PDA

View Full Version : Bespreking Woord vir die dag



manieverster
Jun 5th 2009, 08:43 AM
Ek loop nou al lank rond met 'n idee in my kop vir 'n nuwe draad en het dit vandag gekry. Ek kry elke dag 'n versie van www.bybel.co.za (http://www.bybel.co.za) in my e-pos en somtyds is dit so fantasties dat ek dit graag wil deel. So, as julle so iets het kom deel dit gerus met ons. Hier is vandag s'n. Dis 'n bietjie ongewoon aan die normal teks wat ek kry.


Tema vir die dag: U sien alles raak… (Psalm 139)
Tema vir die maand: Boodskappe uit Psalms

Deur: Benescke Botha

Sondagaand het die Suid-Afrikaanse ingenieur Erich Heine net na 23:00 saam met 228 mense op die Air France vliegtuig in Rio de Janeiro, Brasilie geklim oppad na Parys. Vir sommige van hierdie passasiers was dit die einde van ‘n vakansie, vir ander die begin van een. Vir nog ander was dit dalk ‘n besigheiduitstappie of die einde van een en nou tyd om terug te keer huistoe. Feit is dit, vir Erich en 125 ander mans, 82 vroue, 7 kinders en 1 baba sou hierdie onwetend hulle laaste vlug van hulle lewens. Ure later sou die loods van hierdie vliegtuig ‘n noodsein uitstuur dat die vliegtuig elektriese probleme het – minute voordat dit spoorloos van die radar verdwyn het. En vir van die familielede soos Erich se vrou Alet en hulle drie dogtertjies wie alleen in Rio de Janeiro agtergebly het, sou hierdie ’n dag word waar hulle lewens vir ewig verander.

Die eerste woorde waaraan ek gedink het toe ek na die fotos kyk van die hartseer familielede kyk wie tevergeefs op Parys se lughawe gesit en wag het, was wat ons in Psalm 139 lees: “Here, u sien dwarsdeur my, u ken my. Of ek sit en of ek opstaan u weet dit… Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit… U het my gevorm my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder… geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sie nie… U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is…”

Skielik het ek opnuut besef hoe waar dit is. God ken ook die getal van my en jou lewensdae. Hy het elkeen van ons uniek geskape vir ’n unieke lewensdoel en wanneer dit tyd is vir ons om terug te keer na ons ewige huis, dan sal Hy ons kom haal – kom wat wil.

Maar kan ek jou dit vra: Leef jy voluit? Maak jy die beste gebruik van elke geleentheid wat oor jou lewenspad kom? As vandag jou laaste dag op aarde sou wees… (nes vir Elrich en die ander 227 mense op die Air France vlug Sondagaand), sal jy gereed wees om voor God se troon te verskyn? Wie is daar in jou lewe vir jy nog moet vergewe? Wie is daar met wie jy nog moet gaan regmaak? Kan ek jou uitdaag om dit vandag te doen?

Vader God, dankie vir die voorreg dat ek U vandag mag innooi in my dag. Dankie dat ek kan bid dat U my en my familie sal beskerm. Wys my asseblief as daar nog dinge in my lewe is waarvan ek moet afstand doen, wys my die mense met wie ek moet gaan regmaak en wys my watter sonde nog tussen my en U staan. Dankie vir U genade en liefde. Amen.
Laat weet maar wat julle dink. Die het my siel diep geraak.:cry::kiss: