PDA

View Full Version : Gedigte: Almal is eintlik Hartseer



CFJ
Aug 8th 2007, 02:28 PM
Hierdie gedigte is almal geskryf, wanneer ek 'n oorwinning op my pad met die Here behaal het en hierin moes ek leer dat alle mense presies dieselfde hartseer het. Ons stories verskil egter, maar ons is almal hartseer en oor daardie rede het ons 'n Trooster. Anders sou 'n Trooster nie nodig wees nie en miskien is dit die rede hoekom Dawid God se liefling was, Dawid het beter as enige iemand anders besef dat God werklik sy Trooster is. Hier is 'n verhaal wat deur gedigte vertel word en hopenlik vertel dit ook dat ons nie een 'n beter storie as die ander het nie, maar dat van ons net besef het ons het werklik 'n Trooster nodig en dan is mens net meer sensitief om dinge raak te sien. Ek dink dit is die hartseerste verhaal, dat mense hartseer is en dit nie eers agterkom nie, want hulle word nooit getroos nie...


Daarna weer het ek gesien al die verdrukkinge wat onder die son plaasvind, en kyk, daar was trane van verdruktes, en vir hulle was daar geen trooster nie; en aan die kant van hulle verdrukkers was mag, maar daar was vir hulle geen trooster nie. Daarom het ek die dooies wat lankal gesterf het, gelukkig geprys bo die lewendes wat nog lewe,
(Pred 4:1-2 AOV)

CFJ
Aug 8th 2007, 04:00 PM
Hier is 'n gedig wat handel oor hoe ons almal maar 'n maat soek. My eie verhaal is een waar ek vir 38 jaar gesoek het en altyd alleen was. Wat ek eintlik graag wou deel met almal, het ek basies vir myself geleer toe ek ook gesoek het en net nooit kon kry nie... ons soek almal ons maats hier op aarde. Ons soek 'n leeftyd lank en vind hulle nie, waar is my geliefde... hoekom kry die ander, hoekom?... waar is myne asseblief Here, asseblief Liewe Jesus, waar?



Ons Beste Maat

Ons almal soek na ‘n maat
‘n maat wat jou bystaan in elke raat
‘n maat wat jou lief het sonder saak
een wat jou altyd diep kan raak…

…ons dink almal die maat is hier
en eintlik is ons nie so vr nie, my dier
die maat wat ons eintlik soek
is nie ‘n maat nie, maar behoed…

…daar’s Een wat alles kan verleen
Dawid-Jonathan, man-kind-vrou… alleen?
ons sal nooit nie vind in ‘n ander mens
sonder die Een wat tog so wens…

…dat almal net eenkeer op sal kyk
om net eenmaal sy kosbaar siel, te verryk
neem Jesus aan my vriend, vriendin
Hy is die Een, wat jy eintlik bemin!

19 Mei 2002, 7:59

CFJ
Aug 8th 2007, 04:02 PM
Daar is 'n raaisel wat meeste in die wreld nie sien nie, hulle hoor net daarvan en verwonder hulle aan diegene wat reken hulle het iets gevind... ken jy ook hierdie raaisel?



Blik aspaai

Raai raai, blik aspaai
wat het ekke hier gevind
dit is ietsie baie fraai
dis so mooi – tog so blind!

Moenie ophou soek My kind
Ek vra mooi – asseblief
soek en soek en jy sal vind
dit is kosbaar en so lief…

Die tragies en die hartseer
is dat baie nie kan raai
en ander nooit, ja… nooit probeer
vir hulle bly dit, blik aspaai?

6 Mei 2002, 1:40

CFJ
Aug 8th 2007, 05:17 PM
Almal van ons het maar drome en soms word min van hierdie drome waar. Baie van ons verwelk met tye en elkeen kry een of ander tyd seer. Mense stel ons teleur en die son kom op en die son gaan onder en dae maak met tye nie sin nie. Almal bid en raak moedeloos en elke liewe mens voel maar een of ander tyd alleen. Die son se hitte kan mens nogal blootstel en die son van die lewe is maar op elkeen se pad. Die Here se son van geregtigheid is genadiglik beskikbaar en is iets wat ek hier ontdek het, dit gee mens nuwe krag en is iets wat mens kan uitsien na! (Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. Mal 4:2)

Lank terug het ek 'n Engelse gedig gelees wat al hierdie dinge so werklikheid vir my gemaak het, dat ek dit op 'n kasdeur geplak het... en op 'n dag, toe is die inspirasie daar...



Ek droom in die son want ek kon

Ek het baie gedroom maar dit nooit bereik
hulle't vervaag soos mis voor die son
genoeg van my drome het ek wel bereik, dank die Heer,
nou droom ek nog want ek kon

Ek het baie gebid maar net niks wou gebeur
ek het gewag op die Heer se son
genoeg het Hy tog antwoorde gegee,
nou bid ek nog want ek kon

Ek het mense vertrou wat my hart gebreek
ek het alleen gestaan in die son
genoeg mense kan ek nog vertrou
nou vertrou ek nog want ek kon

Ek het saadjies gesaai deur die wind verwaai,
vir vols om te eet in die son
genoeg het gegroei om my hart te verkwik
nou saai ek nog want ek kon

Ek het gedrink uit die beker van hartseer en pyn
baie dae sonder musiek in die son
genoeg nektar het ek tog gesmaak,
nou leef ek nog want ek kon!

23 September 2006, 9:49

Ta-An
Aug 8th 2007, 07:38 PM
Uitstekend my vriend!!
'n Talent om te dig het jy beslis!!

CFJ
Aug 9th 2007, 08:10 AM
Die liewe Here se wil is iets wat die mens komplekser maak, as wat nodig is. Sy wil is altyd onmiddelik waarneembaar, tog soek ons Sy wil op wyses wat dit verborge hou. As jy nie moet weet nie, is God se wil bloot dit, jy moenie weet nie. Ons aanvaar dit net nie altyd nie en so weet ons met tye nie wat God se wil is nie, want ons soek eintlik ons eie wil. Elke mens moet die Here as Verlosser en ook Here van sy/haar lewe aanneem, dan sal jy soos Job kan s... "Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!"



U wil

Laat U wil geskied, net U wil
dankie dat ek kan bid
eers dan val alles in gelid
dis so vervelig as ek vra
wat ek nee en wat ek ja
maar as ek U maar net vertrou
dan gee U altyd nou
dit o HERE, is U wil

2 Mei 2002, 3:30

CFJ
Aug 10th 2007, 06:45 AM
Op hierdie forum is 'n artikel oor Richard Dawkins (http://bibleforums.org/showthread.php?t=95881), wat vertel hoe geestelik dood hierdie arme mens is. Hy is net meer bekend, maar daar is baie mense wat werklik geestelik dood is. Hulle leef op 'n ander planeet en dit wat God gegee het, bestaan nie vir hulle nie. Mens moet bid vir hulle, dat ook hulle 'n oorwinning kan kry... hier is 'n gedig wat daaroor handel...



Paradys

U het dit gemaak
ongelukkig, het dit so anders geraak
Die meeste mense woon nie daar nie
die Paradys – hul weet nie waar nie?

As hul maar net kan besef…
die tweede ADAM het herstel
wat eerste Adam – weggehel
dis tragies en nie mooi gestel –

Hulle’t gekies, die dieretuin
(in ‘n hok vasgekamp),
maar die mooiste mooiste tuin
het vir hulle weggedamp…

Dis so hartseer om te dink
dat iets so mooi…, vir hulle stink
Hulle’s maar tevrede, met iets wat sonder rede
voorsien in hul valse vrede

Gee ons krag om te bid
vir diesulkes wat daar sit –
sonder heenkome… die gejok
dis so tragies – hulle hok

Ons weet, iewers is ‘n opening
as hul maar net tot daar kan spring
dan… is hulle vry!
O Here, maak ons harte bly!
want ook hulle’t… die Ewigheid gekry!

4 Mei 2002, 7:47

CFJ
Aug 10th 2007, 11:52 AM
Van tyd tot tyd is dit nogal aangenaam om met ateste en ongelowiges in gesprek te tree. Omdat mens dinge geestelik moet beoordeel as jy n kind van die Here is, kom mens gou agter dat daar n diep kloof in spesifiek mens se eie wreldbeskouing met sulkes sn is. Dit neem dan ook nie lank nie, dan begin hierdie mense met jou spot en natuurlik ook met God. Hulle probeer jou wys dat daar n meer, verhewe en beter weg is as geloof, want die moderne mens hou homself net nie meer op met sulke primitiewe dinge van veral n absolute geloof in God nie. Een van hierdie ateste se skuilnaam is Nathan Bond, wat veral op die rug van evolusie baie van sy standpunte regverdig (van bobbejaan na mens, van eenvoudige dinge ingewikkeld maak en ook van dinge lank, lank, lank gelede... ). Hy kan heel moontlik die Richard Dawkins in die kleine van Suid-Afrika wees en het n redelike invloed op ander en dan woon hy toevallig nog in die selfde plek as ek ook!

Met 2 Timtes 3 ingedagte en terwyl ek eendag so sit en kyk na al die spot en sarkastiese aanmerkings op die forum waar ek geskryf het, toe ontstaan die volgende gedig sommer so spontaan met die hartseer wete dat satan agter dit alles sit (Nathan Bond rym toe in goeie reg heel mooi met Satan Blond)



SATAN BLOND en vriende

Dis die blou dis die blond
daai die ene naam-gestond
Dis die dame met die hare
wat lyk so deur die blare
Dis trippe trappe trone
wat ertjies sien as bone
Dis bob-jaan agterd berg
wat ander kinders terg
Dis hulle wat belowe
maar is self van eer berowe
Dis stotter piep en mompel
in die leuen gedompel
Dis Satan blond en vriende
wat gaan hoor dis hul verdiende
Dis Jesus wat net wag
wanneer hul heeltyd lag
Dis waarheid op te tel
voor ewigheid en hel

30 Julie 2006, 14:20

CFJ
Aug 11th 2007, 07:56 AM
Ons almal ontmoet een of ander tyd 'n baie spesiale persoon, of dit nou net 'n vriend is, 'n ouer is of meer as dit, maar spesiaal is spesiaal en dit word op 'n ander skaal gemeet as die wyse waarop glans-tydskrifte spesiale mense uitbeeld. In Hollywood kry 'n vrou soms 10 uit 10 vir "looks", maar is sulkes altyd spesiaal? Self het ek in 2002 iemand ontmoet wat baie spesiaal was en dit sluit nie noodwendig uit hoe iemand lyk nie, maar is baie dieper as dit en ek kan dit vir ander ook gee. Hier is 'n gedig daaroor...



Een uit ‘n miljoen!

Jy, is een uit ‘n miljoen
dis waarmee ek wil versoen
net een, tog net een
dit is die een, aan my verleen

Baie meet op ‘n ander skaal
as hul net kan sien - hoe hulle faal
al is jy fisies tien uit tien
niemand, het dit inelk geval verdien

Maar een skaal, ja net een
die is ‘n skaal wat krag verleen
hierdie skaal – oneindige seisoen
die een van – een uit ‘n miljoen!

12 Mei 2002, 11:45

Ta-An
Aug 11th 2007, 08:02 AM
Van tyd tot tyd is dit nogal aangenaam om met ateste en ongelowiges in gesprek te tree. Omdat mens dinge geestelik moet beoordeel as jy n kind van die Here is, kom mens gou agter dat daar n diep kloof in spesifiek mens se eie wreldbeskouing met sulkes sn is. Dit neem dan ook nie lank nie, dan begin hierdie mense met jou spot en natuurlik ook met God. Hulle probeer jou wys dat daar n meer, verhewe en beter weg is as geloof, want die moderne mens hou homself net nie meer op met sulke primitiewe dinge van veral n absolute geloof in God nie. Een van hierdie ateste se skuilnaam is Nathan Bond, wat veral op die rug van evolusie baie van sy standpunte regverdig (van bobbejaan na mens, van eenvoudige dinge ingewikkeld maak en ook van dinge lank, lank, lank gelede... ). Hy kan heel moontlik die Richard Dawkins in die kleine van Suid-Afrika wees en het n redelike invloed op ander en dan woon hy toevallig nog in die selfde plek as ek ook!

Met 2 Timtes 3 ingedagte en terwyl ek eendag so sit en kyk na al die spot en sarkastiese aanmerkings op die forum waar ek geskryf het, toe ontstaan die volgende gedig sommer so spontaan met die hartseer wete dat satan agter dit alles sit (Nathan Bond rym toe in goeie reg heel mooi met Satan Blond)


SATAN BLOND en vriende

Dis die blou dis die blond
daai die ene naam-gestond
Dis die dame met die hare
wat lyk so deur die blare
Dis trippe trappe trone
wat ertjies sien as bone
Dis bob-jaan agterd berg
wat ander kinders terg
Dis hulle wat belowe
maar is self van eer berowe
Dis stotter piep en mompel
in die leuen gedompel
Dis Satan blond en vriende
wat gaan hoor dis hul verdiende
Dis Jesus wat net wag
wanneer hul heeltyd lag
Dis waarheid op te tel
voor ewigheid en hel

30 Julie 2006, 14:20
Amazing!!!!!!!!!!!! Welgedaan my vriend :)

CFJ
Aug 12th 2007, 07:32 AM
Hoe mens praat en hoe jy getuig oor die waarheid en oor jou eie Verlosser, is bepaald meer krities as om net inligting oor te gee aan ander. Ons woorde en die gesindheid waarmee mens dit s, bepaal hoe ontvanklik dit vir ander gaan wees. Om hierdie gesindheid te kan lf het ons die Here se Woord en Sy leiding deur di Heilige Gees nodig. Mens weet nooit, of vandag moonlik jou laaste geleentheid gaan wees, om die heel mooiste boodskap van alle boodskappe, di Evangelie aan iemand te gee, wat dalk vandg nog dit ms hr en dit kon aanneem nie...


Wees altyddeur bly.
Bid sonder ophou.
Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
Blus die Gees nie uit nie.
Verag die profesie nie.
Beproef alle dinge; behou die goeie.
Onthou julle van elke vorm van kwaad.
(1Thes 5:16-22)

Jy moet altyd

Jy moet altyd so met mense praat
asof dit jou laaste keer
jy moet altyd mooi met hulle praat
want hierdie keer kan hul bekeer.

As jy dit onthou My kind
dan sal jy My gou gou vind
want My koms is nie meer vr nie
Ek gaan jou kom haal, dalk is jy dan nie meer daar nie…

3 Mei 2002, 10:00


En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
(1Thes 5:23)

CFJ
Aug 14th 2007, 04:32 PM
So baie mense voer aan dat hulle Jesus ken. Tog sien mens in jouself en ander gereeld eienskappe wat mens skok. Mens se behoud is egter om dit te kan erken, maar hoekom wil so min "Christene" dit nie erken nie? Dink mense nog oor wat hieronder in Matths staan, want dit is met "Christene" wat hier gepraat word en dit is iets waaroor mens baie wonder... :(


Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. Nie elkeen wat vir My s: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My s: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle s: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
(Mat 7:16-23)

Godsdiens is hul eer

Daar’s so baie mense
wat ten spyte van al die wense
van die wat Hom gevind het –
ook maar hul sondes bely
en dit, terwyl hul stry
teen hul beterwete;
Godsdiens is hul eer
hul trek ook die baadjie aan en baie keer
is en bly dit maar net, hul eie eer.

3 Mei 2002, 8:08

CFJ
Aug 16th 2007, 04:40 PM
Daar is niks wat so seer maak, soos selfsugtige liefde nie. Baie verhoudings in ons dag ontstaan net omdat een onophoudelik hom- of haarself aan 'n ander een opdring. Omdat baie maar onseker is, kan dit later gebeur dat mens maar toegee en dan is die gevolg meeste van die tyd dat jy gaan seerkry. Selfsugtigheid is maar die wese van al mense se probleme en die kompleksiteit en intensiteit van liefde in 'n verhouding, is baie sensitief vir die destruktiewe element in selfsugtigheid. Daar was 'n stadium in my lewe waar ek nie die Here geken het nie en my eie besluite was meesal dwaas... daarvoor, moes ek 'n prys betaal wat slegte gevolge maar ook 'n goeie eindresultaat vir my gehad het. Romeine 8:28 het vir my waar geword en ek vertel graag later daarvan. Toe ek jonk was het dinge regtig vir myself ernstig skeefgeloop in 'n verhouding waarin ek in "gedwing" was (altans, so het ek maar gedink en sou verrassende dinge hieroor ervaar, wat die hemel 'n werklikheid laat voel), miskien identifiseer iemand ook daarmee...



Gepluk voor ek ryp was

Eenmaal lank gelede…
het ek my skoonheid verloor
en dit sonder rede
want eenmaal… was ek getoor

Toe die listige slang
my laat pluk het
toe ek so bang…?
in hofsake beland het

En dit toe ek al groot
maar nie ryp was nie
dit is, ja… dit is nood
as jy nie reg is nie

Ai die skade en geknoei
ek was amper dood
maar genade het laat groei
en nou’s ek regtig groot!

Halleluja! Ek is vry!..
ek’t gesoek en gevind
en uiteindelik gekry!
ook ek, is nou U kind

11 Mei 2002, 14:19

CFJ
Aug 17th 2007, 11:45 AM
Uit eie ondervindinge het ekself iets geleer van verhoudings, jy en jou maat moet gereed wees voor julle mekaar pluk. Iemand wat gepluk word voor hy of sy ryp is, kry seer en dit maak in elk geval so iemand nie so mooi soos dit moontlik is vir 'n mens om te kan wees nie. Moenie selfsugtig in jou eie begeertes wees nie, ware liefde soek nie eie belang nie, maar die belang van die ander een (1Kor 13:5). Hoeveel verhoudings is daar vandag waar dit uitsluitlik deur die selfsug van een of selfs beide se selfsug uitgebuit word. Dit is niks anders as verkragting nie, want op subtiele, dog geforseerde wyse, kaap die een die ander se hart of beide misbruik mekaar se harte. Ons is almal soos ‘n blom wat gepluk moet word…, onthou, ‘n blom is net regtig mooi wanneer dit volryp is!!!

Die Here wag eers dat die oes ryp is, voor Hy Sy oes kom insamel. Daarom sal God ons nie kom pluk voor die tyd reg is nie, ons word gelouter vir Sy koninkryk en wat God doen, stel vir ons die voorbeeld! 'n Maat gaan nie so mooi wees vir jou, as jy hom of haar pluk, voor hulle reg is vir die liefde nie... die Bybel leer dit ook...


Ek besweer julle, dogters van Jerusalem: Waarom wil julle wakker maak en waarom wil julle opwek die liefde voordat dit die liefde behaag?
(Hooglied 8:4 AOV)

Volryp blom

Ons is almal soos ‘n blom
as ons net, so bietjie dink daarom
dis die mooiste blom vir my
as jy soek kan jy ook kry

Dit is asof – wanneer gereed
hierdie blom die duurste eed –
gepluk moet word in die tuin
van volmaakte liefde – uit basuin!

‘n Volryp blom is altyd reg
om bemin te word – ons Kneg
Hy maak jou so uiters mooi
emmers liefde uitgegooi

6 Mei 2002, 2:38

CFJ
Aug 18th 2007, 09:06 AM
Almal van ons het maar 'n bepaalde verstaan van die Here se Woord. Sekeres se verstaan is soms net meer of minder afhanklik van die Here self. Ongeag hoe naby mens aan die Here is, mens word eintlik maar klein gehou deur nie alles net in 'n oogwink te verstaan nie. Soms verstaan mens gou en soms neem dit letterlik jare, alhoewel dit seker gaan verskil van mens tot mens, kan mens aanvaar nie een van ons kan sommer net in 'n oogwink alles verstaan nie.

In hierdie soeke na kennis is daar ook hoe ons deel met ander t.o.v. kennis. 'n Kind van die Here weet dat mense ten gronde gaan weens 'n gebrek aan kennis. As mens iets ontdek het wil mens so graag vir ander ook vertel. Dit is by hierdie vertel waar die probleem ontstaan, want almal wil nie noodwendig alles wat mens vertel aanvaar nie. Oor goeie redes natuurlik, want sekere dinge in die Here se Woord is nie so krities rakende ons redding soos ander dinge nie. Dit is veral oor sekondre waarhede waar die groot verskille tussen kinders van die Here ook groot onmin, hartseer en verdeeldheid bring. Ek moes so les ook leer toe minder belangrike kennis iemand anders seer gemaak het.

Tydens 'n baie rare vakansie wat ek gaan hou het, want ek doen dit amper nooit, eindig ek op Elandsbaai en ontmoet toe twee van die ongelooflikste mense wat vandag nog goeie vriendinne van my is. Aleta was besig om ‘n boek te skryf en is een van die vrouens wie se geestelike lewe, my nog die meeste beindruk het. Die tannie (Irene) in wie se gastehuis ek gebly het, het dadelik gesien waar my belangstelling l en sy het nie geaarsel om ons aan mekaar voor te stel nie. Ongelukkig was my eie en Aleta se geloofsoortuigings verskillend en ek het myself voorberei om haar so bietjie te be-arbei. Tot my eie skande kom ek toe agter ek is eintlik besig om haar te veroordeel… ek kom toe ook agter dat kennis van God se Woord, skadelik kan wees. Hier is die gedig wat ek toe vir Aleta geskryf het, om die les wat ek geleer het, weer te gee. Ek glo dit is 'n les aan ander ook, want almal van ons gaan iewers onverantwoordelik met "kennis" van die waarheid om.



Kennis Vermoor!…maar Onkunde Versmoor?

Die wonder van godsaligheid
is onbegryplik, gevul met heerlikheid
ons kan dit nie altyd insien…
omdat ons dit vir onsself wil verdien

Dit is hoekom ons so faal
want ons eie-ek…, tot tien-duisend-maal!
as ons tog maar net wil probeer
om die vloed van woorde te kan keer

Met kennis kan ons so maklik vermoor
die verskoning is eenvoudig…
ons weet almal, onkunde versmoor!
Dit maak ons so dikwels in ons optrede, oorbodig

Die les wat liefde leer is anders
presies net soos die see se branders
dis iets wat werk, keer op keer
sonder om verkeerd te leer

Maar nooit moet ons van die gesag,
van kennis van die Woord afwyk
want om te leer uit onkunde…, hierdie mag –
sal voorsien dat minder siele beswyk!

As ons ons onkunde erken
dan eers sal ons meer kennis wen
en dit sal ons hart en siel verryk
om ander te wen, vir Sy Koningkryk.

25 Mei 2002, 10:39

Ta-An
Aug 18th 2007, 09:38 AM
Fantasties Ferdi... jou gedigte spreek van baie emosie :)

CFJ
Aug 19th 2007, 08:49 PM
Die hartseerste wat ek ooit in my lewe was, was 'n skemer-aand waar ek vir die eerste keer in my hele lewe, vir iemand moes vertel, dat ek lief is vir haar. Inteendeel, dit was die eerste keer wat ek hierdie woorde oor my lippe ge-uiter het. Hierdie storie wat ek graag wil vertel, het alles begin by 'n gedig en ek moes net die Here vertrou in hierdie blootstelling van die wreld van die liefde, tussen 'n man en 'n vrou, wat vir 38 jaar my nooit beskore was nie! Tog sou ek iets leer, wat my gewys het, ek het dit al die tyd gehad, ek was net verblind.

Ek noem graag die storie...

... HARTSEER...

Dit het alles begin by 'n gedig...

Marlene..., se gedig...

Al my eie gedigte, handel oor geestelike oorwinnings en ook die datum en presiese tyd wanneer dit gebeur het. Ek dig net as daar 'n oorwinning kom in my geestelike pad van heiligmaking en as die inspirasie daar is. Toe ek jonk was, het ek my vingers verbrand in 'n verhouding, waar die meisie te "slim" vir my was. Omdat ek maar baie konserwatief groot geword het, was ek maar dom met die "dinge" van die lewe. In standerd 8, het ek nog "karretjies" gespeel, want ek het groot geword in Suidwes se stofvlaktes. Toe ek standerd 7 was, het ons verhuis na Pretoria... 'n plek wat nie goeie herhinneringe vir my het nie... verwronge en selfsugtige liefde maak seer, baie seer...

Nou ja, so land ek toe op die ashoop van die lewe en sonder dat ek dit besef het, was die "nare" ondervinding met die meisie nodig, sodat ek in 'n hoek was... ek is een van die gelukkiges, om op hierdie wyse amper kan mens s, geforseerd was om Jesus aan te neem. Dit was of die dood (selfmoord en/of depressie) of die lewe (Jesus).

Omdat ekself maar sensitief is, het dit 'n geweldige effek op my as mens gehad. Ek het 'n persoonlike ontmoeting met Jesus reeds in 1987 gehad (wedergeboorte)... en tog kon ek nooit weer my hart vir 'n meisie gee nie. Ek was ontsettend bang vir vrouens. Daar was Winnie ('n pragtige meisie) wat ek in 1992 ontmoet het, maar ek kon net nooit werklik my hart vir haar gee nie. So stuur die Here toe iemand na baie gebed en jare se geduld of eerder ongeduld, in 2002! Haar naam is Marlene en ons het mekaar in Oudtshoorn ontmoet, maar daarna het ek haar nog nooit weer in lewende lywe gesien nie... en nogal 'n meisie van Windhoek, die Suidwes waarvoor ek so lief was en is. Ons het maar telefonies en d.m.v. e-pos en nou en dan 'n brief, gekorrespondeer. Hier is wat gebeur het, die gedigte vertel die storie.

Omdat ek lief is vir skryf, was dit goed om te weet sy skryf gedigte. Sy stuur toe hierdie gedig vir my...



Hartseer

Die lewe is soms hard - gemeen
die trane wat heel vrylik vloei oor my wange heen
wat sal ek met jou doen, o hart
wat sal ek met jou doen die wortel van al my smart

Omstandighede waarin ek myself bevind
kan ek nie maar weer wees die blondekop kind
as ek kyk na die donker storms in my lewe
ek hoop dat Hy my sondes sal vergewe

Ek is tog so vreeslik bang - die vrees die angs
onsekerheid, swakheid - ek struikel voort - padlangs
wat sal ek met jou doen, o hart van bekommernis
was die droefheid, pyn en donkerte tog maar heel uitgewis

M. Esterhuizen


Dit was nie om dowe neute dat die gedig oor die hart en oor hartseer gehandel het nie. Marlene se eerlike gevoelens wat sy so kragtig op papier vasgel het, het my bedwelm. Sy het haar hart op papier oopgemaak... ek moes ook! Ek weet toe ek sal vir die eerste keer in my lewe vir 'n meisie moet s... Ek is lief vir jou!

Probleem is, ek moet haar kan vertrou... ek weet nie hoe nie... sy is nog so jonk...? Die dinge maal in my gedagtes rond en druk my in 'n hoek, want ek weet, Marlene is die vrou wat die Here vir my gestuur het... ek weet dit ek weet dit ek weet... Die Here het aan my gewys dat ek so naby aan haar sal wees, soos die groewe van die skilde op die Leviathan (Draak) se pantser (vel)...


Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie. Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar.
(Job 41:16-17)
Ek weet nie hoe ek moet maak nie... die middag laat ry ek om die mense wat vir my werk te gaan aflaai en in wanhoop breek ek voor die Here, na ek op 'n verlate pad alleen by Hom was. Dit was die tweede groot ontmoeting wat ek met die Here gehad het, na ek Hom as my Here ook aangeneem het (om goed en sleg aan te neem as reg)... hier is die drie gedigte wat die direkte gevolg daarvan was en vertel hoe die Here in 'n oogwink, my van alle soorte liefdes geleer het...



Vanaand…

Hoe vry het U my gemaak
‘n aand in April net voor die nagwaak
my inspirasie, Marlene… se gedig
Ek kan nie eintlik dig nie, maar ek moes probeer
want die hartseer en verdriet was net te seer

Ek wonder hoe kan dit wees
dat op agt-en-dertig ek die eerste maal
my hart verloor het, ja …die eerste maal
Dit was so vreemd dat ek skoon verward
die pad gevat het wat my hart bepaal

Ek ken nie hierdie pad nie en moes helaas -
tydelik die aftog blaas
O HERE ek wil by U kom skuil
die rigting soek na hart-fontein

Marlene is nog so jonk o Heer
maar iewers…, iewers het U ouderdom uitgewis…
dit kos my net dit uit te vis
Ek wil nie seerkry nie, k‘wil maar net probeer
om sin te maak uit die lesse wat die lewe leer

‘n Man huil nie, maar vanaand…
het ek onbeheersd en platgeslaand
my tot U gewend, want ek val voor U in sondeskuld
ek smeek en smeek en smeek om hulp!

Help my Jesus, red my siel!
want hierdie lewe’t my al so verniel…
ek kom altyd tweede en voel al oud
so alleen, sonder behoud
maar vanaand…, ja vanaand het U met my gepraat
so sagkens, so mooi, so… as my beste Maat

U het m in hierdie aand geleer
daar is twee soorte liefde’s in die hemelsfeer
die een is genade en van U o Heer
die ander een maak ‘n mens se hart, so seer…

{(24 April 2002, 17:30)}


My Opdrag

Wat kan ek vir U doen, hierna…
ek’t by die wenpaal gekom, deur U gena
As ek terugkyk na die see van menigtes
en ek sien hoe hulle val… en strompel…, o ja
dan onthou ek wat U vir my gedoen het
toe die wedloop sonder rigting
my in doellose - smartlike bestaan… ontnugtering?

My woorde is so min
maar gelukkig is my hart gewin
vir ‘n groter Saak
wat ander mense, se siele raak

{(24 April 2002, 18:00)}


So Kragtig!

Ek onthou ‘n donker nag
toe ek in geestelike bankrotskap trag
Dit was iewers in negentien-sewe-en-tagtig
waar U my aangeraak het, so kragtig!

Ek was so verlig na vele maande
van ander-mense-hartseertrane
hierdie is my laaste gedig
my toekomsplanne ingewig
- U sielsverlore aarde -

{(25 April 2002, 3:00)}

CFJ
Aug 21st 2007, 07:51 AM
Nou ja, ek kon nie glo dit was so maklik, om vir iemand te kon s, ek is lief vir jou nie!

Eerste het ek dit vir 'n vriend en vriendin van my vertel... hulle was so opgewonde om te hoor ek het iemand ontmoet, dat ek eintlik oorweldig was oor hul eie gevoelens jeens my liefdeslewe. Wat presies die aand van die 24ste April 2002 gebeur het, was eintlik baie meer as dit. Die Here het aan my gewys, dat as ek my hart nie vir 'n meisie kan oopmaak nie, dan beteken ek nie eintlik iets vir Sy koninkryk nie. Net 'n oop hart kan hartewerk doen! Toe ek dit kon regkry, toe ontvang ek iets baie groter as wat ek verwag het... 'n sielelas!

Dit is 'n brandende liefde vir die siel van 'n ander mens. Ek was so leeg na die drie gedigte wat ek geskryf het, dat ek gereken het dit is verseker die laaste gedig, toe die derde een geskryf was... min het ek geweet dat gedigte terapeutiese waarde het. Ek het Marlene ook duidelik laat verstaan, ek het nou alles geskryf in daardie gedigte wat ek nog altyd wou s... of so het ek gedink...

Op Witsand, terwyl ek besigheid daar gaan doen het, het ek 'n tydjie gehad om so bietjie daar op die strand te gaan sit. Die vorige aand se kuier by my vriend en sy vrou, het my bygebly en ek skryf toe hierdie gedigte...



Ou Manie

Jy is dierbaar, jy en Sonja
sy is so bemind oor my
gevoelens-om-‘n-vrou-te-kry
dit is lekker, dis ‘n fees
om deur sulkes geken te wees

Ek kon nog altyd op jou reken
vir my is dit ‘n goeie teken
dat daar liewe kinders van Hom is
wat nog omgee, in ‘n wreld wat stom is…

1 Mei 2002, 9:30



Marlene’tjie

Ek het nog een geskryf
aan ‘n vriend en vriendin
vir wie ek vertel het
hoe ek jou bemin
Ek wou hulle so graag vertel
wie in hierdie lewe, is my “Pal”

Dis so maklik as jou hart jou lei
dis onsettend spesiaal vir my
as jy lief is vir die lewe
dan het jy ‘n groter strewe
van tydelik?… ewig rus
dis amper, aan die slaap gesus.

1 Mei 2002, 10:00

CFJ
Aug 22nd 2007, 09:14 AM
Toe ek nog in Pretoria was, het ek in Johannesburg gewerk en elke dag tot soveel as 220 km werk toe en terug gekarring. Ek was ‘n produktiwiteits konsultant by Portnet (vir wat dit nou ook mag werd wees…lol). Reeds in 1992, was dit vir my duidelik dat regstellende aksie nog ‘n kopseer gaan word. Dit het nie baie oortuiging gekos om ‘n pakket te neem en maar my eie ding te begin nie. Ek het begin om met volstruise te boer, daarna ook een van die eerste volstruis-slaghuise in Transvaal begin en eintlik meer probleme opgesaal as wat ek nodig gehad het.

Niks wou net werk nie, as daar nie kwarantyn toegepas was weens Newcastle siekte nie, dan kon die volstruis-slagpale in Magaliesburg nie slagvels kry nie of my volstruiskuikens vrek… en glo my hulle gaan nie dood nie, hulle raak sommer vanself oorlede. Of… die ou waar ek onderverhuur (nie almal nie, maar 2 van die drie waar ek heen geswerf het) besteel my. Daarby het ek nog dom foute ook gemaak en so word my Isuzu bakkie op die 10de Januarie 1995 geroof, terwyl ek vleisprodukte in Soshanguwe noord van Pretoria verkoop het. Wonder bo wonder het ek lewendig daar uitgekom, want een van die rowers het teruggekom om my te kom doodskiet. Daar het ek gesien, ‘n skietgebed het groot krag, die rower het onverklaarbaar weggeloop en so is die bakkie vort… tot vandag toe nog en om alles te kroon (swak speurwerk en nog wat), het die versekering nie ‘n dooie sent uitbetaal nie (tegniese punt soos gewoonlik)!

Die besigheid wat reeds swak was, was sommer daar en dan tot niet en al genade was maar om Oudtshoorn toe te verhuis. Ek is met ‘n bus op, my bietjie goedjies wat oorgebly het, is met PX agterna. Ek het net R250 in my hand gehad, nadat daar vroer ook ingebreek was waar ek gebly het, feitlik al my besittings (wat ook maar nie baie was nie) was gesteel… en glo dit of nie, weereens geen terugbetaling deur die versekerings maatskappy nie… tegniese punt natuurlik!

My ouers woon in Oudtshoorn en ek kon genadiglik by hulle ‘n dak oor my kop vind en ‘n warm bed om in te slaap. Sommer van meet af het volstruiseiers my gefasineer en ek het begin om horlosies en allerlei snaaksighede daarmee te maak. Ek kry toe gelukkig ook gou werk by ‘n volstruisboer as voorman… vandag is die boer een van my beste vriende… dieselfde Manie wat ek die gedig voor geskryf het.

In die 18 maande wat ek by Manie gewerk het (die beste, verreweg die beste werk wat ek ooit gedoen het), het ek meeste aande na-ure, soms tot 3 uur in die oggend, gesit en stoei om produkte met volstruiseiers te maak. Wat my die meeste gefasineer het, was om op hulle te kerf en te grafeer. Ek is maar nog altyd 'n baie eensaam en alleen mens gewees... daar was dus baie tyd vir my nuwe stokperdjie. Min het ek geweet dat ek 'n heel nuwe tegniek en konsep ontwikkel het, die speletjie was net te aangenaam om verder as dit te dink, maar die produkte was suksesvol en so begin ek einde 1996 weer ‘n voltydse besigheid.

Dit het maar moeilik gegaan en die eerste 2jaar het ek geloop waar ek wou wees. Ek het geen ryding gehad nie en ek koop toe ‘n klein Mini vir R3500! Sjoe, was ek trots op daai Mini!!!

Ongelukkig het die besigheid vereis dat ek ‘n bakkie moes h… ek verkoop toe die Mini en koop toe ‘n klein Mazda bakkie, toe ‘n Bantam, toe ‘n Courier en so het dit aangegaan waar ek vandag ‘n besigheid het waar tussen 17 tot 35 mense vir my werk, afhangende van die toerisme- en volstruis seisoene.

Genoeg oor die besigheid… ek het sedert 1993 geen vakansie gehad nie en nadat ek Marlene ontmoet het in 2002, besluit ek om so bietjie Weskus toe te gaan. Ek het ‘n goeie besigheidskontak daar gehad, sy het by my volstruiseierdoppe gekoop en self ook produkte gemaak. Sy is ‘n ouerige Hollandse dame wat Engels, Afrikaans en Nederlands so deurmekaar opdis in ‘n smaaklike soort van potjie-kos. So sit en gesels ons en sy vertel my haar lewensverhaal…. Die inspirasie het gou in ‘n gedig ge-eindig, oor di gelowige maar eksentrieke tannie wat in Darling bly!



Mieke from Darling

The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien

The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg

Vir ‘n ystervrou wat liefde leef
it’s so amazing listen to the warning!
Die krag van U kinders laat ander beef
this is the story, of Mieke from Darling!

23 May 2002, 11:30

CFJ
Aug 26th 2007, 07:23 PM
Ek en Marlene het gereeld kontak gemaak, hoofsaaklik maar e-pos. Sy het net drie gedigte vir my gestuur... hier is die ander twee...



Take the time

Take the time to think a while
take the time to smile a smile
take the time to look around
take the time to hear the crying sound

Our lives are too busy for us to see
we do not know who we really are - or who to be
we rush by each other everyday
without having so much to say

We do not take the time to feel
we do not take the time to mend a broken heart - to heal
we close our eyes not to see, our hearts not to care
everyday we pass by each other and greedily our hearts we do not share

Take time to speak your heart, soul and mind
for when you give you will find
love is easy to receive, if only we were to take the time
to stand still and listen to others for a while

M. Esterhuizen



My hart en jy

'n spesiale plekkie vir 'n spesiale persoon
dis my hart en jy
geen komplikasies, geen vrille en valle, geen goue kroon
in my hart, gedagtes, gevoelens daar sal ek jou altyd kry

jy met jou hart van goud
ek is dankbaar om met jou te kan deel
jy wat meer beteken as die see en al sy sout
van liefde en goedheid het jy tog soveel

'n spesiale, unieke jy met jou grote hart
daarom sal ons vriendskap altyd bly voortbestaan
deur dik en dun, blydskap en smart
my hart en jy, net so spesiaal soos al die sterre en die maan

M. Esterhuizen


Ek was so bly dat die Here iemand so sag en sensitief op my pad gebring het. Sy het egter nooit haar hart aan my bekend gemaak nie en alles het daarop gedui dat sy net "vriende" wil wees, maar haar ge-aardheid was van so aard dat dit my nie gepla het nie. Ek is amper seker geen ander meisie sou my so gemaklik kon laat voel om my hart vir haar te gee nie. Onthou die drie gedigte, sy het Hartseer, Take the time en My hart en jy, vir my gestuur.

Ek het haar so waardeer en dit het nie veel geneem om genspireerd te wees vir nog 'n gedig nie... miskien die beste een (my eie opinie) wat ek geskryf het!



…dis al, dis dit…

Met Hartseer het jy my iets geleer
en dit is weet jy – my hart is seer
maar Take the time moet ek erken
is skitterend!!… met hom kan jy ‘n wedstryd wen
My hart en jy is vreeslik sag
dit laat ‘n mens so anders lag

Ek hoop ek glo en ek vertrou
dat ons twee’s vriendskap nog lank gaan hou!
jy moet my asseblief vertel
as ietsie fout is my liefste “Pal”
Dan, sal ek vir jou bid
en bid…dis al, dis dit…

3 Mei 2002, 1:10


Na ek hierdie gedig hierbo vir haar gestuur het, was sy verbaas dat ek geweet het sy het Take the time ingeskryf en dat sy werklik pryse met daai gedig gewen het! Dit is dan wanneer mens weet, inspirasie het 'n Outeur, omdat God vooraf aan mens dinge kan wys sonder dat mens dit weet!

CFJ
Nov 4th 2007, 01:59 PM
Die een gedig wat Marlene geskryf het, Take the time, was een waarmee sy werklik pryse mee gewen het, dit is regtig ‘n goeie gedig. Ek was nooit baie goed met Engels nie en my besigheid het my maar geforseer om Engels beter te skryf en te praat. Dit is net interessant, as jy wil weet of iemand van Suidwes afkom, vra of hy/sy kan swem en of hulle kan Engels praat. Nee, was nogal 'n algemene antwoord tot redelik onlangs… <smile>

Dit was vir my nogal besonders om te ontdek ek kan dig, maar die Engelse gedig wat Marlene geskryf het, het my ook ‘n begeerte in die hart gewek… ek sal ook nog eendag..., ‘n Engelse gedig wil skryf…

Die eendag was toe vroer as wat ek gereken het. Vroeg 2002 het ek die eerste keer ‘n rekenaar vir my besigheid gekoop. Die eerste ontdekking wat ek gemaak het was dat daar elektroniese Bybels is wat jy verniet kan aflaai van die net!! Die tweede ontdekking was dat daar gespreksforums soos hierdie was. Ek het juis op Bible Database afgekom, wat tans al meer as 30 000 lede het en ek neem nog steeds deel hier en hulle het my verder genooi om moderering hier te doen, wat nog net 'n voorreg en sen was. Iets wat my opgeval het van die Amerikaners was hulle buitengewone beheptheid met die wegraping. Ek wil nou nie dogmaties wees nie, maar my eie sienswyse was nog altyd dat Jesus se wederkoms die groot fokus van ons godsdiens moet wees… hoekom die wegraping? Ek het werklik hierdie vreemde fokus as bejammerenswaardig gesien (die reg of verkeerd van die wegraping is nie vir my ter sake nie, want mens kan dit bepaald regverdig, maar die fokus op die wegraping was vir my vreemd)… hier is die gedig (my EERSTE Engelse gedig!) wat spontaan gekom het…



The rapture

My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
but I must confess, don’t worry
the rapture is not before the Great Tribulation
it’s before God’s wrath!!!

Because His wrath is not meant for you
it’s for all the people in the zoo
think about it and refresh…
you will see there’s no way out of here, in the flesh

If you really believe, you will see
the rapture is for you and me
when we decide to leave from here
that very day, oh! God adhere…

3 May 2002, 11:59


Spontaan het oorwinnings gekom. ‘n Meisie wat by my gewerk het, het werklik nie ‘n lewende verhouding met die Here nie (ek hoop regtig sy het nou), maar as ek open met skriflesing in die oggend, dan straal haar gesig en ek wou haar so graag bemoedig!



Trots op jou

Ai ou Liezel vanoggend vroeg
was jou o die skerpste gewees
wat sonder ellende en die moeg
na die stappe van genees…
geluister – asof jy gevind
Hy s: luister asseblief My kind
die ander was darem ook nie vr nie
dit was so mooi gewees,
nie meer so vr… van die huis af nie

3 Mei 2002, 10:09


Al die gedigte wat ek vir iemand geskryf het, het ek ook vir hulle gegee. My skoonsuster, het met permissie ges, heeldag gesit en luister na die radio, niks verkeerd nie, maar is dit regtig so?



Stilte

Jy kan maar radio luister
maar luister mooi as Iemand fluister
dalk is die musiek te hard
dit maak ‘n mens tog so verward

Ek bedoel dit goed ou “Girl”
dat jy luister na Sy wil
dat jy luister hoe dit stil is
dis ‘n voorreg - wat self vertel is

Jy sal sien dis die waarheid
dit gee mens waarlik reinheid
Die stilte het ‘n krag
waar ons almal… eindig in Sy mag!

6 Mei 2002, 6:50


In dieselfde tyd toe ek so genspireerd was, het daar elke oggend ‘n lagduifie, wat iewers uit ‘n hok moes ontsnap het, reg op my afgedaal, so asof God met my wou praat deur die duifie. Die duifie het my pa net so beindruk! Ek het natuurlik kos by my gehad en die duifie het kom eet, uit my hand uit! Een oggend, toe is die duifie net weg en ek het hom nooit weer gesien nie, maar sy doel was gedien… ek het die gedig vir myself geskryf, maar ook vir my pa gegee…



Duifie

Ou duifie, my beskermer
waar is jy…?
die groot ontfermer…?
ek weet, jy was vry!

Ek wonder nou nie meer
want jy was gestuur,
deur ons liewe Heer
wat neerdaal soos ‘n vuur

Jou doel is gedien
ook vir ‘n ander
miskien…?
kan U hom ook… verander

11 Mei 2002, 13:50


Mens is soms so lelik met die mense naaste aan jou en so baie luister heeldag na die radio, my ma ook, maar my ma was ook die slagoffer van my skerp mond…



Liewe Ma

Ons is soms so vr van mekaar
ek hou nie daarvan nie en dit pla my
dat ons alewig so moet stry
kan ek ma ietsie leer
ma moet net, ag net probeer

Ontdek Hom in die stilte
dis waar Hy ons almal raak
waar Hy die mooiste musiek… ook maak

2 Mei 2002, 6:30

CFJ
Nov 18th 2007, 08:50 PM
Marlene het vir my ontsettend baie beteken. Die oorwinning wat ek gesmaak het om net my hart te kon oopmaak, was hemels!

Ek was egter so bietjie gefrustreerd oor haar amper passiewe reaksies, maar nogtans het die gedagte my nooit ontgaan, dat sy vir my baie beteken en ek maar vergenoegd met my omstandighede moet wees. Ek het bly glo dat die deurbraak sou kom... ek en haar nefie (Frans), sou later die jaar in Suidwes gaan toer... dan kon ons sien wat gebeur... so het ek gedink...

Intussen gaan die lewe aan en ek het reeds in 1999/2000, 'n meisie ontmoet wat by 'n plaaslike Christelike boekwinkel gewerk het. Haar naam is Zelda en ons was geestelik op feitlik presies dieselfde vlak. Daar is feitlik nie 'n stukkie dogma, waaroor ek en sy opsigtelik verskil het nie.

Net om bietjie agtergrond te gee... Reeds toe ek klein was, veral so van standerd 6 (nou graad 8 ) se kant, het ek net 'n goeie vriendin begeer. Daar was so baie van my vriende wat sulke goeie, platoniese vriendinne gehad het... ek het ook so vriendin begeer. Terwyl ek so sit en top oor my en Marlene, toe raak ek skielik skaam oor my selfsugtige begeertes... Die Here het so vriendin vir my gegee! Ja, haar naam is Zelda... ek het haar nog net nooit waardeer nie! Dit was 'n groot oomblik in my lewe... sjoe, as ek darem nou daaraan dink!


My Beste Vriendin

Geskenk uit genade
gegee toe dit nodig
die rots van ons aarde
altyd sterk bewillig ja genadig

Sy is beter as n maat
in die huwelik gegee
dit is kosbaar en ek baat
in di vriendskap, tyd te bestee.

Dankie Jesus vir die krag
en die vrede elke dag,
dat ek haar gevind
om te sien, ek is U kind!

Ons soek altyd en verniet
wat ons vind is net verdriet
Maar as ons eenmaal regtig soek
dan vind ons, U beskik oor hemels-goed

17 Mei 2002, 11:59

Toe ek in die hospitaal was, het ek vir 7 weke daar gel, ek het geweldig baie aandag van die verpleegsters gekry. Hulle het almal om my bed kom staan... en dan lees ek my gedigte vir hulle. So het ek op grond van die dinge wat hulle my vertel het, gedigte met inspirasie geskryf wat my nou nog verstom, as ek sien wat alles met my gebeur het in die ongeluk. Die Here het geweet hoekom ek daar in die hospitaal (Worcester Medi Kliniek) moes wees. Daar kon ek bid saam met mede-pasiente, voor hulle vir operasies gaan en dies meer. Baie het geestelike raad by my kom vra... ek was so dankbaar om net iets vir die Here te kon doen. Vir my was dit 'n fees en oor baie redes.

Ek het nooit vriendinne gehad nie en die aandag het my opgewek laat voel... die grootste daarvan natuurlik die aanraking wanneer hulle my versorg. Ek kon niks myself doen nie. Ek het sonder dat ek dit besef het, eintlik eers nadat ek ontslaan was, gesien dat my onderbewussyn gesmag het na 'n vrou se aanraking. Daar ontmoet ek toe vir Elzibe. Ons uitkyk op die geloofsleer was net soos met Zelda, feitlik dieselfde. Meer oor Elzibe later.

Omdat ek redelik aktief was op godsdiensforums, het ek heelwat mense op die net ontmoet, een so iemand was Tersia. Ek dink van almal wat ek nog leer ken het, was Tersia die een met wie ek die meeste geheime gedeel het. Sy weet alles van my en net so weet ek alles van haar... dit moes so wees, want ons het beide net 'n oor nodig gehad oor ons eie unieke omstandighede. Ek was al so dankbaar oor Tersia, sy het vir my regtig baie beteken. Ek dra dan ook die gedig oor my Beste vriendin, op aan Tersia, Aleta, Elzibe en Riana. Riana is iemand wat ek in Oudtshoorn ontmoet het, net soos die ander vrouens, was ons gemeenskaplike uitkyk op die Bybel dieselfde. Hulle almal was sulke vriendinne, wat op die regte tyd daar was toe ek hulle nodig gehad het, soos die gedig ook uitspel, hulle sal altyd wees, selfs al hoor ons moontlik nooit weer van mekaar nie. Ek kan C'tjie (skuilnaam) ook insluit by daardie groepie, maar van haar sal ek julle later vertel...

Elzibe het my vertel van haar hartseer oor haar egskeiding, dit het haar so onaanvaarbaar laat voel. Ek glo met my hele hart haar aandeel in haar eie egskeiding was nie groot nie, maar sy moes hoor dat die Here ons vergewe vir dinge wat verkeerd geloop het. Ek wou ook nie God se vergifnis 100% aanneem nie, maar ek moes as ek waardig voor God wou wees... hier is 'n gedig wat ek vir haar geskryf het...


Volkome Vergewe

Moenie terugkyk soos Lot se vrou
dit is iets baie kosbaar, wat jy moet onthou,
want die lewe het n pas
wat die ongeloof van twyfelaars verras

As Jesus jou sondes vergewe
en jy weens omstandighede, geen rede
het om te twyfel weens jou skoonheid,
dan moet jy weet die kruis wat jy dra, is waardigheid!

As jy jou kruis opneem
is dit die genade verleen
vir dit wat Christus gedoen het,
toe Hy jou sondes versoen het en gesterf het aan die kruis
Ja, dink maar vir n wyle en jy sal besef, wat Hy vir jou gedoen het

Die geraamtes in jou kas
het altyd n gewig wat jou swaar belas,
maar as jy jou kas se deur oopmaak,
sodat Hy die geraamtes sondes uit kan laat
en Hy jou met Sy genade vry laat raak

dan, moet jy onthou
die wonder van genade ontvou
en laat jou sonder las,
die dag toe Jesus jou sondes skoon gewas!!

18 Junie 2002, 01:00

CFJ
Jun 7th 2009, 07:14 PM
Miskien moet mens maar weer begin skryf, maar inspirasie is nodig en dit lyk of dit terug is...

protea
Jun 8th 2009, 06:12 AM
Ferdie , jy en Karen het nou nie juis agter in die ry gestaan toe die skryfkuns talente uitgedeel is nie ne.....;) Vir jou se ek ook : Doet zo voort!

CFJ
Mar 19th 2011, 11:28 AM
Ek was net 'n maand na ek Marlene ontmoet het, in 'n kop aan kop botsing buite Worcester en dit na ek van 'n baie rare vakansie soos ek reeds vertel het, oppad was terug huis toe. Van die ongeluk kan ek tot vandag toe niks onthou nie en die heel eerste gewaarwording was in ‘ICU’ (intensiewe eenheid), toe ek heel verdwaas l en luister na al die goed wat met my gebeur het. Soos ek l en luister hoor ek, ‘sy nek is ontwrig, sy rug is gebreek en dit lyk of hy verlam kan wees, daar is geen gevoel in sy voete nie, sy gesig is vergruis en dit is baie waarskynlik dat hy breinskade kan h, want die gesigplaat het ‘n geweldige hou ontvang’ en so gaan die lys aan… Terwyl ek so l en luister na al hierdie dinge, toe kom daar spontaan net een woord oor my lippe. ‘HERE’..., is al wat ek ges het en toe ek Sy naam hoor en dat ek nog Sy naam kon s, het ek volmaakte vrede gehad, want ek kon nog Sy naam s en of ek breinskade het, verlam is of wat ookal, dit het nie saak gemaak nie... en ek was werklik tevrede!



Nie dat ek dit uit gebrek s nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.
(Filp 4:11 AOV)



Soos reeds ges was die sewe weke wat gevolg het, die heel beste vankansie wat ek ooit gehad het en dit plat op my rug en glo my, dit was hemels! Die eerste versoek wat ek gehad het, was om met Marlene te kon praat en hulle het haar vir my geskakel en dit het baie beteken, net om haar stem te kon hoor en om haar gerus te kon stel, ‘ek is OK’. Wat ek na die tyd eers besef het, was dat die hospitaal nie werklik oor my fisiese heil gegaan het nie, maar ek moes daar land sodat ek ‘n geweldige groot geestelike oorwinning kon behaal. My liggaam het gesmag na die aanraking van ‘n vrou en die toestand waarin ek was, het my ‘n oorvloed hantering en koestering gegee, wat ek nooit besef het, ek so nodig gehad het nie. Die Here was besig om iets in my te herstel en ek sou die lesse weldra leer…

Ek het goeie vriende met almal daar gemaak en hier is drie gedigte wat aan of vir die personeel van die hospitaal geskryf was en dit is nou nie sulke genspireerde gedigte nie (miskien omdat ek voel hierdie gedigte anders as die ander, so bietjie geforseer was, maar ook darem nie heeltemal nie), maar ten minste het my kop nog gewerk, want sien, ek het moontlik breinskade…, altans mens tob maar daaroor…

Aan ou Sarie een van die saalhulpe wat altyd so getrou was en dit het vir haar so baie beteken...


Sarie

Die naam is in die volksmond
diep gewortel en deurgrond
met respek en groot gewaan
besing deur liedjieskrywers, met ‘n traan

Maar ou Sarie jy is anders
byna soos die see se branders
jy is dieselfde keer op keer
dit is iets wat jy ons kan leer

Dankie vir jou mooi manier
jy maak dit sommer lekker hier
in die hospitaal plek van sorge
in Worcester Medi-kliniek, voel verdriet verborge

11 Junie 2002, 08:00

Ek was in ‘n saal met 6 beddens en vele der vele is geopereer terwyl ek daar was en as hulle uitkom en wakker word, kon mens maar net glimlag oor die bedwelming van die narkose…


Nog ‘n Bietjie Water

As die narkose vir die almamater
hy bly vra, vir ‘n bietjie water
dis so snaaks as iemand
as gevolg van narkose so bietjie verloor, van sy verstand

Nog ‘n bietjie water!
ons het so geskater
nog ‘n bietjie water!
is dit alweer later

Soms hoes ons so…
asof ons onderstebo,
dit is nogal snaaks
as nog ‘n bietjie water…, ja, dis nogal snaaks?

11 Junie 2002, 11:00
Sommer so ietsie aan al die personeel…


Verpleging is Hul Eer

Daar is sommiges van naam
wat in skofte werk… te saam.
Hulle help in saal F, waar hulle werk
sonder swakheid – ja so sterk

Dis die wat medies opgelei
om die ou siek gestel weer reg te kry.
Dankie vir jul almal…, ja nie een is uitgesluit
julle woel en maak gesond…, ja om soms ook in te spuit

Hier in Worcester Medi-kliniek
werk ‘n span die regte kliek
van personeel wat ingestel
om die siekes te laat herstel

18 Junie 2002, 21:50

CFJ
Mar 20th 2011, 08:43 AM
Die Kerk-toneel is ‘n plek wat veronderstel is om stukkende mense heel te maak en tog gebeur dit in geweldig baie gevalle dat mense juis in die Kerk seerkry. Dit is nie noodwendig 'n denominasie se skuld nie (sekere denominasies meer en ander minder en soos die tyd aanstap meer en meer in alle denominasies en dan wissel dit binne denominasies ook), maar is bloot oor ‘n baie eenvoudige beginsel altyd die swakheid van die mens. Die feit bly egter, dit gebeur en dit lyk of dit met rasse skrede toeneem en die hartseer werklikheid is dat die Here die skuld kry hiervoor.

Oorkant my het ‘n jong seun in traksie gel, omdat hy sy nek in ‘n ongeluk gebreek het, wat in die Rooms Katolieke Kerk was en eintlik ook nie daar was nie. Hy het dit nie self vir my vertel nie…, sy ma het en wanneer sy vir hom kom kuier het, het sy elke keer by my ook ‘n draai kom maak in die hospitaal. Sy was egter nie in die Roomse Kerk nie en was baie bekommerd oor Gaby wat nooit met haar oor die Here wil gesels nie en eintlik nie eers belangstel in godsdiens nie. Ons twee het goeie vriende geword en juis omdat ons die enigste twee was wat lank saam in die hospitaal was. Ek glo maar dat mens of moet wag vir die regte geleentheid wat die Here self sal skep om iemand te nader of wag dat so een self vrae begin vra, voor mens oor die Here gesels. Doen mens dit anders is dit gewoonlik uit jouself uit en word dit nie so gesen, soos wat die Here wil h mens dit moet doen nie. Daar staan baie pertinent…,



maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
(Jes 40:31 AOV)


Dit is werklik so en in baie gevalle is dit wat ek maar moes doen, ek moes op die Here wag en hierdie keer was dit ook so. Ek wou so graag met Gaby praat oor die Here, maar die Here het sy ma gebruik om my voor te berei en ek het mos geweet, hy stel nie belang nie. So l ons en gesels en Gaby verbaas my een oggend met vraag na vraag. Hy wil weet hoekom is daar so baie Kerke en hy wil weet hoekom moet hy bieg by die priester en een ding bly my by, hy wil meer weet oor die Here. Sy ma was so opgewonde om te hoor Gaby het vrae begin vrae, sy was skoon oorstelp en hierdie gedig vertel meer van Gaby se vrae en ook die verdeeldheid in die Christendom, wat baie mense werklik verwar…


Die Pater

Gaby, my jong vriend
jou bekommernis oor jou pater
is ‘n algemene ding en is lank nie uitgediend,
meeste van ons kerke het dieselfde flater

Kerke twis en kerke gis
en eintlik is die groot gevaar,
dat baie van hulle die punt vr mis
die hele ou getwis, maak dat ons liefde nie gewaar

‘n Mens wonder wat op aarde
het al die liefdeloosheid veroorsaak
dat geestelike sake amper geen waarde
gekry…, geword het…, ja geraak!

Dit is die hartseer van ons kerke
die amper…, bykans geen egte werke
Ons moet almal maar probeer,
om Goddelike liefde, te leef
en gehoorsaam te wees aan ons liewe Heer!

11Junie 2002, 08:00

CFJ
Mar 20th 2011, 08:50 AM
Dit is darem maar lekker om verlief te wees en tydens my vakansie, het ek een oggend van Elandsbaai na Lambertsbaai gery en sommer die wreld gaan verken. Ek het elke oomblik van my vlug van die liefde geniet en ek was so dankbaar teenoor die Here vir Marlene en wie het nou inspirasie nodig as jy is waar ek was…, iewers alleen op ‘n verlate grondpad skryf ek toe hierdie gedig…


My Precious Love

Oh Lord thank you for my precious love,
I know you gave her from above.
The beauty of the things we share
it’s something good – I so much care

Thank you Lord, You are so great!
You make decisions without mistake
I will never dare to seek…
another, without her… to keep

This is all I want in life
You were first and now I strive,
to love her till the end of times
this really gives live, a lot of smiles

The beauty of her inner side
and also the complex thoughts we both abide
I only know to understand,
You gave her to swaddle, from Your Hand

Now I know my destiny
it’s made up for her and me,
life is so sweet and beautiful
my precious love were given by You – I feel so blessed, yes trustful.

24 May 2002, 14:30
Die gedig was in wese aan die Here gerig, net om dankie te kon s... en die grootste verrassing wat ek ooit sou kry, het nog vir my gewag en hierdie gedig het 'n baie spesiale mens se eiendom geword.

CFJ
Mar 21st 2011, 10:58 AM
Ek skryf op die 16de Mei 2002 die volgende vir Marlene, want alhoewel sy nie werklik van haar kant iets gedoen het nie, het die Here my keer op keer bevestig, gee jou hele hart!


Marlene,

Om so lief vir iemand te wees soos ek vir jou is, sal mens se hart laat beswyk. Ongelukkig kan ek nie selfsugtig wees nie en my hart sal dit nie kan verwerk as ek jou ongelukkig moet maak nie. Ek sal maar eers bietjie stiller moet word, al wil ek nie graag nie.

Ek is so bang ek doen iets verkeerd deur jou dalk te dwing om my vrou te word en ek wil dit nooit op hierdie manier doen nie. Ek het al gesien as 'n braaivleisvuur nie wil brand nie, dan kan een ou alleen nie die vuur aanblaas nie, sy asem raak op. Ek dink jy verstaan wat ek bedoel.

Moenie hartseer voel nie asseblief, ek wil jou nie seermaak nie!

Ek moes dit wat ek geskryf en gedoen het, net doen. Die Here het my op 'n mooi manier gedryf om dit te doen. Ek dink jy sal saamstem die vrug van ons vriendskap is verseker die moeite werd! Lees Psalm 73:26 en ek is seker jy sal baie daaruit kan verstaan!

Ons moet maar net Sy wil doen en as Hy ons lei na mekaar toe dan sal dit wees op die tyd wat Hy bepaal.

Ek moet maar eers afsluit en vergeef my as ek bietjie stiller raak, ek kan nie anders nie. Ek het in totaal nou al 22 gedigte geskryf!... en vier van hulle het ek net vir jou geskryf en ek sal nog as die tyd reg is die ander drie vir jou stuur! Ek heg die oorspronklike "Vanaand..." vir jou aan, want ek sal oneerlik wees as ek dit nie doen nie. Ek weet nie hoekom ek dit verander het nie, maar een ding wat my tref van die gedig is die diepte, wat ek nog nie werklik kon peil nie. Al my gedigte (geskenke!) is vir my mooi, maar hierdie een is anders...

Daar is nog twee gedigte wat ek ook saamstuur, jy sal hulle geniet!

Mooiste, mooiste dag vir jou en onthou..... jou kosbare hart!
Ferdi

Ek moes my hele hart gee en het hierdie gedig aan haar gestuur oor hierdie teks wat vir my so baie beteken het


Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
(Spr 4:23 AOV)

Jou Kosbare Hart

Ek bemin jou, ek
wil jou
nooit veloor nie en ek
het jou net nou!

My kosbare hart
was die woning
van baie smart
O grote Koning!

Dit is die ware skat
wat U verleen
ons moet dit nooit, nooit onderskat
dit is net, geleen

16 Mei 2002, 8:57
n Mens voel maklik onseker en elke keer as ek besluit het om maar tou op te gooi, dan het die Here alleen my bemoedig en keer op keer uit die Skrif uit... en elke keer was daar nuwe hoop, nuwe vuur, ook met hierdie eed, wat in n gedig behoue gebly het


My eed

In hierdie aand het ek gesweer
voor God my woord van eer
dat ek Marlene sal bewaar
voor U - engele geskaar

My liefde sal haar oorspoel
so sterk en kragtig,
dit is hoe ek voel
in hierdie aand voor Uwaaragtig

Gee my te oorwin
ek dank U nou eerlik
om my liefste te bemin
vir ewig en altyd heerlik!

12 Mei 2002, oggenduur
Ek sou mettertyd al die lesse leer en wonder bo wonder alles perfek verstaan, nie oor my verhewe verstaan nie, maar oor die Here wat gewerk het en hoe Hy my wou vorm vir wat voorl en dit is immers Hy alleen wat my laat verstaan Moenie te gou tou opgooi as jy nie verstaan nie, is n les wat almal uit hierdie verhaal kan leer en hopelik is dit iets wat jy saam jou kan neem. As die Here s, doen dit, dan doen jy dit al lyk dit ook hoe onlogies. Dit het vir my onlogies gelyk om so baie vir Marlene te gee, as sy so min gee en tog het die Here aan my bevestig, gee alles!

CFJ
Apr 18th 2011, 05:55 PM
Die rede hoekom die storie so bietjie stadiger vertel word as wat mens wil, is hoofsaaklik oor twee redes. Die heel belangrikste rede is bloot dat mens maklik so verhaal rondom jouself kan sentreer en dit mag nooit oor die self gaan nie. Dit is uit en uit 'n bybelse beginsel om diensbaar te wees vir ander en die verhaal moet so motief h om enigsins waardig te kan wees. Die ander baie belangrike rede is dat daar mense betrokke is wat nie altyd gereed is om deel te raak van so verhaal nie en die tyd alleen sal my leer hoe mens daardie spesifieke dele waar ander mense betrokke is, moet vertel. Daar is baie om te vertel, maar die belangrikste is om aan mense te wys dat my hartseer nie meer uniek is, as ander s'n nie. Ek kon genesing vind, inteendeel volkome genesing vir my eie hartseer en die einddoel van hierdie verhaal is om vir elkeen wat hier lees, sou dit enigsins moontlik wees en sou my eie storie die inspirasie kon verskaf, te wys dat genesing vir jou ook moontlik is. Die hartseerste verhaal is eintlik nie vir mense wat hartseer vind nie, want sulke mense vind maklik troos, maar vir hulle wat verharde harte het, wat nie meer troos soek nie en allerlei dinge doen om die hartseer wat by almal teenwoordig is, te vermy. As jy nie jou eie hartseer vind nie my vriend/vriendin, sal jy nooit getroos kan word nie en nooit die kerntaak van God op aarde smaak nie, die feit dat Hy ons almal se volmaakte Trooster is en werklik perfekte heil bied!

CFJ
Apr 19th 2011, 06:37 AM
Jesus het self ges…,



Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
(Joh 14:27 AOV)


Die laaste sin hier lees, ‘Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.’ Die Here het geweet ons gaan in ‘n plek moet bly waar baie onreg, verdrukking en smaad is en dat ons nou slegs ‘n aardse tentwoning besit, die plek van ons vreemdelingskap. Toe Jesus op aarde was, het die Jode ‘n aardse Koning verwag wat vanuit Jerusalem in die troon van Dawid sou regeer. Toe Jesus egter aandui dat Sy koninkryk nie van hierdie wreld is nie, maar dat dit ‘n geestelike koninkryk is, het hulle o.a. oor hierdie rede Hom verwerp. Daar staan dat Hy na Sy eiendom gekom het, maar hulle het Hom verwerp. Vir myself is dit veel meer van belang, om te let op die vrede wat n, vandg vir elke mens beskikbaar is en sou die 1000 jarige vrederyk teologies korrek wees, wat wel so kan wees en wat ek nie onnodig wil betwyfel nie, mens nie alleen op daardie vrede sal let nie, maar veel meer op dit wat mens nou kan besit. Dit is werklik ons behoud, dat ons dit sal doen. Dit is vrder vir my hartseer dat baie se fokus op die 1000 jarige vrederyk se vrede sentreer, terwyl dit nou al ‘n werklikheid is om in ons dag saam met Hom as konings en priesters te regeer en oor hierdie rede het die volgende gedig net spontaan gekom… en gebou op hierdie woorde van Johannes toe hy op Patmos die volgende uitspraak gemaak het,



...Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.
(Open 1:5-6 AOV)



Vrederyk

Ons het dit nou!… nie later
as mense dit maar…, nie so afwater
waarom verwerp hul U genade
dit bring hul siele soveel skade

Die krag van ons redding
is vir ware kinders verniet gebring
nou wil sekeres dit koop
met, deur-te-wag-vir-die-dood!

Gee ons o om te kan sien
dat U vrederyk, is reeds gedien
vir die wat waarlik glo
het U kragtig!… beskik van bo

4 Mei 2002, 8:37

protea
Apr 22nd 2011, 01:11 PM
Ferdie , jou gedigte en die verhaal daar om bly roerend.... Wat my die meeste getref het, is die Here se opdrag om 'jou hart oop te maak' wat natuurlik n risiko van verwerping kon insluit.

In die verhoudingswereld is die woord 'hartseer' soos ABC en almal kom daarmee in aanraking. Maar hierdie hartseer het gelukkig ook die neiging om jou na die Antwoord toe te laat draai. Nie noodwendig met vrae soos 'hoekom Here?' nie , maar wel 'Waarnatoe nou Here?' Die hoekom-vrae kry nie noodwendig antwoorde in hierdie lewe nie. Maar eendag sal ons 'ten volle ken!'

Of jou verhaal n gelukkige einde gaan he , is ook nie juis ter sake nie , maar die REIS , DIS wat van belang is! Mense wat jou aanraak en ook ander wat weer deur jou aangeraak word tot Sy eer.

Skryf nog! Ons lees heerlik!

CFJ
May 26th 2011, 09:14 PM
Daar is 'n paar invalshoeke in die Christelike sfeer wat soms so eenvoudig en verstaanbaar is, dat mens nie anders kan as om te verstaan, waaroor dit werklik gaan as dit oor Christenskap handel nie. Een so invalshoek wat my baie help, is om te kyk hoe selfsugtig iemand is. Deur net na selfsugtigheid te kyk in jouself en in ander, kan jy boosheid in alle glorie sien. Iemand wat in wese selfsugtig is, kan nie die Here ken nie, dit is onmoontlik. Die enkele ding wat 'n gelowige in Jesus laat uitstaan, is of so mens diensbaar vir ander is en mens kan net diensbaar wees, as jy onselfsugtig is.

Die kruis se hele doel is om jou in jou selfsug te laat sterf en vele mense wat die Here dien en gevind het, sal getuig dat die dag toe jy Jesus ontmoet het, die dag van jou wedergeboorte, is jy in wese van jou eie destruktiewe self gered. Die selfsugtigste wese wat daar is, is die Satan en dit is hy alleen wat die mens dring om die self oormatig te koester, om eiegeregtig te wees en om onkonsidererend te wees deur ander mense nie werklik in ag te neem nie, inteendeel, selfsug sien 'n ander mens of sy belang glad nie raak nie.

Ek het al besigheid gedoen met sogenaamde 'Christene' en die groot toets wat sulkes faal is hulle selfsugtige handelinge wat nooit die ander een in ag neem nie, want dit kan nie, nie as die self nog nie gesterf het nie. Ek het baie swakpunte en het nog 'n pad om te loop, maar ek kan die Here dank dat selfsug nie konstant by my aanwesig is nie en tog is ek ook nog selfsugtig, al wil ek nie so wees nie...



En Hy s vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verlon en sy kruis elke dag opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. Wat baat dit ‘n mens tog as hy die hele wreld win, maar homself verloor of skade aandoen?
(Luk 9:23-25 AOV)


Mense s baie dat hulle iets gedoen het as 'n stap in gehoorsaamheid en verwys dan na een enkele daad, maar hierdie gedeelte in Lukas 9 is wat myself betref, die mees onderskatte opdrag wat Jesus ooit gegee het en min besef, dat met hierdie opdrag dit die enigste wyse is wat ons werklik gehoorsaam kan wees, as jyself sterf, sodat Christus kan lewe. Paulus het byvoorbeeld die volgende ges wat spesifiek met hierdie opdrag te doen het...



Ek is met Christus gekruisig, en k leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
(Gal 2:20 AOV)


Wat myself betref is hierdie die heel belangrikste opdrag om na te kom, want die kruis se krag alleen kan ons 'n pad met die Here in gehoorsaamheid laat stap en ons moet werklik versigtig wees vir die Satan se versoekinge. Jesus het nie verniet die 'Onse Vader' gebed vir ons geleer nie, 'laat ons nie in versoeking kom nie'... en hierdie gedig vertel hiervan... en ek was eintlik verbaas dat hierdie gedig nie al vroer tot my gekom het nie, juis omdat selfsugtigheid en eie belang so lelike ding in myself en ook in ander is. Dit is juis vanwe selfsug en eie belang, dat daar so baie hartseer in hierdie wreld is en die Satan sit agter hierdie magspel van eie belang!



Eie belang?

Ek… ek soek nie eie belang
daai’s die streke waarmee satan ons vang
hy druk mense vas in ‘n lang donker gang
en dit alles…, net vir eie belang

Vrder, soek ek glad nie eie belang
ons voel soms onseker, want Niek maak ons bang
oppas gerus vir die listige slang
dis net sy selfsugtige eie belang

Ek s maar net weer, geen eie belang
die duiwel verseker om mense se drang
na eer te verhoog met ‘n hemelse rang
dis alles onthou!… net vir eie belang

Ek herhaal weer ‘n keer, geen eie belang
dit is reg, dit is reg…! hoor mens die gesang
van ‘n draak wat almal in “liefde” wil hang
en dit alles geliefde, vir sy eie belang…

25 Maart 2007, 11:45

CFJ
May 29th 2011, 09:54 AM
Niemand kan werklik in Christus leef, as jy nie gesterf het nie. Of dit uit en uit ons keuse is om te sterf, is te betwyfel. Of dit werklik net ‘n keuse is om in afhanklikheid van God te leef is ook nie so seker nie. Of dit vrder ons eie keuses is wat die smeltkroes kies, wat loutering kies en wat die smaad van hierdie wreld kies, is glad nie so seker saak nie. Ek moes leer dat as die Here my nie in die smeltkroes plaas nie, as Hy my nie louter nie, as Hy my nie verneder nie en as Hy nie wegneem om my in afhanklikheid te dompel nie, ek dit nooit self sal kies nie. Dit is nie ‘n keuse aan ons kant om hierdie dinge inherent te begeer nie. Dit kom as die normale of gegewe vir die deursnee mens alles van God self en ons verstaan dit net as ons terugkyk in ons eie lewe, wanneer ons die verhewe doel daaragter begin raaksien.

My verhouding met die Here het eers regtig begin toe ek ‘n Bybel in 1992 aangeskaf het en toe ek die krag van die lewende Woord van GOD gesnap het, het ek iewers in my verlede so ongeveer 12 tot 15 jaar gelede hierdie boodskap in my Bybel geskryf, ‘n boodskap van groot dankbaarheid. Hoekom ek werklik dankbaar was, was bloot oor die eerste 5 jaar na my wedergeboorte in 1987, wat daar in my geestelike pad met die Here en spesifiek in my verhouding met Hom, basies niks tot baie min gebeur het. Ek vertel dit graag om aan ander wat die Here vind, ‘n waarskuwing te gee oor wat mens nie moet doen nie. Alhoewel ek boeke en boeke en nogmaals boeke gelees het, het ek tot en met 1992 nie Bybel gelees nie. Geen boek is die volle waarheid nie en alhoewel mens meriete in boeke kan beredeneer en bepaald kan insien, is geen menslike geskrif of boek gelykstaande aan die Lewende Woord van God nie. As jy die waarheid werklik wil koester, bly so na as moontlik NET aan die Waarheid. Jesus = Lewende Woord. Hierdie woorde voor in my Bybel is nie ‘n gedig nie, maar is soos ’n gedig, omdat die woorde min is maar baie s, inteendeel, in hierdie geval ALLES s!


My eerste Bybel na my wedergeboorte in 1987.
Ek het teruggeval na my ou we, omrede my hart nie bewaar was nie.
Die Woord van die Here (hierdie Bybel), het my geleer dat geen kind van God sonder ‘n Bybel geestelik kan lewe nie!
Dankie Here!!
Ek het dit aan die Here geskryf om myself te herinner aan die groot les wat ek moes leer en juis daaroor beteken Lukas 4:4 vir myself so baie en ek haal graag die deel aan waarna Jesus self verwys in Lukas!


En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.
(Deut 8:3 AOV)

CFJ
May 29th 2011, 10:44 AM
‘n Mens is nou maar nie betroubaar nie en ek glo dat ek te jonk te gou ‘n groot salaris, ‘n groot klomp kennis en ‘n groot posisie beklee het. Alhoewel ander miskien nie sou dink dit is groot nie, het ekself tog maar meer daarvan gemaak as wat ek op daardie stadium sou toegee. Die Here weet egter wat nodig is om mens by die regte plek in Sy koninkryk te laat eindig en om daar te kom, is in menslike terme hard en genadeloos. Maar as jy daar kom, is dit net genade!

So het daar na 1992 weer vernederings op my pad gekom en ek kan sekerlik baie borduur hieroor, maar die een enkele vernedering wat my die meeste sou vang, was dat al my selfvertroue van my gewyk het. Eintlik, dat my menswaardigheid in wese nie meer bestaan het nie. Wt jy hoe voel dit om niks te wees, as jy weet jy is nie niks nie en jy dag vir dag baklei daarteen om iets te wees, as jy heeltyd as niks bewys word nie?

Ek kon sedert middel 1993, begin 1994 skielik nie meer lekker kommunikeer met mense nie en dit sou ‘n hoogtepunt bereik tot hier einde 1997, begin 1998. Vir 4 jaar het ek hel gehad en dit was so nodig, want 4 jaar se hel op aarde is niks teen 'n ewige hel nie. Uiteraard is dit op en af en nie konstant dieselfde die heeltyd nie, maar my hart was gebreek, om aanvanklik eers geen insig, kennis en wysheid te h nie, later geen gesag te h nie en ook geen geld te h om dinge te doen wat al die ander mense so gul kon doen en beleef rondom my nie. Die Here het al my kennis laat kwyn en dit net iewers gaan ophang, al my geld en besittings is sommer op die ashoop gegooi en al my gesag het Hy onder 'n maatemmer versel. Dit was byvoorbeeld so dat as ek vir te lang tye in baie mense se geselskap was, ek soos ‘n vasgekeerde dier gevoel het en dit het letterlik gebeur dat my o weens my min selfvertroue, wild in my kop gevoel het, as ek ander in die o moes kyk en dit met tye vir 3 of 4 of selfs 5 ure lank. Ek was gestraf as iemand my genooi het vir ‘n braai, gevra het om ‘n funksie by te woon of as ek by die Kerk wat ek toe bygewoon het, sekere kerklike aktiwiteite moes bywoon.

As ek na sulke aande by die huis kom, het ek regtig ‘n nag om geween, omdat ek nie normaal kon kommunikeer nie. Dit was vir my verskriklik erg, om nie te kon kommunikeer nie en ek moes leer hoe eenvoudig ek eintlik maar is! Ek het so opgekyk na die eenvoudigste van eenvoudigste mense, wat so ‘normaal’ kon kommunikeer, dat ek in gewone mense wat werklik eenvoudig is, iets in hulle begin beny het. Ek het begeer om net soos hulle, tog net normaal te kan kommunikeer. Iets wat ons as voor die hand liggend beskou, was vir myself iets wat ek verloor het en een aand het ek gebid en die Here net gedank, dat al kan ek nie meer so goed met mense kommunikeer nie, kan ek nog skryf. Dit is toe waar skryf vir my alles begin word het en sedertdien skryf ek byna elke liewe dag, iewers op papier, iewers op die internet, iets per e-pos.

Eers toe ek aanvaar dat ek nie meer hartseer hoef te wees as ek nie verbaal goed kan kommunikeer nie en dat daar werklik ‘n groot dankbaarheid by my was om te kon skryf, het daar vir my ‘n ongelooflike groot oorwinning gekom. Ek wou so graag vir die Here werk en nou het ek gevind en ek het die 'hoe' gevind, ek kon skryf. Dit is een van die redes hoekom ekself vandag so aktief op die internet is, maar die Here het die nodige selfvertroue om weer normaal met ander mense te kon kommunikeer, herstel en ek was weer my self, maar hierdie keer dankbaar daarvoor en my eer moes gebreek word, om my te wys hoe fantasties God se eer is en as mens dit kan beleef, sonder om jouself te verhoog.

Ek wou tog so graag net iemand wees wat gereken kon word oor die algemeen en veral in God se koninkryk en moes leer hoe dit by die Here werk, toe ekself dit in eie krag wou doen en eintlik maar myself verhoog het! Hierdie gedeelte uit Matths en ook gedig vertel daarvan…, as God jou verhoog en nie jyself nie!


Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus. Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.
(Mat 23:10-12 AOV)



Verstom

Ek is in my siel verstom
verstik, verdwaas, verwonderd… hoekom?
Ek kan nie glo dat een alleen
soveel ontdek hier rondtom hom heen

My lewe het soveel nuwe waarde
die lig skyn weer op moeder aarde
Waarom, waarom nou eers Here?
ek weet…, ek weet daar is ‘n rede

Die onsekerheid en dom gebede
is skielik nou iets van die verlede
Dit is U werk wanneer ons leer –
die weg, die lewe is net U, o Heer.

16 Mei 2002, 17:33
Hierdie gedig het eintlik veel meer betekenis in my eie lewe, waaroor ek later nog sal skryf...

CFJ
Jun 1st 2011, 06:56 AM
Of jou verhaal n gelukkige einde gaan he , is ook nie juis ter sake nie , maar die REIS , DIS wat van belang is! Mense wat jou aanraak en ook ander wat weer deur jou aangeraak word tot Sy eer.



Jip Mona, dis goed gestel en dit is seker in wese waaroor elke mens se lewe werklik gaan en veral as mens wil doen wat die Here behaag. Ek het weer mooi gaan kyk wat jy hierbo geskryf het en vanoggend het dit my baie geraak...

CFJ
Jul 30th 2011, 07:05 PM
As daar darem maar inspirasie in mens se lewe is en as liefde en verliefdheid mens se deel is en as iemand nog oulik ook is, hoe doen 'n man dit anders as om met blomme dit te s? Gedigte het 'n kreatiewe kant en soms het dit wat jy doen ook iets kreatiefs wat jy nooit kon dink jyself aan sou dink nie. Ek wou nie net blomme stuur nie, want hulle verwelk en dink dit toe goed om in die middel van die mooi bos blomme, 'n plastiek blom in te sit, want dit sal vir ewig kan hou en hierdie gedig het Marlene saam met haar bos blomme ontvang! Marlene het my vrder SMS taal ook geleer en hierdie gedig weerspiel so ietsie daarvan ook. Ek wou darem ook nie te opdringerig wees nie en het haar eie gevoelens in ag geneem en sou later iets leer waaroor ek nooit spyt kon wees nie, nooit nie!



Sonder blomme… sonder maaiki?

Wat is ‘n vriendskap sonder blomme?
als so rein, so skoon so goed
en om nie te vergeet… liefde in ‘n vriendskap, is ‘n moet
‘n Wit bos blomme is so mooi
maar hoe kan mens di vergeet… hul kleur – so rooi!

Onthou… die een in die middel
Met hierdie blomme hoop ek jy verstaan
dat ons vriendskap nooit nie sal vergaan
Ek hoop, glo en sal vertrou
dat jy sal insien en met geen berou
dat hierdie blaaiki of dalk traktaaiki
jou ook verklaar as 1 “stunning” maaiki!!!

12 Februarie 2003, 9:48

CFJ
May 13th 2012, 09:33 AM
Dit wat reeds in plasing #32 geskryf is, is so belangrik in ons verhouding met die Here dat ek dit graag op 'n ander wyse ook wil stel. Ek moes iets baie eenvoudig in die lewe leer, dat as die 'eie ek' nie sterf nie, God nie kan werk nie. Oor hierdie rede moet mens liefs nie te veel vrae vra oor loutering nie en bloot aanvaar. Soos wat die tyd aangestap het, het die Here op 'n baie praktiese wyse die kruisboodskap aan my geleer en dit sou mettertyd die wese van my hele teologie word en later sal ek werklik meer hieroor wil skryf en baie spesifiek dit wat reguit net so in die Bybel staan. Om die evangelie te verkondig, moet mens gediend wees daarmee dat mens vyande gaan maak, want jy spreek die mens se ego aan, die 'eie ek'. Ons eerste stryd is sonder dat mens dit altyd direk besef, teen God... en as ons nie iewers op 'n punt kom, waar ons onsself heeltemal ondergeskik aan Hom stel nie, is daar niks wat oorbly nie en geen ander oorwinning in die lewe is haalbaar, as ons nie by die Here begin en daar die stryd om te oorwin, verwesenlik nie. Soms skryf mens iets en eers later, sien mens wat jy eintlik geskryf het en voor ek vrder aan hierdie verhaal skryf, deel ek graag die volgende...



'Kruisig jouself en daar sal versoening en bevryding kom. Regverdig jouself en daar sal bindings wees en oorlog woed!'


Persoonlik glo ek en na die beste van my wete, dat die heel grootste opdrag wat Jesus ooit gegee het die opdrag was om by Sy kruis te wandel (omdat dit daagliks en deurlopend gehoorsaamheid werk soos geen ander opdrag nie), want slegs as die vlees sterf, kan die Gees opstaan in ons en gelykvormig word aan ons opgestane Jesus en dit sluit aan by wat in my hart vasgel is hierbo...



En Hy s vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verlon en sy kruis elke dag opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. Wat baat dit n mens tog as hy die hele wreld win, maar homself verloor of skade aandoen?
(Luk 9:23-25)

CFJ
May 13th 2012, 12:33 PM
Hierdie boodskap is so kritiek, dat mens skuldig staan om nie elke geleentheid te gebruik om ander daarvan te vertel nie. Die boodskap van die kruis, was ook Paulus se praktiese ervarings, sy sentrale boodskap en die volgende uitsprake wat deurspek is in al sy briewe, bevestig hierdie verborgenheid..., wat ongelukkig in die Kerk van vandag, nog met tye 'n verborgenheid is...


Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur di aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
(Rom 6:5-6)

want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.
(1Kor 2:2)

Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
(2Kor 12:10)

Ek is met Christus gekruisig, en k leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
(Gal 2:20)

Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wreld vir my gekruisig is en ek vir die wreld.
(Gal 6:14)

dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet afl wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
(Efe 4:22-24)

Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die ho roeping van God in Christus Jesus. Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar. Maar wat ons reeds bereik het—laat ons volgens dieselfde rel wandel, laat ons eensgesind wees. Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het. Want baie—van wie ek julle dit dikwels ges het en nou ook onder trane s—wandel as vyande van die kruis van Christus.
(Filp 3:14-18)

En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.
(Kol 2:13-15)

maar alhoewel ons vantevore, soos julle weet, in Filppi gely het en mishandel is, het ons in onse God vrymoedigheid gehad om aan julle die evangelie van God te verkondig onder veel stryd.
(1Thes 2:2)

Enige mens wat die waarheid leer ken het, sal hierdie boodskap wat Paulus verkondig het sy of haar eie moet maak, want anders kon of kan God nie werk nie. Ons is en bly net instrumente in Sy hand en as iemand met 'n hamer en beitel 'n stuk hout wil vorm, kan mens dit net doen as daardie instrumente dood is. Sou hierdie hamer en beitel self die hout wil vorm, is hulle in jou pad, soos wat ons meeste van die tyd in God se pad is, wanneer Hy ons wil gebruik. Dit is nodig dat ek hierdie beginsel moet uitwys, want as dit nie hiervoor was nie, sou my eie verhaal en ook alle ander verhale van mense wat in die Here is en vir Hom werk, nie sin maak nie.

Ta-An
Aug 14th 2012, 09:39 PM
maar die Skrif leer dat dit noodsaaklik is dat iemand struikel,.


Ps 10:12 s sodat ons na God kan keer :pp

CFJ
Feb 15th 2013, 11:04 AM
So in Mei van 2003, kry ek 'n e-pos van Marlene wat my tot in my fondamente ruk. Voor mens dalk by die detail van die e-pos kom, sal ek iets oor drome moet s. Daar staan die volgende in Job 33...



Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie. In die droom, in ‘n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed, dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die sel op die waarskuwing aan hulle; om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg; sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.
(Job 33:14-18)


Deur drome het die Here al 'n paar kere dinge aan my gewys wat presies net so plaasgevind het, maar mens noem dit net, want dit sou met Marlene iets baie aangrypend wys. Sy laat weet my dat sy op die 16de Augustus 2003, trou. Ek kon dit nie glo nie, want die Here het keer op keer aan my gewys, dat sy my vrou sal wees! Ek was om die minste te s verpletter, nie net oor 'n liefdes-teleurstelling nie, maar meer oor die feit dat ek skielik nie geloof verstaan het nie, soos in absoluut niks nie!! Mens se hele fondasie is in een oomblik onder jou uitgeruk en nog nooit was ek so totaal rigtingloos, soos daardie dag nie!

Ek het byna beswyk en die grootste toets in geloof om my hart vir 'n vrou te gee, het my nietig gelaat. So stoei ek deur die dag en bel ook oom Tubby, wat my geestelik so bystaan altyd. Niks het my net laat beter voel nie. Die middag so 16:00 (4uur) gaan ek op my knie en 10 minute later staan ek op en is perfek genees van my hartseer. In een enkele moment! My liefde vir Marlene was nooit selfsugtig nie en dit was my behoud.

Ek bel haar toe om te hoor waaroor alles handel en hoekom sy my nooit van hierdie man vertel het nie. Sy was kalm en het alles so mooi verduidelik. Sy vertel my dat sy hom reeds 5 jaar geken het, maar dat hy op 'n stadium te veel druk op haar geplaas het om te trou. Sy was 22 toe ek haar ontmoet het, maar het soos 'n 14-jarige gelyk en dit het haar vroulikheid van haar ontneem. Marlene het nie soos 'n vrou gevoel nie. Omdat alles van die Here was, het sy soos ek, presies verstaan, waaroor alles gaan, alhoewel sy my eers moes inlig. Die ouderdom-verskil van 16 jaar tussen ons was groot, maar was noodsaaklik toe 'n ouer man verlief raak op haar en dit het haar vroulikheid herstel. Sy meld toe ook dat haar toekomstige man groete stuur, want ook hy het verstaan waaroor dit gaan.

Op haar beurt het sy iets in my herstel wat verkeerd geloop het toe ek jonk was en sy het ook as instrument, 'n sielelas aan my gegee. Die oomblik toe ek my hart vir hierdie jong vrou kon gee, het die Here my gewys dat ek geen siel kan inwin, as ek nie in 'n liefdesverhouding met daardie siel is nie.

Ek moes leer dat mens gehoorsaam aan die Here moet wees en bly, want Hy verwag soms onlogiese dinge en gee einde ten laaste die perfekte antwoord! Dit is hier waar die droom ter sprake kom. Ek droom dat ek en Marlene by my matriek-renie is en ons sit in 'n Datsun 120Y (hierdie Datsun 120Y was in byna elke droom waar my jeugliefde in was en dit sou 'n interessante verklaring bied, waaroor mens later graag meer moet s). Ons kry stry en ek loop weg van haar en dis waar die droom stop.

'n Vriend van my skakel my een aand en vra of ek na die matriek-renie toe kom daardie jaar. 'Nee', s ek, 'want jy weet mos ek hou nie baie daarvan nie'. Hy het aangehou en aangehou en toe vra ek hom later wanneer die renie gaan wees. Dit sal op die 16de Augustus 2003 wees het hy my laat weet. Ons matriek-renie was dus op presies dieselfde dag as wat Marlene getrou het. Die droom het my vooraf gewaarsku dat daar op daardie dag 'n skeiding, tussen my en Marlene sou kom en so laat die liewe Here mens nie in die donker oor wat in mens se lewe gebeur nie. Drome is daar om ons persoonlik te waarsku en is die belangrikste komponent daarin vandag. Dis maar ons wat Hom nie raaksien nie en dan kry ons seerder as wat nodig is. Oor hierdie saak dat ons God in ons lewens kan sien en sommer baie gereeld ook, sal ek graag meer wil skryf, want dit is ons behoud, dat ons God sal sien in ons lewens.

CFJ
Jan 30th 2015, 09:33 AM
Net iets wat sommer op my hart l vanoggend. As ek die storie wil skryf soos ek daarvan hou, glo my, sal hierdie verhaal heeltemal anders wees. Ek skryf ook net as daar inspirasie is en soms pla dit my dat dinge so stadig gaan. Miskien hoor ek nie die Here nie, maar miskien is daar absoluut niks wat ek nou moet skryf, alvorens dinge in plek val en mens dit wel kan doen. Daar is maar nog heelwat toutjies wat in die lug hang en die dag sal kom, wanneer hierdie toutjies bymekaar getrek sal word, soos wat dit in die verlede ook al was. Daar is 'n tyd vir alles, staan daar geskrywe...

CFJ
Aug 29th 2016, 09:50 AM
Toe ek 38 jaar oud was, het die Here wonderbaarlik uit Job 38 en vrder, my geleer dat ons Hom nie net moet hoor nie, maar ons moet Hom sien ook. Oor Job 38 en hoe Job God moes sien en uiteindelik tog gesien het, kan mens baie oor skryf, maar hierdie pad wat die liewe Here met Job geloop het, word deur Job as volg bevestig...


Volgens hoors het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. Daarom herroep ek en het berou in stof en as.
(Job 42:5-6)

So gaan kuier ek vir 'n vriend van my in 2003 in Port Elizabeth. Dit was 'n groot oorwinning toe ek so 6km vr gaan loop het saam met sy vrou, na my ongeluk in 2002 en dit was die eerste keer wat ek so vr geloop het, na dit my 'n jaar geneem het om weer normaal te kon loop. Ek kyk nie regtig films nie en hy nooi my toe om na een van "Mr Bean" se films te gaan kyk. Die vrou wat die hoofrol gespeel het in die film, word toe om een of ander rede wat net van die Here kon kom, heeltyd aan my gewys. Stop ons by 'n robot is daar 'n plakkaat van haar (verskeie kere) en toe ons by sy woonstel kom, toe is daar op die voorblad van 'n tydskrif 'n foto van haar en vele kere daarna het sy net weer opgeduik, sonder dat ek besef het waaroor dit sou gaan, maar ek het dit wel opgemerk.

Na ek terug was by die huis, gaan ek toe vir die eerste keer in my lewe op 'n "Dating Site". Dis die grootste een in Suid Afrika en op daardie stadium het dit so gewerk, dat die eerste bladsy het 20 foto's op van of die nuutste lede of iemand wat sy of haar profiel verander het. Toe ek op die heel eerste bladsy ingaan, kon ek nie glo wat ek sien nie, toe 'n vrou wat feitlik identies soos die vrou wat die hoofrol in "Mr Bean" gespeel het, verskyn. Ek het dadelik 'n konneksie met haar gehad en so leer ken ek toe vir C (ek gaan dit as haar skuilnaam gebruik).

Aanvanklik was daar so effense romanse, maar iets het my teruggehou en ek sou later verstaan. Soos ek reeds ges het, kan mens nie sielewerk doen, as mens nie in 'n liefdesverhouding met daardie siel is nie. C het vir my kom kuier en ek het haar en haar twee sussies in my huis laat bly vir die 2 dae wat sy hier was, terwyl ek by my ma hulle gaan bly het vir daardie tyd.

Sy nooi my toe om die einde van daardie jaar by haar te kom kuier. Dit was nie lank nie, toe kom ek agter hier is iets baie groot fout met C. Die Here praat toe die heel eerste aand met my waar ek Bybel lees en gee toe die volgende Skrif aan my, ["Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;" (Jes 61:1)] Die klem van wat Hy aan my gegee het, was die deel soos onderstreep is hierbo. Ek moet eerlik wees, ek het dit my eie gemaak, maar glad nie verstaan nie. Verskeie dinge het C aan my genoem, soos dat as sy in die begrafplaas loop, sy vry voel en dan het sy na ek vir haar gebid het, 'n aanval gekry soos wat mense kry wat epilepsie het. Ook het sy in spesifiek haar voertuig en dan ook haar kamer, mannetjies gesien wat daar rond beweeg. Daar het toe ek haar groet, 'n vreemde stem uit haar liggaam met my gepraat (asof sy self praat) en ges ek moet gaan, want ek oordeel haar. So het daar heelwat toutjies gehang oor vreemde dinge in haar lewe, wat ek later sou verstaan.

Ek het maar eerder terug gegaan huis toe en langs die pad 'n antwoord by die Here gesoek, toe ek in 'n gastehuis in Britstown, moeg en uitgeput op my knie voor Hom was om 'n antwoord te soek. Sonder die geringste twyfel het Hy aan my gewys, dat C demoonbesete was. Ek moes die moegheid wat ek nie geken het nie, verstaan as 'n werklike stryd met demone, wat my geteister het, terwyl ek naef was en nie besef het dit was demone nie. 'n Baie goeie gelowige vriend van my (oom Tubby), het my vermoede of eintlik bevestiging oor haar besetenheid her-bevestig en op grond van die volgende Skrif, het ek toe presies geweet waarvoor ek myself inlaat... "... In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan." (2Kor 13:1)

Ek het nog nooit 'n demoon uit iemand gedryf nie en het ook nie geweet presies hoe hanteer mens dit nie, al weet mens dat in die naam van Jesus demone wyk, is dit net teoreties waar en die praktyk is nogal 'n vreesaanjaende besigheid... Ek moes egter leer dat 'n gelowige geen, soos in absoluut geen vrees vir demone hoef te h nie, maar die belangrike is dat geen gelowige demone moet jag nie, mens hanteer hulle soos die oomblik of omstandighede vereis. Na ek met C se ouma (wat ook 'n gelowige is) gesels het, het sy ook bevestig dat C demoonbesete is. So gesels ek toe met C en besef sy, dat sy hulp nodig het en sy soek toe al haar hulp by my. Op daardie stadium het dit my nogal ontsenu, want ek het eintlik probeer om haar na ander te verwys wat meer weet as ek. Met al my pogings om haar te ontwyk en eintlik die verantwoordelikheid wat die Here op my skouers geplaas het te ontglip, het net niks my gehelp om ontslae te raak van hierdie taai toffie nie en ek moes self met haar werk. Ek moes leer dat die Here mens prakties leer om vir Hom te werk, mens hoef nie noodwendig kursusse te gaan loop om te verstaan waaroor die waarheid gaan nie. Dis maar net ons wat eerder mense met hulle kursusse meer vertrou as die Leermeester self (daarmee s ek nie dat die Here vele mense wat kursusse aanbied wel vir Sy koninkryk kan gebruik nie). Ek het probeer om die demoon uit haar te dryf en dit wou nie werk nie. Ek het inteendeel verskeie kere probeer. Sy het net elke keer terug gekom en ek het toe iets gedoen, wat ek tot vandag toe nie weet hoe ek dit reg gekry het nie.

Vir byna 'n week het ek volhard in aanhoudende gebed vir C en my laaste gebed het behoue gebly in 'n gedig (een van my heel kosbaarste gedigte),


Die H’tjie van C’tjie

Ag HERE, maak haar hartjie sterk
mag U kosbaar bloed, haar redding werk
U Almagtig naam is soet
ook vir haar gestort… U bloed

Dankie Jesus vir die wete,
dat ook sy… met ‘n skoon gewete
haar donker, diepste, seerste dinge
kan opdra… soos net U volbringe

Ek wil bid en smeek o HEER
breek die woede, pyn en seer
Maak haar nuut en skoon, so rein
maak haar eenmaal; - voor U klein…

7 Januarie 2004, 12:15

Ek het in die byna 2 jaar wat ek 'n pad met C gestap het, gemiddeld so tot 5 sms'e per dag ontvang van haar en daar was sekere dae wat dit oor 50 sms'e was. Toe ek eers besef het hoe sy as kind afgebreek was en dat haar ouers nie daar vir haar was nie, het ek werklik uit my pad gegaan om haar belangrik te laat voel. As ek in 'n vergadering was en daar kom 'n sms deur, het ek myself verskoon en onmiddelik die sms geantwoord. Normaalweg sou ek dit nie doen nie, maar haar situasie het dit vereis. So ontvang ek 'n week na ek die gedig hierbo vir haar geskryf het, so tussen 2 uur en 3 uur op die 15de Januarie 2004, 'n sms van haar dat die Here haar wakker gemaak het en bevestig het, sy het die Gees ontvang en dat sy vry is! Ek was oorstelp van vreugde en was so bly vir haar. Iets het my egter gepla, want daar was iets wat ek nie verstaan het nie. Ek kon nie die demoon uit haar dryf nie en hoe het sy dan tot wedergeboorte gekom, met 'n demoon in haar (?), het ek met tye gewonder.

Ek het my antwoord 5 jaar later eers gekry, want ek moes leer dat te veel kennis in 'n te kort tyd, mens arrogant en opgeblase kan maak en die Here werk oor daardie rede meesal langsamerhand, soos wat Hy Moses 40 jaar lank voorberei het in die woestyn. Hy gee nie te veel op een slag nie. In Markus is daar 'n geval gewees waar die dissipels nie 'n demoon uit 'n kind kon dryf nie en Jesus het toe aan hulle gewys, dat daar 'n tipe of soort of geslag demoon is, wat net deur vas en gebed uitgedryf kan word...


En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie? En Hy s vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.
(Mar 9:28-29)

Daar is niks so bevredigend as antwoorde van die Here nie en so het ek verstaan hoe die demoon uit haar uitgedryf was, toe ek in die eerste week van Januarie 2004, vir 'n week lank vir haar gebid het!

Ek moes leer hoe die demoon in haar ingekom het, na sy 'n kursus in Refleksiologie (oorsprong uit antieke China en Egipte) en daarna in Reiki (oorsprong uit Japanese Boedhisme) geneem het [(Rei) wat beteken “Universele Lewe” en (Ki) wat beteken “Energie”]. In een van die Reiki sessies het die demoon haar beset en sou sy weens wat daarna sou gebeur, deur verskeie demone beset word. Haar eerste oorwinning was dan ook in die week wat ek vir haar gebid het, toe sy alle dokumentasie wat spesifiek in haar voertuig en ook kamer was, wat oor Refleksiologie en Reiki gehandel het, verbrand het (na sy alles wat die Skrif my geleer het, net so gaan toepas het). Sy was gehoorsaam aan wat mens lees in Handelinge...


En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak; en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftig duisend silwerstukke was.
(Hand 19:18-19)

Ons neem nie die Woord van die Here altyd ernstig op nie, maar my ondervinding is dat as ons presies doen soos Hy s, ons net sen sal ontvang en eers dan, sal ons groei in die Here. Dis wat met die mense gebeur het wat al die boeke wat met towery te doen gehad het, verbrand het! Kyk wat staan net in die volgende vers oor wat daarna met hulle gebeur het!


So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.
(Hand 19:20)

C het nooit weer mannetjies in haar voertuig of kamer gesien nie en mens hoop dat die verhaal rondom haar, betekenis sal h vir iemand wat dit dalk MOET lees! Oppas vir dinge uit die OOSTE uit! Die groot misleiding, is dat dinge uit die Ooste nie totaal onlogies is nie, maar wel wysheid is, maar dis 'n wysheid wat uit die wreld is en nie uit God nie!! Salomo se wysheid word juis gemeet teen die wysheid wat vanuit die OOSTE uit kom... en so was Moses se wysheid gemeet teen die wysheid wat uit die towenaars van Egipte gekom het! Al kon die towenaars in Egipte ook doen wat Moses uit God gedoen het en al kan die wysheid uit die Ooste dinge doen wat gelowiges kan doen, is dit steeds nie aanvaarbaar by die Here nie, want dit is en was nie uit Hom nie!!


En God het aan Salomo wysheid gegee en ‘n baie groot verstand en ‘n ruimte van insig soos die sand wat aan die seestrand l, sodat die wysheid van Salomo groter was as die wysheid van al die kinders van die Ooste en as al die wysheid van Egipte.
(1Kon 4:29-30)

Daarop laat Farao k die wyse manne en die towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste: elkeen gooi sy staf neer, en hulle word slange! Maar Aron se staf het hulle stawe verslind.
(Exo 7:11-12)


Die Here het Israel verwerp omdat hulle huise vol was van dit wat uit die OOSTE kom!


Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste aanbied, en van golaars soos die Filistyne, en met die kinders van vreemdes dryf hulle handel.
(Jes 2:6)