PDA

View Full Version : Vervalsing



Philip dT
May 25th 2009, 10:44 AM
Vervalsing is na my mening die oudste truuk in die boek wat Satan gebruik. Baie dinge in die liberale teologie kan na my mening daarna herlei word.

Bv.

- Die feit dat teoloŽ die bonatuurlike elemente / wonderwerke in die bybel ontken
- Die feit dat hulle gedeeltes in die bybel as mites beskou (bv. Gen 1-9: skepping, vloed, Jona, maagdelike geboorte, opstanding van Christus, ens.)
- Die JEDP hipotese
- Die feit dat hulle buite-bybelse tradisies as ouer of meer outentiek as die bybelse tradisie beskou.
ens.

Ek skakel daarna (http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=121&Itemid=15) as julle nie omgee nie.

Ek sal graag julle kommentaar wil hoor.

Die Filadelfieer
May 25th 2009, 11:53 AM
Ek weet nie of dit telepatie, of die "great minds" sindroom is nie, maar ek het die oomblik toe ek die draad begin lees aan II Kor 4 gedink !

Die vraag wat ek myself afvra, is kan 'n mens net hierdie persone kwalik neem vir hulle blindheid ? Het baie daarvan nie te doen met wat die Heilige Gees aan diegene wat jy van praat openbaar nie ?

Ek vind dit partykeer ongelooflik en frustrerend in min of meer gelyke mate dat dinge wat vanuit 'n fundamentalistiese oogpunt af heeltemal sin maak nie so gesien word deur mense wat veronderstel is om baie meer geleerd te wees en, kom ons wees nou maar reguit, veronderstel is om van beter te weet, maar ek het ook al prakties gesien dat, net soos bekering, geen menslike redenasie sulkes kan kry om die meer tradisionele sieninge te huldig nie.

Dit gesÍ, kan 'n mens ook definitief nie sulke net toelaat om met hulle vervalsings die aard en boodskap van die Evangelie kragteloos te maak vir andere nie. As voorbeeld, watse sin is daarin om jouself 'n Christen te noem, maar nie te glo dat Christus die Seun van God is, wat letterlik uit die dood opgestaan het nie ?
Dit is maar een van baie vrae wat gevra kan word rondom ondere andere post-modernistiese geloof, of watter labeltjie ook al die mense kies om op hulle manier van glo te plak, maar dit is vrae soos hierdie wat my laat wonder oor die fondasie van so 'n geloof : is dit sand, of is dit sand ? Is dit nog vir ons snaaks dat so 'n geloof deur net 'n klein stormpie verwoes word, met die gepaardgaande amper patetiese analises van waar dit alles skeef geloop het, en hoe die ogies oopgegaan het vir die waarheid bla bla bla ? (Jy weet van wie ek praat ;) )

Philip dT
May 25th 2009, 01:29 PM
Ja, ek hoor jou! Ek dink diegene wat vashou aan 'n bybelse wÍreldbeeld gaan werklik baie min begin raak, die aanslag teen die waarheid gaan al erger word, die sg. fundamentaliste gaan al meer vervolg word / ongewild wees / mee gespot word.

Ons begin die tyd binnetree waarin dit van ons verwag word om ons fondasies reg te hÍ te midde van die storms. Ek dink baie gelowiges met swak fondasies gaan val.

lukeskywalker
May 25th 2009, 04:21 PM
Dit voel ook partykeer of dit amper 'n skelnaam geword het om 'n fundementalis genoem te word...maar tog as mens na die definisie kyk behoort ons seker goed te voel as iemand ons so noem, of hoe?

Ta-An
May 25th 2009, 05:52 PM
Ek het gister na 'n dokumentÍre film "The Tomb" gekyk waarin hulle beweer dat Jesus, seun van Josef se kis en beendere gevind is... en dat daar bewys is van dat hy 'getroud' was :hmm:
Dit het my meer aan "Tomb Raiders" laat dink as enigiets anders... heel ontstellend gewees.... maar hulle het dit nogals so geloof waardig maak klink :B wys jou net... "deception" :rolleyes: (En ek ken nie die Afr. vir die woord nie :blush: )

lukeskywalker
May 25th 2009, 06:51 PM
deception = misleiding

Ta-An
May 25th 2009, 06:54 PM
deception = misleidingDankie Lukasligloper..... ;) So misleiding kan ook vervalsing wees?? :hmm:

lukeskywalker
May 25th 2009, 07:01 PM
Ek's eintlik in IT, so ek gaan nie voorgee dat ek 'n taalkenner is nie:blush:

protea
May 26th 2009, 01:08 PM
Ek het gister na 'n dokumentÍre film "The Tomb" gekyk waarin hulle beweer dat Jesus, seun van Josef se kis en beendere gevind is... en dat daar bewys is van dat hy 'getroud' was :hmm:
Dit het my meer aan "Tomb Raiders" laat dink as enigiets anders... heel ontstellend gewees.... maar hulle het dit nogals so geloof waardig maak klink :B wys jou net... "deception" :rolleyes: (En ek ken nie die Afr. vir die woord nie :blush: )

Die gawe van onderskeiding ne? Hoe uiters nodig het ons dit nie vandag nie! Ek is altyd ontsteld oor die ongelowige se reaksie op so n film, want hy het nie die Basis en Rots en God se Woord om hierdie inligting aan te toets nie m.a.w. hulle sal dit interpreteer as heel 'cool'.:cry:

Philip dT
May 26th 2009, 01:15 PM
'n Groot deel van die hele strategie van die Satan is 'n "verskuiwing van gesag."

Met ander woorde, die Satan wil hÍ dat dit waaraan jy gesag toeken, moet skuif.

Van die Bybel tot die populÍre media / populÍre wetenskap.

Of

Van die Bybel tot jou "peers" = groepsdruk. Dit kan jou kubervriende wees, jou kollega's by die werk. Maar dit is veral ook in die akademiese wÍreld. Jy sal nie sommar werk kry by 'n universiteit as jy nie in evolusie glo nie. Of as jy 'n skeppings-wetenskaplike artikel skryf, gaan jou evolusie-peers dit nie "peer-review" nie.

So wat is die natuurlike ding om te doen? Swig maar voor groepsdruk. M.a.w. verruil die gesag van die bybel vir die gesag van die populÍre drukgroep.

Ta-An
May 26th 2009, 03:07 PM
Swig maar voor groepsdruk. M.a.w. verruil die gesag van die bybel vir die gesag van die populÍre drukgroep.en dit is so waar... dit is besig om te gebeur :cry:

En dit is ook groeps-druk wat veroorsaak dat so baie mense die God-heid van Christus bevraagteken