PDA

View Full Version : Blou Bulle!!!!

Ta-An
May 30th 2009, 06:01 PM
'n Bloubul weet ni van verloor af ni,,, 'n Bloubul vreet nie van die vloer af nie!!
:pp:pp:pp:pp:pp:pp:pp:pp:pp:pp

Lanie
May 30th 2009, 09:20 PM
Ek oorweeg dit na vandag om my profile page permanent so te hou....:cool: :thumbsup:

Lanie
May 30th 2009, 10:09 PM
En Frans Ludeke gee God al die eer in sy tv onderhoud.....:pp

Ta-An
May 31st 2009, 03:10 PM
Yes!!!!! Kyk jy sal baie goed doen met Webwerf ontwerp :idea: Jy het 'n wonderlike kreatiewe talent :idea:

manieverster
Jun 1st 2009, 08:35 AM
Ek is ook 'n Bul ondersteuner en ek laaik wat julle hier doen.Lanie, jou profile page is pragtig! Ek wil myne ook so maak! Lovies julle bulle!!!!!!!!!!

Johnny
Jun 1st 2009, 09:59 AM
En Frans Ludeke gee God al die eer in sy tv onderhoud.....:pp

Het al gewonder hoe God oor sport voel. As altwee spanne bid dat God hulle moet help, en een span wen.....wie se gebede het God beantwoord en wies sin nie?

As 2 boksers voor 'n geveg bid dat God hulle moet help, en slaan mekaar se breins uit in die 10 rondtes dat die bloed op die tannies langs die kryt spat....wie moet God verhoor? Haat God dan nie geweld nie?:hmm:

Lanie
Jun 1st 2009, 10:24 AM
Johnny... het jy al die fliek "Facing the Giants" gesien?

Ek glo as jy waarlik 'n kind van die Here is bid jy dat Sy wil sal geskied. Jy bid nie vir wen of verloor nie maar dat Sy wil sal geskied en wat ookal gebeur dat vir Sy eer en glorie sal wees. God is in beheer van alles en Hy bepaal wat moet en wat moet nie gebeur, so hoekom Hom nie die eer gee daarvoor nie?

Johnny
Jun 1st 2009, 10:45 AM
Het nie 'n probleem daarmee as mense bid nie. Daar is seker opregte kinders van die Here wat boks.....kan God dit goedkeur dat Sy tempel (liggaam) verwoes word? Kan dit tot Sy eer wees?

mari
Jun 1st 2009, 10:49 AM
aaaaaaaaaaaaaiiiiiii.... tot 'n Province Bloumaandag het 'n smile vandag ....

................ :eek: :cool::rolleyes::cool::rolleyes::cool::rolleyes::c ool::rolleyes: :eek: ........

en Ingelse Jannie ..... as altwee spanne bid vir beskerming....... en dat die beste span wen, sal almal se bede beantwoord word....... ( solank iemand nie loop staan en vuil speel nie, natuurlik ..... ) ....

..... maar die bokser kan homself blou bid, wen of verloor, blou sal hy blou annerkant uitkom .......... daar's sport en daar's stupid :rofl: ......

...............

:confused ...... wonner nou net .... hoeveel van ons was Sondag in die kerk so opgewonde oor ons Verlosser se oorwinning, as Saterdag voor die TV ( of langs die veld ) oor ons span s'n .... :confused

:rolleyes: PROOOOOVIIIIIIIINCE !!!!!!!
m

Die Filadelfieer
Jun 1st 2009, 10:58 AM
Ek het heeldag Saterdag hoenderhok ge-prep ( Dit is nou storie ! ), en het eers die aand die telling gehoor. Vreemde score is dit nie ? Was die Chiefs heeltyd op die veld gewees ?

Ta-An
Jun 1st 2009, 11:15 AM
Het al gewonder hoe God oor sport voel. As altwee spanne bid dat God hulle moet help, en een span wen.....wie se gebede het God beantwoord en wies sin nie?

As 2 boksers voor 'n geveg bid dat God hulle moet help, en slaan mekaar se breins uit in die 10 rondtes dat die bloed op die tannies langs die kryt spat....wie moet God verhoor? Haat God dan nie geweld nie?:hmm:Om te bid en te vra, en om te bid om dankie te sÍ is anders ;)

As jy bid en rÍrig vra, of as jy bid om God daardeur te manipuleer is totaal anders.... wenners is die ouens wat al verloor hulle nog steeds dankie sÍ :D

Ta-An
Jun 1st 2009, 11:31 AM
Johnny, dis soos Wille se Donkie losmaak draad...... wie kry die eer?? Die spelers wat na die beste van hulle vermoŽns gespeel het, of die beskerming wat God hulle gebied het....?

Johnny
Jun 1st 2009, 11:43 AM
Johnny, dis soos Wille se Donkie losmaak draad...... wie kry die eer?? Die spelers wat na die beste van hulle vermoŽns gespeel het, of die beskerming wat God hulle gebied het....?

Ek hou van Mari se antwoord...."Wie was Sondaoggend " opgewonde in die kerk? :pray: En nou gaan ek 'n "spanner" in die works gooi. Hoeveel van MM2 was Sondag in die kerk....of "baberaas" na al die jolyt en party na die tyd????:confused

manieverster
Jun 1st 2009, 01:05 PM
Om te bid en te vra, en om te bid om dankie te sÍ is anders ;)

As jy bid en rÍrig vra, of as jy bid om God daardeur te manipuleer is totaal anders.... wenners is die ouens wat al verloor hulle nog steeds dankie sÍ :D
Baie goeie antwoord Ta-An, die bybel se iewers as jy een tree gee dan sal Ek twee tree gee. Ek diink die antwoord le ook in voorbereiding. Soos die kinders wat kom en se: Dis eksamentyd, bid vir ons asseblief. Maar ek glo dat ashulle geleer het sal God die antwoorde in hulle gedagtes wakker maak want hulle het geleer. Ek dink nie God gaan sommer die antwoorde gee nie. Dieselfde met sport, die span wat die beste voorberei het sal wen en hulle sal wenners wees al het hulle verloor as hulle God dank vir die wedstryd. Gee eer aan God in alles wat jy doen en doe alles ter ere van Hom dan sal jy altyd'n wenner wees al se die punte bord jy het verloor. Wenners is nie juis die ou met die beste score nie maar die ou wat sy pak soos 'n man kan vat en se Laat U wil geskied!
Wat boks betref het ek nie juis 'n antwoord nie maar dan is rugby ook maar 'n kontak sporten mense kry seer.

Tonton
Jun 2nd 2009, 11:01 PM
Johnny... het jy al die fliek "Facing the Giants" gesien?

Ek glo as jy waarlik 'n kind van die Here is bid jy dat Sy wil sal geskied. Jy bid nie vir wen of verloor nie maar dat Sy wil sal geskied en wat ookal gebeur dat vir Sy eer en glorie sal wees. God is in beheer van alles en Hy bepaal wat moet en wat moet nie gebeur, so hoekom Hom nie die eer gee daarvoor nie?

Goeie antwoord. Julle MOET Facing the Giants gaan kyk. Dis hoe sportmanne God eer - wen of verloor!

Dit was heerlik om vir Ludike te hoor die eer aan God gee. Die Blou bulle het Groot manne - ek meen GROOT in Christus.

Mag die Here hulle seen.
Anton

Willem
Jun 3rd 2009, 02:12 AM
hhhmmm hhhmm.... nou ja dit sal nooit bewys kan word dat ek vir die bulle ge"cheer" het Saterdag nie....
en wie ookal so se vertel bloot bogstories :rofl: :monkeyd::thumbsup:

Willem
Jun 3rd 2009, 02:19 AM
Wens meer van ons sportmanne wil soos Victor begin met eerste alle eer aan ons God, wat ons gedra het, dit was lang seisoen en niemand is beseer nie.... :pp :pp :pp :pp :pp

Van die ander spelers wat ek gesien mee gepraat was het ook ere aan die Here gegee , vir wat hulle bereik het en dis reg so.

Ek onthou laaaaank laaaank gelede toe die dominee ons aknnetjie nog afgerig het en die balle van regte leer was wat swaar geword het ashulle nat was , moes ons altyd begin deur te bid voor die game dat niemand sal seerkry nie en dat die beste span sal wen en as ons klaar was het ons dankie gese dat Hy ons opgepas het en datniemand seergekry het nie ... en as ons gewen het dankie daarvoor ook...( ons was so std 1 dink ek )

Dink die fliek facing the giants wys hoe mens dit reg moet doen... nomakanyane ( come what may ) ek sal die Here dank en loof al die dae van my lewe ; ne' ?

Johnny
Jun 3rd 2009, 09:13 AM
Hoe weet ons hierdie ouens is WAARLIK wedergebore kinders van die Here? Hierdie is 'n aanhaling vanaf 'n sekere kerk in PTA se webblad van 'n rugbyspeler wat ook voor miljoen Jesus se naam bely het.

The first question you will ask Father when you step in heaven
Are there peacock hereÖ? No, how aboutÖ How are You doingÖ? Ok, we know the answer to that. What about, why did you create cockroaches? Or, is it true that You make M&Mís up here? On a serious (non fattening note)Ö How could you still love me after I disappointed you so many times?

Ek weet nie, maar vir my is God Heilig....NEE, 3 maal Heilig. Hy is beslis nie my "tjommie" of soos daar deesdae van Hom gepraat word as "Pappa" of "Pappie" nie, of die ou gesgede van die "Ou man daarbo" wat meubels rondskuif as daar donderweer is nie.

manieverster
Jun 3rd 2009, 09:14 AM
DIE VOLKSLIED
Onder die blou van ons Bulle hemel
Laat ons die Blues verlang na die see
Teen ons magtige Bul vegters
Kan die Reds geen antwoord gee
Oor ons Loftus Versveld vlaktes
Bo die kreun van Sharkie klaag
Ruis die stem van ons geliefde
Van ons span wat die Horings dra
Ons sal antwoord op jou roepstem
Ons sal die Crusaders tem soos jy vra
Ons sal vernietig, ons sal wen
Ons die Bulle van Suid Afrika
Wat se julle van daai een!!!!!!

Die Filadelfieer
Jun 3rd 2009, 09:34 AM
Hoe weet ons hierdie ouens is WAARLIK wedergebore kinders van die Here? Hierdie is 'n aanhaling vanaf 'n sekere kerk in PTA se webblad van 'n rugbyspeler wat ook voor miljoen Jesus se naam bely het.

The first question you will ask Father when you step in heaven
Are there peacock hereÖ? No, how aboutÖ How are You doingÖ? Ok, we know the answer to that. What about, why did you create cockroaches? Or, is it true that You make M&Mís up here? On a serious (non fattening note)Ö How could you still love me after I disappointed you so many times?

Ek weet nie, maar vir my is God Heilig....NEE, 3 maal Heilig. Hy is beslis nie my "tjommie" of soos daar deesdae van Hom gepraat word as "Pappa" of "Pappie" nie, of die ou gesgede van die "Ou man daarbo" wat meubels rondskuif as daar donderweer is nie.

Johnny,
Ek kan nie sien hoe jy, met die inligting tot jou beskiking, hierdie mense se saligheid in twyfel kan trek nie. Dalk kan jy die inligting met ons deel ?

Verder, is die aanspreek van die Here as "Vader" heel Bybels, gaan kyk gerus na tekste soos :

Mark 14:36 En Hy sÍ: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.
Rom 8:15 Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!
Gal 4:6 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!
Mat 6:9 Sů moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;

Vir my was die aanspreekvorm :Vader" nog altyd een van respek. Christus self beveel aan dat ons hierdie aanspreekvorm gebruik. Wat is dus jou probleem met hierdie ou se belydenis ?

Ons moet versigtig wees om nie so besig te raak om ander hel toe te stuur dat ons dalk self daar ingesuig word nie.

Johnny
Jun 3rd 2009, 09:52 AM
Johnny,
Ek kan nie sien hoe jy, met die inligting tot jou beskiking, hierdie mense se saligheid in twyfel kan trek nie. Dalk kan jy die inligting met ons deel ?

Verder, is die aanspreek van die Here as "Vader" heel Bybels, gaan kyk gerus na tekste soos :

Vir my was die aanspreekvorm :Vader" nog altyd een van respek. Christus self beveel aan dat ons hierdie aanspreekvorm gebruik. Wat is dus jou probleem met hierdie ou se belydenis ?

Ons moet versigtig wees om nie so besig te raak om ander hel toe te stuur dat ons dalk self daar ingesuig word nie.

Geen probleem. Ek neem waar die tekse wat jy aanhaal, is die persone, en Jesus in gebed. Sou dit enigsins 'n verskil maak as ek sou se: Ek gaan vanaand met Pappa praat as ek bybelstudie doen. Iemand het my eendag by die werk vertel "Vader het dit of dit vir hom gese". Ek val niemand aan nie....ek vra bloot die vraag of ons nie besig is om die Here na ons vlak toe af te bring, in plaas dat ons na Sy vlak toe moet opgaan nie. En nee, ek help nie mense hel toe nie, ek is te besig om myself daar uit te hou deur 'n vrees vir die Here en Sy Woord te probeer handhaaf.

Die Filadelfieer
Jun 3rd 2009, 10:07 AM

Doen jouself 'n guns en lees die tekste Johnny. Ek het mos nou vir jou uit die Woord uit gewys deur na die Here as "Vader" te verwys nie disrespek beteken nie. Die rugbyspeler het die woord "Father" gebruik, wat engels is vir Vader, net soos wat Jesus, Paulus, en die Evangelieskrywers doen.

Verduidelik vir my hoe hy met sy woordkeuse "die Here na ons vlak bring", soos wat jou aantuiging beweer. Hoe kom jy daarby uit dat die persoon met sy getuienis nie" 'n vrees vir die Woord en die Here handhaaf nie" ?

Johnny
Jun 3rd 2009, 10:32 AM
Fila, ek sien dinge seker maar anders in sommige opsigte as jy. Ek ontvang sekere maar 'n minderwaardigheids tipe lering. Delete maar die plasings, dan trap ons nie verder op mekaar se tone nie en voor ek weer 'n coffee break moet vat. Te veel koffie is nie goed vir my siel nie.

manieverster
Jun 3rd 2009, 11:22 AM

Johnny, askies dat ek hier intjip maar net uit 'n interessantheids oogpunt, wat noem jy die Here as jy met Hom praat? Weet jy, Fila en Johnny, wat lekker is van die forum is dat elkeen sy mening kan lug maar niemand indoktrineer niemand nie. Kom ons cool dit nou 'n bietjie en vat die hand as mede-christene en loop saam die pad en oordeel niemand nie.:hug::kiss: Se eerder vir my wat julle dink van ons Bulle volkslied.

Die Filadelfieer
Jun 3rd 2009, 01:28 PM
Ek ontvang sekere maar 'n minderwaardigheids tipe lering.

Jy het dit gesÍ, nie ek nie. Enige iemand wat 'n ander se getuienis sonder goeie rede wil verdag maak, sonder bewyse en met ontwykende antwoorde soos joune moet een of ander probleem hÍ, wat dit ookal mag wees. Hou sulke moddergooie in die vervolg maar vir jouself asseblief, hierdie is nie die plek daarvoor nie.

Ta-An
Jun 3rd 2009, 05:16 PM
Johnny.... Jesus sÍ : Bid so :
Mattheus 6:9 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=40&CHAP=6&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=9) Sů moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; :pp

Daar al sÍ HY dat ons mede erfgename saam met Hom is... Cool hey :pp

manieverster
Jun 3rd 2009, 06:20 PM
Jy het dit gesÍ, nie ek nie. Enige iemand wat 'n ander se getuienis sonder goeie rede wil verdag maak, sonder bewyse en met ontwykende antwoorde soos joune moet een of ander probleem hÍ, wat dit ookal mag wees. Hou sulke moddergooie in die vervolg maar vir jouself asseblief, hierdie is nie die plek daarvoor nie.
Fila jy grom nou soos daai leeu in jou avatar. Kalm nou en stel liewer 'n voorbeeld as om mense te laat onwelkom voel. Johnny, hier is ons broers en susters wat soms 'n bietjie raad vra of troos soek of of of.... Moenie die plek 'n baklei sessie maak nie. Salig is die vredemakers want hulle sal kinders van God genoem word.

Nou wil asb weer vra! Wat dink julle van my volkslied wat ek vroeer gepos het!

manieverster
Jun 3rd 2009, 06:27 PM
hhhmmm hhhmm.... nou ja dit sal nooit bewys kan word dat ek vir die bulle ge"cheer" het Saterdag nie....
en wie ookal so se vertel bloot bogstories

Boeta, jy moet kom dat ek vir jou bid dat jou oe kan oopgaan. Bekeer jou my broer, daar is net een wenspan!!
Willem, so terloops, het jy nie ook op 'n kol gerook nie. Kom help asb daar by die Rokers ondersteuning draad.:rofl::rofl::rofl::rofl:

Willem
Jun 3rd 2009, 08:08 PM
Boeta, jy moet kom dat ek vir jou bid dat jou oe kan oopgaan. Bekeer jou my broer, daar is net een wenspan!!
Ek is reeds by die wenspan Manie ! Jesus Christus, God die Vader en die Heilige Gees... rakbie het ek afgesweer want dit het my net te bedinges gemaak oor die wisselvalligheid van die refs en die reels...

Ek sal ma altyd Shark ( of my tyd piesangboer bly ) maar is verlos van die en kyk soms so as daar highlights is of ons die tv aansit as daar iets gespeel word... dis heerlik om onbewus te wees van wie speel en wanneer ens... dan kan ek die bulle lekker terg op kantoor...:rofl:

Willem, so terloops, het jy nie ook op 'n kol gerook nie. Kom help asb daar by die Rokers ondersteuning draad.:rofl::rofl::rofl::rofl:
Sal graag kom help.

Johnny
Jun 4th 2009, 06:59 AM
Johnny, askies dat ek hier intjip maar net uit 'n interessantheids oogpunt, wat noem jy die Here as jy met Hom praat? Weet jy, Fila en Johnny, wat lekker is van die forum is dat elkeen sy mening kan lug maar niemand indoktrineer niemand nie. Kom ons cool dit nou 'n bietjie en vat die hand as mede-christene en loop saam die pad en oordeel niemand nie.:hug::kiss: Se eerder vir my wat julle dink van ons Bulle volkslied.

Sorry ouens, en Fila. Ek het die afgelope 9 jaar geleer om ALLES te ondersoek en deur te sif. Jammer as ek partykeer 'n bietjie te krities klink. Ons moet ook verstaan dat die Here ons eendag volgens Sy standaarde gaan oordeel. Dit gaan beslis nie 'n Sondagskool picniek wees nie. Enige iemand kan my ook ondersoek om te sien of wat ek kwytraak so is.

Ek is die eerste om te erken dat ek ver te kort skiet en seker die skuldigste aan al die dinge is. So behoort ons mekaar te versterk in alle opsigte en te ondersoek, vermaan, tergwys in alle liefde. As ek op ouens se tone trap, weet dat dit met 'n goeie hart bedoel word. Ek sal probeer om minder "op die man af" te wees waar dit moet.

Oor jou volkslied.....ek is 'n Viskop, so ek kan nie veel se nie.

Ta-An
Jun 4th 2009, 07:13 AM
Johnny, hier is nog 'n versie wat ek met jou wil deel. :-)

Johannes 20:17 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=43&CHAP=20&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=17) Jesus sÍ vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sÍ vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.

Johnny
Jun 4th 2009, 07:31 AM

Dankie Ta An. Hoekom ek voel soos ek voel is dat dit partykeer lyk of mense God aanspreek op 'n manier wat jy jou aardse vader aanspreek, wat natuurlik nie dieselfde gesag as ons Hemelse Vader het nie. Dit voel vir my of mense Hom dan af bring na ons vlak en ons nie met Hom kommunikeer op Sy vlak nie.

Dis al. As ek kyk met hoeveel respek die Jode die Here hanteer, (ongeag of hulle nou Jesus aanvaar het of nie) dan skiet ons ver te kort. As hulle die woord God (engels) skryf, dan sal hulle dit as volg doen...G-d. Soveel respek het hulle dat hulle nie durf waag om God se naam voluit (volledig) te skryf nie. As hule by die klaagmuur bid, dan loop hulle 'n goeie 10 tree agteruit weg van die klaagmuur voor hulle omdraai. Soveel respek het hulle dat hulle nie hulle "rug" op die Here draai nadat hulle gebid het nie.

Ta-An
Jun 4th 2009, 08:17 AM
Johnny, ek weet :hug:

God is Heilig, maar Hy verwag ook van jou en my on heilig te wees, en dit is waar ons so vÍr te kort skiet :cry:

1Petrus 1: 15 Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,

16 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

En ek is terug by Lukas.... Lukas 21:36 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=42&CHAP=21&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=36) Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.

Ta-An
Jun 4th 2009, 08:22 AM
Dis al. As ek kyk met hoeveel respek die Jode die Here hanteer, (ongeag of hulle nou Jesus aanvaar het of nie) dan skiet ons ver te kort. As hulle die woord God (engels) skryf, dan sal hulle dit as volg doen...G-d. Soveel respek het hulle dat hulle nie durf waag om God se naam voluit (volledig) te skryf nie. As hule by die klaagmuur bid, dan loop hulle 'n goeie 10 tree agteruit weg van die klaagmuur voor hulle omdraai. Soveel respek het hulle dat hulle nie hulle "rug" op die Here draai nadat hulle gebid het nie. Johnny, hulle verwys na Hom as HaShem, Die Naam, Sy Naam is te Heilig om uit gespreek te word,,,, daar is baie verwysings na Sy naam in die Hebreeuse Bybel, maar is uitvertaal in ander tale, omdat Sy Naam Sy karater uitbeeld..... In Hebreeus is Sy Naam sy karakter...... laat my dink aan hoe 'n kind opleef tot die naam wat jy hom mee doop :D

Johnny
Jun 4th 2009, 08:24 AM
Johnny, ek weet :hug:

God is Heilig, maar Hy verwag ook van jou en my on heilig te wees, en dit is waar ons so vÍr te kort skiet :cry:

1Petrus 1: 15 Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,

16 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

En ek is terug by Lukas.... Lukas 21:36 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=42&CHAP=21&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=36) Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.

Jy weet natuurlik dat jy die "wegraping" aanhaal in Lukas 21:36....;)

Ta-An
Jun 4th 2009, 08:41 AM
Jy weet natuurlik dat jy die "wegraping" aanhaal in Lukas 21:36....;)Kyk boetie, as Hy my kom haal oppie wolke wil ek gereed wees, maakiesakie wanner Hy kommie, solank ek op die regte tyd reg is om saam met Hom te gaan en nie saam met die onkruid nie :eek: want die onkruid word ook met die oestyd eerste uitgehaal :note:

Solank ek Hom hoor as Hy my naam roep.... moet my lampie vol olie wees! My tamboryn en dansskoene is gepak want ek gaan in die hemel se goue strate vir Hom dans. :pp

manieverster
Jun 4th 2009, 09:59 AM
Dankie Ta An. Hoekom ek voel soos ek voel is dat dit partykeer lyk of mense God aanspreek op 'n manier wat jy jou aardse vader aanspreek, wat natuurlik nie dieselfde gesag as ons Hemelse Vader het nie. Dit voel vir my of mense Hom dan af bring na ons vlak en ons nie met Hom kommunikeer op Sy vlak nie.

Dis al. As ek kyk met hoeveel respek die Jode die Here hanteer, (ongeag of hulle nou Jesus aanvaar het of nie) dan skiet ons ver te kort. As hulle die woord God (engels) skryf, dan sal hulle dit as volg doen...G-d. Soveel respek het hulle dat hulle nie durf waag om God se naam voluit (volledig) te skryf nie. As hule by die klaagmuur bid, dan loop hulle 'n goeie 10 tree agteruit weg van die klaagmuur voor hulle omdraai. Soveel respek het hulle dat hulle nie hulle "rug" op die Here draai nadat hulle gebid het nie.
Johnny, ek wil nou 'n spanner in die works kom gooi hier. Weet jy, toe die voorhangsel geskeur het was daardie verskriklike vrees (liewer angs) vir God weggeneem. Vir die Jode wat Jesus nie aanvaar het nie het daardie voorhangsel nog nie geskeur nie so hulle het nog daardie angs dat God hulle dalk kan straf. Toe Jesus met Sy bloed betaal het vir ons is daardie angs weggeneem en 'n vrees (liefdesvrees) het die angs vervang. Ons hoef nou nie meer uit vrees en bewing weg te bly van die allerheiligste van die tempel nie. God het ons Sy kinders gemaak en Hy het Sy Naam aan ons gegee en aan ons die reg gegee om Hom Vader te noem soos Fila in vorige poste gese het. Jy hoef nie meer in vrees en bewing voor Hom te kom nie.

Lanie
Jun 4th 2009, 10:18 AM
Liewe genade.... maar julle kan 'n draad ontspoor......:lol:

Johnny
Jun 4th 2009, 11:43 AM

Baie wyse woorde Manie....maar al is ek gered deur wedergeboorte, (Johannes 3:3) wil ek nog steeds (moet) daarna streef om 'n Heilig makende lewe te lei....en daar moet dan ook 'm mate van vrees by wees vir 'n lewende, Almagtige God.

Matteus 10:28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.

Ta-An
Jun 4th 2009, 11:44 AM
Liewe genade.... maar julle kan 'n draad ontspoor......:lol:Want ons Blou-bulle eet nie van die vloer af nie Lanie, ons pak hom by die horings :pp

Johnny
Jun 4th 2009, 11:45 AM
Liewe genade.... maar julle kan 'n draad ontspoor......:lol:

Wys jou net hoe goed kan ons 'n praatjie oor enige onderwerp maak, tydig en ontydig.:bounce:

manieverster
Jun 4th 2009, 01:28 PM
Johnny, dis net daar waar ons partykeer die bal baie ver misslaan. Ja, jy is reg ons moet strewe na heiligmaking en ons moet God respekteer en eer en respek toon aan Hom maar ons hoef nie meer bang te wees vir Hom nie. Die vrees waarvan die Bybel praat is nie 'n angs vrees nie maar 'n liefdesvrees. Ons moet God nie liefhe uit vrees nie maar ons moet Hom vrees uit liefde. Dis moeilik om te verduidelik maar dis nie 'n bibberende angs vrees nie. Ons mag maar vir ons ouers troetelnaampies gee en hulle hou daarvan. Hulle sien sit nie as disrespekvol nie. Waarom kan ons nie vir ons Hemelse Vader troetelnaampies gee nie? Ek persoonlik noem Hom Vader, God of Here maar sien niks daarmee verkeerd om troetelname te gee nie. Dis uit liefde uit.:kiss::hug:

manieverster
Jun 4th 2009, 01:34 PM
Liewe genade.... maar julle kan 'n draad ontspoor......:lol:
Lanie, gaan kyk 'n bietjie na my album. Het jy al 'n blou bul motorfiets gesien. Dis te pragtig vir woorde.

Johnny
Jun 4th 2009, 01:44 PM
Johnny, dis net daar waar ons partykeer die bal baie ver misslaan. Ja, jy is reg ons moet strewe na heiligmaking en ons moet God respekteer en eer en respek toon aan Hom maar ons hoef nie meer bang te wees vir Hom nie. Die vrees waarvan die Bybel praat is nie 'n angs vrees nie maar 'n liefdesvrees. Ons moet God nie liefhe uit vrees nie maar ons moet Hom vrees uit liefde. Dis moeilik om te verduidelik maar dis nie 'n bibberende angs vrees nie. Ons mag maar vir ons ouers troetelnaampies gee en hulle hou daarvan. Hulle sien sit nie as disrespekvol nie. Waarom kan ons nie vir ons Hemelse Vader troetelnaampies gee nie? Ek persoonlik noem Hom Vader, God of Here maar sien niks daarmee verkeerd om troetelname te gee nie. Dis uit liefde uit.:kiss::hug:

100%. Ek verstaan die vrees ook so. 'n Mens moenie die Here dien omdat jy bang is om hel toe te gaan nie. Nogtans het ek 'n "vrees" vir die Here, as jy weet wat ek bedoel.

Lanie
Jun 4th 2009, 01:49 PM
Lanie, gaan kyk 'n bietjie na my album. Het jy al 'n blou bul motorfiets gesien. Dis te pragtig vir woorde.

Jaaaaaaaaaaaa Manie. Die Blou Bul Ondersteuners is ook 'n nasie op hulle se eie, nť?

protea
Jun 4th 2009, 02:56 PM
Wys jou net hoe goed kan ons 'n praatjie oor enige onderwerp maak, tydig en ontydig.:bounce:

Ons as Christenne mag die Evangelie net op 2 wyses verkondig....Tydig en ontydig:pp

Ta-An
Jun 4th 2009, 04:46 PM
Ons as Christenne mag die Evangelie net op 2 wyses verkondig....Tydig en ontydig:pp Yes man!!!! So bek moet stroop kry sou my se pa sÍ :pp

manieverster
Jun 4th 2009, 05:40 PM
100%. Ek verstaan die vrees ook so. 'n Mens moenie die Here dien omdat jy bang is om hel toe te gaan nie. Nogtans het ek 'n "vrees" vir die Here, as jy weet wat ek bedoel.
Dis reg, ons moet daai vrees he. Weet jy Johnny, dis 'n aand soos vanaand wanneer daar soveel vrede in my hart in stroom want ek weet my God is hier met my en ek praat met Hom asof Hy hier by my staan en ek Hom kan sien. Ek voel Sy Heiligheid aan maar dit is nie vreesaanjaend nie maar wonderlik en ek weet dat Hy weet dat ek Sy Heiligheid in die hoogste respek hou. Aande soos vanaand dat ek vir Hom kan se: Vader, ek is lief vir U.

Die Filadelfieer
Jun 5th 2009, 06:28 AM
Sorry ouens, en Fila. Ek het die afgelope 9 jaar geleer om ALLES te ondersoek en deur te sif. Jammer as ek partykeer 'n bietjie te krities klink. Ons moet ook verstaan dat die Here ons eendag volgens Sy standaarde gaan oordeel. Dit gaan beslis nie 'n Sondagskool picniek wees nie. Enige iemand kan my ook ondersoek om te sien of wat ek kwytraak so is.

Ek is die eerste om te erken dat ek ver te kort skiet en seker die skuldigste aan al die dinge is. So behoort ons mekaar te versterk in alle opsigte en te ondersoek, vermaan, tergwys in alle liefde. As ek op ouens se tone trap, weet dat dit met 'n goeie hart bedoel word. Ek sal probeer om minder "op die man af" te wees waar dit moet.

Johnny,
Ek staan self skuldig, en moet ook verskoning vra. Wat kritiese denke betref wil ek graag noem dat ek in wese nie 'n probleem het met onderskeidings bediening nie. In die wÍreld waarin ons onself bevind is dit uiters nodig om ons mede broers en susters te waarsku en toe te rus teen die aanslae van die vyand.
My probleem is egter as hierdie tipe bediening buite balans begin raak, soveel so dat die lysie dwaalleraars almal behalwe die individu begin insluit.
Wat ek wel vind is dat, sodra mens onderskeidings-bediening met naasteliefde begin balanseer, raak dit seker een van die kragtigste bedieninge wat daar kan bestaan.

Ek sal graag later meer oor hierdie kwessie wil skryf, maar berus eers by bogenoemde.

manieverster
Jun 5th 2009, 08:31 AM

Mooiskoot Fila, dis mos hoe ons dit op die forum doen.

Johnny
Jun 5th 2009, 06:36 PM
Ek pos vir mense reg oor dei land en oorsee van ons dvd's. Ek kan daardeur agterkom dat nie baie mense die lering ontvang wat ons ontvang nie. Dit is baie eindtyd/wederkoms gebaseerd en ons leraars ondersoek alle dinge wat baie ander kerke en mense vir soetkoek opeet. Vandaar my neiging om ook alles te ondersoek.

Mat 7:21 Nie elkeen wat vir My sÍ: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

mari
Jun 6th 2009, 10:42 AM
OK...OK....

nou moet die eenheid in diversie .... of so iets ..... alweer van gedaante verander ??? .....

VRYSTAAAT !!!!!!

nou moet die bulle die cheetas cheer .....

wat 'n kattemaai ........

Hennie du Buisson
Jun 8th 2009, 02:00 PM
Hi

Laaaank gelede, toe speel Noord TVL teen die Vrystaat, ook toe in die Vrystaat, op 'n veld naby die treinspoor.

En hulle was goed opgewasse teen mekaar, sodat na pouse en lemoene, daar nog steeds geen telling was nie.

En toe gebeur dit, sien, daar kom toe 'n trein verby, en hy blaas sy fluitjie, en die Vrystaters dog die spel is verby, en stap die veld af.

En 3 minute later, toe teken Ntvl die eerste punte aan.

Vir wie sal ek nou skree????

Hennie

Die Filadelfieer
Jun 8th 2009, 02:06 PM
Liewe Hennie,
Ek is bly om te sien oom Gene gebruik darem nie al Lichtenburg se internet bandwydte op nie. Ek voel genoop, na jou plasing, om 'n storie van my eie te vertel :

Lank gelede, hou die Vrystaters 'n fiksheidsoefining op daai "rugby" veld van hulle in Bloem. Daar is 'n klomp goeters op die veld, skrummasjiene, tackelsakke ensovoorts.

.
.
.
.
.
.
..

.
..
.

.
.
..
.

Halftyd toe loop die tackelsakke 23-0 voor.

Hennie du Buisson
Jun 8th 2009, 02:53 PM
Jaaaa, Kyk, ek sukkel maar so met die nuwe name, Hoor juis by Manie die Blou Bulle het darem die laaste wedstryd gewen.

Weet nie hoe nie, neem maar aan hulle het teen Griekwas gespeel?

Liewer ek verlaat die draad, ek het eintlik geen benul van die spel nie, ek praat maar op hoorsÍ, en kyk prentjies. Te lank in Gauteng gewees???

He he he

Ook is my naels mooi en ek het geen maagsweer nie en my Saterdag is myne, die punte van my stoele is ook nie deurgesit nie.

EN MY SPAN WEN ALTYD!!!!!!!!!

Lief vir al julle rugby liefhebbers.

Ta-An
Jun 8th 2009, 03:09 PM
Hennie, ons het op 'n staduim in die Vrystaat gebly.... entlik is ek in Parys gebore :pp, maar na die troue bly ons toe in Blomfontein op Paradys, die SABC se plaas so buite die dorp.....

Maar in elk geval.....
Ons gaan toe een aand rofstoei kyk, my man was in sy lewe nog nooit so skaam vir sy vrou nie.... die mense het vir my gekyk ipv na die stoei geveg :blush: :rofl:

Hy kyk gladnie saam met my rugby nie, want kyk ek bid my ou spannetjie deur die wedstryd....dis nou toe ons laas die wÍreld beker gewen het..... hy loop in die TV kamer in....: "What are you doing on your knees, I thought you are watching the rugby...." :rolleyes:

manieverster
Jun 8th 2009, 07:27 PM
Jaaaa, Kyk, ek sukkel maar so met die nuwe name, Hoor juis by Manie die Blou Bulle het darem die laaste wedstryd gewen.

Weet nie hoe nie, neem maar aan hulle het teen Griekwas gespeel?

Liewer ek verlaat die draad, ek het eintlik geen benul van die spel nie, ek praat maar op hoorsÍ, en kyk prentjies. Te lank in Gauteng gewees???

He he he

Ook is my naels mooi en ek het geen maagsweer nie en my Saterdag is myne, die punte van my stoele is ook nie deurgesit nie.

EN MY SPAN WEN ALTYD!!!!!!!!!

Lief vir al julle rugby liefhebbers.
Hennie, nou loop jy op dun ys. Kyk, as die ouens my vra wie gaan Saterdag wen dan se ek mag die beste span wen en net soos hulle wil omdraai en loop seg ek: Ons weet mos wie's die beste span ne! Die Bulle!!!!!!! Jy hoor mos wat se Fila. Vrystaat kan nie eens teen die tackelsakke wen nie.:rofl::cool::rolleyes:

protea
Jun 9th 2009, 09:43 AM
....is al die opgewondenheid nou oor die wedstryd tussen Ysland en Groenland........?;) Dis so ver my kennis van rugby strek.....

Ta-An
Jun 9th 2009, 02:56 PM
....is al die opgewondenheid nou oor die wedstryd tussen Ysland en Groenland........?;) Dis so ver my kennis van rugby strek..... Wie's hulle..... ek ken net die Blou Bulle, niemand anners maak saak nie :D

Tonton
Jun 9th 2009, 04:06 PM
Wie's hulle..... ek ken net die Blou Bulle, niemand anners maak saak nie :D

EISH!!! Wat moet ek nou vir my blou suster sÍ hier vanuit die Kaap van Stormers???

Anton

NS: My knieŽ is ook deur, maar myne is van wegkruip vir die keurders...

manieverster
Jun 10th 2009, 05:31 AM
EISH!!! Wat moet ek nou vir my blou suster sÍ hier vanuit die Kaap van Stormers???

Anton

NS: My knieŽ is ook deur, maar myne is van wegkruip vir die keurders...
Anton,
Ons bid vir jou my vriend, eendag sal jy die lig sien myn vriend en besef dat die beste span is die blou span, die bul span man,die Blou Bul span. MY BLOED IS BLOU!!!!!!:cool::cool::cool::cool::cool::rolleyes: :rolleyes::rolleyes::rolleyes::rolleyes:

protea
Jun 10th 2009, 06:33 AM
EISH!!! Wat moet ek nou vir my blou suster sÍ hier vanuit die Kaap van Stormers???

Anton

NS: My knieŽ is ook deur, maar myne is van wegkruip vir die keurders...

:rofl: Ek kyk en luister net rugby as die Springbokke wen.....

Tonton
Jun 10th 2009, 11:46 AM
:rofl: Ek kyk en luister net rugby as die Springbokke wen.....

hmmm,

 k Űk!

Maar lyk my die springbokke dra deesdae blou?

manieverster
Jun 10th 2009, 12:03 PM
hmmm,

 k Űk!

Maar lyk my die springbokke dra deesdae blou?
Ja wel, hulle kan maar net sowel wantdie meeste springbokke is in elk geval bulle! Wee jy, hulle het so 'n groot probleem mettie bok gehad hulle kon maar netsowel die bul ingespan het as die nasionale span.

Ta-An
Jun 10th 2009, 04:39 PM
hmmm,

 k Űk!

Maar lyk my die springbokke dra deesdae blou?YES man!!! :pp .

lukeskywalker
Jun 10th 2009, 04:43 PM
Ek is weer 'n groot Leeus ondersteuner, doen hierdie webwerf al vir 13 jaar http://www.transvaal.co.za

protea
Jun 10th 2009, 04:44 PM
EISH!!! Wat moet ek nou vir my blou suster sÍ hier vanuit die Kaap van Stormers???

Anton

NS: My knieŽ is ook deur, maar myne is van wegkruip vir die keurders...

Anton , hoe klink dit vir my jy's n 'under cover' Springbok. Hoekom is jy sku vir die keurders?:confused

Ta-An
Jun 10th 2009, 05:04 PM
EISH!!! Wat moet ek nou vir my blou suster sÍ hier vanuit die Kaap van Stormers??? Toemaar boet, julle hempies het darm blou strepies op ;) :hug:

NS: My knieŽ is ook deur, maar myne is van wegkruip vir die keurders... is dit jy wat met die naartjies gooi?? :rofl:Maar ek sou ok wegkruip in WP..... kom trek maar 'n Blou trui aan :hug:

Tonton
Jun 11th 2009, 12:24 PM
Anton , hoe klink dit vir my jy's n 'under cover' Springbok. Hoekom is jy sku vir die keurders?:confused

Nee, jong, hier in die Kaap druk hulle enige ou wat nie "hink-a-pink" loop nie in die span.

Toemaar boet, julle hempies het darem blou strepies op ;) :hug: is dit jy wat met die naartjies gooi?? :rofl: Maar ek sou ok wegkruip in WP... kom trek maar 'n Blou trui aan :hug:

Ek het laas 'n nartjie gegooi toe ek (as kind - is gebore in Pretoria) op Loftus was! As kind is ons geleer dis hoe jy kommunikeer! Noudat ons in die Kaap bly, sien mens nie meer die nartjies nie. Die ouens by die spoorwegpawiljoen doen die kommunikasie op Nuweland...

Bwahaha - Ek kan myself picture met my dun beentjies en grys kop in 'n blou trui.

Anton

manieverster
Jun 11th 2009, 01:47 PM
Nee, jong, hier in die Kaap druk hulle enige ou wat nie "hink-a-pink" loop nie in die span.

Ek het laas 'n nartjie gegooi toe ek (as kind - is gebore in Pretoria) op Loftus was! As kind is ons geleer dis hoe jy kommunikeer! Noudat ons in die Kaap bly, sien mens nie meer die nartjies nie. Die ouens by die spoorwegpawiljoen doen die kommunikasie op Nuweland...

Bwahaha - Ek kan myself picture met my dun beentjies en grys kop in 'n blou trui.

Anton
Anton,
Jy weet in doe ou dae van Transvaal en Noord-Transvaal ens. in ou Jannie Breedt se dae het hulle mos gese 'n ou moet versigtig wees om nie met 'n toksak verby EllisPark te loop nie. Netnou kies hulle jou vir die span vir Transvaal.:monkeyd: