PDA

View Full Version : Bespreking Wat raak jou hart snare aan?



manieverster
Jun 2nd 2009, 09:56 AM
Die weduwee van Nain

Lukas 7:11-17
Hy gaan toe nader en vat aan die baar. Die draers gaan staan toe, en Hy s: “Jongman, Ek s vir jou, staan op!” Die dooie het regop gaan sit en begin praat. En Jesus het hom aan sy ma teruggegee (Luk 7:14-15).

By die dorpie Nain kom Jesus op ’n begrafnis af. Die jongman wat dood is, was die enigste seun van ’n weduwee. Die feit dat byna die hele dorp se inwoners die begrafnis bygewoon het, wys dat hulle simpatie met haar gehad het. Toe Jesus die jongman se ma sien huil, kry Hy haar innig jammer. “Moenie huil nie,” s Hy vir haar. Hy stap toe nader, vat aan die draagbaar waarop die lyk l en beveel: “Jongman, Ek s vir jou, staan op!” Die dooie het regop gaan sit en begin praat, en, “Jesus het hom aan sy ma teruggegee,” berig Lukas.

Jesus se opregte omgee vir mense asook sy medelye met mense wat ’n verlies gely het, kom hier duidelik na vore. Hy kry die treurende weduwee innig jammer en maak haar seun weer lewendig. Hy raak selfs aan die draagbaar waarop die lyk l – ’n sosiale taboe in sy tyd, om­dat lyke onrein was. Maar vir Jesus is die lyding van ’n medemens belangriker as sosiale wette.

Hierdie jongman se ma moes totaal oorstelp gewees het. Die weduwees in Jesus se tyd was heeltemal sonder heenkome as hulle nie iemand gehad het wat vir hulle kon sorg nie. Nie net gee Jesus haar enigste seun aan haar terug nie, maar hierdie wonder verseker dat die weduwee van Nain nou weer iemand het wat vir haar kan sorg.

Here Jesus, dankie dat U steeds intiem betrokke is by elkeen van
u kinders en dat U ook vir my persoonlik omgee.

Ek kry elke dag 'n versie in my e-pos wat kom van www.bybel.co.za (http://www.bybel.co.za). Somtyds lees ek die versie en dalk met 'n bietjie spoed en gaan aan met my dag se take. Hierdie versie het ek op die 1ste Junie gekry en dit is 'n wel bekende storie maar dit het net skielik my hart snare geraak en ek kon amper voel hoe Jesus gevoel het toe Hy medelye met die weduwee gehad het. Nou wonder 'n mens. Waarop sou Jesus Sy besluite om mense uit die dood op te wek baseer?:hmm::hmm::hmm::wave:

Henry
Jun 6th 2009, 05:16 PM
Ek kom gister op hierdie gedig op my rekenaar af.


I find my Lord in the Bible
Wherever I chance to look
He is the theme of the Bible
The centre and heart of the Book
He is the Rose of Sharon
He is the Lily fair
Wherever I open my Bible
The Lord of the Book is there.


He, at the Book’s beginning,
Gave to the earth it’s form,
He is the Ark of shelter
Bearing the brunt of the storm,
The Burning Bush of the desert,
The Budding of Aaron’s Rod
Wherever I look in the Bible
I see the Son of God


The Ram upon Mount Moriah
The Ladder from earth to sky
The scarlet cord in the window
And the serpent lifted high
The smitten rock in the desert
The shepherd with staff and crook
The face of my Lord I discover
Wherever I open the Book


He is the seed of the woman
The Saviour Virgin-born
He is the Son of David,
Whom men rejected with scorn
His garments of grace and beauty
The stately Aaron deck
Yet He is Priest forever
For He is Melchizedek


Lord of eternal glory
Whom John the Apostle saw
Light of the Golden City
Lamb without spot or flaw
Bridegroom coming at midnight
For whom the virgins look.
Wherever I open the Bible
I find my Lord in the Book
OK wees nou eerlik, wie het nie getjank nie?

manieverster
Jun 7th 2009, 01:01 PM
Ja, dit is baie pragtig Henry. Baie dankie vir jou pos.:pp

Henry
Jun 7th 2009, 01:35 PM
Wat gaan met my aan? Elke keer wat ek dit lees, huil ek sn0t en trane.:D

manieverster
Jun 7th 2009, 05:11 PM
Wat gaan met my aan? Elke keer wat ek dit lees, huil ek sn0t en trane.:D
Dis mos reg so! Dis wat die draad oor gaan. Wat roer jou hartsnare? Ek het vandag so gevoel. Weet jy, was gisteraand besig om 'n bietjie navorsing te doe vir 'n nuwe draad wat ek wil begin en toe ek so deur ' webwerf gaan en ek sekere goed lees, wys die Here vir my dat ek nog onmin, onvergewensgisindheid en selfs haat in my lewe het en dit het my so diep geraak dat ek onmiddelik my sonde bely het en die Here gevra het om my te help om te vergewe. Vanmore sit ek in die kerk en presies dit word gepreek. Wat is daar nog in jou lewe wat nie reg is nie? Het jy nog iemand om te vergewe? Die trane het vryelik gerol en ek het geweet die genesings proses het begin. Dankie vir jou insae hier.

Henry
Jun 7th 2009, 09:24 PM
Groot mans mag mos nie huil nie, of hoe? :confused

manieverster
Jun 8th 2009, 05:58 AM
Groot mans mag mos nie huil nie, of hoe? :confused
Nee, Henry, jy is verkeerd. Grootmans mag maar huil. Jesus het eendag oor Jerusalem gekyk en geween terwyl Hy se: Jerusalem, Jerusalem as jy maar wou luister sou ek jou bymekaar maak soos 'n hen haar kuikens. Verskoon as die woorde nie presies is nie maar die idee is daar. Gister het ek 'n man gesien huil sn_t en trane soos 'n klein seuntjie toe hy uitvind sy hond is doodgetrap deur 'n kar. Ek het Sondag skaamteloos in die kerk gesit en huil toe die Here so direk met my sit en praat.

Tonton
Jun 8th 2009, 07:56 AM
...Grootmans mag maar huil. Jesus het eendag oor Jerusalem gekyk en geween ...
...Ek het Sondag skaamteloos in die kerk gesit en huil toe die Here so direk met my sit en praat.

Henry en Manie, hierdie is vir my so 'n belangrike ding - die vernedering en verlossing in huil.

As die Heilige Gees teenwoordig is, is my o nat. Dan ween ek ook wanneer ek sien hoedat predikers die Woord mis omdat hulle deur die rituele van kweekskool gaan, en nie die Here vertrou om die Woord oop te breek nie. As honger mense sit en melkkos kry, en nie eers weet daar is vaste kos in dieselfde Woord nie.

As ons wil wees soos Jesus is, moet ons toeleaat dat ons "gehumble" word - wat is nou meer humbling as 'n groot man wat huil oor die Here?

Groete
Anton

manieverster
Jun 8th 2009, 12:23 PM
Henry en Manie, hierdie is vir my so 'n belangrike ding - die vernedering en verlossing in huil.

As die Heilige Gees teenwoordig is, is my o nat. Dan ween ek ook wanneer ek sien hoedat predikers die Woord mis omdat hulle deur die rituele van kweekskool gaan, en nie die Here vertrou om die Woord oop te breek nie. As honger mense sit en melkkos kry, en nie eers weet daar is vaste kos in dieselfde Woord nie.

As ons wil wees soos Jesus is, moet ons toeleaat dat ons "gehumble" word - wat is nou meer humbling as 'n groot man wat huil oor die Here?

Groete
Anton
Dis nes jy daar se Anton, as die Gees met 'n mens werk dan raak ons heel nederig en dan kan die traantjies maar rol. Ons moet net toelaat dat wanneer Hy met ons werk ons beweegruimte gee sodat Hy vrylik in ons kan beweeg en werk.

manieverster
Jun 9th 2009, 06:29 AM
Bron: Vers 'n Dag vanaf bybel.co.za




DAG 3: WEES ‘N SKAAPWAGTER… (Psalm 23)

Tema vir die maand: Boodskappe uit Psalms

Deur: Benescke Botha





Dit is amper moeilik om te dink dat enigiemand opgewonde kan raak oor die nuus dat jou aansoek om as dreinskoonmaker en pesbestryder te werk suksesvol was. Tog, vir die 29-jarige Duitse maatskaplike werker, Irena Sendler was dit in 1942 die wonderlikste nuus wat sy ooit kon ontvang. Vir haar was hierdie pos ‘n sleutel om tot aan die binnekant van die Joodse konsentrasiekamp te kon kom – die area waar 350,000 Jode toe reeds vir twee jaar lank opgesluit was.




Vir die volgende 16 maande, het Irena dag na dag haar lewe gewaag om van die Joodse kinders en babas uit die konsentrasiekampe te smokkel en in pleegsorg te plaas. Haar plan was om die Joodse ouers en kinders n die oorlog weer te verenig. In 1943 is Irena egter uitgevang en gearresteer en vir ure lank deur die Duitse soldate gemartel – hulle sou enigiets doen om uit te vind waar die sowat 2,500 kinders is wat Irena help ontsnap het. Al het hulle ook beide haar arms en bene gebreek, het Irena egter geweier om ‘n woord te s. Sy is toe ter dood veroordeel. Net voordat Irena in die gaskamer moes ingaan om te sterf, het een van die wagte haar egter gehelp om te ontsnap – op voorwaarde dat sy “verdwyn”. Sy het. En buiten vir een optekening van hierdie gebeure in ‘n geskiedkundige boek, het Irena Sendler daardie dag vir die wreld gesterf.




Toe, sowat 60 jaar later doen twee skoolmeisies navorsing vir ‘n skooltaak en hulle ontdek Irena se storie onder ‘n voetnota in een van die boeke. Die gevolg? In 2007 word Irena vir die Nobel Vredesprys genomineer. (Net jammer Al Gore van Amerika wen dit toe met sy PowerPoint-voorlegging oor globale verwarming… kan jy glo?) Hierdie merkwaardige vrou het nie net 2,500 Joodse kinders van ‘n gewisse dood gered het nie – sy het ook aan elkeen se nageslag gered.




Maar dink vir ‘n oomblik terug na die konsentrasiekamp. Ek wonder hoe die Jode daar moes voel elke keer wanneer iemand die woorde van Psalm 23 hardop gelees het: “Die Here is my herder, ek kom niks kort nie…” Maar veral vers 4: “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In U hande is ek veilig…”




Ek wonder vir hoeveel van die Jode Irena se daaglikse teenwoordigheid in die konsentrasiekamp hoop gebied het – hoop dat hulle kinders ‘n beter lewe buitekant die mure het? Ek wonder hoeveel Jode besef het dat God vir Irena as ‘n “skaapwagter” gebruik het om na Sy mense om te sien in hulle nood? Die vrou wie verlede jaar op 98-jarige ouderdom stil-stil in haar dood gesterf het.




Besef jy dat jy ook vandag die geleentheid het om as God se skaapwagter op te tree in die mense om jou se lewens? Besef jy dat hierdie verskil soms so eenvoudig kan wees soos ‘n gebed, ‘n brood of soms net vir iemand daar te wees in ‘n moeilike situasie. Wanneer laas het jy hierdie geleentheid aangegryp? Wanneer laas was jy ‘n skaapwagter?




Vader God, dankie dat U my skaapwagter is. Dankie dat U nooit verander nie en dankie dat ek kan weet dat, selfs al voel dit vir my of ek deur die dal van doodskaduwee gaan, ek nie bang hoef te wees nie, omdat ek in U hande veilig gehou word. Help my om dit vandag te onthou. Amen.





**Benescke Botha is die skrywer en vervaardiger van die daaglikse Radio-Dramas op Radio-Kansel en ook ’n vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasie tydskrifte.



Somtyds op 'n mens se lewenspad kry jy mense wat 'n verskil maak in jou lewe en dan kry jy mense wat sulke diep spore in jou lewe trap dat dit net mooi onmoontlik is om hulle te vergeet. Dit moes gewees het wat Irena vir die Jode beteken het.
Psalm 23 - Wie van ons kan met volle oortuiging elke woord van daardie Psalm lees en bedoel? Laat weet 'n bietjie wat julle dink.
Was jy al 'n skaapwagter vir iemand? Wil jy graag een wees? Wat kan ons in ons tyd doen om een te wees?

mari
Jun 9th 2009, 01:33 PM
Oor die naweek " Fireproof" te sien gekry ....... die tisheus het dit amper gemaak, toe moet die pa nou aan die einde staan en verduidelik waar die notaboek vandaan kom ........

:pray: ...m

manieverster
Jun 9th 2009, 03:11 PM
Jammer Mari, ek verstaan nou nie so lekker nie.

Ta-An
Jun 9th 2009, 03:43 PM
Jammer Mari, ek verstaan nou nie so lekker nie.Die hele idee kom van die ma, en nie die pa.... en soms is dit sad omdat oulike mans se idees tog van hulle wederhelfdes kom ieo uit eie hart... ek dink dis war mari wou s... as ek verkeerd is sal sy mut regstel ;)

mari
Jun 9th 2009, 03:56 PM
Jammer Mari, ek verstaan nou nie so lekker nie.

Manie...

"Fireproof" is 'n DVD wat deesdae op die rakke is en dit werd is vir enige Christin in 'n verhouding om te sien ......... die wat die storie gesien het , sal weet .......

:hug: ... m

manieverster
Jun 10th 2009, 05:44 AM
DAG 4: NUWE HOOP (Psalm 39)
Tema vir die maand: Boodskappe uit Psalms
Deur: Benescke Botha

Vroegoggend het die wetenskaplike opgewonde met die twee rotte in n hok by die laboratorium opgedaag. Hy het n vermoede gehad en vandag wou hy dit bevestig. Sy eksperiment sou die deurslaggewende rol speel.

Gou het hy twee identiese, diep emmers vol water gemaak. Beide Rot A en Rot B sou nou in die emmer water gesit word met net een verskil. Rot A sou in die emmer water gesit word in n donker kamer en Rot B in n kamer waar n spreilig reg van bo in die rot se o sou skyn. Die wetenskaplike wou uitvind of hierdie lig (wat hoop simboliseer) f die afwesigheid van lig, enige effek op die rotte sou h.

Alles was gereed. Die wetenskaplike het met sy stophorlosie nader gestaan. Die rotte is in die water gesit en die eksperiment het begin. N net drie minute het Rot A in die donker kamer opgehou swem en bo-op die water begin dryf. Rot B, met die skerp spreilig van bo, het egter aangehou swem selfs na 36 uur was die rot steeds besig om sterk water te trap.

Die gevolgtrekking: ROT A het n net drie minute in die donker hoop verloor en opgehou swem. ROT B het n 36 uur met die lig van bo aangehou swem omdat hy steeds hoop gehad het dat hy uit die emmer sou kon kom.

Vir ons is dit presies dieselfde. Elke mens is op soek na hoop. Hoop dat jy uit jou huidige finansile verknorsing sal kan kom. Hoop dat jy weer met jou vervreemde familielid/lede kan versoen. Hoop dat jy weer geluk sal vind n jou egskeiding, of die hoop dat die pyn n die verlies van n kind weer sal beter word. En solank jy hoop het, het jy energie om in die oggend op te staan vir jou dagtaak. Solank jy hoop het dat daar n uitkoms vir jou probleem is, hou dit jou gemotiveerd om aan te hou soek na die oplossing.

Mag ek jou vra: Waarin vind jy jou hoop? In die bankbestuurder? Jou werkgewer? Jou huweliksmaat? Jou kinders? Jou sukses of besittings? Besef jy dat dit in n oogwink van jou weggeneem kan word?

Deur al sy beproewings het Dawid besef dat daar net een konstante is waarin hy sy hoop kon vind: God. Luister net na sy woorde in Psalm 39: Is daar nog vir my hoop, Here? U is my enigste hoop. God verander nooit nie.

Waarvoor het jy vandag hoop nodig? Dalk hoop jy vir n nuwe werksgeleentheid, n lewensmaat, n baba? Of dalk hoop jy dat julle n oplossing sal vind vir jou kind se dwelmprobleem, jou eggenoot se siekte, julle gebroke huwelik? Solank jy hoop het, sal jy aanhou om vorentoe te beweeg selfs al voel dit stadig. En solank jy jou hoop in Jesus Christus plaas, sal jy nooit teleurgestel word nie. Sterkte!


Vader God, dankie dat ek weet dat ek my hoop in U kan plaas. Dankie vir U belofte dat U my nooit sal verlaat en my nooit in die steek sal laat nie. Help my vandag om verby my probleem te kyk en U raak te sien. Help my om my hoop opnuut in U te vind. Amen.

Nog 'n versie van vers 'n dag. Wys jou net dat solank ons in die lig bly, bly ons in die hoop. Aan al die Lighuis liggies, my wens is dat almal die lig mag sien en die wat dit reeds gesien het, bly in die lig asb. Want solank ons in die lig bly is daar en het ons hoop.

Ek slaan my oe op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom. My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Ek het 'n spesiale versoekie vandag. Daar is een mens op die draad wat vir my soveel beteken het (eintlik het almal maar die een het my tot groter hoogtes geinspireer) en wat vir my gehelp het op maniere wat sy nie eens weet nie. Haar naam is Lanie en sy gaan op die oomblik deur moeilike omstandighede. Kom ons vat hande saam vandag en bid vir haar en haar familie sodat die Here op hierdie dag van vandag nog vir hulle 'n uitkoms sal gee.:cry::kiss::hug:

protea
Jun 10th 2009, 05:04 PM
Lanie , jy weet julle is elke dag in ons gebede. Lig jou kop op en verskuif jou visie van die 'modder' by jou voete tot by Jesus waar daar uitkoms , krag ,volharding , liefde en OPLOSSINGS vir julle probleme is . Ons bid dat die Here sal voorsien en n deur sal oopmaak wat julle nie eers gedink het KAN oop nie! Byt vas, Sis, julle antwoord en uitkoms is naby!:kiss:

Lanie
Jun 10th 2009, 08:39 PM
Ai ou Manie... Ek sien nou eers jou plasingtjie raak. Ek weet nie wat om te s nie. Ek het nie eintlik veel gedoen behalwe om 'n broer te ondersteun wat hulp gevra het. Gelukkig is dit al slaaptyd en my gesig is klaar gewas anders was al my make-up nou afgetjank. Dankie man. Party dae het ek my bedenkinge oor my deelname hier en dan kry mens sulke juweeltjies van vriende wat mens hier maak en dan wys die Here weer vir jou waarvoor jy jou tyd opoffer. :hug: :hug: :hug:

manieverster
Jun 11th 2009, 06:41 AM
LAAT GOD DIE OORDEEL FEL (Psalm 57)
Tema vir die maand: Boodskappe uit Psalms
Deur: Benescke Botha

Vir n oomblik het die twee vlieniers, duisende meters van die grond af, oogkontak gemaak. Op die een vlienier se gesig was n doelgerigte uitdrukking. Op die ander een se gesig, vrees en paniek. En daar, meters weg van sy vyand se vliegtuig (met sy hand reeds op die bomknoppie) moes Franz Steigler skielik n baie belangrike besluit neem ...

n Paar minute voor hierdie oomblik het di Duitse vlienier in Desember 1943 van die lugmagbasis af opgestyg met die opdrag om die B-17-vliegtuig van die vyand af te skiet. In die lug, so naby aan die B-17-vliegtuig dat Steigler Brown se gesig kon sien, het sy moed hom skielik begewe. Nie omdat hy bang was nie, maar eerder omdat hy nog nooit in die verlede s n beskadigde vliegtuig gesien het nie.

Die neus van die vliegtuig was verwoes, die stert het behoorlik aan n draadjie gehang en die onderkant was vol koelgate en bloed soos die vyand van die grond af na die vliegtuig en sy bemanning geskiet het. Voor in die kajuit het Steigler gesien hoe die angsbevange Brown alles in sy vermo doen om die vliegtuig onder beheer te kry, terwyl hy onwetend al dieper in die vyand se gevegsone invlieg.

Dan neem Steigler die besluit. Hy waai vir Charlie en beduie dat hy met sy vliegtuig n 180-draai moet maak. Vir die volgende paar uur begelei Steigler sy vyand se vliegtuig uit die oorlogsone, oor die Noordsee, terug tot waar hulle veilig in Engeland kon land. In die lug salueer Steigler dan vir Brown en vertrek terug na Europa. By die Duitse basis vertel Steigler dat hy die vyand se vliegtuig oor die see afgeskiet het en vir die volgende 40 jaar praat hy nooit weer met enigiemand oor hierdie dag nie.

Brown aan die ander kant, het as afgetrede vlienier begin navorsing doen om hierdie weldoener op te spoor. N n lang soektog ontdek hy vir Franz Steigler en nooi hom na die 50 jaar-renie van die 379ste bomgroep se oorlewendes. Hier het Steigler 25 van die mans ontmoet wat hulle lewens aan hom te danke gehad het omdat hy nie daardie dag die doodskoot afgevuur het nie. Op die vraag waarom hy hulle gered het, het Steigler geantwoord: Ek het nie die moed gehad om hierdie dapper mans te laat sterf nie. Dit sou vir my dieselfde wees as om iemand in n valskerm grond toe te skiet. Steigler en Brown is albei in 2008 oorlede. *

Steigler se optrede laat my aan die Psalmdigter Dawid dink. Nes Steigler was hy ook eens voor n keuse: Sou hy sy grootste vyand, koning Saul, wat toe net enkele meters weg van hom in die grot was, vermoor? (Dit is immers hierdie koning Saul wat daarvoor verantwoordelik was dat Dawid sy familie moes agterlaat, dat hy vir sy lewe moes vlug, dat hy hier in die grot moes bly en dat hy soms selfs honger moes ly.) Hier was koning Saul ook nou weerloos, alleen in die grot terwyl al sy soldate buite gestaan en wag het. Sou Dawid sy kans waag en wraak neem of sou hy die finale oordeel aan God oorlaat?

Dawid het laasgenoemde opsie gekies en Saul ongedeerd laat wegkom. Luister net na sy woorde in Psalm 57: Wees my genadig o God ... want by U soek ek skuiling. Onder U vleuels sal ek skuil tot die bedreiging verby is. Ek roep na God, die Allerhoogste, na God wat my sal help ... Hy sal uit die hemel antwoord en my red, Hy sal di wat my jaag, die stryd laat verloor. God sal antwoord in sy liefde en trou. Dawid het gekies om Saul te vergewe en die oordeel aan God oor te laat.

Sit jy dalk ook vandag in n soortgelyke situasie waar jy voel dat jy die volste reg het om kwaad met kwaad te vergeld? Dalk is dit teenoor jou eggenoot, jou werkgewer of dalk jou vriend of vriendin wat jou lelik in die rug gesteek het? Stop n oomblik en kyk opnuut na jou situasie uit God se perspektief. Waarom oorweeg jy dit nie om daardie persoon te vergewe en die finale oordeel aan God oor te laat nie?


Vader God, dankie dat ek kan weet dat U elke emosie van my ken veral as ek teleurgesteld en kwaad is vir iemand anders. Dankie vir die voorreg dat ek die situasie in U hande kan oorlaat om dit namens my te beveg. Help my om elke dag in liefde op te tree. Ek bid dit in Jesus se Naam. Amen.

* (Kyk na fotos van die gebeurtenis by http://patdollard.com/2008/05/wwii-angel-of-mercy-reunion-german-ace-lets-badly-damaged-b-17-fly-home/ (http://patdollard.com/2008/05/wwii-angel-of-mercy-reunion-german-ace-lets-badly-damaged-b-17-fly-home/))

Hier is nog 'n vers 'n dag bydrae en al wat ek kan se is dat God goed is want as dit nie vir Hom was nie sou ons nooit gelees het van gebeure soos hierbo nie. Ek weet nie of julle dalk nog 'n Pa, 'n Ma, Oupa of Ouma het wat uit die laaste wereld oorlog uitkom nie maar ek kon altyd ure lank sit en luister as my Pa vertel het van die oorlog en al hulle manewales. Dis ook lekker om te hoor van helde dade wat in die oorlog gebeur het. Daar was sulke spesiale mense wat spesiale ding gedoen het en mag hulle vir ewig onthou word en mag hulle name opgeteken staan in God se groot boek van lewe. Het jy dalk so 'n storie om te vertel wat die hartsnare aanroer? Kom deel dit met ons asb.

Verder, Lanie, het ek dalk net begin dink jy is kwaad vir my want ek hoor niks van jou nie. Maar vanoggend voel ek beter want jy het sommer op 'n paar plekke geantwoord. Lanie, my sus, ons is almal lief vir jou en jou familie en ons harte is baie seer oor dit wat julle nou moet deurgaan. Onthou, ons bid vir julle sonder ophou!:hug::hug::hug:

manieverster
Jun 12th 2009, 08:46 AM
Kyk jy na die spinnekop of na God? (Psalm 55)
Tema vir die maand: Boodskappe uit Psalms
Deur: Benescke Botha

Ek hoor onlangs die storie van Piet Visagie. Platsak en desperaat om by die volgende dorp te kom, het hy, toe die bestuurder van die vragmotor vir n oomblik wegkyk, ongesiens in die vraghouer agter op die groot trok ingeglip. n Paar minute later het die vragmotor vertrek en Piet het homself tevrede op die groot stapel hooi gaan tuismaak. Binne sekondes het hy met die ritmiese gedruis van die bande op die teer aan die slaap geraak.

Twee ure later het hy in die toe, pikdonker vraghouer wakker geskrik. Iets harig was nou besig om teen sy wang uit te klouter. Nog half deur die slaap het hy hierdie voorwerp met sy hand probeer wegvee tevergeefs. Dit is toe dat Piet sy boksie vuurhoutjies uit sy sak haal om uit te vind wat dit kan wees. Die vuurhoutjie was skaars aangesteek toe hy die punt van die reusagtige harige Tarantula-spinnekop teen sy wang sien.

Met een sprong was Piet teen die vraghouer se deur. Hy moes hier uitkom. Hy moes wegkom van hierdie spinnekop af! Toe kom die skok: Die vraghouer se deure is gesluit! Soos n vuurspuwende vulkaan wat ontplof, bars Piet uit in n vreesaanval wat hom vir die volgende paar uur onverpoos laat hammer en skree teen die vragmotor se geslote deur.

Toe die vragmotor eindelik die volgende dorp bereik het, het die bestuurder gaan ondersoek instel na die geskree vanuit die houer. Dit is hier waar hy vir Piet gekry het bewend met opgeswelde, bebloede hande, totaal deurdrenk met vrees en angs. En die spinnekop? Van di was daar lankal geen meer teken nie ...

Piet se vrees vir wat die spinnekop moontlik aan hom kon doen, het hom tot waansin gedryf so erg dat hy nie eens agtergekom het dat die spinnekop met sy eerste sprong na die vragmotordeur van hom afgeval het nie.

Is dit nie presies wat baiekeer met ons gebeur nie? Ons trap in die strik van die vyand deur so weggevoer te raak in die moontlikheid dat iets sleg kan gebeur dalk dat die bank jou huis of kar kan kom terugvat, dat jy by die werk afgel kan word, dat jou kind met dwelms en verkeerde vriende deurmekaar kan raak dat jy later heeltemal perspektief verloor. Onwetend begin jy in vrees leef totaal verlam om die lewe te geniet.

Koning Dawid van ouds het ook vrees geken. Kyk maar na Psalm 55: O God, luister tog na my gebed want ek is desperaat. My hart krimp inmekaar as die doodse vrees my oorval. n Verskriklike angs sak oor my toe sodat ek heeltemal paniekerig raak!

Maar wat het Dawid gedoen? Hy het perspektief behou. Hy het die antwoord te midde van sy vrees onthou. Kyk maar na die woorde in Psalm 55:17: Net God kan my verlos en daarom sal ek my o op Hom hou! Ook in Psalm 56 waar hy deur die Filistyne in Gat gevange geneem is: Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U ... wat kan n blote mens aan my doen.

Dawid het gekies om sy o op God gevestig te hou. Hy het besef dat hyself geen gebeure in die toekoms kan beheer nie, maar dat God kan. Hy het besef al klop sy hart woes en bang, hy sy rus in God kan vind. Wat van jou? Waarop is jou fokus die moontlike spinnekop wat jou bang en verlam laat soos Piet in die trok, of kyk jy ook na God by wie jy jou vrede kan vind?


Vader God, dankie dat ek in my diepste nood en vrees na U kan kom met die wete dat U steeds in beheer is. Dankie dat ek weet dat U die toekoms ken en dat ek my lewe heeltemal aan U kan oorlaat. Help my vandag om elke vrees in my hart voor U troon te kom neersit. Ek vra dit in Jesus se Naam. Amen.

Weer 'n vers 'n dag van www.bybel.co.za (http://www.bybel.co.za). Het jy al so 'n onmoontlike vrees gehad dat jy heeltemal irrasioneel raak. Toe my vrou haar werk verloor het, kon ek al klaar sien hoe ons alles verloor. Ek het kwaad geword, geskel en geskree totdat God gekom het en gese het: Haai het jy van My vergeet? Gee jou probleme vir my want ek kan verder sien as jy. Tot vandag toe weet ek nie of ek daai al reggekry het nie maar as die benoudheid my pak dan bid ek en vra Hom om my vrese op Hom te neem en my te help om totaal op Hom te vertrou.
'n Spesiale woordjie vir die wat almal gebeds versoeke geplaas het en wat deur moeilike tye gaan. Gee die spinnekop vir die Here, Hy lei na aan enige phobies nie.:eek::pray::agree:

protea
Jun 12th 2009, 03:26 PM
In hierdie gedeelte vra Dawid sy vrou Migal terug wat intussen in sy afwesigheid deur Saul aan Palti gegee is. Natuurlik was Palti lief vir Migal en vers 16 gryp my aan die hart: Hy (Palti) het saam met sy vrou (Migal) geloop , huil-huil agter haar aan tot by Bagurim.
Toe se Abner vir hom : " Gee pad ! Loop terug!" Hy het toe maar omgedraai......

Hierdie mistroostige verhaaltjie het my so geraak die ander aand . En nou ken ons die verhaal hoe Migal nooit kinders by Dawid gehad het nie nadat die verhouding versuur het nadat sy hom geminag het toe hy in die strate gedans het voor die Here.

My reaksie is: What a waste! Dawid het vir Batseba en sy ander vroue gehad . Kon Dawid nie maar vir Migal by arme Palti gelos het nie?:cry: Ek het vir arme Palti SO jammer gekry toe ek die ander aand weer hierdie gedeelte RAAK lees.

manieverster
Jun 13th 2009, 03:57 AM
In hierdie gedeelte vra Dawid sy vrou Migal terug wat intussen in sy afwesigheid deur Saul aan Palti gegee is. Natuurlik was Palti lief vir Migal en vers 16 gryp my aan die hart: Hy (Palti) het saam met sy vrou (Migal) geloop , huil-huil agter haar aan tot by Bagurim.
Toe se Abner vir hom : " Gee pad ! Loop terug!" Hy het toe maar omgedraai......

Hierdie mistroostige verhaaltjie het my so geraak die ander aand . En nou ken ons die verhaal hoe Migal nooit kinders by Dawid gehad het nie nadat die verhouding versuur het nadat sy hom geminag het toe hy in die strate gedans het voor die Here.

My reaksie is: What a waste! Dawid het vir Batseba en sy ander vroue gehad . Kon Dawid nie maar vir Migal by arme Palti gelos het nie?:cry: Ek het vir arme Palti SO jammer gekry toe ek die ander aand weer hierdie gedeelte RAAK lees.
Weet jy wat Protea, met alle respek nou aan die grote koning Dawid, dink ek dit was dalk maar 'n bietjie uit wraak gewees dat hy vir Migal terug gevat het of dink jy hy was regtig so lief vir haar dat hy haar wou terug he en miskien wou Dawid haar 'n les leer omdat sy hom geminag het. Hoe sal ons nou weet? Die mense in doerie dae het maar gelewe volgens oog vir 'n oog ne!

manieverster
Jun 16th 2009, 06:43 AM
Hou aan met swem! (Psalm 105)
Deur: Benescke Botha

Die mis het laag oor die dam gehang toe die jong langafstandswemmer vroegoggend die water instap. Vandag was anders. Nie net was haar ma en haar swemafrigter vanoggend saam met haar langs die water nie, maar haar hart het ekstra vinnig met afwagting geklop. N maande se harde oefening was Gretha Appelkruin eindelik gereed om haar droom te verwesenlik. Sy sou vandag die jongste swemmer word wat nog ooit die afstand na Loslaagte suksesvol afgel het. Gister het sy vir oulaas na die bekende geel vlaggie op die kaai by Loslaagte gaan kyk om haarself voor te berei.

Gretha het nog een maal diep asemgehaal voordat haar afrigter se harde stem die oggendstilte verbreek het: “Op jou merke, gereed ... Gaan!” Soos ‘n vis in die water het sy weggespring, terwyl haar ma en afrigter (elkeen gewapen met ’n stophorlosie), ‘n entjie agter haar in die rubberbootjie gevolg het.

Vir die volgende uur of wat het Gretha sterk geswem. Toe skielik weergalm ’n gil oor die water. Die uitdrukking op Gretha se gesig het duidelik getuig van die pyn wat die kramp in haar linkerkuit veroorsaak het. Sou sy verder kon swem? ‘n Oomblik lank het sy desperaat in die water gehang en deur die dik mis na ‘n teken van die geel vlaggie gesoek. Tevergeefs. Sy kon glad nie bepaal hoe ver dit nog na die kant was nie. “Tel my uit...” het sy geskree, maar haar ondersteuners op die boot, wat geweet het hoe hard sy vir hierdie dag gewerk het, het haar eers probeer motiveer om aan te hou swem. “Gretha, dit kan nie meer so ver wees nie – dalk ‘n paar minute ... moenie nou moed opgee nie.” Ook haar ma: “My kind, jy het so hard geoefen. Ek wil nie h dat jy teleurgesteld moet wees nie ... Jy kan dit doen!” Met mening het Gretha weer weggetrek, maar dit was net vir ‘n paar hale voordat nog ’n kramp toegeslaan het. Toe Gretha vir die soveelste keer opkyk en deur die dik mis geen vlaggie voor haar sien nie, het sy, met vars trane wat teen haar wange afstroom, finaal besluit om tou op te gooi: “Tel my uit. Ek kan nie meer nie ... ”

Toe kom die skok: Gretha was skaars in die boot toe die mis begin ooptrek... die geel vlaggie wat op Loslaagte se kaai gewapper het, was minder as ’n 100 meter weg van die boot...

Is dit nie presies dieselfde in ons lewens nie? Voor elke groot deurbraak, is daar gewoonlik ook daardie toetstyd. Daardie tyd waar jy dalk nes Gretha Appelkruin, voel asof jy aanhoudend in die dik mis vaskyk en geen “geel vlaggie” in jou toekoms kan raaksien nie?

Ek wonder of dit is hoe Josef in die Egiptiese tronk moes voel? Daar was hy, ver weg van sy familie en vriende – op ‘n plek waar hy definitief geen “geel vlaggie” in sy toekoms kon raaksien nie. En daar was min hoop hoe hy ooit hier sou uitkom. Tog het God nie van Josef vergeet nie – Hy het hom eerder intens dopgehou. Luister net na die woorde in Psalm 105:18 (die NLT Engelse vertaling s dit die mooiste): “Until the time came to fulfill his dreams, the Lord tested Joseph’s character”.

Dit is hier in die tronk, op moedverloor se vlakte, dat Josef se karakter vir die volgende seisoen van sy lewe gevorm is. Nadat Josef die skinker en bakker se drome uitgel het, was hy oortuig daarvan dat hulle hom sou help om vrygelaat te word. Tevergeefs. Hy moes vir ng twee jaar lank wag. Hy moes vir nog twee jaar lank sy geloof en vertroue dag vir dag in God plaas. En toe die tyd aanbreek vir Josef se volgende seisoen het God hom van gevangene na onderkoning van Egipte verhef.

Sit jy dalk ook vandag in ’n tronk soos Josef waar jy glad nie die “geel vlaggie” van die deurbraak in jou toekoms kan raaksien nie? Dalk wag jy al maande lank op ’n werksgeleentheid, ’n bevordering by die werk, vir jou lewensmaat of vir ‘n baba wat jy weet net God vir jou kan gee. Kan ek jou aanmoedig om jou vertroue opnuut in God te plaas vir jou deurbraak? Kan ek jou aanmoedig om aan te hou swem?

Vader God, dankie dat ek vandag ook my sorge en vrese voor U kan kom neerl. Dankie dat ek kan weet dat U nooit van my sal vergeet nie (net soos U nooit van Josef vergeet het nie). Help my om vandag aan te hou om my vertroue in U te plaas – selfs al sien ek nie onmiddellik die deurbraak nie. Ek het U ontsaglik lief. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

*Benescke Botha is ’n vryskutskrywer vir verskeie geestelike- en inspirasietydskrifte.

Hoeveel mense het al opgegee net voor hulle die doelwit bereik? Al sien ons nie nou die uitkoms nie, moet ons vasbyt en net aanhou! Weet, iets wat ek geleer het by iemand lank terug is om te bid en die Here te vra om te help dat ek op vleuels van 'n arend kan uitrys bo my omstandighede en die heerlikheid te sien wat Hy vir my voorberei het.:lol::lol:

Francois Marais
Jul 16th 2009, 01:40 PM
God het my geroep om met kinders te werk. Ek was Saterdag by toe Jesus 'n kind van 12 tot geloof geroep het. Ons het baie lekker saam gepraat, gehuil en aan die einde van die aand het die outjie sy lewe an Christus gegee. Na dit het hy begin huil en ek kon nie die trane stop nie (die gesig vol strepe waar die trane die stof van die dag af gewas het kon almal sien)
na dit het ek met die outjie se suster gepraat. Ons het lekker gepraat toe maak sy haar hart oop en praat oor als wat haar pla. Ek kon nie die trane stop nie en het to die oggend ure met haar gepraat. Ek het gevoel dat die kinders nie liefde in hulle lewens ken nie, en dat hulle enigste bron van liefde mekaar en hulle moeder is (hulle het nie 'n vader nie)
Ek het toe vir vaderlike liefde, en soos altyd was God getrou en het gegee wat hulle nodig.
Ek het hulle Sondag by die kerk weer gesien en met hulle gepraat. Weer die seer gevoel van hulle wat my maak huil het. Op pad huis to het ek die Heilige Gees gevra om my te laat voel wat hulle voel (hulle hartseer) en een wenk. as jy dit doen moet nie bestuur nie!
Ek het alle beheer verloor en net begin huil. Soos wat ek nog nooit gedoen het nie. Dit was wonderlik gewees.
Nog iets wat my hart snare tokkel is kinders wat mishandel is, wat nie liefde ken nie en kinders wie se ouers hulle nie wil h nie.
Ek het so paar weke terug vir 2 dae gehuil sonder stop en die Woensdag was als beter. My hartseer was weg en God het my beter laat sien wat ek moet doen.
Ek dink dat huil die HG se manier is om herstel te bring. Ek huil altyd as iemand die sinners prayer doen, want ek weet watter groot stap hulle neem.
O ja, en as ek praise and worship dan rol die trane meeste van die tyd!

Ta-An
Jul 17th 2009, 07:34 PM
Nou hierdie song laat vir my snot en trane huil

I will praise you Lord my God, even in my brokeness I will praise you Lord.
I will praise you Lord my God, even in my desperation, I will praise you Lord.
And I can't understand all that you allow, I just can't see the reason
But my life is in Your hands, and though I cannot see You, I choose to trust you.

Even when my heart is torn, I will praise you Lord,
Even when I feel deserted, I will praise you Lord,
Even in the darkest valley, I will praise you Lord,
When my world is shattered, and it seems all hope is gone,
Yet I will praise You Lord.

I will trust You, Lord my God, even in my lonliness I will trust You Lord.
I will trust You, Lord my God, even when I cannot hear You, I will trust You Lord.
And I will not forget, that You hung on a cross, Lord you bled and died for me.
And if I have to suffer, I know that You've been there, and I know that You're here now.

Even when my heart is torn, I will trust You Lord.
Even when I feel deserted, I will trust You Lord.
Even in the darkest valley, I will trust You Lord.
And when my world is shattered and it seems all hope is gone,
Yet I will praise You Lord.

manieverster
Jul 18th 2009, 05:21 AM
Nou hierdie song laat vir my snot en trane huil
Jip dit is nogal hartroerend. Graag deel ek weer met julle 'n Vers 'n Dag wat my hartsnare laat tingel.


Wil jy kwaad met kwaad vergeld? (Psalm 58)
Deur: Benescke Botha

Op n dag het Abraham Lincoln, een van die voormalige Amerikaanse presidente, se raadgewers ontstoke by hom opgedaag. Hy was erg verontrief deur die optrede van n mede-kollega. Meer as n halfuur lank het hy die probleem sonder skroom aan die president uitgel. Lincoln het rustig gesit en luister. Toe dit lyk of die raadgewer al sy stoom afgeblaas het, het Lincoln geantwoord: Skryf vir die man n brief. Vertel hom presies hoe jy voel. Bring dit dan mreoggend vir my. Opgewonde het die raadgewer vertrek.

Vroegdag was die raadgewer terug by die president. Brief in die hand. Lincoln het nou rustig voor die kaggel gaan sit terwyl die raadgewer met groot bravade die brief begin lees. n Brief waarin hy duidelik nie geweifel het om sy kollega goed sleg te s nie. Toe hy klaar is, oorhandig hy die brief op versoek aan die president. Dit is toe dat hy geskok moet staan en kyk hoe die president die brief in die middel van die kaggel gooi.

Meneer die President, wat doen u dan nou? wou die erg geskokte raadgewer dadelik weet. Die skryf van hierdie brief was klaar jou beloning. Gaan nou terug huis toe en herskryf dit. Lincoln het geglimlag. Dink jy nou regtig dat daar steeds vrede in ons land sou wees as ek elke brief wat ek te midde my woede geskryf het, in die pos gegooi het?

Die tweede brief van die raadgewer was aansienlik anders bewoord. Met wysheid. Hiermee saam het hy ook n belangrike les van die president geleer: Moet nooit in woede reageer nie. Buiten vir die onverantwoordelike goed wat jy aanvang waaroor jy later spyt is, mag jy dalk bre verbrand waaroor jy later met n rooi gesig sal moet terugstap!

Dawid het ook hierdie beginsel verstaan. Vandat hy as koning gesalf is, moes hy ongeveer 15 jaar lank voor sy vyand vlug voordat hy eindelik tot koning gekroon is. Dit is dus te verstane dat hy te midde van hierdie tyd erg gefrustreerd kon raak. Psalm 58 is n bewys hiervan. Luister maar net hoe hy hier met God oor sy vyande praat: Ruk hulle tande uit hulle mond uit, o God! Laat hulle verdwyn soos water wat wegsyfer, laat hulle fyngetrap word soos dro gras. Laat hulle wegraak soos slakke wat net slym agterlaat ...

Dawid draai nes die raadgewer geen doekies om nie. Tog leer ons n belangrike les by Dawid in hierdie Psalm. Luister hoe hy dit afsluit: Die regverdige sal bly wees as hy sien daar is vergelding ... Die mense sal s: Daar is tg n beloning vir die regverdige, daar is tg n God wat reg op die aarde laat geskied! Hoewel Dawid sy hart 100% voor God uitstort, kies hy om nie in sy woede op te tree nie. Hy het besef dat hy slegs sy beloning sou kon ontvang as hy die finale oordeel aan God sou oorlaat.

Ek wonder, sit jy dalk vandag in n situasie waar jy, nes Lincoln se raadgewer, voel dat jy alle reg het om jou vyand goed sleg te s? Dalk voel jy selfs soos Dawid om sommer te bid: Ruk hulle tande uit hulle mond uit, o God! Kan ek jou aanmoedig, net soos Lincoln sy raadgewer aangemoedig het: Beteuel jou woede. En soos Dawid: Neem jou probleem na God. Bid vir wysheid en leiding van die Heilige Gees. En sodra jy stoom afgeblaas het, skryf dan maar weer aan daardie tweede brief! Sterkte.


Vader God, dankie dat ek weet dat as ek wysheid kortkom, ek dit van U kan bid. U Woord s immers dat U dit vir my sal gee wanneer ek vra. Help my vandag om nie kwaad met kwaad te vergeld nie. Help my om op U te wag om reg en geregtigheid te laat geskied. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

*Benescke Botha is n vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte.

*Benescke tree op as gasspreker op Vrouedag by die NG Kerk in Protea Hoogte NGK saal. Vir meer inligting kontak Yolande Jordaan by 021 508 9899 of 084 232 0131.
;)

manieverster
Jul 18th 2009, 05:32 AM
En sommer nog 'n ou vinnige enetjie.


Wat is jou woorde? (Psalm 141)
Deur: Benescke Botha

Dink vir n oomblik aan al jou gesprekke van die afgelope week. Dink spesifiek aan jou woorde en die aard van jou gesprekke met die mense die naaste aan jou - jou huweliksmaat, jou kinders, jou kollegas, jou vriende. S my, was dit meestal positief of negatief?

In Amerika is n navorsingsstudie deur n sielkundige Henry H Goddard gedoen. In n speelkamer het hy aan elke kind n apparaat wat hy n ergograaf genoem het, gekoppel. Die doel hiervan was om te bepaal hoe kinders op woorde van ander reageer. Die resultaat? Hy het gevind dat wanneer moe kinders n kompliment of opbouende woorde van aanmoediging ontvang, hulle energievlakke onmiddellik die hoogte in skiet. Net so is daar egter n onmiddellike afname in die energievlak wanneer die kind gekritiseer of slegges word.

Hierdie beginsel geld vir jonk en oud.

Elke persoon wil gewild wees met baie vriende. Elke ouer en grootouer wil suksesvolle kinders en/of kleinkinders h. Elke getroude paartjie wil n huwelik h wat werk. Een van die geheime om dit te bekom: Sit daardie wag op sy pos.

Psalm 141:3 Sit n wag voor my mond Here. Hou tog wag oor wat ek s. Hou my gedagtes weg van verkeerde dinge. Dat ek nie in sonde verval saam met die wat onreg doen nie...

Wat is die atmosfeer wat jou oral rondvolg? Is dit n wolk van positiwiteit of negatiwiteit? Begin vandag soek na geleenthede om die mense rondom jou met eerlike komplimente te komplimenteer. Kies positief en opbouende woorde wanneer jy met jou kinders, kollegas, huweliksmaat en selfs die vreemdelinge oor jou pad gesels. Vra die Heilige Gees om n wag voor jou mond te sit. Jy sal verbaas staan hoe jou positiewe woorde skielik die atmosfeer in jou huis, jou werkplek en selfs jou huwelik kan verander. Sterkte!

Vader God, dankie dat ek U kan vra om my te help om te let op watter woorde ek gebruik. Help my om doelbewus te soek vir goeie dinge in ander sodat ek hulle kan komplimenteer. Plaas asseblief vandag n wag voor my mond. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

*Benescke Botha is n vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte.
:pp

manieverster
Jul 20th 2009, 09:25 AM
Hy staan onder die boom! (Psalm 103)
Deur: Benescke Botha

My genade, Frank Schoeman! Kan jy glo ons loop mekaar hier raak?

Waar Jenny Le Roux nou glimlaggend in die deur van die treinkompartement staan, is sy net so mooi soos Frank sy boesemvriendin van hulle skooldae onthou het. Hulle albei is nou net tien jaar ouer.

Die volgende paar minute sit en kleur hulle n dekade se stilte tussen hulle in Frank se hol kol op sy maag vir n oomblik vergete. So, is jy ook op pad huis toe? Dit is Jenny se onskuldige vraag wat hom onmiddellik na die werklikheid terugruk. Uh ... ja, antwoord hy nou half onwillig voordat sy aanbabbel. Oe, ek en die hele Jakkiepoort-gemeenskap was altyd jaloers op julle gelukkige, hegte gesin. En ... Frank hoor egter min van die res van hulle gesprek. Sy gedagtes is skielik weer ver weg.

Wat Frank nie vir Jenny vertel nie, is dat hy sy pa nege jaar gelede laas gesien het. Dit was n n uitval tussen hulle dat Frank besluit het om die pad te vat. Hy het alle kontak met sy familie verbreek. Hy was jonk. Onvolwasse. Bitter. Maar vandag was hy op pad terug huis toe.

Op die vorige stasie het hy sy pa probeer bel. Hy het net die antwoordmasjien gekry. Pa, dit is Frank. Ek is op pad huis toe. As pa my kan vergewe vir al die pyn wat ek pa aangedoen het, sit asseblief net n geel lintjie in die lemoenboom agter die huis. As ek dit nie sien nie, sal ek verbyry en pa nooit weer pla nie.

Aandag, aandag. Die volgende stasie is Jakkiepoort. Die kondukteur se stem sny nou deur Frank se spanning. Frank ... Frank, hoor jy my? Daar is n vraende frons op Jenny se gesig. Wat gaan aan my vriend? Jy lyk so wit soos n laken? Kom, ons moet ons goed vat. Ons moet by die volgende stasie afklim.

Jenny, doen my asseblief n guns. Jy onthou daardie lemoenboom agter ons huis? Ons behoort nou enige oomblik daar verby te ry. Kyk asseblief gou of daar n geel lint in die boom hang.

Binne minute is Jenny terug in die kompartement. En? Daar is afwagting op Frank se gesig waar hy nou duidelik gespanne op die punt van die bankie sit. Daar is nie n geel lintjie nie, begin Jenny, terwyl Frank sy kop duidelik teleurgesteld teen sy bors laat sak. Frank, gaan Jenny egter voort. Daar is nie net een geel lintjie nie die hele boom is vol geel lintjies. En wat meer is, jou pa staan onder die boom en waai. Ek dink hy is opgewonde oor jou tuiskoms!

Psalm 103:12-13 So groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir die wat Hom vrees. So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder God ons oortredinge van ons af.

Lukas 15:24 ...Hierdie seun (of dogter) van my was dood en hy (sy) lewe weer; hy (sy) was verlore en ek het hom teruggekry. Toe het hulle begin feesvier

Hoe lyk jou verhouding vandag met die Here? Het jy dalk ook vir n tyd lank kontak met Hom verbreek? Maak vandag jou dag om na Hom terug te keer. Net soos Frank se pa onder die boom vir hom gestaan en wag het, wag God ook vandag met oop arms vir jou om na Hom terug te keer. Luister, die musiek van jou tuiskomsfees is reeds besig om op te klink. Hardloop nou, hardloop tot teen sy bors! Sterkte!


Vader God, baie dankie vir U onvoorwaardelike liefde vir my. Dankie, dat ek kan weet dat ek altyd na U kan terugkeer selfs al het ek die grootste fout in my lewe gemaak. Dankie vir U oop arms vandag. Help my om met vrymoedigheid tot teen U bors te hardloop. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

*Benescke Botha is n vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte.

*Benescke tree op as gasspreker op Vrouedag by die NG Kerk in Protea Hoogte NGK saal. Vir meer inligting kontak Yolande Jordaan by 021 508 9899 of 084 232 0131.


:cry::cry: Is dit nou nie hartroerend nie?