PDA

View Full Version : gebedsversoek per epos gekry



Willem
May 21st 2009, 09:07 PM
Ek het nooit gedink dat ek ooit so 'n versoek vir julle sal stuur nie. Ek
bly in my mooi huis, ry met my nuwe motor en my lewe is so maklik. 'n
Maand gelede is ek wakker geskud uit my wonder wereld.

My vriendin Louise se seuntjie Reinhardt 3jr oud, is met akute Leukumie
gediagnoseer! Dit was 'n geweldige skok vir hulle as gesin, maar ook vir
ons as vriende. Jy dink altyd dit gebeur net met "ander" mense.

Die afgelope 3weke het Reinhardt agressiewe chemo terapie in Pretoria by
Littlie Company of Mary ontvang. Na 2 weke se intensiewe behandeling het
die kanker goed gereageer op die behandeling. Hy het ongelukkig begin
dehidreer a.g.v die behandeling en moes gehospitaliseer word. Tydens sy
opname het Reinhardt 'n epileptiese aanval gekry en sy toestand het
drasties versleg. Hy was in 'n semi-koma en is toe oorgeplaas na Zuid
Afrikaanse Hospitaal. Hy is vanaf Donderdag 14 Mei in ICU. Hy moes
bloedplasma ontvang, sy magie het inwendig begin bloei a.g.v al die
medisyne en hulle moes 'n pyp insit om die bloed te dreinneer. Sy natruim
vlakke het so gedaal dat hy meer vloeistof uitgeskei het, as wat hy deur
die binneaarse voeding ontvang het. Dit het sy toestand kritiek gemaak.
Boonop het hy 'n baie raar bloed soort.

Vandag het sy magie op hou bloei en is hy by sy bewussein, en stabiel. Hy
word met morfien onder sedasie gehou om hom gemaklik en sover moontlik
"pyn vry" te hou.

Sedert sy diagnose is sy mamma en pappa voltyds langs sy bedtjie. Sy mamma
Louise is 'n haarkapper en sy pappa Ryno is 'n profesionele jagter. As
gevolg van hulle beroepe beteken dit dat hulle nie geld verdien as hulle
nie by die werk is nie. Ons weet nie hoe lank sal Reinhardt nog in ICU en
ook die hospitaal wees nie. Dan het hy ook 'n kleiner boetie Ewan van 2jr.
Boetie kan glad nie kleurterskool toe gaan of met ander maatjies speel
nie, indien hy 'n verkoue of virus kry, kan hy moontlik vir Reinhardt
aansteek en dit kan fataal wees.

Louise en Ryno woon in Louis Trichardt (Limpopo). 'n Barmhartige
samaritaan het reeds verblyf in Pretoria vir die volg maand aan hulle
verleen, aangesien hulle dag en nag langs klein Reinhardt se bedjie waak.
Ongelukkig is daar ongelooflik baie uitgawes rondom die situasie. Albei
ouers het nou tans geen inkomste nie.

Stuur asb die mail na soveel jy kan. Bid vir klein Reinhardt asseblief.By
God is alles moontlik.

Indien daar iemand is wat finansieel 'n bydrae wil maak, kan donasies in
die volg bank rekening inbetaal word:
FIRST NATIONAL BANK
BRANCH CODE: 260149
ACC NR: 62047129582
ACC NAME: B.R. SMIT
Reference: Donations-e/mails en jou naam

Daar is ook verskeie plekke in Louis Trichardt waar donasie boxe opgerig
sal wees teen woensdag 20 Mei.
Salon Lu-Ize
Salon Andre
Lavenders beauty salon
Babay sense Centre
Aralita Versorgings oord (kleuter skool)
Liza v Zyl (Dagmoeder) Cillierstr 70

Liefde Groete
Lize Strauss
082 320 6280