PDA

View Full Version : Glo en jy sal gered word?



Louis F Brits
May 27th 2009, 05:17 AM
Glo en jy sal gered word.Dit is wat baie mense glo maar as jou doen en late nie reg is nie kan jy vergeet om gered te word.Dit help nie jy is n Christen maar jou dade bewys dit nie.Is ek reg of verkeerd?

RR van Wyk
May 27th 2009, 06:19 AM
Die duiwel glo ook in Jesus... So beteken dit hy gaan hemel toe? Glad nie!

So ek stem saam. Dit is nie net genoeg om te glo nie. Om 'n Christen te wees is nie om toeskouer te speel nie, maar om deel van die spelers/span te wees.

Ta-An
May 27th 2009, 07:01 AM
Waarheid, jy's reg, Geloof en gehoorsaamheid moet maar hand in hand loop .... gewoonlik darm begin ons met om te glo, en dan volg verhouding en gehoorsaamheid en liefde en vrug en werke..... amper soos 'n domino effek....

Johnny
May 28th 2009, 01:06 PM
Dit is 'n 180 grade draai, nie 'n 360 grade draai nie. Jy draai jou rug op die ou lewe, en beweeg na die kruis. Voor bekering loop ons almal weg van die kruis. Na bekering loop ons na die kruis. Party dink dit is 'n 360 grade draai en jy kan maar aangaan met jou ou lewe nadat jy Jesus aangeneem het. Steek net jou hand op by 'n massa byeenkoms en siedaar...die towerstaf sal die res doen.

Lanie
May 31st 2009, 07:35 AM
Jakobus 2:17 -20 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood. Maar iemand sal s: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. Jy glo dat God n is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?

Ware bekering sal vrug meebring. Dis maklik om ware kinders van die Here in die wreld raak te sien want hulle staan uit. Indien mens nie die vrug van bekering in jou lewe kan raaksien nie hang daar 'n groot vraagteken oor mens se kop of jou wedergeboorte eg was. En onthou, die vrug van die gees is een vrug, met 9 eienskappe. Al 9 eienskappe moet in jou sigbaar wees, jy kan nie net 'n halwe vrug dra nie. :)

Willem
Jun 1st 2009, 08:29 PM
Hi Waarheid,

dis wat die Woord se. ( punt ) Glo regtig en jy sal gered word. Die probleem is dat ons harte ons bedreig en ons vlees baklei daarteen, SO die Woord se ook, ondersoek jouself of jy in die geloof is en werk jou heil uit met vrees en bewing.

Soos Lanie se: die vrug van die Gees sal in jou lewe sigbaar word, soos jy meer sterf en Hy meer word in jou, sal jy meer en meer vrug begin dra. Dis baie duidelike manier om te weet of jy in geloof is, ander is as jy die vrede wat alle verstand te bowe gaan in jou hart het, want dit kom net van Hom af. Ook as jy nie meer bevrees en benoud oor alles is nie, maar net God vrees, want Hy is waardig om gevrees te word ( dis ook die begin van wysheid het ek geleer )

Rom 10:9 en 10 se ook:
Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
Rom 10:10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Soek die Here , vra Hom tydig en ontydig, laat dit jou oorheers dat Hy die werk in jou sal doen wat nodig is om daai geloof te kry want ons kan nie uit onsself dit doen nie. Dis dan ook die genade dat Hy die werk doen en ons uiteindelik by die kruis uitbring waar ons die keuse moet maak, glo jy of nie?

Gene
Jun 4th 2009, 10:58 AM
Die probleem hier is die woord "glo" Dit kan maklik verkeerd verstaan word. Daar is 'n verskil tussen "glo IN" en glo "AAN" Ons moet IN Jesus glo en nie AAN Hom soos die duiwels ook maar doen nie.

Om IN Jesus te glo beteken dat jy ten volle op Hom vertrou om jou te red van die ewige verderf. Dat jy sal besef dat jy self op geen manier denkbaar enigiets kan doen om jouself te red nie en dat jy totaal en al verlore is! Maar dat Jesus se dood aan die kruis dit vir jou moontlik gemaak het om van jou sonde verlos te word. Om te glo in Jesus beteken dat jy Hom dan aanvaar as jou enigste Verlosser en Redder, en om dit wat Hy aan die kruis gedoen het, vir jouself toe te eien. Dit impliseer ook dat jy dan jou lewe totaal en al aan Hom oorgee. Dat jy weer opnuut in die gees gebore word. Dan leef die ou mens nie meer nie, jy is nou 'n nuwe mens, en jy leef tot eer van die Here. As jy so glo, en jou lewe werklik aan die Here oorgegee het (nie net 'n gebedjie opgese het met lippetaal nie) dan sal jy gered word. Natuurlik impliseer dit dat jou lewe daarvan moet getuig, en SAL getuig! Maar dit is op die einde nie jou dade en jou goeie lewe wat jou red nie, maar slegs God se genade, en Jesus se kruisdood.

marline
Jun 5th 2009, 05:49 PM
Ek het nie al die posts gelees nie, so verskoon maar as ek weer iets herhaal wat alreeds gese is. As jy die Here aanneem, gehoorsaam jy, nie omdat jy moet nie, maar omdat jy WIL. :hug:;)