PDA

View Full Version : Hoe praat God met mense



Willem
Jun 1st 2009, 09:35 PM
Die is parafrase van Mel Tari se boek: soos magitge wind.D

Daar is sewe maniere wat God met ons praat.

1. God praat hoorbaar. vgl
1 Sam 3:9 ( praat Here , U dienskneg luister )
Hand 9:3-5 ( Saul Saul waarom vervolg jy My? )

2. In visioene. vgl
Eseg 1:1 ( Esegiel sien hemel geopen )
Openbaring 1:10 ( Johannes en dit wat die Here Jesus Christus aan hom gewys het )

3. Drome . vgl
Gen 31:11 ( Jakob droom )
Mat 2:13 ( Josef word gewaarsku oor Herodus )

4. Profesie .vgl
Hand 21:10 ( hoe Paulus aan Romeine oorgegee sou word )

5. Klein stil stemmtjie in binneste ... wat ons noem ons gewete
miskien ook daai vers wat se " jy sal stem hoor wat se nie hier nie, maar daar moet jy loop" ?

6. Deur Sy Woord . .....ek soek antwoord en dan lees ek weer vers en skielik verstaan ek dit en dit is so duidelik...

7. Deur omstandighede ... die lei ons in rigting waar hy wil he ons moet gaan...

Maar ! Toets dit aan Woord of vra vir bevestiging sonder om spesifiek te se wat jy wil weet ( bid asb vir my vir leiding sodat ek antwoord van here kan kry , nie bid oor so en of so nie )... laat die antwoord aan Here oor in geheel.

Ek weet ek mis seker nog baie verse en daar kan nog baie bygevoeg word en hieroor gepraat word, maar dit het vir my ongelooflik baie beteken en soveel vrae beantwoord dat ek graag dat ons so sticky kan oopmaak vir nuwe lede want dis seker een van die top vrae: "hoe praat God met ons?"

protea
Jun 2nd 2009, 08:59 AM
Willehellem! Wat n kosbare draad! Ek dink dis Angus wat gese het dat die Here nog nooit met hom in n hoorbare stem gepraat het nie, maat dat die Here in sy hart praat. Dis baie keer net n 'wete' wat as n opdrag kom en die salige VREDE daarna as ek gehoorsaam was aan Hom.
Vanoggend nog het die Here vir my die 'wete' gegee: Ek gaan jou nie weer herinner aan die opdrag wat ek jou gister gegee het nie.... EN TOE SPRING EK!:blush:
Dit sal so bemoedigend wees om te hoor hoe Lighuis-liggies God se stem hoor. Laat hoor van julle!

Christa
Oct 22nd 2009, 07:26 PM
Ja, ek het ook al gewonder wanneer is dit God wat my sekere besluite laat neem. Ek is op die punt om te skei, maar wil nie eintlik. Ek is getroud met 'n man wat nooit eintlik kerk toe gaan, Bybel lees of enigsins eers huisgodsdiens doen nie. Ons huwelik is baie stromagtig met buite-egtelike verhoudings aan sy kant. Ek was die naweek by 'n hadassa konferensie. Daar het die Here al my vrae beantwoord en bevestig. Die antwoord wat ek gekry het, was dat ek moet vasbyt en nie moet skei nie. Tydens my getuienis het 'n man wat beelde sien, gese hy sien 'n driehoek. Ek en my man is onder, en Christus is bo. Ek moet net na God toe werk, dan sal Hy na my man toe werk. My presentjie in my pakkie het dit ook bevestig. Ek het 'n strik gekry. Wat die strik besonders maak, is dat sy 2 lyntjies aan die onderkant waarmee jy die strik sou lostrek nie by is nie. Dit was vir my 'n teken dat ek en my man saam gebind is, en dat niemand ons kan losmaak van mekaar nie. 'n Paar dae later, gee Hy weer die perfekte tekste uit die Bybel, wat weer vir my wys dat die Here met my man sal werk. Dan sal hy weer terugkom na my toe. Ek moet sê, dis wonderlik om sulke bevestigings van die Here te ontvang, al is my kake al lam vasgebyt!

Johnny
Oct 23rd 2009, 06:32 AM
Daar is 'n liedjie wat ons in die kerk sing:

"Nie deur krag...of deur geweld...maar deur my Gees so spreek die Heer...!
Die berge sal Ek verskuif...die berge sal Ek verskuif....die berge sal Ek verskuif.....deur my Gees so spreek die Heer"

CFJ
Oct 23rd 2009, 08:20 AM
Die is parafrase van Mel Tari se boek: soos magitge wind.D

Daar is sewe maniere wat God met ons praat.

1. God praat hoorbaar. vgl
1 Sam 3:9 ( praat Here , U dienskneg luister )
Hand 9:3-5 ( Saul Saul waarom vervolg jy My? )

2. In visioene. vgl
Eseg 1:1 ( Esegiel sien hemel geopen )
Openbaring 1:10 ( Johannes en dit wat die Here Jesus Christus aan hom gewys het )

3. Drome . vgl
Gen 31:11 ( Jakob droom )
Mat 2:13 ( Josef word gewaarsku oor Herodus )

4. Profesie .vgl
Hand 21:10 ( hoe Paulus aan Romeine oorgegee sou word )

5. Klein stil stemmtjie in binneste ... wat ons noem ons gewete
miskien ook daai vers wat se " jy sal stem hoor wat se nie hier nie, maar daar moet jy loop" ?

6. Deur Sy Woord . .....ek soek antwoord en dan lees ek weer vers en skielik verstaan ek dit en dit is so duidelik...

7. Deur omstandighede ... die lei ons in rigting waar hy wil he ons moet gaan...

Maar ! Toets dit aan Woord of vra vir bevestiging sonder om spesifiek te se wat jy wil weet ( bid asb vir my vir leiding sodat ek antwoord van here kan kry , nie bid oor so en of so nie )... laat die antwoord aan Here oor in geheel.

Ek weet ek mis seker nog baie verse en daar kan nog baie bygevoeg word en hieroor gepraat word, maar dit het vir my ongelooflik baie beteken en soveel vrae beantwoord dat ek graag dat ons so sticky kan oopmaak vir nuwe lede want dis seker een van die top vrae: "hoe praat God met ons?"

Willem,

Dis werklik 'n goeie plasing hierdie en ek wonder hoe mens sulke goeie plasings kan mis, want jy het dit al in Julie geskrywe!

Iets wat ek net oor wonder wat 'n dieper dimensie oor kommunikasie met God gee, is dat sou mens na die mens se wyses van kommunikasie kyk, dan sien mens die volgende. Ons kommunikeer nie net met woorde en verbaal nie, maar ook met lyftaal, die toonhoogte van ons stemme, gesigs-taal, briefwisseling, telefonies, morsekode, elektroniese medium soos hierdie forum en daar is seker nog 'n paar maniere, waaronder telepatie ook deel van kan wees.

As ons op soveel maniere kan kommunikeer, op hoeveel meer wyses kommunikeer die Here nie met ons nie? Ek dink Hy praat aanmekaar met ons, ons hoor net nie altyd Sy stem nie....

Die Filadelfieer
Oct 23rd 2009, 08:52 AM
Willem,

Dis werklik 'n goeie plasing hierdie en ek wonder hoe mens sulke goeie plasings kan mis, want jy het dit al in Julie geskrywe!

(knip)


As ons op soveel maniere kan kommunikeer, op hoeveel meer wyses kommunikeer die Here nie met ons nie? Ek dink Hy praat aanmekaar met ons, ons hoor net nie altyd Sy stem nie....

Ek wonder toe wraggies dieselfde ding vannogend Ferdi ..... hoe op dees aarde het ek hierdie draad gemis ?!

Ek Stem 100% saam met jou ....God skree nie, Hy fluister, ons moet net leer om Sy stem te erken tussen al die wêreldse lawaai.

Ek ervaar amper iets soortgelyk gereeld daar op my stukkie grond, veral na 'n besige week in die stad : as ek myself dwing om stil te raak, dan vloei die veld se geluide en reuke en rustigheid soos 'n stroom fontein water in mens se binneste in. Mens moet dit self ervaar om dit regtig te verstaan.

JPR
Oct 23rd 2009, 09:15 PM
Christa, kyk asb sorgvuldig na die versie. Dit is God se resep vir jou situasie. Daar is duidelik net twee bestandele om die koek te bak.


1Pe 3:1 Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word
Wees aan jou man onderdanig
Wees sonder woorde
Altwee is moeilik, maar gehoorsaamheid aan hierdie vers maak dit moontlik vir God om maksimaal betrokke te wees. Jy wil Hom nie in die wiele ry deur jou eie oplossing te soek nie, wil jy?

Ek bid vir jou.

ps moenie die versie in die nuwe vertaling lees nie, ongelukkig het die vertalers hulle resep ingemeng.

AndreHa
Dec 4th 2009, 06:38 AM
Die draad laat my dink oor hoe die Here my al keer op keer van gewisse dood gered het. Een keer, jare gelede op die snelweg, was ek juis besig om te dink hoe Hy my veilig bewaar het deur al die jare. My gedagtes was so ver weg van die wereld af, dat ek nie gesien het dat al die verkeer stilgestaan het nie. Ek was nog besig om teen 130km/h te ry, in die middel baan op die N1. Seker so 7 sekondes voor ek die tydelike met die ewige sou verwissel, hoor ek toe die Here se stem: "My kind, dis tyd om te begin briek." Sy stem was so rustig, kalm en liefdevol. Ek was so ver weg in gedagte, dat ek toe net saamstem, maar niks doen nie. Die volgende oomblik was ek in 'n soort wasigheid omring, en ek sien hoe my linkervoet op die rempedaal druk. Maar ek het geweet dit was nie my krag nie - dit was asof my bewussyn teruggetree het, en Hy oorgeneem het. Eers na die tyd het ek besef wat gebeur het. Ek het die Here so geloof en geprys dat die trane geloop het.

Aan die begin van die jaar, was ek en my vrou mos op verlof - op pad na Margate toe. Op die snelweg was daar 'n voertuig voor my, wat 80km/h gedoen het in 'n 120km/h sone. Ek kyk toe voor my, en sien 'n hengse lang oop stuk om hom verby te steek. Net toe ek wou bane wissel om verby te gaan, hoor ek die Here vir my se "Nee my kind." Toe luister ek, en die volgende oomblik sien ek 'n kar van voor af verby vlieg teen 'n hengse spoed. As ek nie geluister het nie, sou ek nie hier gewees het nie.

Dis so hartseer dat daar nog mense in hierdie wereld is wat nog nie God ken en dien nie. Hulle besef nie wat hulle mis nie...

CFJ
Dec 4th 2009, 09:18 AM
Dankie vir jou getuienis André!

AndreHa
Dec 4th 2009, 09:57 AM
Dis altyd 'n plesier om oor die Here se dinge te gesels. :)

Dit laat my nou dink aan iets wat vroeer die jaar hier by die werk gebeur het - net voor ek met verlof gegaan het na Margate toe - soos hierbo beskryf. Ek dink dit was 'n donderdag. Ek het gebid, en die Gees het my gelei om te vra dat as die Here iemand wil red, en my daarvoor wil gebruik, om my te help dat ek nie die geleentheid mis nie.

Wel, die volgende dag, die laaste dag voor ek met verlof sou gaan breek toe aan en ek gaan werk toe. Ons span het met 'n tegniese probleem gesukkel, en bietjie later die oggend dit reggekry. Toe besluit ons om koffie te gaan drink op 'n ander vloer. Soos ons gesels, sien ek iemand by die koffie area instap - duidelik in pyn. Ek kon letterlik die pyn in haar oe sien. Toe stap ek na haar toe, en sonder om te weet of sy 'n Christen is of nie, begin ek met haar gesels oor die Here, wat Hy my al gewys het, en hoe ek 'n Christen geword het. Soos ek gesels (met baie passie) sien ek dat iets besig is om te gebeur. Sy het begin oorborrel van vreugde. Sy het voor my oe die Heilige Gees ontvang. Toe getuig ek verder aan haar, en 'n paar minute later het sy 'n Christen geword. Haar oortuiging was so wonderlik sterk. Sy was ook genees van 'n probleem met haar voet - waarmee sy al vir oor 20 jaar gesukkel het. Dit was iets wonderlik om te aanskou hoe iemand so vas kan oortuig wees van die waarheid in so min tyd. Daadie selfde dag het sy vir my 'n klompie verse uit die Bybel gestuur.

Nodeloos om te se, ek het met 'n lied in my hart met verlof gegaan. :)

Francois Marais
Dec 11th 2009, 05:08 AM
Ek gaan die skakel aan iemand moet stuur. Ek en sy het gister aand die gesprek gehad oor hoe mens Vader se stem kan hoor of soms voel. Sy verstaan nie wat aangaan nie. Ek kry regtig die mense wat nie Vader se stem hoor nie jammer. Ek weet nie hoe dit sal wees om nie Vader se stem te hoor nie. Om nie te sien wat Vader beplan nie. Nie te weet wat Vader verwag nie. Mag Vader my nooit verlaat nie!

AndreHa
Dec 11th 2009, 07:11 AM
Ja nee ou vriend, sonder Hom is mens verlore. Dis so wonderlik om te beleef hoe Hy ons beskerm, sodat ons 'n seen kan wees vir Sy kinders. Nou die dag sou ek in 'n ernstige ongeluk gewees het as ek nie geluister het toe Hy gese het "Nee My kind, wag eers." nie. Sjoe. As ons maar net ons vir Sy wil beywer, sal Hy ons baie mooi beskerm.:pp



Ek gaan die skakel aan iemand moet stuur. Ek en sy het gister aand die gesprek gehad oor hoe mens Vader se stem kan hoor of soms voel. Sy verstaan nie wat aangaan nie. Ek kry regtig die mense wat nie Vader se stem hoor nie jammer. Ek weet nie hoe dit sal wees om nie Vader se stem te hoor nie. Om nie te sien wat Vader beplan nie. Nie te weet wat Vader verwag nie. Mag Vader my nooit verlaat nie!

Willem
Sep 16th 2010, 11:13 PM
Ja, en dan begin ek wonder oor die stemmetjie wat vir my goed se en soms is dit heeltemal teen Woord in so dit kan nie Here wees nie.. toe kry ek iets oor my hart wat bedrieglik is en wonder of my vlees so stry teen Here en my probeer laat weglei... :B:confused

Lang ruk terug gehou en seker klomp goed gemis, maar nou onlangs begin met kursus oor Heilige Gees wat baie van die maniere van praat dek ,MAAR waar ek prakties ook geweet het Hy teenwoordig is en kon leer om Hom te herken en te vertrou dat Hy sal kom as ek Hom vra en nie iemand/iets anders sal laat kom nie.:pray::cool:

Dis wat ek hierso wil deel...stap vir stap simpel manier om Heilige Gees te leer ken en te leer "herken" omdat ek tyd saam met Hom deurbring...Hy is reeds in jou hart; miskien is die' eerder manier om jou ore oop te maak en hart stil te maak en Hom en sy leiding/stem/teenwoordigheid te leer ken. Ons is so geneig om net in te spring en te begin bid en lees en vergeet Hy is ook in ons en is hier om ons alles te vertel wat die Here Hom vertel en ons herinner aan wat die Here ons geleer het.

1. Bid...praat met Here en vra spesifiek dat Sy Gees wat ons in alle waarheid sal lei, jou sal wys wat verkeerd is in jou hart sodat jy kan regmaak ( nie werke nie, belydenis , ek het iets van graad 2 onthou wat ek iemand nie voor vergewe het nie en dis laaaank terug ! ) maak skoon die tempel as't ware vir jou eregas !

2. Vra Hom om jou te kom leer en ook dat jy Hom kan leer herken en Hom aan jou te openbaar, om jou tot oorlopens te vul sodat daar nie plek vir enige iets of iemand anders as Hom is nie , maak jou hart oop en se vir Hom dankie vir alles wat jy het, voete hande , oge, ore... kar om mee te ry, kinders, eggenoot. Aanbid die Here en weet Hy is God. :) Sing songs tot sy eer. ( ons kan by die charismatiese broers dit leer :hmm: )

3. Jy sal weet as Hy Hom openbaar en so kan jy leer om Sy teenwoordigheid te herken , daai vrede wat skielik net oor jou kom, die warmte in jou hart, moenie probeer besluit hoe dit moet wees nie, Hy ken jou beter as wat jy jouself ken en weet hoe Hy Hom aan jou sal openbaar en ook wanneer :amen:

4. Jy leer iemand deur tyd met hulle deur te bring... nou het jy die Gees van God binne in jou ... God bly nie meer by mense in die tempel nie, Hy bly nou binne in jou en my hart as Jesus ons Here word. So praat heeldag met Hom, oor alles, vra, Hy word nie moeg nie en is heeltyd besig om die goeie werk in ons klaar te maak... leer ken Sy teenwoordigheid elke keer as jy die gevoel om die robot te jump teestaan en die kar van nerens voor jou verbyry.. se dankie dat Hy jou gelei het.. gee Hom die eer en dank

5. As jy voel niks gebeur nie, onthou ons glo nie oor wat ons voel nie maar oor wat ons weet ! ons Here Jesus is die Seun van God en Hy het uit die dood opgestaan en kom weer ! Hy weet presies wat ons wanneer nodig het en ook hoekom en doen ALLES volgens Sy wil , MAAR dit ALLES werk ook ten goede vir ons wat Hom liefhet. Hou aan bid en soek!

Willem
Oct 12th 2010, 08:28 PM
Ek is verlief !

Na al die soek uiteindelik by punt gekom waar meer as een persoon vir my gese het hoe verlief ek lyk as ek oor Hom praat en toe besef ek , die ding van lief wees vir Hom soos vir enige iemand anders soos wat ek in my menslike swakheid liefde ken is ook nou hier en ek was weer aan die wakker...dit waaroor eek hartseer was het Hy ook kom regmaak! Hy is so goed vir ons en so sag en gee soveel om .... en O JA ! Hy verhoor gebede ! Soms sonder dat jy dit besef.... :cry:

Hy is ons Here en ons Trooster en God en bly nie meer in die temple nie, maar in jou hart! Wanneer gaan jy bietjie vir Hom kuier en huis skoonmaak van al die goed wat Hy vir jou sal wys nie daar hoort nie? :hmm:

Dink net kuier saam met Hom elke dag van jou lewe en Hy sal saam met jou wees oral waar jy gaan en jou alles vertel wat Jesus Hom vertel soos wat Jesus ons ook kom vertel het wat die Vader Hom vertel het.....:pp:hug: