PDA

View Full Version : Inligting Gideon bende



Hennie du Buisson
May 21st 2009, 09:29 AM
Hi Almal

Ek probeer uitvind wie hierdie groep is. Hier in my omgewing word "Gideon Bybels" aan die skole versprei en dit wil voorkom asof hulle baie aktief is hier.

Kan iemand dalk help?

Dankie
Hennie

Tonton
May 21st 2009, 09:55 AM
Ek probeer uitvind wie hierdie groep is. Hier in my omgewing word "Gideon Bybels" aan die skole versprei en dit wil voorkom asof hulle baie aktief is hier.

Kan iemand dalk help?

Ek sou hulle nie 'n BENDE noem nie. Eerder 'n Mission. Hulle versprei die afgelope 110 jaar al Bybels. Oral, maar veral in hotelle. Lees hul geskiedenis.

WEBTUISTE:
http://www.gideons.org/?HP=USA&LevelID=5&sc_lang=en

Anton

Hennie du Buisson
May 21st 2009, 04:11 PM
Hi Anton

Dankie vir die inligting, ek het net die 2 begrippe gehad, niks meer oor hulle nie. So as iemand van die groep hierdie dalk lees, ek wens julle sterkte toe.

Groete
Hennie

lukeskywalker
May 24th 2009, 12:35 PM
Die mense doen baie goeie werk, hulle plaas Bybels in hospitale, skole en tronke en partykeer ook hotelle en motelle. In ons gemeente hou ons so af en toe 'n deurkollekte wat dan aan die organisasie geskenk word, ek dink hulle het gese dat elke R10 donasie hulle help om een Bybel te plaas.

Willem
May 26th 2009, 10:22 PM
Het by hulle gaan inloer , so jaar terug want snaaks genoeg was dit enigste plek waar ek kon bybel versprei wat ek wou doen...

Nice mense, wat nie skaam is om God te loof en te prys nie, klomp ooms wat gesange sing voor ons eet, was anders... maar OPREG en met een doel voor oe.. om die bybel op soveel moontlike plekke te kry en in soveel moontlik kinders se hande op skool al te sit.

Hulle het 'n manier van die evangelie getuig voor in die bybels en dis die aanvaarde manier van hoe om dit te doen, en ek kon net nie met my beperkte kennis dit doen met skoon gewete nie.. as ek nie verstaan en glo wat daar staan nie, hoe kan ek eerlik getuig vir iemand as ek hom/haar die bybel gee..

Miskien sal ek as ek reg is / Here my stuur weer by hulle aansluit want ek glo hulle doen baie goeie werk vir ons Here.