PDA

View Full Version : Wie is al op Purity?



Henry
Jun 11th 2009, 12:58 PM
(Heb 5:12-14) Want hoewel julle vanwe die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy n kind is. Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermons besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

Kom ons praat oor geestelike groei. Wat moet mens doen om te groei? Hoe word jy meer soos Jesus? Wat is die kenmerke van 'n volwasse christen (in 'n geestelike sin)? Is ons nog by die sagte kossies? Wie sien al kans vir die steaks?

Wilderness Voice
Jun 11th 2009, 01:08 PM
verklaar geestelike groei?

Henry
Jun 11th 2009, 01:17 PM
verklaar geestelike groei?

Dit is die proses waardeur ons gelykvormig word aan die beeld van sy Seun, sodat ...

Wilderness Voice
Jun 12th 2009, 06:19 AM
Ek dink Geestelike groei is een van die dinge wat vandag die meeste onder sogenaamde Christene af ge-show word. Ware Geestelikheid het niks te doen met wat jy voorgee nie. Dis maklik om mense te bedrieg: YOU ARE AS REAL AS YOU SECRET PRAYER CLOSET / JY IS SO EG SOOS JOU BINNEKAMER !!!

Johnny
Jun 12th 2009, 06:47 AM
Ek dink om geestelik te groei moet jy na wedergeboorte 'n passie h om meer te leer van die Woord. As jy nie waarlik wedergebore is nie, sal jy nie daardie drang in jou h nie. Geloof alleen is nie genoeg nie. Die duiwels glo ook en hulle sidder. Jy moet Bybelstudie doen, inskakel by 'n gemeente wat die Woord suiwer verkondig. Raak deek van die gemeenskap van die gelowiges. Onthou, daar is dit ook waar die Here jou vorm en maak deur lering, bemoediging, tugtiging, ens. 'n Gebesdlewe ontwikkel, jou getuienis van wedergeboorte uitdra, 'n RADIKALE verandering in jou lewenswyse maak. Die ou lewe en die dinge van die ou lewe afstaan, wat self 'n proses van Heiligmaking bevat.

Jy moet besig raak met die Here. Ons is BAIE op hierdie forum besig. Is ons besig met die dinge van die Here, of met die Here. Dit is goed om op die forum te wees in sekere opsigte, maar as ons te besig is met die dinge van die Here, dan skeep ons af om MET die Here besig te wees. As ons moet Skrifte aanhaal, dink ek sal ons vir altyd besig wees, so maak die Bybel jou maarstaf, bly maar weg van boeke oor die Bybel, soos in "christelike" boekwinkels.

Dit in 'n neute dop my bydrae.

Henry
Jun 12th 2009, 09:30 AM
Ek dink om geestelik te groei moet jy na wedergeboorte 'n passie h om meer te leer van die Woord. As jy nie waarlik wedergebore is nie, sal jy nie daardie drang in jou h nie. Geloof alleen is nie genoeg nie. Die duiwels glo ook en hulle sidder. Jy moet Bybelstudie doen, inskakel by 'n gemeente wat die Woord suiwer verkondig. Raak deek van die gemeenskap van die gelowiges. Onthou, daar is dit ook waar die Here jou vorm en maak deur lering, bemoediging, tugtiging, ens. 'n Gebesdlewe ontwikkel, jou getuienis van wedergeboorte uitdra, 'n RADIKALE verandering in jou lewenswyse maak. Die ou lewe en die dinge van die ou lewe afstaan, wat self 'n proses van Heiligmaking bevat.

Jy moet besig raak met die Here. Ons is BAIE op hierdie forum besig. Is ons besig met die dinge van die Here, of met die Here. Dit is goed om op die forum te wees in sekere opsigte, maar as ons te besig is met die dinge van die Here, dan skeep ons af om MET die Here besig te wees. As ons moet Skrifte aanhaal, dink ek sal ons vir altyd besig wees, so maak die Bybel jou maarstaf, bly maar weg van boeke oor die Bybel, soos in "christelike" boekwinkels.

Dit in 'n neute dop my bydrae.


Wat is die kenmerke van 'n volwasse christen? :D

Johnny
Jun 12th 2009, 09:49 AM
Ek dink die volgende verse som dit op vir my om 'n volwasse christen te wees:

Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
Gal 5:23 Teen sulke dinge is die wet nie.
Gal 5:24 Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.
Gal 5:25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
Gal 5:26 Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.

Die Filadelfieer
Jun 12th 2009, 10:02 AM
Henry, ek vermoed ek het al iewerste hierdie skakel geplaas, gaan loer gerus hier (http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Heiligmaking.htm) na 'n artikel geskryf deur Prof. Johan Malan oor heiligmaking in die lig van die wederkoms van Christus.

Tonton
Jun 12th 2009, 03:36 PM
Henry, ek vermoed ek het al iewerste hierdie skakel geplaas, gaan loer gerus hier (http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Heiligmaking.htm) na 'n artikel geskryf deur Prof. Johan Malan oor heiligmaking in die lig van die wederkoms van Christus.

Mooi link, dankie.

Anton

Gene
Jun 15th 2009, 11:03 AM
Vir my beteken geestelike groei om al hoe meer te word soos wat die Here wil he jy moet wees.... en dit is (of behoort te wees) 'n logiese gevolg van wedergeboorte. Net soos enige baba moet groei en geleidelik volwasse word, so moet 'n geestelike baba ook groei en geestelik volwasse word. Net soos 'n baba meer en meer volwasse word deur ander volwasenes soos sy ouers dop te hou en na te aap, en deur inligting te versamel, so groei 'n geestelike baba ook deur ander geestelik volwasenes dop te hou en na te aap, en inligting te versamel. 'n Mens groei eerstens deur vir Jesus en ander geestelike volwasse mense in die Bybel (maar ook rondom ons) dop te hou en na te aap, en deur soveel moontlik inligting uit die Bybel (en ander geestelike leesstof ens) te versamel en meer en meer te leer oor die Here, en Sy wee. Geestelike groei is 'n proses wat sal voortduur tot ons eendag ons hoofde neerle - niemand sal ooit volkome geestelike volwassenheid bereik in hierdie lewe nie. Maar ons mag nooit ophou om daarna te strewe nie. Ons moet voortdurend dieper en dieper delf in God se Woord, en meer en meer gevorm te word na die mense wat Hy wil he ons moet wees.

Die probleem is dat baie Christene onder die (valse) indruk verkeer dat hulle reeds geestelike volwassenheid bereik het, en dat hulle nie nodig het om verder te groei of te leer nie. Of dat hulle so trappie hoer as ander christene is.... En dit is 'n hindernis wat geestelike groei belemmer. Persoonlik ondervind ek dat, hoe verder ek vorder op hierdie pad, hoe meer intens word ek bewus van my eie geestelike onvolwassenheid. Hoe meer ek leer, hoe meer word ek bewus van hoe min ek werklik weet. Hoe meer ek oorwinning oor sonde behaal, hoe meer word ek bewus van my sondigheid voor God. Een van die grootste eienskappe van geestelike volwassenheid is vir my juis nederigheid, en 'n leerbare gees. Ek sien op hierdie forum bv hoe veroordelend sommige mense is, en hoe vinnig daar oor ander en ander se standpunte geoordeel word. Vir my is dit 'n teken van geestelike onvolwasenheid. Ek se dit omdat ek self daar was..... maar hoe verder ek geestelik gegroei het, hoe meer het ek agtergekom dat ek NIE al die kennis besit nie. 'n Mens sien dit ook by Paulus, as hy homself as die grootste van alle sondaars beskryf. Juis hy is iemand wat alle rede gehad het om op homself en sy eie geestelike volwassenheid te roem, maar hy se reguit dat hyself niks is nie en dat hy nooit in homself of in sy kennis sal roem nie. Dit is 'n teken van geestelike volwassenheid.

Johnny
Jun 15th 2009, 11:15 AM
Gene, ek stem 100% met jou saam, maar ek dink dit is goed om die hele gedeelte aan te haal waar Paulus skryf. Hier is ouene wat nog na jare steeds melk drink...en nie vaste spys nie.


1Ti 1:1 Paulus, n apostel van Jesus Christus, volgens die bevel van God, ons Verlosser, en van die Here Jesus Christus, ons Hoop,
1Ti 1:2 aan Timthes, my ware kind in die geloof: Genade, barmhartigheid, vrede van God onse Vader en Christus Jesus, onse Here!
1Ti 1:3 Soos ek jou versoek het toe ek na Macedni op reis was, moet jy in fese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie,
1Ti 1:4 en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is.
1Ti 1:5 Maar die doel van die gebod is liefde uit n rein hart en n goeie gewete en n ongeveinsde geloof
1Ti 1:6 waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies;
1Ti 1:7 hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle s, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie.
1Ti 1:8 Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik
1Ti 1:9 en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars,
1Ti 1:10 hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is,
1Ti 1:11 volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.
1Ti 1:12 En ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel het,
1Ti 1:13 my wat vroer n lasteraar en n vervolger en n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof.
1Ti 1:14 En die genade van onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is.
1Ti 1:15 Dit is n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.
1Ti 1:16 Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.
1Ti 1:17 Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.
1Ti 1:18 Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Timthes, ooreenkomstig die profesie wat vroer aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry
1Ti 1:19 en aan die geloof en n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely,
1Ti 1:20 onder wie daar is Himens en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie.

Tonton
Jun 17th 2009, 07:04 AM
...'n Mens sien dit ook by Paulus, as hy homself as die grootste van alle sondaars beskryf. Juis hy is iemand wat alle rede gehad het om op homself en sy eie geestelike volwassenheid te roem, maar hy se reguit dat hyself niks is nie en dat hy nooit in homself of in sy kennis sal roem nie. Dit is 'n teken van geestelike volwassenheid.

WOW!

Jy is so reg! Dankie hiervoor.

Anton

Henry
Jun 23rd 2009, 07:24 PM
Wat is melk en wat is vaste spys na aanleiding van Heb 5:12 Ek sukkel om dit te verstaan.

Johnny
Jun 24th 2009, 09:01 AM
Wat is melk en wat is vaste spys na aanleiding van Heb 5:12 Ek sukkel om dit te verstaan.

As jy die Here aanneem as jou Verlosser (bekering), dan is jy 'n baba christen. Jy word nog met "melk" gevoed. Jy begin nou die Woord leer en groei in kennis ens. Jy het nog baie vrae en weet nog nie veel nie. Na jare se bybelstudie en groei is jy al sterk genoeg vir vaste spys, nes 'n baba wat groot word. Jy verstaan al die Woord en het baie oor die jare geleer.

Party mense bly ongelukkig by "melk", want hulle leer nooit nie. Hulle bly baba christinne en groei nie in kennis nie. Altyd besig met onbenullige vrae en redenasies oor die Woord omdat hulle nog nie by die vaste spys uitgekom het nie.

Paul Pienaar
Jun 26th 2009, 05:29 AM
Wat is melk en wat is vaste spys na aanleiding van Heb 5:12 Ek sukkel om dit te verstaan.


Hallo Henry,

Lees bietjie die onderstaande verse. Ek het 6 dinge gebold. Dit volg net na die gedeelte waaroor jy gevra het. Ek verstaan dat die onderstaande 6 dinge die melk is. Ook word daarna verwys as groente(AOV) of herbs in van die Engelse vertalings.

Heb 6:1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te l van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,
Heb 6:2 van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.

Melk kom natuurlik voor vaste spys. Dit is net 'n volgorde. Ek dink baie min is bewus van hierdie orde, en dat bostaande melk doktrines juis dit is - slegs melk doktrines! Onder baie gelowiges word die bostaande eintlik gesien as die vaste spys. My mening. Ander kan dalk verskil.

So wanneer die bostaande goed begryp word, en aanvaar word deur jou siel, is die pad oop vir GOD om jou die spys te gee. As bostaande nie aanvaar en begryp word nie, kan ek nie sien hoe GOD jou of my of enigiemand sal begin vaste spys voed nie. GOD is ons Vader en hy sal goed weet dat melk voor vaste spys kom.

Die meeste gemeentes(veral charismaties en evangelies), weereens my ervaring, is ongelukkig slegs besig met hierdie melk doktrines. Dit is dalk omdat hulle konsentreer om verlorenes te 'red'. Maar in die proses word die wat reeds op melk is/was nie die vaste spys gegee nie. En diepte ontbreek dan.

Kyk goed na die bostaande melk doktrines en dink diep daaroor. As jy dit agter jou sou plaas, wat dink jy is die vaste spys wat voorle?

Henry
Jun 27th 2009, 07:33 AM
Hallo Henry,


Heb 6:1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te l van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,
Heb 6:2 van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.


:rofl: Paul ek dink jy slaan die spyker op sy kop. Gaan lees bietjie die Ingelse forum. Weet jy, dis nie net daar nie, dis oral waar christene oor die internet met mekaar "gesels". Stry oor wat geloof is, want dis beslis nie daai goed wat WOF verkondig nie!! Ander stry oor of jy gered word uit jou werke of uit geloof ala Jakobus. Groot doop of klein doop? Onderdompeling of besprenkeling? "Valse profete" l mense die hande op en dan val hulle om!! "Soul sleep" of nie? En hoe kan 'n God van Liefde sy skepsels vir ewig hel toe stuur? :rofl:

RR van Wyk
Jun 27th 2009, 09:17 AM
"En hoe kan 'n God van Liefde sy skepsels vir ewig hel toe stuur?"

Kan 'n God van liefde toelaat dat die skuim van die aarde sy kinders in die hemel besoedel? Hy sal hulle beslis hel toe stuur. Hel is maar net 'n plek van afsondering van die Heerlikheid van God. Dit is sekerlik die grootste straf ooit. Ek as Christen kan myself voorstel hoe pynvol dit sonder Hom kan wees...

Tonton
Jun 27th 2009, 12:42 PM
"En hoe kan 'n God van Liefde sy skepsels vir ewig hel toe stuur?"

Kan 'n God van liefde toelaat dat die skuim van die aarde sy kinders in die hemel besoedel? Hy sal hulle beslis hel toe stuur. Hel is maar net 'n plek van afsondering van die Heerlikheid van God. Dit is sekerlik die grootste straf ooit. Ek as Christen kan myself voorstel hoe pynvol dit sonder Hom kan wees...

Die mens het die verleidelikheid van satan gekies bo die heerlikheid van God.

God het ons hiervoor vergewe, mits ons die sondoffer van sy Seun erken en aanvaar.

Anton