PDA

View Full Version : Boererate wat werk.



protea
May 29th 2009, 04:12 PM
Ek het gisteraand weereens geblaai deur Herman Uys se boek God se Apteek en die wonderlikste medikasie wat in die natuur opgesluit le net weereens besef. Aan die einde van die boek is daar n redelike lofrede oor rooipeper.
n Vriendin van my wat honderde rande se medikasie moet gebruik vir sooibrand was so moedeloos dat sy bereid was om enigiets te probeer. Ons gee toe vir haar die raad n.a.v. die boek om rooipeper te probeer. Sy neem toe n telepel heuning of botter en maak n sterk pasta aan met die rooipeper(so een derde teelepel). Die botter/rooipeper mengsel stel jou in staat om sulke klein 'balletjies' te vorm wat jy dan met koue water soos n pilletjie insluk. Die 'trick' is net om die rooipeper nie in kontak te bring met jou mondslymvliese nie. Hoekom nie? Vind self uit....Sy het soveel baat gevind hierby dat sy die hele dorp se rooipeper gaan opkoop het!
My man vertel dat daar jare gelede tydens n jakkalsjag in die Montagu berge n jagter was wat n maagprobleem gehad het en van sy medejagters gee hom toe die volgende raat .Hy stroop die fyn blaartjies van die takkies van n 'skaap-Karoo-bossie' af en by gebrek aan kookwater om dit te laat trek, sluk die siek jagter sommer die handjie vol blaartjies af met koffie. n Paar uur later vra iemand of hy al beter voel en toe kon hy amper nie onthou dat hy siek was nie.
Ek noem hierdie skaap-Karoo kruiebossie ons 'vrybossie' want Hubby het geweet ek is mal daaroor en as die djuffrou in ons vryersdae by haar Mini kom , is daar n stukkie vrybossie in die ruitveer ingedruk , net genoeg om die djuffrou LAM in die kniee te maak.... ;)

Mia Ashton
May 29th 2009, 05:02 PM
Protea baie dankie vir hierdie interessante raat. My man kry so baie sooibrand omdat hy so baie sjoklits eet. Het sommer dadelik vir hom vertel daar is ander raad behalwe koeksoda.

Gesels weer oor die naweek met jou.
Lekker slaap.

Ta-An
May 29th 2009, 05:10 PM
En vandag word Boererate, Homeopatie en New-Age genoem :D

Hoe hou jy van tandpyn se boereraat : "n stukkie knoffel vir tandpyn!!

Drink Naeltjie tee en baie water vir depressie!!

Ta-An
May 30th 2009, 04:35 PM
Vir skurwe winters hakskene....

Meng gelyke dele Brandspiritus, volroom langleef melk en glyserien, en spuit aan jou hakskene... :pp

Ek gaan probeer :idea:

protea
May 30th 2009, 05:05 PM
Ta-An, dit werk! Ons het net die lang lewe melk met koei-melksalf vervang . Baie van ons vrouentjies se hakke het so iets nodig na n bietjie te veel somer , son en see ...;)

protea
May 30th 2009, 05:09 PM
Gelyke dele heuning , suurlemoensap en roulynolie vir menslike gebruik (yakkie sleg!) help regtig vir hoes. Dis net so sleg dat jy dit nie weer sal WAAG om te hoes nie.

protea
May 30th 2009, 05:13 PM
Ek het al reeds die raad op n ander draad gesit , maar in die geval van voedselvergiftiging , eet soveel papaja met pitte as wat jy kan inkry. Hy het n ontgiftigingsmeganisme wat werk!

protea
Jun 22nd 2009, 07:26 AM
Gelyke dele heuning , suurlemoensap en roulynolie vir menslike gebruik (yakkie sleg!) help regtig vir hoes. Dis net so sleg dat jy dit nie weer sal WAAG om te hoes nie.

Ek was besig om my 'huwelik tot niet te hoes' en toe uit radeloosheid toe gebruik ek my eie raad( wys jou net hoe desperaat ek was!) en siedaar : DIT WERK al weer! Voordat julle vir my kan se: Practise what you preach.... ;)

Ta-An
Jun 22nd 2009, 03:55 PM
Ek het al reeds die raad op n ander draad gesit , maar in die geval van voedselvergiftiging , eet soveel papaja met pitte as wat jy kan inkry. Hy het n ontgiftigingsmeganisme wat werk!:eek: Papaja pitte :eek:


:rofl: Jy sal soos 'n kite vlieg,,,,, :rofl:

protea
Jun 22nd 2009, 04:38 PM
Nie NET die pitte nie!.....;) n Dokter in Bothaville se wereld het die raad vir n paar boere gegee toe hulle by hom vir hulp teen voedselvergiftiging kom aanklop het. Hy se hy kan nou vir hulle in die hospitaal sit en die grendste muti gee ,maar die goedkoopste en mees effektiewe raad is die eet van soveel papaja met pitte as wat jy kan inkry. En siedaar , die volgende oggend toe weet hulle nie van hulle ellende nie!

protea
Jul 28th 2009, 06:16 AM
Nee, julle verstaan verkeerd! Dis nie vir mondelingse gebruik nie!!!;)

Ons gesin het sulke ligte velle dat die Afrika son nou nie juis vir ons bedoel is nie. En n hele paar keer het ons al deur die jare so verbrand omdat ons nie gedink het die son is darem SO fel nie. My skoonpappie was n wynboer en hy het toe die raad gegee. As jy klaar gebad is nadat jy n bietjie te veel van die son geproe het, gooi n handjie vol brandewyn op jou hand en SMEER op die rooi dele. En weereens nee, jy ruik nie soos n kantien nie! Die volgende oggend is net die dele rooi wat jy NIE bygekom het nie. Ons het agterna ook 'surgical spiritus' probeer wat tog n baie hoe alkohol inhoud het , maar dit werk nie. Die gevolgtrekking wat ons toe gemaak het , is dat die helende krag in die druiwe deel van die brandewyn moet le.:idea: Ons het dit al keer op keer probeer en DIT WERK!

mari
Jul 28th 2009, 09:08 AM
En vandag word Boererate, Homeopatie en New-Age genoem :D

Ja ta-an ..... gooi bloekomolie van Pick 'n Pay in jou badwater vir 'n toe neus, maar moet dit net nie by die health shop koop nie .... :lol:


Hoe hou jy van tandpyn se boereraat : "n stukkie knoffel vir tandpyn!!

My ouma het altyd 'n botteltjie naeljie brannewyn byderhand gehou vir wisseltanne - 'n vinilla essence botteltjie vol heel naeltjies en brannewyn, op 'n wattetjie op die los tand gesit, dit woeps uitgetrek en siedaar, haahthek sonner trane ....... en suig so bietjie aan die wattetjie en jy slaap sommer ook lekker :D

Die Filadelfieer
Jul 28th 2009, 09:59 AM
Jiggg !! Is daar iets slegters as naeltjies ? My ouma het altyd sulke pastytjies gemaak waarvan die deeg aanmekaar gehou word met 'n naeltjiestokkie..en dan hap mens partykeer die stokkie raak.... eeeeuuuwww !

protea
Aug 1st 2009, 01:34 PM
:rofl::rofl::rofl: Ek 'SIEN' sommer so oor die luggolwe saam hoe jy gril, Fila! Bitter min van hierdie ou boererate is smaaklik op die tong, ne?