog hier weg en maak n afspraak om die seun te kry by n koffie winkel. Omdat hy my ken en natuurlik ook vir sy ma en tannie , maak die kind toe gelukkig oop en vertel ons van die Rastas (Rastifariers) wat beweer dat Dja(hulle god) en Jesus dieselfde is . Natuurlik het hy dagga gerook en moontlik ook ander dwelms gebruik wat SO vrylik beskikbaar is . Vermoedelik was hy ook betrokke by Satanisme :cry: so ons het n laaaaaang pad geloop en die saak by Jesus se redding en liefde begin en by Jesus se genade ge-eindig. Ook het ek gedurig die situasie teruggegooi na hom wat die KEUSES betref bv Lei jou vriende jou na of weg van Jesus? Baie meer vrae is gevra as 'raad gegee'. Maar die Heilige Gees het my SO gelei om die regte dinge te vra sodat die seun self by die oplossing van die probleem uitgekom het. Agterna het n wonderlike 'VREDE wat alle verstand te bowe gaan' ons al 4 omvou en ons kon versterk huistoe gaan . Die probleem is nog nie opgelos nie, maar ons Vader is getrou en sal ons nie los nie.

Het jy ook al n opdrag van die Here probeer 'delegeer' met die verskoning van weet nie hoe nie of kan nie praat nie of is nie so slim nie of of... Ek het..:blush: Hy vertrou ons met klein opdragte en soos ons ons gehoorsaamheid bewys , sal Hy groter opdragte aan ons toevertrou. 'God qualifies the called'. As jy op Hom vertrou word daar woorde wat heel in jou mond gele wat suiwer uit die Vader se hart kom!

Hierdie week het ek net weer besef hoe kwesbaar ons jeug is met al die aanslae van satan. Kom ons tree vir hulle in by ons Vader en hou hulle arms hoog om staande te bly onder die massa aanslag teen hulle.

Baie liefde
Protea

protea
Oct 31st 2009, 12:26 PM
As ek vir my man sou se: "Hubby , ek het nou net geDINK ne,...." dan gryp Hubby sy kop vas en sy 'antennatjies' staan almal penorent want dan weet hy hier kom nou n ding...;)

Ek is nou hier besig om wel hardop te dink en ek wil he julle moet my korrigeer as julle voel ek is verkeerd. Kom ons neem die scenario van ouers wat hulle kinders aan die dood moes afstaan of n ander geliefde : Nadat die rouproses al n hele paar mde of n jaar gevorder het , dink julle dat dat n beradingsessie enige waarde het sonder die medewerking van die traumalyer? En hoe weet ons wanneer dit die regte tyd is om wel met terapie te begin? Baiekeer kry ons die persone SO jammer dat mens nie hulle lyding vir n oomblik langer kan aanskou nie, hoeveel te meer nie hulle wat die lydende partye self is nie.. Baiekeer is die getraumatiseerdes so verby die punt om enige besluite vir hulleself te neem en hulle sluit hulleself letterlik geestelik en emosioneel toe van almal en alles om hulle.

Nou my vraag: Kan n baie goeie vriend of familielid of grootouers hulp en berading/terapie 'afvorseer' as die getraumatiseerdes nog nie reg is daarvoor nie? Die hulpgewendes in hierdie gevalle het die grootste begrip en empatie vir die traumalyers en wil hulle help om net basies weer te begin lewe...Daardie magtelose gevoel van 'weetie-waar-om-te-begin-helpie' is voorwaar n 'swaar' gevoel. Anders gestel: Kan mens iemand help wat (nog) nie gehelp wil wees nie? Ek wonder maar net...:hmm:

Saterdaggroete
Protea

Gene
Nov 1st 2009, 12:52 PM
Protea

In baie gevalle weet die traumalyer nie dat hy/sy hulp nodig het nie, en is besig met 'n proses om die pyn op sy/haar manier te probeer verwerk, wat uiteraard nie regtig suksesvol is nie. Dis die rede waarom hulle dikwels weier om hul samewerking te gee = omdat hulle nie besef dat hulle hulp nodig het nie, en dikwels ook omdat hulle nie besef dat daar enigsins hulp beskikbaar is nie. In so geval kan 'n berader wat sy sout werd is, wel met die hulp van die Here 'n deurbraak maak. Ek sou dus s dat dit wel die moeite werd is om iemand by 'n berader te kry, selfs al wil so persoon nie gehelp word nie. Ek het bv onlangs in 'n praatjie gehoor van 'n soldaat uit die grensoorlog wat nou, na bykans 40 jaar, by 'n berader uitgekom het agv huweliksprobleme, en toe is daar vasgestel dat die probleem destyds nooit aangespreek was nie. Al daardie onverwerkte trauma wat in die oorlog beleef is, is nog nooit verwerk nie, en vir 40 jaar lank het hierdie man geloop en 'n "normale" lewe gelei, onbewus daarvan dat hy berading nodig gehad het. Deur die jare het hy die een psigologiese probleem na die ander ondervind, totdat sy huwelik uiteindelik ook begin wankel het. Toe die probleem eers aangespreek was, kon sy huwelik ook gered word.

Maar ek wil byvoeg dat ons hier spesifiek praat van christelike berading. Myns insiens kan slegs die Here 'n mens se gees volkome genees. Die moderne sielkunde wil met allerlei tegnieke en medikasie probeer genees. Maar dit verlig dikwels ongelukkig net die simptoom, terwyl die onderliggende probleem soos 'n drukkoker besig is om stadig maar seker stoom op te bou. In so geval sal ek s dat dit nie die moeite werd is om iemand vir berading te stuur voordat hy/sy nie gereed is daarvoor nie. Maar christelike berading werk op 'n ander vlak, en die Here is die Een wat gewoonlik die werk doen en die sweer laat oopbars, sodat dit genees kan word.

Dis maar my opinie, gegrond op die bietjie kennis en ondervinding waaroor ek beskik.

protea
Nov 1st 2009, 04:19 PM
Dankie Gene!
NATUURLIK praat ons hier van Christelike berading, want by Jesus alleen is die heling van al jou seerkry en emosionele en geestelike lyding op watter vlakke ook al. Dit laat my nou verder dink: Wanneer iemand vir behandeling vir depressie gaan, help die pille en ander medikasie nie maar net die simptome onder beheer kry nie? Want die eintlike heling is tog op die ou end by Jesus en Jesus alleen.:hmm:

Die 'manne op die grens' van die 70's en 80's se gebrek aan berading na die oorlog is n baie hartseer saak. Ek ken self 3 sulke x-bosoorlog-soldate en om te se dat hulle moeilik weer by die 'sivvie' lewe aangepas het is die 'under statement' van die eeu.:cry: Een van hulle se huwelik het ook gevou en ek is oortuig dat die probleem ver-ver terug nagevors kan word na ervarings wat die manne moes deur en aanhoor en sien wat ons normale mense nie eers in jou wildste drome sou wou ervaar nie. Neem maar net n vb van jou beste vriend wat hier langs jou doodgeskiet word..:cry: om maar een te noem....

Gene , jou drukkoker beeld is SO waar, want dit is presies wat gebeur. Die spanning raak SO hoog dat iets moet padgee of oopbars...en wat dan? Wat as so n persoon nie die groot Heler ken nie? Of weet dat Sy hulp beskikbaar is nie? Is dit nie die punt wanneer selfmoord n opsie raak nie....?

Kom ons eindig op n positiewe noot: Jesus is die antwoord op AL jou vrae, probleme, vrese, verwagtinge, want Hy is die groot Heler en Hy wag vir jou om jou nood by Hom te gaan bekla. WEET dat hulp by ons Redder en Verlosser beskikbaar is . Hy is werklik net n knie-buig ver.:pp

Baie liefde,
Protea

Gene
Nov 1st 2009, 06:14 PM
Protea

Dis gewis so dat medikasie net die simptome onderdruk, terwyl die werklike probleem nie aangespreek word nie. En die probleem is dat so persoon baie gou afhanklik word van die medikasie, wat weer oneindige probleme skep... Persoonlik is ek redelik erg gekant teen die gebruik van medikasie. Daarmee s ek nie dat medikasie nie effektief kan aangewend word in sekere gevalle nie, met die klem op "sekere gevalle" En dan net as 'n tydelike oplossing om so persoon op 'n vlak te kry waar daar met hom/haar gewerk kan word en die werklike probleem aangespreek kan word. Ek het onlangs 'n pragtige boek gelees wat o.a. juis hierdie aspek breedvoerig bespreek ( "How to help People Change" deur JE Adams.) As jy belang stel in christelike berading, is dit beslis 'n boek wat ek kan aanbeveel. Maar dit net so terloops....

Ja weet jy, Prof Wentzel Coetzer van Potchefstroom Universiteit vertel dat manne wat die grensoorlog beleef het, in hierdie tyd een na die ander "ontplof". Daar was nie in daardie tyd aandag gegee aan goed soos trauma berading nie en hulle het nooit besef wat werklik gebeur het nie. En deur al hierdie jare het die "drukkoker" stadig maar seker stoom opgebou.... Dieselfde met Amerika se soldate wat in Vietnam diens gedoen het. Dis geweldig belangrik dat mense trauma moet verwerk, sodat hulle kan voortgaan met hul lewens en genoeg krag het om volgende trauma te hanteer. Almal van ons beleef van tyd tot tyd trauma (dood van geliefdes, finansiele terugslae, ongelukke, siekte ens) en as daar onverwerkte trauma erens onder die oppervlakte verskuil is, kan sulke traumas ook nie behoorlik verwerk word nie. Jy kan jou voorstel hoe alles opbou en opbou totdat dit later soos 'n groot seer oopbars. Dis wanneer mense heeltemal uithaak, en dinge soos selfmoord, gesinsmoord of selfs moord pleeg.

En soos jy s, NET die Here kan sulke pyn en trauma werklik genees, en werklik vrede gee....

Mia Ashton
Nov 2nd 2009, 10:11 AM
Liewe Protea en Gene,
Hierdie is 'n groot saak wat julle aanspreek en ek hoop ek word vergewe dat ek weereens myself as voorbeeld neem.

In retrospek weet ek verseker, dat as ons as gesin berading kon gekry het, sou dinge dalk anders verloop het in ons huwelik na die dood van ons kinders. My man het sy verdriet probeer verdrink, ek het dit gesien as gevoelloosheid. Ek was in my eie selfsugtige kokon, ek het net aan my eie smart gedink en nie na hom uitgereik nie.:cry::cry:

Ons het 'n predikant broer gehad, hy het hom nieveel aan ons gesteur nie. Ons was nounie heeltemal op die hoe vlak wat hy en sy gesin funksioneer nie. Ander familie het net vir my gese om sterk te wees. Na ons eerste kind se dood, het ek tog gegaan vir berading, maar hy was nie 'n christen nie. Daar stem ek met julle altwee honderd persent saam. Hierdie berader moet 'n christen wees en weet dat die eintlike genesing net by Jesus te vinde is. As iemand tog net met ons as gesin kon kom sit en praat, sodat ons kon vertel hoe bitter seer dit is dat die huis al stiller en stiller word, tog aan die ander kant kan ek verstaan dat mense ons vermy het. Niemand hou daarvan om gedurig te moet hoor hoe ons praat oor ons kinders nie en ek konnie ophou praat nie. Vir my was dit 'n manier om te verseker dat niemand hulle vergeet nie.

Gene is volkome reg as hy se dat 'n mens nie self die trauma suksesvol kan verwerk nie. Jy is nie net 'n slagoffer van die trauma nie, maar ook van jou onvermoe om helder te kan dink en handel. Ek dink egter dat dit vir 'n man moeiliker is om hulp te soek, as vir 'n vrou. Ek wil ook nie weer teruggaan na my put van verbittering nie, tog huil my hart oor verspeelde kanse om my man te help.

Uiteindelik het Jesus vir my Sy Vrede gegee, of die pyn werklik genees het .....? Ek dink tot vandag toe werk ek daaraan.

'n Laaste woord....... moenie iemand net los nie, karring liewers bietjie en probeer so 'n persoon by 'n goeie berader kry en hou maar aan om partykeer bietjie tee daar te gaan drink.

Liefde
Mia

protea
Nov 2nd 2009, 11:49 AM
Mia, jy is vir die hierdie trauma draad van onskatbare waarde omdat jy van eerstehandse ervaring praat. :hug:

Mag ek jou vra: As n vriend of familielid julle as gesin redelik 'ferm oorreed' het om vir berading te gaan , sou jy ingestem het? Of was die fase van ontkenning nog te sterk teenwoordig? Dat jy gevoel het ek MOET kan 'cope' al gebeur wat ook al? Omdat die samelewing en die kerkgemeenskap dit van jou sou verwag het om te MOET 'cope'? Onthou jy : ' n Christen MOET sterk wees'.... Wat sou jou reaksie op n hulpaanbod toe gewees het?

Mia Ashton
Nov 2nd 2009, 05:25 PM
Liewe Vriendin,
Ek sou beslis gegaan het want ek was radeloos. My man sou meer oorreding nodig gehad het om te gaan. Tog as iemand soos ons predikant of sy broer net bietjie meer moeite en simpatieke belangstelling getoon het, glo ek hy sou ook gegaan het.

Ek glo dat party mense beslis nodig het dat iemand vir hulle moet besluit en op 'n liefdevolle wyse nooi vir berading. Die swart draaikolk van smartvolle emosies is so oorweldigend dat jy regtig nie self 'n besluit kan neem wat is die beste vir jou nie. Dan is daar nog die elke dag se lewe wat voortgaan. Ek byvoorbeeld het gewerk en my baas was nie 'n christen nie. Hy was na twee weke redelik vies vir my omdat ek nogsteeds tranerig en nie heeltemal myself was nie. Ruk jou reg. Die lewe gaan aan. As vriende en familie tog net saggies kan loop en meer gewillig sal wees om te luister en net daar te wees, dan kan dit werklik 'n groot verskil maak.

Ek is nie trots daarop nie, maar ek het self eendag tot my verstand gekom waar ek met my klein pistool op my skoot gesit het. Net die liefdevolle ingryping en bewaring van my Hemelse Vader het my bewaar van 'n afgryslike daad. Al erken mens dit nie, jy HET HULP NODIG.

protea
Nov 3rd 2009, 12:40 PM
Liewe, Mia,

Met jou sinnetjie: Die swart draaikolk van smartlike emosies is so oorweldigend dat jy regtig nie self n besluit kan neem wat die beste is vir jou nie beantwoord jy my vraag. So as deel van so n traumalyer se ondersteuningsgroep word dit eintlik verwelkom dat jy die persoon by terapie en berading uitbring hetsy dit dan met meer 'oorreding' as normaalweg gepaardgaan. As die traumalyer dus nie vir homself kan dink nie , moet iemand naby hom dit asseblief VIR hom doen.

Hoekom is dit vir n vrou makliker om raad en hulp te vra en te aanvaar as n man? Voel die man hy is die hoof van die huis en as sulks moet hy 'sterk wees'? Selfs as mens verdwaal, sal n vrou nie 2 keer dink om die pad te vra nie, maar die mans sal gewoonlik eers 7 keer verkeerd ry en op einde laas knorrig jou toelaat om die pad te vra...;)

Mia, moenie jou bly kruisig omdat jy voel jy het jou man nie genoeg ondersteuning gegee in daardie moeilike tyd nie. Julle albei was SO diep-diep getraumatiseer dat beide van julle met moeite net julle eie liggaam en siele bymekaar kon hou. Die vrae van : Wat as ek net....? Hoekom het ek nie seker gemaak....? Hoekom....? Se nou maar net ek het nie ....? Waarom het ons...? Wat was ons Vader se bedoeling gewees....? Stuur al hierdie vrae op jou kniee in 'briefvorm' na ons Vader se 'hemelse posbus'. En onthou nou: n Brief wat jy gestuur het , kan jy nie weer gaan haal nie. Jy kry wel weer n antwoord terug . Hoe en waar? In gebed, deur die bestudering van God se Woord, deur die 'Stem in die aandwind' en op vele maniere nog. Op jou kniee in God se teenwoordigheid sal jy moontlik nie al jou vrae beantwoord kry nie, maar jy sal God se VREDE ondervind! n Vrede wat werklik alle verstand te bowe gaan. n Vrede wat uitloop op HOOP sodat jy weer kan opstaan uit jou situasie met jou hand in die Vader se hand! Hy en Hy alleen is jou eerste en laaste TOEVLUG:pp

In my volgende pos vertel ek julle van my 'Wit-sakdoek-preek' aangesien dit baie ter sake is met wat ons nou bespreek.

Toedeloe vir eers.
Protea

protea
Nov 4th 2009, 06:22 PM
Ek dink ek het al die preek erens op die forum gesit , maar ek plaas dit weer aangesien dit so ter sake is met wat ons hier bespreek.

n Goeie vriendin het n BAIE , UITERS, GEWELDIGE moeilike skoonma . Annie kon die gedurige emosionele terrorisme nie langer hanteer nie en sy besluit toe om na n sielkundige toe te gaan. Sy beland toe gelukkig by n Christen berader en hy gee haar toe die volgende raad: Neem n wit sakdoek of n wit servet en plaas jou skoonma se foto daarin. Vou dan die foto toe deur die vier punte na mekaar te bring sodat die foto soos n ooievaar-baba hang. Lig die foto met die sakdoek op en bid : Here, hierdie probleem kan ek nie langer hanteer nie . Daarom gee ek dit nou vir U want U het belowe dat U ons laste op U sal neem en VIR ons sal dra. Here, ek wil hierdie probleem NOOIT weer terughe nie want die las om die probleem te dra is te swaar. Dankie dat U die probleem sal oplos .Deur U Seun Jesus se kruisdood op Golgota het Hy ook vir ons heling in gebroke verhoudings bewerkstellig. In die Naam van Jesus ons Verlosser, Amen.

Ek plaas bg definitief nie NET vir mense met skoonouer-probleme nie ;) ,maar om n heel ander rede ook. Daardie visuele OORGEE van hartseer , rou, bekommernis ens voor die Troon is SO n helende aksie omdat jy weet voor WIE se Troon jy dit gaan le het. DAAR is heling, vrede en aanvaarding. Natuurlik is dit nie menslik moontlik om nooit weer aan die betrokke ongelukkige situasie te dink nie , maar HULP is beskikbaar in die dra van jou las. Ek dink nou spesifiek aan mense wie van hulle kinders aan die dood afgestaan het op watter manier ook al. My hart bloei vir julle. :cry: Wat maak jy met jou hartseer? Raak dit nie vir jou te veel nie? Voel jy nie soos n warm enjin wat uitgesny het nie? My pa het na my mammie se dood gese: Sus, ek lewe nie meer nie, ek bestaan nog net.... Voel jy ook so? Ek was so MAGTELOOS om hom te help want hy wou nie gehelp wees nie... Hy sou WAT wou gee om saam met haar te kon gaan.

Gaan haal jou wit sakdoek en gee jou hartseer/bekommernis/trauma vir ons Hemelse Vader. Is jy nog te rou om dit te doen? Mag ek dit namens jou doen?

Hemelse Vader, ek kan nie meer nie. Daarom gee ek hierdie alles oorheersende hartseer en rou en ek kom le dit voor U Troon van genade. U bring heling en vrede. Op U vertrou ek . Stuur U Trooster om my las van rou en hartseer namens my te dra. Dankie dat ek kan weet dat my kind alreeds by U is. Dankie dat ek kan weet dat my kind nerens in die heelal beter versorg is as by U nie, in U beskermende arms! In Jesus se Naam, Amen.:pray:

Mia Ashton
Nov 5th 2009, 05:42 PM
Baie dankie vir hierdie preek Protea. Ek het sommer weer(net om seker te maak) alles vir die Here gegee. Somtyds kan 'n mens (veral ek) weer bietjie vir bietjie van jou laste terugneem nadat jy dit aan Jesus se voete gelos het. Voordat jy dit besef, dra jy aan 'n kruis wat te swaar is om te dra en swoeg jy deur die lewe in plaas van lewe met oorvloed van vreugde en vrede. Dit is wonderlik om dit op so 'n praktiese manier te doen met die wit sakdoek.

Ek was die laaste paar weke byna mal van bekommernis oor my enigste kind se finansiele laste en haar stryd om te oorleef met al haar omstandighede. Ek is egter magteloos om iets daaraan te doen, dankie tog nou kan ek dit met jou wit sakdoek 'aangee boontoe'. Ek weet hierdie dinge, en tog doen ek dit nie. Nogmaals dankie dat jy by hernuwing hierdie feit weer vir ons benadruk het.

Dankie vir jou bebed.:hug:

Lekker naweek!!

protea
Nov 8th 2009, 12:36 PM
Hierdie naweek is n hele paar vriende van ons 'aangegee boontoe' soos jy dit so mooi stel , Mia.:pray:

Ons is hierdie naweek 'vloer toe gegooi' met nuus van baie goeie vriende van ons wat gaan skei .a.g.v. n derde persoon se betrokkenheid by die vrou. Ek het nou a.g.v. skok vir 2 dae soos n see-siek weeluis gevat en gelos en by op die aarde niks uitgekom nie...

EK weet daar is n aparte draad vir egskeiding ,maar ek wil sommer hier op die trauma draad by julle raad he hoe om hierdie vriende van ons te bemoedig. Eerstens wil ek weet: Gaan persone wat deur n egskeiding gaan ook deur verskillende stadiums van trauma hantering bv : ongeloof dat so -iets met hulle kan gebeur, woede , verwerping, ontkenning, bitterheid, depressie ens om BAIE later by vergifnis teenoor die oortreder uit te kom?

En dan die vergifnis versus vertroue debat. Die Bybel leer ons om te vergewe ,maar kan die vertrouensverhouding wat tussen egliede bestaan ooit weer geheel word as een van die partye ontrou was?

Die kinders.....wat ALTYD die slegste daarvan afkom... Hoe hou jy die kroon op die skuldige ouer se kop sodat die kinders hom of haar nog steeds sal respekteer en liefhe? Kinders het ook al die selfopgelegde skuldgevoelens gehad dat hulle moontlik n aandeel kon gehad het in die egskeiding. Hoe verduidelik jy dit vir 3 tieners? Hulle is juis nou op so n kwesbare ouderdom.

Omdat egskeiding op n emosionele vlak le, kan mens redeneer dat die trauma amper erger kan wees as fisiese trauma .(Vir my sou dit wees) Ek persoonlik is baie sensitief om onderstrominge of 'vibes' in verhoudings gou op te tel, maar in hierdie geval kon ek dit nie optel nie . En nou wil ek myself blameer dat as ek meer sensitief was ek dalk kon help om dit te verhoed....(Ek weet ek klink onrealisties maar dis hoe ek voel...) Hierdie vriende is die hele dag in my gebede want as ek aan hulle dink, bid ek vir hulle. Verder voel ons as naby vriende so MAGTELOOS!

Ek kan dink dat die 'gou-oordraf-en-gaan-teedrink' ook in hierdie geval deel van die beradingsaksie sal wees. Of Hubby EN ek gaan Of net hy maar nie anner-man-se-vrou by anner-vrou-se-man nie...... Maak ek sin?

Gee asb raad uit julle eie ervaring. Liefde,
Plaassuswattiemeersoosnweeluisvoelnie. (Woordelys en spelreels se: Een begrip , een woord...);)

Mia Ashton
Nov 10th 2009, 06:02 PM
Ag Protea, ek is so jammer om van jou vriende se probleme te verneem. Ek kan net dink hoe magteloos jy moet voel en dit is mos soos 'n verlies van iets so kosbaar soos dierbare vriende.:cry:

Ek wens so ek kon vir jou vriendin se: "Hardloop weg, ver weg, van hierdie ander man af, want oor 'n paar jaar gaan al hierdie wonderlike gevoelens wat 'n nuwe liefde en verhouding in jou lewe bring, NIKS maar niks beteken nie."

Daar was nie met ons egskeiding 'n derde persoon betrokke nie, maar ek het ook maar baie kort nadat ek uit die hof gestap het, met ander mans uitgegaan. Ek het mos gedink 'n mens kan pyn in jou hart uitdoof met 'n nuwe liefde. O glo vir my, ek het myself 100 persent oortuig dat ek alle reg het op 'n egskeiding, maar soos jy tereg gese het daar is kinders wat vreeslik ly.!!! My dogtertjie het gese ons moet haar liewers middeldeur sny, want sy is so lief vir ons albei. Die skoenlapper gevoel wat jy op jou maag kry wanneer jy in 'n nuwe verhouding betrokke raak, weeg nie op teen die verwyte en hartseer van jare later nie. Jy kannie geluk bou op die murasie en hartseer van 'n vorige huwelik nie.

Dit is altyd asof die skadu van die liefde van jou jeug oor jou skouer loer. Deur my Here se groot genade was my kinders se pa reeds veilig in sy Hemelse Woning toe ek met Pat getrou het, eers daarna het ek werklik gevoel ek kon weer trou.

Weereens praat ek uit my eie ondervinding. Maar my hart breek vir daardie gesin, want almal ly. Self die skuldige persoon is maar net voorwaardelik gelukkig en dit verdwyn ongelukkig na 'n ruk soos mis voor die son. Hierdie is 'n trauma wat die krag het om jou meer te vernietig as die dood van 'n kind, en die Vader alleen weet ek se dit nie maklik nie, want dit is verdriet wat jyself veroorsaak het. (In my geval was ek mos die een wat net wou 'n einde maak aan 'n eenheid wat deur God gesluit en goedgekeur was)

Protea, ek bid vir jou vriende!!:pray::pray: Mag ons Heer haar oe betyds oopmaak en in haar man se hart die genade van vergifnis plaas en die kinders bewaar vir onherstelbare verdriet.

Ek bid vir jou en jou man dat julle met wysheid geseen sal word om hierdie twee mense te help:pray: Mag julle krag kry om met hulle te praat.

Al my liefde
Mia.

protea
Nov 14th 2009, 03:36 PM
Hallo vrinne!
Ek skryf gou hier op Hubby se rekenaar want na my laptop se 'breinoperasie' verlede week , kan ek nie op die forum kom met hom nie. Ek dink hy het weer n besoek aan die 'ICU' nodig....;)

Nietemin, dankie vir jou roerende getuienis, Mia. Ek persoonlik kan myself ook nie voorstel wat erger moet wees as n egskeiding nie. Ons vriend Koos het in 9 dae se tyd amper 9 kg gewig afgeval a.g.v. die trauma. Ek het nie gedink dat emosionele trauma so n invloed op jou liggaam ook het nie.

Verlede naweek het die Here egter persoonlik vir Koos beetgekry (volgens hom ) en beveel om sy vrou te vergewe en haar terug te neem en weer te begin herstel en herbou aan hulle huwelik MET JESUS AS DIE STUURMAN van hulle lewensbootjie. BAIE trane het geloop en nou PRAAT die 2tjies immers weer met mekaar. Albei partye het skuld gehad. Koos met sy harde werkery wat sy gesin afgeskeep het en met die baie geld wat hy verdien het , het dit sy vrou en gesin in staat gestel om 'belangstellings' buite die familie aan te knoop . Die motors het blinker geraak en al waaroor hulle kon gesels was materiele onderwerpe: Watter winskopie hy nou weer gekry het , of nuwe wiele wat hy aangeskaf het ens. ens....

Natuurlik is daar n baie lang pad om te loop, maar met Jesus as die Groot Geneesheer KAN daardie huwelik weer herstel! Alle eer aan ons Getroue God en Hemelse Vader wat antwoord nog voordat ons die woord gespreek het:pray:.

protea
Nov 23rd 2009, 08:38 AM
Hallo almal!

Ek hoop daar is iemand op die forum (sluit gou aan , as jy nie is nie!) met mediese kennis van medisyne (apteker of dokter) wat almal van ons kan raad gee oor die uitwerking van medikasie op die menslike liggaam in die tyd wat daar n pastorale beradingspad met n pasient (wat bv aan depressie ly of n geliefde aan die dood moes afstaan) geloop word.

Is alle medikasie net susmiddels? Of help dit jou net tydelik 'cope'? Slaapterapie gaan verseker ook gepaard met die toediening van sekere medikasie. Hoe kom die pasient weer AF van die medikasie waaraan hy so gewoond geraak het? Is dit vir hom moeilik om so n 'kruk' weer weg te gooi?

Ek hou die draad dop vir inligting van 'die wat weet';)

protea
Nov 28th 2009, 01:40 PM
Ek en Hubby het vanoggend gaan tee saad oes omdat die werkers nie gister klaargekry het nie en daar in die berg dink ek toe my dinke oor hierdie onderwerp. Waar val die klem: Op die pastorale berading of op die medikasie?

n Vriendin van my was vir 3 weke by n kliniek waar senuweelyers en o.a. depressielyers behandel word. Die dokter het haar soos baie van die ander pasiente ook op slaap terapie gesit met ander medikasie ook by. Selfs nadat sy al 2mde op die medikasie was, het sy nog steeds onsamehangend gepraat en 'afwesig' voorgekom. Later vind ons toe uit dat sy maar 10 minute per week berading gehad het in die tyd wat sy in die kliniek was. Vir my persoonlik was dit nou die kar voor die perde span. Soos Gene ook opgemerk het : Die medikasie wat aan net 'sommige gevalle' behoort gegee te word is lyk my standaard prosedure vir almal by sulke klinieke. En die beradingsgedeelte van die behandeling is volgens my by die spesifieke kliniek hopeloos te kort van duur. Volgens my moet die hoof klem daarop val en nie die muti nie.

Kom ons praat oor die 'spesiale gevalle' voordat julle dink dat ek heeltemal teen medikasie is. Ek het met n berader gaan praat oor die onderwerp en hy se dat jy baiekeer n pasient medikasie gee sodat die chemiese wanbelans aangespreek kan word. Die pasient is partykeer in SO n diep gat van depressie dat die medikasie net die berader in staat stel om 'af te reik' in die 'gat' en die pasient te kan 'bereik down under'.

Ek wens daar was meer skakeling tussen psigiaters en pastorale beraders en dat hulle as n span saamwerk wat ek glo so moet wees.

Moeilike vrae het nie maklike antwoorde nie ne?

Groete van huis tot huis.
Protea

protea
Nov 29th 2009, 06:57 AM
Hallo almal,
Koos en Lizette (skuilname) is die naweek alleen weg na n wegkruip -kuierplekkie in die berge om weer hulle huwelik op dreef te kry. Koos se reaksie op hierdie trauma was dat hy vir die Here SO dankbaar is dat hierdie trauma hulle getref het want anders was hy direk 'op pad hel toe'.(sy eie woorde) Die Here het toegelaat om deur middel van hierdie trauma aan hulle uit te wys dat hulle nie in die weg van die Here wandel nie en dat hulle BAIE ver afgedwaal het. Die wee van die Here is voorwaar vreemd en agterna sien ons baiekeer wat die EINTLIKE doel van ons Vader daarmee was. Ander kere maak dit wat die Here toelaat net geen sin vir enigeen nie...:cry: soos in die gevalle waar ouers kinders aan die dood moes afstaan. Antwoorde is ons miskien nie in hierdie lewe beskore nie , maar ons Vader se vrede , Sy genesende aanraking , Sy koestering, Sy leiding en ook Sy nabyheid wel. DAARIN kan ons jubel wetende dat ons Vader jou toevou in Sy allesoorheersende liefde. As jy nog nie by die jubel stuk uitgekom het nie, kan jy maar net op ons Vader se skoot gaan sit en Sy Magtige Teenwoordigheid ervaar wetende dat Hy nog al die tyd in beheer is AL GEBEUR WAT OOK AL!
Al my liefde
Protea

protea
Nov 29th 2009, 09:53 AM
So 2 weke gelede was hier n siviele vliegongeluk tydens ons twee jaarlikse lugskou of Fly-in soos hy hier bekend is. Ons het die ongeluk letterlik sien gebeur al was dit ongeveer 10 km van die skare af. Die oomblik toe die rook van die vliegtuig sigbaar geword het , het die pastorale beraders na naasbestaandes en ook goeie vriende van die loods begin omsien. Selfs n vroutjie wie se man so 18 mde gelede ook in n vliegongeluk oorlede is , het berading ontvang. Mens kan dink dat so n insident al die rowe van daardie aaklige traumatyd ook in haar lewe weer oopgekrap het.....

Ek wonder WAT se so n berader aan die naasbestaandes....??? Die 'bode' wat slegte tyding bring en moet 'hanteer' is verseker in n BAIE onbenydenswaardige posisie. Ek wil nog vir die spesifieke dominee gaan vra wat mens in so n situasie doen..... Selfs al het hy opleiding in die hantering van trauma , moes dit darem seker een van sy moeilikste opdragte ooit gewees het.

Die invloed op die berader self: n Berader het al teenoor my erken dat om trauma pasiente te help n geweldige positiewe invloed op sy lewe gehad het en nog steeds het. Die berader se 2 ORE is aanvanklik sy sintuie wat die waardevolste 'hulp' kan bied. Die pasient wil net kan praat oor die geliefde wat gesterf het. Ons het al oor die nut van 2 ore gesels in die rol wat dit inneem in trauma berading. Want kan die gee van 'raad' ooit weer die geliefde terugbring......:cry:?!

n Volwasse vrou het die ander dag die betrokke berader gebel om vir hom te bedank vir sy berading. Sy is as n 7- jarige dogtertjie gemolesteer en deur die berading kon sy die situasie verwerk en na meer as 2 dekades kon sy vir die eerste keer weer met n afgeskakelde lig slaap!!! My hart huil vir n vrou wie se kindwees letterlik van haar gesteel is... maar juig oor die heling wat sy uiteindelik ontvang het.

Stuur Jesus ons nie JUIS uit na n stukkende-o-so-stukkende wereld om SY hande en voete EN ORE te wees nie?

Al my liefde
Protea

Mia Ashton
Nov 30th 2009, 06:16 PM
Liewe Protea,
Ek is so baie baie bly oor jou vriende se huwelik. Ek het so baie aan hulle gedink en gebid.

Die vliegongeluk wat jy beskryf, dit moes verskriklik vir daardie mense gewees het. Om jou dierbare so voor jou oe te moet sien sterf. Ai, hoe en waar begin jy om so-iemand te troos. Daar is mos nie woorde vir so 'n onbeskryflike pyn nie.

Ek wou ook net vir jou vertel dat ekself slaapterapie gekry het na ons tweede kind se dood. Geen berading nie. Die wakker word was vir my erg.:cry: In my hart het ek gehoop ek sou nie wakker word nie. 'n Mens besef eers later dat niks maar niks die pyn gaan wegneem nie. Daar is nie 'n kits of kortpad uit die hartseer nie. Tog het die neem van antidepressante oor 'n tydperk van 'n jaar, vir my baie gehelp. Jy is heeltemal reg dat die tydperk van berading baie langer en meer intensief behoort te wees.

Dit was eers nadat ek myself in Jesus se arms gewerp het met die besef dat daar nerens, maar nerens heling te vinde is, behalwe by Hom. Soos ek voorheen gese het, Hy en Hy alleen kon my 'weemoedsjas vir my uittrek en my beklee met Sy vrede en Liefde.

Funny Farm liefde vir almal
Mia

protea
Dec 1st 2009, 12:10 PM
Mia, jy het nou uit eie ervaring weereens die 'bottom line' van terapie, berading en heling neergepen. SLEGS by JESUS is HELING en TROOS te vind! Van die ander 'metodes' in trauma hantering (nie almal) lyk my is meer van n kruk wat nie noodwendig die heling bevorder nie. Bv die slaapterapie: Hoekom word dit aanbeveel? As jy self se jy het gehoop om nie wakker te word nie. Is dit nie n tydelike omseiling en ontvlugting van n probleem nie? En toe jy wakker geword het , is van jou verwag om nou maar oor te voel en beter te voel? Geen berading is jou aangebied nie .Skuus, ek probeer nie ongevoelig klink nie ,maar probeer net agter die kap van die byl kom oor HOEKOM slaapterapie so n gewilde behandeling is asof dit alleen nou die wonderkuur sou wees.

Die gebruik van anti-depressante word baiekeer verkeerd beoordeel en ook as n susmiddel beskou. Soos ek van n dokter verstaan , kom die werking van die middel neer op : om die 'oorspring' van die senuwee-impulse te versterk en die senuwees ook te 'voed'. Die uitwerking kan eers feitlik op die dag 21 dae na die aanvang van gebruik waargeneem word. Daarom kan die pasient nie na n week besluit om die medikasie te los nie 'want dit werk tog nie'. Baie mense het al vir jare baat gevind by die gebruik van anti-depressante om die chemiese wanbalans in hulle liggame te stabiliseer .

Soos jy ook noem is daar nie n kortpad of ompad in die pad van rou nie. Maar daar is hulp (mediese hulp vanselfsprekend ook) maar ek wil eintlik praat van ons Groot Hulp wie spesiaal Sy Trooster gestuur het juis om die te troos in hulle trauma. En is die mensdom se probleme nie legio nie... Al ooreenkoms tussen al die probleme in die wereld is : Hulle het almal dieselfde Oplossing: JESUS Christus , wie aan die kruis op Golgota gesterf het sodat daar vir ons ook heling op alle gebiede kan wees. Mag almal wat hier lees net weer besef by Wie ons troos , ons heling en ons hoop le!

Al my liefde.
Plaassus
(Ek wens julle was almal hier om in ons tuin onder die vrugtebome vye en appelkose en perskes te kom eet!!! Wat n Lighuis fees sal DIT nie wees nie!)

protea
Dec 16th 2009, 04:24 PM
Hi julle!
Somertyd= vrugtetyd , nie waar nie en ek sit nou met n Supergold appelkoos, n Genoa witvy en n Culemborg perske op n bordjie met julle en gesels.Voorwaar Paradyskos! Mirrelsis glo daar is geen beter manier om vye te eet as vroeg oggend in jou jamies onder die vyeboom nie....;)

Ons het in hierdie tyd baie met Koos en Lizette wie se huwelik amper gevou het, gepraat. Hulle albei het by hulle kerk huweliksberading gekry en is besig om n pad te stap saam met die Christen berader. Die berader het toe al klaar n hele paar aspekte uitgelig waar hy aandag aan wil gee. Koos kom bv uit n baie gelukkige gesin en alhoewel hy baie liefde ontvang het by sy ouers het hy gedurig aanvaarding en goedkeuring gesoek by sy baie streng pa. En dan tog ook in n mate verwerping ervaar as sy pa nie sy dade of besluite goedgekeur het nie. (Selfs toe Koos al n volwasse man was)

Maar in Koos se ouerhuis het hy nooit geleer hoe om konflik te hanteer nie , bloot omdat daar nooit konflik was nie.( Of het sy ma maar net ook bloot stilgebly..?) En toe Koos konflik in sy eie huwelik teekom , het hy nie geweet hoe om dit te hanteer nie. Hy vertel hoe hy MYLE ompad sou loop om die konflik of probleem nie te hoef hanteer nie. Hy praat spottenderwys van sy ingeboude 'conflict detector' wat hom in staat sou stel om konflik al drie bulte ver te kon sien aankom en dit dan probeer omseil het. Nou moet hy leer HOE om konflik te hanteer en dis vir hom moeilik omdat redenasievermoe nie in sy ouerhuis juis aangemoedig is nie. Sy pa se woord was wet en geen kind het dit gewaag om hom tee te gaan of selfs net sekere dinge te bevraagteken nie. Ek dink my opvoekunde handboek sou sy pa as die perfekte patriagale pa beskryf. Sy woord was wet en niemand in die huis sou droom om sy besluite te bevraagteken nie.

Om nou op 45 die dinge te leer is nogal nie die maklikste ding nie... Die lewe gaan jou beslis nie in watte toedraai nie en ouers wat nie hulle kinders daarop voorberei nie , doen hulle kinders geen guns nie. Daardie lewenslesse leer jy nie in handboeke nie , maar tuis. Hoe en op watter manier verskil my ouers van mening en hoe redeneer hulle daaroor om tot n vergelyk te kom? As n kind nie gesien het hoe sy ouers dit doen nie , waar moet hy dit leer??

Ek is net die Here SO dankbaar vir die vordering in die herstel van Koos en Lizette se huwelik. Met hulle hande in ons Vader se groot Hand is enigiets moontlik vir diegene wat glo!

Al my liefde,
Plaassus

protea
Dec 23rd 2009, 03:06 PM
Hallo julle,
Laat ek nou maar eerlik wees: Kersdag moet nou maar net verbykom..... En dit gaan glad nie oor die feit dat ek nie Christus se geboorte wil herdenk nie. Dit is vir my SO n emosionele tyd van die jaar. Het julle al n volwasse vrou oor haar ouers sien huil wat 10 jaar gelede al oorlede is??? Ek pleit skuldig....

So baie mense wat deur die jaar geliefdes aan die dood afgestaan het , sien op na Kersvieringe want dis die eerste Kersfees sonder die geliefde kind of familielid . Hoe vier jy ook fees met n stuk lood of n gat in jou hart... Of is jy hierdie jaar deur n moeilike egskeiding of het jy ander trauma beleef? Sien jy nie KANS om fees te vier in hierdie huidige gemoedstoestand nie?

Ek het nie vir jou raad nie, MAAR JESUS HET! Hy het Mens vir ons sondaars kom word om te sterf SODAT ons kan LEEF! In Sy volheid, sonder gebrek, in oorvloed, met vrede in my hart, HEEL.... 'Deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom' (Jes 53:5) Of dit fisies is, of emosioneel, of geestelik. En toe Jesus na Sy Vader opgevaar het , het Hy die Trooster na ons gestuur om ons te TROOS, heel eerste. Vir jou wat n kind aan die dood afgestaan het hierdie jaar: My hart gaan uit na jou! Laat jy die Trooster toe om jou te troos? Want by Hom alleen sal jy troos vind , en vrede, en hoop en eindelik berusting.... In hierdie eerste Kersfees sonder jou kleinding kan net die Koningskind van Bethlehem daardie leemte vul. Ons Vader weet waardeur jy gaan en as jy hom toelaat , sal Hy jou troos en ophelp en ondersteun op jou lewenspad vorentoe. Ps 121 begin so mooi: 'Ek slaan my oe op na die berge. Waar sal my hulp vandaan kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het!!!' Hoe sal Hy dan nie die kroon van Sy skepping ondersteun nie! Glo dit. Maak daardie Ps deel van jou hele wese. En kort voor lank , sal jy ook weer begin huppel en dans voor die Here die Almagtige. Dan sal jy ook kan getuig: 'Deur Sy wonde , het daar voorwaar ook vir my genesing gekom!!!' Dit is my innige gebed op hierdie dag ook vir jou wat swaarkry.:pray:
Mag Kersfees vir julle almal n her-ontmoeting met die Bethlehemskind wees.

Tot na Kersfees.
Protea

Mia Ashton
Jan 9th 2010, 09:11 AM
Liewe Ligvriende,
Ek kan byna nie glo dat al die feesdae en vakansie iets van die verlede is en die Nuwejaar is vinnig besig om nie meer so nuut te wees nie. Tog is ek bly dat die lewe weer in 'n sekere mate na normaal kan terugkeer, want vir die mensies hier op die plaas wat nie kon weggaan, was dit maar baie eensaam. Hoop julle het almal 'n bietjie van 'n ruskansie gehad. Ek en my geliefde sal eers in Febr. met vakansie kan gaan en ons gaan dan Kaap se kant toe. Sien so uit daarna.

My suster se dogter en haar man het ongeveer 'n maand gelede die trotse ouers geword van 'n lieflike ou babadogtertjie. Hulle is lieflike kinders van die Here en leef naby aan Hom. Gister kry ek egter 'n email van my sus dat ons moet bid dat die Heer die kleinding sal aanraak en genees. Sy het baie ernstige hartprobleme. Haar aorta le plat, daar is 'n gaaitjie in die hart, een kleppie is so klein dat dit omtrent nie herstel kan word nie en 'n sekere aar van die hart na die lyfie, is heeltemal toe. Haar toestant is kritiek en sy word Maandag geopereer om te probeer om dinge te verbeter. Die kardioloog het hulle gewaarsku om die ergste te verwag.

Ek is so hartseer vir hulle part. Ek kan aan niks anders dink nie. Die onsekerheid moet hulle verteer. Alle vriende en familie is opgeroep vir gebed. Hulle glo dat ons Almagtige Vader haar kan genees, so glo ek ook. Wat my pla is dat dit dalk nie in Sy Volmaakte Wil kan wees en hoe verpletter hulle gaan wees indien ons Heer besluit om haar Huistoe te neem. Al wat ek gisteraand vir my suster kon se was om haar heeltemal in Sy Hande te plaas en te probeer berus. Ek weet egter hoe moeilik dit is om dit te doen. Ek was heilig oortuig van die feit dat die Here nie sou toelaat dat ons tweede dogtertjie sterf nie, totdat ons ds. vir my op 'n mooi manier gese het dat die besluit by God berus en ek dit so moet aanvaar.

Dit pla my dat my eie ondervindings gemaak het dat ek meer versigtig is om te glo dat ons Heer sal doen soos ons vra. Ek dink aan die versie in die Bybel wat se: ...... hy wat twyfel ........" Ek weet dat die Heer vir hulle die krag sal gee met al Sy besluite. Dat smart deel is van groei in 'n christen se lewe, maar dit is so ongeloof seer om te sien hoedat so 'n kleine kind ly.

Ek self bid al vir 2 jaar dat die Here die lot van my enigste kind moet verander. Sy kry finansieel ongeloof swaar. Die kans is goed dat sy binne 'n maand of twee nie meer 'n huis sal he waarin sy kan bly nie en sy is die enigste broodwinner. Daar is niks wat ek daaraan kan doen as net te bid en teen alle omstandighede in, te bly glo. Ek kon nooit verstaan hoe kon Petrus begin twyfel nadat Jesus hom genooi het om op die water te loop. Hy het 'n paar tree gegee en begin sink. Sy oe was op die golwe en nie op Jesus. Is my oe op die oomblik in byde omstandighede om die "golwe" en nie op Jesus? In alle eerlikheid ..... ja, dit is. Bid asb. saam met my vir hierdie baba en vir my kind vir 'n blyplek en bid vir my ongeloof en vir wysheid indien ek hulle moet bystaan.

Ek wonder maar net, in trauma berading - is dit raadsaam om mense voorteberei dat ten spyte van honderde gebede, die ergste nog kan gebeur. Ek was voorberei, maar my man was nie en dit was vir hom 'n geweldig skok dat die Here al ons gebede "verontagsaam" het. Sal hulle hierna kan berus en nog die Heer prys vir die tyd, al was dit kort, wat hierdie kleinding aan hulle geleen was. Voorwaar, die vrae en sielestryd rondom trauma sal sekerlik voortduur totdat Jesus ons kom haal. Ek kan nie wag nie. Kom tog gou Here Jesus, kom tog gou.!!!!

Liefde vir julle almal
Mia.

protea
Jan 10th 2010, 02:10 PM
Hallo alle Liggies van die Lighuis!

Mag Jesus julle almal se Hoop wees in 2010!

Mia , jy vra ongelooflike moeilike vrae so vir die begin van die jaar.... Hoe kan ek met wie dit baie goed gaan vir jou antwoorde op SULKE ingewikkelde vrae gee....? Die doel van hartseer en trauma in mense se lewens is daar al ensiklopediee geskryf. Beraders het al 'ge-hierdie kant toe' en 'ge- daardie kant toe' en op die ou end ook maar nie op antwoorde uitgekom nie. Maar dit wat jy hier beskryf is die LEWE en hoekom party mense moet swaarkry en ander nie.....daarop kan niemand vir jou n antwoord gee nie. Ek kan wel waag om in alle pieteit vir jou Jesus se moontlike kommentaar daarop te gee: My kind, jy sien nie die volle prentjie nie. Wat die 'volle prentjie' behels , dit weet ons weereens nie. MAAR een ding wat ek weet is: NIKS maar NIKS gebeur met n kind van die Allerhoogste sommer maar per ongeluk nie. Dis my 'line' in die lewe. Arme Job in die Bybel het AL sy kinders verloor en lees net al die ander dramas in sy lewe. Maar ten spyte daarvan het hy sy geloof in God behou. Lees veral van Hoofstuk 38 af- die mooiste digkuns in die Bybel! En ook die mees bemoedigende!

Maria, (skuilnaam ) is 79 jaar oud vandag. Sy het as n jong kleuter Epileptiese aanvalle gekry en tydens een van haar Petit Mal aanvalle was sy amper dood.Haar ouers het haar letterlik 'teruggebid' en teruggesmeek van die Here. Sy was baie mooi as jong meisie en tydens haar eerste universiteitsjaar skop sy haar studies op en trou sy voor die landdros sonder haar ouers se medewete met n Engelsman. Nie dat daar iets met Engelse verkeed is nie, maar uit die stoere Afrikaanse agtergrond waaruit sy gekom het, was dit TOTAAL onaanvaarbaar vir haar ouers. Haar eerste huwelik het dan ook nie lank gehou nie. Haar seun by die Engelsman is n psigopaat en n oneindige probleem vandag nog. Male sonder tal moes sy hulp kry in klinieke vir senuweelyers. Maria se broer Frederik het eendag sooooo in die verte sit en tuur en gese: Sal Maria se ouers en familie nie baie dinge gespaar gebly het as hulle haar nie destyds 'teruggebid' het nie? Daarmee se ek glad nie dat ons nie vir die kleinding in jou familie moet bid nie. Ons bid egter dat die Here se volmaakte wil sal geskied . Ons Here en Hemelse Vader wat trauma in jubeltone kan verander! Want Hy sien die hele prentjie! Sy beplanning vir ons as mens is volmaak!

Hemelse Vader , U weet van die seer en nood en behoeftes in mense se lewens. Dankie dat U ons gebede vir finansiele voorsiening en fisiese genesing hoor ,maar Here, leer ons ook die berusting wanneer U 'nee' gese het. U plan vir ons lewens is volmaak. Leer ons om ons oe op U , die groot Voorsiener, Heler en Almagtige God te hou en te aanvaar dat dit wat U vir ons beplan die HEEL HEEL beste is!
Ons bid dit in die Naam van ons Verlosser, Jesus Christus,
Amen.

Mia Ashton
Jan 11th 2010, 06:18 PM
Terugvoering.

Liewe vriende
Wil net baie dankie se vir almal wat gebid het vir my sus se kleinkind. Ek kan met groot, baie groot dankbaarheid en verwondering vertel hoe goed die Here vir hulle was. Die kleinding is vandag geopereer en dit was 'n baie lang operasie, maar dit het baie suksesvol afgeloop. Volgens die kardioloog het daar 'n wonderwerk plaasgevind, want baie van die foute het in die laaste week so verbeter dat dit nie vir hulle nodig was om dit chirurgies te herstel nie. Al die dank en die eer aan ons Hemelse Vader wat tenspyte van ons twyfel, tog ingryp en aan ons genade bewys wat onverdiend is.

protea
Jan 12th 2010, 07:02 AM
Mia, ons is SO dankbaar namens julle! Alle eer aan ons Vader by wie niks onmoontlik is nie!

protea
Jan 13th 2010, 07:27 AM
So twee jaar gelede is daar deur een van ons plaaslike charismatiese kerke genesingsdienste hier naby ons in n boer se stoor gehou en ons het toe ook ons eie werkers vir die paar aande geneem. Die oupa is genees van Epilepsie, die ouma van Emfiseem , die skoonseun van prostaatkanker , maar dis van die een kleinkind wat ek julle wil vertel na aanleiding van wat Mia vertel het van haar suster se kleindogter. Die werker se kleinding is met n foutiewe hartklep gebore asook een skeel ogie en sy was altyd die een wat eerste uitgesit het as die kinderspeletjies nou te erg fisiek geraak het . Ook het haar mondjie so n kenmerkende blou kleur gehad van een wat ernstige hartprobleme het. Op 5 jaar , net na die genesingsdienste, is sy toe weg Tygerberg hospitaal toe sodat hulle op haar skeel ogie kon opereer. Dis toe pragtig herstel en terwyl sy in die hospitaal was , het hulle sommer besluit om te sien wat die modus operandi is met die foutiewe hartklep. Die toetse het toe geen abnormaliteit opgetel nie en ook sy is volkome genees deur ons Meester Heler! Met speletjies is sy nou die voorbok en van moeg word is daar nie sprake nie. Ongelukkig gee haar ouers nie die eer aan Wie dit toekom nie..... Die wonderwerke gebeur letterlik so onder ons neuse , ons sien dit net nie raak nie!

CFJ
Jan 13th 2010, 08:14 AM
Terugvoering.

Liewe vriende
Wil net baie dankie se vir almal wat gebid het vir my sus se kleinkind. Ek kan met groot, baie groot dankbaarheid en verwondering vertel hoe goed die Here vir hulle was. Die kleinding is vandag geopereer en dit was 'n baie lang operasie, maar dit het baie suksesvol afgeloop. Volgens die kardioloog het daar 'n wonderwerk plaasgevind, want baie van die foute het in die laaste week so verbeter dat dit nie vir hulle nodig was om dit chirurgies te herstel nie. Al die dank en die eer aan ons Hemelse Vader wat tenspyte van ons twyfel, tog ingryp en aan ons genade bewys wat onverdiend is.

Bly om te hoor Mia en net weer 'n bewys hoe getrou ons Vader in die hemele is! Hy is werklik ons ABBA (Pappa vertaal na Afrikaans) Vader....

Mia Ashton
Jan 13th 2010, 09:52 AM
So twee jaar gelede is daar deur een van ons plaaslike charismatiese kerke genesingsdienste hier naby ons in n boer se stoor gehou en ons het toe ook ons eie werkers vir die paar aande geneem. Die oupa is genees van Epilepsie, die ouma van Emfiseem , die skoonseun van prostaatkanker , maar dis van die een kleinkind wat ek julle wil vertel na aanleiding van wat Mia vertel het van haar suster se kleindogter. Die werker se kleinding is met n foutiewe hartklep gebore asook een skeel ogie en sy was altyd die een wat eerste uitgesit het as die kinderspeletjies nou te erg fisiek geraak het . Ook het haar mondjie so n kenmerkende blou kleur gehad van een wat ernstige hartprobleme het. Op 5 jaar , net na die genesingsdienste, is sy toe weg Tygerberg hospitaal toe sodat hulle op haar skeel ogie kon opereer. Dis toe pragtig herstel en terwyl sy in die hospitaal was , het hulle sommer besluit om te sien wat die modus operandi is met die foutiewe hartklep. Die toetse het toe geen abnormaliteit opgetel nie en ook sy is volkome genees deur ons Meester Heler! Met speletjies is sy nou die voorbok en van moeg word is daar nie sprake nie. Ongelukkig gee haar ouers nie die eer aan Wie dit toekom nie..... Die wonderwerke gebeur letterlik so onder ons neuse , ons sien dit net nie raak nie!

Gedurende die Nuwejaarsvieringe het een van ons "carers" se 11 jarige seuntjie sonder die medewete van sy ouma, besluit om saam met sy maats met 'n taxi Durban toe te gaan en op die strand die Nuwejaar in te wag. Ek weet nie of julle in die koerant gesien het hoe die strand gedurende ou- nuwejaar gelyk het nie. Daar was derduisende mense. Die kind het egter verlore geraak. Ons het eers twee dae later uitgevind dat die kind vermis geraak het. Ek dink julle kan begryp in hoe 'n toestand die arme moeder verkeer het. Ek en my man het haar dadelik huistoe geneem en die polisie geskakel en alles in ons vermoe probeer doen om die kind lewend terug te kry. Ons het egter geweet dat dit 'n baie donker prentjie is, 'n kind wat hier verdwyn word nie maklik lewend teruggekry nie.

Voordat ons haar huistoe geneem het, het ek eers saam met haar gebid en vir ons Heer gevra om Sy Hand oor die kleinding te hou en as getuienis van Sy Genade en Almag tog hierdie kind veilig aan sy moeder terug te gee. Ons gebede is verhoor en drie dae later is die seuntjie in een van die omliggende hospitale opgespoor. Die inpak van hierdie wonderwerk het ongelooflike gevolge gehad vir al ons werkers op die plaas. Protea, jou woorde van die wonderwerke onder ons neuse is so waar, tog laat ons dit ongesiens verbygaan. Ekself wat maar partymaal 'n groot Thomas kan wees, moet baie keer vir my Abba se so jammer ek het getwyfel.

protea
Jan 14th 2010, 02:40 PM
Toemaar Mia, jy is nie al een wat al n ongelowige Thomas was nie..... Ons is almal skuldig daaraan.... Die terugvind van daardie kind is voorwaar n wonderwerk en so n kragtige getuienis!

Vandag soek ek ERNSTIG raad by julle. Fred (skuilnaam) is n jong man van 24 wat ons grafiese ontwerper is van die motief wat op ons teeverpakking kom en ons het hom deur een van die kinders ontmoet. Hy was n semester kort van sy graad in Maatskaplike werk toe hy moes opskop a.g.v. n gebrek aan fondse. Sy pa was jare gelede predikant in die NGK en het toe oorgegaan na die VGK toe ,maar toe hulle hom nie n sallaris betaal nie , was hy verplig om n ander plan te maak en wou toe weer terugkom NGK toe wat toe geweier is. Van toe af sit hy sonder n inkomste. Intussen het sy vrou siek geraak en sy is toe ook die afgelope Kersvakansie oorlede. Sy was die sterk een in die familie lyk dit my en haar man verwerk haar dood baie moeilik.

Vanoggend bel Fred (wat intussen ook n liefdesteleurstelling gehad het) en vra of ek nie weet van iemand by wie hy kan kom werk nie . Hy wil werklik net vir n tyd sy daaglikse brood verdien om 'sy kop weer oop te kry' want hy het sy God langs die pad verloor. Hy soek toe n plek van stilte waar hy baie tyd saam met sy Skepper kan deurbring en waar meer ideaal as by ons ?!

Maar nou my probleem : ALLE 'afvlerkvoeltjies' wat al hier was , wou nie weer weg nie , want dis dan te lekker hier.Ons wil nie vir hom n vis gee nie maar n visstok sodat hy weer op koers kan kom. Die jong man het nie eers n eie bankrekening nie wat nog te se van n motorlisensie.... Vir sulke dinge is daar letterlik nie geld nie.... Waarvan die res van die gesin lewe , weet ek nie. Hy het een broer ouer en een jonger as hy. Hy is SO n oulike jong man met SOVEEL potensiaal en ons wil hom so graag help. Nou is die vraag : HOE HELP ONS HOM? Op n plaas is daar maar net die gewone plaaswerk en nie iets waarvoor hy opgelei is nie, bv draadspan , bees werk ens.

Ek hoor graag van julle.
Protea

CFJ
Jan 14th 2010, 06:25 PM
Nou is die vraag : HOE HELP ONS HOM? Op n plaas is daar maar net die gewone plaaswerk en nie iets waarvoor hy opgelei is nie, bv draadspan , bees werk ens.

Ek hoor graag van julle.
Protea

Protea,

Persoonlik glo ek mens help iemand soos jy kan, nie soos so een dit graag wil h of soos jy gemanipuleerd voel om te doen nie. Die heel meeste wat mens so iemand kan leer, is om 'n dankbaarheidslewe te kan verstaan. So iemand moet weet wat beteken genoeg...(?), dit beteken dat jy tevrede is met wat jy het en kom 100% ooreen met die Bybelse konsep wat Paulus weergee in Filp., om vergenoeg te wees met al jou omstandighede...

protea
Jan 16th 2010, 05:19 PM
Dankie vir jou wyse woorde so uit die Woord, Ferdie! Ek dink nie daar is n situasie waar ons nie in die Skrif raad daarvoor kan kry nie. Ek dink aan die aardse middele wat Paulus en ook Jesus gehad het. Ek dink Jesus het baie min meer as slegs die klere aan sy lyf gehad. En daarmee beweer ek glad nie dat ons Fred nie gaan help nie. Om by die regte 'visstok' uit te kom , sal net baie knie-werk vra. So n kuier hier is dalk nie huidiglik die aangewese ding om te doen nie. Ons wil hom help en nie net n kruk verskaf nie. Ons wil nie saam in sy' gat van ellende' gaan sit nie (simpatie), maar wel hom uithelp (empatie) uit daardie gat sodat hy weer op koers kan kom.

Jammer ek reageer nou eers. Ons het gister brandstigting net af van ons grens gehad en met n lekker hupse Suid -Oos was ons plaas n volbek teiken vir drama.Die onderste buurvrou het deur haar verkyker gesien hoe die crook die vuur op n paar plekke langs die pad aansteek Gelukkig is die manne wakker en die brand is toe n paar tree van ons grens geblus. Vanmiddag het daar nader aan Elim weer n brand so langs die pad 'ontstaan'. Rook is die EEN ding wat al ons antennatjies hier in die fynbos area orent laat skiet. En die crooks weet ook dat die meeste plaaswerkers naweke nie werk nie , so minder hulp vir brandslaan is beskikbaar.
Skuus Mods, ek het nou die draad lelik ontspoor. Sallie weerie. Groetnis .

protea
Feb 7th 2010, 12:10 PM
Hallo al julle dierbares!
Ek het die afgelope week n epos gekry wat my so aan hierdie draad laat dink het : Jannie doen wiskunde by die skool en sy somme lyk so:
24 +9 = JESUS
31 - 7 = JESUS
14 + 4 = JESUS
Op n vraag van sy juffrou hoekom sy somme dan almal dieselfde antwoord het , antwoord hy dat hulle by die Sondagskool geleer het : JESUS is die antwoord op al die wereld se probleme en vrae!

Hoeveel boeke is daar nie al geskryf oor die benadering tot trauma en die behandeling daarvan nie en die antwoord op AL jou probleme bly nog steeds die een-letter-woord nl. JESUS!
Hoe het jou jaar begin ? ' Nat en modderig' soos in die Noorde of 'warm en droog' soos in die Suide? Daar is net Een wat jou uit jou ' modder' gaan kry en slegs Een wat die Reenmaker is. Soos Angus se : Hy is slegs die seun van die Reenmaker. Op fisiese en geestelike gebiede wens ek vir julle reen toe sodat julle deurweek kan word van die Heilige Gees. En as die 'modder dae' kom , dan WEET jy WIE jou Hulp en Uitredder is! Daarom sal ek bewus wees van n vrede wat alle verstand te bowe gaan , wetende my hand is styf in Sy Almagtige Hand en niemand of niks kan my daaruit ruk nie!

Groetnis uit n winderige Suid Kaap (die wind word mos hier gemaak...)
Protea

protea
May 2nd 2010, 11:59 AM
Hallo julle!
Baie van ons het al in ons lewens met iemand te doen gekry wat sterwend is a.g.v. n ongeneeslike siekte. In baie gevalle is hulle pyn SO erg dat morfien pille of inspuitings of plakkers bitter min effek het. Hoe bemoedig mens sulke lydendes? Moet jy Jesus as die Groot Heler aan hulle voorhou? Party van sulke mense is kwalik nog by hulle bewussyn van die ondraaglike pyn.... Bid jy vir pynverligting of doen jy sterwensbegeleiding? Ons as buitestaanders is SO magteloos en wil so graag help om die mense se lyding te verlig.... Veral as die persoon nog naby familie is of n baie goeie vriend.... Moet jy net DAAR wees vir die sterwende persoon en sy hand vashou en verseker van Jesus se liefde vir hom of haar? Natuurlik sal die Gees jou lei om daardie persoon na Jesus toe te lei as hy nog nie n kind van die Here is nie. Maar wat kan jy doen om daardie persoon se lyding te verlig en hom weer hoop te gee as so-iets moontlik is?

Ek sal graag by julle wil hoor wat julle eerstehandse ervaring was in so n netelige situasie.

Mia Ashton
May 4th 2010, 11:36 AM
Hi Protea
Jare gelede toe ons nog in Pretoria gebly het, was dit my voorreg om deel van Dr. Andries Gouws se span te wees wat hospitaalbesoek- en berading gedoen het. By die bed van 'n man wat sterwend aan maagkanker was, het die familie gesit. Almal het hom moed ingepraat en gese dit sal beter gaan en tog het hy geweet hy gaan sterf. Versigtig het ek gevra of daar iets is waaroor hy wil praat of wat ek vir hom kan doen en sy antwoord was dat ek sy FAMILIE sal help om te aanvaar dat hy HUISTOE gaan en dat alles reg is. Hy wou so graag praat oor hierdie grootse ervaring wat vir elke mens voorle ... en tog wou die familie nie. Ek verstaan dit van hulle kant, die ontkenning.

Ek dink ons moet ons laat lei deur omstandighede wat die betrokke geval omring. Bedagsaam en versigtig, tog met eerlikheid, liefde en simpatie. Vir party moet ons net daar wees en sy hand vashou en soos jy se van Jesus se liefde verseker. Kan ons so-iemand hoop gee? ....... weereens dink ek sy omstandighede sal dit bepaal. Hoop in Jesus - dit is daar altyd. Hoop op genesing - dit is moeiliker, veral as dit 'n kind is. Jy gryp na elke strooi en as dit nie die Heer se wil is nie........ dit is moeiliker om te aanvaar.

Ek stem saam dat dit baie belangrik is om sensitief te wees vir die leiding van die Heilige Gees.

Mia Ashton
May 5th 2010, 05:58 PM
Liewe Ligvriende
Sal julle asb. vir my help bid. Ons jongste dogter het vandag gehoor sy het borskanker. My man is verpletter, dit is hoe hy sy eerste vrou verloor het. So bid dat ek sal weet hoe om hom by te staaan en dat alles ten goede sal meewerk en ons almal nader aan die Heer sal bring.

Alhoewel ek maar net die stiefmoeder is, is sy kinders vir my baie kosbaar en het geword soos my eie. Daar is baie vrae by hulle almal en ek probeer so goed ek kan alles antwoord. Bid vir my vir krag en die regte woorde.

Liefde
Mia

Die Filadelfieer
May 6th 2010, 05:58 AM
Liewe Mia,
Verseker bid ons vir jou, vir al die dinge waarvoor jy vra.

protea
May 6th 2010, 12:20 PM
Liewe Mia,
Daarvoor is ons mos hier! Om ons mede gelowiges aan ons Vader op te dra.

Vader van genade, liefde en hoop, wees vir Mia en familie juis dit! Dra hulle familie deur hierdie donker tye wetende dat hulle tye in U hand is en dat geen haar van hulle hoof sal val as dit nie U doel is nie. Bring die hele familie in die proses nader na U sodat hulle sal verklaar: Waarlik , ek en my familie sal die Here dien deur goeie tye maar ook slegte tye. Dankie dat ons die hele familie in die holte van U hand kan plaas wetende dat U beskerm , heel en koester. In die Naam van alle name, Jesus Christus , ons Verlosser. Amen.

protea
May 16th 2010, 02:20 PM
Ek het so n ruk gelede n pragtige epos gekry maar kan hom nie nou vind nie. Dus vertel ek julle die verhaaltjie om my pos 'om DAAR te wees vir iemand in nood ' verder op uit te brei.

n Weermagoffisier in sy uniform stap n hospitaal binne en kort voor lank vind die personeel hom waar hy by n sterwende man wat al in n semi-koma is , sit met die pasient se hand styf in syne. Dwars deur die lang nag het hy daar gewaak en kort kort bemoedigende woorde ge-uiter teenoor die sterwende ou man. Die suster het kom vra of hy nie n bietjie wil gaan rus nie ,maar hy het dit bedank en getrou op sy pos gebly. Kort voor die dag breek is die ou man na n lang lyding oorlede. Die suster vra toe of hulle die ou man se paar persoonlike goedjies wat hy saamgebring het hospitaal toe vir hom as seun en naasbestaande kon gee. Die jonger offisier se toe : Ek het die ou man vandag vir die eerste keer in my lewe gesien. Hierdie baie siek man het sy seun nodig gehad in sy laaste oomblikke hier op aarde en ek het dit vir hom probeer wees. Die nuus wat ek eintlik vir hom kom bring het , was dat sy seun in n militere operasie gesterf het. Ek het toe ek hom sien , besef dat hy in sy semi-bewuste wereld n seun nodig gehad het om by hom te wees en net te verseker van sy liefde en omdat ek geweet het dat sy eie seun nie dit kon doen nie , het ek vir hom daardie seun geword in sy uur van nood.....

Dade spreek voorwaar BAIE harder as woorde.... En in ons nood in hierdie siek wereld is ons Antwoord die Seun van God wat al ons sonde voor kom boet het aan die kruis van Golgota. Dank ons die Vader elke dag genoeg vir Sy Seun?!?! Die Lig , Hoop, Redder en Verlosser van die wereld! Wat n Wonderbare Geskenk aan die mensdom wie baiemaal opsygeskuif word met die woorde: Baie dankie , maar ons sal self ons lewensbootjie roei..... Ons stukkende wereld wat baiemaal nie weet hoe nodig hulle die Verlosser , Redder en Heler van alle tye het nie.....

protea
Jun 26th 2010, 02:01 PM
Hallo almal!
Ek sien nou eers hoe lanklaas ek met julle gesels het. Dit gaan maar so met werkende 'jong' dames... Ons twee studente kinners vul teepakkies met sakkies teen betaling , so dit gee my tyd vir kuier op die forum!

Ons kom nou net terug van 10 dae teen die Tsitsikamma kus , 30 tree van die see af , sonder elektrisiteit of selfoonontvangs- die paradys!. Ons het die see in al sy buie aanskou en tot (ons tweede vir die jaar!) donderweer daar beleef. En toe die binneland so toegesneeu het , het my swembroek my sooooo gele en koggel vanuit my tas.....

SO met die aanskoue van n lekker woesste Tsitsikamma storm , het ek BAIE diep dinge gedink. En ek gaan nou die storie werklik by die Anglo- Boere-oorlog haal. My vraag is:
Is trauma van watter aard ook al in jou kinder- en jeugjare = die onvermoe om sosiaal en maatskaplik aan te pas in jou volwasse jare??

My eie oupa is in die konsentrasie kamp gebore (1900) en net die feit dat my ouma -grootjie n verpleegster in die kamp was en sy toegang tot medikasie gehad het, was seker die hoof rede dat hy wel bly lewe het. Oumagrootjie is deur omstandighede gebeitel in n formidabele en emosioneel en geestelike baie sterk vrou. Sy MOES die lewe hanteer of sy nou wou of nie. Hulle moes hulle afgebrande plaashuis verlaat en is toe in die konsentrasie kampe geplaas waar haglike toestande geheers het. In die tussen tyd was die mans besig met gevegte teen die Engelse. Tot en met die tyd dat die boervrouens en kinders van die plase verwyder is, het die Engelse nie veel hond haaraf gemaak nie , want die boervrouens het die mans van lewensmiddele voorsien soos hulle daar van tyd tot tyd verby gekom het. Na die oorlog verby was , het die mans teruggekeer en het die 'motgevrete' gesinnetjies so algaande teruggekeer na hulle plase om uit NIKS weer n begin te probeer maak. My oupa grootjie was emosioneel platgeslaan en het volgens oorlewering maar n sekondere rol verder in sy huwelik gespeel. Oumagrootjie weer is deur omstandighede geslyp in haar matriagale rol wat sy net eenvoudig moes mee aangaan om die gesin bymekaar te hou. My oupa het nou in so n gesin grootgeword waar die ma eintlik maar die hoof van die huis was . Die tye was so hard dat daar min tyd was vir liefdevolle versorging van n moeder wat deur die vader van die huis beskerm is. Daar is net om oorlewewing geswoeg van die more tot die aand.

My oupa se menseverhoudinge was in sy hele volwasse lewe eintlik maar baie swak gewees en het slegs geleef as een van ons kleinkinders in iets sou uitblink wat sy openbare beeld sou versterk. My vermoede is dat sy liefdelose en harde grootwordjare vir sy onvermoe om gesonde menseverhoudinge in sy volwasse lewe te hantaaf , verantwoordelike is. Stem julle saam?

Die ander geval , ook n man, is n vriend van ons se pa. Sy ouers is 'van bed en tafel geskei' (nie amptelik geskei nie) soos hulle in die ou dae gepraat het. Sy ma het in die dorp gebly en sy pa op die plaas met al die kinders en selfs toe hulle skool toe gegaan het , moes hulle by n Engelse dame gaan losseer en nie by hulle eie ma nie! Dink aan daardie verwerping... Ons vriend se pa was ook bysiende sy lewe lank en omdat dit nie op skool gediagnoseer is nie , is hy as die ou 'dommetjie' gebrandmerk en is menige dag deur die onderwyser met die bord wisser raakgegooi. My hart krimp ineen..... Weereens liefdelose kinderjare wat sy merk gelaat het in die latere volwasse lewe. En met daardie minderwaardigheidskompleks is hy oorlede. Nooit is dit herstel nie ten spyte daarvan dat hy n engel van n vrou gehad het nie.

My pa het gese dat as iemand in sy volwasse lewe irrasioneel optree, jy jou die vraag afvra: Hoe was sy kinderlewe? En 9 uit die 10 gevalle kom hulle uit n liefdelose huisgesin. ALMAL het in die ou dae swaargekry ,maar die afwesigheid van liefde in die gesin , was volgens hom die sleutel tot die probleem. Stem julle saam?

En nou raak ek nie eers aan die 'jong manne op die grens' van die Bosoorlog -dae nie. Hoekom het so n hoe persentasie van hulle se huwelike gevou toe hulle weer in die siviele lewe moes aanpas? Ek weet nie van een geval wat berading gekry het nie. Het hulle te veel gesien en beleef op n te jong ouderdom? Dis asof baie van hulle daar vasgehaak het en net eenvoudig nie KON aanbeweeg nie.

Die ketel roep: Dis koffietyd! Hoor graag julle opinies!
Toedels.

Son of the South
Jun 26th 2010, 03:09 PM
Protea, dankie vir 'n plasing met sommer heelwat om die lyf. Jy raak sommer 'n klomp onderwerpe aan. In die eerste plek moet 'n mens glad nie die rol van 'n pa onderskat in enige kind se vorming nie. Alhoewel dit soms mag lyk of Ma 'n kind se alles is, lei die onbetrokkenheid / liefdeloosheid / mishandeling van 'n pa tot baie van die euwels in ons samelewing. Geen wonder dat God groot herstel bring in hierdie area onder sy kinders.
Maar die engel s vir hom: Moenie vrees nie, Sagara, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou n seun baar, en jy moet hom Johannes noem. En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees; want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af. En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God. En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Ela, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here n toegeruste volk te berei.
(Luk 1:13-17)
Daar is heelwat geskryf oor die waarde van die betrokkenheid van pa's by die opvoeding van hulle kinders. Een boek op my boekrak wat dit beklemtoon is Om seuns groot te maak van James Dobson.

Oorlog is nie kinderspeletjies nie en die 'jong manne op die grens' van die Bosoorlog -dae is nooit behoorlik toegerus om die trauma daarvan te hanteer nie. Daar is 'n uitstekende boek daaroor wat jy gerus self kan lees en ook kan aanbeveel aan enige iemand wat in daardie bootjie is: At Thy Call van Dave Hunt. Lees meer oor die boek hier: http://www.atthycall.com/

Ek het nou net begin met 'n gewigtige boek: On Killing: The Psychological Cost of Learning to Kill in War and Society deur Lt.Col. Dave Grossman. Mens kan meer lees daaroor hier: http://en.wikipedia.org/wiki/On_Killing

mari
Jun 26th 2010, 07:30 PM
Sos ...

wat jy se is so waar .....uit eie ondervinding kan ek daarvan getuig met my anderse kleinding ..... sy terapeute by die skool het al oor en oor gemeld dat een van die redes waarom hy so bo verwagting goed vorder, juis sy pa se betrokkenheid by sy daaglike lewetjie is ...... ek is werklik geseen met 'n besondere man wat, ondanks self 'n erg traumatiese kinderlewe, 'n punt daarvan maak om dit wat hom nie beskore was nie, vir sy kind te wees .......... hy sit gereeld se eie behoefter agter om die beste vir ons kleinman te bied .......

interessant.... uit die 6 seuntjies in sy klas vir kinders met autisme, het hy een ander maatjie met getroude ouers ( en daar is die ouderdomsverkil tussen pa en ma ook groot, soos by ons ) ..... 3 is van enkel-mas wat alleen aansukkel met x-e wat meer kritiek as sodanige ondersteuning gee ........ en een met 'n stiefpa so uit die hemel self, selfs al is die autisme eers gediagnoseer nadat hy met die outjie se ma getroud is ..... en die drie met pa's vorder baie beter as die allenetjies ......

by my man kan ek sien dat jou keuse tog heelwat te doen het met die nagevolge van slegte kinderjare op jou volwasse lewe ...... hy het besluit om die teenoorgestelde as sy pa te wees ...... en in oorwinning in Christus te leef, pleks van die boeie van die verlede ........

shalom
m

protea
Jun 27th 2010, 01:52 PM
Sots, die twee boeke waarvan jy die skakels verskaf het , klink vir my na rillers. Ek wonder of die psigologiese koste van die invloed van enige oorlog op die mens se gemoed OOIT bepaal kan word. Veral as jong seuns direk na skool in kontak gebring word met die naakte realitiet van oorlog en om mense dood te maak. Die een resensent wat jy aanhaal, stel dit so raak :' taking young men from school and turning them into killing machines'.... Die publiek (ingesluit die ouers van die soldate aan die destydse Grens) het feitlik geen detail van die Angolese Oorlog in die 80's gehad nie. Was daar n moratorium op beriggewing? As niemand kennis daarvan gehad het nie, hoe gee jy vir die gewese soldate berading en help hulle om weer in die sivvie lewe aan te pas?

Mari , dank die Vader vir manne soos joune ook wat die regte keuses maak. Hy weet dat Jesus daardie boeie van die verlede aan die kruis verbreek het en het GEKIES om n lewe in oorwinning te leef! Betrokke pa's is werklik die olie wat die gesinslewe smeer. Jou voorbeeld van die betrokke pa's by die ontwikkeling van hulle outistiese kinders is n bewys daarvan. Selfs in ons gesin met drie groot dogters vind ek dit. Die pa in die huis bring al die drade bymekaar. Hoe ons ook al oor dinge redeneer in die huis: As my wyse Hubby sy mening oor die saak gegee het , sak daar so n vredevolle kalmte oor die gesin.

In ons moderne samelewing word die vrou in soveel beroepe bevoordeel bo die man sodat dit dit vir die moderne man seker baie moeiliker is om sy regmatige plek as hoof van die gesin in te neem. Die instelling van bv n Vrouedag plaas net nog meer klem op die vrou en alles werk mee om God se orde te probeer omkeer en die vrou as die hoof van die huis te kry. En as God se orde omgekeer is , is daar nie meer orde nie. Punt!

protea
Jul 25th 2010, 04:49 PM
Hallo almal!

Soos julle weet stimuleer Karoolug my denke..... en as dit net Hubby en ek is wat die 2000 km van ons tee bemarkingstrip in mekaar se geselskap is , word daar verseker oor baie dinge gesels. Weereens gesels ons toe oor die vader se rol in die gesin (waarop Son of the South en Mari in vorige poste ook gereageer het ) maar veral oor: Jou siening van jou aardse vader gaan jou siening van jou Hemelse Vader bepaal.

By n vrouekamp so n ruk terug het een vrou getuig van die trauma in haar kinderlewe toe haar eie pa in sy besopenheid haar herhaalde kere gemolesteer het. n Ander vrou weer het vertel van haar hiper streng pa wie se woord wet was en NIEMAND het ooit n opdrag hoegenaamd bevraagteken as hy die woord gespreek het nie. Hy was n ongenaakbare, koue man wat hulle nooit toegelaat het om erens heen te gaan nie. Daarom het hulle in 'ballingskap' grootgeword en kon nie wag om klaar te maak met skool sodat hulle kon koers kry nie.

En so is daar baie volwassenes wat vandag sukkel om van daardie verwronge beeld van hulle aardse vaders te probeer vergeet in n poging om ons Hemelse Vader as die Liefdevolle en Genadige Vader te aanvaar. En dit sukkel !

Is vergifnis nie weereens die beginpunt van hierdie 'reis' nie? Want met sulke onverwerkte 'bagasie' van die verlede kan geen toekomstige permanente verhouding met n man(uit n vrou se oogpunt) ooit slaag nie. Gaan n seun wat n onredelike kwaai pa gehad het nie ook sy eie kinders so behandel nie ? Dis dan al verwysing wat hy gehad het. En sy siening van sy Hemelse Vader?

Hoe lyk die berading wat jy aan sulke volwassenes gaan gee? Is menige man of vrou nie al graf toe met onverwerkte emosies uit n stormagtige kinderlewe sonder dat dit ooit aangespreek is nie? Met maskers het hulle deur die lewe gegaan en met maskers aan is hulle in die graf in....

Hoekom was die ouer garde ( oor die algemeen ) traag om te reageer as een van hulle kinders kom kla het van n naby famililielid wat hulle molesteer ? Was hulle bang vir n kwaai pa se reaksie? Sou die 'ontploffing' te groot wees? En moet n jong kind se hele verwronge ,toekomstige huwelikslewe maar die prys wees wat daarvoor betaal moet word....? Want oor sulke dinge is daar nie by ordentlike mense gepraat nie.... want wat sal die bure en die dorp se as hulle moet weet....? Die wonde kry later rowe op ,maar die seer bly.

Wat noem n mens die 'pleisters' wat op hierdie wonde geplak word en hoe word daar genesing gebring?

Warm kaggelgroete.
Protea

Son of the South
Jul 26th 2010, 03:50 PM
Hi Protea,

Jou plasing het al weer sommer heelwat om die lyf. Ek gaan vir geen oomblik probeer voorgee dat ek enige antwoorde het op die vrae wat jy aanraak nie, maar ek gee maar my gedagtes.
Jou siening van jou aardse vader gaan jou siening van jou Hemelse Vader bepaal.
En so is daar baie volwassenes wat vandag sukkel om van daardie verwronge beeld van hulle aardse vaders te probeer vergeet in n poging om ons Hemelse Vader as die Liefdevolle en Genadige Vader te aanvaar. En dit sukkel !Ek het self 'n Pa wat vreeslike dinge deurgegaan het in sy kinderdae. Ja, hy het sy foute, maar ek dank die Here dat my Pa 'n goeie Pa vir my is en dat hy darem nie al die verkeerde dinge van die verlede oorgedra het nie. Ons het 'n 'christelike huis' gehad. Eers na ek die huis verlaat het het ek 'n ontmoeting met Jesus gehad en prys die Here so paar jaar gelede my Pa ook!

Ek is nog altyd verwonderd elke keer as ek aan die Ou Testamentiese konings van Israel dink. Hoeveel keer is 'n slegte koning wat afgode gedien het (demone aanbid het by implikasie) opgevolg deur 'n goeie koning wat die Here gedien het. Merkwaardig. So, hy moes grootgeword het met 'n Pa wat 'n afgodedienaar is (en alles wat daarmee gepaard gaan). Wat ek opmerk is dat hulle telkens die heilige boomstamme en ho plekke afgebreek het. So, hulle moes in woord en daad breek met die verkeerde en die Here dien.

Is vergifnis nie weereens die beginpunt van hierdie 'reis' nie?Absoluut! Een van die grootste leuens van alle tye is dat 'tyd genees'. Dit is heeltemal on-Bybels! Tyd vervaag miskien die geheue so effens, maar ek verseker jou, in my Pa se lewe het ek gesien dat daardie bagasie nog al die pad daar was. Slegs God kan daardie genesing bring en eers wanneer God dit vir 'n persoon moontlik maak om daardie bagasie neer te sit en te vergewe, kan daar verlossing kom.

mari
Jul 28th 2010, 10:29 AM
Protea ....

jy raak alweer diep punte aan...... ( en die tuinroete se lug sal nie die Karoo s'n bederf nie ..... volgende trippie kom jy hier langs !! ....... ) ....

'n Groot probleem met vergifnis is dat die een wat moet vergewe, dink dat as hy die oortreder "vryspreek" , is dit so goed as om te se " wat gedoen is, is OK " .........

'n ware deurbraak met vergifnis is wanneer die persoon verstaan dat om dit wat hom aangedoen is te vergewe, beteken dat jy nie meer 'n wrok koester nie en jou "reg tot geregtigheid" in die Vader se hande laat ...........

...... dit is ook belangrik om te verstaan dat jy oordeel oor die persoon / dade terughou deur jou eie bitterheid .... vergifnis is nie vir die persoon wat jou seergemaak het het nie, dit is vir jou om die seer, saam met die oortreeder, in God se hande oor te laat .....

... as die oortreder naby familie is, is dit selfs moeiliker, want jou eie identiteit word aangetas ...... maar om dan te laat gaan en God toe te laat om die situasie te beredder, is dan ook soveel meer bevrydend .......

..... of dis maar net soos ekke dit verstaan ......

groete
m

protea
Jul 29th 2010, 05:04 PM
Hallo Mari!

Ons is nie dalk ok familie nie want ons hartjies klop so eenders oor sake... En jy kan maar die ketel aanskakel. Ek sal die tee bring en jy verskaf die koek. Deal?....

Ek glo dat baie mense vergifnis teenstaan juis om die rede wat jy aanvoor. Daardeur stem jy nie in dat die daad maar OK was nie. Deur vergifnis laat jy die oordeel aan God oor. Vergifnis is dus n keuse: Ek KIES om Persoon X te vergewe want hoe sal die Vader al ons oortredinge vergewe as ons nie ons naaste vergewe nie?

Iemand het eenkeer ook vergifnis gediagnoseer soos volg: Ware vergifnis is wanneer jy aan n negatiewe insident dink SONDER die gepaardgaande wrokgevoelens. Daardie kalmte en vrede kan net ons Vader vir ons gee.

Die ironie van vergifnis is dat jou wraakgevoelens en bitterheid t.o.v. n situasie nie die een beinvloed teenoor wie jy die gevoelens koester nie , maar net JOUSELF. En die Bybel se nie net jy moet vergewe nie maar dat jy jou vyand moet SEEN ook. Uit onsself is so-iets onmoontlik . Net met ons Vader se hulp gebeur vergifnis as dit jou keuse was om te vergewe. God se vergifnis is so volmaak. Die Bybel se dat Hy nooit eers weer daaraan DINK nie. Is Hy nie n AWESOME Rolmodel nie?!

Beraders meen dat molesteerders in die meeste gevalle bekend is aan die slagoffer. Wanneer familie betrokke is, kompliseer dit die situasie aansienlik.

Ons Vader is die Heler van ALLE seer. Ons dank en eer en verheerlik Hom daarvoor!

Groetnis
Protea

Mia Ashton
Jul 30th 2010, 11:18 AM
Ek ken iemand wat as kleindogtertjie deur haar stiefvader gemolesteer is. Hy was nooit baie lief vir haar nie, het haar dikwels geslaan tot sy blou kolle op haar hele lyfie gehad het, tot hy begin het met hierdie ander liefde, (molestering soos hy dit genoem het. Sy was ongelooflik verward en bang en haar moeder het haar die skuld gegee. Sy is vir baie lang jare deur geweldige skuldgevoelens getreiter asook 'n baie lae selfbeeld. Eers na haar vader en moeder se dood kon sy met die hulp van ons Heer, hulle albei volkome vergewe.

Die vermoee om iemand te vergewe wat 'n onreg aan jou as kind gedoen het, is die mees bevrydendste gevoel en die vrede wat net van ons Here kan kom, maak hom van jou meester. Die wonderlikste is dat selfs haar nagmerries het die wyk geneem. So tot in die diepste van jou onderbewussyn, het vrede die plek van verwyt, haat en wrok ingeneem. Dit is so waar Protea, vergifnis vir so-iets kan nie uit jouself kom nie, slegs wanneer jy die Here se hulp inroep, en kan jy as vry mens lewe sonder die bande wat jou so-lank gevange gehou het in jou hok van haat.

Dit is egter vir 'n kind wat nie berading kry en met al hierdie negatiewe gevoelens groot word, baie moeiliker om die skuldige persoon te vergewe. Hierdie verwyt en haat is so diep gewortel dat dit amper dien as regverdiging vir enige mislukking in die persoon se latere lewe. Eers wanneer hierdie persoon besluit om nie meer die 'slagoffer' van die molestering te wees nie, maar die oorwinnaar, is vergifnis makliker. Hierdie vrou se beeld van ons Hemelse Vader was ook vir baie lank die beeld van 'n baie streng pa wat jou vir elke sonde gaan straf. Ek dink haar grootste oorwinning was die dag toe sy besef sy het die Here lief, met 'n onbeskryflike liefde wat syself nie begryp het nie, maar dat die Here haar eerste liefgehad het dat Hy alles ten goede kan laat meewerk.

Dankie Protea vir hierdie draad en ook die wyse woorde van Mari en jouself.

Liefde
Mia

Hoe iemand wat nie 'n christen is so-iets kan verwerk, is 'n raaisel, want net die Here kan die insig en die vermoee tot vergifnis bewerkstellig.

protea
Aug 1st 2010, 04:04 PM
Mia ,
Net soos ek ook nie kan glo dat n nie-Christen sulke trauma suksesvol kan verwerk nie , glo ek ook dat beraders wat nie Christenne is nie, baie beperkte sukses het in hulle beradingsveld. Want NET deur Christus se wonde aan die kruis het daar vir diegene wat Hom aangeneem het , heling gekom.

Jy gebruik n uiters unieke beeld nl: Die 'hok van haat'. Die binding van die haat kom neer op die kop van die een wat binne-in die hok sit! Die persoon teen wie die haat gemik is, is in die meeste gevalle salig onbewus daarvan. My man het jare gelede van die Here n visioen gekry as antwoord op gebedsnavraag oor n vriend van ons . Die Here het vir my man gewys dat die man oor wie hy gebid het in n bamboeshok sit. Hy het net vier 'mure' gehad MAAR DIE HOK WAS OOP AAN DIE BOKANT! Sy interpretasie was as volg: Die pad na die horisontale wereld was gesluit ,maar die VERTIKALE PAD NA JESUS WAS OOP! By Hom alleen is daar heling , hoop, uitkoms , genade en hulp.

Een punt wat beraders BAIE beklemtoon is om die feit by die pasient tuis te bring dat molestering (veral wanneer hulle met kinders werk) NIE HULLE SKULD IS NIE! Want die molesteerder se eerste doel is om sy dade verbloem te hou en daarom se hy die minderjarige aan 'om vir niemand te se nie'. Wat vir my SO hartseer is , is die feit dat wanneer die kind wel vir sy ouers daarvan se , hulle nie gehoor gee nie. Die gevolg is: Die kind glo nou self dat dit sy skuld is.... Indien so n kind nie berading kry nie, gaan baie jare ongelukkig verby voordat die kind n volwasse verhouding met Jesus het om dan self deur Jesus se wonde genesing en bevryding te verkry. Dan eers verdwyn die nagmerries en angsaanvalle en skuldgevoelens. Hoeveel vermorste jare......! Eers DAN is hy nie meer die slagoffer van molestering nie!

Op hierdie negatiewe noot verlaat ek julle vir eers. Dis vir my hartseer dat hierdie 'duistere sake' so min oor gepraat word. Heling kan nie plaasvind as hierdie sake nie in die lig en VOOR DIE LIG gebring word nie. DAN vind heling plaas!

Lekker naweek verder.

protea
Sep 12th 2010, 03:55 PM
'Prevention is better than cure' ?

Hallo geliefdes!

Ek kan in my wildste nagmerries my nie voorstel (dank die Vader daarvoor!) hoe dit moet wees om ongelukkig getroud te wees nie... As daar gedurig n negatiewe 'vibe' tussen jou en jou eggenoot hang nie. As jy NIKS het om meer met mekaar te gesels nie - die politiek, die kinders, die wereldnuus, die kunste of,of ... As jou man/vrou nie meer jou beste maat is nie...

Ons studente kinders het onlangs vir ons vertel van 2 jong mense wat 6 weke voor hulle troue hulle huwelik afgestel het. Hulle het by hulle kerk n 'marriage preparation' kursus gevolg waarop hulle o.a. n persoonlikheidsprofiel moes doen en ook vrae moes bespreek soos:
Wat sal jou reaksie wees as: julle nie kinders kan he nie?
die broodwinner sy werk verloor?
die skoonouers aandring om by julle te kom bly?
julle idee van hoe jy jou kinders wil grootmaak verskil van jou eggenoot s'n?
julle van gelowe verskil?
Die twee jong mense het besef dat amper net hormone hulle huwelik aanmekaar sou 'gom' omdat hulle feitlik op alle gebiede van mekaar verskil. As 90% van reaksies in jou huwelik konflik gaan veroorsaak ( en jy weet dit voor jou huwelik!) , is die twee jong mense nie bewonderenswaardig nie? Natuurlik was en is hulle baie lief vir mekaar en natuurlik het daar baie trane gevloei met die verbreking van die verlowing. Het hulle nie n riller voorkom nie? Het van julle 'jong goete' sulke kursusse deurloop? Het jy toe jou eggenoot beter verstaan en was die kursus van waarde? Vir interressantheidsonthalwe sou ek baie graag so n kursus wou deurloop om my man nog beter te verstaan en ook om kennis op te doen vir moontlike berading in die toekoms.

Ek wens alle voornemende paartjies kon sulke kursusse deurgaan voor hulle huwelike. Sou baie egskeidings nie voorkom kon gewees het nie? Ek hoor graag van julle.

Die Filadelfieer
Sep 13th 2010, 06:34 AM
Sjoe Protea, dit is guts ! Ek hoop van harte die twee het die regte besluit geneem, en dat dit nie net 'n vrees vir onsekerhede was wat hulle so 'n radikale stap laat neem het nie. Ek is van mening dat dit net die Here is wat 'n huwelik aanmekaar hou terwyl twee jong getroudes hulleself en mekaar binne 'n huwelik vind.... iets wat nie noodwendig 'n gegewe is van dag een nie. Daar is deesdae so baie huwelike wat nie eers ses maande uithou nie ....en dan moet hy jouself vra hoekom op dees aarde is hierdie mense in die eerste plek dan getroud ? Ek dink die dinge wat jy in jou pos noem het ook baie hiermee te doen : hormone speel 'n groot rol, en die Here word nie in die huwelik in genooi nie.

protea
Oct 11th 2010, 11:36 AM
Hoe verwerk jy trauma?

Ons het die naweek n tranedal hier op die plaas gehad. Ons moes ons 13 jaar oue Skaaphond, Kaptein, laat uitsit a.g.v. nierversaking. Ja, dis Kaptein waaroor ek geskryf het wat so bang was vir die donderweer en die vegvliegtuie se gedreun. Klynsis was 7 toe ons vir Kaptein gekry het en mens kan die trauma verstaan by die meisies wie se enigste 'boetie' nie meer daar is nie. Hulle het letterlik saam met hom grootgeword. Ek wens ek het n video gehad van Ousis se terugkeer na n jaar in Kanada ... Ek wil net een keer in my lewe so verwelkom word...

Maar wat vir my die interressantste was in die hartseer omstandighede was die meisies se reaksie en verwerking van hulle trauma. Mirrelsis en Klynsis het hulle harte uitgehuil maar Ousis het 'toegeklap' en haar in haar werk begrawe. So asof die pyn net eenvoudig te erg was om mee te deel. Sy aard na my man wat ook n sterk introvert is en nie soos ons anner vroumensies in die huis ons harte op ons moue dra nie. Ousis kry regtig swaar en ons ander voel so magteloos om te help. Om enigsins te vra: Is jy OK? is DEFINITIEF nie die roete om te gaan nie!

My man se ek sal eendag aan ander oorsake as my hart sterf want die een oomblik huil ek my hart uit en die volgende oomblik lag ek weer oor n snaakse situasie. Ek weet nie hoe mens opkrop nie en dis n groot genade. As dinge my hinder en ek moet helderheid oor n saak kry , gryp ek my windwaaijas en vaar die berg in. Daar kry ek perspektief en antwoorde . Daar is dit stil en in die natuur kan ek die Stem van my Verlosser baie duideliker hoor.

Hoe verwerk julle trauma?

protea
Nov 14th 2010, 05:34 PM
Hallo daar!

Ek het die ander dag vir Alet(skuilnaam), n kennis van skooldae na n hele paar dekades raakgeloop. Sy was n paar jaar ouer as ek en het as n jong student n onwettige aborsie gehad . Sy weet egter nie dat ek daarvan weet nie . In ons gesprek vertel sy van haar man wat sy werk verloor het en hulle 2e kind wat nie regtig rigting kan kry nie en toe merk sy op : Maar dis seker maar my verdiende loon....

n Gedagte wat toe by my opkom is : Het sy al die Vader se vergifnis vir haar onbesonne jeugdige daad aanvaar en ook haarself vergewe? Jesus se kruisdood was vir AL ons oortredinge, hoe erg ook al. Dra sy na al die dekades nog haar pakkie van skuldgevoelens saam en raak die vrag nie teen hierdie tyd ondraaglik nie? So baie mense loop met maskers wat soveel seer verberg...

Weereens is die skuldvergifnis by Jesus te kry. Sy vergifnis is TOTAAL in so n mate dat Hy nie eers meer daaraan dink nie! Hoekom dink ons dan daaraan en gryp ons ons 'pakkie' maar te gewillig weer terug om dan aan te ploeter onder die rugbrekende juk van selfopgelegde vonnis? Maak ek nie van die Here n leuenaar deur nie Sy vergifnis te wil aanvaar nie omdat 'my sonde darem te groot is' nie?

Ek hoor graag van julle.
Liefde
Protea van Fynbosland

mari
Nov 15th 2010, 10:37 AM
Liewe Blommie ...

in so 'n situasie, glo ek, is daar 'n hele paar vergifnisse nodig ..... eerstens natuurlik jou vergifnis van God ..... maar dan ook 'n paar ander wat jy self moet vergewe .....

* daar is die wat dit aan jou voorgestel het, soos beraders ...
* die wat die " prosedure " gedoen het .....
* die wat dit van jou "verwag" het, soos jou ouers, of die pa van die kind, of selfs net die "gemeenskap" ......
* en dan natuurlik ook die kindjie self wat nooit die lewenslig gesien het nie ......

..... m

eers as jy vergifnis volkome aanvaar en volkome gegee het, kan jy ware bevryding smaak .....

protea
Nov 15th 2010, 11:52 AM
Haaits Mari!

Ek kyk nou spesifiek na jou '3e vergifnis'. Alet was die dogter van gesiene mense in die samelewing. Sulke nuus sou haar ouers en eintlik die hele familie se sosiale stand laat tuimel het. Mens kan die situasie verstaan alhoewel mens dit natuurlik nie goedkeur nie. n Paar dekades gelede was n buite egtelike kindjie n skande wat die samelewing jou nie sommer sou laat vergeet het nie. Maar in hierdie geval maak twee negatiewes nie n positiewe nie...

protea
May 17th 2011, 04:41 PM
Hallo julle!

Nee, ek het nie van julle vergeet nie. Was net baie besig met tee oes in die somermaande.

Goeie vriende van ons se enigste 27 jarige dogter het n maand gelede net inmekaargesak en gesterf. Hulle weet nou nog nie die oorsaak nie en ek dink hulle was te geskok om n na-doodse ondersoek aan te vra. Sy was n grafiese ontwerper wat so pas n eie besigheid begin het. Op n stadium was besigheid in die verlede nie so goed nie en toe het sy vir n rukkie by haar ouers gebly. In die tyd het sy van twee verskillende mense profesiee ontvang wat haar gesien het in n goeie, vooruitstrewende besigheid , in die middel van die Here se doel met haar lewe. Dit sou volgens die profesiee goed met haar gegaan het en blinker kon die toekoms volgens hulle kwalik wees. En toe sterf sy.....

Die ouers is natuurlik nog lam van skok. Maar die profesiee wat sy ontvang het in hulle teenwoordigheid kompliseer nou die rouproses. Nou is daar EERS baie onopgeloste vrae. Dit maak nou van die sogenaamde profete, vals profete want hulle profesiee was vals. Ons as buitestaanders het net soveel vrae want die 'profete' is werklik mense wat n baie nou pad met die Here loop. Hoe nou gemaak en ge'voel'?

Die afgelope 10 jaar of wat , het iets gebeur wat die Blanke Afrikaner wat aan die traditionele kerke behoort het , se belangstelling in profesiee uitermate geprikkel het in so n mate dat hulle in baie gevalle profesie-jagters geword het. Ek weet nie wat daardie prikkel was nie. Weet julle?

Al my liefde
Protea-met-baie-meer-vrae-as-antwoorde.

protea
Jun 5th 2011, 02:48 PM
Hallo al my 'gesiglose' vriende!

Ons was die naweek so geseen om die Christusfees te kon he in onse eie Bredasdorp. Baie Christen kunstenaars het opgetree om so die Evangelie uit te dra. Die 'Horse Whisperer' Barries Burger van die Noord Kaap het die sluitingsdiens gehou. Hy doen evangelisasie werk onder die Boemans van die Noord Kaap se rooi duine met sy perd Queen (of hearts). Sy is die dag gebore toe Lady Dianna begrawe is, vandaar die naam.

In Barries se bediening het hy nou al met meer as die Boesmans in aanraking gekom en veral die emosionele pyn van die mens raak hom diep-diep aan die hart. Hierdie emosionele pyn spreek hy dan aan verkieslik sonder woorde... klink dit bekend?.... en hy verduidelik aan die hand van hoe hy n perd leer deur eers sy vertroue te wen en n vertrouensverhouding opbou om dit as basis te gebruik vir verdere berading.

As jy n ydele uurtjie het , neem asb die DVD Tornado uit wat handel oor dit wat Barries doen. Dis n Regardt van den Berg film , gebasseer op die waarheid en een groot 'understatement', SO sensitief hanteer en roerend aangebied. Die verhaal handel oor die jong student wat in sy kursus n praktiese taak moes doen oor die moontlike emosionele herstel van n perd wat aan n 'self-verminkings-sindroom' ly. Die perd was onregeerbaar en het homself vermink deur alles uitmekaar te skop wat hy in die hande kon kry. Die student , Pierre , neem dan die perd na Barries vir raad en in die twee maande wat hy daar gebly het , verander die perd EN sy eie lewe onherkenbaar.

Wanneer jy na verwonde perd en ook mens gaan , is die eerste ding wat jy doen net om te gaan sit , VERKIESLIK in stilte. Niks wat jy gaan doen of se sal hom laat beter voel nie. So , wees net daar vir hom. Dit het vir Pierre weke geneem voordat Tornado uit eie vrye wil na hom toe gekom het.

Wanneer daardie toenadering gebeur het, het Pierre met Tornado in die donkerte gaan stap (sonder flits!) waar hulle op mekaar aangewese was vir rigting en beskerming. En DAN eers het Pierre vir Tornado begin streel . Eers op die gesonde dele en dan ook later op die 'eina' plekke waar draad ingesny het toe hy vasgemaak is by n vorige eienaar.

Elke keer wanneer Tornado iets reg gedoen het , het Pierre hom geprys. Is dit dan SO moeilik om jou kind te prys oor die kleinste oorwinning in sy lewe ? So bou jy mens en dier se selfbeeld.

Laastens moet jy glo in jou perd ...en ook jou kind ...en ook in jou eggenoot . n Kind (of perd) wat n 'tantrum' gooi , is n emosioneel kwesbare wese en die wyse hoe jy die saak gaan hanteer gaan bepaal of jy die kind gaan verloor of sy energie in die regte rigting gaan kanaliseer.

Pierre se pyn (die diagnosering van arthritis op n jong ouderdom het sy atletiek loopbaan vernietig) was die ekwivalent van Tornado se pyn. En PYN by Pierre het die PYN by Tornado aangespreek en genees. Barries het die aanhaling gemaak : "Through secret sorrows , saviours are born". God het vir Tornado n redder genaamd Pierre voorberei.

So het Jesus se wonde aan die kruis ook vir ons genesing gebring. Dit het die bloed van ons Verlosser aan die kruis gekos om n gebroke wereld te red!

Die wereld het so n behoefte aan mense om as emosionele helers op te tree, want ons lewe voorwaar in n stukkende wereld . n Emosionele stukkende wereld wat die lyer baie keer vir die wereld wegsteek...EN dit ook regkry!

En dan sluit die fliek af met die woorde:" What is it with you and deserts, Lord?" Wie van ons het nog nie woestynervarings gehad nie?! Is dit nie daar dat ons ons Verlosser leer ken nie? Is dit nie daar dat ons Hom roekeloos leer vertrou nie? Wie van ons het al die Here gedank vir die woestynervarings in ons lewe?

Groetnis, Protea

Son of the South
Jun 5th 2011, 05:37 PM
Ons het die fliek al so rukkie terug vir onsself gekoop. :spin:

Miskien is dit 'n voorbeeld van hoe God die engelse sding laat waarword in mense se lewens: "He turns your test into your testimony." Dankie vir Sy genesende krag!

protea
Aug 21st 2011, 01:12 PM
Hallo geliefdes,

n Goeie vriendin (Annie) se man (Herman) het selfmoord gepleeg .Jare gelede het hy n verhouding met n ander vrou (Susan ) gehad. Susan se eks man het haar doodgeskiet en so is Annie en Herman toe nie geskei nie.( Dit klink nie net soos n riller nie, dit IS n riller!) Maar deur die jare moes Annie geweldig baie verwerping ervaar in haar huwelik. Hierdie laaste selfmoordpoging was Herman se derde poging. Dink nou net aan die spanning waaraan Annie en haar gesin onderworpe was vir n lang periode. Hulle kon hom nie alleen laat nie , want se nou net hy probeer weer....

Die gevolg is dat Annie en haar gesin nou agterbly. Annie is geweldig maer (sy lyk werklik wan gevoed) want Herman het haar skeef aangekyk as sy net n kg sou optel. Sy reageer soos n robot. Soos iemand waarvan die enjin net a.g.v. oormatige 'hitte' (trauma) oor n lang tyd uitgesny het. Soos iemand wat nie meer lewe nie , maar net nog bestaan... Nou my vraag: HOE HELP EK HAAR? Wat se ek vir haar? Wat se ek NIE vir haar nie? Wat se ek vir haar om haar geweldige lae selfbeeld weer op te bou? Sy hoor nou niks. Moet ek dit eerder vir later los? Sy is nag en dag in my gebede. Sy sal n langtermyn berading moet begin , want haar probleem van jare word nie in dae opgelos nie.

Dit help nie eers jy moedig haar aan om te praat oor haar situasie nie want sy is te stukkend. Sy kan werklik nie n gesprek voer in haar huidige situasie nie. Bid asseblief vir my vir Goddelike wysheid, insig en dat die regte woorde in my mond gele sal word. Ek hoor graag van julle!

Groetnis
Protea

CFJ
Aug 22nd 2011, 05:54 AM
Protea,

Iets wat ekself in berading geleer het, wat seker nie altyd die geval is nie, maar oor die algemeen glo ek dit is die veiligste manier van doen. Dit is om net uit te reik na een as die Here dit klokhelder uitwys en vir die res moes ek leer dat die mense wat berading nodig het, na jou toe gestuur sal word. Hierdie is alles dinge wat ons ken as die regte tyd op die regte plek met die regte woorde in die regte gesindheid. Daar is nie regtig 'n formule hiervoor nie, behalwe dat mens moet weet dat die Here werklik dan in beheer is en dit kom vanself en hoe benouder mens raak oor wat om te s, hoe minder s mens gewoonlik iets uit jouself uit, want jy weet nie wat om te s nie en in hierdie staat van afhanklikheid neem die Here oor en dinge gebeur net. Nou en dan is spesifieke toegepaste kennis van belang, maar oor die algemeen glo ek mens moet net die Here se beheer so sensitief as moontlik aanvoel...

Dit gee jou dalk nie 'n spesifieke antwoord nie, maar dalk stel dit jou gerus. Ek wens mens kon dit altyd doen, maar hoe meer mens op die Here se beheer let, hoe meer doen mens die regte ding op die regte tyd.

Die Filadelfieer
Aug 22nd 2011, 06:21 AM
Bid asseblief vir my vir Goddelike wysheid, insig en dat die regte woorde in my mond gele sal word. Ek hoor graag van julle!

Groetnis
Protea

Dit doen ek sommer nou dadelik Protea ! Soos jy s, sal sy met ( pastorale ? ) berading moet begin.... as almal maar net 'n vriendin soos jy gehad het, was daar baie minder probleme in die wreld !

protea
Aug 22nd 2011, 03:34 PM
Dankie Fila! Het ek n verkeerde woordkeuse gemaak? Ek bedoel Goddelike/geestelike berading en nie noodwendig die berading wat die wereld jou bied nie. Wat is die korrekte term?

Ferdie, hierdie en net hierdie soort berading wil ek doen. Nie noodwendig die soort wat jy in boeke leer nie, maar die 'houspypie' soort: Jy wat net n middel/pyp is wat deur Jesus gebruik word om die regte 'medesyne' by n emosioneel gewonde persoon uit te kry. En daarvoor moet jy sensitief wees vir die influistering van die Heilige Gees soos jy tereg se. Ek wil amper vra: Is daar dan n ander soort berading......? Ken ek nie die gevoel van 'hoe benouder mens raak om te weet wat om te se , hoe minder weet jy wat om te se nie' en genadiglik kom die vrede en die helende woorde as die Heilige Gees oorvat nie! Wat n verligting! Want dan word daar Goddelik woorde van wysheid en heling gepraat deur ons Meester , Heler en Verlosser. En ons bly maar net die 'houspyie'.... Alle eer aan ons Vader wie vir ons SO lief is!

Dankie vir julle wyse woorde.
Groetnis
Protea

CFJ
Aug 22nd 2011, 03:55 PM
Hi Mona,

Dis darem maar lekker as mens 110% saam met iemand kan stem en ek dink berading op die wyse wat jy so mooi beskryf, is werklik die enigste soort berading wat sin maak, wanneer die Groot Berader deur Sy agente werk.

protea
Aug 23rd 2011, 06:08 PM
Een oorsaak van selfmoord.

Herman het vir elk van sy kinders en vir Annie briewe geskryf wat hulle na sy dood gekry het. So vir sommige vrae het hulle immers antwoorde in teenstelling van net n doodse stilte in ander gevalle. Selfs sy eie roudiens het Herman haarfyn en in die fynste detail beplan, wie die diens moet lei, wat gesing moet word, ens (Wie kan in elk geval by die knop in jou keel verby sing by n roudiens....?) En op die agterkant van die begrafnisbriefie is sy eie redes geskryf oor hoekom hy dit beplan . Daarin maak hy die deur op n skrefie oop sodat mens kan probeer begryp wat in so n mens se emosies en gedagtes aangaan voordat hy die onnoemlike daad pleeg.

Hy skryf:
"I am so tired of pretending to be the man I am not"......
"The world see me laugh, but my heart is in pain".....

Is dit nie gewoonlik die 'village clown' wat met sy vrolike masker op die een is wat baie keer n diepe, diepe depressie het nie? Die wereld weet nie daarvan nie, want die masker wat hy op het , verbloem sy ware emosies en gevoelens. Herman se emosionele pyn wat hom gedryf het om sy lewe te neem: Het ons ENIGE idee hoe seer en rou en diep so n seer kan wees? Daardie pyn se intensiteit wat SO hoog is dat die 'enjin' net uitsny....

Hoekom tel ons as gewone lede van die samelewing nie van hierdie noodseine op nie? Het ons al so afgestomp geraak omdat dit so gereeld gebeur sodat dit nie meer as die uitsondering beskou kan word nie? Die laaste twee vrae het ek self nie antwoorde op nie.... Gebrek aan sensitiwiteit by die moderne mens? Het mense die Hoop verloor? Herman was n wedergebore Christen en hy sluit sy eie begrafnisbriefie so af:

"My life of eternity has now only begun, cleanly washed through His Blood. No more pain or regrets, only PEACE through His loving grace!"

protea
Sep 4th 2011, 03:38 PM
Die vis , die visstok en die oseaan.

Ek gesels die naweek met n vriendin oor n verskynsel dat mens gewoonlik by vroue dit kry dat as hulle hulp verleen aan iemand in nood, hulle skoon oorboord gaan en uit jammerte die vis , die visstok EN sommer die oseaan ook vir die getraumatiseerde wil gee net sodat hy of sy kan beter voel. Doen vrouens dit so omdat hulle met hulle harte dink en met hulle emosies reageer? (Hieraan is ek self skuldig!) Gelukkig het ons mans wat met hulle koppe dink en ons in 'toom' hou omdat hulle besef dat jy met sulke hulpbetoning slegs n 'kruk' verskaf en nie die werklike probleem oplos nie.

Annie (wie se man Herman selfmoord gepleeg het) se niggie het na die begrafnis vir so 3 weke by haar gaan bly en as sy weggaan , dan kom Annie se tannie weer vir n ruk by haar bly. Maar hierdie scenario kan mens tog nie vir lank volhou nie. Wanneer is die afsnypunt waar jy vir Annie half moet 'forseer' om nou die wereld in die oe te kyk om weer self te moet 'cope'? Anders gaan sy mos altyd wil he iemand moet by haar bly en haar ondersteun? Hoe se die spreekwoord: 'You have to be cruel to be kind....'

Annie het nie n baie sterk persoonlikheid nie en was haar hele getroude lewe die 'afhanklike' tipe persoonlikheid. In n mate is Annie deur Herman gedomineer want hy het haar gewig met arendsoe dopgehou sodat sy nie gram mag opgetel het nie. Tot kort duskant Anorexia... Want alleenlik as die skeletagtige wese was sy vir hom aanvaarbaar. SO tragies.... Hoe kry jy haar dat sy haar lewe se 'leisels' in haar eie hande neem en die lewe 'aanvat'? Iets wat nog altyd VIR haar gedoen is...

Omdat Annie ver van my af bly deesdae, is gebed nog die enigste ding wat ek vir haar kon doen , maar geen fisiese hulp nie a.g.v. die afstand. Ek gaan sit haar elke dag aan die voete van Jesus neer in die gebed want Hy weet van Annie se stukkende lewe, die verwerping , haar lae selfbeeld, die onbeantwoorde vrae... Hy weet ook dat Annie altyd die kroon op Herman se kop gehou het as hoof van die huis en hom gerespekteer het daarvoor.

Elke geval sal seker ander antwoorde he. Omdat Annie die afhanklike tipe vrou is, sal die tyd wat jy haar fisies moet bystaan seker langer wees as n ander mens s'n? Waarna kyk jy sodat jy kan weet : Nou is die tyd om terug te staan?
Sondaggroete
Protea

protea
Oct 15th 2011, 07:05 AM
Ek dink ek het al die preek erens op die forum gesit , maar ek plaas dit weer aangesien dit so ter sake is met wat ons hier bespreek.

n Goeie vriendin het n BAIE , UITERS, GEWELDIGE moeilike skoonma . Annie kon die gedurige emosionele terrorisme nie langer hanteer nie en sy besluit toe om na n sielkundige toe te gaan. Sy beland toe gelukkig by n Christen berader en hy gee haar toe die volgende raad: Neem n wit sakdoek of n wit servet en plaas jou skoonma se foto daarin. Vou dan die foto toe deur die vier punte na mekaar te bring sodat die foto soos n ooievaar-baba hang. Lig die foto met die sakdoek op en bid : Here, hierdie probleem kan ek nie langer hanteer nie . Daarom gee ek dit nou vir U want U het belowe dat U ons laste op U sal neem en VIR ons sal dra. Here, ek wil hierdie probleem NOOIT weer terughe nie want die las om die probleem te dra is te swaar. Dankie dat U die probleem sal oplos .Deur U Seun Jesus se kruisdood op Golgota het Hy ook vir ons heling in gebroke verhoudings bewerkstellig. In die Naam van Jesus ons Verlosser, Amen.

Ek plaas bg definitief nie NET vir mense met skoonouer-probleme nie ;) ,maar om n heel ander rede ook. Daardie visuele OORGEE van hartseer , rou, bekommernis ens voor die Troon is SO n helende aksie omdat jy weet voor WIE se Troon jy dit gaan le het. DAAR is heling, vrede en aanvaarding. Natuurlik is dit nie menslik moontlik om nooit weer aan die betrokke ongelukkige situasie te dink nie , maar HULP is beskikbaar in die dra van jou las. Ek dink nou spesifiek aan mense wie van hulle kinders aan die dood afgestaan het op watter manier ook al. My hart bloei vir julle. :cry: Wat maak jy met jou hartseer? Raak dit nie vir jou te veel nie? Voel jy nie soos n warm enjin wat uitgesny het nie? My pa het na my mammie se dood gese: Sus, ek lewe nie meer nie, ek bestaan nog net.... Voel jy ook so? Ek was so MAGTELOOS om hom te help want hy wou nie gehelp wees nie... Hy sou WAT wou gee om saam met haar te kon gaan.

Gaan haal jou wit sakdoek en gee jou hartseer/bekommernis/trauma vir ons Hemelse Vader. Is jy nog te rou om dit te doen? Mag ek dit namens jou doen?

Hemelse Vader, ek kan nie meer nie. Daarom gee ek hierdie alles oorheersende hartseer en rou en ek kom le dit voor U Troon van genade. U bring heling en vrede. Op U vertrou ek . Stuur U Trooster om my las van rou en hartseer namens my te dra. Dankie dat ek kan weet dat my kind alreeds by U is. Dankie dat ek kan weet dat my kind nerens in die heelal beter versorg is as by U nie, in U beskermende arms! In Jesus se Naam, Amen.:pray:

Die wit sakdoek preek en die 'bubble'.

.... en Annie se moeilike skoonma leef nog steeds..... Maar Annie het n heerlike geskenk by die Here gekry. Elke keer as sy by haar skoonma kuier, plaas die Here vir haar in n 'bubble' waar sy lekker warm , veilig en gekoester kan wees en waar die woord-pyle van n skerp tong haar nie kan raak en affekteer of seermaak nie. Hulle bons werklik terug na die sender en het geen effek op die 'teiken' nie! En Annie word nie meer getraumatiseer en afgekraak of verneder deur woedende woorde nie en so kuier sy haar 'moet'-kuier klaar sonder om as emosionele wrak daar uit te stap. Is ons Here se ingrype nie 'amazing' nie?!

En Annie se reaksie: Na 30 jaar van getroude lewe gee die Here nou vir Annie die vermoe om haar skoonma lief te kry... Daardie skerp 'woordpyle' kan slegs deur n skild van liefde afgeweer word. Want waar liefde is, is die Here. Liefde 'ontwapen' die sterkste vyand. En gee die Woord van God nie vir ons die opdrag om ons vyande lief te he nie? As jy kies om dit te doen , gee die Here vir jou die vermoe. So eenvoudig soos dit. Miskien kry jy ook n 'bubble' as hulp... of iets anders, maar daardie vermoe sal jy kry omdat jou keuse reg is.

Deernisvolle liefde aan al die lesers van die trauma draad.
xxxxxProtea

protea
Oct 29th 2011, 06:05 PM
Boekgeleerdheid versus lewenservaring.

n Vriendin van my is een van n identiese tweeling. Lenie is opgelei in kommunikasiekunde en haar sussie Laetitia is n kliniese sielkundige. Onlangs het hulle pappie n beroerte gehad wat hom gedeeltelik verlam gelaat het. Gelukkig is sy verstand nie aangetas nie, maar fisies wel. Hulle huis moes dus verander word sodat dit rystoel-vriendelik word . Maar die emosionele verwerking daarvan is vir die tweeling se mammie Mari (wat in my oe n baie sterk vrou is) geweldig traumaties. So tannie Mari is amper nie in staat om die situasie te hanteer nie en Laetitia (die kliniese sielkundige ) ook nie.

Lenie is in haar getroude lewe al deur geweldige trauma en nou is sy die een wat die leisels net natuurlik en gemaklik oorneem met praktiese voorstelle van hoe die huis verander kan word sowel as die gee van emosionele bemoediging . Tannie Mari en Laetitia kyk nou na Lenie vir leiding want sy is nou die sterk een waarop die hele gesin steun alhoewel sy nie die spesifieke opleiding het om so-iets te kan hanteer nie. Lenie wat waardevolle maar moeilike lesse in die universiteit van die lewe geleer het , word nou die natuurlike, 'swaargewig' berader/steunpilaar na wie die gesin opsien. Laetitia wat die opleiding het om juis sulke sake te kan hanteer, sny net uit en kyk na Lenie vir antwoorde, hulp en raad.

Is dit nie ironies dat die 'universiteit van die lewe' in baie gevalle n beter 'berader' kan produseer as enige boeke kennis nie? Iemand wat gebrei is deur moeilike tye, moontlik verwerping, die dood van n geliefde , fisiese siekte, probleemkinders, werkloosheid ens word nou die empatieke oor waaroor ons al so baie gepraat het. Lenie gaan definitief nie in die 'gat van moedeloosheid' sit nie ,maar help juis die ander twee dames EN haar pappie om nie in depressie te verval nie. Haar positiewe bydra , optimisme en ondersteuning DRA hierdie gesin. En natuurlik kry sy haar krag by die Bron! Waar anders kry jy krag om in hierdie wrede wereld te moet 'cope'?! Slegs as n Bron-kind is jy ingeprop om die lewe met n glimlag en n lied in jou hart tegemoet te loop! Want jy weet waar jou krag vandaan kom!

Hiermee insinueer ek geensins dat die res van die gesin nie gelowiges is nie , inteendeel . Hierdie gesin is diep gelowige mense. Maar neem almal Hom op Sy Woord? Weet jy van die outoriteit wat Jesus vir jou aan die kruis verdien het? Weet jy dat jy in Sy krag kan optree? Glo jy Jesus en is jy gewillig as Hy jou as Sy instrument wil gebruik?

Groetnis
Protea

protea
Dec 22nd 2011, 06:11 PM
Liefdesteleurstellings by adolossente.

Ai , die jong hartjies wat so broos is..... Twee van my vriendinne se seuns en ons jongste prinses beleef n liefdesteleurstelling . En om alles te kroon verbreek die 'ander helftes' die verhoudings innie-mirrel-Cyril-vannie eksamen! Hoe wreed kan n mens nou wees!? Een van die jong manne se eksamenuitslae is nog in die weegskaal maar die ander twee is darem deur. Wat se jy? Wat se jy nie? Dinge om NIE te noem nie: Daar is baie visse in die see....More voel jy weer beter... Tyd heel alle wonde.....

Mens moet onthou dat hierdie verwerping vir hierdie jong mense selfs erger as die dood is want die persoon wat hulle verwerp het, lewe nog. Hierdie jong mense gaan deur die diepste , diepste trauma en jy as ouer voel meer as magteloos om te help. Menslike 'pleisters' help nie.... Hulle wil nie eers daaroor praat nie so seer is dit.... Om net die 'verwondes' by Jesus se voete te gaan neersit sodat Hy met Sy sagte aanraking en koestering die ontsettende 'eina' kan heelmaak is die enigste weg tot heling. Die 'hands off' benadering. Want geen mens kan dit doen nie. Net ons Groot Heler kan. Hy wat die Kenner van ons harte is weet watter 'muti' daardie seer hartjie nodig het.

Die fisiese besig hou van so n getraumatiseerde help geweldig. Sis het in die teestoor gehelp merk aan teesakke, sy het gehelp saad peule oes wat NOU gedoen moet word (teen Januarie is die sade uitgespring), gras gesny met die trekkertjie en dan het sy ook vir sakgeld 'pouches' met 40 teesakkies in verpak vir sakgeld.(Studente het ALTYD geld nodig!) Enigiets net om haar besig te hou sodat sy minder tyd het om aan die trauma te dink. En so gaaaaaaandeweg , na 5 weke, kruip daar weer n glimlaggie om die mondhoeke en giggel sy oor n snaakse insident van haar kleuterdae. So heel tyd wonde..... Maar aanvanklik kan jy dit nie vir haar se nie!

Die trauma laat die oudjies ook gewig verloor. Ek moet se: Daar is lekkerder maniere om te verslank! Hulle het net GEEN behoefte aan kos nie. Punt!

En nog steeds praat die ouer nie tensy die kind dit ophaal nie. Dan WIL hy of sy daaroor praat. Anders is julle op verskillende golflengtes en praat julle bymekaar verby.

Daar is ongelukkig nie n maklike manier om trauma te verwerk nie. Jy bid vir jou kind die hele dag as jy aan hom/haar dink. Kop-woorde bring nie genesing nie. Hart-woorde wat vanaf die kniee 'gelanseer' word , bring ons Vader se helende krag in werking. Die Here hoor en VERhoor al ons woorde van die hart. Nie noodwendig soos ons dit wou he nie ,maar soos Hy in Sy hemelse almag weet wat vir ons die beste is. Dit ALLEEN is die volmaakte oplossing/antwoord .

Ek hoor graag van julle eie ervarings in hierdie verband.

Groetnis
Protea

protea
Jan 22nd 2012, 03:55 PM
Verwerping.

Paul en Sannie boer op n plaas . Hulle het drie kinders: Dewald (41) , Nellie (38) en die jongste Frikkie(30). Van jongs af was Dewald die kroonprins en alles is hom toegelaat. Hy hoef nie by die reels te gehou het nie ,maar Nellie en Frikkie moes. Paul het gese die twee seuns moet eers vir 4 jaar iets anders doen en dan kan hulle plaas toe kom. Frikkie is vir 4 jaar oorsee waar hy gaan werk het as plaasbestuurder. Dewald het sy studies opgeskop en ook nie lank gehou by die boer waar hy as bestuurder gewerk het nie. Na so bietjie meer as twee jaar arriveer hy net terug op die plaas en hy word met ope arms ontvang. Maar Frikkie wat by die reels gehou het, is nie welkom op die plaas nie. Nellie is getroud met n baie diep gelowige man en saam dien hulle die Here met oorgawe.

In haar jonger dae vertel Nellie het sy ook eendag met die Here gaan baklei en stoei het oor die onregverdigheid in hulle gesin oor Dewald wat niks geweier word nie terwyl hulle jonger twee ont-erf is. Dewald se kinders kry Kers-presente maar daar 'is nie geld' vir die ander nie. Vir die hele jaar word beplan wat kroonprins Dewald se kinders Kersfees gaan kry en natuurlik kyk Nellie se kinders met groot verwagting om ook iets te kry......maar verniet. In Nellie se stoei -met-die -Here praat Hy tot haar hart en se : MOENIE NA JOU AARDSE VADER KYK AS JOU VOORSIENER NIE. KYK OP NA MY AS DIE BRON VAN JOU VOORSIENING! En daar verkry sy toe haar vrede 'wat alle verstand te bowe gaan'! Haar Hemelse Koning is ook haar Pappa , haar Voorsiener en haar Kragbron! En daarom die rustigheid en vrede by haar oor enige onreg wat na haar kant toe kom. HAAR hemelse Pappa is n Vader van Geregtigheid wat haar NOOIT sal laat gebrek ly nie!

Frikkie (die jongste) is met n dierbare meisietjie getroud. Nou ervaar hy egter ernstige verwerping omdat die voortrekkery van Dewald en sy gesin oop en bloot net van krag tot krag gaan. Dit dring nou tot hom deur dat hy nooit welkom op die plaas sal wees om ook daar te boer nie. Maak nie saak WAT hy doen nie! n Ander betrekking waarvoor hy aansoek gedoen het , het hy nie gekry nie en daardie verwerping word net bo-op die ander pakkaas van verwerpings gelaai SODAT VERWERPING SY HELE IDENTITEIT GEWORD HET. In die proses het aan -die -brand-vir-die-Here- Frikkie in n kort-af, afsydige bot en 'brooding' jong man ontaard. Sy vrou is dronkgeslaan en 'weet nie wat in hom ingevaar het nie'.... Frikkie wat n uitgesproke man van God was tydens die laaste twee MMC wat in Natal gehou is, is nou n persoon wat nie meer wil kerk toe gaan nie en wat skaars sy Bybel lees.

Ek glo dat daar n geestelike oorlogvoering is om Frikkie se lewe. Daarom eis Nellie en ek vir Frikkie terug van die bose IN JESUS SE NAAM! Dis SO n tameletjie dat ek nie eers weet hoe bid mens vir hom in hierdie situasie nie. Daarom gebruik Nellie en ek die outoriteit wat Jesus by Golgota vir ons verdien het en verklaar: Frikkie , jy behoort aan die Allerhoogste. Hy is jou Bron , jou Voorsiening en jou Rots waarop jy kan vertrou, wat jou NOOIT in die steek sal laat nie want Hy is dan jou liefdevolle Pappa by wie jy ALTYD welkom en aanvaarbaar is. Hy is trots op jou! Want Hy het jou gemaak. En Hy maak nie 'junk' nie! Hy beplan mooi dinge vir jou en jou vrou. GLO Hom , vertrou Hom en vind jou VREDE by Hom! HY SAL JOU NOOIT VERWERP NIE!!! Want jy is n Koningskind!

Verwerping....verwerping.....Die laaste daaroor is nog laaaaank nie geskryf nie. Daar is SOVEEL mense wat met n masker rondloop wat soveel seer verberg oor verwerping wat hulle heel moontlik in hulle kinderjare ervaar het en wat nou nog nie mee gedeel is nie. In die meeste gevalle is dit te seer. Hulle WIL NIE daarmee deel om dit te verwerk nie. En so dra hulle hierdie 'liefdelose vrag' hulle hele lewe saam. SO tragies..... Ons Vader se : " Die wat na My toe kom , sal Ek nooit uitwerp nie!" " My las is lig". Hoekom neem so baie mense nie vir God op Sy Woord nie?! Sy Woord is Waarheid! Maar ons BID vir hierdie hartseer gesin! By die Here is ENIGE IETS moontlik!!!

Sondag groetnis
Protea

protea
Jan 25th 2012, 05:50 PM
" Waiting for your soul to catch up?"

As ek eendag groot is ne, en ek word nou n ge'pampierde' berader ne, sal ek al my pasiente vir n terapiesessie na n kajak/croc rehabiliterings trip op die Oranje verwys!

My ouma het die term " Waiting for your soul to catch up " gebruik as een van ons so 'op -moedverloor -se- vlakte' lyk. Daar kom tog tye dat jy net moet WEG uit die gedrang van heeltyd-beskikbaar-wees-media . So weg dat daar nie op jou nommer gedruk KAN word nie.

Eers was ons Oranjerivier trip n geslote groep en toe almal wat wou, klaar bespreek het, het ek gese hulle kan maar die groep 'oopmaak' vir enigeen wat sou wou. So ontmoet ons vir Siuol ! Ja, jy lees reg. Hy is n boerseun en toe hy op universiteit beland in sy eerste jaar met die naam Louis (skuilnaam) toe verander hulle sy naam want waar kom hy vandaan om dieselfde naam as die prim te he?! Vandag ken niemand hom as Louis nie! Siuol is besig om van sy vrou te skei en gaan deur soveel trauma dat sy familie die trip vir hom aanbeveel het net 'om sy kop oop te kry' en om net weer tot stilstand te kom. Want met God se wonderlike natuur so om jou , hoe kan jy anders as om stil te raak? In verwondering aan al die mooi om jou... Met nerens in telefoon wat jou aandag vra nie...Met die ruwe ruwe berge wat langs die rivier optroon ... Kan jy ook God se stem duideliker in sulke afsondering hoor? Ondervind jy ook God se vrede en kalmte in die natuur ? Eintlik is n berader glad nie nodig op so n trip nie , want ons Vader is self die Berader! Wat begeer jy meer as Iemand wat verstaan , wat weet waardeur jy gaan, wat die oplossing vir die probleem ken, wat die pad vorentoe ken, wat jou sal dra deur hierdie moeilike tyd (as jy Hom toelaat!)

Daar is maar tydens die trip net so terloops na Siuol se egskeiding-in-wording verwys en niemand het pertinent daaroor gepraat nie. maar die Siuol wat vertrek het, het HEELTEMAL anders gelyk as die een wat 4 dae vantevore daar aangeland het!!! Die Here het self met hom gewerk so in die eensaamheid van die gebied, afgesny van die wereld se rumoer.... Natuurlik is sy probleme nog nie oor nie en die hofsaak het nog voorgele wat sy huwelik sou beeindig ,maar Siuol het weer hoop en moed gehad om SAAM met die Here die pad te loop en die 'leeus' te oorwin!

Ek plaas vir julle n paar fotos sodat julle kan lus raak vir die Oranje - of jy nou terapie nodig het of nie!

Ag tog , ek kry dit nie reg nie! Moenie weggaan nie! Ek gaan kry gou hulp!

meperdue
Jun 28th 2016, 09:57 PM
Dit is so jammer dat hierdie draad tot stilstand gekom het... Protea jy het verseker 'n manier om Mense te laat gesels. En te laat dink... Ek wonder hoe dit gaan met almal wat hier gesels het? En waarvan melding gemaak is? Is dit moontik om ooit van 'n traumatiese ervaring te genees? Met of sonder berading /medikasie of sielkundiges?? Is ons Geestelike leiers opgelei om trauma te beraad? Daar was vele meer onbeantwoorde vrae op die draad sowel as in my hart.... Soos Protea gese het.. Moeilike vra het verseker nie maklike antwoorde nie!!