PDA

View Full Version : Laaste geslag?



Louis F Brits
May 25th 2009, 11:35 AM
Dink julle ons is die laaste geslag voor die Wederkoms?

Lanie
May 25th 2009, 11:49 AM
Dis nou 'n interessante vraag, maar ek verstaan nie so lekker nie.... verskoon maar asseblief vir ou blondie....:D Wat bedoel jy met laaste geslag? Bedoel jy die laaste geslag wat sal sterf voor die wederkoms..... of wat? Help bietjie... daar hang nou 'n rookwolkie bokant my kop soos jy my nou in hoogste rat laat dink.....:huh:

protea
May 25th 2009, 11:54 AM
Ek dink dat ons almal sou hoop dat ons die laaste geslag sou wees ,maar dit is nou een ding wat ons nie weet nie. My Hubby preek gereeld vir my dat net soos ons die 'tekens van die tye' opmerk en probeer interpreteer dat Jesus se Wegraping naby is , die dissipels ook gedoen het n paar jaar na Sy Hemelvaart . Want Jesus het dan belowe Hy kom weer op die wolke net soos hulle Hom sien opvaar het... So op hierdie vraag gaan daar as antwoorde net bespiegelings wees bloot omdat niemand hierdie Goddelike inligting het nie.

Tonton
May 25th 2009, 02:54 PM
Dink julle ons is die laaste geslag voor die Wederkoms?

Ek wens ook ons is, maar ek glo nie. Te veel moet nog gebeur. Dinge gebeur egter al hoe vinniger, en daarom kan ons seker raai dat die einde naby is. Mens vrees vir jou kinders en kleinkinders en hul kinders (en so aan) wanneer hulle die trials & tribulations van die einde moet ervaar. Mens vrees ook vir soveel familielede wat nog nie 'n verhouding met Jesus het nie. Elke geslag moet egter vir homself sorg.

Mag Jesus more kom! Dink net as jy vir jou kinders kan s: "Daar's Jesus!"

Anton

Ta-An
May 25th 2009, 05:15 PM
Die onderwerp raak deesdae baie gewild :D
Sommige s, Wag en kyk wat in Julie 2009 gaan gebeur, ander s Oktober 2009... andere weer 2010, en andere 2012....

Maar die tyd is nog nie ryp nie :D
My troos is : Mattheus 24:36 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=40&CHAP=24&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=36) Maar van di dag en di uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie , maar net my Vader alleen.
Markus 13:33 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=41&CHAP=13&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=33) Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.

lukeskywalker
May 25th 2009, 05:19 PM
Dis reg, dis onmoontlik/moeilik om te se, dit kan 1 jaar of een duisend jaar wees, ons weet nie. Al wat ons weet is dat ons elke dag een dag nader is!

Willem
May 25th 2009, 06:40 PM
Ek het ook die goed gelees en oor gedink en opgewonde geraak , maar besef dat dit nie die belangrikste is , nie maar persoonlik vir elke mens die dag is wat sy tyd op is... dan is dit te laat.....

Ek hoop nog dat ek so bevoorreg sal wees dat ek Sy wederkoms sien, maar tersleftertyd bid ek dat Hy osn nogtyd sal gee om ons te bekeer , want as die dag kom is daar nie meer tyd oor nie....

bennie
May 26th 2009, 03:14 AM
Dink julle ons is die laaste geslag voor die Wederkoms?


Ek dink daar is genoeg bewyse in die Bybel dat ons wel die laaste geslag is.
Daar is 17 tydperke in Daniel en Openbaring. As ons hulle reg aan mekaar sit, dan wys dit na die nabye toekoms. Bid, en vra God vir leiding in hierdie sake.

Bennie

PS. Ek sal nou my flack jacket aantrek.

thinusbrummer
May 26th 2009, 10:17 AM
Volgens die profesie van Psalms: Psalm 95 Die Here kom. Hy moes al in 1995 gekom het maar Hy stel die tyd uit sodat almal van Hom kan hoor.

Ta-An
May 26th 2009, 11:24 AM
Volgens die profesie van Psalms: Psalm 95 Die Here kom. Hy moes al in 1995 gekom het maar Hy stel die tyd uit sodat almal van Hom kan hoor.Rrig Thinus.... :hmm: :o. Wat gee jou daardie oortuiging??

lukeskywalker
May 26th 2009, 07:40 PM
Volgens die profesie van Psalms: Psalm 95 Die Here kom. Hy moes al in 1995 gekom het maar Hy stel die tyd uit sodat almal van Hom kan hoor.

God is in beheer en Hy sal kom op die tyd wat Hy bestem het. As Hy in 1995 moes kom sou Hy dit so bewerk het dat almal voor 1995 van Hom gehoor het, of watter ander pre-kondisies ookal bevredig moet/moes word.

thinusbrummer
May 28th 2009, 07:56 AM
Ek het 'n boek gelees oor die profesie van Psalms. Psalm 1 het die geskiedenis van wat met Isaael gebeur in 1901 en so ook met Psalm 2
= 1902. Psalm 95= 1995

Johnny
May 28th 2009, 01:24 PM
Dink julle ons is die laaste geslag voor die Wederkoms?

Jesaja 66:8 Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word n land op een enkele dag gebore? Of word n nasie met een slag gebaar? Want Sion het we gekry, meteens haar kinders gebaar.

Israel word gebore op 14 Mei 1948. Die geslag wat dit aanskou....sal die laaste geslag wees. Het ons dit aanskou? Jy was dalk nog nie gebore nie, maar dit het BESLIS in ons tyd gebeur.

Tonton
May 28th 2009, 03:36 PM
Ek het 'n boek gelees oor die profesie van Psalms. Psalm 1 het die geskiedenis van wat met Isaael gebeur in 1901 en so ook met Psalm 2
= 1902. Psalm 95= 1995

Thinus,

Hoewel dit waar is dat daar groot profetiese waarheid in die Woord l, is daar vir my twee belangrike oorwegings oor die wederkoms.

Eerstens het selfs Jesus nie geweet wanneer die wederkoms is nie (MT 24:36 Maar van di dag en di uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.)

Tweedens moet ons onthou dat die Bybel eers later genommer is. Mens sou met baie van die nommers sekere afleidings kon maak, maar dit is riskant om bloot op grond van die teenwoordigheid van 'n nommer te s dat dit spesifieke betekenis het.

Ek stem ook saam met lukeskywalker dat God reeds van die begin af geweet het wanneer die wederkoms is, en dat Hy dit nie sou uitstel nie.

Daar is 'n sielkundige beginsel genaamd "kognitiewe dissonansie" wat verwys na wat in die verstand gebuir wanneer jy "weet" iets gaan gebeur, en dan gebeur dit nie; ek dink rerig die "uitstel" - teorie is 'n voorbeeld daarvan.

Hoe dit ookal sy, Vader alleen weet wanneer die wederkoms is.

Mag dit gou wees!

Liefde in Jesus,
Anton

Lanie
May 28th 2009, 03:37 PM
Ek het 'n boek gelees oor die profesie van Psalms. Psalm 1 het die geskiedenis van wat met Isaael gebeur in 1901 en so ook met Psalm 2
= 1902. Psalm 95= 1995

Thinus, Saterdagaand n, na die Blou Bulle se oorwinnig n, dan maak jy 'n groot braaivleisvuur n, en dan vat jy daai boek en gooi hom op daai vuur......

protea
May 28th 2009, 03:58 PM
Papier en lettertjies en syfers is geduldig en nie alles wat deur die mens op skrif gestel is , is die waarheid nie. Selfs sommige neergepende opinies en interpretasies van persone op hierdie forum is nie die waarheid nie. n Profesie is net n profesie as die voorspelling waar word. Dan kom ek maar weer by my gunsteling 'line': Onderskeiding, onderskeiding...

Johnny
May 29th 2009, 05:49 AM
Ja, ek is terug, en nie almal sal juig nie...:cry:

Ta-An
May 29th 2009, 05:18 PM
Ja, ek is terug, en nie almal sal juig nie...:cry:Johnny, was jy op skool in VDBP?? in daardie skool wat nooit rugby verloor nie?

lukeskywalker
May 29th 2009, 07:43 PM
Johnny, was jy op skool in VDBP?? in daardie skool wat nooit rugby verloor nie?

Daar is nie skole wat nooit verloor nie....LOL!

paidforinfull
May 30th 2009, 03:44 AM
As mens so na die tye waarin ons leef kyk dan blyk dit dat hierdie die begin van die einde is - hoe lank voor die einde gaan aanbreek weet mens natuurlik nie (20 jaar - 100 jaar?....). Dit is definitief oppad.

paidforinfull
May 30th 2009, 04:18 AM
God is in beheer en Hy sal kom op die tyd wat Hy bestem het. As Hy in 1995 moes kom sou Hy dit so bewerk het dat almal voor 1995 van Hom gehoor het, of watter ander pre-kondisies ookal bevredig moet/moes word.

Haai Luke - eintlik se die Bybel dat die Evangelie eers aan 'alle nasies' (en nie alle mense) verkondig moet word voor Christus se Wederkoms (Markus 13:10). Ek glo nie daar is 'n nasie wat nou nog nie van Jesus gehoor het nie - tensy daar nog stamme in die Amazone is wat nog nie bereik is nie. Dis egter hoogs onwaarskynlik.

protea
May 30th 2009, 08:02 AM
Paidforinfull,
Ek was ook van mening dat met al die media tot die mens se beskikking dit amper onmoontlik sou wees dat daar nog mense op die aardbol is wat nog nie van Jesus gehoor het nie. Maar Gene of David2 het n ruk gelede daarop gereageer en gese dat daar dele in Indie spesifiek is waar daar afgesonderde gemeenskappe is wat nog nie die blye Boodskap gehoor het nie. En om nie van diep-Iran en Pakistan eers te praat nie.Maar hoe nou gemaak as jy nie visums kan kry om sulke lande binne te gaan nie en spesifiek nie om te gaan evangelisasiewerk doen nie!? Ek GLO ons Here het n baie spesiale plan om ook daardie gemeenskappe te bedien... Maar almal sal eers die keuse gehad het om vir Jesus te kies voor Hy kom!

Ta-An
May 30th 2009, 12:48 PM
Daar is nie skole wat nooit verloor nie....LOL!Lugloper, as jy VDBP ken ne, sal jy weet daar is een skool, al is die punte teen hulle kant, hulle altyd as wenners van die veld af loop... Horskool Transvsalia :pp

Ek soek na 'n Johhny wat daar op skool was in +-1973/5
Jammer.... :blush:

Back to topic

paidforinfull
May 30th 2009, 02:19 PM
Paidforinfull,
Ek was ook van mening dat met al die media tot die mens se beskikking dit amper onmoontlik sou wees dat daar nog mense op die aardbol is wat nog nie van Jesus gehoor het nie. Maar Gene of David2 het n ruk gelede daarop gereageer en gese dat daar dele in Indie spesifiek is waar daar afgesonderde gemeenskappe is wat nog nie die blye Boodskap gehoor het nie. En om nie van diep-Iran en Pakistan eers te praat nie.Maar hoe nou gemaak as jy nie visums kan kry om sulke lande binne te gaan nie en spesifiek nie om te gaan evangelisasiewerk doen nie!? Ek GLO ons Here het n baie spesiale plan om ook daardie gemeenskappe te bedien... Maar almal sal eers die keuse gehad het om vir Jesus te kies voor Hy kom!

Ek hoor jou, Protea, maar tog se die Bybel 'nasies' en nie 'gemeenskappe' nie.
Sover ek weet staan daar nerens in die Bybel dat alle mense eers die keuse sal kry om vir Jesus te kies voordat Hy weer kom nie. Ek dink dit is baie belangrik om hierdie te bespreek, en hoor graag meer menings oor hierdie onderwerp.

(As Christene dalk verkeerdelik onder die indruk is dat 'alle mense eers die Evangelie moet aanhoor' voordat Jesus terugkom, is daar die gevaar dat mense moontlik dink daar is meer tyd voor die Wederkoms as wat daar werklikwaar is.)

Wonder maar net ...

protea
May 30th 2009, 04:51 PM
Mmmmm, jy maak n geldige punt, Paidforinfull. Bedoel jy dat as die staatshoofde van bv Moslemlande die Evangelie van Jesus verwerp , dan geld dit ook as die volk se keuse?

paidforinfull
May 30th 2009, 09:32 PM
Mmmmm, jy maak n geldige punt, Paidforinfull. Bedoel jy dat as die staatshoofde van bv Moslemlande die Evangelie van Jesus verwerp , dan geld dit ook as die volk se keuse?

Dis moontlik - of ten minste 'n gedeelte van 'n nasie.

Al wat ek weet is dat as die Here iemand wil bereik dit wel salgebeur. Ek het al gehoor van mense wat nog nooit die Evangelie van ander mense gehoor het nie, maar wat deur die Here self na Hom gelei is. (Kan nou nie die details onthou nie).

O ja - en nog iets waaraan ek gedink het: wat van al die mense wat alreeds gesterf het en nog nooit die Evangelie gehoor het nie: hoekom sal God dan aandring dat ALMAL van hom moes gehoor het in een spesifieke geslag voordat Hy weerkom? Maak nie vir my sin nie.

protea
May 31st 2009, 11:45 AM
Paidforinfull, jy't my nou omtrent aan die dink:
1.Neem koning Dawid as voorbeeld : Hy het op n dag n sensus gehou wat nie deur die Here beveel is nie, en a.g.v. die verwaandheid van sy hart op daardie stadium, het die Here hom 3 keuses as straf gegee en daar het oor die 70 000 Israeliete gesterf omdat die koning wat die staatkundige gesag was ongehoorsaam was of die verkeerde keuse gemaak het.
2. Koning Agab het beveel dat die profete doodgemaak moes word. Hy self het baie jare daarna nog geleef ,maar duisende van die Isrealitiese bevolking het gesterf a.g.v. weereens n staatshoof se verkeede of sondige besluite.
Nou die vraag : Het vandag se staatshoofde nog daardie gesag om besluite namens n volk of nasie te maak? En veral op toepassing van die godsdiens wat in daardie land beoefen mag word of nie? En veral by lande waar die % Christenne baie min is?:hmm: