PDA

View Full Version : Die G_d van Abraham Isak en Jakob



Ta-An
Jun 10th 2009, 04:35 PM
Op wie is die eersgeboortereg na Jakob oorgedra....:hmm:

Henry
Jun 10th 2009, 05:34 PM
Nog 'n vraag. Wat was die eersgeboortereg? Watter voorregte het daarmee saamgegaan? Ek weet nie.

Ta-An
Jun 10th 2009, 05:40 PM
Ek weet nie.Is jy nie nou deel van die choir nie?? :hmm: :D

Henry
Jun 10th 2009, 05:50 PM
Is jy nie nou deel van die choir nie?? :hmm: :D

Ek is bietjie op verlof, want ek het met die optrede voor die pous drooggemaak. :D

Ta-An
Jun 10th 2009, 06:05 PM
Ek is bietjie op verlof, want ek het met die optrede voor die pous drooggemaak. :DJaaaaaa broer Henery ...

Okay :OFFT:

In OT is die oudste seun geseŽn...Lees maar Jakob en Esau die gekonkel steel van blessings.... hoe houdend/bindend so 'n SeŽning was/is.. want dit was spesiaal vir die eers geborene gewees....

Watter seŽn is oorgedra deur die stamvader seŽn...? :hmm:

Henry
Jun 10th 2009, 06:13 PM
Die seŽn moes bindend gewees het, want kyk hoe het Esau vir Isak gesmeek om hom ook te seŽn.

Ta-An
Jun 10th 2009, 06:16 PM
Die seŽn moes bindend gewees het, want kyk hoe het Esau vir Isak gesmeek om hom ook te seŽn.Absoluut, en kyk nou na wat met Jakob se seŽn gebeur.... Josef se jongste seun kry dit :D

Die stamvader seŽn..... :idea:

Willem
Jun 10th 2009, 08:39 PM
:blushhap:

Het gesoek vir off topic,,, maar nou ja.

Oor die seen. Die laaste keer wat ek my ma gesien het , het ek haar gevra om my te "seen"( snaaks genoeg oor Abaraham en Jakob en Esau gelees dink ek ) Ek het dit as't ware verstaan as, wat sy vir my wil he wat sy vir God in gebed vra en oor my bid en so vir haar verduidelik.

:cry: was seker die mees amazing oomblik ooit tussen ons ( kan nie die geboorte onthou nie , so die tel nie;) ) :pray: dis iets wat ek die Here voor moet dankie se, maar hoe doen ek dit? Dis soos Jesus se kruisdood , iets so kosbaar en onverdiend wat mens seker nooit voor genoeg kan dankie se nie. ( ek probeer nie die twee vergelyk/gelykstel nie, net dat mens soms nooit sal voel dat dankie genoeg is nie, omdat iets so kosbaar is/was )

Nou dink ek ook, dat dit gehelp het dat ek haar dood ook kon verwerk toe ek Here gevra het om dit weg te vat , want ek kon nie toe daarmee "deal" nie en ek weet mos sy is by Hom.:pray: Amazing hoe Hy goed lank voor tyd al in plek stel om later dinge makliker te maak of te laat werk.. dis 3?4 jaar later en ek sien dit nou eers raak.

Ta-An
Jun 10th 2009, 08:46 PM
dis 3?4 jaar later en ek sien dit nou eers raak.:hug: Dankie dat jy die met ons deel

Die Filadelfieer
Jun 11th 2009, 07:41 AM
Die seŽn moes bindend gewees het, want kyk hoe het Esau vir Isak gesmeek om hom ook te seŽn.


Ek stem heeltemal saam, en natuurlik moes vloeke ook bindend gewees het reg ? (Noag as voorbeeld ? ) Wat het verander dat seeninge en vloeke nie meer so bindend is as wat dit was nie, of is die status quo nog dieselfde ?

Wilderness Voice
Jun 11th 2009, 07:54 AM
Interesant: Jakob het sy Vader bedrieg deur met die vel van ‘n bok aan te trek en jare later het sy seuns hom bedieg deur ‘n bok se bloed op Josef se kleed te bevlek.

Henry
Jun 11th 2009, 07:55 AM
Ek stem heeltemal saam, en natuurlik moes vloeke ook bindend gewees het reg ? (Noag as voorbeeld ? ) Wat het verander dat seeninge en vloeke nie meer so bindend is as wat dit was nie, of is die status quo nog dieselfde ?

Christus!!

(Gal 3:13) Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang.

Ek dink hierdie teks verwys spesifiek na die vloeke in Deut 28. Kan ons dit van toepassing maak op ander vloeke ook?