PDA

View Full Version : Na vandag, het ek nie ...........



Die Filadelfieer
May 20th 2009, 02:40 PM
Nou ja julle rokers, wannabe-nie rokers, dames en here,
Vandag het ek 'n jaar laas gerook. Dit beteken die volgende :

Ek het nie 14600 sigarette gerook nie.

Ek het nie R15 000 rand spandeer aan sigarette nie.

Ek het nie 14600 keer 'n ding in my mond gedruk met meer as 4000 giftige en 60 kankervormde chemiese middels nie.

Ek het nie my geliefdes vergiftig met tweedehandse rook nie.

My kanse vir hartverwante siektes het met meer as die helfte gedaal.

.... en so kan 'n mens aangaan en aangaan.


Ek het al hoeveel keer gesÍ dat ek dit nooit uit my eie sou kon doen nie. Dit was ook nie maklik nie. Wat dit wel was , was pure genade van Bo.

Hierdie is nie 'n klop-myself-op-die-skouer-draad nie.
Hierdie is 'n PRYS DIE HERE !! draad.


Dankie Jesus, dankie. Ek verdien nie U genade nie, en tog het U gekies om dit vir my te gee. Help asseblief diegene wat ook verlos wil word van verslawenge soos hierdie.

Tonton
May 20th 2009, 03:27 PM
WOW. Die Here het jou vry gemaak van daardie bondage!

Bly sterk!

Anton

CFJ
May 20th 2009, 04:09 PM
Nou ja julle rokers, wannabe-nie rokers, dames en here,
Vandag het ek 'n jaar laas gerook. Dit beteken die volgende :

Ek het nie 14600 sigarette gerook nie.

Ek het nie R15 000 rand spandeer aan sigarette nie.

Ek het nie 14600 keer 'n ding in my mond gedruk met meer as 4000 giftige en 60 kankervormde chemiese middels nie.

Ek het nie my geliefdes vergiftig met tweedehandse rook nie.

My kanse vir hartverwante siektes het met meer as die helfte gedaal.

.... en so kan 'n mens aangaan en aangaan.


Ek het al hoeveel keer gesÍ dat ek dit nooit uit my eie sou kon doen nie. Dit was ook nie maklik nie. Wat dit wel was , was pure genade van Bo.

Hierdie is nie 'n klop-myself-op-die-skouer-draad nie.
Hierdie is 'n PRYS DIE HERE !! draad.


Dankie Jesus, dankie. Ek verdien nie U genade nie, en tog het U gekies om dit vir my te gee. Help asseblief diegene wat ook verlos wil word van verslawenge soos hierdie.

Fila,

Ek kon nog die geld daarin sien wat jy spaar, maar dit is amper onmenslik moeilik om te dink dat dit 14600 sigarette is wat jy hier van praat en hoeveel trekke per sigaret, so 10 dalk. As jy my sou vra om tot by 146 duisend te tel sak my moed, maar lyk my 'n mens trek gou 146 duisend keer aan 'n sigaret. As daar soveel klein afgodjies net van sigarette kan kom, hoeveel miljoene ander afgodjies het mens nie? Maar gelukkig kan mens net saam met jou stem, PRYS DIE HERE!

Wat sal mens sonder Hom doen?

Lanie
May 20th 2009, 06:54 PM
Dankie Here, dat u my mater verlos het van hierdie verslawing! Net met U genade en krag kon hy dit oorwin. Help ook asseblief ander op hierdie forum wat sukkel met verslawing om dit uit U groot genade te oorwin. Amen.

Willem
May 20th 2009, 10:32 PM
Ek het nou eers besef hoekom so baie rokers altyd weer begin rook en gewoonlik ook meer?

Dankie oom , en dankie dat Hy ook vir oom verlos het van die rook.

Ta-An
May 22nd 2009, 02:49 PM
Ek het nie R15 000 rand spandeer aan sigarette nie.
En gaan die geldjies nou in kleinboet se spaarbussie in :pp