PDA

View Full Version : Hemelvaart !

Die Filadelfieer
May 21st 2009, 06:21 AM
Liewe Lighuisers,
Mag ieder en elk van julle 'n pragtige en gesende hemelvaartsdag h.

Tonton
May 21st 2009, 07:04 AM
Liewe Lighuisers,
Mag ieder en elk van julle 'n pragtige en gesende hemelvaartsdag h.

WOW! Dink net hoe groot was die jubbeling in die hemel op hierdie dag toe Vader, Seun en Heilige Gees weer by mekaar gekom het!

Anton

Ta-An
May 21st 2009, 05:18 PM
Amen en Amen!!

Nou kan ons met opgewonde harte uitsien en wag op die herdenking van Uitstorting van die van die Heilig Gees :pp

Ons Lofdans groep is bevoorreg om uitgenooi te wees na 'n kerk in Springs om by hulle feesfieringe (Pentecost) Sondag te dans...

:help::blush: Wat is Pentecost in Afrikaans?? :hmm:

protea
May 21st 2009, 05:30 PM
Ta An,
Pentacost= Pinkster sover ek weet. Word Pinkster net in Gereformeerde Kerke gevier of in ander Charismatiese en Interdenominasionele kerke ook?

Die Filadelfieer
May 22nd 2009, 01:29 PM
Pinkster is een van my gunsteling tye van die jaar, nie net omdat die kerktannies verstaan van lekker sop kook nie, maar dit ook ja. :D

Tonton
May 25th 2009, 11:26 AM
Ta An,
Pentacost= Pinkster sover ek weet. Word Pinkster net in Gereformeerde Kerke gevier of in ander Charismatiese en Interdenominasionele kerke ook?

Protea,

Sover ek weet, is die pinkster die kern van Charismatiese denominasies (hulle noem hulself juis dikwels "pinkster-kerke"). Hulle vier dit dalk anders as Gereformeerde kerke, maar ja, hulle vier dit!

Charismatiese denominasies gaan juis oor die nuwe testamentiese gemeente / liggaam van Jesus - d.w.s. n uitstorting van die Heilige Gees.

Anton

protea
May 25th 2009, 12:28 PM
Dankie Anton! Maar dan het ek ook gehoor dat mense praat van n verskil tussen die Charismatiese kerke en die Pentacostiese kerke. Maar wat die verskil is weet ek nie alhoewel die Charismatiese kerke tog ook klem le op die Nuwe Testament en Jesus se bediening op aarde. :hmm:

Tonton
May 25th 2009, 02:32 PM

Eerstens, my bona fides: Ek ag myself as charismaties/pinkster in die sin dat ek glo dat die moderne kerk dieselfde as die Handelinge-kerk Gees-vervuld moet wees, en dat die gawes van die Gees steeds bestaan, en na die Wil van die Gees geskenk word, en in die doop van gelowiges (d.w.s. nie baba-doop nie).

Sover ek weet is die Charismatiese kerke en Pinksterkerke almal Charismaties (d.w.s. gefokus op die teenwoordigheid van die Gees), maar ek het die Pinkster-kerke as meer ekstreem ervaar, en het daar met skok en ongeloof (miskien die verkeerde woordkeuse...) ervaar dat hulle behep is daarop dat almal 'n taal mt h as "bewys" dat jy gees-vervuld is (onbybels), en hoe hulle mense stamp om die effek van val in die gees te kry, en 'n skewe fokus op die werking van die Heilige Gees - dikwels gepaard met beperkte Woord-ontleding en -openbaring. Ek is bevrees, hulle jaag die gawes na, en ek dink baie leef met 'n leuen van 'n "taal" wat hulle eens op 'n tyd onder druk geuiter het. Hulle fokus te veel op die bose geeste, en te min op die wapenrusting van God. Hulle is baie behep met sigbare tekens. Amper asof hulle nie kan glo sonder tekens nie. Lieflike en dierbare mense, maar ek glo hulle is net so verkeerd as die aan die ander kant van die lyn wie glo dat 1 Kor 13:10 verwys na Die Bybel as "die volmaakte" wat kom...

Ek het gesien hoe 'n hele gemeente glo 'n Pastoor se kort been is genees, maar as besoeker het ek onmiddelik gesien sy belt (lyfband) is links 6 duim laer as regs... Die Here genees, maar dit is Sy wil of, wie en wanneer Hy genees, en as Hy dit doen, doen Hy dit volledig.

Ek is nogal passionate oor die onderwerp, omdat ek en my gesin ervaar het dat daar in elke dinominasie sekere mense-rels is, en dat die dinominasies dikwels in hul eie web verstrik raak, en weg beweeg van die basiese Handelinge - gemeente.

Anton

protea
May 28th 2009, 02:06 PM
Anton , BAIE dankie vir hierdie pragtige uiteensetting. Jammer ek antw nou eers. Het biki gaan leer boer by n kongres.
Hierdie onderwerp het my man en ek vir die soveelste keer terwyl ons teruggery het in die motor bespreek. n 'Doen ' godsdiens is n baie makliker godsdiens as n verhoudings - godsdiens. En n mens se fokus verskuif SO maklik van Jesus af na uiterlike tekens en manifestasies. En as daardie 'tekens' eers as voorwaarde vir Christenskap of lidmaatskap gesien word, speel-ekkie-meer-saamie.....;)
Maar nou het ek die draad goed ontspoor! Van Hemelvaart af na baie ander goed. Hubby en ek het ons Hemelvaartdiens gemis. Sien , die diens was die OGGEND 7 uur en nie die aand 7 uur nie......

Tonton
May 28th 2009, 03:43 PM
Volgende jaar is daar weer 'n diens as Jesus ons nog nie kom haal het nie. Moet net nie die wegraping mis nie!:rofl:

Liefde in Jesus,
Anton

protea
May 28th 2009, 04:05 PM
.....en is ons oegietjies nie al 'lasyyyyntjies' gekyk pad OP nie....:pp

Johnny
Jun 1st 2009, 12:36 PM
Protea,

Eerstens, my bona fides: Ek ag myself as charismaties/pinkster in die sin dat ek glo dat die moderne kerk dieselfde as die Handelinge-kerk Gees-vervuld moet wees, en dat die gawes van die Gees steeds bestaan, en na die Wil van die Gees geskenk word, en in die doop van gelowiges (d.w.s. nie baba-doop nie).

Sover ek weet is die Charismatiese kerke en Pinksterkerke almal Charismaties (d.w.s. gefokus op die teenwoordigheid van die Gees), maar ek het die Pinkster-kerke as meer ekstreem ervaar, en het daar met skok en ongeloof (miskien die verkeerde woordkeuse...) ervaar dat hulle behep is daarop dat almal 'n taal mt h as "bewys" dat jy gees-vervuld is (onbybels), en hoe hulle mense stamp om die effek van val in die gees te kry, en 'n skewe fokus op die werking van die Heilige Gees - dikwels gepaard met beperkte Woord-ontleding en -openbaring. Ek is bevrees, hulle jaag die gawes na, en ek dink baie leef met 'n leuen van 'n "taal" wat hulle eens op 'n tyd onder druk geuiter het. Hulle fokus te veel op die bose geeste, en te min op die wapenrusting van God. Hulle is baie behep met sigbare tekens. Amper asof hulle nie kan glo sonder tekens nie. Lieflike en dierbare mense, maar ek glo hulle is net so verkeerd as die aan die ander kant van die lyn wie glo dat 1 Kor 13:10 verwys na Die Bybel as "die volmaakte" wat kom...

Ek het gesien hoe 'n hele gemeente glo 'n Pastoor se kort been is genees, maar as besoeker het ek onmiddelik gesien sy belt (lyfband) is links 6 duim laer as regs... Die Here genees, maar dit is Sy wil of, wie en wanneer Hy genees, en as Hy dit doen, doen Hy dit volledig.

Ek is nogal passionate oor die onderwerp, omdat ek en my gesin ervaar het dat daar in elke dinominasie sekere mense-rels is, en dat die dinominasies dikwels in hul eie web verstrik raak, en weg beweeg van die basiese Handelinge - gemeente.

Anton

Anton,

Ek weet waarvan jy praat, maar dit is nie ALLE pinkster kerke wat "rondval" nie. Dit het oorgewaai vanaf Amerika met die Toronto Blessing, wat einlik 'n "Curse" was. By ons word daar nie rondgeval en al hierdie snaakse dinge nie.

Tonton
Jun 2nd 2009, 11:14 PM
Anton,

Ek weet waarvan jy praat, maar dit is nie ALLE pinkster kerke wat "rondval" nie. Dit het oorgewaai vanaf Amerika met die Toronto Blessing, wat einlik 'n "Curse" was. By ons word daar nie rondgeval en al hierdie snaakse dinge nie.

Jy's reg Johnny, dis nie oral so nie. Jammer as dit lyk of ek so s. Ek het al groot sening ontvang by pinkster kerke. Ek ervaar die teenwoordigheid van die Gees waar mense vry is om hul gawes te gebruik - of dit nou 'n taal, uitleg van die Woord is, profesie is of wat ookal.

Mens moet net baie versigtig wees om nie meer aan die gawes te heg as bloot die feit dat dit gawes is nie. Dit is nie bewys van heiligheid of bewys van doping met die Heilige Gees of bewys van redding nie, maar ongelukkig is daar baie wat dit verkondig, en hulle verkondig 'n leuen.

Ek het 'n boekie van 'n pinkster leraar ontvan wat mens leer om "voor te berei" vir 'n taal. Hy moedig ook bidders aan om in nuut-wedergeborenes se teenwoordigheid in hul taal te bid, en om die "nuweling" aan te moedig om "vryelik" in 'n (vreemde) taal te bid. Ek glo werklik hy sit die pot mis, en mislei die mense - so steel Satan hul vryheid, want hulle leef 'n leuen, en is verward. Ek, my vrou en my dogters het groot trane hieroor gehuil, want my dogter het gevoel sy is nie "volledig" wedergebore nie, omdat sy nie (ten spyte van al die "aanmoediging" 'n taal kon uiter nie.

Andersens het ek groot joy in verskeie gemeenter ervaar.

Groete in Jesus,
Anton

Johnny
Jun 3rd 2009, 09:01 AM
Wat ek dan ook in my draad oor "Verfloude kerk" noem is dat selfs Pinkster kerke (alle kerke) besig is om te verflou. Die Bybel waarsku ons van ' ander Jesus, ander Evangelie en 'n ander Heilige Gees. Dit bestaan reeds in die meerderhied van kerke, en hier se ek weer, alle denominasies.

Die Vervulling met die Heilige Gees of spreek in tale is nie 'n bevestiging van die feit dat jy waarlik wedergebore is nie. Jy sal dit weet wanneer jy opreg jou saak met die Here reg gemaak het en Hom aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker. Die Gees van die Her sal dit in jou hart bevestig en jy sal "vernuwe" anderkant uitkom. Jy sal 'n behoefte he om met jou sonde te breek, jou getuinis uit te leef en uit te dra, en die evangelie verkondig.

CFJ
Jun 3rd 2009, 10:45 AM
Protea,

Eerstens, my bona fides: Ek ag myself as charismaties/pinkster in die sin dat ek glo dat die moderne kerk dieselfde as die Handelinge-kerk Gees-vervuld moet wees, en dat die gawes van die Gees steeds bestaan, en na die Wil van die Gees geskenk word, en in die doop van gelowiges (d.w.s. nie baba-doop nie).

Sover ek weet is die Charismatiese kerke en Pinksterkerke almal Charismaties (d.w.s. gefokus op die teenwoordigheid van die Gees), maar ek het die Pinkster-kerke as meer ekstreem ervaar, en het daar met skok en ongeloof (miskien die verkeerde woordkeuse...) ervaar dat hulle behep is daarop dat almal 'n taal mt h as "bewys" dat jy gees-vervuld is (onbybels), en hoe hulle mense stamp om die effek van val in die gees te kry, en 'n skewe fokus op die werking van die Heilige Gees - dikwels gepaard met beperkte Woord-ontleding en -openbaring. Ek is bevrees, hulle jaag die gawes na, en ek dink baie leef met 'n leuen van 'n "taal" wat hulle eens op 'n tyd onder druk geuiter het. Hulle fokus te veel op die bose geeste, en te min op die wapenrusting van God. Hulle is baie behep met sigbare tekens. Amper asof hulle nie kan glo sonder tekens nie. Lieflike en dierbare mense, maar ek glo hulle is net so verkeerd as die aan die ander kant van die lyn wie glo dat 1 Kor 13:10 verwys na Die Bybel as "die volmaakte" wat kom...

Ek het gesien hoe 'n hele gemeente glo 'n Pastoor se kort been is genees, maar as besoeker het ek onmiddelik gesien sy belt (lyfband) is links 6 duim laer as regs... Die Here genees, maar dit is Sy wil of, wie en wanneer Hy genees, en as Hy dit doen, doen Hy dit volledig.

Ek is nogal passionate oor die onderwerp, omdat ek en my gesin ervaar het dat daar in elke dinominasie sekere mense-rels is, en dat die dinominasies dikwels in hul eie web verstrik raak, en weg beweeg van die basiese Handelinge - gemeente.

Anton

Anton,

Ek hou van hierdie plasing van jou, want persoonlik glo ek daar is 'n ongeskrewe middelgrond tussen die Pinkster beweging en Gereformeerheid, waar baie hulleself vandag bevind. Sekeres sal meer oorhel Gereformeerd toe en ander meer na Pinkster, maar ek is oortuig daardie middelgrond bestaan.