PDA

View Full Version : Gesprek vir die Mans: Wat is die vrou vir jou?



RR van Wyk
Jun 9th 2009, 09:13 AM
Ek wil graag oor 'n onderwerp gesels waaroor ek jare kan gesels oor, wat baie na aan my hart l: Die vrou..

Ek hou glad net mooi niks wat ek sien om my nie. Dit is ook nie net 'n probleem wat maar net onlangs sy kop uitgesteek het nie, maar wat al net so oud soos die mensdom self is.

Toe ons Skepper baie lank gelede die man geskep het, het Hy gesien daar kort iets. Hy het toe die vrou geskep, en toe eers was dit goed.

So, my vraag aan jou: Wat is die vrou vir jou?

'n vloerlap wat na ure jou huis moet aan die kant maak nadat sy 'n volle dag by haar voltydse beroep betrokke was? 'n besitting net soos jou motor, wat as die kilo's bietjie teveel raak, kry jy net eenvoudig 'n ander een? 'n Slaansak waarop jy al jou frustrasies in die aande kan uithaal op?

Ek weet julle wat hier lees doen nie bogenoemde dinge nie, maar raai wat... dit is 'n realityd... wat my absoluut uitboul uit ongeloof.

Ek gaan koop nou die dag parte en daar gesels 'n jong mannetjie met my. So vol van homself... praat oor hoe maklik dit is om 'n meisie te kry, ens,ens. Ek wou hom net daar in die grond plant vir sy onkunde!

Ek het nog alteid my hele lewe 'n sagte plek in my hart vir die vrouegeslag. Hulle is tog immers ons kosbaarste besitting. Hulle maak ons kompleet. Hulle is broos en sterk op dieselfde tyd.

Die beste besluit ooit wat ek in my lewe kon maak, was om met die beste vrou in die hele land te trou :) Maar om een of ander rede sien die mans van vandag(hopenlik nog die minderheid) dat trou 'n doodsfonnis is!

Sy is saggeaard, fyn en broos, maar o we as jy haar verkeerd opvryf... dan WEET jy dit!. Sy is alteid reg(al wil ek dit nie alteid aanvaar nie). Sy hou my op my tone(agter elke suksesvolle man is 'n vrou)...

So wat is julle ouens se opinie? Waardeer ons die vrou genoeg? doen ons genoeg om hulle te wys hoeveel ons hulle liefhet? Of sal die gemiddelde man daarbuite die vrou in die stof intrap, haar gebruik vir sy eie behoeftes, die kosbaarste besitting wat ons Skepper aan ons gegee het....

Ek dink ons ouens doen onsself in, ons roof van onsself en die meeste besef dit nooit.

Die Filadelfieer
Jun 9th 2009, 02:30 PM
RR,
Na 'n paar dinge wat ek gehoor en gelees het die afgelope tyd wil dit inderdaad vir my voorkom asof daar 'n groot gros mans in hierdie land is wat hulle vrouens soos vloerlappe gebruik. Ek glo dat 'n verhouding soos wat God dit wil h, en wat Hom vereer, van nrens anders as God self kan kom nie.
Dit ges, en met die statistieke oor mislukte huwelike wat maklik navorsbaar is, moet ek myself afvrae hoeveel huwelike werklik God se sen oor hulle het.

Kan 'n huwelik verander na een wat God se sen wegdra ?
Indien wel, hoe ?

RR van Wyk
Jun 10th 2009, 06:42 AM
Hoe?

Ek dink natuurlik heel eerste moet God betrek word by die huwelik, die bestuurder daarvan wees. Tweedens moet 'n man so af en toe sy trots in sy sak moet kan druk, sy selfsug moet afskud en besef hoeveel armer hy sal wees as sy vrou/gesin nie sy hoofprioriteit in die lewe is nie.
Die grootste leun: 'n verhouding is 50\50. Glad nie! Jou werk is om 150% by te dra, maak nie saak wat die ander doen nie, al is dit net 20%. Dit is wat liefde is. Liefde is nie wat die ander persoon vir jou kan doen nie.

Willem
Jun 10th 2009, 10:12 PM
Hi ouens,

begin dit nie maar by ons verhouding as man met God nie? Ek is hoof van husi en ek gaan voor Hom staan en moet verantwoording doen van wat in my huis aangegaan het... ( O jinne tog :eek: ) Gelukkig weet ek Hy het my ook lief en ek is reeds vergewe in Christus wat in my leef....:cry: :pray:

Dis miskien een van die dinge wat ek by Angus geleer het; gaan lees die Bybel en sien wat God se jy as man moet doen... moenie ander mense se opinies gebruik nie, God spel dit uit , eers God , dan my vrou dan my kinders , dan die res ( insluitend die werk vir die Here ! want as ek die duiwel by die agterdeur inlaat is ek slegter as sleg al doen ek wat ook al as "werk" vir die Here :eek: ; kan nie nou die ref kry nie )

Toe gaan lees ek natuurlik vrouens moet hulle mans onderdanig wees en mans moet hoof van huis wees ... :D nice .. ek is baas .....

:B lees die fynskrif jou dom hollander :help: :rofl::rofl:

Efesiers 5:25-29

JA , die Here ken ons mensies... gee vir die vrou om onderdanig te wees ( ek was in army , ken daai ding en kan hom doen , easy :rofl: ) en ek WEET die dames laaaik daai net mooi niks nie, vroulief en skoonma al baie daaroor geterg :hug:

NEEE not so easy ... ek moet haar liefhe , SOOS CHRISTUS :eek: :help: die gemeente liefgehad het en Hom daarvoor oorgegee het

so ek moet SO soort baas wees , soos Jesus self, voete was , myself opoffer .....

Die grap ( eintlik beste ding ) was , dat toe ek by die huis kom en haar op my kniege verskoning vra vir die twak wat ek aangejaag het , toe skielik verander dinge en kry ek die respek wat ek voorheen gesoek het skielik :huh:

So , ek dink die probleem le by ons Suid Afrikaanse mans se verhouding met God, want as dit regkom, begin die ander goed ook regkom...

Word die man wat God wil he jy moet wees en die ander goed sal bykom ..
Soek allereers die koningkryk van God en al hierdie dinge .... of hoe?

Henry het ook nou die dag iets genoem oor haar respekteer sodat God na my gebed sal luister ( as ek reg onthou ) so basies wat die Here verwag en tog so maklik as Hy in ons is ; My juk is sag en My las lig

manieverster
Jun 11th 2009, 05:32 AM
Willempie, jy is 'n doring! Weet jy dat ek altyd vasgesteek het op daardie punt.
Eph 5:22 Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.
Toe trou my nefie en die pastoor (nogal 'n vrou) verduidelik die ding mooi. Dalk omdat sy 'n vrou is? Weetie.:kiss:
(Eph 5:25) Manne, julle moet jul eie vroue liefh, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het.
Jesus was nederig en so jy se Willem, Hy het voete gewas en Homself laat gesel, spot, slaan met stokke, spoeg in die gesig en uiteindelik laat kruisig. Beteken dit dan dat ek al die dinge vir my vrou en gesin moet doen? Ek dink nie al die goed sal nodig wees nie maar as huispriester in jou huis moet jy bereid wees om enigiets vir jou gesin te doen. Ek wil graag ook met julle deel die idee van huispriester maar kan nie nou die versie in die Bybel daaroor kry nie maar sal dit kom pos sodra ek dit vind.